Verhaal | rooi rose

Annemieke Mentz 7: Die Griekse god en die anti-held
“Asseblief, asseblief hou op tjank, Vindiesel,” smeek ek, na aan trane.

Die wolfhond kyk my met treurige bruin honde-oë aan en my hart wil breek. “Ek wens jy kan vir my sê wat makeer!”

Dit is halftwee op ’n Donderdagoggend. Vindiesel eet nou al twee dae lank nie juis nie en sy weemoedige getjank het my uit die bed gejaag. Hy het ander simptome ook wat ek nie op hierdie platform sal noem nie, maar my ernstig bekommer. Wie kan ek nóú oor ’n siek hond bel? Nosiswe woon bitter ver, Barend is uitstedig en Liané weet meer van motorenjins as van diere. My ma’le is te oud om in die nag rond te ry, en om doodeerlik te wees, weet ek nie of my pa se standaardkuur vir troeteldiere, dun aangemaakte Pro-Nutro in ’n tietiebottel, die ding gaan doen nie. Ek kyk vertwyfelend na die selfoonkontak op die skerm: Cobus Mentz. Vindiesel se hondelyf ruk onder my strelende linkerhand en ek druk outomaties die belknoppie.

“Anna?”

“Cobus, Vindiesel is vreeslik siek en ek weet glad nie wat om te doen nie!” Ek klink histeries.

“Ek is nou daar.”

Dankbaar dat Cobus oplaas die emosionele insig gekry het om my ouerhuis vir ’n gastehuis te verruil, wag ek hom in. My ma sou hoop dit is ’n gekamoefleerde booty call en my pa sou flenniepajamas en al saamgery het.

“Waar is hy?” vra hy sonder om behoorlik te groet en ek beduie kombuis se kant toe. Dit is vrek koud en die meeste van my aardse besittings staan in bokse in die huis rond sodat Cobus ’n paar keer struikel en hard swets. Iets diep in my kry ’n bietjie lekker, maar Vindiesel se fyn tjankies laat my gedagtes versober.

“Sien jy?” vra ek toe ons in die kombuis kom. “Iets groots is fout. Hy kan niks inhou nie.”

Cobus buk by die hond en gesels saggies met hom. Die ge-“toemaar, ek is nou hier” maak my dadelik briesend, maar ek kners op my tande. “Ons moet hom by ’n veearts kry – ek sal gou Google en kyk of daar ’n nooddiens bestaan.”

’n Halfuur later storm ek by die plaaslike dierehospitaal se voordeur in, Cobus kort op my hakke met ’n kreunende Vindiesel in sy arms. “Ek is so dankbaar dat julle die tyd van die nag oop is,” verklaar ek uitasem, sonder om te kyk wie die voordeur beman.

“Naand, Mevrou,” groet ’n stem soos sagte, donker fluweel. Ek kyk op. Wow. Kan hierdie Griekse god ’n veearts wees?

“Waar kan ek hom neersit?” hyg Cobus agter my.

“Kom, ek help.” Dokter Zeus stoot sy arms onder Vindiesel se lyf in en neem die hond by Cobus asof hy ’n worshond is en nie ’n wolfhond nie. “Wat is jou naam, ou grote?”

“Vindiesel,” piep ek. Ons volg hom na sy spreekkamer. “Werner Louw,” groet die Griekse god oor sy skouer. “Aangename kennis.”

Ek kyk op. Wow. Kan hierdie Griekse god ’n veearts wees?

Ná ’n deeglike ondersoek kry Vindiesel ’n inspuiting en word in ’n luukse hondehok ingeboek. Dokter Zeus sluit by ons aan. “Mevrou, meneer … ”

“Hy is nie, e, mý meneer nie,” help ek Werner Louw vinnig reg. “Ek is Annemieke.”

“Cobus,” groet díe effe stug.

Ons word met ’n wit glimlag beloon. “Annemieke, Cobus. Ek vermoed dat Vindiesel ’n maagvirus onder lede het. Ek het bloed getrek en dit sal môre laboratorium toe gestuur word. Ek wil hom graag hier hou vir die nag. Hy is gedehidreer en ons moet sy koors monitor. Is dit in die haak?”

“Heeltemal,” antwoord ek vinnig. “Ek woon hier naby, ek sal môreoggend voor werk kom inloer en hoor wanneer kan hy huis toe kom. My nommer is op Vindiesel se pasiëntekaart ingevul, julle kan my enige tyd kontak.”

“Dit is nie baie professioneel om met jou troeteldier se veearts te flirt nie, Annemieke,” merk Cobus skerp op toe hy my gaan aflaai.

Ek trek my skouers op. “Hy is mos nie mý veearts nie. En wat skeel dit jou? Jy kon nie vinnig genoeg van my ontslae raak nie.”

Hy skud sy kop verontwaardig. “Ek het net ’n break nodig gehad, Anna. Dit is jý wat weier om ons ’n tweede kans te gee vandat ek terug is.”

Wát? Ná die skok, verwerping, persoonlike groei en finansiële selfstandigheid waartoe hy my gedryf het, soek hy ’n tweede kans?

“Hierdie gesprek is verby, Cobus. Moenie vergeet om die veeartsrekening te betaal nie.”

Ek vlug in die half opgepakte huis in voordat Cobus kan sien dat ek bewe.

The post Annemieke Mentz 7: Die Griekse god en die anti-held appeared first on rooi rose.

Grieta, hoofstuk 1
Na Stoffel se dood was Claudia glo te emosioneel om hom te gaan uitken. Jaco was nog in die Kaap en moes ’n paar dinge voor sy pa se begrafnis afhandel. Dis toe dat Frikkie, Stoffel se prokureur, vir Erik, Magriet se prokureur, effe verleë bel en vra of Magriet, Stoffel se eks, hom by die lykshuis sal gaan uitken. Sy ander naaste familie en vriende was nie beskikbaar nie.

“Flip, Grieta, ek is jammer dat die ou donner dit ook nog aan jou doen.” Erik het aangebied om saam met Magriet te gaan. Hy het later beken hy het heimlik lekker gekry dat Frikkie hom die guns moes vra na hul kopstampery met Stoffel en Magriet se egskeiding. Erik het gesorg dat Magriet effens meer as haar regmatige deel kry aangesien Stoffel, soos Erik dit uitdruk, “Draad gespring het”.

“Ek herinner jou net dat Claudia die derde party was wat my kliënt se huwelik van twintig jaar opgebreek het, maar dis reg, my kliënt sal mnr. Ernst gaan uitken,” het Erik Frikkie glo laat verstaan.

Magriet was eers kwaad en het geweier. Jaco het aangebied om sy sake net so te laat staan en sy pa te kom uitken. Maar toe bedink Magriet haar. Sy het gevoel Claudia kan Stoffel se vet pensioen erf, maar sy wat Magriet is, sal dié hartseer mylpaal in Stoffel se lewe aan sy sy wees. Sy het immers as jong bruid in die kerk belowe: “ … tot die dood ons skei …” En dis die punt wat sy en Stoffel bereik het. Al was Claudia amptelik die weduwee het Magriet haar voorgeneem sy sal daardie dag finaal van Stoffel afskeid neem. Sy was dankbaar vir Erik se beloofde bystand.

Goeie ou Erik, haar beste pel van universiteit af. Hulle het as eerstejaars saam Griekse kultuurgeskiedenis gehad. Erik het langs haar gesit toe prof. Hendricks die skyfievertoning van antieke Griekse beelde gewys het. Naakbeelde.

“The nude first became significant in the art of ancient Greece, where athletic competitions at religious festivals celebrated the human body, particularly the male, in an unparalleled way … ”

Die prof se stem het aangerammel, maar Magriet kon nie haar oë afhou van die naak mansbeelde nie. Sy het nog nooit ’n volwasse kaal man gesien nie.

Die volgende beeld was ’n beeld van ’n jong Griekse atleet en aan sy spiere kon Magriet verstaan hoekom hy ’n oorwinnaar was.

“The Victorious Youth dated 310 BCE. A remarkably weather-preserved bronze statue of a Greek athlete in Contrapposto pose … ”

Magriet het skaamteloos verby die spiere na die atletiese jong man se anatomie gestaar.

Toe vang haar oog die van die lang blonde nerd langs haar. Hy het gegiggel en met sy voor- en wysvinger beduie dat die beeld maar beskeie bedeeld was. Toe bars hulle uit van die lag.

Van daardie dag wat prof. Hendricks hulle uit sy klas gejaag het, was Erik en Magriet onafskeidbaar. Erik kon met sy lang maer bene die lekkerste sokkie van al die eerstejaars. Hy het Magriet soms sommer vir die pret al la sestigs in die rondte getol en haar uit haar skoene uit gedans. Al was sy effens skaam vir die ander mans, het Erik haar nooit ongemaklik laat voel nie. Erik was, soos Erna, Magriet se kamermaat, tereg gesê het, “’n Ware pel, maar nie boyfriend material nie.”

Erik het Magriet die oggend van Stoffel se uitkenning kom oplaai. Op pad na die lykshuis het hy die tragiese ironie van die situasie probeer breek. Hy het geweet dit is nie vir Magriet maklik om die man te gaan uitken wat haar vyf jaar gelede vir ’n freshie ingeruil het nie. Die wonde van die rekonstruksie na haar dubbele mastektomie was skaars genees, toe sy al begin vermoed het Stoffel dwaal ondanks die feit dat hy vir haar nuwe boobs betaal het.

Erik het met sy nuwe 4×4 Range Rover op die sypaadjie van die ondernemer geklim om onder ’n koelteboom te kan stilhou. Magriet het kwaai na hom geloer want daar was genoeg ander oop plekke.

“Ek vervoer ’n bedroefde weduwee … en ek hou nie daarvan as my baby in die son staan nie.”

“Ek is nie die weduwee nie, Claudia is, onthou jy?”

Erik het verontwaardig gesnork.

“Getraumatiseerd se gaai man. Ek wed jou Claudia sit by Isabella’s in Hyde Park besig om te beplan wat sy met Stoffel se geld gaan maak.”

Erik het sy sigaret vir haar aangegee.

“Vat ’n pull, Grieta. Jy het dit nodig. Hierna gaan stick ek jou vir ’n lekker brekfis. Laat ons net eers die ding agter die blad kry.”

Die begrafnisondernemer het hulle met gevoude hande begroet. Groot simpatie met die naasbestaandes.

“Mev. Ernst? Wag net, ons kry net gou u man reg vir die besigtiging.”

Nie Magriet of Erik was lus om aan hom te verduidelik dat sy eintlik die eks Mev. Ernst is nie want die ware Mev. Ernst pas waarskynlik op die oomblik haar begrafnispakkie by Queenspark aan.

“Jy moet saam met my ingaan. Asseblief?”

Erik het Magriet se hand geneem en saam met haar agter die sedige begrafnisondernemer die gang afgestap na die besigtigingskamer. Met eerbied het die ondernemer die deur oopgemaak sodat die bedroefdes kan ingaan.

Stoffel het in sy volle lengte op ’n smal bedjie uitgestrek gelê. Sy paar kaal nommer 12 voete so in die posisie van tien oor tot tien oor 12.

Erik en Magriet het voor die bed gaan staan en verbysterd na die prentjie gestaar.

Stoffel het ’n wit jurk aangehad wat net-net sy kniekoppe bedek het. ’n Sterk kontras met die welige swart beenhare op sy stewige kuite. Op sy kop was ’n wit hoedjie wat met twee bandjies onder sy ken vasgebind is. Magriet kon sweer Stoffel het onderlaag aan.

Erik was die eerste om te reageer.

“Tjit! Dis weird. Mens noem dit seker coffin couture?”

Magriet het gestaar na die man wat sy eens bemin het, die vername direksielid van Falco, wat voor haar uitgestrek en van alle waardigheid gestroop gelê het. Die bisarre prentjie was ’n genade. Sy was bang sy sal in trane uitbars as sy Stoffel sien. Nie dat sy sou omgee om voor Erik te huil nie, maar sy voel sy het haar huil oor Stoffel gehuil toe hy haar gelos het. Sy het nie eens oor die verlies van haar borste soveel gehuil soos oor Stoffel nie.

Erik het haar hand stywer vasgehou want hy het geweet dis nie vir haar lekker om Stoffel so te sien nie.

“Sorrie, Grieta.”

Hulle het nog so ’n rukkie na Stoffel in sy wit jurk staan en kyk, toe fluister Erik in haar oor: “Hy lyk soos die Pous.”

Dis toe dat die lag uit Magriet breek. Die begrafnisondernemer het geskok by die deur bly staan. Erik en Magriet het dubbeld gevou soos hulle lag. Toe begin Magriet huil saam met die lag. Sy het haar laaste bietjie huil oor Stoffel daardie dag gehuil.

The post Grieta, hoofstuk 1 appeared first on rooi rose.

Wipkar FINAAL, hoofstuk 20
Die salon het vinniger verkoop as wat Arien verwag het. Dis asof alles in haar lewe skielik in ’n perfekte versnelrat begin loop het. Die egskeiding is afgehandel, hul huis is verkoop en die salon en huis in die Paarl was perfek. Jos het haar trek Kaap toe met presisie bestuur en toesig gehou oor al die klein veranderings in die nuwe salon en huis.

Sy was effe hartseer toe sy en die seuns hom ’n paar weke na die trek by die lughawe gaan afsien het, maar toe hy fier en doelgerig deur die deure van die vertreksaal stap, het sy besef Jos gaan ok wees en sy en die seuns gaan ook ok wees.

Sy skink die laaste bietjie tee uit die teepot met die blou viooltjies. Haar vingers streel oor die dun porselein terwyl haar gedagtes terugdwaal. Sy het vele potte tee verder gevorder die afgelope maande in die Paarl. Potte vol stroopsoet tee.

Na die laaste insident by die salon het Jana vir haar ’n afspraak by Gerhard gemaak. Sy het al die gruwelike detail van die hele Hendri-en-Lorna sage aan hom uitgelap en sommer gereg in eie hande geneem en die dik koevert met dokumente wat Hendri na die vorige aanval by die salon afgelewer het, vir Gerhard gegee.

’n Paar dae na haar terugkeer van die Paarl, het Gerhard Arien as’t ware na sy praktyk ontbied.

“Dit is tyd dat ek my gunstelingpasiënt se lewe vir eens help uitsorteer. Maar moenie geworried wees nie, ek sal so ’n paar los rafels los want ek wil jou nie as pasiënt verloor nie. Ag man, jy weet mos ek is ’n sentimentele shrink. Ek het geheg geraak aan jou.”

Die boks tissues en ’n pot soet tee het gereed gestaan toe sy voor hom gaan sit. Sy het nog altyd ’n gevoel van absolute vrede in sy kantoor ervaar. Die kantoor is by sy huis en lyk meer na ’n sitkamertjie as ’n spreekkamer. Dis die plek waar sy al gehuil het dat haar neus so rooi soos ’n tamatie is, maar ook die plek waar sy onverwags uit haar maag kon lag. Dis wat Gerhard nog altyd kon regkry. Om haar na die seerste gesprekke weer te kan laat lag. Liewe, wonderlike Gerhard met die mooi lagplooitjies om sy oë. Gerhard met die mooi hande en lang vingers wat so sielvol kan klavier speel … en ook haar kar se nukke ’n paar keer sommer voor sy spreekkamer kon uitsorteer.

Met die intreeslag in sy kantoor het sy in trane uitgebars. Sy doen dit gewoonlik wanneer sy vir Gerhard sien. Dis asof sy voel sy mag maar haar hart voor hom uithuil. Hy het haar oudergewoonte ’n stywe Gerhard-drukkie gegee en die snesies nader geskuif. Sy het dadelik Hendri se koevert op sy lessenaar raakgesien.

Gerhard het skuldig in die koers van die bruin koevert gekyk.

“Jana is een van jou beste, ware vriendinne, weet jy? Sy gee regtig vir jou om. Jy is vir haar kosbaar en ek hoop jy kry iemand soos sy in die Kaap om jou vangnet by die nuwe salon te wees.”

Arien het aan hom beken sy het nooit die inhoud van die koevert behoorlik deurgegaan nie. Sy het net nie die krag gehad om dit te doen nie.

Gerhard het opgestaan en die koevert gaan haal.

“Ek weet nie of dit jou sou gehelp het om dit te lees nie. Ons sou jou nie teen die tweede aanval kon beskerm nie. Jy het ongelukkig in ’n baie komplekse, nare situasie beland met Hendri. Ek dink jy moet mooi dink voor jy weer na Cari se raad luister. Jy is nie die affair-soort nie, Arien. Jy is te lojaal en …”

Arien het hom vinnig onderbreek.

“Koekerig. Ek weet. Dit was ’n gevaarlike speletjie en ek het baie duur betaal vir my fout.”

Gerhard het die dokumente uit die koevert begin haal en oor die koffietafel uitgepak.

