vigs | rooi rose

Die 5 inentings wat jy as volwassene moet kry
Die 5 inentings wat jy as volwassene moet kry deur Salomé Delport. Foto: Davizro/istock images

Net soos vaksiene kinders teen masels en polio beskerm (en hierdie siektes so te sê uitgeroei het!) is daar vaksiene wat sekere volwasse siektes ook kan uitskakel.

Watter vaksien vir jou?

Vanselfsprekend het nie almal van ons elke vaksien op die mark nodig nie. Kies uit hierdie lys wat jy dink relevant is vir jou. Bespreek dit met jou dokter, en volg sy/haar aanbevelings.

1. Vaksien teen gordelroos (shingles)

Noudat ons minder kleinkinders het dus en minder blootgestel word, is ons meer geneig tot hierdie pynlike vorm van waterpokkies. As jy vatbaar is duur ’n aanval van een tot drie weke en dit kan herhaaldelik gebeur.

Vir wie? Vroue en mans bo sestig.

Hoe gereeld? Net een keer.

Lees ook: Alles wat jy van die gordelroosvaksien moet weet

2. Vaksien teen pneumonie en bronchitis

Party van ons is baie vatbaar vir longinfeksies en bronchitis na ’n verkoue. In plaas daarvan dat die verkoue binne ’n week oorgaan, raak jy ernstiger siek. Dit is regtig nie nodig om elke winter twee, drie keer met bronchitis en soortgelyke longkwale te sukkel nie. Boonop beskadig sulke herhaaldelike longinfeksies jou longe op die lang duur.

Vir wie? As jou verkoue byna altyd oorslaan na ’n longinfeksie of ernstige bronchitis kan jy gerus hierdie vaksien probeer. Dit beskerm jou teen die twaalf organismes wat gereeld voorkom wat tipies slegte longinfeksies veroorsaak.

Hoe gereeld? Die vaksien beskerm jou rondom vyf jaar lank.

3.  Vaksien teen HPV (Human Papilloma Virus)

HPV word verbind aan servikale kanker en aan pynlike genitale vratte. Gelukkig kan jy jou kanse op altwee met 70-100% sny – as jy betyds vaksineer.

Vir wie? Vir almal wat seksueel aktief is. En al is jy nie, is dit eintlik die beste om voordat jy seksueel aktief raak die vaksien te kry.

As jy onder 26 is – meisies én mans –  en vaksinering nie vir jou op skool aangebied is nie, oorweeg dit beslis.

Wat van vroue oor 26? Die vaksien word steeds aanbeveel, tot jy 45 is.

Mense wat opnuut enkellopend is, is in ’n spesiale situasie. Die kanse is goed dat jy vorentoe weer iemand spesiaal gaan raakloop – en dat iets soos HPV en ander seksueel-oordraagbare siektes werklikhede is wat aan jou deur kan kom klop. ’n Mens mag die lewe geniet maar dit bring ook ’n oopkop benadering en verantwoordelikhede mee. Vaksineer en wees liewer veilig as spyt.

Hoe gereeld? Eenmalig, vir alle ouderdomme. Maar hoe jonger jy is, hoe beter. As jy eers die virus opgedoen het gaan ’n vaksien agterna niks help nie.

4. Vaksien teen hepatitis A en B

Al die vorms van hepatitis tas jou lewer aan en kan permanente skade doen. Hepatitis B word deur bloedkontak oorgedra, terwyl hepatitis A van kontak met uriene en speeksel opgedoen kan word. Hepatitis A is gelukkig skaars maar dit is uiters aansteeklik. Jy kan dit opdoen deur te eet met eetgerei wat gehanteer is deur iemand met hepatitis A; jy kan dit selfs key deur ’n toilet te deel met ’n draer van hepatitis A. Jy kan ’n afsonderlike vaksien vir elkeen kry maar daar is ook ’n kombinasievaksien beskikbaar. Hierdie vaksiene is met tye uit voorraad. As jou apteek dit nie beskikbaar het nie, probeer ’n reiskliniek.

Vir wie? Dit is belangrik as jy graag reis.

Hoe gereeld? Eenmalig.

5. Vaksien teen tetanus (klem-in-die-kaak)

Jy kan kies tussen ’n gewone enkelvaksien wat jou net teen tetanus beskerm, of jy kan ’n kombinasievaksien kies wat jou ook teen witseerkeel en kinkhoes beskerm – twee siektes wat nogal nie so skaars onder volwassenes is nie. Vir ’n klein bietjie meer geld kry jy dus meer voordeel.

Vir wie? As jy ’n diep wond opgedoen het wat met grond of dieremis besmet kon raak, of deur iets soos ’n ou spyker of draad veroorsaak is móét jy binne 24 uur is ’n tetanusinspuiting kry.

