toekenning | rooi rose

Nuwe voorkoms en internasionale toekenning vir Salsify
Deur: Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Robert en Jan Ras

Salsify is op die boonste vlak van Roundhouse, ’n historiese gebou wat uit 1786 dateer en spog met ’n stylvolle nuwe baadjie danksy die vaardige oog van Jean Francois de Villiers, ’n binnenshuise ontwerper. In dié gesogte restaurant bedien sjef Ryan Cole moderne-klassieke kookkuns in die historiese ruimte, met die asemrowende uitsigte oor die Atlantiese Oseaan en die majestueuse Leeukop as agtergrond.

“Dit is vier jaar sedert ons geopen het en ons het nou die ruimte herbedink; op haar verlede gebou en die volgende hoofstuk van die beroemde ronde huis geskryf,” sê Ryan. “Dit is ’n evolusie van die ruimte, maar dit bly getrou aan nie net die gebou se verlede nie, maar ook Salsify se volhoubare, seisoenale en plaaslike etos.”

Jean moes ’n vars voorkoms aan die ruimte gee. Die ontwerpproses het begin met twee sleutelkunswerke, naamlik “The Vandalized Vicount” en “The Damaged Duke”, wat albei 18de-eeuse figure uitbeeld – soortgelyk aan die tipe gaste van die destydse meester van die Roundhouse, Sir Lord Charles Somerset. Die afdrukke is deur spuitverf “ontsier”, met ’n helderoranje en elektriese lyn oor elkeen van hul onderskeie gesigte.

“Dit is die helder kleure van die skilderye, wat die basis gevorm het vir die kleurpalet van die nuwe ruimte. Skakerings van groen, geel en oranje, bring ’n moderne en jeugdige gevoel na die vertrekke,” verduidelik Jean.

As jy by die ontvangs ingaan, word jy nou begroet deur “The Vandalized Vicount” wat oorkant Louis de Villiers se “The Governator”-stuk hang. Die kamer het natuurlike, onbehandelde dennelatte, elemente van groen marmeragtige porselein, ’n blomme-installasie deur Marissa Pretorius van Opus Studio en ’n veelkleurige bankie van Vogel wat ’n voorsmakie bied van wat kom.

Die middelste kamer en die hart van Salsify, huisves Jan Otto du Plessis se beeldhouwerk. Dis 1,3 m groot en genaamd “Lady Salsify”. Die beeldhouwerk is half-wildvoël, half-vrou en word onder ’n skitterende goue plafon verlig deur ‘n vintage-kandelaar. Antieke spieëls voltooi die prentjie.

Die voor-ete-sitkamer is omskep in ‘n privaat eetkamer – die Somerset Room – en dit is waar jy “The Damaged Duke” en ‘n derde Prins en Rebel-stuk getiteld, “A Little Party Never Hurt Nobody” sal vind.

In die Seasonal Room word die buitekant na binne gebring en bring hulde aan die sjef se fokus op volhoubaarheid en ligging. Opus Studio het ’n hangende blommeplafon-installasie geskep, wat ’n woudagtige illusie skep terwyl die muurpanele ’n oseaanafdruk het (deur Cara Saven Wallpaper). Plafon- en muurpanele sal deur die jaar verander en in ooreenstemming met die seisoene ontwikkel.

In die Seekamer, wat die hoofeetkamer is, hou ’n reusagtige Louis De Villiers-vertolking van Lord Somerset oor die eetkamer wag. Die Anton Kannemeyer-steendenne-afdrukke bring hulde aan die bosbou rondom die Roundhouse.

Ook opvallend is die “Naughts & Crosses” deur Hennie Meyer, die keramiekstukke met karakters, diere en flora wat op ooghoogte aangebring is en aan gaste nog iets bied om na te kyk, terwyl hulle smul.

Dis nie net die binnekant van die restaurant wat jou asem wegslaan nie. Die ligging hoog bo die see, het internasionale beoordelaars se oog gevang en Salsify en sy skilderagtige omgewing is pas erken as een van die beste restaurante in die land deur die Haute Grander Global Restaurant-toekennings vir 2022. Sjef Ryan Cole en sy span het die toekennings ontvang vir “Beste natuurskoon in Suid-Afrika” in die 2022-toekennings.