“Moenie hard wees op jouself nie. Jy was kwesbaar en dit is normaal om ’n ontsnaproete uit so ’n situasie te soek.”

“Ek het verdien wat met my gebeur het. Ek het in my kop gedoen wat Jos al die jare gedoen het. Ek was ontrou, al het ek nooit ’n fisieke verhouding met Hendri gehad nie.”

Gerhard het ’n koppie tee na haar uitgehou. Hy het sommer self drie teelepels suiker ingeroer. Dis sy geheime kuur vir Arien se trane.

“Ons kan die ding uit verskillende hoeke deurpraat, maar ek dink jy het dit redelik goed vir jouself uitgepluis.”

Arien het die hele koppie tee met ’n paar groot slukke weggeslaan. Soos sy gewoonlik doen wanneer sy gespanne raak.

“Wat gebeur het, is steeds vir my ’n skok. Ek het gedink … gehoop …”

“Dat dit Lorna was wat jou salon verniel het? Onthou jy wat jy vir my gesê het nadat Lorna jou in die hospitaal besoek het? Jou instink het jou gewaarsku dat Lorna die waarheid praat. Jy kon in haar sien wat jy in jouself gesien het as Jos jou verkul het.”

“Maar wat van hierdie pakke sielkundige verslae?”

Gerhard het een van die verslae opgetel. Arien kon sien dat daar aan elkeen van die verslae ’n paar aantekeninge in Gerhard se handskrif vasgespeld is. Gerhard is seker die enigste mens in die 21ste eeu wat nog kantoorspelde gebruik, het sy by haarself gedink en effens deur die spanning geglimlag oor een van haar shrink se vele eksentrieke gewoontes.

“Lorna het beslis ’n paar sielkundige probleme, maar dis Hendri wat jou grootste gevaar was. As ek een van my sielkundeboeke vir jou oopslaan, sal jy elke kenmerk van ’n narsis agter sy naam kan afmerk. Maar hy is meer as net ’n narsis. Hy is totaal gewetenloos. Ek het ’n bietjie rondgebel. Die gemeenskap van kliniese sielkundiges en psigiaters in die land is mos maar onlosmaaklik aan mekaar verbind. Hierdie verslae oor Lorna is eintlik almal verslae wat oor Hendri se sielkundige probleme opgestel is. Hy is nogal ’n slim bedrogpleger. As ek nie die sielkundiges en psigiaters self gebel het nie, sou ek nooit kon raai hy het met die dokumente gepeuter nie. Hy het sy naam meesterlik met Lorna se naam verander. Lorna het die waarheid gepraat. Hendri soek vroue soos ’n prooi uit en as hulle eers onder sy mag is, verniel hy hulle. Geen wonder Lorna het soveel sielkundige skade opgedoen nie. Sy sal nog jare terapie moet kry voor sy van al die seerkry sal kan ontslae raak. Omdat sy waarskynlik regtig lief is vir hom en dit nie kon regkry om weg te breek nie, het hy haar as sy alibi vir baie van sy siek speletjies gebruik. Hendri is ’n baie intelligente, maar ook ’n baie siek man. Hy vermaak homself deur met mense se lewens te speel. Elkeen van die vroue wat onder hom deurgeloop het, het ’n skrikwekkende storie om te vertel. En jy … jy het ongelukkig so reg in sy hand gespeel toe jy hom gekontak het. Jy was inderdaad sy onafgehandelde projek.”

Arien het verslae deur die pak dokumente sit en blaai. Die patroon van manipulasie en emosionele afpersing wat Hendri reeds in hul jong dae met haar begin het, het deur die jare ’n patroon geword wat al erger geword het. Hy het die een vrou na die ander in sy prinses verander en haar dan afgebreek.

“Die geluk was aan jou kant, Arien. Jy het geen idee hoe gelukkig jy was om van hom te ontsnap nie. Daardie diep konserwatiewe streep van jou waarmee jy so spot, dit is wat jou weerhou het om dadelik vir Hendri se aanslae te val.”

Arien het ’n rilling deur haar lyf gevoel. Sy het geweet hoe naby sy in haar dagdrome was om aan Hendri oor te gee.

Gerhard het skielik sy sagte droë laggie gegee.

“Weet jy wie kan jy nog bedank? Vir Jos. As dit nie vir sy laaste dramatiese dwalinge was nie, kon jy al jou aandag aan Hendri gegee het, en … Ek moet self ook nog onthou om Jos te bedank. As dit nie vir hom was nie, het jy nooit in my spreekkamer beland nie.”

Arien het deur die talle sessies by Gerhard sy humorsin leer ken. Dis deel van die betowering van sy terapie.

“Ja, jou Jos en sy dinge. Maar dit lyk darem nou of hy op koers is. En dis my professionele mening. Moenie worrie nie, ek sal dit nie by my rekening voeg nie. Daardie stukkie wysheid is gratis. Ek het ’n bietjie met die ou gepraat terwyl jy in die hospitaal was. Ek kan sien hoekom jy deur die jare by hom gestaan het. Diep in hom is hy ’n goeie ou. En ek dink eerlikwaar hy gaan die keer sy lewe uitsorteer. Die ironie is dat hy sy grootste steunpilaar eers moes verloor voor hy kon opstaan.”

Gerhard se laaste opmerking het Arien nie verras nie. Hy het haar mos al deeglik ingevryf. Sy is die perfekte ko-afhanklike. Deur by Jos te staan en sy dinge te verduur, het sy hom in staat gestel om op sy destruktiewe pad aan te gaan.

Dit was asof Gerhard aangevoel het dis tyd vir nog ’n koppie soet tee.

“Jy is lief vir hom, Arien. Dis hoekom jy so hard probeer het.”

Toe die trane weer vryelik begin loop, was die tee al geskink.

“Maar niks wat ek gedoen het, kon hom red nie.”

“Nee, jy is verkeerd. Jy het wel iets gedoen wat hom gered het, jy het van hom geskei. Dit het hom laat besef hy sal op sy eie homself moet regruk. Onthou, ek het jou baie keer gesê, Jos moet eers alles verloor en in die gutter beland voor hy sal kan opstaan. Gelukkig het die ou die guts gehad om dit die keer te doen.”

Rou snikke het uit Arien gebreek en Gerhard het gereed gesit met die snesies.

“Ek weet nie of ek dit in my het om Jos ooit weer terug te vat nie. Ek is nog lief vir hom, maar ek dink nie ek sal ooit weer my en die kinders se lewens aan hom toevertrou nie.”

“Hy weet dit, Arien. En op ’n manier is dit wat hom aan die gang hou. Hy weet hy het jou en sy kinders verloor en ek dink regtig hy wil van nou af van die kantlyn alles doen wat hy kan om jou en die manne te help. Laat hom toe om dit te doen.”

Arien het die pakke dokumente op die koffietafel bymekaar gemaak en teruggedruk in die koevert. Asof sy die Hendri-drama finaal wou afsluit.

“Wat gaan van Hendri word?”

“Hulle sal hom waarskynlik vir sielkundige waarneming verwys tydens die hofsaak. Hy sal dan teregstaan op die klagte van saakbeskadiging van jou salon en ook ’n hele paar ander klagtes van jou voorgangers. Dis die eerste keer dat hy gevang word en dit bring ’n klomp legkaartstukkies van vorige klagtes teen hom bymekaar. Lorna het die meeste van Hendri se klone oortuig om teen hom te getuig. Jy sal waarskynlik ook moet getuig, maar moenie worrie nie, ek sal daar wees om jou hand vas te hou.”

Arien het na die man in die leunstoel voor haar gekyk. Hy het oudergewoonte so half op sy stuitjie gelê-sit met ’n notaboek op sy skoot. Sy lang bene voor hom gekruis. Sy kon haar nog altyd verkyk aan die pragtige sketse wat hy sit en doodle terwyl hulle praat.

“Hoe gaan ek die Kaap oorleef sonder jou?”

Sy was verras om te sien haar vraag het hom onkant betrap. Hy het hartseer na haar gekyk, opgestaan en die ketel weer aangeskakel.

“Ek sal vir jou ’n sak tee en suiker saam gee Kaap toe. Dit behoort jou aan die gang te hou.”

In haar hart was daar skielik ’n diep warm gevoel vir hierdie man wat haar al op haar heel slegste tye gesien het.

“Sal jy by my kom kuier in die Kaap?”

“O aarde, dit sal darem hoogs onprofessioneel wees. Wil jy hê hulle moet my liksens wegvat?”

Sy het die lag diep uit haar maag voel borrel. Daardie laggie wat Gerhard altyd uit haar kan ryg. Gerhard en sy potte soet tee.

“Weet jy wat? Jy is van hierdie oomblik af amptelik gefire as my shrink. Wag, ek betaal gou my rekening op my foon elektronies en dan is jy amptelik nie meer my sielkundige nie. Sal jy dan by my kom kuier in die Paarl?”

Die koppies is weer vol tee geskink.

“Jy weet natuurlik my praktyk kan nie bekostig om ’n pasiënt soos jy te verloor nie? Ek dink jy en Jos se dinge het omtrent alleen vir my nuwe vleuelklavier betaal.”

Die lag het weer deur Arien geborrel.

“Kom stap deur dat ek haar vir jou kan wys. Die mooiste Baby Grand. Ek noem haar Florence, ter nagedagtenis aan my ma wat my leer klavier speel het. Ma het altyd ’n Baby Grand begeer.” Sy lang vingers het liefdevol oor die klavier gestreel en hy het voor die klawers ingeskuif.

“Terwyl jy my nog ryker maak daar op jou foon, sal ek vir jou ’n stukkie speel wat ek gisteraand gekomponeer het.”

Arien het weggesak in een van Gerhard se sagte leunstoele. Sy het haar oë toegemaak en haar oorgegee aan die sagte, strelende melodie wat gevoel het of dit in ’n ewige euforie aanhou. Sy moes aan die slaap geraak het, want toe sy wakker word, was dit reeds sterk skemer. ’n Kombers was om haar toegevou. Gerhard het aan die oorkant van die vertrek met sy rug na haar gesit en skryf by ’n antieke lessenaar. Naas die kantoorspelde is Gerhard een van de min mense wat sy ken wat nog met ’n vulpen skryf. Sy handskrif lê rustig en vloeiend na regs.

“Wat skryf jy?”

“O, is jy wakker? Genade, ek voel seergemaak dat my komposisie jou so verveel het dat jy aan die slaap geraak het. Ek skryf vir jou iets wat jy moet saamvat Kaap toe. Voorskrifte van moets en moenies. Ek is ’n beheervraat, onthou.”

Nog ’n laggie het uit haar maag geborrel.

“Jos het die manne by die rugby gaan haal. Hy het gesê ek moet jou maar laat slaap. Jy het die rus nodig.”

Sy het diep uitgerus gevoel toe sy van Gerhard af wegry.

Terwyl Arien in haar salon in die Paarl sit en tee drink, besef sy daardie middag in Gerhard se spreekkamer was vir haar ’n draaipunt.

Voor sy gery het, het Gerhard haar een van sy spesiale drukkies gegee. Maar dit was anders. Sy kon voel hoe die lang man haar op haar hare soen.

Hy het ’n pakkie in haar hande gestop.

“Dis vir jou vir die Kaap. Maak dit eers oop as jy daar is.”

Nadat haar huis uitgepak is en elke skildery en ornament sy staanplekkie gekry het, het sy Gerhard se pakkie uitgehaal.

Die handskrif wat so met selfvertroue regs lê, het haar ’n knop in die keel gegee.

“Hierdie is jou oorlewingspak vir die Kaap. Laat die Earl Grey-tee goed trek. Onthou om eers die koppie met kookwater uit te spoel om dit warm te maak. Maak die melk ook effens warm. Gooi altyd eers die melk en dan die tee in. Ek stuur genoeg tee. En hier is my ma se teepot. Die blou viooltjies het my aan jou laat dink. Die pot is net so mooi en broos soos jy. Ek hoop die lewe behandel jou goed daar in die Kaap. Ek stuur ook ’n groot pak suiker saam. As die lewe druk, onthou die geheim is drie teelepels suiker. Ek sal jou oor ’n paar maande kom opcheck. Hou ’n trekseltjie tee vir as ek kom. Liefde, jou eks shrink.”

Arien kook die ketel weer. Elke keer as sy die ritueel gehoorsaam volg, laat dit haar glimlag en dink aan die liewe eksentrieke Gerhard en sy dingetjies. Dis asof Gerhard se towerkrag in elke koppie soet genesende tee is.

Op haar teeskinkbord hou sy ’n trekseltjie Earl Grey. Vir wanneer Gerhard kom kuier.

The post Wipkar FINAAL, hoofstuk 20 appeared first on rooi rose.

Wipkar, hoofstuk 1
Hoofstuk 1

82 kg. Dis die swaarste wat Arien Cronjé nog geweeg het. Die gewig hang soos ’n marmerblok aan haar hart. Sy het ’n launch by Clarins vanoggend en sal weer een van haar verslankende swart nommertjies moet aantrek. Sug.

Jos lê nog en snork. Die kamer ruik na laasnag se whisky en sweet. Hy het gisteraand weer oorboord gegaan. Sy lippe tril onder sy snor. Hy draai om in sy slaap en los ’n harde wind. Die man van haar drome …

Sy klap die kasdeure moedswillig hard toe en gil die gang af dat die seuns moet opstaan. As hulle nie sesuur uit Allensnek ry nie, vang die verkeer oor die westelike verbypad hulle en dan is die seuns laat vir skool. Jos begin eers negeuur werk, maar is gesteld op sy oggendslapie. Dié hardwerkende makelaar het sy rus nodig. Terloops, Arien begin ook negeuur werk, maar dit is haar taak om die seuns by die skool te kry. Sy is mos die ma.

Arien plaas haarself elke oggend in zombie-modus as sy die seuns moet regkry vir skool. Dis asof sy opstyg en uit die lug die spektakel in die huis in Waverleylaan aanskou. Asof sy nie die vrou en tienerseuns ken wat so tekere gaan nie. Sy sien hoe die vrou voor haar uitstaar as die verkeer opdam en die seuns aanhou stry, hoe die vrou die kinders by hul skool in Linden aflaai en met ’n koerant en ’n koppie koffie in ’n koffiewinkel gaan sit.

Partykeer dink Arien dit is wat haar help om nie mal te word nie. Daardie uurtjie van saligheid alleen in die koffiewinkel voor sy Conrad Drive se verkeer pak na Sandton.

Gepantser in ’n getroue swart nommertjie en pruimrooi lippe stap sy later die oggend by die launch in. Verskeie ander skoonheidsterapeute kom kus haar flussies op elke wang met ’n “Darling you look fabulous!” Sy kies dadelik koers na die tafel met canapés en stop haar kieste vol. Sy weet ’n paar van die dun brigade hou haar geskok dop want by skoonheids-launches is daar altyd elegante canapés, maar niemand eet dit nie. Net sy en Cari knibbel lustig. Cari, die wulpse Italianer is altyd soos ’n vars bries tussen al die pretensie.

“Tyd vir ’n skelm siggie?” Cari se swart hare is super kort geskeer aan die kante. Die paar krulle wat op haar kop oor is, is styf gejel. Haar lippe is vlamrooi en haar swart oë perfek omlyn in ’n Oosterse styl.

Arien gryp byna die sigaret by haar.

“Jy het geen idee hoe nodig ek dit vanoggend het nie!”

Cari het in Waterkloof grootgeword. Haar pa was Italië se ambassadeur en het besluit sy dogter sal Affies toe gaan om dissipline te kry. Dit maak haar ’n Italianer met ’n stewige skoot Boere-opvoeding. Dis hoekom sy en Arien sulke groot maats is. In die wedywering van die skoonheidsindustrie is Cari vir Arien ’n reddingsboei.

“Ag Meisie, wat is fout? Het jy nog nie vir ou brombeer gelos nie?”

Cari is baie reguit en soms wil Arien haar vererg as sy so met disrespek van Jos praat. Maar sy weet Cari het Jos lankal deurgekyk.

Haar opsomming van Jos is gewoonlik: “Hy is ’n gemaksugtige luiaard. Hy drink te veel en waardeer jou nie.”

Cari steek vir hulle elkeen nog ’n sigaret aan. Dit is sy wat Arien skelm leer rook het. Arien rook net as sy saam met Cari is en Jos kan haar daarom nie verdra nie. Arien was op skool en universiteit ’n stroopsoet kind. Toe trou sy met Jos en verander in die stroopsoet eggenoot.

“Nee, Meisie, jy het bietjie opwinding in jou lewe nodig. Dis tyd dat jy ’n lover kry.”

Arien trek lank aan die sigaret. Sy stik. As sy haar asem terugkry, gooi sy wal.

“Ek is Afrikaans, onthou.”

Sy verstom haar altyd aan die sensuele manier waarop Cari rook kan uitblaas. Als aan Cari is sensueel. Tot haar groot heupe.

“Ek weeg nou 82 kg.” Arien spoeg die onthulling byna uit.

