vergifnis | rooi rose

Skep só vrede in jou huis
Skep só vrede:

Probeer wegkom van reg en verkeerd: Ek is reg en jy is verkeerd. Met so ’n benadering kan jy die geveg wen, maar jou maat, kind en die verhouding verloor.

Bly stil of kies jou woorde versigtig. Kwetsende antwoorde wond en gooi nog petrol op die woedevuur. Dit verskraal die kanse op ’n oplossing.

Vra om verskoning vir jou aandeel, al is dit kleiner of volgens jou onnodig om jammer te sê. Die woordjie “jammer” bou brûe en heel harte. Verskonings en ruimhartige, grootmoedige nederigheid is die beste wapen teen woede en wrokkigheid. Eiesinnige, kleingeestige trots breek harte.

Behandel jou huismense met dieselfde respek en goeie maniere as waarmee jy behandel wil word, en waarmee jy kollegas en vriende behandel. As jy respek en geduld gee, kry jy respek en geduld terug.

Soek oplossings en kompromieë wat vir albei kan werk. Kry gedeelde doelwitte en sien julle as deel van dieselfde span, nie as mededingers nie.

Kies jou tyd slim wanneer jy moeilike dinge aanraak. As iemand moeg, oorwerk, ontsteld of kwaad is, is dit gewoonlik die verkeerde tyd. Wag tot albei rustig en kalm is.

Gee meer as wat jy vra: meer luister, waardering en intimiteit. Wys liefde met aanraking – dit werk wondere as mense geliefd en gekoester voel. En verminder kritiek.

Kommunikeer jou behoefte duidelik, eerder as om te kritiseer wat die ander een verkeerd doen: “Ek mis jou en het behoefte aan meer tyd saam met jou”, sal ’n heel ander reaksie uitlok, as: “Is dit nou ’n tyd om by die huis te kom? Jy het ook nooit meer tyd vir my nie.”

Moenie ander mense by jul verskille betrek nie, of by ander se gevegte betrokke raak nie. Laat jou man sy eie verhouding met sy kinders uitwerk, of hulle met mekaar, behalwe natuurlik in gevaarlike situasies of mishandeling.

Humor. ’n Glimlag keer werklik die grimmigheid af.

Kies jou gevegte slim. Gaan dit oor ’n week of ’n maand nog saak maak? Indien nie, los dit.

Vermy sinne wat met “jy” begin. “Jy doen nie dit of dat nie …” Begin liewer jou sinne met “Ek voel … wanneer …” Dit beskuldig of veroordeel nie.

Praat oor die gedrag en nie oor die persoon nie: “Dit was nie ’n slim ding om te sê nie.” En nie: “Jy is ’n idioot om so iets te sê,” nie.

Die basis vir ’n gesonde verhouding en goeie kommunikasie, is vertroue en veiligheid. Dit skep rustige, konsekwente en toeganklike optrede én regverdige ooreenkomste met mekaar. Dan kan albei eerlik wees sonder om aangeval, veroordeel of gestraf te word.

Moenie dreig nie. En as jy dreig, doen tot die letter toe wat jy sê. Dan neem mense jou ernstig op, luister as jy praat en baklei julle nie telkens oor dieselfde goed nie.

Onderhandel vooraf met mekaar oor alternatiewe maniere van konflikhantering, soos ’n teken wat sê: Kom ons stop die gesprek nou hier, voor ons dinge sê wat seermaak en liewer kon gebly het.

Dit help dikwels om vir mekaar briewe te skryf, want woorde op papier is gewoonlik rustiger, deurdag, meer neutraal en sonder emosie. En die ander een het tyd om te dink voor hy reageer. Dit help albei om die situasie mooi te ontleed.

Kyk met een sagte, aanvaardende oog na jou huismense mét hul tekortkominge. Maar kyk met twee objektiewe oë na jouself en jou aandeel in die verskille. En verander jóú styl sodat jy nie oorsensitief oorreageer nie.

Lees ook: Waar is die vrede in jou huis?

’n Strategie wat kommunikeer en nie konfronteer nie

1 Luister net tot sy klaar gepraat het:

Luister om werklik te probeer verstaan wat die ander een sê, dink en voel. Moenie in jou kop besig wees met teenargumente, haar in die rede val, of ’n oordeel oor haar standpunt gee deur te sê dis onwaar of verkeerd nie. Moenie in die stadium jou standpunt gee of van haar verskil nie. Jou maat sal ervaar dat hy en sy mening gerespekteer word.

2 Kontroleer of jy werklik verstaan het.

“Verstaan ek jou reg, … jy dink of voel dat …” Kontroleer wat jy gehoor het, of jou afleidings, deur ’n opsomming te gee van wat sy gesê het. As jy in die kol is, sal julle die ervaring hê dat julle mekaar verstaan en werklik kan kommunikeer. En as jy verkeerd is, sal sy jou reghelp.

3 Vra vir meer inligting.

“Verduidelik vir my wat laat jou dit sê, of wat laat jou so dink? Ek is nie seker ek verstaan nie.” Met al die inligting en begrip, verander die prentjie meestal vir een of albei persone, en is dit makliker om aanpassings te maak, want niemand hoef te erken hy was verkeerd nie. Begrip vir mekaar laat mense beleef dat hulle ernstig opgeneem word en saak maak. Hierdie drie stappe voorkom gewoonlik reeds die meeste verskille. Maar as julle steeds verskil, volg die volgende twee stappe:

4 Kommunikeer begrip vir die ander persoon:

Soek iets in sy standpunt waarvoor jy begrip het, of waarmee jy kan saamstem. “Ek verstaan dat dit vir jou belangrik is, of dat jy so ’n behoefte het … Ek dink jy is reg met …” Julle het dan die ervaring dat julle met mekaar kan praat.

5 Stel nou eers jou standpunt:

“Ek verstaan jou standpunt, tog dink ek ’n mens kan dit ook anders sien,” of “Ek dink ’n bietjie anders hieroor …” en bly dan stil. Dan sal die persoon jou vra hoe jy dit sien en na jou luister. Dis jou geleentheid om jou standpunt te verduidelik. Moenie die woord “maar” gebruik nie. “Ek verstaan, máár … ” Dikwels vee “maar” alles uit wat vooraf gesê is. “Jou toets is goed, maar …”

Die strategie werk uitstekend, ás jy dit toepas. Dit verg natuurlik oefening en kom nie vanself nie. Vir die meeste mense kom dit eerder vanself om te veel te vinnig te sê. Om net rustig te luister tot iemand klaar gepraat het, is moeilik, maar die moeite werd.

Lees ook: Ek leef saam met ’n boelie!

The post Skep só vrede in jou huis appeared first on rooi rose.

Gee jou huwelik ’n tweede kans
“Hoe op aarde het dit met my gebeur? Ek kan nie glo ons gaan skei nie. Dis mos onmoontlik? Almal het gedink ons pas so goed bymekaar en ek was so seker dat ons vir mekaar bedoel is, dat ons liefde alles sal kan hanteer. Aanvanklik was ons saamwees betowerend, wonderlik. Maar daardie gevoel het met die jare vervaag en weggesyfer … Daar was al hoe minder vonkeling, intimiteit en nabyheid. Al wat meer geword het, was die irritasie, die verskille wat geskille geword het, die verwyte, die koue, kille afstand en ons verwydering … ”

As jy nie self dié soort verwydering beleef het nie, ken jy waarskynlik tientalle pare wat die doodloopstraat van kille afstand en verwyte tot by die skeihof geloop het. Dit het die teken van ons tyd geword, onafwendbaar, tensy jy betyds besef waarheen jy op pad is.

