Tuinroete | rooi rose

Kringe in ’n bos
Kom loop sirkels in die bos!

Daar is ’n plek waar tyd nog kan stilstaan. Jy stap dieper in ’n groen woud in, oor smal paaie en onder ’n digte dak van blare.

Dié Circles in the Forest-roete in die Wildernis-afdeling (Goldfields) van die Tuinroete Nasionale Park is oop vir almal. Jy sal nie die enigste een wees wat op die roete verlief raak nie.

Die roete (die 3.1 km opsie) het onlangs ’n TripAdvisor Sertifikaat van Uitnemendheid ontvang. Dit is ’n toekenning vir die verblyfplekke, besienswaardighede en restaurante wat deurlopend goeie resensies van reisigers kry.

Die staptog (daar is ook ’n opsie van ’n drie en nege kilometer) begin by die beroemde Dalene Matthee Groot Boom by die Krisjan-se-Nek-piekniekterrein. Dit volg klein paadjies en ’n ou myn-pad langs die oewer van Forest Creek in die hoë bos. Verskillende tipes bos kan gesien word, maar die klam hoë bos is veral mooi.

Neem die tyd om werklik die omgewing in te neem en te geniet. Kleurvolle swamme kruip onder takke weg en daar is ’n klein boslewe onder die blare.

Goldfields se bewaarder, Dominique du Toit, sê hulle het baie moeite gedoen om die roete vir besoekers so spesiaal as moontlik te maak. Bome word langs die pad geïdentifiseer. Die roete is goed gemerk en die afstand wat jy stap word oral aangedui. Dit is ’n maklike, matige roete en daar is geleenthede om in die bospoele te swem. Groot bosvarings en poele met paddas verras jou op die pad.

Nou is dit ook moontlik om hierdie afdeling van die bos op ’n Scootour te verken. Die Scootour kom oorspronklik uit Switserland. Die eerste een in Suid-Afrika is bekend gestel in die Drakensberg, sê die Knysna-tak eienaar Jaco Delport. “Die produk is eintlik net ’n aantrekkingskrag om mense in die bos te kry,” sê hy. “Gewoonlik wil toeriste nie te van die roete afwyk nie, en baie mense wat ons gevra het, weet van die bos, maar was nog nooit daar nie.” Met hierdie toer word toeriste opgelaai in Knysna en dan op ’n unieke ervaring deur die bos geneem (die hele reis duur ongeveer 2,5 uur).

Die rit is beide ’n opvoedkundige ’n pret-ervaring en jy ervaar die uniekhede van die bos soos jy vorder.

“Dit is nie ’n uiterste, adrenalien-inspuiting nie. Inteendeel, dit gee jou die kans om die natuurskoon te ervaar wat bergfietsryers gewoonlik sien, maar jy het nie nodig om fiks te wees nie.”

Wil jy gaan?

Daaglikse bewaringsfooi (as jy ingaan) is tot 31 Oktober 2016 geldig vir die Wildernis-afdeling van die Tuinroete Nasionale Park. Dit beloop R34 per volwassene en R17 per kind vir Suid-Afrikaanse burgers en inwoners met ’n geldige identiteitsdokument. SADC burgers (met ’n paspoort) betaal R68 per volwassene en R34 per kind. Buitelandse besoekers betaal R112 per volwassene en R56 per kind.

Die koste van die Scootour is R450 per persoon (vir ’n solo-kaartjie) en R195 vir ’n kind onder 9 jaar oud. Vir meer inligting besoek http://scootours.co.za/knysna-forest/

Vir navrae, skakel die Goudveld Bosbou Stasie (deel van die Wilderness Afdeling van die Tuinroete Nasionale Park) op + 27-44-389-0252.

Artikel deur SANParks Times

The post Kringe in ’n bos appeared first on rooi rose.

Hunters Country House: huis met ’n warm hart
Toe siviele ingenieur Craig Hunter en sy vrou Jill in 1979 die landgoed ontdek het, was dit liefde met die eerste sienslag. Binne ’n paar maande het hulle hul besige lewens in Johannesburg opgepak en saam met hul vyf kinders die dapper skuif platteland toe gemaak. Elektrisiteit is aangelê, damme gebou en ’n reusagtige tuin is aangeplant. Nadat al vyf kinders die huis vir universiteit en werk verlaat het, het die Hunter-ouerpaar besluit om die pragtige plaas in ’n gesinshotel te omskep. Met hul gesamentlike talente en volop flair, het hulle die droom ’n werklikheid gemaak en Hunters Country House in ’n vyfster verblyfopsie omskep. Hulle het die 21 grasdakrondawels self ontwerp en al die meubels, skilderye, ornamente en eetgerei is met die hand uitgesoek deur Jill – ’n handelaar in antieke dekor. Elkeen van die vyf Hunter-kinders was in ’n stadium betrokke by die hotel: dogter Jacqui was bestuurder, seun Rob was in beheer van die bouwerk, Ian het die bemarking behartig, Cameron het die woudpaadjies uitgelê en dogter Mandy het as opgeleide sjef in die hotel gewerk.