Cari knip nie eens haar perfekte wimpers nie.

“Ek sê weer, jy het ’n lover nodig. Jy sal gewig verloor en al jou stres ontlaai. Iemand moet jou lipstiek afsoen en jou tone laat krul. Dis wat jy nodig het.”

Arien dink die hele dag aan Cari se opmerking, maar sy betig haarself oor die gedagtes.

Hoe kry mens ’n lover? Dink sy by haarself. Vir Cari is dit maklik, sy trek mans aan soos bye om ’n blikkie Coke.

Sy kan nie eens dink hoe teleurgesteld haar ma sal wees as sy uitvind sy is ontrou aan Jos nie! Dan betig sy haarself: “Jy het nog nie eens die lover nie en jy is al klaar ’n wrak oor wat jou ma gaan sê!”

Sy kan nie op haar werk konsentreer nie. Wie sal ’n goeie lover wees? Sy het op skool net een kêrel gehad en sy het hom in matriek gelos oor sy hande op allerlei onbehoorlike plekke gevroetel het. Sy het ’n vrees gehad om swanger te raak en ’n vrees vir die sonde en ma se teleurstelling.

Hendri, dit was sy naam. Hy was by verre die gewildste seun onder die meisies op skool en sy was gevlei toe hy haar uitkies.

“Vir jou gaan ek my prinses maak.” Sy onthou dit so goed. Hy het dit dikwels gesê. Maar die druk wat hy op haar geplaas het om ten volle sy prinses te word, was te veel vir haar. Hendri is Stellenbosch toe en sy het jare laas aan hom gedink.

Arien Google Hendri du Toit se naam. Hy is nie op Facebook nie, maar wel op LinkedIn. Sy foto laat haar verveelde are druis. Daardie blou oë het haar op skool laat smelt. Hy het aantreklike laglyne langs sy oë.

Sy soek verder. Daar is verwysings na sake wat hy vir groot maatskappye gewen het. Selfs foto’s van hom saam met ’n paar vername sakemanne en politici. Hendri du Toit is suksesvol … en steeds gevaarlik aantreklik.

Sy skrik byna toe sy sy e-posadres op ’n webtuiste vir prokureurs sien. Haar hand sweet toe sy dit neerskryf. Sy wens sy het nou een van Cari se sigarette gehad.

Sy skryf die e-pos ’n paar keer voor sy dit stuur.

“Goeiedag Hendri. Ek het dertig jaar gelede op skool ’n ruk met jou uitgegaan. Ek is besig om huis skoon te maak en ek het nog heelwat van jou skoolfoto’s. Ek sal dit graag aan jou wil terugbesorg. Gee asb. jou posadres dan stuur ek dit vir jou. Groete, Arien.”

Haar ingewande ruk. Sy bel Cari bewend.

“Ek het pas ’n verskriklike ding gedoen!”

The post Wipkar, hoofstuk 1 appeared first on rooi rose.

Krismislyf
’n Week voor Krismis het dit tot my deurgedring: Ek is dik.

Van my voornemens sedert September om gewig te verloor sodat ek my sonbruin sellulietlose somerlyf teen Kersfees kan vertoon, het niks gekom nie.

Die einde van die jaar stres het veroorsaak dat ek ten minste 10 kg sjokolade verorber het.

My enigste redding gaan wees ’n dieet waarmee ek 20 kg in een week kan verloor.

Google het my nog nooit in die steek gelaat nie: “How to lose 20 kg in a week” het ek hoopvol ingetik. Ek het sekondes gewag, en ..  Whalla!, die skerm het vol oplossings gespring. My hoop is verpletter toe ek begin lees: How to lose 20 kg of fat in 30 days; How to lose 1 kg in 1 day; How to lose 15 kg in 2 weeks. Nie een oplossing van hoe om 20 kg in een week te verloor nie. Ek was gedoem tot ’n dik Krismis.

Liggaamshouding! Het ek onthou! Ek het immers al menigmaal in my loopbaan by vrouetydskrifte gesien hoe fotograwe ’n mollige celeb kan stileer sodat sy so maer as moontlik lyk (voor Photoshop). Ek het besluit ek sal doodeenvoudig vir twee weke in my maer pose versteen en staan of sit.

Mens doen dit so: As jy staan of op die strandhanddoek sit, swaai jy die regterkant van jou lyf effe na voor/binne en sit jou regterbeen so effe voor of oor die linkerbeen. (Kyk hoe die celebs op die rooi tapyt of op die strand poseer. Dis hoe jy dit reg doen.) Jy hou jou rug kiertsregop om die vetrolle effe tussen die ribbekas en bekkenbeen te  versprei en dan strek jy die ken ook effe na bo om van die dubbelken ontslae te raak. Dit help ook nie jou lyf is reg en jou oë is powwers van oorwerk nie. Jy moet hulle oop rek om groter te laat lyk en verkieslik nie jou oog knip nie, al droog jou oogballe uit. As jou mondhoeke afgetrek is van maande se irritasie met kollegas, moet jy ’n glimlag aanplak wat net breed genoeg is dat mens ’n Mariebeskuitjie tussen jou tanne kan indruk. Dis soos die celebs dit doen. (Dis beter om dik en vriendelik te lyk as dik en nors.) Dis ook belangrik dat jy onthou jy doen dit alles terwyl jy jou maag en agtertstewe intrek en verkieslik nie asemhaal nie.

Ek het dit so vir ’n uur geoefen tot my rug in ’n spasma gegaan en my lippe blou geraak het van ’n tekort aan suurstof. Ek dink ek sal hierdie pose net beoefen in gevalle van nood soos as ek ’n ou universiteitsboyfriend op die strand sien.

Daar was nog ’n oplossing wat ek oorweeg het. Daai lyfkouse wat Verimark adverteer! Dit strek van jou buustelyn tot by jou kniekoppe en druk al jou vet na binne. Ek het al een keer gesien hoe die mense van die garderobe op stel van ’n sepie ’n mollige aktrise in so ’n kontrepsie indwing. Dit was nie ’n mooi gesig nie, maar as dit moet, dan moet dit.

Dit werk so. Jy het twee helpers nodig wat weerskante van jou staan. Elkeen moet aan ’n kant van die lyfkous vashou. Jy steek eerste jou voete in. Dit is die maklike deel. Dan trek jy dit oor jou kuite. Dis ook maklik. Hier by die bobene kom jou moeilikheid. Om die ding oor jou agterstewe te kry, moet jou helpers die broekgedeelte weerskante styf vashou en as hulle sê: “Spring!” moet jy spring en as jy sping, moet hulle gelyk die broek optrek. As jou agterstewe eers in is moet jy jou maag en die vetbolletjies onder jou buustelyn in die lyfgedeelte van die ding ingedruk kry. Dit kan asemhalingsprobleme veroorsaak, maar is ideaal vir daardie een mooi strandfoto wat jy op Facebook of Instagram wil plaas.

Ek het vanoggend twee pienk kalmeerpille gedrink en die winkels gepak op soek na ’n baaikostuum wat my nie soos ’n gestrande walrus sal laat lyk nie.

Die dilemma is dat swembroeke vir volwasse voller figure onverkrygbaar is. Daar is wel die met sulke rokkies wat strek van die buustelyn tot diskreet bokant jou mollige wit kniekoppe, maar uit ervaring weet ek die rokkie blaas soos ’n ballon op om jou lyf as jy in die swembad klim en dit is nie die effek wat ek wil hê nie.

Kon die mensdom, met al sy kennis oor tegnologie, nog nie ’n kostuum ontwerp met ’n superrekstof wat jou appellyf in ’n uurglaslyf verander nie?

Ek het wel by die kraamafdeling gaan loer. Maar die laaste ding wat ek nou nodig het, is om te lyk of ek enige oomblik in kraam kan gaan. Op my ouderdom sal dit nie deug nie.

Van die Lycra-nommers het in die aanpashokkie teen my natgeswete lyf vasgesuig en my vetrolle tot teen my longe gedruk. Selle probleem as met die lyfkous. Mens het hulp nodig as jy hom wil aantrek.

Van die swembroeke wat om my agterstewe pas, pas nie om my karige buustelyn nie. En, ek dog daardie broeke wat by die heupe so hoog opgesny is, is lankal uit die mode? Niemand wil sien hoe hou love handles by jou heupbene verbyflap nie!

Van die kostuums sou net vir my pas as ek vier van my ribbe laat verwyder en ’n stewige liposuiging op my boudjies laat doen.

Dis hoekom ek nou hier by die Mug & Bean sit met ’n dekadente bose dik melkskommel voor my.

Ek is dik, ek ry môre met vakansie, en daar is niks wat ek daaraan kan doen nie.

Ek het netnou in een van daardie nare aanpashokkies kaal voor die spieël gestaan en van alle kante krities na my lyf gekyk.

Ek het ’n paar letsels op my maag van laparoskopieë van toe ek ’n paar jaar gesukkel het om swanger te raak. Elke letsel herinner my dat alles in die lewe nie vanselfsprekend is nie. Ek het ’n letsel waar my galblaas verwyder is wat my herinner dat ek so byna byna die emmer geskop het en ’n tweede kans gekry het. Ek het rekplekke van twee swangerskappe en dit herinner my dat daar altyd hoop en genade is en dat my kinders ’n blessing in oormaat is. My borsies is effe plat, maar dit herinner my daaraan dat ek twee kinders kon borsvoed en ’n wonderlike band met hulle kon smee. My boudjies is effe rond, maar ek weet dit voorsien my met lekker kussings vir al die ure wat ek voor my rekenaar moet sit en skryf.

Dis hoekom ek nou hierdie melkskommel drink. Ek het op hierdie oomblik vrede met my lyf en myself. Ek het hierdie jaar ongenadig hard gewerk en ek verdien die rus.

As jy my dus op die strand sien in my strandpakkie, waai vir my. Miskien wys ek jou my maer pose … of dalk nooi ek jou om saam met my ’n melkskommel te gaan drink.

The post Krismislyf appeared first on rooi rose.

Die Prinsesrok
Die Prinsesrok

Nita was nog nooit ’n blommemeisie of ’n prinses in ’n skoolkonsert nie. As iemand in haar familie trou of as die juffrouens rolle vir die konsert kies, kyk hulle haar altyd mis.

Maar Tannie Joan se Anitatjie is al ’n paar keer as konfetti-meisie gekies en sy het al groot rolle in konserte ingeryg. Anitatjie met die lang goue krulhare en blou oë. Engelgesiggie … Nita het al tot die gevolgtrekking gekom dat niemand ’n blommemeisie of prinses met kort reguit bruin hare en groen oë en sproete wil hê nie. Anitatjie was ’n fyntjiese ou meisietjie, en Nita … Haar pa het graag gespog oor sy meisiekind wat net so sterk soos ’n seunskind is.

Nita het geweet dit is ’n groot sonde in die oë van die Here, maar sy het Anitatjie van kleins af verpes. Anitatjie was ’n temerige, mislike, snipperige kind. Nita het haar ma dit al self hoor sê. ’n Ou Pisbalie wat altyd gekla het Nita speel te rof.

Al wat Nita en Anitatjie gemeen gehad het, was die geboortenaam wat hulle van ouma Anita gekry het. Hulle is net twee weke uit mekaar gebore en hul ma’s was glo voor die geboortes al effe haaks oor die naamgewery. Nita het gehoor haar ma het eerste die naam Anita gekies, maar toe word Anitatjie eerste gebore en Tannie Joan gaps die naam. En dis hoe Nita net Nita geword het.

Anitatjie het alles gehad wat Nita begeer. Die goeie punte op Anitatjie se rapport kon Nita nog hanteer want sy het geweet sy speel eerder netbal as om al ewig te leer soos Anitatjie. Maar Anitatjie kon ook ballet en klavier speel. Luukshede waarvoor Nita se pa weens ’n paar droogtes op die plaas nie geld gehad het nie. Anitatjie het ook ’n beeldskone slaappop gehad wat haar pa uit Europa vir haar saamgebring het. Dit is op haar bed uitgestal en Nita mag nog nooit aan die pop geraak het nie. Nie eens een keer nie. Dan was daar ook Anitatjie se pophuis. Sy het regte tafeltjies en stoeltjies en ’n yskassie en wasmasjientjie daarin gehad. En ’n swartbord waarop sy graag Juffrou-Juffrou gespeel het. Nita se pa het ’n ou hoenderhok op die plaas vir haar toegebou vir ’n pophuis en dit met oranje oorskietverf geverf. Nita het nog altyd oranje gehaat.

Die ding met die prinsesrok het begin toe Nita gehoor het Anitatjie-hulle kom weer vir Kersfees plaas toe. Sy het gesug want sy het geweet dit gaan weer ’n nagmerrie van gespog met Anitatjie wees. Al Anitatjie se partytjierokke, prinsesrokke en blommemeisierokke het altyd saamgekom plaas toe en dan het Tannie Joan haar in die sitkamer laat paradeer. Dit wat Nita die grootste pyn gegee het, was hoe Ouma Anita na elke rok ’n paar trane weggevee het oor haar naamgenoot wat so pragtig is.

Met een so ’n parade kon Anita se pa dit blykbaar nie meer hou nie en het tydens die gespoggery afgehaak en al die gaste gewys op die drie opgestopte bokkoppe bokant die kaggel. “My Anita het hulle almal geklits. Skaars nege en ’n baasskut!” Ouma Anita en Tannie Joan het vreeslik gegril vir die storie van hoe Nita haar eerste bok se lewer dapper rou geëet het, en klein Anitatjie het in trane uitgebars oor die arme bokkie se tragiese dood. Nita het tydens die grillery en snikkery gewonder hoekom die spul teemkouse dan so lekker weglê aan haar ma se wildsboud?

Nietemin, toe Nita hoor Anitatjie-hulle kom weer Kersfees kuier, het die bose plan in haar kop begin vorm aanneem.

Toe Juffrou Maree vir Nita gestuur het om die netbalballe in die stoorkamer te gaan bêre, het sy dit gesien: Rye en rye kostuums van die laaste jare se skoolkonserte. Nita het haar vuil hande aan haar netbaljurk afgevee en versigtig aan die prinsesrokke geraak.

Sy kon daardie blessitste rokke nie uit haar gedagtes kry nie en sondige gedagtes het by haar nesgeskrop. Sy het besluit sy gaan een van die prinsesrokke steel! Hoe meer sy begin dink het aan die mooi storie wat by haar prinsesrok sal pas, hoe meer het sy van die storie gehou. Sy het geweet dis ’n liegstorie wat soos ’n dolk in Jesus se hart sal steek, maar sy het ook gevoel sy het nie ’n keuse nie. Jesus sal maar net moet verstaan want dis Jesus se pa se skuld dat sy bruin reguit hare en netbalkuite het.

Sy het haar plan haarfyn uitgewerk. As Juffrou Maree haar weer vra om die balle te gaan wegpak, sal sy sorg dat sy een van die rokke by die stoorkamer se agterste venster uitgooi en dan sal sy na die tyd omstap en dit in haar sportsak druk.

Die plan het soos ’n droom gewerk, maar dit het gedreig om te sneuwel toe Nita die rok die aand in die geheim in haar kamer aangepas het. Dit was heeltemal te klein en te kort! Haar netbalkuite het effe snaaks gelyk onder die ligblou prinsesrokkie.

Die volgende middag is Nita met die rok na Maria in die statte. Maria en haar naaldwerkmasjien het al die vroue op die plaas se kerkklere gemaak. Maria moes plan maak maak met die rokkie. Sy het immers ook vir mislike Anitatjie geken.

Vir dae daarna het Nita elke dag besorgd na die rokmakery verneem en Maria het haar verseker die prinsesrok sal Kersfees gereed wees as Anitatjie met haar rokke kom spog.

Toe Tannie Joan-hulle se Mercedes voor Kersfees op die werf stilhou, het Nita benoud begin raak oor die rok.

“Hy kom, hy kom,” het Maria belowe. Nita het gebid dat die Heer haar moet vergewe vir die diefstal en dat Hy Maria moet help met die prinsesrok.

Net voor aandete het Maria opgedaag met die rok in ’n laken toegewoel. Nita was vies want daar was nie tyd vir aanpas nie, en sy het geweet Tannie Joan sal na aandete met Anitatjie se rokke begin spog. Nita het haar pa laat belowe dat hy nooit weer voor Tannie Joan-hulle met haar bokskietery sal spog nie.

Dit was die langste aandete in hul familiegeskiedenis, het Nita gevoel. Tannie Joan het uitgewei oor al die kunswedstryde wat Anitatjie deur die jaar gedoen het en haar mooi rapporte en almal het waarderend ge- Oe en Aa.

Nita se pa kon dit seker nie meer uithou nie, maar net toe hy begin vertel van die reuse vlakvark wat Nita die vorige week geskiet het, het Nita hom met ’n skop teen die skeen stilgemaak. Na ete het die spoggende spul na die sitkamer verskuif en het Anitatjie se parade van blommemeisierokkies en partytjierokkies begin. Ouma Anita was, soos altyd, ’n waarderende gehoor.

