vriendskappe | rooi rose

Skep só vrede in jou huis
Skep só vrede:

Probeer wegkom van reg en verkeerd: Ek is reg en jy is verkeerd. Met so ’n benadering kan jy die geveg wen, maar jou maat, kind en die verhouding verloor.

Bly stil of kies jou woorde versigtig. Kwetsende antwoorde wond en gooi nog petrol op die woedevuur. Dit verskraal die kanse op ’n oplossing.

Vra om verskoning vir jou aandeel, al is dit kleiner of volgens jou onnodig om jammer te sê. Die woordjie “jammer” bou brûe en heel harte. Verskonings en ruimhartige, grootmoedige nederigheid is die beste wapen teen woede en wrokkigheid. Eiesinnige, kleingeestige trots breek harte.

Behandel jou huismense met dieselfde respek en goeie maniere as waarmee jy behandel wil word, en waarmee jy kollegas en vriende behandel. As jy respek en geduld gee, kry jy respek en geduld terug.

Soek oplossings en kompromieë wat vir albei kan werk. Kry gedeelde doelwitte en sien julle as deel van dieselfde span, nie as mededingers nie.

Kies jou tyd slim wanneer jy moeilike dinge aanraak. As iemand moeg, oorwerk, ontsteld of kwaad is, is dit gewoonlik die verkeerde tyd. Wag tot albei rustig en kalm is.

Gee meer as wat jy vra: meer luister, waardering en intimiteit. Wys liefde met aanraking – dit werk wondere as mense geliefd en gekoester voel. En verminder kritiek.

Kommunikeer jou behoefte duidelik, eerder as om te kritiseer wat die ander een verkeerd doen: “Ek mis jou en het behoefte aan meer tyd saam met jou”, sal ’n heel ander reaksie uitlok, as: “Is dit nou ’n tyd om by die huis te kom? Jy het ook nooit meer tyd vir my nie.”

Moenie ander mense by jul verskille betrek nie, of by ander se gevegte betrokke raak nie. Laat jou man sy eie verhouding met sy kinders uitwerk, of hulle met mekaar, behalwe natuurlik in gevaarlike situasies of mishandeling.

Humor. ’n Glimlag keer werklik die grimmigheid af.

Kies jou gevegte slim. Gaan dit oor ’n week of ’n maand nog saak maak? Indien nie, los dit.

Vermy sinne wat met “jy” begin. “Jy doen nie dit of dat nie …” Begin liewer jou sinne met “Ek voel … wanneer …” Dit beskuldig of veroordeel nie.

Praat oor die gedrag en nie oor die persoon nie: “Dit was nie ’n slim ding om te sê nie.” En nie: “Jy is ’n idioot om so iets te sê,” nie.

Die basis vir ’n gesonde verhouding en goeie kommunikasie, is vertroue en veiligheid. Dit skep rustige, konsekwente en toeganklike optrede én regverdige ooreenkomste met mekaar. Dan kan albei eerlik wees sonder om aangeval, veroordeel of gestraf te word.

Moenie dreig nie. En as jy dreig, doen tot die letter toe wat jy sê. Dan neem mense jou ernstig op, luister as jy praat en baklei julle nie telkens oor dieselfde goed nie.

Onderhandel vooraf met mekaar oor alternatiewe maniere van konflikhantering, soos ’n teken wat sê: Kom ons stop die gesprek nou hier, voor ons dinge sê wat seermaak en liewer kon gebly het.

Dit help dikwels om vir mekaar briewe te skryf, want woorde op papier is gewoonlik rustiger, deurdag, meer neutraal en sonder emosie. En die ander een het tyd om te dink voor hy reageer. Dit help albei om die situasie mooi te ontleed.

Kyk met een sagte, aanvaardende oog na jou huismense mét hul tekortkominge. Maar kyk met twee objektiewe oë na jouself en jou aandeel in die verskille. En verander jóú styl sodat jy nie oorsensitief oorreageer nie.

Lees ook: Waar is die vrede in jou huis?

’n Strategie wat kommunikeer en nie konfronteer nie

1 Luister net tot sy klaar gepraat het:

Luister om werklik te probeer verstaan wat die ander een sê, dink en voel. Moenie in jou kop besig wees met teenargumente, haar in die rede val, of ’n oordeel oor haar standpunt gee deur te sê dis onwaar of verkeerd nie. Moenie in die stadium jou standpunt gee of van haar verskil nie. Jou maat sal ervaar dat hy en sy mening gerespekteer word.

2 Kontroleer of jy werklik verstaan het.

“Verstaan ek jou reg, … jy dink of voel dat …” Kontroleer wat jy gehoor het, of jou afleidings, deur ’n opsomming te gee van wat sy gesê het. As jy in die kol is, sal julle die ervaring hê dat julle mekaar verstaan en werklik kan kommunikeer. En as jy verkeerd is, sal sy jou reghelp.

3 Vra vir meer inligting.

“Verduidelik vir my wat laat jou dit sê, of wat laat jou so dink? Ek is nie seker ek verstaan nie.” Met al die inligting en begrip, verander die prentjie meestal vir een of albei persone, en is dit makliker om aanpassings te maak, want niemand hoef te erken hy was verkeerd nie. Begrip vir mekaar laat mense beleef dat hulle ernstig opgeneem word en saak maak. Hierdie drie stappe voorkom gewoonlik reeds die meeste verskille. Maar as julle steeds verskil, volg die volgende twee stappe:

4 Kommunikeer begrip vir die ander persoon:

Soek iets in sy standpunt waarvoor jy begrip het, of waarmee jy kan saamstem. “Ek verstaan dat dit vir jou belangrik is, of dat jy so ’n behoefte het … Ek dink jy is reg met …” Julle het dan die ervaring dat julle met mekaar kan praat.

