testament | rooi rose

Takel die finansies voor julle troue
Die uitnodigings is uitgestuur, die blomme is bestel en julle besluit nog oor die seremoniemeester, maar het julle al oor jul finansies gesels? Deidré Valentine, ‘n finansiële beplanner by Woodland Wealth, sê deeglike voorbereiding en gesprekke oor geld is ‘n moet.

Sy noem die belangrikste vyf geldkwessies waaroor paartjies moet praat voor hulle die knoop deurhaak:

Begroting

Ons is geneig om hierdie aspek van finansiële beplanning af te skeep omdat ons voel dis nie so belangrik nie. Dit is belangrik om vooraf te weet wat jou maat se gewoontes ten opsigte van spaar en spandeer is. Dit is ook belangrik om te praat oor die verskille in inkomste en wat elkeen se bydraes tot die gesamentlike maandelikse begroting gaan wees.

Deursigtigheid en voorhuwelikse kontrakte

Dit is belangrik dat jy en jou maat vooraf eerlik is met mekaar oor jul finansiële situasies. Dit is dus belangrik om te weet of daar enige risiko’s vir jou gaan wees. Dis hoekom ‘n voorhuwelikse kontrak noodsaaklik is. Die huweliksregime van die kontrak gaan bepaal of jy beskerm gaan wees teen krediteure wat aan jou gade se deur vir uitstaande skuld kan klop. As jy buite gemeenskap van goedere sonder die aanwasbedeling getroud is, sal jou gade alleenlik vir alle skuld wat hy gedurende en voor die huwelik aangegaan het verantwoordelik wees. As jy egter binne gemeenskap van goedere getroud is, vorm alle bates en laste (voor en tydens die huwelik) van jou en jou gade deel van die gesamentlike boedel.

Gesinsbeplanning en elkeen se rol

Gesinsbeplanning het noemenswaardige finansiële impakte. As julle besluit dat julle kinders wil hê en ook hoeveel, gaan julle bykomende uitgawes in jul begroting moet inreken hiervoor. Dit het ook meer langtermynimpakte. As julle voel dat jy as ma meer tyd aan die kinders moet bestee en minder tyd aan werk, sal julle in ag moet neem dat jou salaris dalk nie dieselfde gaan wees nie. Ons sien gereeld dat vroue bakhand moet staan wanneer die verhouding beëindig word omdat hulle nie genoeg bates oor die jare opgebou het nie. Dis hoekom die voorhuwelikse kontrak belangrik is – dis belangrik vir albei partye om te weet wat gaan gebeur sou julle skei. As jy byvoorbeeld buite gemeenskap van goedere sonder die aanwas getroud is, gaan die hof nie ‘n herverdeling van bates oorweeg nie, al het jy as ma op ander (nie-finansiële) maniere tot die huishouding bygedra.

Finansiële beplanning en doelwitte

Voordat julle saam huis opsit, is dit wys om die volgende vrae te bespreek:

Wat is jul topprioriteite in die lewe?

Wat is jul langtermyn-loopbaan- doelwitte en -vooruitsigte?

Op watter ouderdom wil julle aftree en wat is jul idee van ‘n gemaklike aftrede?

Hoe gaan julle jul aftree-inkomstes befonds? Deur genoegsame bates in albei entiteite se naam op te bou, kan dit belastingvoordelig wees om albei partye se belastingbasisse post-aftrede te gebruik, in plaas van net een entiteit.

Watter groot uitgawes gaan julle oor die volgende paar jaar moet aangaan? Hierdie sluit die aankoop van eiendom, gereelde vakansies en vervanging van voertuie in.

Testamente

Jul testament is een van die belangrikste aspekte van jul boedelbeplanning. Die boedel hang van die duidelikheid, akkuraatheid en geldigheid van jou testament af. Ander komponente van jou boedel (soos trusts en bemakings) kan ongeldig verklaar word as jou testament nie reg opgestel is nie. ‘n Geldige testament sal bepaal hoe jou bates onder jou erfgename verdeel moet word. As jy nie ‘n testament in plek het nie, gaan jou bates volgens die Intestate Erfreg van 1987 verdeel word, wat moontlik kan lei tot ‘n verdeling wat nie volgens jou bedoeling was nie. Verder laat dit jou toe om ‘n betroubare eksekuteur aan te stel wat billike fooie vra en jou boedel op ‘n eerlike en doeltreffende manier afhandel.

