vakansietyd | rooi rose
Mauritius vs Bali: Watter asemrowende bestemming kies jy?
Die eilandparadyse Mauritius en Bali is twee immergewilde bestemmings vir Suid-Afrikaanse avonturiers. Die eilande se instagram-perfekte strandlandskappe is waarde vir geld-bestemmings en bied ‘n wye verskeidenheid aktiwiteite vir besoekers.
Strande
Vir strand-liefhebbers wat verkies om uit te span in die son met ‘n boek terwyl hulle ‘n see-uitsig geniet, bied beide Mauritius en Bali asemrowende strande aan. Strande op die eilande spog met kristalhelder water en ragfyn sagte sand waar besoekers met groot gemak kan ontspan.
Bali se strande is meer bekend vir hul dramatiese natuurskoon, met ruwe kranse, hoë palmbome en ikoniese rotsformasies soos die Tanah Lot-tempel – ’n gewilde toeriste-aantreklikheid sowat 20km Noord-Wes van Denpasar. Mauritius spog weer met ‘n ietwat rustiger, saliger gevoel wat insluit sagte branders en welige groen woude.
Beide eilande se strande en hul waters is perfek geskik vir buitelug aktiwiteite soos branderplankry, duik, seil, strandvlugbal en sokker. Die eilande is ook ideal geskik vir aktiwiteite soos joga en meditasie.
Die betowerende alles-in-een-prys-ingesluit Club Med Bali-oord, met sy besonders gedetailleerde Balinese invloed, is die perfekte gesinsvriendelike bestemming om by te ontspan. Dit bied ook ’n wonderlike basis vanwaar besoekers die kulturele omgewing en boeiende spirituele energie van Indonesië kan verken.
Aktiwiteite
Nie alle vakansiegangers is tevrede om net op die strand te ontspan en skemerkelkies te drink nie. Ongeag watter bestemming jy kies, sal die meer avontuurlustiges bederf word met ’n wye verskeidenheid van land- en watersport aktiwiteite.
Bali is ’n branderplankrybestemming van wêreldgehalte, terwyl Mauritius spog met van die gewildste duikplekke in die Indiese Oseaan. Bali se welige tropiese reënwoude bied droom geleenthede vir natuurliefhebbers wat ideaal is vir stap, voëlkyk en om watervalle te verken. Die eiland bied verder ’n verskeidenheid avontuuraktiwiteite soos witwater-kajak en rekspring aan.
Mauritius se natuurskoon sal weer natuurliefhebbers beïndruk met asemrowende strande, koraalriwwe en uitsonderlike nasionale parke. Dit sluit parke in wat die tuiste is van unieke natuurlewe soos die pienk duiwe en die reuse skilpad.
Vir mense wat op soek is na ongewone aktiwiteite en ervarings, bied Exclusive Collection Club Med La Plantation d’Albion opwindende aktiwiteite aan soos boogskiet en trapeze.
Kultuur
Vakansies in unieke bestemmings word verryk deur die ontdekking van nuwe kulture en ervarings. Hierdie twee bestemmings is veral gewild vir hul unieke gebruike en tradisies wat ‘n verrykende, diwerse ervaring vir reisigers bied. Wanneer jy Bali besoek, kan jy verwag om oorrompel te word deur ’n omvattende Hindi-kultuur, met helder versierde tempels en heiligdomme gewy aan die Hindoe-gode wat ‘n heerlike fees vir die oog is.
Mauritius is weer ‘n meer multi-etniese en multi-godsdienstige samelewing, met ‘n bevolking wat ‘n kosmopolitiese mengelmoes van Hindu, Moslem, Christen en Boeddhisme is. Die pragtige tradisionele Indiese, Afrika en Europese kulture word in Mauritius musiek en argitektuur weerspieël.
Albei bestemmings bied ‘n wye verskeidenheid heerlike plaaslike kos opsies aan, maar met spesifieke geure en bestanddele. Bali se kookkuns word sterk beïnvloed deur Indonesiese en Chinese kookkuns, met ‘n fokus op pittige geure en heerlike kruie. Reisigers na Mauritius sal outentieke Mauritiaanse kos kan geniet wat ‘n heerlike smeltkroes van Franse, Chinese, Europese en Afrika-geregte is.