Die Amerikaanse skrywer, akademikus en huweliks- en gesinsterapeut William Doherty sê jy kan byna enige huwelik binne twee jaar vernietig deur net twee dinge te doen: Fokus gedurig op wat jy nie in die huwelik kry nie, en op die wyse waarop jou huweliksmaat nie aan jou verwagtinge voldoen nie; nie vir jou gee wat jy so nodig het, of wat jy verdien nie.

Hoe groter die obsessie met wat jy nie kry nie en op jou huweliksmaat se foute, hoe gevaarliker. En die hartseerste is dat die een wat dit doen, nie besef waarmee sy besig is nie. Nie tot dit te laat is nie. Dis ’n stadige, maar seker pad met min waarskuwingstekens dat dit ’n doodloopstraat is.

Anja* se storie

“Ek weet Jaco* is lief vir my, maar hy is so besig met sy eie dinge. As ek sê die verhouding is nie meer dieselfde nie, sê hy dis my probleem. Hy verstaan nie dat hy my nie gee wat ek nodig het nie. En hy wil nie hieroor praat nie. Ons baklei nie. Ons behandel mekaar met respek en bedagsaamheid. Hy help met huishoudelike take. Wat wil ek meer hê? Hy hoor nie wat ek regtig sê nie en maak dit af. Dis asof dit nie vir hom saak maak dat ek voel ons het twee vreemdelinge geword wat ’n bed deel nie.”

Anja het uitgetrek toe hy weier om ’n terapeut te gaan spreek. Jaco het gedink hy tree reg op: Hy drink nie, is getrou, vriendelik, ondersteunend en opbouend. Wat wil sy meer hê? Hy doen niks wat haar ongelukkig kan maak nie. Maar hy het ook min gedoen om haar gelukkig te maak.

Neem geslagsverskille in ag

John Gray, skrywer van die topverkoper Men are from Mars, Women are from Venus, skryf dat mans en vroue heeltemal verskillend kommunikeer en verskillende behoeftes het. Ons verwag dikwels van ons huweliksmaats om soos ons te dink, voel, kommunikeer of reageer.

Mans wil voel hul vroue vertrou hulle, ook met hul besluite en oordeel. As ’n vrou vir ’n man ongevraagde advies gee, voel dit vir hom sy dink hy weet nie wat hy doen nie, of doen dit nie goed of reg nie. Mans waardeer nie ongevraagde raad of kritiek nie. As iets ’n man pla, sal hy meestal daaroor loop en broei en nie daaroor praat nie.

Aan die einde van die proses, as hy ’n oplossing gekry het, sal hy die resultaat kommunikeer. Wanneer hy daaroor praat, wil hy gewoonlik hulp of raad hê. ’n Man het ruimte nodig om deur sy eie denkprosesse te werk. Om aan te dring dat hy nóú met jou daaroor moet praat omdat jy kan sien iets pla, help nie.

Vroue werk net mooi anders. Sy wil voel dat hy na haar luister en verstaan. Sy wil praat oor die dinge wat pla, haar gevoelens deel. Dis haar verwerkingsproses. As sy praat, beteken dit nie sy soek raad of hulp nie. Sy wil net verstaan word. As hy haar onderbreek en oplossings gee, voel dit of sy nie gehoor en verstaan word nie. Om te hoor: “Dis nie so erg nie, kom ons vergeet dit en gaan aan,” help nie. Inteendeel, dit laat haar voel hy verstaan glad nie en maak haar gevoelens as onbelangrik af.

Liefdesbehoeftes verskil

Gray sê ook dat mans en vroue heeltemal verskillende liefdesbehoeftes het. Sy wil voel dat hy vir haar omgee en sorg; dat hy luister, haar verstaan en respekteer; dat hy geheg is aan haar en dat sy vir hom ’n baie hoë prioriteit is. Verder wil sy die versekering hê en dikwels hoor dat hy dink sy is mooi, maer genoeg en spesiaal en dat hy haar liefhet – al die goed wat aan die begin van die verhouding teenwoordig was.

Mans het ander behoeftes en wil eerstens voel dat sy hom vertrou en aanvaar. Hy wil voel dat hy gewaardeer word vir wie hy is en vir al hy harde werk om die gesin te onderhou. Hy wil voel dat sy hom bewonder en erkenning gee vir sy beskerming en versorging van die gesin. Hy soek goedkeuring en aanmoediging.

Maar die ironie is dat dit wat vroue vir hul mans gee, eintlik hul eie behoefte is, omdat dit die taal is wat hulle verstaan. Sy wil hê hy moet praat sodat sy hom kan verstaan en begryp. Sy versorg hom goed en verseker hom van haar liefde en toewyding. Mans gee weer vir hul vroue wat hulle so graag wil hê. Hy vertrou, aanvaar en bewonder haar.

Op dié manier mis hulle mekaar en kry nie een wat hy of sy graag wil hê nie. Wat glad nie beteken dat hulle mekaar nie lief het nie. Maar gee sy vir hom wat hy wil hê, is die kans goed dat sy sal kry wat sy wil hê.

Die verbruikersmentaliteit

Ons huwelike word ook ondermyn deur die tydsgees waarin ons leef. In ’n individualistiese, ek-georiënteerde verbruikersamelewing is my geluk, belange en behoeftes al wat werklik saak maak. Ons het regte en hoef nie met die tweede beste tevrede te wees nie. As iets nie meer werk nie, herstel ons dit nie. Dit vat te veel tyd. Ons gooi dit weg en vervang dit deur iets beters. As die huwelik nie werk nie, dan skei ons maar. Vriende, familie, die media en selfs terapeute ondermyn ook dikwels huwelike met opmerkings soos: “Wat hou jou in dié huwelik? Waarom het jy nog nie jou goed gevat en geloop nie?”

Dit stroop die huwelik van toewyding en ’n verbintenis tot daadwerklike pogings om in die huweliksgeluk te belê en dit te maak werk.

Vermy die volgende slaggate op jou huwelikspad

In die volgende slaggate lê hartseer, onvervuldheid en ’n goeie kans dat dit ook jou huwelik voor die skeihof kan laat parkeer – met ’n boetekaartjie waaraan jy lank sal betaal.

Gebrekkige kommunikasie: ’n Huwelik is in die moeilikheid as huweliksmaats nie meer werklik kan gesels nie – as al die gesprekke net oor die kinders gaan en gestroop is van intimiteit.

Swak konflikhantering: Daar is konflik in enige huwelik, maar geliefdes mag nie meer oorlog as liefde maak nie. As die fokus in die konflikhantering slegs op die idees en belange van een huweliksmaat geplaas word, ontstaan daar probleme. So ook as konflik vermy word, of een party onttrek en opkrop, of as konflik ’n moddergooiery is wat nie by oplossings uitkom waarmee albei partye gemaklik is nie.

Persoonlikheidsverskille wat maak dat net die een se voorkeure in ag geneem word: “My sin vir orde en netheid is die enigste geldige reël waarvolgens dinge in die huis gedoen word.”

Die kinders kom eerste-benadering: Die grootste geskenk wat jy jou kinders kan gee, is ’n gelukkige huwelik. Die sekuriteit en stabiliteit van die huwelik gee jou kinders hul sekuriteit en stabiliteit. Natuurlik moet die huwelik aanpas om ook in die kinders se behoeftes te voorsien, maar die huwelik kan nie ter wille van ouerskap skipbreuk ly nie. Moenie toelaat dat die kinders al jul tyd opslurp nie. ’n Ma kan so maklik voel dat haar kinders haar nodiger as haar man het.