Lees ook: Swaai uit vir dié slaggate in jou verhouding

The post Takel die finansies voor julle troue appeared first on rooi rose.

Hoe moet boedel beplanning lyk vir ouers?
Om ‘n ouer te word, verander ons egter onherroeplik op baie maniere, veral deur sterk gevoelens te wek oor wat met ons kinders kan gebeur as ons sterf. Wat as die onverwagte gebeur, en albei ouers sterf op dieselfde tyd?

In Suid-Afrika, as jy sterf sonder ‘n geldige Laaste Testament, wat die aanstelling van ‘n voog vir jou kinders insluit, is dit die Howe wat hul lot sal beslis. Benewens voogdyskap, waarvoor omgesien word deur jou Laaste Testament, gaan jy noukeurige planne in plek wil stel om die beste moontlike veiligheidsnet vir jou kinders te skep wat hulle sal versorg tot onafhanklikheid. Om jou boedel te beplan en jou boedel inligting op datum te hou, is die beste manier om jou wense oorvloedig duidelik te maak en jou kinders te beskerm teen die onvoorspelbaarheid van die lewe.

Rachelle Best, stigter en uitvoerende hoof van Heritage Vault, ‘n digitale oplossing om al jou belangrike inligting te organiseer en te beveilig, sê: “Die dag voordat my dogter gebore is, onthou ek duidelik dat ek ‘n reuse nuwe verantwoordelikheidsin gevoel het. Dit gaan nie meer net myself wees waarna ek moes omsien nie, maar daar was ‘n splinternuwe lewe in die wêreld wat van my afhanklik sou wees. Dit was ook die oomblik wat ek ‘n lys begin maak het van alles wat ek moes uitsorteer sodra ek by die huis kom. Ek het besef dat, sou iets met my gebeur, alles in orde moet wees sodat daar optimaal na my dogter omgesien kan word en dat my wense vir haar gehoor en uitgevoer sal word.

Vir ouers gaan dit oor meer as net finansiële sekuriteit …

Die basiese beginsels van boedel beplanning vir ouers sal natuurlik finansiële beplanning insluit en voorsiening maak vir genoegsame fondse om ‘n kind groot te maak deur lewensversekeringspolisse uit te neem en beleggings te maak. Daar is egter baie meer wat ouers vir hul kinders sal wil los as hulle onverwags sou sterf. Plato het gesê: “Laat ouers nie rykdom aan hul kinders bemaak nie, maar die gees van eerbied.” Baie ouers soek maniere om na die dood steeds geken en verbind te word aan hul kinders; vir hul ouer-kind bande om op gesonde maniere voort te gaan en wat hul kinders sal help om emosioneel veerkragtig te wees.

Rachelle sê: “Ná my dogter se geboorte het ek ‘n e-posrekening vir haar opgestel en ek het gereeld briewe en foto’s na daardie rekening gestuur. Dit dokumenteer ons tyd saam in haar vroeë kinderjare wat sy eendag na kan terugkyk en momente sien wat sy reeds sou vergeet het. Dit is my plan om vir haar die wagwoord vir hierdie e-posrekening te gee wanneer sy 18 word, ‘n pragtige nalatenskap van haar kinderdae en haar familie om haar vas te hou terwyl sy haar eie pad in die wêreld vind. Sonder ‘n lewensmaat of ‘n vriend wat elke detail van ons lewens geken het op daardie stadium, sou dit vir ‘n persoon óf moeilik óf onmoontlik gewees het om dinge te vind wat vir my as ouer belangrik is. Wat sou met haar wagwoord-beskermde geskenk-e-posrekening gebeur? Wie sal weet waar om die kontakbesonderhede van my dogter se pediater en haar gesondheidsrekords te vind? Dit het die saadjie gesaai van ‘n idee dat daar ‘n oplossing moet wees waar jy alles op een veilige plek kan organiseer wat ten volle toeganklik sal wees vir my eksekuteur, en die vertroude geliefdes wat ek wil hê betrokke moet wees by die afhandeling van my boedel.”