5 Stel nou eers jou standpunt:

“Ek verstaan jou standpunt, tog dink ek ’n mens kan dit ook anders sien,” of “Ek dink ’n bietjie anders hieroor …” en bly dan stil. Dan sal die persoon jou vra hoe jy dit sien en na jou luister. Dis jou geleentheid om jou standpunt te verduidelik. Moenie die woord “maar” gebruik nie. “Ek verstaan, máár … ” Dikwels vee “maar” alles uit wat vooraf gesê is. “Jou toets is goed, maar …”

Die strategie werk uitstekend, ás jy dit toepas. Dit verg natuurlik oefening en kom nie vanself nie. Vir die meeste mense kom dit eerder vanself om te veel te vinnig te sê. Om net rustig te luister tot iemand klaar gepraat het, is moeilik, maar die moeite werd.

Lees ook: Ek leef saam met ’n boelie!

The post Skep só vrede in jou huis appeared first on rooi rose.

Vriendskappe het ook vervaldatums
Deur TANYA DE VENTE-BIJKER.

Carla Hansen* was in ‘n vriendskap vasgevang wat haar ongelukkig gemaak het. “Ons was vanaf skooldae af vriendinne en ek het gedink omdat ons mekaar so lank al ken, moet ek met haar vriende bly.” Hul gesprekke het meestal net oor die vriendin se lewe gegaan. Wanneer dit oor Carla gegaan het, het haar vriendin net op negatiewe dinge gefokus. Sy het agter my rug lelik van my gepraat, en sy sou openlik my gewig of menswees kritiseer.” Soms het sy selfs vir my poetse gebak soos om te sê sy is in ‘n ernstige ongeluk en dat ek dringend hospitaal toe moet jaag, net om te sien hoe ek sal reageer,” vertel Carla.

Toe Carla tydens die pandemie tyd vir introspeksie gehad het, het sy besef sy is in ‘n toksiese vriendskap vasgevang. “Ek moes soms na haar stories luister hoe sy haar man met ander mans verneuk, en na praatjies oor haar sekslewe en dit wat hulle verkies. Ek het een aand toe ek siek was op haar bank gelê en slaap, en agterna het sy my vertel hoe sy en haar kêrel seks reg langs my op die bank gehad het. Ek het tyd gehad om na te dink en besef dit is tyd om weg te breek.”

Carla het besluit om kontak met haar vriendin te verbreek. “Ek het opgehou om haar boodskappe te antwoord en uiteindelik het sy opgehou om my te kontak.

“Dit was eers toe een van my kollegas vir my vertel hoe erg dit is as iemand jou net ignoreer dat ek besluit het om vir haar ‘n eerlike boodskap te stuur. Ek het jammer gesê dat ek kontak verbreek het, maar vir haar verduidelik dat ek ons vriendskap vir my eie oorlewing moes beëindig. Sy stuur steeds nou en dan boodskappe. Ek antwoord steeds nie.”

Die skrywer Didi Potgieter sê sy moes onlangs ook ‘n vriendskap beëindig.

“As jy vir my man vra wat my beste eienskap is, sal hy vir jou sê ek is uiters lojaal. As jy hom vra wat is my swakste eienskap, sal hy dieselfde antwoord gee. Ek is dus die vriendin wat bly lank ná enige ander mens sou oppak en wegloop. Ek skram ook weg van konflik.” Didi sê sy het besef ongelukkig moet ‘n mens sekere dinge laat gaan om vorentoe te beweeg.

“Ek was al baie keer sonder goeie rede die vark in my vriendin se verhaal en elke keer was die skade aan ons vriendskap moeiliker om te herstel. Tog was ons vriendskap nog altyd ‘n terrein waar ek versigtig moes beweeg omdat sy baie sterk menings het en glad nie bang vir konflik is nie.

“Ek het egter net een oggend skielik besef dat ek nie nodig het om meer deel van die drama te wees nie. Ek het doelbewus uit haar geveg geklim. Ek het geleer jy kan wegloop sonder om iemand seer te maak, maar jy hoef nie in ‘n vriendskap, wat jou seermaak, te bly nie.”

Die doel van vriendskap

Die bekende Amerikaanse skrywer en motiveringspreker, Mel Robbins, sê in ‘n episode op haar gewilde potgooi, The Mel Robbins Podcast, dat vriendskap een van die belangrikste dinge in jou lewe is. Maar, sê sy, die idee van “best friends forever” is ‘n leuen wat onnodige druk op ons lewe plaas.

“Vriende kom en gaan,” verduidelik sy. “Soms sal jou vriendskap met iemand mettertyd verflou en dit is oukei. Dit is die natuurlike gang van die lewe.” Mel reken om van “beste vriende vir altyd” te praat, kan groot druk op jou verhouding plaas.

Sy sê wanneer jy dan aan vriendskappe vasklou waar daar eintlik nie meer ‘n verbintenis is nie, wat jou nie langer voed nie of wat jou nie ondersteun in wie jy geword het nie en jy vriende bly omdat jy voel jy moet, dan voel jy verwerp. “Die waarheid is: Jy gaan nie altyd met dieselfde mense vriende wees nie. Jy moet buigsaam in jou vriendskappe wees. Vriendskap moet ‘n gemeenskaplike, ondersteunende verhouding wees gegrond op die passies en doelwitte wat jy nou in jou lewe het, en nie op jul gesamentlike geskiedenis nie.

