veltipe | rooi rose

Weet jy watter tipe vel jy het? Ontleed jou vel met ons 5 stappe
Weet jy watter tipe vel jy het? Ontleed jou vel met ons 5 stappe. Deur Suzanne Kotzé en Corné Greeff.  Hooffoto: Pexels

Ontleed jou vel

Weet jy watter tipe vel jy het? Ontleed jou vel met ons 5 stappe:

1. Hoe voel jou vel soggens wanneer jy wakker word?

Dit sal wys of jou nagroom te ryk is vir jou, of dit jou vel te veel voed, of dalk nie genoeg nie. Dit sal ook wys of jy ander produkte op jou T-paneel moet gebruik.

2. Hoe voel jou vel teen die middag?

Indien jy teen die middag al ’n olierige skynsel op jou vel het, is dit ’n teken dat jou vel olierig is. Dit is ook ’n aanduiding dat die produk wat jy gebruik dalk te ryk is, of nie voldoende is om jou vel gedurende die oggend te beskerm nie.

3. Het jou vel al gereageer op enige produkte en/of het jy enige allergieë?

’n “Ja” is ’n onmiddellike aanduiding dat jy versigtig moet wees met die gebruik van enige aktiewe produkte, of selfs te veel produkte wat die vel kan oorstimuleer. Indien dit die geval is, begin eerder met een produk sodat jou vel geleidelik aan ’n velreeks gewoond kan word.

4. Is jou oë soms sensitief, en brand of jeuk hulle?

Indien dit die geval is, is dit belangrik om ’n produk te gebruik wat nie aktief is nie om te keer dat enige sensitiwiteit kan opvlam.

5. Hoe maak jy jou vel skoon?

Maak jy jou vel deeglik genoeg skoon, of bly daar nog grimering of vuiligheid agter nadat jy jou gesig gewas het? As jy nie al die produkte of vuiligheid afkry nie, kan jou porieë verstop wat swartkoppies en puisies kan veroorsaak. Behoorlike reiniging is uiters belangrik.

Daddy’s Deals bied hierdie vrouemaand wonderlike winskoop-gesigbehandelings vir lesers in Pretoria, Umhlanga Ridge in Durban en Foreshore in Kaapstad aan. Klik op jou ligging om te sien watter unieke behandeling naby jou beskikbaar is!

Lees ook: 10 velsorgwenke wat jy jou dogter moet leer

The post Weet jy watter tipe vel jy het? Ontleed jou vel met ons 5 stappe appeared first on rooi rose.

Die beste velsorgraad
Sonblok, sonblok, sonblok

Kundiges is dit eens: Die son verinneweer ons velle en die allergrootste velsorgfout wat jy kan maak, is om nie élke dag sonskerm te gebruik nie. Dr. Willie Visser, hoof van dermatologie aan die Universiteit Stellenbosch, sê jy moet daagliks ’n sonblok met ’n sonbeskermingsfaktor van minstens 30 gebruik. Bly ook uit die son, en vermy ’n sonbed tot elke prys. ’n Sonbed se strale is net so gevaarlik soos die middagson tussen 12 en twee, indien nie gevaarliker nie.

‘Gebruik ’n goeie sonblok onder jou onderlaag. Minstens een teelepel sonblok op jou gesig bied sonbeskerming. Slegs ’n onderlaag is nie genoeg nie’ – Cheryl Parker

Volg ’n velsorgroetine (en hou daarby)

Elsa Kruger, skoonheidskrywer vir verskeie publikasies en van www.mooipraatjies.com, gee raad: Oud of jonk, as jy nie jou velsorgroetine getrou volg nie, is dit tyd vir verandering. Gebruik jou velsorgprodukte getrou en gereeld in ’n vaste roetine, elke dag, soggens en saans, om die beste resultate te verkry.

As jy in jou vel belê met ’n getroue roetine en goeie produkte, sal jy die vrugte daarvan pluk en nie voor jou tyd oud lyk nie. Goeie produkte werk regtig. Dit gaan nie oor hoe duur ’n produk is nie, dit gaan oor hoe doeltreffend jy dit gebruik.

Ons sê:

Onthou ook om nie jou vel met serums, olies en oogrome te oorweldig nie, hou dit eenvoudig  en hou daarby.

Trou dié twee produkte

Cheryl Parker, haar- en grimeerkunstenaar: Beskou afskilfering en ’n masker as een roetine. Gebruik ’n masker direk nadat jy jou vel afgeskilfer het. Dit help dat die masker die vel beter binnedring en doeltreffender werk.