Hoe gereeld? Die vaksien beskerm jou tien jaar lank. Dit is onnodig om elke tien jaar outomaties te laat vaksineer. Die aanbeveling is dat jy vir ’n vaksinering gaan “as daar ’n insident was” – met ander woorde na jy ’n diep wond opgedoen het met ’n risiko op tetanus.

PReP – nie ’n vaksien nie maar ook voorkomend

Vir wie? Vir mense wat seksueel aktief is en die kans op MIV/vigs loop.

Hoe gereeld? Jy moet PrEP net soos die Pil gebruik – daagliks, min of meer op dieselfde tyd. Jy is eers beskerm teen vigs nadat jy dit ’n maand lank gebruik het. Onthou ook jou beskerming verswak as jy ’n pil oorslaan. As jy vergeet het, drink dadelik jou pilletjie en wag met onbeskermde seks vir ’n maand.

Lees hier alles oor PrEP vir vigsvoorkoming

Maak só om jou vaksien te kry

Dit is nogals ’n beslommernis om gevaksineer te word. Eerstens is vaksiene net op voorskrif te kry. Daarby is hulle taamlik duur, en daarom hou min dokters en apteke dit outomaties in voorraad. Ek vind dit prakties om só te maak:

Kry ’n voorskrif vir  die vaksiene wat jy nodig het by jou dokter. Om koste te bespaar, vra daarvoor wanneer jy in elk geval jou dokter om ’n ander rede spreek. (As dit egter ’n noodgeval is, soos met tetanus, moenie wag nie.)

Gaan met jou voorskrif na ’n apteek met ’n kliniek, soos Clicks en Dis-Chem, dat hulle dit vir jou kan bestel.

Hulle bel jou sodra dit beskikbaar is en maak ’n afspraak vir jou by die klinieksuster, vir die toedien van die vaksien. Die fooi is rondom R60.

Kies jou tyd goed – ’n rustige, stil tyd wanneer jou werksdruk minder is. Die ideaal is dat jy optimaal gesond is wanneer jy vaksiene kry, sodat jou liggaam die ekstra lading kan hanteer, want sommige mense ontwikkel ligte verkoue-tipe simptome of ’n klein swelsel op die toedienplek. Moenie gaan as jy verkoue het nie.

Hou liewer by een vaksien op ’n slag. Daar is nou wel nie formele aanbevelings daaroor nie maar dit maak sin om nie jou immuunstelsel te oorlaai nie.

As jy gaan reis begin vroeg genoeg met jou vaksinerings sodat jy hulle een-een kan neem, met tussenposes van twee of drie weke tussen elkeen.

The post Die 5 inentings wat jy as volwassene moet kry appeared first on rooi rose.

Beveg so medisynetekorte, swak diens by staatsklinieke
Deur Salomé Delport. Foto: pexels.

Medisynetekorte is veels te gereeld ’n probleem by ons staatsklinieke, sê Stop Stockouts, ’n gesamentlike diensprojek van Section 27, Médecins Sans Frontières (MSF), die Rural Health Advocacy Project (RHAP), Rural Health Doctors Association of Southern Africa (RuDASA), die Southern African HIV Clinician Society en die Treatment Action Campaign (TAC).

En met goeie rede. In drie van ons nege provinsies het 53%-76% van die klinieke gereeld nie genoeg medikasie vir hul pasiente nie. Die drie provinsies is Gauteng, Vrystaat en Mpumalanga.

Ons moet van die wêreld se grootste epidemies van TB en MIV stuit. Voldoende medisynevoorrade vir hierdie toestande, asook vaksiene teen veral kindersiektes, behoort ’n nasionale prioriteit te wees. Waar baie mense net kla, het hierdie ses NROs Stop Stockouts begin, as beide ’n waghond en diensorganisasie wat die situasie aan die een kant monitor en aan die ander kant die haakplekke met medisynevoorrade uitsorteer.

En hulle vra dat jy help.

Medisynevoorrade raak al minder

Daarby het die tekorte vererger. Selfs in die Wes-Kaap. Volgens die eerste 2013-verslag is probleme met voorrade by slegs 4% van klinieke ondervind, wat toe die beste vir die land was. Teen die tyd dat die derde verslag voltooi is, was daar medisynetekorte by 12% van Wes-Kaapse klinieke. Die situasie is nou verreweg die ergste in Gauteng (56%), die Vrystaat (53%) en Mpumalanga (74%).  Die meeste ander provinsies ervaar probleme by 20-40% van hul klinieke. Jy kan die volledige verslag hier lees.

Op die dag wat die derde opname gemaak is, is ’n gebrek aan voorrade by 864 klinieke aangemeld. Een in vier pasiënte is sonder medikasie huis toe gestuur, terwyl een in drie pasiënte met plaasvervangers huis toe gestuur is.