“Daar kan volgende week iemand in jou lewe instap, en julle kan onmiddellik kliek. Dit kan die perfekte persoon wees wat jy op hierdie oomblik in jou lewe nodig het.”

Sy sê soos wat jy groei, gaan jou vriendskappe groei.

“As iets gedwonge begin voel, is dit nog verbind aan die mens wie jy was, nie die mens wie jy nou is nie.”

Mel verwys ook na die bekende raamwerk van vriendskap: “Soms is jy vriende vir ‘n rede (julle werk saam of is bure), of vir ‘n seisoen (julle is dalk jong ma’s), of vir ‘n leeftyd (die vriendin wat jy enige tyd van die dag of nag kan bel).”

Die Covid 19-pandemie het mense oor hul vriendskappe laat herbesin, meen Mel. “Onthou om buigsaam te wees en dink aan jou vriendskappe ten opsigte van die raamwerk. Julle was dalk net vriende vir ‘n seisoen en dit is ook oukei.”

As die vriendskap sneuwel

Candice King, ‘n lewenstylafrigter van Durban, sê vriendskappe verdiep wanneer julle oop teenoor mekaar is. “Weerloosheid, vertroue en empatie is goeie boustene vir enige vriendskap.”

Sy glo ook daar hoef nie noodwendig ‘n dramatiese einde vir ‘n vriendskap te wees nie. “Soms loop die vriendskap stelselmatig dood, of jul lewe loop verskillende paaie en jul belangstellings het verander. Dit is belangrik om ‘n vriendskap op ‘n vriendelike en liefdevolle manier te beëindig en nie net iemand te ghost nie. Ek het ervaar dat wanneer ‘n vriendskap net botweg van een kant beëindig word, kan daar onnodige probleme insluip.”

Hoewel dit moeilik en ongemaklik kan wees om so ‘n gesprek met iemand te voer, is dit belangrik. “Dit verg baie moed om so gesprek te hê en jou gevoelens oop en eerlik te deel. Ons probeer om die tipe gesprekke te vermy omdat ons glo ons gaan die ander persoon seermaak, maar in werklikheid is dit omdat ons self nie ongemaklik of weerloos wil voel nie.”

Candice sê dit is belangrik om vooraf te besluit wat jy uit die gesprek wil bereik. “Ontmoet jou vriendin op ‘n neutrale plek. Kies ook jou tyd versigtig. Jy moet seker maak jy is rustig, kalm en in beheer. Maak seker jy het jou emosies onder beheer voor jy die gesprek begin, ook tydens die gesprek. Onthou om nie te oordeel, kritiseer of vinger te wys nie. Dit gaan nie oor haar nie, maar oor jou. Deel jou besluit, en jy hoef nie jou redes te deel nie, maar dit kan dit makliker vir die ander party maak. Iets wat altyd in so gesprek help, is om ‘n eienskap wat jy van haar waardeer, uit te wys. Dit sal die kans dat sy onmiddellik tot verdediging gaan, verminder.”

Candice sê dit is belangrik om jou emosies te beheer, want wanneer jou emosionele vlakke verhoog, blokkeer dit jou rasionele brein. “As dit vir jou of haar nodig is, kan julle ook ‘n blaaskans vat en later weer na die gesprek terugkeer. Hou dit kort en moenie oorverduidelik nie.”

*Skuilnaam

Lees ook: Hou meer van jouself

Tyd om aan te beweeg

Dr Adele Frisby-Lowe, ‘n sielkundige by Evexia in Midstream, verduidelik die belangrikste aspek om in enige vriendskap in ag te neem, is of dit jou behoeftes en begeertes bevredig. Sy sê jy moet jouself afvra: Verruim dit jou lewe, of plaas dit stres op jou lewe? “Dit is ook belangrik om jou rede vir jou gevoel te probeer identifiseer.”

Dr Adele sê daar is ‘n paar dinge waarna jy op die uitkyk kan wees as jy wonder of dit dalk tyd is om jou vriendskap te beëindig:

Jy begin voel jy gee meer in die vriendskap en ontvang niks terug nie. Jy verduidelik jou gevoelens aan jou vriendin, maar dit val op dowe ore.

Julle bring nie meer tyd saam deur nie.

Julle het minimale kontak en dit word altyd eerste deur jou geïnisieer (deur byvoorbeeld ‘n WhatsApp te stuur).

Jy word by sosiale geleenthede uitgesluit.

Daar is ‘n vertrouensbreuk.

Sy sê die beste manier is om reguit en eerlik te wees. “Veral as dit ‘n goeie vriendin was, dan is dit net regverdig. Mense sukkel in die algemeen om met onsekerheid saam te leef en deur direk en eerlik te wees, maak jy dit op die duur vir al die betrokke partye makliker. Tensy jy ‘n tiener is, of op ‘n passief-aggressiewe manier ‘n punt probeer maak, is dit nie die ideaal om iemand te ignoreer (ghosting) nie.”

Sy raai aan dat jy ‘n skoon breuk maak. Dit is dus beter om eerder maar jul vriendskap op sosiale media ook te verbreek. “Die tipe kontak doen gewoonlik meer skade as goed. Dit is ‘n besoek aan iets wat ‘dood’ is.