Kies weer jou huwelik

Weier om te aanvaar dat jou huwelik gedoem is tot mislukking of middelmatigheid. Dring daarop aan dat julle albei hulp kry. Om nie hulp te kry nie, is soos om nie dokter toe te gaan as jy siek is nie. Wees eerlik met jouself en begin by jouself. Aanvaar dat een mens nie aan al jou behoeftes kan voldoen nie. Maak aanpassings en gee wat hy nodig het. Kommunikeer duidelik wat vir jou onaanvaarbaar is, maar ook dat jy toegewy is aan die verbetering van die verhouding. Moenie magspeletjies speel nie.

Kies jou woorde met wysheid. Woorde breek af waar geen stok of swaard kan bykom nie. Met die regte woorde en bedoeling kan moeilike situasies omgetower word; kan jy liefhê met passie en teerheid, kan jy vrede en hemel op aarde skep. Of jy kan julle vasketting met jou eie sinisme, negatiwiteit en die verdoemenis en hel op aarde leef wat jy sien en praat.

Fokus jou energie op die resultaat wat jy wil bereik. Jy kan nie noord, in die rigting van mynhope ry as jy eintlik by die sonsee van Kaap de Goede Hoop wil uitkom nie. Op dié manier sal jou poging om te vernuwe en reg te maak, jou nie laat vassit in die modderverwyte vir alles wat in die huwelik verkeerd is nie. Negatiwiteit is aansteeklik en steel hoop, energie en die moontlikheid van verandering.

Gee wat jy wil ontvang: As jy intimiteit wil hê, gee intimiteit en raak aan hom. As jy aanvaarding wil gee, aanvaar hom en waak teen kritiek. As jy liefde, respek of geduld wil hê, gee dit.

Aanvaar jou maat met al sy eienaardighede en tekortkominge wat nie kan verander nie. Moenie hom immer kritiseer en probeer verander nie. Vergewe sy foute. Vergifnis is die sement van ’n verhouding. Moenie dinge so erg persoonlik opneem en kritiek in elke opmerking lees nie.

Kommunikeer jou behoeftes duidelik en maak seker wat syne is. Moenie aannames maak nie. Jy neem dalk te maklik aan dat hy die lewe en probleme soos jy behoort te sien, of moet voel soos jy voel. Of dat as hy regtig omgee, hy behoort te weet wat jy wil hê en hoe jy wil voel. En dan glo ons boonop dat ons reg is en verdedig ons standpunt en verontregting. Kyk ’n bietjie deur sy oë en wys dat jy luister.

Neem verantwoordelikheid vir jou eie huweliksgeluk. Moenie jou ouers, kinders, werk, of jou huweliksmaat vir jou ongelukkigheid kwalik neem nie, want so bly jy ’n slagoffer wat uitgelewer is aan ander se invloed op jou geluk en huwelik.

Maak jou huwelik ’n prioriteit waaraan jy baie tyd en nadenke bestee. Ons beplan en stel doelwitte vir ons loopbaan, finansies en selfs vir ons aftrede, maar laat na om dit ook vir ons persoonlike groei, spiritualiteit en verhoudings te doen.

Koester jul liefdesrituele: Doen weer die dinge wat julle na mekaar toe aangetrek het en na aan mekaar laat voel het: Gaan alleen uit, fliek, dans, eet by kerslig, gesels, stap … Doen moeite om spesiale dae en geleenthede te vier. Gesels oor hoe julle jul sekslewe opwindender kan maak.

Geniet en waardeer die goeie wat jy het. Sien sy pogings raak en gee erkenning vir wat hy vir jou doen en gee, al is dit nie volmaak nie.

Lees ook: Huis, paleis, aftree-oord… 8 dinge wat jy moet weet

The post Gee jou huwelik ’n tweede kans appeared first on rooi rose.

Jawaahier Peterson gesels oor haar pa, Taliep
Jawaahier se stiefma, Najwa, is in 2009 tot effektief 28 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op die geliefde musikant Taliep Petersen. Maar Jawaahier Petersen wil eerder die nalatenskap van haar pa vier as om in die verlede te leef. Sy geniet haar gate uit op die verhoog saam met Nedine Blom met hul vertoning Jaloersbokkies, wat onder meer die musiek van haar pa laat herleef.

Regter Siraj Desai het die moord op Taliep as slinks en wreed beskryf en al het Najwa drie mans gehuur om die moord te pleeg, was sy aktief betrokke.

Die hofsaak, waarin Jawaahier moes getuig, was vir die Petersen- familie en ses kinders traumaties. Sy het getuig hoe Najwa haar pa agt maande voor sy dood met ’n mes in die nek gesteek het terwyl sy in die huis was.

Haar susters, Natasha, Aeesha en Fatima, en broer, Ashur, was saam met haar daar vir die uitspraak. Hul biologiese ma is die oud-sangeres Madeegha Anders wat destyds in Taliep se produksie van District Six opgetree het.

Jawaahier wens so ’n ervaring vir niemand toe nie. Sy glo net iemand sonder ’n hart kan so ’n daad beplan. Maar selfs al sou haar stiefma drie lewensvonnisse gekry het, sal dit nie haar pa terugbring nie, sê sy. Vergifnis is ’n moeilike ding om aan te werk en sy het besluit om liewer op haar rouproses te konsentreer en om positief aan die toekoms te werk.

“Die invloed wat my pa se dood op my lewe gehad het, is so deurslaggewend soos die rol wat hy in sy leeftyd in my lewe gespeel het. ’n Deel van my voel dat sy dood ’n byna groter rol gespeel het.”

Die omstandighede van haar pa se dood, die skielike skok, die media-histerie en uitgerekte hofstryd het sy tol geëis, vertel sy.

“Ek was twintig toe hy vermoor is. Ek was ’n sorgvrye jong meisie, het ’n TV-reeks aangebied en was in my derde jaar op universiteit. Presies ’n maand later op my 21ste verjaarsdag, was ek ’n volwassene, nie net wettig nie, maar ook emosioneel. Ek was terdeë bewus van die lelikheid van die wêreld en my vertroue in die mensdom het verdwyn.”

Die hartseer was fisiek pynlik en sy het baie gewig verloor. Sy het aan post traumatiese stresversteuring gely en met angs en depressie gesukkel. Maar as die oudste kind, die “tietie”, soos hulle haar noem, moes sy die rol van ondersteuner vir die ander inneem.

“Gelukkig het my pa my sterk grootgemaak. Ek sê dikwels hy’t my soos ’n man grootgemaak. Met breë skouers waarop ander kan steun. Ek is baie soos my pa. Hy was ook die steunpilaar van sy broers en susters en geliefdes.”

Om haar pa te verloor was soos om haar ruggraat te verloor.

“Ek kon nie opstaan nie. Ek het mondig geword, drie keer gegradueer, is getroud, het twee kinders gehad en het soveel ander belangrike ervarings in my lewe gehad. En dit sonder my pa. Daar gaan nie ’n dag verby dat ek nie wens hy was hier nie. Ek bid vir hom en wens hy kon sien watter soort mense sy kinders geword het.

“Ek het baie vinnig grootgeword. Baie mense sukkel om te glo dat ek net dertig is. Dit is wat trauma aan ’n mens doen. Ek moes perspektief kry en leer om op ’n jong ouderdom groot lewensbesluite te neem.”

Weens die publisiteit van die moordsaak moes sy leer om dikvellig te wees. Koerante het daagliks hul familie se private sake bespreek, en mense het in die openbaar simpatiek na hulle gestaar.

“Ek kon nie meer in die kollig leef nie en het as aanbieder van die TV-reeks bedank.”

Die Petersens het ’n ruk lank finansieel swaargekry omdat Taliep se boedel gevries was en Madeegha moes skielik alleen die kinders versorg.