Met die laaste staande ovasie van Ouma Anita het Nita kordaat aangekondig dat sy ’n verrassing vir die familie het.

“Ek is gekies vir die volgende revue se hoofprinses! Juffrou Maree het gesê ek kan die rok huis toe bring om vir julle te kom wys!”

Die familie het opgewonde ge- Oe en Aa! en Nita het kamer toe gedraf om Maria se meesterstuk te gaan aantrek.

Die kreasie wat onder die laken te voorskyn gekom het, het Nita se asem self weggeslaan … Sy wou eers weer sitkamer toe hardloop en vir almal vertel dit was net ’n grap, maar toe besluit sy sy sal deurdruk.

Almal het na hul asems gesnak toe Anita met Maria se skepping die sitkamer inkom. Daar was ’n lang stilte. Toe begin mislike Anitatjie en Tannie Joan ongeskik giggel.

Nita het ’n pyn in haar bors van hartseer gevoel, maar haar nekkie styf gemaak en so grasieus moontlik deur die sitkamer gesweef. Tot reg voor Anitatjie. Toe raap sy die bondels kantgordyn bymekaar wat Maria onderaan die ligblou revue-rokkie vasgewerk het. Die gehoor in die sitkamer het in stadige aksie gesien hoe Nita haar stewige bruingebrande korfbalbeen terugtrek en skop. Anitatjie het soos ’n maer vark geskreeu en Tannie Joan het maklik ’n halfuur gesukkel om haar te troos.

Nita se ma het haar kamer toe geneem en die vermaninge oor haar ongepoetste gedrag was nie naastenby so erg soos Nita verwag het nie. Dit was so ’n lekker skop dat Nita nie omgegee het om terug te stap sitkamer toe om sag ’n verskoning aan die gepynigde Anitatjie te mompel nie.

Die atmosfeer in die sitkamer was vir ’n wyle gedemp. Anita het steeds die prinsesrok aangehad. Sy het gereken Maria het nou reeds al die moeite gedoen en onder die omstandighede was dit ’n meesterstuk. Maria het die bostuk van die rok wyer gemaak met die geblomde blou gordyne wat Nita se ma uit die sitkamer gegooi het oor dit al sonverbleik is. ’n Ou kantgordyn het ewe guitig onderaan die rokkie uitgeklok.

Nita het geweet nie een van die gaste sal dit weer waag om na haar prinsesrok te verwys nie.

Toe kon Nita se pa die situasie blykbaar nie meer hanteer nie. Hy het opgestaan en sy glas brandewyn en Coke gelig.

“Mense, ek wil net graag ’n heildronk instel op my dogter, Nita. Die vlakvark wat julle vanaand geëet het, het sy laasweek geskiet. Dit was ’n kolskoot.”

The post Die Prinsesrok appeared first on rooi rose.

Kersverhaal: Engelekoor
“Die lewe is nie fair nie. Nie in Tweevlei nie, maar luister nou mooi vir my, ons hoef dit nie te accept nie!”

Ouma Jantjie en haar string “griep-kinders” het aangesit vir aandete. Die kinders was nog grootoog na Ouma Jantjie se groot tantrum die middag voor Juffrou Bester se prefab-klas by die Rietspruit Primêre Skool.

Dit was vir haar onaanvaarbaar dat haar kinders nie vir die skool se Kersspel gekies is nie. Nie eens vir die engelekoor nie. Sy is die enigste ma wat die kinders ken en dit is nie die eerste fight wat sy namens hulle by die Rietvlei-skool aangepak het nie. Haar kinders se ouers is aan “die groot griep” dood. Dis hoe mense in Tweevlei se plakkerskamp na die vreeslike siekte verwys. Maar by die Rietspruit Primêre Skool word na die kinders verwys as “Die Vigs-wesies van Tweevlei.” Die skool het groot probleme daarmee dat Ouma Jantjie nie amptelik as voog vir die kinders geregistreer is nie. Gelukkig het Mevrou Bruwer, die maatskaplike werker van Rietspruit, haar hande vol met al die kinders van die distrik wat nie versorg is nie. Sy is maar te dankbaar Ouma Jantjie versorg die kinders van Tweevlei in haar uitgebreide sinkhuis. Daar is nie meer ’n stukkie grond op ouma Jantjie se erf oor wat nie onder sinkplate toe is nie, maar daar is altyd plek vir nog ’n kind.

“Kyk, ek verwag nie my kinders moet ’n Josef of ’n Maria of ’n herder wees nie. Ek weet mos hoe julle hulle kies … ek weet, maar die engelekoor. Juffrou Murray het darem altyd plan gemaak dat my kinders darem in die engelekoor is!”

Juffrou Bester het haar oë ongesiens probeer rol want sy was al hartlik sat vir Ouma Jantjie se gereelde tantrums by die skool.

“Wag nou, wag nou, Mevrou Jantjies. Soos ek al gesê het, vandat Juffrou Murray afgetree het, is ek in beheer van Rietspruit se kultuurgebeure. U sal dit net moet aanvaar. Aanvaar asseblief net my besluite. Daar is eenvoudig nie plek op die verhoog vir meer as vyftig kinders vir die Kersspel nie.”

Ouma Jantjie was niks lus vir aanvaar nie. Sy moes hierdie jaar al hoor sy moet “aanvaar” dat daar nie vir haar kinders plek is in die Jeugdag-tablo nie, sy moes “aanvaar” dat haar kinders ook nie aan die Lente-parade kon deelneem nie.

“Luister hier, Juffrou, ek accept niks nie. Hierdie kinders moet te veel dinge maar net accept.”

Ouma Jantjie se skerp ogies het die oogrollery van Juffrou Bester nie misgekyk nie. Daar waar sy met haar swerm teleurgestelde kinders voor die prefab klas gestaan het, het haar humeur die limiete van haar ordentlikheid bereik.

“Ek gee nou nie om of jy die Queen van Kultuur is nie. Die Jirre het nie vir jou aangestel om te kies wie in sy koor mag sing of nie.”

Juffrou Bester se ordentlikheid het skynbaar ook die perk begin oorskry.

“Mevrou Jantjies, ek is aangestel as …”

“Ja, ja, jy het dit mos al gesê,” het Ouma Jantjie haar ongeduldig onderbreek.

“Die koor is tog ter viering van onse Heiland se geboorte en nou ontneem jy my kinders die voorreg. Ek weet jy sal dit nou nie verstaan  nie, maar alle kinders is engele en daar staan nêrens in die Woord dat daar ’n beperking is van watter kinders Hom mag loof nie.” Haar maer beentjies was wyd uit mekaar geplant waar sy voor die klas gestaan het. Haar dun armpies kwaai oor mekaar gevou. Die kopdoek skoon skeef van kwaadgeit.

Na aandete op die dag van die tantrum het Ouma Jantjies se kinders hul eie engelekoor begin oefen. In die weke voor die Kersspel het sy haar Christmas Album van Boney M oor en oor gespeel tot die kinders elke liedjie uit volle bors kon sing.

Die Kersspel van Juffrou Bester, Rietvlei Primêre skool se kultuurbeampte, het seepglad verloop. Juffrou Bester was ’n trotse vrou.

Toe die laaste applous stil raak, het Ouma Jantjie op die verhoog geklim.

“En nou, vir ’n special deur die Tweevlei griep-kinders!”

Sy het die sydeur oopgestoot en haar kinders na die verhoog gelei.

Van die mense het al uit die saal begin stap toe die kinders begin sing. Van Jingle Bells, Oh My Lord, Petit Papa Noël tot When A Child is Born het hulle gesing tot die mense begin terugstroom het na die saal. Teen die tyd wat hulle Little Drummer Boy en José Feliciano se Feliz Navidad gesing het, het die gehoor saamgeklap en voete gestamp dat die skoolsaal van Rietvlei Primêre Skool dreun van die Kersfees-gees.

Die Tweevlei griep-kinders het daardie aand gelukkig gaan slaap.

Hulle het geweet die lewe is nie fair nie. Nie in Tweevlei nie, maar hulle het geweet hulle hoef dit nie te accept nie.

The post Kersverhaal: Engelekoor appeared first on rooi rose.

Kersverhaal: Krismis
Net so voor Kersfees het daar moeilikheid in die stal uitgebreek.

Die probleem het met die bekroonde Ayrshire-koei begin. Sy het ’n stamboek vol glorie en toekennings gehad.

Soos altyd dié tyd van die jaar het die diere begin praat oor Kersfees en oor Boer se vrou se jaarlikse Kersspel in die skuur op Krombult.

Die plaaswerkers se kinders van die distrik sien altyd vreeslik uit na die konsert en daar is gewoonlik ’n stryery oor wie dié jaar beurt gaan kry om Josef, Maria, die herders en die wyse manne te wees.

Nadat Fya en Mercy van Krombult se ma’s die laaste keer by die boervrou woes gaan kla het oor die onregverdigheid dat Elsie van Agnes van Buffelskrans twee keer na mekaar Moeder Maria was, het Boer se vrou begin boek hou oor die rolverdeling.

Min het sy geweet dat sy hierdie jaar moles in haar man se stal gaan kry wat die vrede van Kersfees sal bedreig. Daar was vir dae ’n fluisterende gebulk onder die koeie oor watter een dié jaar ’n ereplek in die Kersspel sal kry.

Almal behalwe een. Sy het nie getwyfel nie.

Eintlik het die onmin al na die groot veiling op Bredasplaas begin toe Boer met die nuwe Ayrshire-koei hier aangekom het. Bell. Hy het glo ’n fortuin vir haar betaal en sy was haar prys werd as mens kyk na die rosette wat sy by die daaropvolgende landbouskoue gewen het. Boer het Bell se toekennings trots in ’n glaskas in die stal vertoon. Tot die ander koeie se verdriet. Bo-aan die glaskas het hy ’n bord laat aanbring: Hoofkoei: Belladine, dogter van Belladarius en Belladame van Grootvlei.

As Boer se vriende kom kuier, het hy graag met sy stoetkoei gespog. Dan het hulle met biere in die hand voor die glaskas kom staan en Boer gekomplimenteer oor sy koei se uier.

Bell haarself het ook graag voor die glaskas gestaan en pronk, en nooit nagelaat om die ander diere te herinner dat sy by Kannavlei se skou as die Groot Kampioen Koei aangewys is nie. Dit het gevolg op haar prestasie as Kampioen Jong Koei nog voor Boer haar gekoop het. Dan is sy ook laasmaand aangewys by Kromburg se skou as die koei met die grootste uier!

Dis na laasgenoemde wat haar kop so groot geword het dat Perd gesê het daar sal een van die dae nie meer vir almal plek in die stal wees nie. Met die dat Bell se kop so baie plek inneem.

Perd was juis die eerste een wat by Krismis, die donkie, kom kla het oor die onmin onder die diere oor wie vanjaar die eer behoort te kry om in Boer se vrou se Kersspel te wees.

Krismis is lankal beskou as die dier in die stal in beheer van Kersfees. Sy naam was immers Krismis, en hy bly reeds donkiejare in die stal.

Hy het in die stal beland nadat Boer se vrou hom as klein donkie by die slagpale raakgesien het. Sy ma is verkoop, geslag en na salami-fabriek gestuur. Boer se vrou het die wees donkie jammer gekry en Boer beveel om hom te koop. Dit was net voor Kersfees en sy het gedink die klein donkie sal te fraai lyk in haar Kersspel.

Sedertdien het Krismis nog nie een Kersspel gemis nie.

Maar vir Bell was die verering van ’n klosserige ou donkie te veel.

“Jy word net vir die Kersspel gekies omdat jy die enigste donkie op die plaas is,” het sy kort voor Kersfees bitsig vir hom gebulk.

Bell was nie vreeslik gewild in die stal nie. Trouens, sy was glad nie gewild nie. Veral omdat Boer haar verhef het tot hoof koei. Sy het nie in dieselfde kamp as die koeie van twyfelagtige herkoms gewei nie.

Drie dae voor Kersfees het ’n koor van koeie gebulk en die varke, wat nie Kersfeeshamme geword het nie, luidkeels geknars oor die onuitstaanbare snobisme van Bell.

Die onrustige onmin so in die feestyd het Krismis as die hoofdier van Kersfees laat besluit om in te gryp en Bell aan te spreek.

Bell, synde ’n welberese stoetkoei wat al by al die skoue in die Krombult-distrik was, het haar kennis van wêreldgebeure teen die klosserige ou donkie se vermaninge gebruik.

Die meeste van haar kennis doen sy op as sy voor Boer se kantoor in die stal staan en na RSG luister, het sy graag gespog as iemand die moeite gedoen het om te luister. Dis veral aan die klassieke musiek-programme van Wouter de Wet te danke dat haar uier so fluks melk produseer, het sy geglo. Sy het ook beweer daar is al navorsing oor die uitwerking van Barokmusiek op melkproduksie gedoen.

Die weke voor Kersfees het sy veral aangedring op stilte in die stal as haar programme op die radio is. Glo alles ter wille van die volgende skou net na Nuwe Jaar. Sy het haar hart gesit om weer die roset vir die grootste uier te wen.

Krismis het ondanks sy swak kennis van wêreldgebeure voortgegaan met sy vermaning oor die toenemende onmin in die stal so kort voor die herdenking van die geboortedag van die Liewe Heer.

Bell het haar groot oë ’n paar keer meewaardig gerol en besluit sy wil die klosserige ou donkie op sy plek sit.

“O, maar wie dink jy is jy?” het sy na Krismis gekap. “Jy hoort nie eens in die Kersspel nie! Nie een van julle nie! Ek het op die radio gehoor die Pous homself het aangekondig dat die gebruik van diere in Kersspele nie eintlik gehoord is nie. Hy sê dis net ’n mite dat daar diere in die stal was toe Jesus gebore is. Ek het die nuusflits self op RSG gehoor!”

Krismis het verstom en verontwaardig gebalk.

“Waar het jy nou sulke nonsens gehoor? As Jesus in ’n stal gebore was, was daar diere! Waar dink jy het die donkie geslaap waarop Maria tot in Betlehem gery het? Hmmm?”

Krismis het hom gruwelik vererg en Bell ingelig dat hy dalk niks van die nuusflitse op radio weet nie, maar dat Martiens al vir hom vertel het daar is negentien verse in die Bybel wat na donkies verwys. Martiens is ’n kerkman en hy weet.

Maar Bella se kennis het nie teruggedeins nie.

“O, en wat van die 23 verse in die Bybel oor koeie?” Krismis het gehoop hy is reg toe hy Bella op haar plek sit: “Ja, maar was hulle Ayrshire-koeie?”

Dit het Bella ’n rukkie laat dink. Met al haar kennis het sy goed geweet die trotse ras van Ayrshire-koeie is eers rondom 1800 in Ayr in Skotland aangeteken.

Krismis was in sy wese ’n vredeliewende dier en het besluit dit gaan nie deug om so met Bell te staan en stry nie. Hy het geweet Boer se vrou sal voortgaan met haar Kerskonsert al sê die Pous ook wat.

Hy het ook geweet dis ’n feit soos ’n koei dat Boer sal sorg dat sy bekroonde koei ’n ereplek in die Kersspel kry. Al die boere van die distrik gaan immers daar wees. Hy kan al sien hoe Boer met die komende skou na Nuwe Jaar op hande sal spog oor Bella se allemintige uier.

Krismis weet dit en hy het geweet Bell weet dit maar te goed.

Ondanks die geskinner en gekyf in die stal, het die diere dus soort van berus.

Toe tref ’n groot moles Krombult twee dae voor die herdenking van die geboortedag van onse Liewe Heer.

Bell het in die natuur van haar eiewysheid besluit om ’n bietjie verder as haar kamp te gaan wei.

Die ander koeie het reeds dae lank fluisterend gebulk oor Bell en Boer se buurman se stoetbul wat so oor die vlaktes flirteer. Mens kon die buurman se bul al vroegoggend sy beste bulk oor die vlaktes hoor stuur. Dan het Bell koketterig  gevolg van Krombult se kant. Fyntjies, soos dit ’n stoetkoei betaam.

“Dis ’n kwessie van tyd,” het een van die afgetrede Ayrshire-koeie gesê. Sy het immers geweet haar dae op die plaas is getel en dat dit haar voorland is dat sy na Nuwe Jaar as afslag-boerewors by ’n supermark gaan re-inkarneer. Sy het dus nie meer omgegee wat sy bulk nie.

“Daardie Bell gaan nog draad spring, julle sal sien,” en toe verwys sy in verskeie onkuise terme na Bell en die bul se gebulk oor die vlaktes.

Met Bell se uitbreek uit haar kamp kom die ou koei se profesie toe waar. Sy en die andere koeie het met spits ore staan en luister hoe Bell en die bul al nader aan mekaar bulk.