Sou dit enige doel dien?”

Lees ook: Swaai uit vir dié slaggate in jou verhouding

The post Vriendskappe het ook vervaldatums appeared first on rooi rose.

Vriendskappe het ook vervaldatums: Is dit tyd om aan te beweeg?
Deur Tanya de Vente-Bijker

Carla Hansen* was in ŉ vriendskap vasgevang wat haar ongelukkig gemaak het. “Ek en sy was vanaf skooldae af vriendinne en ek het gedink omdat ons mekaar so lank al ken, moet ek met haar vriende bly.” Hul gesprekke het meestal net oor die vriendin se lewe gegaan. Wanneer dit oor Carla gegaan het, het haar vriendin net op negatiewe dinge gefokus. “Sy het agter my rug lelik van my gepraat, en sy sou openlik my gewig of menswees kritiseer.” Soms het sy selfs vir my poetse gebak soos om te sê sy is in ŉ ernstige ongeluk en dat ek dringend hospitaal toe moet jaag, net om te sien hoe ek sal reageer,” vertel Carla.

Toe Carla tydens die pandemie tyd vir introspeksie gehad het, het sy besef sy is in ŉ toksiese vriendskap vasgevang. “Ek moes soms na haar stories luister hoe sy haar man met ander mans verneuk, en na praatjies oor haar sekslewe en dit wat hulle verkies. Ek het een aand toe ek siek was op haar bank gelê en slaap, en agterna het sy my vertel hoe sy en haar kêrel seks reg langs my op die bank gehad het. Ek het tyd gehad om na te dink en besef dit is tyd om weg te breek.”

Carla het besluit om kontak met haar vriendin te verbreek. “Ek het opgehou om haar boodskappe te antwoord en uiteindelik het sy opgehou om my te kontak.

“Dit was eers toe een van my kollegas vir my vertel hoe erg dit is as iemand jou net ignoreer dat ek besluit het om vir haar ŉ eerlike boodskap te stuur. Ek het jammer gesê dat ek kontak verbreek het, maar vir haar verduidelik dat ek ons vriendskap vir my eie oorlewing moes beëindig. Sy stuur steeds nou en dan boodskappe. Ek antwoord steeds nie.”

Die skrywer Didi Potgieter sê sy moes onlangs ook ’n vriendskap beëindig. “As jy vir my man vra wat my beste eienskap is, sal hy vir jou sê ek is uiters lojaal. As jy hom vra wat is my swakste eienskap, sal hy dieselfde antwoord gee. Ek is dus die vriendin wat bly lank ná enige ander mens sou oppak en wegloop. Ek skram ook weg van konflik.” Didi sê sy het besef ongelukkig moet ’n mens sekere dinge laat gaan om vorentoe te beweeg.

“Ek was al baie maal sonder goeie rede die vark in my vriendin se verhaal en elke keer was die skade aan ons vriendskap moeiliker om te herstel. Tog was ons vriendskap nog altyd ŉ terrein waar ek versigtig moes beweeg omdat sy baie sterk menings het en glad nie bang is vir konflik nie. Ek het egter net een oggend skielik besef dat ek nie nodig het om meer deel van die drama te wees nie. Ek het doelbewus uit haar geveg geklim. Ek het geleer jy kan wegloop sonder om iemand seer te maak, maar jy hoef nie in ŉ vriendskap, wat jou seermaak, te bly nie.”

Die doel van vriendskap

Die bekende Amerikaanse skrywer en motiveringspreker, Mel Robbins, sê in ŉ episode op haar gewilde potgooi, The Mel Robbins Podcast, dat vriendskap een van die belangrikste dinge in jou lewe is. Maar, sê sy, die idee van “best friends forever” is ŉ leuen wat onnodige druk op ons lewe plaas.

“Vriende kom en gaan,” verduidelik sy. “Soms sal jou vriendskap met iemand mettertyd verdof en dit is oukei. Dit is die natuurlike gang van die lewe.” Mel reken om  van “beste vriende vir altyd” te praat, kan groot druk op jou verhouding plaas.

Sy sê wanneer jy dan aan vriendskappe vasklou waar daar eintlik nie meer ŉ verbintenis is nie, wat jou nie langer voed nie of wat jou nie ondersteun in wie jy geword het nie en jy vriende bly omdat jy voel jy moet, dan voel jy verwerp.

“Die waarheid is: Jy gaan nie altyd vriende bly met dieselfde mense nie. Jy moet buigsaam in jou vriendskappe wees. Vriendskap moet ŉ gemeenskaplike, ondersteunende verhouding wees gegrond op die passies en doelwitte wat jy nou in jou lewe het, en nie op jul gesamentlike geskiedenis  nie.

“Daar kan volgende week iemand in jou lewe instap, en julle kan onmiddellik kliek. Dit kan die perfekte persoon wees wat jy op hierdie oomblik in jou lewe nodig het.”

Sy sê soos wat jy groei, gaan jou vriendskappe groei. “En as iets geforseerd begin voel, dan is dit nog verbind aan die mens wat jy was, nie wie jy nou is nie.” Mel verwys ook na die bekende raamwerk van vriendskap: “Soms is jy vriende vir ŉ rede (julle werk saam of is bure), of vir ŉ seisoen (julle is dalk jong ma’s), of vir ŉ leeftyd (jou vieruur-in-die-oggend vriendin wat jy kan bel as jy nodig het om met iemand te gesels).”