Heritage Vault, wat verlede jaar as ‘n ‘eerste’ in Suid-Afrika bekend gestel is, is ‘n digitale oplossing wat jou in staat stel om al jou belangrike boedel inligting veilig te stoor en dit maklik toeganklik maak vir jou aangestelde vertrouelinge in die geval dat jy sou sterf of onbevoeg raak. Alles wat jou eksekuteur of genomineerde geliefdes dalk nodig sou hê, word veilig op een plek gestoor en perfek georganiseer in 13 maklik-om-te-vind kategorieë van data.

Rachelle sê: “Dit is belangrik om daarop te let dat ouers steeds ‘n geldige testament moet opstel wat voogdyskap van hul kind spesifiseer, en wat in sy oorspronklike hardekopie-vorm aan jou eksekuteur beskikbaar moet wees. Jy kan egter ‘n digitale kopie daarvan na jou private kluis oplaai en bloot spesifiseer waar om jou oorspronklike testament te vind. Al jou wagwoorde kan veilig gestoor word, wat noodsaaklik is aangesien soveel van ons lewens en ons finansies deur digitale kanale bestuur word. Al jou klante rekeninge met volledige kontakbesonderhede kan gelys word sodat dit vinnig gekanselleer kan word om te verhoed dat geld onnodig uit jou boedel dreineer.”

Die proses om jou Heritage Vault te vul, wat jy in jou eie tyd kan doen, lei jou intuïtief deur elke aspek van omvattende beplanning vir jou heengaan. Dit sluit in die nalating van instruksies vir wat met jou troeteldiere moet gebeur en wat jy met jou sosiale media-rekeninge gedoen wil hê. ‘n Kategorie in die kluis genaamd ‘Vir My Mense’ bemagtig jou om private en persoonlike boodskappe aan jou kinders op te laai wat jy voel vir hulle waardevol sal wees in die geval van jou heengaan.

Rachelle sê: “Ons gebruikers vind gemoedsrus in beplanning vir enige geleentheid en en organisering van hulle inligting. Hul Heritage Vault bring ‘n belangrike bykomende laag sekuriteit en veiligheid na hul gesin. Dit is ‘n lewende databasis wat hulle kan bywerk en hersien soos besonderhede verander en soos hulle en hul begunstigdes verskillende lewens-fases bereik, wat so belangrik is wanneer jy kinders het om na om te sien.”

Lees ook: 5 wenner-wenke vir kinderkamers

The post Hoe moet boedel beplanning lyk vir ouers? appeared first on rooi rose.

Boedels: ’n selfdoengids
“Haar testament is deur haar bank opgestel. Dit klink so gerieflik dat hulle jou testament gratis opstel en alles namens jou hanteer. Maar in werklikheid het hulle my ma tien jaar gelede ’n standaardvormpie in die hand gestop. En toe dit by die afhandel daarvan kom, het ’n klerk met min entoesiasme die minimum gedoen.

“Ék moes rondhardloop om my ma se motor van haar naam af te haal, haar bankrekening sluit, reëlings tref vir haar aftrekorders, en die dokumentasie vir een van haar polisse by haar lewensversekeraar gaan aanvra. Die bank het al die detail gehad, maar het my kort-kort gebel om dié of daardie te doen.

“Ek het ook aanvaar dat ek alles sommer by ons naaste tak sou kon doen. Dit werk toe glad nie so nie. Ek moes vir elke bakatel inry stad toe, ’n groot persoonlike guns omdat ek iemand daar ken dokumente ontvang en stad toe gestuur – ook net een keer.

“En was dit duur! Op my ma se eenvoudige, doodgewone boedel van R2 miljoen moes ons R70 000 opdok. ’n Vriendin van my se pa is in dieselfde tyd oorlede. Sy boedel was by die R10 miljoen, waarvoor hulle maar R38 000 aan hul prokureur betaal het vir die afhandeling daarvan – en dit was ’n meer gekompliseerde boedel met ’n grondtransaksie wat ná die afsterwe gefinaliseer moes word.

“Boonop het ek eers agterna verstaan waarom hulle letterlik elke teelepel in haar huis kom tel het. Dit het die boedelwaarde opgestoot, en hul 3,5% bedrag daarmee saam.”

Vir die meeste van ons is dit ’n eerste keer as ’n ouer of ’n eggenoot sterf. Testamente en boedels is bra onbekende terrein, en jy wonder of jy regtig knap genoeg is om as eksekuteur op te tree? Sonder ’n regs- of finansiële kwalifikasie? Waarvoor laat jy jou regtig in?