Maar toe verander Bell se bulk in ’n benoude hulpkreet.

Daar was groot drama op Krombult toe Boer hoor sy bekroonde koei het in die swart klei van die buurman se plaasdam vasgeval.

Bell  se bulkery om hulp het vir ure temend oor die vlakte weerklink.

Krismis en Martiens was op pad om ’n vrag hooi vir die Kersspel na die skuur te vat toe hulle Bell se hulpkrete hoor.

Dis Martiens wat aan Boer voorgestel het dat hulle die hooi voor die bedremmelde Bell op die klei moet gooi om die arme koei vastrapplek te gee. Martiens het ’n tou om Bell se nek gebind en Krismis aan die ander kant ingespan. Krismis het getrek so al hy kan. Balkend het hy Bell moed ingepraat. Brullend het Boer bevele uitgedeel aan Krismis en Martiens. Hy het ook skietgebede opgestuur dat sy bekroonde koei se uier tog ongeskonde moet bly.

Dit was ’n gesukkel. Elke keer as Krismis dit regkry om Bell ’n entjie uit die klei te trek, sak sy moeg terug en dan syg die klei weer vas om haar hoewe.

Al was hy reeds donkiejare oud, was Krismis taai van al die swaar vragte wat hy en Martiens al met die wa getrek het. Hy het getrek dat die klei so spat. Sy klosserige pels was later pikswart van die klei.

Boer het gepleit, geswets, gebid.

Toe doen Boer ’n vreeslike ding.

“Nee wat Martiens, gaan haal die perd. Hierdie ou donkie is gedaan. Hy is nou net goed vir die slagpale.”

Sy woorde het Krismis laat lam word van vrees. Hy het teruggedink hoe hy as klein donkie moes toekyk hoe sy ma by die slagpale se deur ingaan en hy het later gehoor sy ma het waarskynlik in ’n paar worse salami opgeïndig.

Krismis het balkend geprotesteer dat hy nog nie reg is om salami te word nie. Hy het immers nog ’n Kersspel om in te speel.

Toe skop Krismis sy hoewe vas en trek dat dit bars. Hy het nie een keer gerus nie. Elke keer as Bell terugbeur om te rus, het hy haar aangemoedig om uit te hou.

“Dink aan die skou. Dink  aan die roset vir jou groot uier,” het hy haar moed ingepraat.

Toe skep Bell moed. Sy het saam met Krismis gebeur en gebulk. Treetjie vir treetjie het hulle twee die klei gewen. Die salpeter het op Krismis se klosse uitgeslaan soos hy trek. Hy het getrek asof sy lewe daarvan afhang.

“Onthou die roset. Dink net aan die roset,” het hy Bell vir oulaas moed gegee.

“Trek! Trek! Trek!” het Boer geskree.

Die buurman se stoetbul het hulpeloos eenkant gestaan en bulk.

Toe gebeur dit. Bella het dapper ’n paar tree op die droë hooi gegee en gedaan op die grond langs die dam neergesyg. Sy was bevry!

Dit het ’n span werkers gekos om haar later op die trok te laai. Die ander koeie het staan en kyk hoe die bekroonde koei gewas en gepamperlang word.

Die afgetrede Ayrshire-koei het die stilte verbreek: “Ek het julle mos gesê dis net ’n kwessie van tyd!”

Krismis was tot met Kersfees nie homself nie. Die reddingsdrama was net te veel vir ’n donkie wat reeds donkiejare oud is. Hy het met moeite saam met Martiens tot by die skuur gestap vir die Kersspel. Hy het moeg op die hooi langs die krip gaan lê.

Die distrik se kinders het gesing van die Heiland wat gebore is “in stille Bêhetlêhemmm” en Boer het ná die Kersspel saam met die ander boere rondom Bella saamgedrom om te praat oor die bekroonde koei wat so byna in die klei verswelg het.

Dis Martiens wat later besef het Krismis lê vreeslik stil in sy posisie langs die krip. Hy het stilgebly oor Krismis se heengaan tot al die gaste vertrek het.

“Langs die krip van Jesus waar ’n donkie hoort. Nevermaaind die Pous,” het Bella later, na haar bekroning as die koei in die distrik met die grootste uier, in haar bedankingstoespraak in die stal hulde gebring aan Krismis.

The post Kersverhaal: Krismis appeared first on rooi rose.

My wens vir Vadersdag
My grootjies het nie die probleem gehad van wat om te eet nie. Vir hulle was dit maklik: Jy eet die produkte op die plaas. Vark, skaap, bees en, sê die grappie mos, as jy lus het vir groente, ’n hoender. Vleis drie maal op ’n dag. Tjops en eiers vir ontbyt. En as voorgereg pap, suiker, melk en ’n lepel botter daarby ingeroer. En as aptytwekkertjie is daar al gellings koffie gedrink, ook met melk en suiker, want as jy die boerebeskuit daarin doop, moet dit sag en soet op die tong kom lê. Vir middagete was daar naas die vleisgereg, soetpatats, aartappels én rys, gekerfde boontjies met uie en aartappel, soetwortels of pampoenkoekies, en vir die gesondheid ’n bietjie kool. Die slaai was tamaties en komkommer, of beet met uieringe. En as Oumagrootjie wou bederf, is een van die rye bottels ingelegde geelperskes of kwepers van die spensrak afgehaal. Saans was dit oorskietvleis, of melkkos of sop en brood, botter en konfyt. As Ouma moeg was, het Oupa met sy knipmes biltong gekerf en vir elke kind sy repie gegee. As jy lus was vir iets soets, was daar vetkoek.

Dan was daar kaiings, droëperskes, rosyntjies en sultanas en natuurlik vars room (of was dit skaapvet?) en heuning op ’n sny vars brood vir elfuur se lastige gaatjie in die maag. En laatmiddag was Ouma se melktert, jamtertjies en koeksisters net die ding. Net vir die rekord: Vis was nie dikwels op die spyskaart nie. Trouens, witvleis ook nie. Net Sondae was daar hoender. En Kersfees die gemeste kalkoen. My grootjies het geweet wat is goed vir jou: vleis, rys en aartappels is gesonde kos. Buitendien, wat nie doodmaak nie, maak vet, is geglo. En soetgoed troos.

Dis nie meer so nie. Ek weet nie meer wat om te eet nie. Is eiers goed vir ’n man? Is margarien beter as botter? Gee braaivleis kanker? Moet jy agt glase water per dag drink? Hoe weet jy nou hoe om gesond te eet en gelukkig te lewe? En wie moet jy glo? “Nie sommer maklik ’n voedingkundige nie,” skryf Michael Pollan in ’n artikel in die New York Times. Hy beskou eet as meer as net ’n noodwendige aktiwiteit – dis iets lekkers. Hy sê dit wat die meeste mense eet, is nie eintlik regte kos nie, dis eerder iets kosagtigs. En dat baie min van ons nog eintlik regtig “eet”. Ons verorber die kos so vinnig as wat ons kan, want die tyd is min. En vra ek: die tafelgebed? Dit is meestal net ’n afgerammelde rympie en deel van die eetritueel van skep, sluk en koebaai!

Volgens Pollan het die wetenskaplikes dit reggekry om kos deur nutriënte te vervang, jou ma se goeie advies oor wat gesond is met die advies van voedingspesialiste, en jou gesonde verstand met ’n deurmekaar kop. Die lekker van kos koop, is sonder fut. Want as jy nou kos koop, kyk jy eers agterop die pakkie na die kilojoules, die persentasie vet, die hoeveelheid vitamiene … Kos koop word ’n wetenskaplike studie en die eetkultuur nutrisionisme … ’n ideologie. Dit, sê Pollan, is heeltemal onnodig. Hy dink nie die oumense was so onnosel met wat hulle gekook en geëet het nie. Inteendeel. Jy kan maar na jou oumagrootjie se raad luister. Ai, die man skryf so in my kraal. Laat eet tog net weer eet word en kos kos.

Maar helaas, my en Pollan se paaie het toe tog geskei. Ons het saamgestem oor kos en eet. Maar toe begin hy beweeg na die blare se kant toe, soos in groenblare, slaai en broccoli, en noem dit lekker, gesond en ware kos. Gmf! My mense het van slaai gepraat as bokkos. En wat meer is, met sy drie keer vleis op ’n dag, tien koppies sterk, ryk en lekker koffie, soetpatats en pampoenkoekies het my oupagrootjie amper honderd gehaal.

Natuurlik, moet ek erken, is hy reg, maar … Wat wil ek vir Vadersdag hê? Net een keer weer in my leeftyd ’n tafel gedek soos my ouma s’n en op die spyskaart alles wat sondig is en glo jou dood veroorsaak. En dan, dokter, beloof ek, is ek terug op bokkos, klonterige roomkaas, ryskoekies en swart, bitter, kafeïnvrye koffie.

The post My wens vir Vadersdag appeared first on rooi rose.

Dans met die rooirok: Hoofstuk 18
Ou koerantstories

Die omstandighede van Phil se dood begin al meer by Amelie spook. Een van die inskrywings op die slaapkamermuur het die saadjie van nuuskierigheid by Amelie geplant. Amelia skryf:

“Jou laaste besoek bly by my. Ons dans vir ewig deur my tuin. Dan is jy weg. Vir altyd. Ek hoor die getjank van die honde op teen die rivier. Jy is weg. Vir altyd.”

Die kantoor van die Sederfontein Gazette het nie argiewe wat verder as twintig jaar terug strek nie. Hulle verwys Amelie na oom Boet Serfontein wat in die vyftigs en sestigs die Vrystaat Dagblad se korrespondent op Sederfontein was. Hy is al in sy negentigs, maar sy brein is glo nog helder.

Oom Boet sit penregop in die Aandrus-tehuis vir bejaardes se tuin. Die matrone vertel Amelie hy was baie opgewonde toe hy hoor sy kom.

“My magtag ja, jy is Amelia se ewebeeld!” Hy buig vooroor en streel oor Amelie se rooi krulhare.

Amelie gesels lekker met oom Boet oor die nuutste wêreldgebeure. Hy lees nog elke dag sy Vrystaat Dagblad van voor tot agter en mis nie ’n nuusuitsending oor die radio nie.

“Ek wou by Oom kom hoor oor Phil Groenewald se dood.”

Sy kan sien die ou man is nie juis geskok oor haar aankondiging nie.

“Ek het gedink jy gaan eendag hier aankom. Stella het my vertel jy krap in Amelia se storie rond.”

Hy neem haar na sy kamer. Hy het plakboeke van al sy ou nuusberigte. Hy het ’n boekmerk by die berig wat hy oor Phil se dood geskryf het.

“Ek onthou dit soos gister. Dit was ’n swaar storie om te skryf want Phil was ’n goeie man. Hy het nie verdien om so jonk te sterf nie.”

Hy blaai tot by die berig:

Boer se lyk gekry

Daan Serfontein

Sederfontein. – Die lyk van ’n vooraanstaande boer is gisteroggend in bosse gevind nadat hy die vorige dag sowat 100 m ver teen ’n krans afgestort het.

Mnr. Phil Groenewald, ’n boer van die distrik Sederfontein, is gisteroggend kort voor 07:00 gevind nadat plaaswerkers, die polisie en lede van die gemeenskap bykans regdeur die nag na hom gesoek het.

Die polisie ondersoek die moontlikheid dat Groenewald per ongeluk geval het nadat hy ’n verlore kalf gaan soek het. Sy vrou, Myra, het bekommerd geraak toe hy nie by die huis opdaag nie en het vriende en die polisie gekontak, het sr.supt. Hansie Verdoorn, polisiewoordvoerder, gesê.

Hy sê die polisie se reddingseenheid meen Groenewald het teen ’n krans op sy plaas afgestort voordat hy teen ’n steil helling afgerol en oor nog ’n klein kransie geval het voordat hy in bosse te lande gekom het.

Groenewald se lyk is met ’n polisiehond opgespoor. ’n Uitgebreide soektog is op sy plaas en langs die Palmiet-rivier gedoen. Groenewald het dikwels snags gaan vis vang en roei.

Groenewald se vrou, Myra, het hom eergistermiddag 16:00 laas gesien. Volgens Verdoorn het Groenewald nie aan sy vrou of werkers gesê hy gaan ’n verlore kalf soek nie. Een van die werkers het aan die polisie gesê Groenewald was die middag ontsteld oor ’n kalf wat weg is.

Groenewald het dikwels op sy eie in die veld gaan stap en was vertroud met die gevaarlike terrein rondom die krans. Die verlore kalf is gistermiddag in die omgewing van die krans gevind.

Geen misdaad word vermoed nie.

“Dis wat ek geskryf het: Geen misdaad word vermoed nie. Dis wat ou Hansie Verdoorn destyds vir my gesê het om te skryf.”

“Maar het Oom dan anders vermoed?”

“Kinta, daar was baie stories na Phil se dood. Party mense het gesê hy het gespring. Vet weet, ek sou hom nie kwalik geneem het nie. Om twee vrouens gelyk tevrede te hou, moes aan hom gevat het. En sy pa. Daardie ou man het van kleins af Phil se lewe hel gemaak. Jy weet van die ding met die oorlog?”

Hy sê dit asof hy weet sy sou reeds die geskiedenis nagevors het.

“Toe ek hoor jy ontrafel die dinge, het ek gehoop jy gaan die een wees wat die storie uiteindelik oop sal krap. Jy weet, so ’n ding is soos ’n sweer in ’n gemeenskap en in ’n familie. Dit moet oopgemaak word sodat die etter kan uitkom. Dis nodig sodat Phillip en sy seun ’n nuwe siklus in daardie familie kan begin. Vet weet, self sal hulle nie die sweer oopmaak nie. Ook nie so lank Myra leef nie en lyk my die ou mens klou nes ek aan die lewe. Ou kanniedoods.”

“Oom het nooit self probeer om die storie oop te krap nie?”

Oom Boet lag diep uit sy maag.

“Op dié dorp? Ek het ’n gesin gehad en my joppie nodig gehad. Vrystaat Dagblad sou niks negatiefs oor die Groenewalds gedruk het nie. Maar almal van ons het daai tyd ons eie idee gehad van wat regtig met Phil gebeur het.”

“Het hy geval of het hy gespring? Of …”

“Ja, of het iemand hom by daardie krans af gehelp? Hansie Verdoorn se kamma ondersoek na Phil se dood is baie vinnig afgehandel. Onthou, die Groenewalds het toe al op Sederfontein geheers.”

“Het almal dan net stilgebly?”

“Nie almal nie. Amelia was ’n klein vuurvreter. Sy het briewe geskryf tot by die regering, hoor ek. Glo van Bloem tot in die Kaap gebaklei.”

Dié interessante brokkie laat Amelie regop sit. Amelia se gedig … Sy het dus vermoed Phil het nie net geval nie.

“Niemand wou na haar luister nie. Oor sy die ander vou was. Mense was toe mos maar baie eng. Maar sy het geweet, daai rooikop. Ek dink sy het geweet.”

“Wat het Amelia geweet, Oom?”

“Sy het tot met haar dood geglo Phil is vermoor. Sy het self by die krans gaan rondkrap tot Myra se werkers haar met haelgewere verwilder het.”

“Maar wie het sy gedink het die moord gepleeg en hoekom?”

Oom Boet staan op en gaan kyk op en af in die ouetehuis se gang. Dis duidelik hy wil nie voor ’n gehoor praat nie.

“Amelia het geglo Myra se pa en broers het van Phil ontslae geraak omdat hy haar so ’n hartseer aangedoen het oor die gekuier by Mon Abri. Jy weet seker hy het in die nagte daar gaan kuier? Hansie Verdoorn hulle het langs die rivier na Phil gesoek want almal het geweet Phil gaan kuier in die nag. Amelia het my self vertel Phil was daardie aand by haar. Hy het nie na die kalf gaan soek nie.”

Amelie dink dadelik aan die inskrywing op die muur: “Ons dans deur my tuin. Dan is jy weg. Vir altyd.”

“Het daardie aand met Phil se besoek iets gebeur wat kon voorspel dat hy daardie nag sou sterf?”

“Amelia het my vertel Phil was onder baie druk van Myra en haar mense. Sy het geglo hulle het hom daardie nag voorgelê toe hy terug is by die plaas.”

“Maar Oom, uit die briewe wat Phil vir Amelia geskryf het, was dit duidelik hy het dit soms oorweeg om selfmoord te pleeg? Is dit nie ook moontlik nie?”

“Phil sou nie self gespring het nie. Hy was my vriend, maar Phil was sag. Jy weet? Hy was vrek bang toe sy pa hom oorlog toe gestuur het, en toe het hy al gedreig om ’n einde aan als te maak. Maar hy het nie. Phil het maar soms so gepraat as hy desperaat was. Hy het na sy pa se pype gedans. Ek wil nie sonder respek klink teenoor my vriend nie, maar die murg in sy pype was bietjie dun, jy weet?”