Die pandemie het mense oor hul vriendskappe laat herbesin, meen Mel. “Maar onthou om buigsaam te wees. Beoordeel jou vriendskappe volgens die raamwerk. Dalk was julle vriende vir ŉ seisoen, maar jy of sy het in ŉ ander rigting gegroei. En dit is oukei.”

Tyd om aan te beweeg

Dr Adele Frisby-Lowe, ’n sielkundige by Evexia in Midstream, verduidelik die belangrikste aspek om in enige vriendskap in ag te neem, is of dit jou behoeftes en begeertes bevredig. Sy sê jy moet jouself afvra: Verruim dit jou lewe, of stres dit jou lewe? “Dit is ook belangrik om jou rede vir jou gevoel te probeer identifiseer.”

Dr Adele sê daar is ’n paar dinge waarvoor jy kan uitkyk as jy wonder of dit dalk tyd is om jou vriendskap te beëindig:

Jy begin voel jy gee meer in die vriendskap en ontvang niks terug nie.

Jy verduidelik jou gevoelens aan jou vriendin, maar dit val op dowe ore.

Julle bring nie meer tyd saam deur nie.

Julle het minimale kontak en dit word altyd eerste deur jou geïnisieer (deur byvoorbeeld ’n WhatsApp te stuur).

Jy word by sosiale geleenthede uitgesluit.

Daar is ’n vertrouensbreuk.

Sy sê die beste manier is om reguit en eerlik te wees. “Veral as dit ’n goeie vriendin was, dan is dit net regverdig. Mense sukkel oor die algemeen om met onsekerheid saam te leef en deur direk en eerlik te wees, maak jy dit op die langtermyn vir al die betrokke partye makliker. Tensy jy ’n tiener is, of op ’n passief-aggressiewe manier ’n punt probeer maak, is dit nie die ideaal om iemand te ignoreer (ook ghosting genoem) nie.”

Sy raai aan dat jy ’n skoon breuk maak. Dit is dus beter om eerder maar jul vriendskappe op sosiale media ook te verbreek. “Die tipe kontak doen gewoonlik meer skade as goed. Dit is ’n besoek aan iets wat ‘dood’ is. Sou dit enige doel dien?”

Beëindig die vriendskap openlik

Candice King, ŉ lewenstylafrigter van Durban, sê vriendskappe verdiep wanneer jy oop teenoor mekaar is. “Kwesbaarheid, vertroue en empatie is goeie boustene vir enige vriendskap.”

Sy glo ook daar hoef nie noodwendig ŉ dramatiese einde vir ŉ vriendskap te wees om op te hou bestaan nie. “Soms loop die vriendskap stelselmatig dood, of jul lewens loop verskillende paaie en jul belangstellings het verander. Dit is belangrik om ŉ vriendskap op ŉ vriendelike en liefdevolle manier te beëindig en nie net iemand te ghost nie. Ek het ervaar dat wanneer ŉ vriendskap net botweg van een kant beëindig word, kan daar onnodige probleme insluip.”

Hoewel dit moeilik en ongemaklik kan wees om so ŉ gesprek met iemand te voer, is dit belangrik. “Dit verg baie moed om so gesprek te hê en jou gevoelens oop en eerlik te deel. Ons probeer om die tipe gesprekke te vermy omdat ons glo ons gaan die ander persoon seermaak, maar in werklikheid is dit omdat ons self nie ongemaklik of weerloos wil voel nie.”

Candice sê dit is belangrik om vooraf te besluit wat jy uit die gesprek wil bereik.

“Ontmoet jou vriendin op ŉ neutrale plek. Kies ook jou tyd versigtig. Jy moet seker maak jy is rustig, kalm en in beheer. Maak seker jy het jou emosies onder beheer voor jy die gesprek begin, ook tydens die gesprek.

“Onthou om nie te oordeel, kritiseer of vinger te wys nie. Dit gaan nie oor haar nie, maar oor jou. Deel jou besluit, en jy hoef nie jou redes te deel nie, maar dit kan dit makliker vir die ander party maak.

Iets wat altyd in so gesprek help, is om ŉ eienskap wat jy van haar waardeer uit te wys. Dit sal die kans dat sy onmiddellik op verdediging gaan verminder.”

Candice sê dit is belangrik om jou emosies in toom te hou, want wanneer jou emosionele vlakke verhoog, blokkeer dit jou rasionele brein. “Indien nodig, vir jou of vir haar, kan julle altyd ŉ breuk vat en later weer na die gesprek terugkeer. Hou dit kort, tot die punt en moenie oorverduidelik nie.”

*Skuilnaam

Lees ook: Is jy moeg vir enkellopend wees? Red die situasie

The post Vriendskappe het ook vervaldatums: Is dit tyd om aan te beweeg? appeared first on rooi rose.

Familievervreemding: Wanneer vriende die nuwe familie word
Deur Anne Marais

In die immergewilde Friends wat tot ŉ paar jaar gelede uitgesaai is, het die karakters tot ŉ vriendekring behoort wat soos familie is. Deesdae vind al meer mense hul “familie” onder vriende en familievervreemding is besig om toe te neem.

Volgens Tarien Roux, ’n lewensafrigter, behels familievervreemding om tydelik of permanent kontak met familie te verbreek.

“Dit kan geleidelik of skielik gebeur. Dit is gewoonlik die resultaat van onopgeloste langtermyn- kwessies.”