Die ander hoofprobleem (36%) was dat klinieke bloot nie genoeg voorrade gehad het nie. Pasiënte kon dus nie hul volle voorskrif vir die maand kry nie. In plaas daarvan het hulle tipies voorraad vir net ’n week of twee gekry. Hulle moes dus later terugkom – wat vir baie mense onmoontlik is. Party persone kan slegs een keer per maand by die kliniek uitkom, byvoorbeeld omdat hulle net een dag verlof per maand kan neem of nie vervoer het nie. Hulle bly dan bloot sonder medikasie. Hierdie kompromie is in elke geval ’n minder ideale oplossing want in die praktyk moet die kliniek die pasiënt twee keer sien: ’n dubbele werkslading.

Ons land bestuur van die wêreld se grootste MIV- en TB-programme. Die korrekte gebruik van medikasie is absoluut noodsaaklik om ’n epidemie te beëindig. In die meeste lande is die knelpunt eerder dat pasiënte nie noodwendig wil saamwerk nie.

Stop Stockouts sê dat die medisynetekorte grotendeels toegeskryf kan word aan swak bestuur van die logistieke ketting.

Hoe jy kan help om die medisynetekorte uit te wis?

Wat as jy of iemand wat jy ken by ’n kliniek of staatshospitaal kom en medisyne is uit voorraad?

Sit hierdie nommer dadelik op jou foon: 084 855 7867.

Dit is Stop Stockouts se nommer. Al wat jy moet doen, is om die naam te verskaf van die kliniek en die soort medikasie waarna jy soek. Hulle sal dit opvolg en oplossings daarstel sodat genoeg voorrade van noodsaaklike medisyne vir die publiek beskikbaar bly.

Jy kan bel, of ’n SMS, ’n WhatsApp of selfs ’n Please Call Me stuur. Jy kan ook kies om anoniem te bly.

The post Beveg so medisynetekorte, swak diens by staatsklinieke appeared first on rooi rose.

Moet jou student-kind op PrEP vir vigs wees, net ingeval?
Geen ma sal ooit promiskue seks aanmoedig nie. Ons ook nie. Maar seks op universiteit is meer algemeen as wat ouers dink. ’n Vinnige soektog op PubMed, waar alle erkende mediese navorsing geplaas word, lewer sommer dadelik drie ondersoeke op wat min of meer dieselfde bevind: rondom 30-50% van eerstejaarstudente is seksueel aktief, en teen hul derde, vierde jaar is 70% seksueel aktief. Die navorsers noem dat dit opvallend is dat die patroon oral dieselfde is. Dalk is syfers in ons land laer – of nie.

(Jy kan self meer hier lees: artikel 1; artikel 2 en artikel 3).

Hoe ook al, dit gaan nie noodwendig oor los sedes nie maar oor mense wat vir drie, vier maande in ’n verhouding is en dan verbrokkel dit. So beweeg selfs meer konserwatiewe studente binne ‘n gemiddelde studieperiode van drie tot vier jaar tussen twee tot agt  maats.

En wat as jou kind glo die verhouding is eksklusief maar haar maat kul en/of weet nie wat sy vigsstatus is nie?

Die punt is ons kinders is blootgestel aan vigs. Dit laat mens dus kyk na die nuwe PrEP, wat vigs 90% tot selfs 100% suksesvol met ’n daaglikse pil kan voorkom. Maar vóór jy op pille begin staatmaak, wat moet jy van PrEP as voorkomende behandeling vir vigs weet?

1 Wat is PrEP?

Dit staan vir pre-exposure prevention. PrEP is nie ’n antibiotika of antivirusmiddel opsigself nie. Dit is in effek ’n voorkomende strategie – soos wat vaksinering ’n strategie is.

Net soos ’n vaksien vir vaksinering gebruik word, word teenvirusmiddels vir PrEP gebruik op ‘n voorkomende manier. Dink so daaraan: jy wag nie tot jy masels kry en probeer dit dan te behandel nie; jy gebruik ‘n vaksien vooraf en keer dat jy masels kry. Net so wag jy nie tot jy HI-virus opdoen nie en probeer dit dan behandel nie. Jy gebruik ‘n pilletjie vooraf en keer so dat die virus vastrapplek kry.

2 Watter medisynes word vir PrEP gebruik?

Die meeste PrEP-middels bestaan uit twee anti-vigsmiddels, wat saam in een pil gekombineer is. Op die oomblik is Truvada die enigste beskikbare middel, maar teen einde 2017 behoort generiese middels ook beskikbaar te wees.

3 Hoe werk PrEP om vigs te keer?

Baie eenvoudig – maar te kompleks om te verduidelik.

Die idee is dat jy jou PrEP-pil daagliks gebruik en so die hoeveelheid antivigsmiddel in jou bloedstroom opstoot na ‘n vlak wat die virus uitwis sodra jy daarmee in kontak kom. Dit kom daarop neer dat jou liggaam ‘gelaai’ is met medikasie, wat die virus vernietig voor hy vastrapplek kry.