“’n Lafaard? Was hy te lafhartig om te spring?”

“Ek dink so, my kind. Phil sou nie gespring het nie. Eerder geval het, maar spring? Nee.”

Amelie kan haar net indink hoe bang die jong Phil tydens die slag van Delville Bos moes gewees het. Dit was ’n bloedige slag onder ellendige omstandighede. Dit laat haar nou wonder hoe Phil van die bos tot by die klooster in die dorp gekom het. Hy was nie dapper genoeg om op ’n missie te wees nie. Het hy dalk gevlug?

Dis asof Oom Boet haar gedagtes lees.

“Phil was nooit weer dieselfde mens na die oorlog nie. Hy het my net een keer daarvan vertel. Dit was vreeslik. Mense is om hom stukkend geskiet. Hy het sy pa nooit vergewe dat hy hom gedwing het om te gaan nie.”

“Wou sy pa hom ’n man maak? Is dit hoekom hy hom gestuur het?”

Oom Boet lag en vryf oor Amelie se rooi hare.

“Jy is ’n slim ene. Net Amelia. Phil was nie ’n boer nie. Hy wou nie boer nie. Hy was ’n sagte mens. Liewer vir boeke as vir boer. Maar vir Phil se pa was die Groenewald-plaas en nalatenskap belangriker. Dis snaaks dat die oorlog amper vir Phil ’n kans gegee het om weg te kom van die plaas. As hy en Amelia nie gevang is nie, het Phil in Europa gebly. Ek dink partykeer dit was in elk geval sy plan al het hy Amelia nie ontmoet nie. Hy wou daar bly om weg te kom van sy pa. Hartseer storie die een van die Groenewalds.”

Amelie is dankbaar sy het tyd gemaak om by oom Boet te gaan kuier. Sy inligting is baie meer feitelik as die van Stella.

Sy het ’n hartseer gevoel op die krop van haar maag oor van die berigte oor die Groenewalds in oom Boet se plakboeke. Op vergeelde koerantfoto’s poseer Phil en Myra by van hulle stoetvee op ’n landbouskou. Myra haak intiem by haar man in en kyk bewonderend op na hom. Dit laat Amelie besef Myra het haar man liefgehad en sy verraad moes pynigend gewees het.

Op foto’s van Phil se begrafnis lyk Myra ontroosbaar. Amelie kon die hartseer van die vrou en haar seuntjie duidelik sien. Die jong Phillip klou op die foto aan sy ma en familie troos hulle.

Wat sou die werklike feite agter Phil se dood gewees het? wonder Amelie. Die moontlikheid dat Myra en haar familie van Phil ontslae geraak het, strook net nie met die koerantfoto van die bedroefde weduwee en haar seuntjie nie.

Lees hoofstuk 1-17 hier

The post Dans met die rooirok: Hoofstuk 18 appeared first on rooi rose.

Die Boomkind
Die Boomkind

Hansie kon boomklim voor hy behoorlik kon stap. Niemand het sy vreemde fassinasie met bome verstaan nie. Die pragtige seuntjie het van sy geboorte byna aanhoudend geskree. Madrie, moeg ná die moeilike geboorte, was radeloos met die skreeuende bondeltjie.

Dit was eers toe Martin een nag met die skreeuende baba onder die groot vyeboom gaan staan het dat hy stil geword het. Sy ogies het op die welige blare gefokus, die dom handjies het onder die blou katoenkombersie uitgewoel, byna asof hy in die maanskyn na die takke wou gryp. Madrie het yskoud geword. ’n Gil het in haar keel gestol. Wat swaai daar in die donker takke? Waarna het die handjies gegryp? Daar is niks nie, verseker sy haarself, en sit ’n CD met vioolmusiek op. Die klank van musiek sal ons almal rustig maak, dink sy.

Die baba in die arms van die groot boer onder die reuseboom was feitlik dadelik stil, maar Madrie was onrustig. Uitgeput en ontnugter met moederskap het sy op haar bed ingesluimer. Maar die stilte het haar slaap binnegedring. Sy het uitgestap op die groot stoep en toe haar oë gewoond raak aan die donker, het sy Martin sien sit, sy rug teen die vy se gladde stam. Hy was vas aan die slaap en Hansie se klein lyfie het reëlmatig beweeg. Martin het die grootste deel van die warm nag daar gesit met die slapende kind in sy arms. Sy het onrustig in die verrinneweerde rottangstoel op die stoep opgekrul en moeg geslaap. Die egoïstiese slaap van ’n skuldige, het sy haar die volgende oggend verwyt toe ’n moeë Martin op die trekker lande toe is.

Die boom was hul redding as Hansie begin skree het. Sy blou babawaentjie het mettertyd die grootste deel van die dag onder die koel blaarsambreel gestaan. As kleuter het hy daar gespeel, die kinderoppasser altyd naby.

Die skeel, opgeskote Katriena het een middag dringend na Madrie geroep. Hansie, skaars twee, was bo in die vyeboom. Sy gesiggie het gestraal en sy moes Martin van die lande af laat kom om hom af te kry. Sy en Katriena het intussen met uitgestrekte arms onder die boom rondgestap, al agter die vet beentjies en stewige armpies aan, gereed vir wanneer hy sy balans verloor.

Maar ’n makliker en gemakliker peuter kon jy skaars kry. Hy was maar altyd in die boom, salig gelukkig tussen blare en takke in sy eie wêreldjie. Madrie kon die onrus nie uit haar gemoed kry nie. Die donker skaduwees, die geslote donkergroen dak, die takke spookagtig in die maanlig het haar ontstel. Sy wou haar vet peutertjie om haar voete in die kombuis of op die koel houtvloer by haar klavier hê. Die probleem het in erns begin toe Hansie moes skool toe. Martin moes hom omkoop met die belofte van ’n dubbelverdieping-boomhuis. Op laerskool het dit nog goed gegaan. Die dorpskool het die kinders toegelaat om kaalvoet skool toe te gaan en niemand het gedink dis snaaks dat Hansie elke pouse in die bome op die skoolterrein was nie. Al die seuns het trouens boomgeklim en aan takke rondgeswaai. Smiddae ná skool was Hansie soos blits in ’n boom. Geen boom op die plaas was vir hom te hoog nie. Hy het van boom tot boom beweeg, so tuis soos ’n apie in die boomtoppe. Hansie kon glad nie die hoërskool op die naburige groot dorp hanteer nie. Hy het ná ’n paar dae verdwyn en was een oggend rustig aan die slaap in die boomhuis. Sy wêreld was die plaas se bome. Soms het hy ure na die wind in die dennebos geluister. Laatmiddag en vroegoggend het hy saam met die vinke en die pieterpolle in die populierbos langs die rivier deurgebring. Maar saans was hy altyd in die reusevyeboom vlak langs die stoep.

Sielkundiges, psigiaters, die skoolhoof en selfs die dominee kon geen fout met Hansie kry nie. Herhaalde kere is hy skool toe gedwing, herhaalde kere het hy weggeloop en is hy ie-wers in ’n boom gekry.

Vir Madrie en Martin was dit ’n verskriklike ding. Madrie het ’n tuisskolingskursus gekry en ure onder die boomhuis gesit by ’n tafel met haar boeke terwyl Hansie in die boom ywerig saamwerk. Hy het geen probleem gehad met wiskunde, Engels of enige ander vak nie. Martin het stiller en stiller geword. Hy het Hansie probeer besig hou om ’n mate van normaliteit te probeer kry. Hansie was snoeityd ’n doring in die vrugteboorde. Hy kon heeldag werk as dit in die omgewing van bome was. Saans het hy net saam het hulle geëet as Madrie op die stoep by die vyeboom gedek het waar hy tussen die takke en blare na die maan en sterre kon tuur. Madrie het haar aan die gemeenskap onttrek. Sy het uit die kunsvereniging se bestuur bedank. Sy het ná kerk nooit meer tee gedrink nie. Daar was altyd die verskoning van ’n boud in die oond of vriende van die stad wat kwansuis tuis wag. Later het sy nie eens meer kerk toe gegaan nie. Sy het die weeklikse inkopies op die naburige dorp gaan doen en later liewer in die stad. Vriende het nie meer oorgekom nie. Selfs die familie het nie meer gekom nie. Die hartlikheid in die mooi plaashuis met sy antieke meubels, goeie musiek en stimulerende gesprekke om die groot eettafel was nie meer nie. Sy het Martin se toenadering begin vermy.

Hansie was feitlik nooit in die huis nie, maar sy vreemde gedrag was altyd daar, in elke vertrek. ’n Ondertoon in elke gesprek, ’n huiwering in die toenemende stiltes. Madrie het ure lank by die venster uitgestaar na die vyeboom, die dennebos, die populierbos, die vrugteboorde. Hansie was daar, gelukkig in sy eie wêreld waar bome soveel werkliker as mense was.

Die versmorende stilte het Madrie laatmiddae uit die huis gedryf. Sy het in die rigting van die berg gestap, verby die wind in die dennebos, die voëlgekwetter in die populierbos en weg van die vrugteboorde. Martin het net boerbokke op die droë berggrond aangehou en gevolglik het daar selde iemand gekom. Madrie kon in vrede stap waar daar geen bome, geen takke wat gryp na die hemel, geen blaarsambrele was nie. Soms was sy verbaas dat sy nog trane oor het. Hoekom Hansie? Waarom die fassinasie met bome? Hy is tog intelligent. Hy kon lees voor hy skool toe is, het graag geteken en kleuterrympies gesing. “Waarom? Waarom? Waarom?” Sy skrik toe sy besef dat sy die vraag woedend teen die lae bossies en kranse van die berghange uitskree.

En toe val haar oë op die vrou wat kruie pluk. Die vrou groet en Madrie draai skaam op haar spore terug. Wat soek die vrou op hul grond? Sy sukkel aanvanklik om die skraal fi-guur te plaas, maar onthou toe. Die kruievrou het in een van die verlate spoorweghuisies in-getrek. Dit is die een op die punt, guitig geverf met geel vensterrame en ’n welige kruietuin voor en agter. Baie dorpenaars glo aan die vrou se rate en kry gereeld iets by haar vir die kwale van die ouderdom en die aanslae van die lewe. Iemand het genoem dat sy kruieplantjies vir kwekerye in die stad kweek. Iemand anders het gesê die bankbestuurder was verbaas dat iemand van die vrou se vermoë op hul dorpie kom bly het en dit in so ’n klein huisie. Die aand noem sy aan Martin dat sy die vrou op hul grond gesien het. Hy knik afgetrokke. “Ek het gesê sy kan kruie daar oes. Daar is soveel en sy weet presies hoe om te pluk sonder om dit uit te roei. Sy is ’n botanis; het vroeër klas gegee by jou ou universiteit.” Hy kyk stip na haar, asof sy die vrou moet ken.

“Ek het nie juis die personeel van die natuurwetenskappe geken nie, was maar altyd besig by die konservatorium,” sê sy sag en vermy sy oë. ’n Paar dae later dryf die stilte Madrie weer na die kranse. Die vrou sit in die skaduwee van ’n rots, ’n mandjie met kruie by haar voete. Madrie is ongemaklik. Sy het nog nooit laat blyk hoe diep Hansie se gedrag haar raak nie. Sy weet die dorpsmense het destyds, toe Martin met die musiekdosent van die universiteit getroud is, gesê sy is snobisties. Hoe min het hulle haar toe verstaan en hoe min verstaan hulle steeds. Sy dra haar verlede opgesluit in haar binneste. Die vrou het geen reg gehad om haar swakste oomblik, toe sy in die namiddagwind geskree het, te beleef nie. Die vrou groet asof hulle mekaar elke dag terloops teëkom en hou ’n sakkie met gedroogde blare na haar uit. “Dit is goed vir spanning,” sê sy. “Kattekruid hier van jul eie plaas. Daardie grysgroen plante met die pienk blomme. Die blare lyk soos dié van ’n malva. Die Khoi het die blare en takkies eeue terug al vir ’n verskeidenheid kwale gebruik. Jy is bekommerd oor jou seun?”

Madrie ken haar eie stem nie, sy weet skaars toe sy begin praat. Sy vertel van Hansie as vet baba, onnutsige peuter, ernstige seuntjie. Die geleidelike onttrekking aan mense, sy fassinasie met bome. Wanhoop, woede en verbittering stroom soos ’n gebreekte damwal ná ’n storm. Later, toe sy bloot nog bewus is van die diep seer, bly sy stil. Die geur van kruie en stof hang in die lug.

Die vrou luister sonder om te praat. Madrie is dankbaar dat sy nie met leë trooswoorde probeer help nie. Sy kyk na die etiket op die sakkie kattekruid en sê moeg: “Ek sien ek moet dit trek op kookwater en soos tee drink.” Die vrou knik net en ná ’n lang stilte staan Madrie op. “Dan loop ek nou maar.”

Die vrou roep haar terug. “Kattekruid sal bloot help vir die simptome. Jy moet eerder die sweer in jou binneste oopmaak, laat gesond word. Nie kattekruid of enigiets anders kan daar diep binne genees nie. Laat dit uit … ”Madrie is bitter toe sy omdraai: “Dink jy ek weet dit nie? Ek leef hiermee saam, sal altyd hiermee moet saamleef. Dink jy vir een oomblik ’n koppie kruietee kan soveel onreg regmaak? Kattekruid … ” Sy spoeg die woord uit en gooi die sakkie neer. Die kruievrou gaan onverstoord voort. “Miskien moet jy jouself vergewe. Hansie se pa … sy dood was nie jou skuld nie. Hou op om hom te sien swaai in die akkerboom in die konservatorium se tuin. Jy het dit nie aan hom gedoen nie. Hy het dit self gedoen. Ek het later jou briefie op sy klavier gekry. Jy het reg gekies. Hy sou gou verveeld geraak het met die sleur van ’n baba. Ek is Lotte Kusstner. Ek het my, soos jy, vir jare self verwyt. Selfs al kon ek hom kinders gee, dit sou nooit vir hom genoeg wees nie. Gedink dis oor ek so vaal, so onopwindend, so vervelig is, dat hy jou en al die ander verkies het. Jare ná sy dood het ek my pos by die universiteit opgegee, hier kom wegkruip. Dit was eers toe ek Martin genader het vir die kruie op jul berggrond dat ek besef het wie se kind Hansie is. Daar is meer in die lewe as skuld en lyding. Drink die kattekruid vir die bietjie hulp wat dit kan gee. Vergewe jouself, God het lankal.”

Madrie snak na haar asem en sak op die droë grond neer. Sy kyk met gesperde oë na die vrou. Haar skouers ruk en sy huil met aaklige roggelgeluide. Lotte gaan voort: “Ek het nie die gesprek beplan nie. Maar die lewe het ons paaie nie verniet laat kruis nie. Jy was nie die eerste nie, ook nie die laaste van sy verowerings nie. Vandag weet ek dit was nie my skuld nie. Dit was iets in sy diepste wese wat altyd bewonder moes word, avontuur moes beleef, verowering wou smaak. Weet jy, ek glo die nag toe hy hom aan die akkerboom opgehang het, was een van sy suiwerste omgee-oomblikke. Hy het min van homself vir ander gegee. Hy het altyd geglo sy musiek is sy geskenk aan die mensdom, sy talent was sy gawe aan ander. “Maar iewers in die aanloop tot daardie donker nag moes hy besef het hoe vernietigend sy gedrag was, moes hy geweet het hy sou nooit kon verander nie. Miskien was hy bloot bang vir ouer word, sy slag met vroue verloor. Miskien het hy regtig omgegee vir al die vroue op sy kerfstok, vaal ekke ingesluit. Ek glo sy dood was een van die min onselfsugtige dade in sy lewe. Eers toe ek myself en hom vergewe het, kon ek weer leef.”

Die aand dek Madrie die tafel op die stoep met ’n wit tafeldoek en wit geborduurde servette soos in die ou dae. Sy steek kerse op. Ná Martin gedank het, druk Hansie oudergewoonte met sy linkerhand op die stoepmuurtjie, gryp die oorhangende tak met die regter en verdwyn in die takke van die boom. Madrie en Martin kyk lank in stilte uit oor die boorde, die droëveld en die ongenaakbare berg op die agtergrond. Die pas gesnoeide vrugtebome is silwerwit in die verdwynende lig. Die kaal takke is skerp afgeteken teen die donker lug. Net voor die swart nag hulle omsluit, is die lug vir oomblikke intens indigoblou. Die kaal gesnoeide bome gryp met strak takke smekend na bo.