Simone Vink, ’n kliniese sielkundige, voeg by dat dit ook net kan behels om minder tyd saam met familie deur te bring. “Dit behels om jouself fisiek, sowel as emosioneel, van jou familie te distansieer.”

Mariette Joubert, ’n maatskaplike werker, sê party individue sal net sekere lede van hul familie verwerp en wel kontak met ŉ ander deel van die familie maak.

Hoekom gebeur dit?

Tarien sê daar is gewoonlik ses hoofredes. “Dit sluit in mishandeling of verwaarlosing, die begunstiging van sekere kinders bo ander en onderlinge wedywering tussen sibbe. Egskeiding kan ook daartoe lei dat een ouer van kinders vervreem. Konflik rondom geld soos ŉ gebrek aan ondersteuning of selfs geldelike uitbuiting is ŉ ander rede. Nog iets wat kan lei tot vervreemding is verskille rondom waardes en lewenstyl, veral verskille rondom politiek, godsdiens, seksuele oriëntasie, beroepskeuses en keuses van huweliksmaats.

“Versuim om aan sekere verwagtinge te voldoen speel ook ŉ rol. ŉ Verdere bydraende faktor is ongediagnoseerde geestesversteurings.”

Simone voeg by dat wanneer familielede mekaar nie aanvaar nie en die familie-eenheid nie meer ŉ veilige ruimte is nie of wanneer iemand aan ŉ narsistiese persoonlikheidversteuring lei, dit ook probleme kan veroorsaak.

“Persoonlikheidsbotsings en onopgeloste misverstande is ŉ verdere rede,” noem sy.

Mariette sê daar is verskeie redes hoekom individue hulle van hul families afsny. “Dit sluit in trauma soos mishandeling en kulturele verskille. Wanneer ŉ ouer weer trou, kan die familie of kinders uit vorige verhoudings dalk nie die nuwe lewensmaat goedkeur nie en bande met die ouer breek. Tydens egskeiding kan een ouer die kind dalk negatief teen die ander ouer beïnvloed. Sommige families het weer  ŉ familielid wat die familie bymekaar hou en geleenthede vir kontak skep. As daardie persoon afsterwe, raak die kontak soms geleidelik minder totdat daar geen kontak meer is nie. Baie familie is ook al as gevolg van hul ouers se testament van mekaar vervreem. Wanneer die kinders nie erf wat hulle gevoel het hulle toekom nie, kan familiekonflik ontstaan. Sommige familielede mag immigreer. Soos wat hulle nuwe vriende maak en deel van ŉ gemeenskap word, begin hulle al minder kontak met hul familie hou. Mettertyd vervaag die kommunikasie en word die kontak verbreek.”

Lees ook: 5 dinge wat niemand jou vertel voor jy trou nie

Hoekom is dit soms nodig?

Tarien sê familievervreemding neem toe wanneer mense konstant afgebreek word of verskille nie gerespekteer word nie, en dit kan dit mense se lewensgehalte en innerlike vrede negatief beïnvloed. Volgens Simone is familievervreemding soms noodsaaklik omdat die familie nie langer ŉ veilige ruimte is nie en die situasie ongesond is, veral wanneer daar gepoog is om te versoen en dit nie gewerk het nie. Mariette voeg by dat sommige families toksies is, wat die individue se geestesgesondheid negatief beïnvloed. “Sommige mense wat persoonlikheidsversteurings soos grenspersoonlikheidsversteuring, gedragsversteuring of narsissistiese persoonliheidversteuring het, kan nie verander nie. As  ŉ persoon in so ’n verhouding bly, kan dit veroorsaak dat die persoon aan mishandeling blootgestel bly. Die individue se geestesgesondheid word negatief beïnvloed en dit kan selfs tot selfdood of ŉ gesinsmoord lei.”

Ester de Beer, ’n kliniese sielkundige, sê familievervreemding is noodsaaklik wanneer chroniese fisieke of verbale mishandeling tussen familielede voorkom. “Wanneer emosionele manipulasie voorkom of iemand nie ŉ familielid se grense respekteer nie, kan dit ook nodig wees om kommunikasie op sosiale media te blok.”

Kenmerke en uitdagings

Mariette sê  individue praat tipies nie oor hul familie nie. “Hulle sal soms sê dat hulle hul families afgeskryf het. Die individue sal soms baie woede en aggressie weerspieël teenoor die familie wat vervreem is en sal ook hartseer, rou en verlies ervaar. Individue kan ook sukkel om op die duur positiewe verhoudings te bou.”

Simone sê tipiese uitdagings is dat mense in wese sosiaal is. “Vervreemding kan daartoe lei dat mense isolasie en vereensaming beleef. Hulle kan selfs van hulself vervreem raak en dit is uiters ongesond.” Mariette voeg by dat omdat die individu nooit ŉ hegte band met hul familie gevorm het nie, kan dit verhoudingsprobleme in die toekoms veroorsaak. “Die individue kan sukkel met ŉ lae selfbeeld, woede-uitbarstings, depressie en swak geestesgesondheid. Individue kan hulle fisies afsny van familie, maar die emosionele band sal altyd daar wees. Dit veroorsaak baie geestesgesondheidsuitdagings.”

Hoe moet dit hanteer word en wat is die oplossing?