Elsa Kruger: Wanneer jy versuim om gereeld af te skilfer gaan selfs die beste en duurste produkte nie werk nie, dit gaan sit bloot bo-op die droë horinglaag van die vel en geen bestanddele kan deur die lagie dring nie. ’n Ensiemskilferaar werk sagkens om dooie velletjies te verwyder. Ek verkies dit bo korrelskilferaars wat die vel kan krap of skraap.

Los uit!

Cheryl Parker: Inflammasie en pigmentasie is die gevolg van jou gevroetel met puisies, veral as daar ook sonblootstelling is. Hiperpigmentasie vind plaas wanneer melanien – die pigment wat kleur aan die vel gee – ooraktief raak om die vel te beskerm wanneer jy ’n velwond opdoen. Daarom is die blootstelling van so ’n wond (of puisie) aan die son nie ’n goeie idee nie, want die plek sal met ’n oorvloed melanien behandel word. Hou maar jou hande van jou gesig af, anders gaan jy vir altyd met ’n lelike letsel sit.

‘Sit ys op die knoppies of puisies wat hul verskyning maak. Dit verminder inflammasie en versnel die herstel van die puisie’ – velsorgterapeut Sonette Donker.

Grimeer slim

Moenie in ’n groef verval nie en pas die kleure en teksture van jou grimering aan namate jy ouer word. Onthou, minder IS meer. Wat vir jou gewerk het toe jy twintig was, deug nie meer in jou veertigs nie. Pas jou grimering en voorkoms aan by die tye en sorg dat jy op die hoogte bly van moderne neigings, tegnieke en produkte – moenie bang wees om te eksperimenteer nie.

Elsa Kruger: As jy vaal of uitgewas voel, is blosser die vinnigste manier om jou voorkoms op te helder. Dis die veelsydigste toording in jou smuktas. Jy kan dit vinnig en liggies oor jou wange, voorkop, ooglede en lippe swiep vir kleur en ’n gesonde gloed. Maskara verrig wonders. Ek is blond en namate ek ouer word, lyk ek al hoe bleker, valer en uitgewas. My wimpers en wenkbroue word gereeld gekleur, en al het ek geen tyd voor ek by die huis uitgalop nie, wys ek nie my gesig in die openbaar sonder maskara nie – dit gee my in ’n oogwink ’n “gesig”.

Die verskil tussen veltipe en veltoestand

Moenie veltipe met veltoestand verwar nie. Mense met ’n olierige vel glo dikwels hulle het min vogroom nodig omdat meer bevogtiger die vel vetteriger sal maak. Die resultaat is dat die talgkliere daarvoor vergoed en meer olie afskei.

Cheryl Parker: Die meeste veltipes is gedehidreer vanweë interne en eksterne faktore soos te min slaap en besoedeling. Dit is belangrik om ’n ordentlike velsorganalise te laat doen om te bepaal wat jou veltipe is en of jy ’n veltoestand soos pigmentasie of aknee het wat aandag nodig het.

‘Daar is nie iets soos ’n “one size fits all”-velsorgroetine nie. ’n Professionele terapeut of kenner kan ’n velsorgroetine aanbeveel wat jou sak en leefstyl pas en wat boonop goeie resultate lewer’ – Sonette Donker.

Dra ’n sonbril en gebruik ’n oogroom

Elsa Kruger: Dra van vroeg af al ’n sonbril. Dit beskerm nie net jou oë nie, maar ook die delikate vel om die oë.

Cheryl Parker: Gebruik saans ’n oogroom of jel om jou oë om fyn plooie te verminder en die vel te bevog. Die vel om jou oë is fyner en het ’n spesifieke formule nodig wat die sensitiewe dele om die oë hidreer.

Onthou jou hande en nek

Jou gesig hou nie by jou ken op nie. Moenie jou nek en halslyn afskeep wanneer jy velsorgprodukte en sonskerm aanwend nie, want hulle is die eerste verklikkers van veroudering. Kyk maar hoe mooi lyk Sophia Loren se hals nog op tagtig!

‘Wend sonskerm aan jou nek, veral as jy jou hare kort dra, anders sit jy eendag met ’n skilpadnek’ – Elsa Kruger

Ons sê: Kies ’n handeroom met sonbeskerming, en wanneer jy jou handeroom aansmeer, smeer sommer aan jou hals en agter jou nek.

Vitamien A

Al is dit ou nuus dat vitamien A die vroeë tekens van ouderdom teëwerk, bly dit ’n gunsteling onder die kenners.

Sonette Donker, ’n velsorgterapeut, sê Retinol is ’n fantastiese bestand-deel wat die sigbare tekens van velveroudering en hiperpigmentasie teëwerk en ook jou vel teen vrye radikale (soos besoedeling) beskerm. Retinol is regtig ’n wondermiddel en hou jou vel jonk en gesond. Ek gebruik elke aand ’n goeie serum wat retinol bevat. Onthou om altyd ’n goeie sonblok te gebruik wanneer jy retinol gebruik, want die retinol maak soms die vel sensitief, en veral sensitief vir sonblootstelling.