Gestel ‘n meisie het onbeskermde seks met iemand wat MIV-positief is. Dit bring mee dat die MI-virus in die vagina beland. Die MI-virus dring die sagte slymvliesselle binne en versprei daarvandaan na die res van haar liggaam. So raak sy MIV-positief, wat mettertyd ontwikkel in vigs.

Tensy sy op ‘n PrEP soos Truvada is. Hierdie pil spring aan die werk en keer dat die virus vermeerder. As die virus nie kan vermeerder nie word dit mettertyd uitgewis. So bly sy HIV-vry.

4 Wat suksesvol keer PrEP vigs?

As dit reg gebruk word is dit bykans 100% suksesvol. Maar in party ondersoeke was die sukseskoers so laag as 50%.

Die navorsers skryf hierdie groot verskil daaraan toe dat baie mense PrEPs nie korrek gebruik nie. PrEPs is net doeltreffend om vigs te voorkom as jy dit korrek gebruik.

5 Hoe moet jy ‘n PrEP-pil gebruik om teen vigs?

Jy moet elke dag een pil op min of meer dieselfde tyd van die dag drink – net soos Die Pil.

Dit is die maklikste as jy ‘n tyd kies wat jy aan ‘n vaste roetine kan koppel. As jy party oggende sesuur opstaan en ander tot elfuur slaap dan is opstaantyd nie ‘n goeie tyd nie. As jy egter altyd min of meer eenuur middagete eet, is dit ‘n goeie tyd om vas te maak vir jou daaglikse PrEP-pil.

6 Hoeveel weke of dae na jy met PrEP begin het kan jy seks hê ?

Dit neem ‘n maand voor PrEP jou goed teen die HI-virus beskerm. Net soos die Pil, moet jy dit minstens vier weke lank elke dag op dieselfde tyd gebruik voor die konsentrasie daarvan in jou weefsel hoog genoeg is om die MI-virus uit te wis.

7 Wat as jy jou PrEP-pil net een keer vergeet het? Of ’n paar dae oorgeslaan het?

Jy verloor jou beskerming baie gou. Net soos met die Pil, is jy tydelik – eintlik vir die volgende maand – onbeskerm teen die HI-virus. Hervat jou roetine en drink op jou gewone tyd weer ’n pil. Maar wag vier weke voor jy weer seks het want dit kan tot ’n maand neem voor jy volkome veilig is.

8 Help PeEP na seks?

Nee, dit is te laat. Die hele strategie is gebou op vooraf-beskerming. Onthou, dit neem ’n maand voordat jou PrEP-vlak hoog genoeg is om die virus af te weer. Gaan liewer dadelik dokter toe, of na jou naaste kliniek, waar jy getoets sal word en op die regte medikasie vir jou omstandighede geplaas sal word.

9 Kan jy PrEP-pille saam met die Pil gebruik?

Ja. PrEPs kan saam met enige vorm van die Pil gebruik word, soos Yasmin, die ondervel-implantaat, die Mirena, die plakker, die O-ring of die inspuiting.

10 Is PrEPs veilig?

Die idee is dat jy PrEP staak sodra jy in ‘n langtermyn, eksklusiewe verhouding of wedersyds getroue huwelik is. Jy gebruik dus PrEP net vir ‘n periode van tot vyf jaar  – veral daardie onverbonde lewensfase waartydens jyekstra beskerming nodig kan kry. Dit is kort genoeg dat dit die meeste jong, gesonde mense nie lewer- of nierskade van PrEP behoort oor te hou nie.

Nogtans is dit verstandig om versigtig te wees. PrEP-middels is dus net op voorskrif te kry is, sodat jou dokter vooraf kan seker maak dat jý nie een van die mense is wat PrEP-middels moet vermy.

Wie kan nie PrEP gebruik nie? In die reël met mense wat reeds MI-positief is, Hepatitis B het of lewer- of nierprobleme PrEP vermy.

PrEP bots ook met verskeie ander soorte pille – nog ‘n rede waarom jou dokter moet uitklaar of dit reg vir jou is.

11 Wat is die newe-effekte van van PrEP ?

Die meeste klagtes gaan oor hoofpyn, moegheid, naarheid, diarree en gewigsverlies. Dit gaan meestal binne ‘n week of twee verby.

12 Wat kos PrEPs en waar kry jy dit ?

Die eerste PrEP-middel wat in Suid-Afrika beskikbaar gestel is, Truvada, kos tans sowat R600 per maand, maar Adco-Entevir kos sowat die helfte daarvan, en selfs goedkoper generiese middels betree tans die mark.

The post Moet jou student-kind op PrEP vir vigs wees, net ingeval? appeared first on rooi rose.