Met dié huislike grondslag in gedagte (Craig Hunter noem dit “built out of love for family and a passion for creating wonderful experiences for our guests”) is dit te verstane dat dit een van die gesinsvriendelikste luukse hotelle denkbaar is. Kinders is ’n gróót woord by Hunters Country House. Vir kinders tussen 0-8 is daar die Cubs Corner: ’n spesiale speelplek met ’n klimraam en sandput en ’n Cubhouse waar hulle onder toesig kan verf en speel. Vir die ouer kinders is daar die Teen Scene met ’n loslit kuierkamer, veerpyltjies, snoekertafel, tafeltennis en ’n groot swembad by die lapa. Die hotel ondersteun beide Masizame– (Kom ons probeer) kinderhuis en Bonholethu– (Ons trots) kleuterskool in Plettenbergbaai.

Hunters Country House is al met die Suid-Afrikaanse toekenning van Hotel van die Jaar bekroon. As deel van die glansryke Relais & Chateaux-vereniging, geniet hulle internasionale erkenning vir uitstekende diens, fantastiese kos en die allerpragtigste tuine wat wemel van vlinders – ’n natuurlike heiligdom wat Jill oor ’n tydperk van drie dekades met baie liefde geskep het.

Die oorspronklike, grasieuse ou grasdak-plaashuis met sy kaggel, knus bibliotekie en muurpapier, laat jou voel asof jy deel is van ’n vorige era. My gunstelinggebou op die landgoed is die versteekte woudkapelletjie wat twintig jaar gelede opgerig is vir troues en aanbidding. Dis gebou op ’n krans met ’n uitsig oor die woud en omring deur blom-skaduplante. ’n Ander konstruksie wat my hart gesteel het, is die enorme glasvertrek in die tuin waar ontbyt bedien word. Dink omelet gevul met sampioen, camembert, gekapte kruie, krakerige spek en tamatie. Dink geroosterde croissant met gerookte salm. Dink mieliebrood, swartwoudham, seisoenvrugte-smoothies, chipolatas, boerewors en sterk koffie. Dink bessies, neute en kaas om van te kies en te keur. Dit alles bedien in ’n styl van gemaklike luuksheid en luukse gemak.

Daar is iets reddeloos romanties aan die grasdak-rondawel waar ons tuisgegaan het. Kaggelvure in die slaapkamers. Goue krane en kristalkandelare. Elegante, ouwêreldse meubels. Linne in dofgroen skakerings. Maar dis veral die warm verwelkoming wat mens bybly. ’n Gevoel van tuiskoms wat jy moeilik kan verklaar in ’n huis met ’n warm hart.

Reisraad

Hunters Country House is slegs 10 km vanaf Plettenbergbaai en 22 km vanaf Knysna langs die N2. Zinzi-restaurant is op dieselfde landgoed en deel van die groep. Moenie die Marokkaanse lamskenkels, gegeur met vyftien speserye, vye en geroosterde amandels by Zinzi misloop nie! Dié gereg is ’n ware weerspieëling van die restaurant se Afrika-sjiek tema. Dink Zanzibar-deure, klipmure, kaggelvuur, wyn en onweerstaanbare vanielje brûlée.

Terwyl jy in die omgewing is, verken die kusdorpe se strande en woude en snuffelwinkeltjies van Plettenbergbaai en Knysna. Binne 5 minute se ry vanaf die hotel, kan jy die volgende interessante plekke besoek:

Harkerville-plaasmark op ’n Saterdagoggend is vol kraakvars plaaslike produkte.

Dagdroom by Bosky Dell Farm & Rose Garden tussen die kleure en geure van 5 500 roosbome en eendedamme vol waterlelies. Dis ’n privaat plaas, maak eers op Facebook seker van besoektye.

Word weer kind tussen die bosreuse en boomvarings van die Tuin van Eden (044 532 7793). Die rolstoelvriendelike wandelroete is ’n woonplek vir veertig voëlspesies, bosbokke, blouape en (as jy tjoepstil wag) selfs ’n woudfeetjie of drie.