Keuses
As jy op soek is na ‘n tropiese paradys met uiteenlopende kulture en aktiwiteite, is Mauritius waarskynlik die regte keuse vir jou. Maar as jy ’n dieper, meer spirituele en avontuurlike reis soek, is Bali dalk die beter opsie. Uiteindelik hang die keuse tussen die twee bestemmings af van die tipe aktiwiteite waarna jy opsoek is, sowel as jou belangstellings en voorkeure. Ongeag jou voorkeure bied beide bestemmings ’n magdom opsies aan om van te kies en keur.
Lees ook: Hoekom raak my slaappatroon deurmekaar oor die vakansie? Ons het gaan uitvind
The post Mauritius vs Bali: Watter asemrowende bestemming kies jy? appeared first on rooi rose.
Top redes waarom die Maldives perfek is vir aktiewe paartjies
Die Maldive-eilandgroep is bekend vir sy ongerepte kristalhelder water en onbeskryflike seelewe. Voeg daarby spierwit strande en asemrowende koraalriwwe en dis geen wonder dat die eilande ’n baie gewilde toeristebestemming is nie.
Snorkel en skubaduik
Die Maldives is die tuiste van die mooiste koraalriwwe ter wêreld, en snorkel of skubaduik is die beste manier om die ongelooflike verskeidenheid van seelewe te ervaar, insluitend helder-kleurige visse, seeskilpaaie, stingrays en selfs haaie. Oorde in die Maldives, soos die alles-in-een-prys-ingesluit oord, Club Med Kani, bied snorkel- en skubaduik-uitstappies bykomend tot onbeperkte toegang tot ‘n reeks ander watersportsoorte, insluitend seilvaart, seilplankry, seekajak, en meer. Of jy nou ‘n ervare duiker of ‘n beginner in snorkel is, daar is vele opsies om van te kies en jy sal ‘n onvergeetlike ervaring hê deur die onderwaterwêreld van die Maldives te verken.
Staptoere
Wanneer jy in die Maldives aankom, sal jy waarskynlik na sy hoofstad, Male, vlieg. In plaas daarvan om direk na een van die eilande te gaan, kan jy die dag spandeer deur die besienswaardighede van die stad te ontdek. Dit sluit in die plaaslike vismark, die President se Paleis, die Vrydag-moskee (wat uit 1656 dateer), die Nasionale Museum en Sultan Park, ’n pragtige park wat die inheemse plantsoorte tentoonstel.
Besoekers sal die geleentheid kry om rond te snuffel vir aandenkings om huistoe te neem of kan so bietjie van die plaaslike kultuur leer waardeer deur ‘n koppie tee in een van die unieke Maldive-straatkafees te geniet. Om die gewoel van Male te voet te verken, bied aan besoekers ‘n outentieke plaaslike ervaring wat ook iets heel anders is as die rustigheid van die koraal-eilande.
Visvang
Visvanguitstappies word deur oorde en die plaaslike eilande self gereël, gewoonlik rondom sonsondergang en gee jou kans om jou eie aandete te vang. Dit word voorberei en voorgesit terwyl jy die ongelooflikste uitsigte van die water af kan bewonder.
Belangstellendes kan die tradisionele handlynhengeltegniek gebruik om vis te vang. Jou vangs sal deur jou gids voorberei en gaar gemaak word en word saam met heerlike rys en vars slaaie bedien vir ‘n onvergeetlike aandete. Moenie bekommerd wees nie; die water wemel so van vis, jy sal nie honger ly nie!
Verken die eilande per fiets
Dink ’n mens daaraan om die Maldive-eilande te verken, is dit gewoonlik bootritte of ‘n rustige stapttog wat in ’n mens se gedagtes opkom. Die jongste tendens wat egter al meer gewild is, is fietsry. Fietse is besig om te verander hoe reisigers hierdie eilandgroep ontdek. Die Maldives is trots daarop om fietsvriendelik te wees, en die meeste gaste laat vaar die gemotoriseerde karretjies ten gunste van die Indiese fietse wat deur die meeste oorde verskaf word.
‘n Versameling roetes op die verskillende eilande laat jou toe om deur digte tropiese reënwoude, verby strandmere en deur plaaslike dorpies te ry. Op jou eie tyd. Die eiland Addu City bied vele fietsrypaadjies aan wat met fyngedrukte korale besaai is en soms uitdagend kan wees, maar wees gerus, die rye klapperbome wat langs die pad staan, maak dit die ekstra trappoging werd.