“Kyk,” sê Martin later: “Die dennebos daar by die grootpad, die populiere langs die rivier en die berg, die grense van die plaas, die grense van ons eie wêreldjie, is duidelik sigbaar ondanks die donker nag.”  En toe antwoord Martin haar op haar dringende ontboeseming vroeër die middag in sy studeerkamer. “Ek het altyd geweet van Hansie. Daar was tye dat ek jou fisiek uit die bed wou skop, jou kop teen die gangmuur wou stamp.” Hy is lank stil voor hy skor fluister: “Maar ek het altyd geweet ek wil nie sonder jou nie … en ek het altyd gehoop … ” Die wind speel sag deur die vyeboom se taai blare en streel deur Madrie se hare. “Martin, dis net iemand met ’n groot gees wat sulke bedrog kan vergewe. Ek verstaan dit teoreties. Ons word trouens van kindsbeen daarin onderrig dat God ons ondanks alles liefhet, vergewe. Jy moet baie na aan Hom wees om so te kan vergewe. Maar ek moet nog jou vergifnis met my hart aanvaar. Die aanvaarding met my kop is een ding. Om dit met my hart te aanvaar is ’n langer pad. Help my, asseblief. Bowenal moet ek myself vergewe. Miskien, Martin, sal hoop uiteindelik die keersy van vergifnis wees.”

Baie, baie later kom Hansie se stem vakerig uit die boom: “Ma, ek het gedink, ons moet van môre af meetkunde by die tafel onder die boom doen. Ek sukkel met die driehoek en gradeboog hier in die takke.” Martin vat haar hand in die donker. “Hoop is die keersy van vergifnis.”

The post Die Boomkind appeared first on rooi rose.

Ou liefde roes nie
Ou liefde roes nie

Juffrou Lettie was gevorderd in jare, maar hoe oud sy regtig was, het niemand geweet nie. Sommige van ons het al by geleentheid gewonder of sy ooit ‘n baba was.

Miskien is sy in ‘n donker snyerspakkie en bolla gebore. Haar skerp blou oë en ewe skerp verstand het haar in ‘n eie kategorie geplaas. Geen maatskaplike werker of verpleegkundige sou dit waag om liefderyk na haar as “een van my oumensies” te verwys nie.

Sy het in haar groot huis op die plaas gebly, ‘n onmiskenbare deel van die lewe op Uitsig. Al het haar broerskind lankal die boerdery oorgeneem, was haar ysterhand deeglik in die bestuur sigbaar. Klein Jan sou dit nie waag om ‘n groot besluit oor die boerdery te neem sonder om eers vir Juffrou Lettie te raadpleeg nie. Haar broer is al jare oorlede en die enigste suster is die vorige jaar stil in die familiekerkhof weggebêre. Mense het steeds gefluister oor Anna se skielike troue met die mannetjie van die koöperasie. Niemand het die twee ooit eens saam by die kerk of die Saterdagtennis gesien nie. Maar toe die dorp hul oë uitvee, was die twee getroud en het Sawwe Stefaans en Anna in ‘n splinternuwe Dodge die dorp uitgery. Sawwe Stefaans se skuld by die plaaslike hotel is skynbaar oornag afgelos. Boonop het hy glo iewers ‘n pos in die stad gekry. Anna en Stefaans het daarna maar min gesig gewys. Daar is lank geskinder oor die Jordaans se getroude buurman wat so danig met Anna was in die boorde waar Uitsig en Vrolikheid aanmekaar grens. Stories het die dorp vol gelê dat die baba wat vroeg gebore is, glad nie na Stefaans trek nie.

Skaars ‘n week ná die destydse onverwagte troue het ‘n vreemde meisie onverwags vir Stefaans by die koöperasie kom soek. Dit was ‘n hele gedoente en die meisie is inderhaas uit plaas toe, waar Juffrou Lettie skynbaar ‘n tjekboek uitgehaal het. Die meisie is nooit weer gesien nie en hoeveel stertjies die storie gekry het, weet niemand nie. Juffrou Lettie het haar nie veel aan die geskinder gesteur nie. Soos altyd het sy ongestoord haar goeie gang gegaan en plaas en dorp met ‘n ferm hand bestuur.

Juffrou Lettie was wyd belese, ingelig en ‘n doener. Sy het nooit teruggesit en persoonlike of gemeenskapsake maar hul loop laat neem nie. Daar was min wat sy nie van die politiek, ekonomie, boerdery, of plaaslike sake geweet het nie. Hier in 1998 rond het sy teenoor die uittredende predikant beken dat sy in ‘n versoeking is om nie meer oor die politiek te lees nie. “Ek het ‘n sterk be-geerte om my heeltemal van die twak te distansieer, maar dit sou baie kortsigtig wees,” het sy met kenmerkende nugterheid gesê.

Dit het dus as ‘n skok gekom toe die gemeenskap een koue Sondagoggend besef dat Juffrou Lettie oud en broos geword het. Die eerste sneeu van die seisoen het die vorige nag geval en die boere het met rooi neuse die weer staan en bespreek toe sy by die kerk neerslaan. Sy het vergeefs probeer opstaan. Die koster het die mense haastig na die syingang weggekeer.

Juffrou Lettie sou voorwaar nie daarvan hou dat sy ‘n spektakel van haarself maak nie. Die heupvervanging was suksesvol. Sy was ná ses weke terug in haar eie huis. Met ‘n nugterheid eie aan haar onafhanklike aard, het sy begin voorberei vir die trek na een van die woonstelletjies by die dorp se ouetehuis. Sy het lysies uit die kluis gehaal en presies geweet wat waarheen moet gaan en wie wat moet kry. Daar was selfs ‘n belegging waarvan Mina, haar jare lange huishulp, gerieflik sou kon leef.

ALLES WAS HAARFYN BEPLAN, behalwe dat daar nie ‘n woonstel beskikbaar was nie. “Grieta,” het sy vir Klein Jan se vrou gesê. “Ek het ‘n probleem. Ek kan nie meer lank alleen hier woon nie en ek sal nooit by jou of enige ander familie intrek nie. In normale omstandighede sou ek bloot die saak in gebed opgeneem het. Soos jy weet, is daar ‘n vertrouensverhouding tussen my en die Hemelse Vader. Oor hierdie saak kan ek nie sonder meer bid nie. Ek kan tog nie bid dat een van die vier woonstelbewoners moet sterf sodat ek kan intrek nie. Dit is tog ‘n uiterste sonde, gelykstaande aan moord, om te bid dat iemand moet doodgaan. Nee, hierdie is nie ‘n saak van gebed nie.” Juffrou Lettie, hoewel gelowig en liggaamlik broos, het onomwonde geweet dié saak moet sy self oplos.

Grieta het matrone Fourie by die tehuis gaan opsoek. Daar het dit aan die lig ge-kom dat Juffrou Lettie die vier woonstelle destyds gefinansier het op voorwaarde dat sy enige tyd op ‘n woonstel aanspraak mag maak. “Grieta, dis ‘n stewige bedraggie wat Juffrou Lettie destyds bewillig het. Ons moes die grond by oorlede oom Oelofse uitkoop en Juffrou Lettie het aangedring op ruim vertrekke, goeie afwerking en toebehore. As Juffrou Lettie ‘n woonstel wil hê, is ons verplig om een te ontruim. Daar is so ‘n klousule in elk van die kontrakte ingebou. Sodra Juffrou Lettie laat weet, sal die bestuur met die vier inwoners begin onderhandel. Maar wie van die vier ons sal moet uitsit? O, dis ‘n tameletjie.” Matrone Visagie het ‘n migraine voel kom en ‘n pilletjie by die siekeboeg gaan vra.

Die vier inwoners was goed aan die gemeenskap bekend. Woonstel een is bewoon deur Mevrou Dominies Retief. Dominies Retief het die gemeente 24 jaar lank bedien voordat hy een oggend op die preekstoel ‘n hartaanval gekry het. Predi-kante het destyds nie juis goeie pensioenfondse gehad nie en mevrou Retief het geen ander heenkome gehad nie. Die gemeente het verantwoordelikheid vir mevrou Retief geneem en versorg haar steeds met woord en daad.

In woonstel twee bly juffrou Mimmie Volschenk, dekades lanks reeds ‘n staatmaker in die gemeenskap. Sy het as jong meisie op die dorp kom skoolhou en het nooit getrou nie. Iemand weet te vertel dat sy op troue gestaan het met ‘n jong boer uit haar tuisdorp iewers in die Karoo, toe dié in ‘n motorongeluk oorlede is. Mimmie Volschenk het baie dekades lank die dorp se kinders onderrig en word steeds hoog geëer. Waar sal sy tog heen sonder kind of kraai?

In woonstel drie bly Tannie Mari Maritz, die blinde orrelis wat altyd gereed is om haar plek agter die orrel in te neem, al is sy reeds diep in die sewentig. Sy het laat in haar lewe haar sig verloor. Sy was jare lank die voorsitter van die Vroue- Landbou-unie, die sustersvereniging, en waarlik ‘n Israeliet sonder bedrog. Haar man is lank reeds dood en haar enigste dogter by die geboorte van ‘n tweeling. Die skoonseun en sy tweede vroutjie het aanvanklik nog gereeld gesig gewys, maar hulle het mettertyd Australië toe verhuis. Die tweeling het nie juis kontak met hul ouma behou nie. Mari Maritz is wel finansieel versorg, maar waar gaan ‘n blinde, ou vrou heen?

In woonstel vier bly ‘n inkommer, ‘n liewe, vriendelike, fyn vroutjie, Jemima Jooste. Jemima het bloot eendag net met ‘n paar koffers haar opwagting op die dorp gemaak. Juffrou Lettie het haar skynbaar geken, want toe ‘n woonstel beskikbaar geraak het, het Jemima ingetrek. Sy was effe jonger as die res. Sy dra fleurige, pastelkleurige, geblomde rokkies en was elke week haar hare in ‘n perserige spoelmiddel. Daar speel altyd dansmusiek op haar radio en haar tuintjie is reg deur die jaar vol kleur. Daar word soms goediglik na haar as “die vrolike weduwee” verwys.

GRIETA EN MATRONE HET NA mekaar gekyk. Jemima, soos sy aangedring het dat oud en jonk haar noem, het laaste ingetrek. Sy was die enigste een wat nog nie lank op die dorp gebly het nie. Sy het trouens nie eens kerk toe gegaan nie en ondanks haar vrolikheid, het sy altyd so ‘n effense buite-stander gebly.

Terug by Juffrou Lettie het Grieta die saak versigtig aangeroer. “Matrone en die bestuur reken dat hulle Jemima sal vra om ‘n ander plan te maak.”

Grieta het nog nie haar sin voltooi nie toe Juffrou Lettie kwaai met haar vuis op die antieke hoektafeltjie kap: “Jy het geen reg om in te meng nie, Grieta. Jy het geen reg om agter my rug en namens my te gaan praat nie. Daardie antieke kas sal nou na my niggie se dogter op Upington moet gaan. Jemima Jooste bly net waar sy is. Ek het destyds gesorg dat sy die woonstel kry toe sy geen ander heenkome gehad het nie. Ek sal haar nie nou van ‘n dak oor haar kop beroof nie. Sy is ‘n ligsinnige vrou, maar dit gee niemand die reg om haar kwaad aan te doen nie.”

Juffrou Lettie het voet by stuk gehou en nie Grieta of Klein Jan kon hond haaraf maak nie. “Nou ja, Juffrou Lettie, dan weet ek nie,” het Grieta ná weke se heen en weer moedeloos gesê. “Kom ons bid maar oor die saak.”

Weer het Juffrou Lettie met die vuis op die hoektafeltjie geslaan en dié keer was Grieta die hemelbed kwyt. “Ek het jou van die begin af gesê, bid sou ek in normale omstandighede bid, maar in dié saak durf ek nie bid nie.”

Grieta het omgedraai en eers huis toe gegaan. Sy was nie regtig ontsteld oor die kas of die bed nie, het sy aan Jan verduidelik. “Ons het reeds ‘n huis vol pragtige meubels. Dis net dat Juffrou Lettie regtig nie meer alleen moet bly nie. Vir die eerste keer begin ek wonder of sy nie nou so effens kens raak nie. Reken, sy wat in elke moeilikheid die Here se wil soek, wil oor die saak nie eens bid nie.”

KLEIN JAN WAS VERSTOM. Juffrou Lettie was ‘n bidder van formaat. Statig en oortuigend het sy die rol van voorbidder in die Pinksterdienste vervul. Sy het gebid by familiebyeenkomste, by die voorstelling van geliefde broerskinders en dié se kinders. Daar was geen sentiment of geteem in haar gebede nie. Nee, dit was nugter, saaklike gebede wat met vertroue aan die Hemelse Vader opgedra is. Reken, Juffrou Lettie wil nie bid nie! Dit op sigself is die duidelikste teken dat sy nie meer in staat is om alleen te bly nie.

Laatnag kry Grieta die antwoord in ‘n droom. Vroegoggend is sy met Juffrou Lettie se emmertjie melk, vars van die koeie, by die agterdeur. “Kyk, Juffrou Lettie, ek het nou so gedink. Natuurlik wil ons nie bid dat die Vader een van die vier vroue ‘deur die dood’ moet wegneem nie. Maar wat verhinder ons om te bid dat een van hulle uit eie wil sal besluit om uit te trek?”

“En vir wat sal ‘n ou vrou wat by haar volle positiewe is, nou uit so ‘n gerieflike woonstel wil trek? Grieta, jy mors my tyd. Hierdie is nie sonder meer ‘n saak van gebed nie. Ek het jou reeds so gesê. Ek sal hierdie saak eers goed oordink voordat ek optree.”

Vies draai Grieta met die leë emmertjie om. “Ag, Juffrou Lettie, kom ons bid dat vrolike Jemima ‘n man kry en haar ou dae gelukkig en verlief sal deurbring.” Sy verwag dat Juffrou Lettie oor dié ligsinnigheid die eetkamerstel ook uit haar erfporsie sal wegneem, maar toe sy omkyk, is daar ‘n ingenome glimlaggie om die vasbeslote mond.

“Gelukkig en verlief! ‘n Man vir haar oudag. ‘n Man, nè? Nou ja, daarvoor kan ek dalk bid,” sê sy diep nadenkend. “Of dalk hoef ek nie eens te bid nie. ‘n Mens moet die Vader darem ook nie belas met dinge wat jy self kan regstel nie.”

“Regstel, Juffrou Lettie?”

Juffrou Lettie antwoord nie, kyk net ingenome oor die boorde van Uitsig.

Grieta is so nuuskierig soos kan kom. Sy draai die dag by Juffrou Lettie rond. Sy bied aan om Juffrou Lettie te help met die regpak van haar studeerkamer. Sy bied aan dat hulle biblioteek toe kan gaan, maar Juffrou Lettie kyk haar alwetend aan. “Jy vis verniet, Grieta. Jy bars van nuuskierig-heid, maar hierdie saak is vir my en my gewete alleen.”

Die volgende week daag Juffrou Lettie se wewenaarswaer onverwags op. Sawwe Stefaans stop by Juffrou Lettie se opstal, drink tee en ry toe oor na Klein Jan en Grieta en vra hulp met sy koffers.

“Lettie het my genooi,”verduidelik hy, “maar sy meen dis onbetaamlik dat ek by haar intrek.” Hy maak hom tuis, onbewus van die betekenisvolle blikke tussen Klein Jan en Grieta.

“Dis nie verniet dat Juffrou Lettie Sawwe Stefaans nooi om te kom kuier nie, en dit selfs buite die vrugteseisoen. Klein Jan, Juffrou Lettie voer iets in die mou,” meen Grieta. Haar woorde was nog skaars koud toe kommandeer Juffrou Lettie vir Sawwe Stefaans op om saam met haar op die dorp te gaan besoek aflê.

“Reken,” vertel Jemima later die hele dorp vol. “Daar daag Stefaans toe op. Ná soveel jare. Stefaans het mos destyds so skielik met Juffrou Lettie se jongste suster getrou. Reken, as die brood nie in die oond was nie, sou hy haar nooit bo my … Nou ja, die see was vol visse, ek was altyd ‘n aansienlike meisie. Ek het later met my oorlede Albert afgehak. Ons het nie so ‘n slegte lewe gehad nie. Min het ek geweet my en Stefaans se weë sal tog weer kruis. Reken, ons gaan in ‘n groot woonstel by die see woon. Lettie se trougeskenk. Mense, hulle sê mos ou liefde roes nooit nie!”

The post Ou liefde roes nie appeared first on rooi rose.

Lucy met die mooi stem
Lucy met die mooi stem

Die vrou wat die kreatiwiteitskursus aanbied, skryf so vyf woorde op die bord. Ons moet vannag ’n storie gaan skryf na aanleiding van een van die vyf woorde. Ek kies weeluise: ek kén van weeluise. Kleintyd in die Bosveld was weeluise sinoniem met gopse.

Ek dink dit was Nellie wat eerste gesê het: “Is daai Lucy wat die weeluise hier aangedra het.”

Ek was nogal jammer vir die nuwe meisie, Lucy. Sy was groot, met growwe rooi hare en skurwe elmboë. Sy het van die stasie af gestap met haar tas onder haar arm vasgeklem – die handvatsel was afgebreek en die tas was met ’n stuk tou toegebind. Maar as dit sý was wat die weeluise hier aangedra het, was haar lot verseël.