Vir Jawaahier was die vreugde van die lewe verby.

“Dit was moeilik om pret te hê met ’n moordverhoor dreigend oor ons koppe. Ek was ’n getuie by die verhoor en my lewe was in daardie tyd soveel anders as my sorgvrye klasmaats s’n.”

Dit is tien jaar sedert sy dood en sy kry steeds ’n knop in die keel as sy dink hoe ver hulle as ’n gesin gekom het.

“Elkeen van ons treur nog soms oor hom, en elkeen doen dit anders, maar ons het ook elkeen hoogtes bereik wat ons nooit gedink het moontlik sal wees nie.”

Elkeen het persoonlike mylpale bereik wat hulle wens hul pa kon beleef en hulle het geleer om mekaar te “lees”.

“Ons weet as die ander een ’n ‘Ek mis Daddy’-oomblik beleef. Om hom te verloor het ons nader aan mekaar gebring en ons het op mekaar geleun as ons voel ons wil omval. Ons het ’n week ná sy dood almal in dieselfde kamer geslaap.”

Sy voel geseënd om een ​​van ses kinders te wees want daar is altyd iemand wat verstaan ​​hoe jy voel.

“My pa het dit ‘Die krag van ses’ genoem. Op die dag van sy dood, het hy ons ’n verdrag laat sluit dat ongeag waarheen ons in die lewe wil gaan, ons nie ’n broer of suster sal agterlaat nie … As een gaan, gaan almal.”

Hulle kan nou al grappe maak oor hul pa, snaakse stories vertel en na ou reekse en video’s van hom kyk sonder om in duie te stort.

“Ons kan sy lewe vier sonder om by die tragedie vas te haak.”

Om aan te beweeg was vir haar ’n onstuimige rit, maar sy het haarself gedwing om deur te druk.

“My werk as ’n maatskaplike werker het gehelp omdat dit my aan ander se swaarkry blootgestel het. Ek word so geïnspireer deur die volharding en krag van die mense saam met wie ek werk dat ek al sterker geword het.”

Dit is vir haar ongelooflik genesend om met die Jaloersbokkies haar pa se musiek te kan sing . Sy voel dat sy ’n rol speel om sy nalatenskap lewend te hou en om op sy lewe eerder as sy dood te fokus.

“Ons sal hom altyd mis en vir hom bid. Ons wonder hoe die lewe sou wees as hy nog gelewe het, maar ons troos onsself met die wete dat hy trots sou gewees het op wat ons nou doen. Hy het baie hoë standaarde aan almal van ons gestel. Hy het persoonlik en polities in ’n uitdagende tyd grootgeword en wou gehad het sy kinders moet bereik wat hy nooit kon regkry nie.”

Toe sy by die Universiteit van Kaapstad aanvaar is, het Taliep haar universiteit toe geneem en saam met haar gestap toe sy die eerste lesing vir oriëntasie moes bywoon.

“Toe ek die Golden Key vir akademiese uitnemendheid ontvang, en toe ek my eed as ’n maatskaplike praktisyn in Jameson Hall moes aflê, was hy baie emosioneel. Hy het gesê: ‘Al die jare was my mense uitgehou uit die plek en hier is my dogter nou. Ek kan dit nie glo nie.’

“Ek was baie na aan hom en ons het ’n goeie verhouding gehad. Ek kon letterlik met hom oor enigiets praat, selfs oor persoonlike girly stuff. Hy was so wys. Maar ek het hom eers ná sy dood waardeer en sy manier van doen verstaan.”

Onderwys was vir hom belangrik. Op laerskool het sy altyd uitgesien na die “geskenk” wat sy kon kies as sy met onderskei-dings geslaag het en elke keer het sy gekies om saam met hom by een van sy konserte te sing.

“My pa was altyd stiptelik en het almal met dieselfde respek behandel, ongeag hul sosiale status. Hy het ons geleer ons woord is ons eer en om altyd daar te wees vir jou familie. Hy het ons ook geleer om nooit aalmoese te verwag nie, na uitnemendheid te streef en dat ek nooit verskonings oor my ras, geslag of godsdiens hoef te maak nie. Ek moes net harder werk.”

The post Jawaahier Peterson gesels oor haar pa, Taliep appeared first on rooi rose.

Om te vergewe
Hul gesteun en gekreun het in onaardse geluide ontaard en projektielbraking was aan die orde van die chaotiese oomblik. Skuim het om hul monde begin staan. Die grootmense het Boontoe geroep en van die predikante het prewelend duiwels begin uitdryf.

Terwyl geliefde vriende en nuwe kennisse en kollegas rondom my geval het, het ek en net ’n handjie vol ander wonderbaarlik staande gebly en die verskrikking aanskou. Ek het aan “duisende val om my …” gedink; aan Daniël in die leeukuil aan Sadrag, Mesag en Abednego in die oond. Waarom sou ek aan dié verskrikking ontkom? Was ek ’n uitverkorene?

Net toe ek oortuig is dis ’n hoër roeping, verklaar ’n dokter ’n paar uur later tussen kinders wat Umtata se hospitaalgange vol lê en van die dominees wat steeds verbete die besetenheid besweer: “Dis voedselvergiftiging.”

Dit was ’n wintervakansie op hoërskool. Van heinde en ver het skoolkinders skoolbusse volgepak om in die Transkei op ’n sendingstasie naby Umtata te gaan help arbei. Buiten om Koringkorrel-kaartjies met Bybelversies daarop in houertjies te pak vir verspreiding, het ons hoofsaaklik godsdiensliedjies gesing, gebid en tot bekering gekom. En potensiaal onder die ander skole se kinders getakseer en geëet.

Want ten spyte daarvan dat ons deurentyd diep onder die indruk van ons afvalligheid gebring is, was die vleeslike nie vergete nie. Buiten die hormone wat deur ’n skaar tieners se are gebruis het, was almal heeltyd honger.

Ons het in skofte gewerk: of Koringkorrels pak of kosmaak. Vir drie etes op ’n dag waarvoor honderde, hongerige kinders in rye val, het dié op kombuisskof deur tonne kos in die sendingstasie se kombuis gewerk.

Ná die beproewing waartydens daar genadiglik nie lewensverlies was nie, het die grootmense die kos se gang ontleed en tot die slotsom gekom dat die pynappelslaai in die sinkskottel met die laaste ete die derduiwel was. Dit was nie Satan nie, maar een van salmonella se trawante: ’n Chemiese reaksie is deur die verbinding tussen suur en sink aan die gang gesit met skrikwekkende nagevolge. Dit het my ook oor my “uitverkorenheid” laat besin. Ek het ontkom omdat ek van die laastes in die ry was en die skottel áf-slaai toe al op was.

Tot vandag toe nog het ek wonderbaarlik ten spyte van blootstelling aan baie soorte kos en kosgeleenthede aan voedselvergiftiging ontkom. Geluk en genade, maar gewis ook omdat ons pa banger vir bedorwe kos was as wat die duiwel vir ’n slypsteen is.

’n Vrees vir goed wat “gif getrek” het, is by ons ingeskerp. Buiten om ons doodbang vir bedorwe kos te maak, het hy ons pret bederf. Met sy vermaninge oor “giftrek” het hy ’n diep agterdog oor verversings by ons gewek: “Moenie hoender op ’n troue eet nie. Ook nie vis op ’n funksie nie of vissmeer of sardientjies op ’n kosbliktoebroodjie nie. Ook nie kos uit ’n blikkie nie. Dit het gif getrek. Ook nie kos wat onder die ligte lê in ’n kafee nie. Dís nou waar die kieme broei.” Heel jammer het hy en my ma dikwels kos wat ’n billike honger kon stil vir die hond uitgekrap as daar net ’n sweempie van kommer oor die bruikbaarheid daarvan was. Die inval van die bederf-brigade is wat elke kok en eter vrees.