Wakeboarding
Wakeboarding is ‘n prettige aktiwiteit wat enige adrenalienverslaafde of avontuursoeker se adrenalien sal laat pomp. Dit behels dat jy agter ‘n vinnige snelboot gesleep word terwyl jy op ‘n wakeboard staan. Dit is ‘n heerlike manier om die pragtige waters van die Maldives te geniet en die skoonheid van die eilande vanuit ‘n ander perspektief te ervaar, oor die water te gly en die pragtige natuurskoon te sien. Die eilandgroep het vele strandmere en baaie wat teen die oop see beskut is en wat kalm, plat water bied – ideaal vir wakeboarding. Die Finolhu Villas (deel van die Club Med groep) in die Maldives bied wakeboarding as deel van hul watersportaktiwiteite en die aktiwiteit is ingesluit by sy alles-in-een-prys-ingesluit pakkette, wat dit ‘n toeganklike opsie vir toeriste maak.
Die Maldive-eilandgroep is gewis meer as net pragtige hoteloorde en mooi strande omring deur asemrowende seetonele. Ook besoekers wat op soek is na ‘n opwindende avontuur of hou van kulturele skatte van nuwe lande, sal die Maldives geniet.
Een ding is seker – vir romantiese of avontuurlustige paartjies is die Maldives ’n ware paradys.
Lees ook: Maak oefening pret hierdie vakansie
The post Top redes waarom die Maldives perfek is vir aktiewe paartjies appeared first on rooi rose.
8 dinge om uit te sorteer voor jy met vakansie gaan
Dit was ’n moeilike jaar en baie Suid-Afrikaners tel die dae af na die somervakansie, wanneer hulle kan ontspan en lekker saam met familie en vriende kuier. Hierdie Desember is Suid-Afrikaners vir die eerste keer in drie jaar vry van pandemie beperkings en kan hulle oorsee reis om in Europa te gaan ski, op Thaise strande gaan ontspan, na buurlande soos Namibië ry of hul gunsteling Suid-Afrikaanse vakansie bestemmings besoek.
Maak nie saak waar jy die somervakansie deurbring nie, jy sal meer gemoedsrus geniet as jy weet dat jy goed beplan het vir enige gebeurlikheid. Die beplanning vir jou vakansie moet insluit om seker te maak dat al jou sake in orde is voordat jy vertrek. Dit is die ideale tyd om te verseker dat jou boedel beplanning op datum is en dat die noodsaaklikhede van jou lewe goed georganiseer en maklik toeganklik is ingeval iets onbeplan gebeur.
8 dinge om uit te sorteer voor jy met vakansie gaan:
1.    Jou Laaste Wil en Testament –
As jy nog nie een het nie, is dit noodsaaklik dat jy hierdie regsdokument opstel wat die voogde van jou minderjarige kinders beskryf, die eksekuteur van jou testament identifiseer, instruksies verskaf vir die afhandeling van jou boedel, jou begunstigdes benoem en jou laaste wense kommunikeer. Maak seker dat jou testament behoorlik onderteken is deur beide jouself en jou getuies.. Jou familie en eksekuteur moet weet waar om die oorspronklike dokument van jou Laaste Testament te vind.
2.    Persoonlike dokumente –
Jou ID en Paspoort, Geboorte- en Huweliksertifikate, Mediese en Lewensversekeringspolisse, Uittree-annuïteit en Begrafnispolisse moet alles bymekaargesit en veilig bewaar word. Jou gesin moet weet waar om al hierdie dokumente te kry.
3.    Lewende Testament –
Alhoewel dit nog nie ‘n regsdokument in Suid-Afrika is nie, word dit meestal in ag geneem. Jou Lewende Testament definieer die mediese behandelings wat jy wil of nie wil hê in die geval dat jy deur skielike siekte of besering onbevoeg raak. Reisigers sluit gewoonlik ‘n afskrif van hul Lewende Testament by hul reisdokumente in sodat mediese personeel, waar jy ook al is, bewus is van jou wense.
4.    Bate lys –
‘n Lys van jou bates, insluitend besittings soos jou kunswerke en oudhede, asook relevante dokumentasie wat daarop betrekking het. Moenie vergeet om die inligting in te sluit wat nodig is om toegang tot jou kripto-geldeenheid-rekeninge te kry nie. Dit sal jou eksekuteur en familie help om jou boedel in die mees georganiseerde manier te bestuur.
5.    Rekeninge –
Jou eksekuteur gaan die besonderhede van al jou finansiële en verbruikers rekeninge benodig. Voorsiening moet gemaak word vir debietorders aangesien die bankrekeninge van ‘n oorledene gevries word.