Marius, wat eksekuteur van sy pa se boedel was, is ’n besige fabrieksbestuurder. “Buiten wat ek van my eie en fabrieksfinansies weet, het ek geen spesiale kennis van boedels nie. Maar eintlik is dit maklik genoeg.

“Jy voer in elk geval nie die regsaspekte uit nie. Jy wys bloot ’n prokureur aan. Verder monitor jy die situasie en handel ’n paar take af.

“’n Goeie wenk: Jy teken nooit die kontrak met die prokureursmaatskappy nie, maar met ’n spesifieke prokureur. Die verskil is dat jy die prokureur se eie diens en kundigheid kry. Anders word jou boedel deur die prokureursklerke afgehandel. Maar min groot prokureursfirmas laat dit toe, en ek moes hiervoor gaan soek.”

Wat het hy uit die ondervinding geleer?

“Die eerste punt is dat die testateur die persone wat hy as eksekuteurs oorweeg persoonlik moet vra of hulle beskikbaar is. Dit gaan net probleme veroorsaak as jou benoemde eksekuteur nie kans sien nie.

“Tweedens is dit, na my mening, belangrik dat jy as eksekuteur goed ingelig is oor die testament wat jy moet deurvoer sodat jy weet wat die oorledene regtig wou hê en hoekom. Jy moet ook weet waar hy al sy amptelike dokumente, van sy ID tot sy kontrakte, hou.

“Derdens is dit belangrik dat jy tot aan die einde van die proses in kontak met al die erfgename bly sodat jy weet wat regverdig vir elkeen is.

“Ek het ook geleer hoe belangrik dit is om op al jou polisse en pensioenfondse jou langslewende en familielede as begunstigdes te benoem. Die geld wat uitkeer, kom dan nie in die boedel nie maar direk in hul eie rekenings, wat die eksekuteersfooi verminder.

“Maar ek dink my hooftaak was om my ma te beskerm. In hierdie stadium is die langslewende baie broos. Hulle kan maklik uitgebuit, omgepraat of gedruk word om groot finansiële besluite te neem wat regtig nie tot hul eie voordeel is nie. Dit is ongelooflik hoeveel mense my ma genader het om geld te leen en met voorstelle vir beleggingsplanne.”

Jou amptelike take

1 Die begrafnisondernemer reik ’n doodsertifikaat uit. Neem dit na die polisiekantoor, saam met die oorledene se ID en paspoort. Hulle stempel dit dan as “Deceased”.

2 Maak tien tot twintig afskrifte van die ID, paspoort en doodsertifikaat en laat dit deur ’n kommissaris van ede (die polisie en predikante wat gelisensieer is om huwelike te voltrek) waarmerk.

3 Gaan na die bank om die oorledene se bankrekening te sluit. Reël met die bank sodat julle eers soveel moontlik kontant uit die rekening haal om die afhanklikes deur te dra tot die boedel afgehandel is.

4 Neem die testament na verskeie prokureurs, as jy nie jou eie een het nie, en kry ’n kwotasie vir die afhandel daarvan.

5 Laat die prokureur ’n brief opstel waarin versoek word dat die meester van die hof jou amptelik as eksekuteur aanwys. Jou aanstellingsbrief is baie belangrik, want dit gee jou die reg om die res van jou take uit te voer. Dit, saam met die testament, moet binne 14 dae ná die sterfdatum by die meester ingedien word.

6 Maak by die bank ’n boedelrekening oop. Slegs die eksekuteurs het tekenregte op die rekening.

7 Stel die oorledene se pensioenskema en lewensversekeraars in kennis van die sterfte sodat alle polisse in die boedelrekening inbetaal word. Verskaf aan hulle afskrifte van jou eksekuteursbrief en ID en die oorledene se gestempelde ID.

8 As daar groot bedrae geld in die boedelrekening inkom, reël dat dit op die voordeligste manier moontlik belê word, soos op die geldmark of as 32 dae- vaste deposito, waar dit toeganklik is maar darem maksimaal rente inbring.

9 Gaan na die verkeersdepartement om reëlings vir die oorledene se motor/s te tref – met jou eksekuteursbrief, ID, die oorledene se ID en afskrifte van elkeen.