As hy kon, sou hy soos oudae se konings vir elkeen van sy brokkies ’n proekneg aanstel om eers ons kos te toets, want buiten kos wat “gif trek”, is daar ander kos wat “skoon, heilige gif ís”, het hy vermaan. “Paddastoele. Daaraan sit jy nie jou mond nie.” Ons het hom maklik geglo, want die ander naam vir ’n sampioen was hoeka “duiwelbrood”. Ons is ook die peperbome se pienk trossies en die rosyntjiebome se bruin trossies bessies verbied. Boomgom was darem in orde. Ons het gehoor van die jong tuinier wat in Jan van Riebeeck se tyd van die nuutaangeplante wildeamandelbome se eerste vruggies geëet en gesterf het en ons het ook gehoor van Daisy de Melker. Asof die natuurlike aanslag van kieme en giftige aard nie erg genoeg was nie, word die “gif in die koffie” ingeroer met die bedoeling om te moor. Die gevreesde Daisy de Melker, een van Suid-Afrika se bekendste moordenaars, het met strignien die mans in haar lewe wat haar aanstoot gegee het, een vir een afgemaai. Niksvermoedend het haar eggenote en seun nie die amandelgeur van strignien in hul kos en koffie as dodelike wolwegif geëien nie en hulle letterlik doodgeëet.

Dit was juis om dié soort moordenaars te fnuik, dat daar aan die koninklike howe van oudae ’n spesiale diens-kneg was wat eers die koning se kos moes proe voordat Sy Hoogheid kon weglê. Elke etenstyd was die stomme kneg met die proetaak se lewe in gevaar net sodat die koning langer kon leef. Was dit snelwerkende gif waarmee ’n vyand van die koning – dikwels met behulp van die kok – sy kos vergiftig het, het die proekneg omgekap voordat die koning die kos geëet het. Was dit klein dosisse gif wat tydsaam die koning moes laat sterwe, is die proekneg ook daaraan blootgestel en sou hy dus min of meer dieselfde tyd as die koning doodgaan wat dan die oorsaak van die koning se dood – voedselvergiftiging – sou bevestig. Dieselfde taak moes die chef de gobelet met die koning se drinkgoed verrig. Kelk vir kelk moes hy proe en sodoende sy lewe waag om die koning s’n te spaar. Anders as talle proeknegte en konings het ons ons kos oorleef.

Metterjare het ek ten spyte van die vrees wat ons ingeboesem is, versot geraak op eksotiese sampioene, aromatiese pienk peperkorrels en agtergekom kos kan maar uit blikkies geëet word. Daarby het ek op allerhande kosse afgekom wat nooit my pa se toets vir varsheid of geskiktheid vir menslike verbruik sou deurstaan nie. En trou aan die Wet op Verbode Vrugte, het ek op sommige daarvan versot geraak.

“Muf” of “skif” en “konkoksie” en “brousel” is in kosterme ongewens, terwyl werkwoorde soos “stook,” “brou”, en “trek” verdag klink met ’n toonaard wat koverte bedrywighede suggereer – asof die Skerpioene graag hul angel sou wou inslaan – is dit juis dié prosesse waarmee dié onkonvensionele fynkos geskep word.

Al sit ek nie my mond aan tamatie- of Worcestershiresous nie, is ’n woeste sous wat as die oermoeder van vandag se geursouse gereken word, se direkte afstammeling ’n geurgenie wat ek in my kombuis loslaat wanneer ek Oosterse geregte berei. Om die antieke Romeine se garum of liquamen te maak, word klein vissies soos mulvisse, sprotte, ansjovisse en makriel en groot visse se binnegoed met speserye, asyn en sout gemeng en in die son gelos om te masereer. Daarna word dit ’n bietjie verwerk en as geurmiddel gebruik. Dié sous se nakomelinge wat “trassi”, “blachan”, “kapi” of “balachaung” genoem word, laat jou sidder wanneer jy die potjie oopmaak. My Mariella-kind het aan die huil geraak toe sy dit die eerste keer ruik en sien ek roer dit in die Nasi Goreng in waarna sy so uitgesien het. Maar soos dit afkook en met die ander bestanddele versoen, verleen dit ’n onbeskryflike diepte en ’n rykheid van geur.

Dis ook die ingewikkelde geur van goeie skimmelkaas soos die Franse Roquefort en Engelse Stilton waarmee jy my kan omkoop. Nóg ’n lekkernytjie wat vir sommige mense aanloklik en vir ander afstootlik is.

In die volksmond is dit “vrotkaas” en op ander palate is dit fynkos. ’n Besondere soort blougroen skimmel gedy in ravyntjies op die kaas se oppervlak en in are wat soos die neerslag van edelgesteentes deur die kaas kronkel. Ware Roquefort word in die dorpie Roquefort in die Franse Saint-Affrique-distrik tussen Mei en September van skaapooimelk gemaak. Om tot wasdom te kom, word dit in gunstige omstandighede in die klam grotte in die Causses-streek vir minstens ’n jaar rypgemaak voordat dié verruklike kaas se romerige tekstuur en besondere geur goed genoeg na fynproewers se smaak ontwikkel het.

Muf – wat andersins kos se doodsvonnis is – is juis die werking wat aan Roquefort sy uitsonderlike aard gee. Die wrongel word met gedroogde, verpoeierde brood gemeng en daarin gedy dié kultuur wat dié kaas so geurig maak.

’n Ander voorbeeld van “vrot” wat in “verruklik” verander, is die Chinese se “duisendjaareier”. Eiers word met potas bedek en dan moet iemand volgens tradisie honderd dae lank daarby waak sonder om te skinder of met ’n vreemdeling te praat.

Dié onthouding is vir mense só moeilik dat die honderd dae soos duisend jaar voel – vandaar die naam. Terwyl gewone eiers al met ’n swawelslag ontplof het, word hier ’n gedaanteverwisseling voltrek. ’n Sonderlinge geur en tekstuur wat ’n aanwins vir die kosskat is, ontstaan danksy die regte omstandighede en die tyd se gang.

Uit ’n ramp wat die wingerd tref wanneer die botrytis cinerea-swam die druiwe muwwerig aantas, kan met geluk en in gunstige omstandighede van die kosbaarste wyn gemaak word. Uit die verrotte, verrimpelde korrels se gedaanteverwisseling kom ’n goue, soet nektar wat bewerkstellig is deur alle noodsaaklike fases wat voltrek is.

Vanweë my pa se leringe om van gifkos af weg te bly, is ek aangegryp deur die gedaanteverwisseling wat kan plaasvind sodat iets wat vir die vullisblik bestem is, kan veredel tot iets gesogs. Mettertyd het ek agterkom dit gebeur nie net met kos nie, maar met mense ook. Ons het almal die elemente in ons om áf te raak, die geneigdheid om mislik, afstootlik en walglik, selfs giftig te wees. Net reg vir die vullishoop – tensy ons toelaat dat ’n edeler proses in ons voltrek word sodat ons ryp raak, gedy en tot wasdom kom en in plaas van vrot, verruklik raak.

The post Om te vergewe appeared first on rooi rose.

70 x 70 keer
Moet my nie met Liewe Jesus verwar nie. Ek vergewe nie,” het die sanger Steve Hofmeyr glo gesê nadat hy ’n koppie tee in die redakteur van Huisgenoot se gesig gegooi het. Nóg ’n bekende wat klaarblyklik worstel met vergifnis, is Mogamat Ladien Petersen, pa van die vermoorde kunstenaar Taliep Petersen. Petersen snr. het dit in ’n onderhoud duidelik gemaak dat hy nóóit vir Najwa (Taliep se vrou, wat skuldig bevind en gevonnis is weens sy dood) sal vergewe,nie. “God vergewe ’n mens, maar nie ek vir haar nie. Nêwwer,” het hy glo gesê.