Bespreek verblyf vir Hunters Country House by 044 501 1111 of res@hunterhotels.com en besoek die webwerf: www.hunterhotels.com

The post Hunters Country House: huis met ’n warm hart appeared first on rooi rose.

Ervaar die verborgenheid van die bos
Die welige woude van die Tuinroete Nasionale Park bied meer as net ’n blyplek vir die voëls. Van die kleinste insekte tot klein soogdiere en ’n verskeidenheid plantegroei kan in die woude besigtig word. Die beste manier om die pragtige Diepwalle bos te verken, is om rustig te raak in hierdie wonderland.

Voorheen was verblyf in die Knysna deel van die park beperk tot ’n enkele luukse huis en dekke vir kamp-entoesiaste. Die dekke was voorheen beskikbaar net vir diegene met hul eie tente, maar nou is dit toegerus met tente wat toegerus is met twee enkelbeddens, ’n yskassie, twee sluitbare kiste en ’n koffie tafel. Al wat jy nodig het, is jou eie beddegoed. Gaste kan die braaigeriewe gebruik.

Die kamp-dekke kan gebruik word as die basis kamp om die juwele in die bos te ontdek. Aantreklikhede sluit in die King Edward groot boom, Tree, ’n aantal staproetes, die Diepwalle Museum en teetuin en bergfiets roetes. Meer as 280 voëlspesies is in die gebied van die Knysna Mere te sien en dit is maklik om die voëllewe vanuit die gerief van jou kampdek te bespied.

Tydens lae seisoen is die koste R390 vir twee mense. In seisoen kos dit R410 vir twee.

Navrae: www.sanparks.org of bel + 27-44-302-5606

Bron: SANParks Times

The post Ervaar die verborgenheid van die bos appeared first on rooi rose.

Groot planne vir staproetes
As jou stewels gemaak is vir stap, moet dit jou reguit na die Tuinroete Nasionale Park neem. Die Tsitsikamma deel is vinnig besig om ’n gewilde staproete te word. Drie van die gewildste roetes het reeds die gesogte Groen Vlag-status gekry.

Die wêreldklas Otter-wandelroete en die Outeniqua-roete het die pas aangegee en die Dolfyn-roete het die derde geword om November die eer te ontvang. ’n Verskeidenheid kriteria is ’n vereiste voor die Groen Vlag- toekenning gemaak kan word.

Die staproete-gradering is tien jaar gelede deur die Universiteit van Pretoria ontwikkel. Dit poog om akkreditasie vir die roetes te gee wat nie net aan die standaarde voldoen nie, maar ook die minimum omgewingstandaarde verskaf vir verantwoordelike stappers.

Net meer as veertig staproetes in Suid-Afrika is met die status vereer. Om aan die standaard te voldoen, moet akkomodasie, geriewe en diens voldoen aan die minimum standaarde en moet die roetes op ’n omgewingsvriendelike manier bestuur word.

Die Groen Vlag-status onderskei nie tussen “goeie” en “slegte” roetes nie, maar poog om erkenning te gee aan eienaars wat dit verantwoordelik bestuur.

Groen Vlag-roetes help stappers om ‘n ingeligte keuse te maak voor hulle ‘n roete aanpak. As roetes op standaard is en voldoende inligting voor die tyd verskaf, kry stappers goeie waarde vir hulle geld.

Victor Cunningham, seksiebewaarder vir die roetes en wetstoepasser by GRNP sê baie werk is reeds gedoen om al die park se dagroetes voor te berei vir akkreditasie in die nabye toekoms. Volgens Leon Hugo, voorsitter van die Staporganisasie van Suid-Afrika (HOSA) se kwaliteitbeheerkomitee sal al die roetes in die GRNP ge-oudit word om die Groen Vlag-status vanjaar te kry. “Dit sal die eerste gebied en nasionale park in Suid-Afrika wees om dit te ontvang.”

Meer planne oor die volgende drie tot vyf jaar sluit in die integrering van die ou Waterwese en Bosbou Departement se staproetes in die SANParke-stelsel. “Hierdie roetes is in ‘n goeie toestand, maar het onderhoud nodig om hulle op die regte standaard te kry,” sê Cunningham.

HOSA besoek roetes met ’n Groen Vlag-status elke twee jaar om seker te maak hulle voldoen steeds aan die standaarde en vereistes.

The post Groot planne vir staproetes appeared first on rooi rose.