En Dolfie van oom Dikdolf van die onderdorp het die laaste spyker ingeslaan: “Pra’ julle nou van Lúcy of van Lúisie?”

Luisie was nie dom nie, en sy kon ’n diskus gooi dat hy wéét. Sy het hard gewerk, stil haar gang gegaan, ná die vakansie van die huis af gekom met ’n pot stinkroom vir haar hakskene en elmboë … en daar was weer weeluise in ons kamers.

Ek het ’n kitaar gehad – ’n luukse vir ons koshuis-plaasjapies. My ma het seker maar drome gehad dat ek ons familie Kersfees om die Kersboom sou kon begelei, maar my vingers het maar stram gebly. So in die derde kwartaal kom sit Luisie langs my teen die stam van ’n droë doringboom.

“Anna, sal jy vir my leer speel?” het dit gekom dat ons so half maats geword het. Sy het die kitaar baie gouer as ek baasgeraak, het ’n mooi altstem gehad, was lief om sulke sleperige country-liedjies te sing. Gertjie was ons bure se seun, nie so fluks by die boeke nie, maar ’n aanwins op die sportveld. En metterjare het hy Gert geword. Die meisies het pouses die seuns geweeg – hy was een van die min wat nie te lig bevind is nie. In standerd nege het ons ’n operette opgevoer: ’n Soen val uit die hemel. Die meisies was vrééslik opgewonde, die seuns glad nie. Die sangjuffrou het iedereen getoets: Gert het die hoofrol gekry. Ons meisies het almal ons bes probeer, maar Luisie was eintlik al een wat tot agter in die saal kon sing.

Nellie se mond was natuurlik goed dik: “Ek glo dit nie, ek glo dit net soos in glád nie. Waar het jy nou al ooit ’n Rooi Reus as Romantiese Heldin gesien? Die hele konsert gaan ’n flop wees – ek gaan beslis nie deelneem nie.”

En Dolf van oom Dikdolf: “Jy beter oppas, ou Gert. Jy ka’ ontsmet soos jy wil, da’s altyd wee’ luise!” En hy val op sy rug soos hy lag vir sy eie simpele grappie.

Die konsert was ’n sukses, ’n reusesukses. Luisie het die hele kwartaal lank haar arms en bene ingevryf met haar ouma se bokvetmengsel. Die juffrouens het haar harde hare gevleg met strikke in en base en rouge oor haar sproete gesmeer en vir haar ’n lang skirt gemaak wat styf om haar middel gepas het. Gert was toe al groot, net so lank soos sy. En hy was heeltyd vriendelik met haar, het grappies gemaak, het selfs op die laaste aand vir haar tjoklits gegee wat sy ma gekoop het. En op die laaste aand het die mense opgestaan toe hulle geklap het en Gert en Luisie moes weer hul laaste liedjie sing.

Die volgende jaar was die laaste skof: ons moes hard leer. Ons was net sestien in die klas, agt meisies en agt seuns. Die matriekafskeid sou plaasvind net ná ons ons laaste vak geskryf het, maar dis heeljaar deur druk beplan en bespreek. Nellie het haar Jannie de Villiers-rok en haar bust bodice en haar step-in by Brideto- Be in die stad gaan koop.

“Ek hoor ou Gogga gaan vir Luisie ’n rok koop,” skinner Truida.

“Máák, more likely,” snip Nellie. “’n Mens kan nie sulke outsize aandrokke koop nie. Miskien kan hulle sommer ’n fril aan haar konsertrok werk.”

“Saam met wie gaan jy, Nel?” probeer ek die gesprek verander.

“Dolf het my gevra, maar ek het nog nie ja gesê nie. Ek dink eintlik ek en Gert sal ’n beter couple maak.”

Die volgende middag kom sit Luisie langs my waar ek langbeen in die son sit en tan. Sy druk ’n paar akkoorde op die kitaar, begin een van die konsertliedjies so halfpad neurie en vra dan skielik: “Anna, weet jy of Gert al iemand vir die matriekafskeid gevra het?”

Die matriekafskeid was ’n droom. Gert het my op die plaas kom haal met sy pa se kar, en vir my ’n blom gebring. Die skoolsaal was omgetower in ’n woud en ná die ete het ons deur die dorp geloop met ons mooi klere aan en by al die onderwysers se huise gaan serenade. Nellie het saam met Dolf met die puisies en die klam hande gegaan, en teen die end van dieaand het hulle ge-fight, want hy wou aan haar tieties vat.

Luisie het ’n mooi rok aangehad en een van die juffrouens het betaal dat tannie Ellen ook haar hare in ’n French roll met ’n blom in draai. Maar Luisie het nie ’n maat vir die matriekafskeid gehad nie en het ook nie later saam met ons gaan serenade nie.

Want sien, elke keer as sy ná ’n vakansie van die huis af gekom het, was daar weer weeluise in ons koshuis.

Die volgende dag lees ek my storie vir die groep voor.

“Jaaa, dis ’n goeie vertelling,” twyfel die vrou wat die kursus aanbied, “maar dis nog nie ’n storie nie. Iets moet gebeur – wat word van Lucy?”

Gelukkig weet ek, want jare later het ek Lucy weer raakgeloop. Of dan, sy het ons raakgeloop. Ek en Nellie het af en toe gaan tee drink in die stad. My kinders sê Nellie is my welsynsgeval: Die lewe het haar nie presies behandel soos sy beplan het nie. Dan gaan haal ek haar in die munisipale huisie waar sy vir die lewe wegkruip, en ons drink tee en gesels oor diegoeie ou dae, en ek luister na haar kinders se jongste skandes en skades.

Die vrou wat by die deur van die koffiekroeg inkom, is lank en regop, nie wat jy mooi sal noem nie, maar goed versorg en smaakvol geklee.

Sy gaan staan langs ons tafeltjie, kyk my reguit in die gesig en sê met haar diep stem: “Is dit nie Anna Potgieter nie?”

Toe ek die stem hoor, weet ek: “Lucy Putter! Ek glo dit nie! Is dit regtig jy?” “Luisie Putter?” vra Nellie verstom, lyk of sy ’n spook gesien het.

“Kom sit,” herstel ek vinnig en wys na die oop plek aan ons tafel. “Drink saam tee, ons het al bestel.”

“Dit sal heerlik wees, dankie. Ek is honger, kom ek skiet julle vir middagete dan kan ons lekkerder gesels.” Sy loer na haar horlosie. “Het julle tyd?”

Nellie sit steeds soos Lot-se-vrou, ek voel jammer vir haar.

“Dit sal heerlik wees, dankie,” besluit ek vir ons albei. “Maar jy lyk góéd, Lucy, begin vertel wat jy alles met die lewe gedoen het.”

“Ag, nie veel nie. Ek wou sangeres mos word, maar toe … Onthou julle vir Dolf Roux?” “Dolfie van die onderdorp?” kry Nellie haar tong vir die eerste keer terug.

Lucy glimlag. “Ná matriek was ons eintlik al wat op die dorp oorgebly het, toe het ons maar maats geword. Dolf het begin bou, hy was mos altyd ’n praktiese mens, onthou julle? Toe ’n groot chemiese fabriek sy aanleg op ons dorpie vestig, was daar ’n geweldige oplewing in die boubedryf. Dolf het ingespring, dag en nag gewerk, ek het vir hom sy administrasie behartig en so het ons ons opgebou – letterlik,” lag sy. “Is julle toe getroud?” skaap Nellie.

“So tussenin, ja,” vertel Lucy verder, “vier seuns ook gehad. Hulle behartig nou die besigheid, Dolf en ek gaan aan die Kaapse suidkus aftree. Maar genoeg van my. Vertel vir my jul stories.”

Ek vertel van my wel en wee deur die jare, Nellie versin vir haar ’n gelukkiger lewe, ons hoor dat Gert ’n predikant op ’n naburige dorp is, Nellie vertel dat Truida ’n paar jaar gelede tragies verongeluk het. Voor ons tot siens sê, ruil ons telefoonnommers uit en belowe om van nou af kontak met mekaar te behou.

Die aand sê ek vir my man: “Ek het vandag ’n ou skoolmaat van my raakgeloop. Ons het gedink sy sal vir ewig in die gopse bly, maar sy het sowaar bo uitgekom. Wys jou wat gedoen kan word as ’n mens net wil.”

Ek save my storie, oorweeg dit om die titel te verander na Drie gryskoppe eet saam, besluit daarteen en tap vir my ’n warm skuimbad in. Terwyl ek my oorgee aan die luukse, wonder ek tog wat van Luisie geword het. Maar eintlik weet ek: Die regte lewe is anders. ’n Soen val net nie uit die hemel nie, en die lewe verg veel meer as net ’n mooi stem of harde werk om jou op te hef bo jou weeluis-lot.

The post Lucy met die mooi stem appeared first on rooi rose.

’n Hoekie van Zambië
’n Hoekie van Zambië

Mbala is ’n klein dorpie in die noorde van Zambië, net 33 kilometer van die Tanzaniese grens af. Dit is ’n tydelike verblyf, maar het ’n permanente plekkie in my hart gekry. My man se projek om toesig te hou oor die opgradering van die hawe op die suidpunt van die Tanganjikameer is lankal verby, maar die dorpie en sy mense spook steeds by my. Die rooibaksteengeboue met hul gewels uit die tyd van die Britse kolonialisme is opvallend verwaarloos. Ek steek my arm deur die krake in die klipmure van die eens bekoorlike kerk en loer deur ruitlose vensters na die donker, verrote houtbanke. Die dorpie was in die sestigerjare van die vorige eeu die middelpunt van ’n reuseprojek om die rooisprinkaan te beheer. ’n Massiewe kantoorkompleks met sierlike gewels en skuifraamvensters is vir die doel gebou. Vandag is dit ’n plakkersgemors met stinkende rioolafval en krioelende kinders wat mielies op oop vure braai. Die menslike pogings om die sprinkaanplaag te beheer was toe nodeloos, want, so vertel hulle, ’n groot vloed het die natuurlike broeiplek van die sprinkane uitgewis.

Die probleem was eensklaps opgelos en van al die wetenskaplike en humanitêre pogings het weinig oorgebly – net vervalle geboue, strate vol slaggate en troppe aggressiewe, honger honde. My stappery soggens word my verbindingsaar met die mense van die dorp. Ek pas my roete gereeld aan om die honger hondetroppe te vermy, maar die staptogte neem my verby die goed georganiseerde dorpsmark, die polisiekantoor waar die erf en sypaadjie vol mielies geplant is tot by Chilameer, die meertjie aan die kant van die dorp. Die stewige geboue wat hier staan, is oorblyfsels van ’n eertydse gholf- en seiljagklub. ’n Paar vasbyters speel steeds gholf, hoewel die gras ’n meter hoog op die gholfbaan staan. Maar die kroeg floreer. By die brug ’n paar honderd meter buite die dorp draai ek om veiligheidsredes om.

Ek wil so graag met die mense gesels, hulle leer ken, maar Bemba en Lungu, die streektale, is bo my vuurmaakplek. Buitendien skree die kindertjies “Mzunga, Mzunga!” as hulle die wit vrou sien en klou vreesbevange aan die ma’s se chitengas vas. Ek glimlag vriendelik op die algemene groet van “How are you?” en al stappende verken ek die dorp en kry terselfdertyd my daaglikse oefening in by gebrek aan ’n gimnasium. Gimnasium? Drie eetserviese? Sjerrieglase? My lewe in die pragtige Stellenbosch lyk skielik so effens onsinnig hier waar die son genadeloos op die mielielande neerbrand, mense by die dosyne sterf en ander onverstoord voortgaan in dié amper vergete hoekie van Afrika. Daagliks besef ek dat ek en die dorpenaars vastelande van mekaar verwyder is, selfs al deel ons tydelik dieselfde ruimte. Dit is juis my stappery wat my tot dié gevolgtrekking laat kom. Stap vir oefening? Stap vir die vreugde van ’n vroegoggend? Stap sonder ’n bestemming of einddoel? Dit gaan die praktiese Zambiërs se verstand te bowe. Enkele inwoners het ’n beperkte Engelse woordeskat en huiwer nie om hul verbasing en verwarring te verwoord nie: “Where you going?” As jy stap, moet jy tog vanselfsprekend iewers heen gaan. Waarom stap jy dan? Hoe verduidelik ek dat ek nie juis iewers heen op pad is nie, maar tog oral heen? Hoe druk ek my verwondering uit oor die dorpsmark met sy afdelings vir varsprodukte, klere en vis? In elk van die tientalle eenderse stalletjies staan netjiese piramides tamaties, en aartappels; daarnaas die stalletjies met tweedehandse klere, wat spotgoedkoop, steeds bo die vermoë van die gemiddelde inwoner is. Skynbaar kom die groot voorraad tweedehandse klere – waarin flink handel gedryf word – van goedgelowige Europeërs en Amerikaners wat hul ou klere vir liefdadigheid skenk. Ek het ’n geel syhemp, ’n staatmaker, daar vir die ekwivalent van twee rand gekoop. En dan die hoogtepunt van die Afrikamark: die vismark. Soms is daar vars vis, maar meestal word gedroogde vis in elke vorm en geur hier aangebied.

Die lang gebou met betontafels teen die mure en in die middel af het gelukkig oop luike onder die dak vir ’n broodnodige trek. Massas vis word op die betontafels uitgepak en dit gons van mense en vlieë. Die vismark laat my aan die lewe in ’n oerwoud dink. Daar is ’n lewe op die bosvloer en ’n heel ander ekologie in die boomtoppe. Hier word handel gedryf op die betontafels, maar so tien sentimeter hoër is ’n heel ander lewe: miljoene vlieë wat gons en maal. Ons sluit by die Zambian Reformed Church aan wat besig is om kerk te bou: rou kleistene, geen vensters, vloer of plafon nie. Ons sit op planke gestut op klippe. As ’n swaar mamma in die twee tot drie uur lange diens op een punt opstaan, val diegene op die ander punt bloot af. Die mans sit regs in ’n blok, vroue links en die kinders in die middel.

Ons word genooi om by die ouderlinge te sit, maar omdat ek ontuis voel tussen die mans, maak ons ons in die kinderblok tuis. Ná ’n paar Sondae aanvaar die gemeente die aardigheid dat man en vrou tussen die kinders bymekaar sit. In die reëntyd skuil man, vrou en kind kort-kort in die hoek by die preekstoel teen die strome water. Eers as die storm verby is en die oorverdowende aanslag op die sinkdak afneem, kan ons weer die predikant hoor. Ek is Sondag na Sondag vreeslik ontsteld: dogtertjies sonder broekies, ’n voorskoolse kind met ’n skooljurk vir 12 tot 14- jariges, ’n ander met ’n volwassene se gesmokte nylonnagrok. Op ’n dag pak ons die moordende donga-en-slaggat-pad van twee honderd kilometer na die naaste dorp, Kasama, aan en koop meters en meters materiaal.

Die plaaslike sendeling se vrou leen vir my haar naaimasjien en ek maak tientalle rokkies en broekies. Ek spesifiseer keer op keer: die een met die nagrok moet ’n rokkie kry, maar die volgende Sondag is die nagrok weer in die kinderblok. Ná die derde Sondag verstaan mevrou Banda uiteindelik my ontsteltenis en verduidelik. Daar is ’n hele klomp dogtertjies in die gesin en net een geskikte (nag)rok vir kerk. As een dus ’n rokkie kry, kan daar die volgende Sondag nog ’n dogtertjie kerk toe kom – in die nagrok! Ek onthou toe die groepie kerkvroue in my kombuis met die sementvloer en sonder ingeboude kaste vir die gemeentelede koekies gebak het. Die telefoon lui en by my terugkoms kry ek ’n luidrugtige groepie in my spens. Eers dink ek daar moet ’n kobra opgekrul wees in ’n hoek, so kwetter dit. Maar hulle is verstom oor die hoeveelheid kos daar bymekaar. Ek is op my beurt verslae oor hul verwondering. Ek het net die vorige aand gedink ons sal die dongas en slaggate moet aanpak na die naaste winkel. My spens is dan dolleeg. Ek leer in Mbala dat jy oor taal-, kultuur en opvoedingsvlakke heen kan kommunikeer. Ek gee bekers rooibostee as die begrafnisstoet onder die bome voor my huis rus voordat die lyk weer opgeneem word, soms in ’n kis, maar meestal in ou chitengas toegedraai. Ek sien opregte dankbaarheid op vermoeide gesigte, kry ’n hand vol appelliefies present. Ons verstaan mekaar nie, maar ’n beker rooibostee en ’n hand vol appelliefies praat ’n universele taal, ’n taal van omgee. Miskien was die grootste les daar op die noordgrens van Zambië, om deur ander se oë na jouself te kyk, om ander weer raak te sien, om weer te leer omgee.

The post ’n Hoekie van Zambië appeared first on rooi rose.