Die Ou-Testamentiese beginsel van “’n oog vir ’n oog en ’n tand vir ’n tand” is baie keer die reaksie van iemand wat te na gekom is. Ons soek vergelding; dat iemand sal boet vir wat hulle aan ons gedoen het; ons wil hulle “terugkry”, of ten minste darem hê dat “die wiel vir hulle sal draai”. Maar só ’n gesindheid kan lei tot gevoelens van haat, woede en bitterheid, wat mettertyd só deel van jou lewe kan word dat dit jou hele persoonlikheid verander.

JOHAN MARAIS (41)* se enigste seun is in 2004 in ’n motorongeluk dood. Die bestuurder van die ander voertuig is in hegtenis geneem en van ’n rits oortredings aangekla. Johan was kort ná die ongeluk op die toneel en het leë drankbottels in die ander voertuig gesien. Hy het ook gesien hoe die polisie dagga as bewysstuk uit die voertuig haal. Die bestuurder van dié voertuig was volgens Johan duidelik besope. Twee jaar later het die man – ná ’n uitgerekte hofprosedure – skotvry daarvan afgekom. Sy regspan het die saak op ’n tegniese punt gewen.

Johan se haat vir die beskuldigde en sy regspan, en sy bitterheid jeens die regstelsel wat hy voel hom gefaal het, oorheers die afgelope vyf jaar sy lewe.

“Die dronklap het my kind vermoor. Ek sal nooit sy arrogante glimlag na my kant toe vergeet toe die regter hom vrygespreek het nie. Ek lê snags wakker en wens iets verskrikliks moet met hom of met sy advokaat, of hul kinders gebeur.”

Die hofsaak – en Johan se daaropvolgende pogings om teen die uitspraak te appelleer, en ook om van die polisielede wat met die saak gewerk het, te laat vervolg – het hom finansieel verarm. Sy huwelik is aan die wankel en sy gesondheid ook. Uiteindelik het hy by ’n Christelike berader beland.

“Sy wil hê ek moet die vergifnis-ding doen, maar ek kan nie,” sê hy.

Wat is vergifnis?

Kortliks beteken dit dat die Bybelse opdrag van “sewentig maal sewe keer” (Matt 18:21-22) nie noodwendig verwys na hóéveel keer jy moet vergewe nie, maar eerder: vergewe totdat jy heeltemal vergewe het.

Die geestelike skrywer Solly Ozrovech het dit so mooi gestel toe hy sê:

“Om iemand te vergewe wat jou leed aangedoen het, is om die krag van sy venyn te verbreek.”

In William P. Young se topverkoper The Shack worstel die hoofkarakter ook met sy gevoelens teenoor die man wat sy dogtertjie ontvoer, onsedelik aangerand en vermoor het. In een toneel stel die God-karakter dit baie treffend:

“Forgiveness is not about forgetting, Mack. It is about letting go of another person’s throat.”

Wat is vergifnis nié?

Voor jy kan begin om vergifnis te verstaan, is daar ’n paar dinge wat ons moet weet wat vergifnis nié (noodwendig) is nie, sê Ray Pritchard, skrywer van talle geestelike boeke. Dit is dikwels hierdie wanopvattings oor vergifnis wat maak dat mense sê dis vir hulle onmoontlik om te vergewe, sê hy.

Dit beteken nié

-om goed te keur wat iemand anders gedoen het nie

-om voor te gee dat die kwaad nooit gebeur het nie

-om verskonings te maak vir ander mense se slegte gedrag nie

-om die kwaad te regverdig sodat sondeop die een of ander manier minder sondig word nie

-om mishandeling oor die hoof te sien nie

-om te ontken dat ander probeer het om jou weer en weer seer te maak nie

-om te weier om ’n klag te lê wanneer ’n misdaad gepleeg is nie

-om te vergeet van die onreg wat gepleeg is nie

-om voor te gee dat jy nie seergemaak is nie

-dat julle weer vriende moet word nie

-dat daar ’n algehele versoening moet plaasvind asof niks ooit gebeur het nie

-dat jy vir die persoon moet sê dat jy hom of haar vergewe het nie

-dat al die negatiewe gevolge van sonde gekanselleer word nie

-dat jy die verhouding moet herstel tot wat dit voorheen was nie

KAREN JONKER* is ’n goedversorgde vrou in haar veertigerjare. Sy, haar man en twee kinders woon op ’n plattelandse dorpie. Hulle het ’n groot vriendekring gehad. Haar man het ’n goeie werk gehad en hulle het ’n taamlik weelderige lewe gelei. Twee jaar gelede het haar man ’n groot saketransaksie met ’n ander sakeman – wat ok deel van hul vriendekring was – beklink.

Skaars ’n paar weke later het hulle agtergekom dat dié man hulle net gebruik het om hom uit ’n geldelike verknorsing tered. Karen-hulle het alles verloor. Hul “vriend” is kastig gelikwideer, maar hy het sy besittings versprei sodat niemand ’n hand daarop kon lê nie. Hy woon steeds in sy groot huis, ry in sy luuksemotors en doen flink sake op die dorp. Boonop het hy en sy vrou die situasie omgedraai en vertel nou dat Karen se man ’n “dom sakebrein” het en dat dit sy verdiende loon is omdat hulle “skelm” wou wees.

“Soms sit ek in my motor voor die Spar en ek weet nie hoe ek hier gaan uitklim en mense in die oë gaan kyk nie,” sê Karen.

“Ons het geen sosiale lewe nie, want oral waar ons kom, loop ek in Tony* of sy vrou of hul vriende vas. Ons word uit die hoogte aangekyk en dit laat ons net weer al die seerkry en vernedering van voor af beleef.”

Ek wil maar ek kan nie

Opregte berou van die ander party (in woord én in daad) is in baie gevalle die een enkele faktor wat die stap tot vergifnis baie vergemaklik, sê die kenners. Aan die ander kant kan ’n onwilligheid om berou te toon ’n groot struikelblok in die pad van vergifnis plaas. As die “oortreder” boonop steeds op ’n hooghartige of uittartende wyse optree, voortgaan om dieselfde aan ander mense te doen, of lyk asof hulle van krag tot krag gaan, kan dit tot onherstelbare skade lei en groot bitterheid tot gevolg hê.

Christene wat kies om te vergewe, het soms die beste voornemens totdat hulle weer deur die “oortreder” se teenwoordigheid gekonfronteer word, of totdat ’n struikelblok – wat direk of indirek met die voorval verband hou – opduik.

Joyce Meyer, bekende prediker en skrywer van geestelike boeke, sê jy kan al die regte besluite neem, maar vir lank steeds nie baie anders “voel” teenoor die ander persoon nie. Maar dis hier waar jou geloof jou deurdra. Jy het jou deel gedoen, en nou wag jy op God om sy deel te doen: naamlik om jou seerkry te heel. Slegs God het die krag om jou gevoelens teenoor die ander persoon te verander – nie jy of ’n wilsbesluit wat jy op eie stoom geneem het nie. Maar dit neem tyd!

Een van die eerste stappe om te doen, is om doelbewus op te hou tob oor die onreg wat jou aangedoen is en die pyn en lyding wat dit veroorsaak het. ’n Mens kán kies om nie meer heeltyd in jou gedagtes dit wat jou aangedoen is, te bly herhaal nie. Dit is nie maklik nie, maar ook nie onmoontlik nie. “Dit gaan nie oor vergeet nie, maar oor ’n sinvolle manier van onthou – onthou met die oog op herstel, op nuwe lewe,” sê geestelike skrywer Johan Smit.