Tarien sê versoening is nie altyd moontlik nie, maar omdat vervreemding ŉ afbreking van kommunikasie is, kan dit help om mens se kommunikasievaardighede te verbeter. “Dis belangrik om jou behoeftes en grense duidelik te kommunikeer. Onthou ook dat niemand perfek is nie; ons het almal foute. Dit mag soms nodig wees om te vergewe en die kwessie net te laat gaan. Dis ook noodsaaklik om te luister sonder om op die verdediging te wees en nie bloot aannames te maak nie.” Sy sê verder aanvaarding en validasie is belangrik, maar ’n mens moet onthou verskille stel mens aan nuwe idees bloot.

Simone sê as jy jou in ŉ situasie van vervreemding bevind, mag dit nodig wees om terapie te kry. “As jy kontak moet verbreek moet dit op die gesondste manier moontlik geskied. Oop kommunikasie is uiters belangrik.” Ester sê om jou totaal af te sny van ŉ familielid behoort die laaste uitweg te wees. “Psigoterapie kan van groot waarde wees om die slagoffer in staat te stel om selfhandhawingsvaardighede te ontwikkel. Volwassenes laat dikwels toe dat hul ouers of ouer familielede wat hulle as kind geboelie het, hulle steeds as volwassenes manipuleer om hul sin te kry. Psigodinamiese insigte is belangrik, want die volwassene regresseer na die ego-staat van die ouderdom wat hulle was toe die familielid hulle mishandel het en reageer steeds uit ŉ plek van vrees vir verwerping. Dit kan tyd neem om die wanfunksionele gedragspatrone te verbreek.”

Ester voeg by dat sekere gevalle van familievervreemding voorkom kan word wanneer daar betyds by kliniese sielkundiges aangeklop word.

“Soms is daar onderliggende versteurings wat eers behandel moet word voordat verhoudingsterapie suksesvol toegepas sal kan word. Vele konfliksituasies sal nie tot só ŉ mate eskaleer dat dit permanente vervreemding veroorsaak as mense betyds konflikhanteringsvaardighede aanleer nie. Baie keer is mense net onkundig oor hóé om oor verskille te praat.”

Sy sê verder kommunikasiefoute wat eindelik tot vervreemding kan lei sluit onder meer die volgende in:  afbrekende kritiek, disrespekvolle kommunikasie, om verdedigend te wees en nie verantwoordelikheid te aanvaar vir verkeerde optrede nie, om verskoning te vra en gedrag nie te verbeter nie, maar teenaanvalle van stapel te stuur wanneer foute uitgewys word, asook om stilstuipe te kry. Sielkundiges kan mense help om moeilike gesprekke, wat gewoonlik op ŉ bakleiery uitgeloop het, beskaaf te hê.”

Mariette sê in albei gevalle waar vervreemding nodig was of nie nodig was nie, is dit nodig dat die individu terapie ontvang.

“Dit is baie moeilik om jou familie af te skryf (al mag dit in jou beste belang wees). As hereniging in die beste belang van die familie is, moet al die familielede betrek word. Die familielede wat direk by die vervreemding betrokke was sal genader moet word. Herstellende gesprekke en mediasie kan dan benut word om die verhoudings te begin herstel. Bindingsterapie kan ook gebruik word. Die familielede moet stelselmatig kontak herstel.” Sy sê verder dat indien dit beter vir die individu is om hul van die familie te vervreem, is dit goed om nuwe ondersteuningstelsels te ontwikkel – byvoorbeeld kerkgroepe, vriendekringe of kollegas. Volgens Ester is daar geen twyfel daarin nie dat vriende in vele gevalle hul “hartsfamilie” word nie. “Hierdie hartsfamilie kan dieselfde funksie as goeie bloedfamilie vervul. Ek hoor dikwels in my praktyk dat ŉ goeie ouer vriend soos ŉ ouboet is wat iemand nooit gehad het nie of dat ŉ ouer vriendin vir hulle ŉ ma geword het.”

Lees ook: 5 maniere om meer selfvertroue te hê

Vind jou trop

As jy van jou familie vervreemd is, kan jy  ondersteuning by sogenaamde “troppe” (kerkgroepe, vriendekringe of werkskollegas) vind. Hier is ŉ paar wenke om joune te vind:

Weet wie jy is en ken jouself.

Identifiseer jou behoeftes en weet waarna jy soek.

Fokus op mense met gemeenskaplike belangstellings en waardes.

Reik soms eerste uit.

Moenie bang wees om nuwe dinge te probeer nie.

Dit mag nodig wees om aan verskillende troppe te behoort om in al jou behoeftes te voorsien.

Bronne:

www.wanderlust.com

www.theladders.com

Nuttige Internetskakels

www.psychologytoday.com

www.theparticipationcompany.com

www.deerheartcoaching.co.za

www.bloemfonteinpsychologist.co.za

Lees ook: 7 maniere hoe jy ’n beter vriendin kan wees

The post Familievervreemding: Wanneer vriende die nuwe familie word appeared first on rooi rose.

Depressie: die verkeerdste maniere om dit te hanteer
Die verkeerdste maniere om depressie te hanteer

1 Drank en sigarette

Albei laat jou tydelik beter voel omdat hulle op die sentrale senuweestelsel inwerk, maar albei is verslawend en veroorsaak op hul eie depressie.

2 Eet te veel of te min

Stysel stoot jou serotonien en energievlakke tydelik op, maar lei tot oorgewig, wat opsigself ’n oorsaak van depressie is.

3 Slaap te veel of te min

Dit is jou liggaam se manier om jou kans se gee om emosioneel aan te pas. Maar dit moenie handuit ruk nie.