Die Haute Grandeur Global Restaurant-toekennings erken merkwaardige prestasies in die lewering van deurlopende, uitsonderlike ervarings in die globale luukse gasvryheidsbedryf.

“Om ’n Haute Grandeur Global Restaurant-toekenning vir algehele uitnemendheid te wen, moet ’n restaurant op alle vlakke uitblink. Die 2022-toekennings het getoon hoe restaurante regoor die wêreld aanhoudend groter hoogtes bereik ten spyte van uitdagings in die bedryf,” sê Marinique de Wet, stigter en president.

“Gesonde mededinging is noodsaaklik om selfs nog groter hoogtes te bereik, want dit verseker volhoubaarheid as ’n gewaarborgde goue stempel van uitnemendheid. Bekroonde ondernemings word as die maatstaf in die bedryf beskou en Haute Grandeur bekroon net die merkwaardigste, van reeds uitsonderlike restaurante.”

“Ons is ongelooflik geëerd om hierdie toekenning te ontvang,” sê Ryan. “Dis ’n huldeblyk aan Salsify se huis, maar ook ons evolusie oor die vier jaar sedert ons geopen het.”

Die kategorie se wêreldwye wenner was Glass House by Al Aziziyah Boutique Hotel in Katar en Khyber by Dukes The Palm.

The post Nuwe voorkoms en internasionale toekenning vir Salsify appeared first on rooi rose.

Wayde van Niekerk maak SA weer trots!
Dit kom ná Van Niekerk die 400m-wêreldrekord by vanjaar se Rio Olimpiese Spele gebreek het. Nie net het dit hom bykans oornag ’n globale sensasie gemaak nie, maar dit het bewys dat hy by ander groot name soos Usain Bolt en Justin Gatlin behoorlik kan kers vashou.

Vir die Atleet Van Die Jaar-benoeming was aanvanklik nege atlete uitgesonder, waarvan Van Niekerk die enige man is wat hierdie afgelope seisoen ’n amptelike wêreldrekord opgestel het. Daar is egter net twee ander atlete, saam met Van Niekerk, uitgesonder om op die kortlys vir die toekenning te verskyn.

Die ander atlete: Jamaikaanse atleet, Usain Bolt, en Mo Farah van Groot-Brittanje sal saam met Van Niekerk op 2 Desember in Monaco bymekaarkom vir die prysuitdeling.

Al drie dié finaliste is deur ’n driedelige stemproses gekies, waarvan die IAAF se Raad vir 50% van die resultate gesorg het, terwyl die IAAF se Familie-stemme 25% daarvan uitmaak en ’n publieke stem op sosiale media die oorblywende 25% verhaal het.

Indien Van Niekerk met dié gesogte titel wegstap sal hy die tweede Suid-Afrikaanse atleet, naas Hestrie Cloete, wees om die trofee huis toe te bring.

Hou so aan Wayde! Jy maak ons trots.

The post Wayde van Niekerk maak SA weer trots! appeared first on rooi rose.

Schalk Burger wen Laureus-toekenning
sport24 berig dat Burger ’n sist langs sy rugmurg gehad het waarna hy in die hospitaal opgeneem moes word vir behandeling. Hy het egter lewensgevaarlike meningitis ontwikkel en moes na die intensiewe sorgeenheid verplaas word. Nadat hy vir sy lewe geveg het, het hy teruggekeur na die rugbyveld as Springbok.

Daar was ook ander wenners in verskeie kategorieë, insluitend Laureus World Sportsman of the Year: Novak Djokovic en Laureus World Sportswoman of the Year: Genzebe Dibaba.

Lees ons onderhoud met Schalk en sy vrou Michele wat in die Desember 2012-uitgawe van rooi rose verksyn het HIER.

The post Schalk Burger wen Laureus-toekenning appeared first on rooi rose.