Maar hóé?

Kenners is dit eens dat vergifnis ’n leefwyse moet word. Dit is nie iets wat sommer net eenmalig, byvoorbeeld in ’n ritueel, afgehandel kan word nie. Elke keer wanneer jy deur haat, bitterheid of selfbejammering oorval word, moet jy opnuut bely dat jy wil vergewe. Meyer gaan selfs so ver om te sê dat jy diegene moet seën wat jou kwaad aangedoen het.

Praktiese raad

Pritchard gee dié raad:

-Groet jou vyande eerder as om hulle te vermy. Jy ontwapen hulle deur te doen wat hulle die minste verwag.

-Doen goed aan jou vyand. Dit beteken om verby jou pyn en hul gemeenheid te kyk en hul menslikheid raak te sien; om te verstaan dat daar iets binne hulle verdraai is wat veroorsaak dat hulle doen wat hulle doen. Om goed te doen, beteken om dinge te doen wat hul genesing sal bevorder.

– Weier om kwaad te praat van jou vyande. Solank ons aanhou praat oor hoe ander ons seergemaak het, sal ons nooit die krag kry om te vergewe nie.

-Dank God vir jou vyande. Jou vyand kan jou nie treiter sonder God se toestemming nie. Agter jou vyand staan die hand van God. En Hy sal dit nooit toelaat as Hy nie bedoel het om iets goeds uit die situasie te laat voortkom nie.

-Bid vir jou vyande. Vra God om hulle te seën. Vra dieselfde seën vir hulle as wat jy wil hê God moet vir jou doen.

Vangplekke

Moet tog nie aan vergifnis dink as ’n eie prestasie nie, waarsku Smit, anders is jy besig met “’n stukkie skynheilige toneelspel”.

Wanneer die ander party se oortreding aan jou ’n soort geborgenheid besorg, ’n gevoel van ek-is-beter-as-hy-want-ek-het- nie-aangevang-wat-hy-aangevang-het-nie, moet jy eerlik besin oor die motief vir jou sogenaamde “vergifnis”. Talle Christene wat uit hul slegte ondervindings ’n verdieping in hul geloof ondergaan het, verkies deesdae om openbare getuienisse te lewer oor die onreg wat hulle aangedoen is en hoe hulle dit met die hulp van God verwerk het. In hul getuienisse in die media, van die verhoë af en teenoor ander mense, warm hulle keer op keer die “skuldige party” se oortredings van voor af op. Hulle predik vergifnis, maar is uitstekende boekhouers van die kwaad.

Watter kans het hierdie “oortreder” – wat dalk diepe berou het oor wat hy of sy gedoen het – om werklik die gebeurtenis agter die rug te sit? Die een wat vergeef het, maak seker dat niemand vergeet presies wátter onreg die ander party gepleeg het nie. Hier kan ’n mens nie anders as om na oudpresident Nelson Mandela se voorbeeld te verwys nie. Hy het nooit nodig gehad om van verhoë af in detail te verkondig presies wátter dade hy die vorige regering vergeef nie. Hy hoef nie detail te gee of mense of gebeure herhaaldelik by name te noem nie. Hy het vergewe. En die manier hoe hy dit doen, het hom byna tot ’n heilige op die gebied van vergifnis verhef.

Nie op eie houtjie nie

Moenie vergifnis alleen probeer aanpak nie,” sê Smit. “Jy gaan misluk. Bybelse vergifnis is menslik onmoontlik.” Maar God kán. En saam met Hom kan jy ook. Om te vergewe is dalk net die kronkelpaadjie wat jou uit daardie slegte plek waar jy beland het, kan lei. Dis nie ’n maklike pad nie – dis in Pritchard se woorde “’n hoofweg waarlangs jy elke liewe dag stap. Maar daar is vryheid en genesing en heelheid vir ié wat dit waag om die reis aan te pak”.

The post 70 x 70 keer appeared first on rooi rose.

Vergifnis, die enigste genesing vir ’n tragedie
Die 18de Julie 2002 het soos enige ander dag begin vir Jenny Viljoen, ’n opgeleide Vanderbijlparkse pastoor en berader. Sy het haar dogter by die skool gaan aflaai en na die gemeente waar sy gewerk het, gery vir ’n vroegoggend-biduur. Haar man, Henna (toe 44), ’n konstruksiewerker, is reeds kort ná sesuur weg om werkers in die swart woonbuurt te gaan oplaai.

Toe Jenny by die kerk opdaag, het haar kollegas en haar swaer, destyds die polisiehoof in Vereeniging, haar ingewag. Hulle het skoknuus gehad: vyftien minute nadat hy by die huis weg is, is Henna trompop by ’n stopstraat doodgeskiet. Later sou dit blyk dat dit deel van ’n bende-inlywing was. As Jenny se dogter nie daardie oggend daarop aangedring het dat hulle ’n ander pad skool toe ry nie, sou ma en dogter van die eerste mense op die moordtoneel gewees het. “Die Here het ons dit gespaar,” onthou sy.

My eerste onderhoud met Jenny was in 2004, twee jaar ná Henna se dood. Haar lewensblyheid en warmte was opvallend, al kon sy daardie onheilsdag nog goed onthou.

“My eerste woorde was dat ek nie die krag gehad het om daardeur te gaan nie. Tog het ek myself ook dadelik hoor sê dat ek, ondanks alles, steeds die Here sou dien. Ek glo dit was die krag van God. Hy het gehoor ek sê ek sal dit nie kan doen nie, en Hy het my woorde dadelik gekorrigeer. Hy het geweet ek sou daardeur kón gaan.”

Sy onthou hoe duisende gedagtes deur haar kop gemaal het, soos of Henna in die bittere koue sy trui aangehad het, hoe sy hul kinders (destyds in graad 12 en 24) sou moes vertel.

“En natuurlik wou ek weet hoekom juis hy. Hy was dan ’n kind van God. Maar toe onthou ek dat Henna altyd gesê het hy wil nie ouer as veertig word nie. God het hom vier ekstra jare vir ons gegee.” (Later het sy ook onthou dat hy die week voor sy dood dikwels gesê het hy wil graag by God wees.)

Sy was nooit kwaad vir God nie, sê Jenny, maar sy wou tog weet hoekom haar gebede om haar man te beskerm, dan nie beantwoord is nie. “Ek het immers elke dag die bloed van Jesus oor hom afgebid.” Toe sy haar kinders die skoknuus vertel, het sy dit benadruk dat hulle almal die moordenaars moes vergewe ter wille van die gesin se langtermyn emosionele welsyn.

“Ons seer was onbeskryflik, maar ons moes hulle vryspreek, dit was makliker gesê as gedaan. ’n Mens se wil bots dikwels met dit wat die regte ding is om te doen.”

Jenny se besluit om nie op enige manier by die ondersoek na Henna se dood betrokke te raak nie, en ook nie die verhoor van sy moordenaars by te woon nie, sal baie mense dalk laat frons, maar vir haar was dit die regte ding om te doen. Sy glo dit sou geen doel dien nie, en dat dit net onnodige pyn sou veroorsaak.

“Ek weet mos ek gaan my man eendag weer sien,” sê sy met ’n breë glimlag.

Sy weet nou, tien jaar ná Henna se dood, glad nie wat intussen van haar man se moordenaars geword het nie, maar sy bid steeds vir hul siele.