6.    Wat gebeur met jou sosiale media en digitale lewe as jy nie meer hier is nie? –
Hierdie is jou besluit – jy moet oorweeg wat jy wil hê moet gebeur met jou sosiale media-rekeninge en -inhoud, sowel as jou kontakte, e-posrekeninge en digitale foto’s en video’s. Ons het seker almal al iemand gesien wat vir ‘n vriend ‘Geluk met jou verjaarsdag’ op hul Facebook-muur toewens omdat hulle nie geweet het dat die persoon oorlede is nie. Jy kan besluit om jou sosiale media-profiele óf te laat uitvee óf na ‘In memoriam’-bladsye oor te skakel. Dis belangrik dat jy onthou om die toegang na jou selfoon en jou rekenaar moet uiteensit en dink oor hoe jou family multifaktor-verifikasie prosesse op jou rekeninge sal kan bestuur.
7.    Beplan vir jou diere kinders –
Wanneer ons met vakansie gaan, los die meeste van ons ons troeteldiere in die sorg van ‘n troeteldier-oppasser of ‘dieremotel’. Wat sal met hulle gebeur as ons dalk nie terugkom nie? Of jy nou gaan reis of nie, jy moet dink aan ’n goeie oplossing vir die deurlopende versorging van jou diere-kinders en duidelike instruksies los sodat jy weet daar sal behoorlik na hulle omgesien word.
8.    Sit alles bymekaar in ‘n veilige plek –
Die grootste uitdaging in die beplanning vir die afhandeling van jou boedel is om dit maklik te maak vir jou geliefdes en eksekuteur om toegang te kry na al die detail wat hulle nodig het om jou sake vinnig en effektief af te handel. Jy wil alles in jou vermoë doen om hul stres op so ‘n hartverskeurende tyd te verminder. Oplossings wissel van die ‘In geval van nood’-lêer op jou lessenaar, ‘n digitale lêer op jou rekenaar, alle dokumente in die huis se kluis instop tot die gebruik van ‘n bank-kluis. Maar, meer dikwels as nie, word dit nie omvattend of op ‘n goed georganiseerde manier gebruik nie, wat uiteindelik veroorsaak dat die lyding van oorlewende familielede ‘n uitgerekte proses raak. Hoe begin hulle selfs as hulle nie die wagwoord vir jou rekenaar ken nie?
Die lens van hierdie probleem is juis die inspirasie van Heritage Vault, ‘n Suid-Afrikaanse eerste-na-mark digitale oplossing wat jou in staat stel om al jou belangrike inligting veilig te stoor en dit maklik toeganklik te maak vir jou aangestelde vertrouelinge in die geval dat jy sou sterf of onbevoeg raak. Rachelle Best, Stigter en Uitvoerende Hoof van Heritage Vault sê: “Die realiteit is dat ‘n Laaste Wil en Testament nie voldoende is om ‘n komplekse, moderne lewe uit te sorteer wat wyd oor die fisiese en digitale wêreld strek nie. Ons het ‘n een stop volledige oplossing nodig soos Heritage Vault wat vir jou ‘n veilige ruimte bied om alles wat jou eksekuteur en genomineerde geliefdes nodig het, te organiseer in 13 verskillende data kategorieë wat maklik is om te vind.”
Jou private, geïnkripteerde, digitale kluis, wat beskerm word deur bankvlak-sekuriteit, maak dit maklik om jou boedel op te dateer as deel van jou reis voorbereidings. Die proses om jou kluis in te vul is ‘n stap-vir-stap gids tot alles wat jy by jou beplanning moet voeg, insluitend belangrike maar dikwels oor gesiene besonderhede soos wat met jou troeteldiere moet gebeur of waar om die sleutels van jou stoor eenheid te kry . Jy deel toegang tot jou kluis met jou eksekuteur of ‘n vertroue geliefde via ‘n tyd vrystellings meganisme wat slegs jy beheer. In die geval van jou dood of onbevoegdheid, word hierdie konfigurasie geaktiveer, en hulle kry toegang tot jou kluis en sodoende alle inligting wat hulle nodig het.
“Hierdie feestyd, of jy nou in die Drakensberge gaan sterre kyk, op Umhlanga-strand gaan ontspan of ’n vakansie in ’n ander deel van die wêreld geniet, sal jy makliker rus met die wete dat jou gesin goed beskerm is, want jou boedel beplanning is uitgesorteer en opgedateer,” sluit Best af.
The post 8 dinge om uit te sorteer voor jy met vakansie gaan appeared first on rooi rose.