4 Ontkenning: Jy kan depressie lank ontken – lewenslank, as jy wil. Maar dit kortwiek jou lewensgehalte en gaan jou baie kos in terme van geluk, sukses, energie, vriendskappe, gesinsverhoudings, stres en gesondheid.

5 Medikasie sonder terapie

Hoewel depressie meestal ’n breinsiekte is, is lyers dikwels juis weens hul depressie in negatiewe gedrags- en gedagtepatrone vasgevang. ’n Kundige terapeut sal jou help om nuwe perspektiewe vas te lê.

6 Moenie medikasie te gou staak nie

Baie mense het net tydelik ’n antidepressant nodig maar jy moet minstens ’n jaar aanhou voordat jy staak. Staak baie geleidelik.

As jy bekommerd is dat ’n geliefde selfdoodgedagtes het, of as jy self selfdoodgedagtes het, kontak Pharma Dynamics se tolvrye hulplyn by 0800 205 026, wat deur opgeleide beraders beman word wat sewe dae per week van 08:00 tot 20:00 beskikbaar is.

The post Depressie: die verkeerdste maniere om dit te hanteer appeared first on rooi rose.

Twee brakke,’n bok en ’n boontjieveld
Twee brakke,’n bok en ’n boontjieveld – Deur Zoë Salzwedel. Hooffoto: Pixabay

Verbeel jou dié prentjie: ’n Swart Labrador, ’n wit Labrador en ’n bok hardloop deur ’n boontjieveld … Ja, ’n bok! Dit klink soos ’n verhaal uit ’n kinderstorieboek, maar dít is presies wat Kyle Krier van Concordia in Kansas op video vasgevang het – en net die swart Labrador is syne!

Kyle Krier se vrou Laura, het die vorige aand soos oudergewoonte hulle troetelhond (’n swart Labrador genaamd Bo) uitgeneem om ’n draaitjie te loop voordat hulle gaan slaap vir die nag. Maar Bo het eenvoudig net nie weer huis toe gekom nie… Dít is tog enige troeteldierliefhebber se grootste vrees!

“My vrou het vir my vertel dat daar ‘n ander wit hond in ons tuin was, en dat sy vermoed dat Bo saam met hóm die pad gevat het,” het Kyle aanlyn geskryf. “Ons het orals gesoek en kon hom nie vind nie. Ons het toe maar besluit om huis toe te gaan en daar te wag vir hom. Maar hy het net nooit opgedaag nie. Ek het die volgende oggend vroeg uitgegaan om hom te gaan soek, maar weereens sonder sukses.”

Nadat Kyle byna alle hoop verloor het dat Bo sal terugkom, het hy tot sy verbasing ’n oproep ontvang waarin Laura vir hom vertel het dat daar ’n hond wat soos Bo lyk deur iemand in die dorp raakgesien is. Maar dié hond was nie alleen nie …

“My vrou het ’n oproep gekry dat iemand sopas ’n swart Labrador,’n wit Labrador én ’n bok in ’n veld sien speel het. My vrou het my gebel om die nuus te vertel en ek het dadelik geweet dat dit beslis net ons hond kan wees wat so iets sal aanvang.”

Kyle het in sy rooi bakkie geklim en na die plek toe gery waar die groep laaste gesien is. Binnekort het hy die toneel gesien wat sy buurman beskryf het. Hy het gesien hoe Bo rondhardloop, gevolg deur twee ander diere waarvan een ’n bok was. Kyle het vir Bo geroep en toe verfilm wat daarna gebeur het.

“Ek het afgevat by die werk om hulle te gaan soek. En daar kry ek toe waaragtig dié vreemde groep vriende aan die oostekant van die hoofweg in ’n boontjieveld.”

Die video wat Kyle geneem het van Bo se terugkeer het sedert 12 Januarie 2019 meer as 200 000 views op YouTube gekry. Sy oorspronklike video op Facebook is reeds meer as 10 miljoen keer gekyk, is meer as 178 000 keer geshare, en 29 000 mense van regoor die wêreld het op sy video kommentaar gelewer.

Soos dit blyk, is die wit Labrador en bok nie onbekende karakters vir die Krier-gesin nie. Die twee is Ozzy en Libby, en hulle behoort aan die Krier’s se bure, Chris en Shawna Huggans.

Loer hier na die video:

“Dit was een van daardie stories wat jy vir jou familie en vriende vertel en hulle glo jou nie,” het Kyle gesê. “Maar dan kyk jy na die video en sien dat dit régtig gebeur het.”

Bo en sy gesin:

Dit is duidelik dat Bo beslis ’n handvol kan wees as ’n mens Laura se Instagram-inskrywing lees:

View this post on Instagram

With all the Christmas celebration’s we forgot to wish our sweet Pup Bo a very Happy First birthday on Christmas day! Although he is crazy, energetic and always seems to run off he has brought so much joy to our family! We love our Bo! We also still think of our last one a lot miss you Jax! I grew up in a home without animals it is amazing how much a family can love their pets!?

A post shared by  Laura Krier (@laurak1130) on <time style="font-family: Arial,sans-serif; font-size: 14px; line-height: 17px;" datetime="2018-12-26T20:55:01+00:00">Dec 26, 2018 at 12:55pm PST</time>

Ons is bly om te kan sê dat Bo, Libby en Ozzy veilig tuis is. En dat die Krier-gesin ’n skreeusnaakse en bisarre storie het wat ’n mens slegs kan glo as jy eers die video gesien het.

The post Twee brakke,’n bok en ’n boontjieveld appeared first on rooi rose.