tuinroete nasionale park | rooi rose

Kringe in ’n bos
Kom loop sirkels in die bos!

Daar is ’n plek waar tyd nog kan stilstaan. Jy stap dieper in ’n groen woud in, oor smal paaie en onder ’n digte dak van blare.

Dié Circles in the Forest-roete in die Wildernis-afdeling (Goldfields) van die Tuinroete Nasionale Park is oop vir almal. Jy sal nie die enigste een wees wat op die roete verlief raak nie.

Die roete (die 3.1 km opsie) het onlangs ’n TripAdvisor Sertifikaat van Uitnemendheid ontvang. Dit is ’n toekenning vir die verblyfplekke, besienswaardighede en restaurante wat deurlopend goeie resensies van reisigers kry.

Die staptog (daar is ook ’n opsie van ’n drie en nege kilometer) begin by die beroemde Dalene Matthee Groot Boom by die Krisjan-se-Nek-piekniekterrein. Dit volg klein paadjies en ’n ou myn-pad langs die oewer van Forest Creek in die hoë bos. Verskillende tipes bos kan gesien word, maar die klam hoë bos is veral mooi.

Neem die tyd om werklik die omgewing in te neem en te geniet. Kleurvolle swamme kruip onder takke weg en daar is ’n klein boslewe onder die blare.

Goldfields se bewaarder, Dominique du Toit, sê hulle het baie moeite gedoen om die roete vir besoekers so spesiaal as moontlik te maak. Bome word langs die pad geïdentifiseer. Die roete is goed gemerk en die afstand wat jy stap word oral aangedui. Dit is ’n maklike, matige roete en daar is geleenthede om in die bospoele te swem. Groot bosvarings en poele met paddas verras jou op die pad.

Nou is dit ook moontlik om hierdie afdeling van die bos op ’n Scootour te verken. Die Scootour kom oorspronklik uit Switserland. Die eerste een in Suid-Afrika is bekend gestel in die Drakensberg, sê die Knysna-tak eienaar Jaco Delport. “Die produk is eintlik net ’n aantrekkingskrag om mense in die bos te kry,” sê hy. “Gewoonlik wil toeriste nie te van die roete afwyk nie, en baie mense wat ons gevra het, weet van die bos, maar was nog nooit daar nie.” Met hierdie toer word toeriste opgelaai in Knysna en dan op ’n unieke ervaring deur die bos geneem (die hele reis duur ongeveer 2,5 uur).

Die rit is beide ’n opvoedkundige ’n pret-ervaring en jy ervaar die uniekhede van die bos soos jy vorder.

“Dit is nie ’n uiterste, adrenalien-inspuiting nie. Inteendeel, dit gee jou die kans om die natuurskoon te ervaar wat bergfietsryers gewoonlik sien, maar jy het nie nodig om fiks te wees nie.”

Wil jy gaan?

Daaglikse bewaringsfooi (as jy ingaan) is tot 31 Oktober 2016 geldig vir die Wildernis-afdeling van die Tuinroete Nasionale Park. Dit beloop R34 per volwassene en R17 per kind vir Suid-Afrikaanse burgers en inwoners met ’n geldige identiteitsdokument. SADC burgers (met ’n paspoort) betaal R68 per volwassene en R34 per kind. Buitelandse besoekers betaal R112 per volwassene en R56 per kind.

Die koste van die Scootour is R450 per persoon (vir ’n solo-kaartjie) en R195 vir ’n kind onder 9 jaar oud. Vir meer inligting besoek http://scootours.co.za/knysna-forest/

Vir navrae, skakel die Goudveld Bosbou Stasie (deel van die Wilderness Afdeling van die Tuinroete Nasionale Park) op + 27-44-389-0252.

Artikel deur SANParks Times

The post Kringe in ’n bos appeared first on rooi rose.