“Ek kan dit nou met my hele hart doen, anders as aan die begin toe ek dit gedoen het omdat ek geweet het dit is die regte ding om te doen. Nie dat dit beteken ek wil nou saam met hulle gaan vakansie hou nie, hoor.”

Jenny glo onwrikbaar dat God genees en dat jy Hom moet vertrou vir genesing, maar sê ook dat dit ’n mens se eie keuse bly of jy wil voortgaan en genees, en of jy in die pyn van onvergifnis wil bly leef. Die dekade sedert die moord was nie aldag maklik nie. “Natuurlik het ek ook soms gevoel die Here het my vergeet. Ek het, met respek, gevoel soos Jesus seker die aand voor sy kruisiging moes gevoel het. Ek het bloed gesweet, maar my oog op die einddoel gehou. Vergifnis is iets wat jy nou moet doen ter wille van wat ná die aardse lewe op jou wag. Ek het geleer dat dit maklik is om te sê ek vergewe, maar dat dit iets heeltemal anders is om vergifnis te lééf. Dis nie ’n gerieflike situasie nie, as ek dit so kan stel. Maar dis beslis ook nie onmoontlik nie.”

Vergifnis het haar ook nie gevrywaar van al die normale emosies, soos ontkenning en woede, wat saam met ’n geliefde se dood gaan nie. Sy was woedend omdat hy gesê het dat hy wou sterf en omdat hy daardie oggend juis daardie pad gekies het.

Voel sy ná ’n dekade steeds positief oor vergifnis?

“Beslis! Maar ek het ook sedertdien geleer dis ’n proses, ’n massiewe ding, ’n keuse wat jy oor en oor maak. Ek het dit destyds onmiddellik gedoen, want ek het geglo dis wat God van my verwag. Maar elke keer as ek hoor van iemand wat doodgeskiet word, spring daar steeds maar ’n ding in my op, want ek weet wat wag op die familie. Jy ken die chaos, die pyn, die ‘wat as’ … ”

Tog, sê sy, sy haat steeds nie. “God het elke mens met ’n gewete geskape en ek weet Henna se moordenaar se gewete sal hom iewers aankla.”

Jenny glo onwrikbaar in die krag van woorde. “Dit staan so in die Woord. Die mag van lewe en dood is in jou tong. Jy word wat jy glo. As jy heeltyd vir ’n kind sê hy kan nie wiskunde doen nie, sal hy dit nooit kan doen nie. Wat jy glo gaan gebeur, sal gebeur.”

Daarom is dit vir haar so belangrik om oor vergifnis te praat. “Jy sal die vrug van wat jy sê, beleef. As Christen glo ek dis ’n opdrag van God om te vergewe. Lees maar Mattheus 18. Dis nie ’n versoek nie, maar ’n opdrag.” tyds. “Toe was dit ’n keuse; nou het dit vir my ’n leefstyl geword.”

Sy beklemtoon dat die een wat die meeste by vergifnis baat sal vind, die een is wat vergewe. “As jy in jou kop iets teen iemand hou, bly jy op ’n emosionele vlak verbind aan die mens wat jy nie wil vergewe nie. ‘n Tronk het nie noodwendig tralies nie – jy kan jou eie tronk skep omdat jy nie bereid is om iemand of iets te vergewe nie. Stel daardie mens vry, want jy bly die slaaf van die mens aan wie jy iets skuld, veral as jy hom of haar vergifnis skuld.”

In haar berading sien sy dikwels hoe mense – sommige deur dokters na haar verwys – se bitterheid en onvermoë om te vergewe as depressie en angs en ander gesondheidsprobleme manifesteer.

“As negatiewe emosies jou lewe regeer, gaan jy nooit gesond word nie. Ek sê altyd vir mense die feit dat jy dalk nie aan swaartekrag glo nie, nie beteken dat dit nie bestaan nie. Net so met vergifnis. Dit werk, al glo jy dalk nie daarin nie. Daar is geen ander genesing vir ’n tragedie as vergifnis nie.”

Kennersraad: Maak vergifnis só makliker

“Onthou, vergifnis is ’n wilsbesluit. Dit kan moeilik wees om daarby te bly wanneer gevoelens van skok, woede en bitterheid weer opvlam. Maak dit vir jouself makliker deur hoe jy dink en praat. Navorsing wys dat ons iets meer negatief beleef as ons dit op ‘n negatiewe manier beskryf, en dit maak vergifnis moeiliker. Kies elke dag om jou gedagtes en woorde aktief te beheer:

1 Dink aan jouself as iemand wat ‘n slegte ervaring beleef het, maar nie as ’n slagoffer nie. Moenie sê “ek kan net nie vergeet wat hy aan my gedoen het nie”. Sê eerder: “dit was verskriklik, maar ek beweeg aan en gaan voluit leef”.

2 Dink aan jou as iemand wat die mag het om te kies om te vergewe. In plaas van “ek sal hom nooit kan vergewe nie”, sê “ek kies elke dag om hom te vergewe”.

3 Moenie die mens wat die onreg teen jou gepleeg het, met negatiewe woorde beskryf nie. Pleks van name soos “vark”, “barbaar” of “moordenaar”, gebruik liewer meer neutrale woorde, soos “man”, “mens” of die persoon se naam.

Vergifnis is ‘n proses, en ’n mens gee soms twee treetjies vorentoe en dan weer een of twee terug. Gee jouself genade as dit gebeur, en op ’n dag sal jy agterkom jou gevoelens het jou wilsbesluit ingehaal en jy kan uiteindelik vóél asof jy vergewe het.”

Marianne Louw is ’n gekwalifiseerde lewensafrigter en ’n dosent in kommunikasie by Monash South Africa. Kontak haar by marianne@masterkeysolutions.co.za

Vergifnis: Nie net vir Christene nie

“Vergifnis behoort nie net geassosieer te word met geloof nie, maar ook met jou gesondheid,” sê Nellie Prinsloo, ’n sielkundige van Johannesburg.

“’n Mens moet kan vergewe om met jou lewe te kan aangaan.” En, waarsku sy, dis nie net ’n intellektuele besluit en woorde wat jy met jou mond praat nie. “Jy moet met jou hart vergewe. As jy nie al die emosie rondom vergifnis hanteer nie, gaan dit jou in die vorm van angs, depressie en woede inhaal. Jy vergewe in die eerste plek vir jouself – dis nie iets wat jy vir iemand anders doen nie. Dis noodsaaklike selfsug.”

Ware vergifnis sal jou emosioneel beter laat voel, met minder simptome van depressie, angs en woede en dit hou meetbare gesondsheidsvoordele in. Navorsing het bewys dit kan jou bloeddruk, cholesterolvlakke en selfs hartritme laat daal. Nog resultate bewys dit verbeter die gehalte van jou slaap en verhoog selfs die immuniteit van MIV-positiewe pasiënte.

Vergifnis lei tot beter mense-verhoudinge, en jy gaan gelukkiger en meer optimisties voel. Die Amerikaanse sielkundige Robert Enright, skrywer van The Forgiving Life, skryf: “Elke mens op hierdie planeet is al seergemaak deur ’n ander se onreg, en hoe ons daarop reageer, maak die verskil. Vergifnis help om woede stil te maak en te keer dat dit na onskuldige mense oorspoel.”

Onvergewensgesindheid beïnvloed ook jou ander verhoudings, want jy kan die verlede nie vergeet nie, en dit keer jou om die hede te geniet. So waarsku Frank Luskin, sielkundige en direkteur van die Stanford University Forgiveness Project en skrywer van Forgive for Good. “As ons nie verby ons verlede kan kom nie, bly ons gevangenes van ons ergste ervarings.”

The post Vergifnis, die enigste genesing vir ’n tragedie appeared first on rooi rose.