Elsa Kruger: Retinol is my gunsteling-teenverouderingsproduk, en niks kom daarby nie. Ek gebruik dit elke aand.

The post Die beste velsorgraad appeared first on rooi rose.

Gebruik jy die regte produkte vir jou veltipe?
Ken die verskil tussen veltipe en vel-kwessie

Paula Begoun, bekende skoonheidskrywer van meer as 20 boeke, staan ook bekend as die Cosmetic Cop. Sy skryf in haar boek, Don’t Go To The Cosmetics Counter Without Me, 9th Edition  dat verbruikers die verskil moet weet tussen veltipe en vel-kwessie. Sy stel voor dat jy eers jou veltipe moet identifiseer, (normaal, kombinasie of droog) en daarvolgens produkte moet kies vir jou tipe vel, wat onder andere die volgende insluit: ’n velreiniger, verfrisser (toner), ’n afskilfermiddel, was of behandeling, ’n dagroom wat SBF bevat en ’n nagroom sonder SBF. Daarna moet jy jou vel-kwessie (soos pigmentasie, sonskade, fyn lyne, rosacea) identifiseer en addisionele produkte daarvoor aankoop.

Hoekom moet ek weet wat my veltipe is?

As jy verstaan wat jou veltipe is, sal jy beter verstaan watter produkformulasie vir jou vel geskik is. Byvoorbeeld as jy ’n olierige vel het moet jy olierige en ryk produkte vermy en as jy ’n droë vel het sal jy ’n formulasie gebruik wat ryker is. Hou in gedagte dat jy meer as een veltipe kan hê. Jou vel kan sensitief en steeds droog wees of dit kan olierig maar steeds gedehidreer wees.

Wat beïnvloed my veltipe?

Beide interne en eksterne faktore kan jou veltipe bepaal, dit kan beïnvloed hoe jou vel voel en lyk. Wanneer jy jou veltipe evalueer, neem van die volgende faktore in ag:

Hormone, rook, medikasie, dieet, jou huidige velsorgroetine, stres, onbeskermde blootstelling aan die son, besoedeling, en klimaat.

Hoe bepaal jy jou veltipe?

Sodra jy die bogenoemde faktore (sonskade, rook, besoedeling ensovoorts) uitgesluit het behoort dit makliker te wees om jou veltipe beter te verstaan. Bepaal so jou veltipe:

Was jou gesig met ’n reiniger, wend dan ’n verfrisser aan, wend daarna ’n gesigroom aan wat jy dink die beste by jou veltipe pas. Wag dan twee ure sonder om enige grimering aan te wend voordat jy verder jou vel analiseer, kyk of jou vel die volgende doen:

• Olierig: Vier ure nadat jy jou gesig gewas het is daar oortollige olie, en jou gesig blink. Isabel Roos (uitvoerende direkteur van die Isa Carstens Akademie in Stellenbosch en Pretoria) sê dat ’n olierige vel gewoonlik in die middel van die dag meer olierig voel, veral op jou neus, voorkop en ken.

• Droog: Die grootste deel van die gesigvel is droog, voel styf, en mag ook moontlik rooi voorkom. ’n Droë vel se oppervlak sal meer grof voorkom, en jou vel sal deur die loop van die dag droog voel, sê Isabel.

• Kombinasie: Dele van jou gesigvel is olierig en ander dele is droog

• Normaal: Geen tekens van oortollige olie of droogheid nie.

Kies so produkte vir jou veltipe

Wanneer jy weet wat jou werklike veltipe is, sal jy makliker kan besluit watter produkte jy moet verwyder of insluit in jou velsorgroetine. Paula Begoun stel voor dat alle veltipes dieselfde voordeel van alle produkte se bestanddele kan kry, al wat moet verskil is die basis van die tekstuur:

• Olierige vel: Jel, serum, water-emulsie, of poeierbasis. Isabel noem dat jy sterk afskilfering-metodes moet vermy en ook nie ’n olierige sonroom gebruik nie, maar eerder een met ’n jel tekstuur.

• Droë: Jou reiniger behoort ’n olie-emulsie te wees, room en serum basis sal ook goed werk. Vermy klei gebasseerde maskers wat die vel verder sal uitdroog.

• Kombinasie vel: Vloeiroom (lotion), jel, serum en water-emulsie.

• Normaal: vloeiroom, room, jel, serum, water-emulsie.

The post Gebruik jy die regte produkte vir jou veltipe? appeared first on rooi rose.