10 Reël met al die oorledene se diensverskaffers vir die afhandeling van sy dienskontrakte, soos selfone, TV-lisensie, DSTV, korttermynversekering, mediese fonds, munisipale rekenings, klererekenings, huisverband, huurooreenkomste, huurkoopkontrakte en so meer. Elkeen sal ’n afskrif van die oorlede se ID, jou ID en jou eksekuteursbrief verlang.

11 Reël terselfdertyd dat die dienskontrakte wat moet voortgaan, na die langslewende se naam oorgaan.

12 Reël vir die verkoop van bates, soos motors en eiendom as dit nodig is.

13 Stel ’n batelys op en oorhandig dit aan die prokureur. Dis onnodig om elke vurk en teelepel te tel. Die meester aanvaar ’n oorhoofse waarde soos R20 000 of R100 000 as huisinhoud, mits dit realisties is. Jy sal ook eiendom moet laat waardeer. Meestal aanvaar die meester die munisipale waardasie, of ’n waardasie soos gegee deur twee eiendomsagente. Jy hoef nie die koste van ’n eiendomswaardeerder aan te gaan nie.

14 Die prokureur sal van sy kant af take uitvoer, soos om te adverteer vir uitstaande skuld, ’n likwidasie- en distribusierekening opstel en aan die meester voorlê. Jy behoort ingelig te word van elke stap en dit goed te keur.

15 Jou laaste taak is om die bates te verdeel, soos in die testament bepaal.

16 Hoewel jy as eksekuteur kan eis vir groot uitgawes wat jy aangaan, word aanvaar dat jou dienste gratis is.

Wie om as jou eksekuteur te kies?

• Kyk wie in jou kring is regverdig en betroubaar.

• Vermy liefs iemand wat finansieel baat gaan vind deur kommissies op beleggings en ander transaksies te verdien.

• Hy/sy moet ’n onbesproke finansiële rekord en sonder ’n kriminele geskiedenis wees. Die meester van die hof het die reg om eksekuteurs af te keur as hy glo meen die persoon is onbevoeg.

• Wys verkieslik twee eksekuteurs aan. ’n Familielid en ’n buitestander kan goed werk. Dit verlig die las op elkeen, keer misdrywe en as een sou wegval, is minstens een beskikbaar.

Handige bron

Lees meer op die Prokureursorde se webwerf by www.lssa.org.za

My totsiens-lêer

“Ná my man oorlede is moes ek rondhardloop om alles bymekaar te kry. Dit gaan ek nie aan my kinders doen nie. Dus het ek ’n lêer saamgestel met al my dokumente daarin. Ek het ook ’n mooi, persoonlike groetbriefie aan elkeen van my kinders bygesit. Ek hoop dit sal vir hulle maklik en lekker wees om al my goed eendag uit te pluis. Ek het die volgende goedjies in my lêer:

• my testament (daar is ’n ekstra afskrif by die prokureur wat dit opgestel het)

• die kontakdetail van my eksekuteurs.

• al my “nommers” van my ID, pensioenfonds, mediese fonds, koop-, klere- en bankkaarte, bankrekening tot wapenlisensie en paspoort

• al my sleutelkodes soos dié van my Internet, selfoon (ook die PUK-kode), e-pos, motorsleutels. Ek het ook my kluissleutel se bêreplek hier ingeskryf.

• my amptelike dokumentasie soos my ID, geboorte- en huweliksertifikaat. Ek was binne gemeenskap van goedere getroud. Dus is my man se doodsertifikaat ook hierby.

• my lisensies soos my motorlisensie en wapenlisensie

• al my kontrakte, soos vir my motor, huis, selfoon, my korttermynverskeringsdetail en my TV- huurkoopkontrak.

• bewyse vir al my beleggings en lewensversekering, aandelesertifikate, poliskontrakte, bankdeposito’s

• ’n lys van my bates

• al my werksbesonderhede, soos my personeellidnommer en my pensioenfondsnommer

• telefoonnommers van kontakte wat sake kan vergemaklik, soos die nommers van die pensioenfonds, mediese fonds, my beleggingsadviseurs, die personeelbestuurder by my werk en die eksekuteurs van my boedel.

The post Boedels: ’n selfdoengids appeared first on rooi rose.