vroue en geldsake | rooi rose

Vroue wen met beheer oor finansies
“Statistieke uit die versekeringsbedryf toon dat vroue onderverseker is vir die finansiële impak van ’n lewensveranderende gestremdheid of siekte. Vandag  lewer vroue gelyke en soms groter bydraers tot huishoudelike inkomste en daar is steeds die geneigdheid om mans teen hoër voordeelwaardes as vroue te verseker. Dit maak nie sin nie aangesien vroue twee keer meer eise instel vir kritieke siekte en ongeskiktheid, ” sê Susan Gonnermann, Hoof van eise by Hollard Life.

Statistieke toon die gemiddelde bedrag van lewensdekking vir vroue is R780 000, terwyl kritieke siekte-dekking slegs R320 000 is. As jy die werklike koste van mediese behandeling en rehabilitasie in ag neem asook verlore inkomste en ander leefstyl-veranderinge, is vroue steeds hopeloos onderverseker vir ’n ernstige gesondheidskrisis.

Dit is vrouemaand en die ideale geleentheid om jou finansiële adviseur te raadpleeg oor hoe jy jouself deeglik kan verseker.

Interessante feite

• Vroue leef  ongeveer 5 jaar langer as mans en het meer aftreespaargeld nodig. Jy kan langtermyn-sorg nodig hê en dalk alleen verantwoordelik wees vir jou gesondheidsorg. Praat met jou finansiële adviseur oor ’n omvattende plan wat aftreespaargeld, langtermyn sorg, kritieke siekte en gesondheidsorgvoordele dek. Maak seker jy kan die premies na aftrede bekostig.

Soos wat jy ouer word, word hierdie voordele toenemend belangriker, so beplan vroegtydig sodat jy dit kan bekostig ná aftrede.

• Vroue verdien minder as mans. Dit beteken dat jy minder het om te belê vir aftrede, vir spaar en vir lewensversekering. Vroue het ’n langer lewensverwagting en het meer geld nodig om hul risiko’s te bestuur. Tydens swakker ekonomiese tye het vroue die risiko vir onverwagte uitdagings soos ’n gesondheidkrisis, ongeskiktheid, egskeiding, afdanking en enkelouerskap. Vra jou finansiële raadgewer wat jy nodig het om voorbereid te wees.

• Vroue het ’n groter risiko vir sekere siektes. Kanker, veral bors- en eierstok-kanker is verantwoordelik vir sowat 25% van kritieke siekte en ongeskiktheidseise deur vroue, gevolg deur hartsiektes. Die hoogste eise by vroue is tussen 31-50 jaar. Dit is die fleur van jou lewe en loopbaan. Aangesien vroue so ’n belangrike aandeel in die finansiële gesondheid van huishoudings het, kan ’n kritieke siekte of gestremdheid die gesin finansieel verwoes sonder die nodige versekeringsdekking.

Vra jou finansiële adviseur oor versekeringsopsies wat ’n omvattende lys siektes en toestande dek.

• Die finansiële laste en verantwoordelikhede van middeljarige Suid-Afrikaners word toenemend gedryf deur twee tendense – ’n veroudering van die bevolking en ’n generasie van jong volwassenes wat sukkel om finansiële onafhanklikheid te bereik.

Wanneer hierdie twee bots, ons het wat gepas genoem word die “toebroodjie generasie’” – volwassenes in hul 40’s en 50’s wat bejaarde ouers finansieel bystaan en ook hul eie kinders moet ondersteun. As die broodwinner in so ’n geval ’n vrou is, moet daar ’n finansiële plan wees wat sal voorsien as sy iets oorkom.

• Die tuisbly-ma het net soveel verantwoordelikhede en lewer net so ’n waardevolle bydrae tot die familie se welstand. As die ma iets oorkom, is die impak ewe groot en as sy nie in staat is om dienste te verskaf soos om taxi, huishoudster, onderwyser, kok en uitvoerende hoof van die huis te wees nie, moet die gesin vir dienste betaal om die huishouding vlot te laat verloop.

“Niemand weet wat die toekoms inhou en of jy ’n lewensveranderende krisis sal ondervind nie. Maak seker jou finansiële adviseur help jou om voldoende voorsiening te maak.”

The post Vroue wen met beheer oor finansies appeared first on rooi rose.

Wees suksesvol
Meer as die helfte van die wêreld se werkpopulasie bestaan uit vroue, maar slegs 1% van hulle word as ryk of as miljoenêrs beskou. Behalwe vir die ongelykhede in salarisse tussen mans en vroue, en die poging aan gelykheid in die werkplek, is daar nog baie werk en aandag nodig, veral in senior posisies.

Dit is soms moeilik vir vroue om opgang te maak in die korporatiewe wêreld en derhalwe probeer hulle nie eens nie. Deesdae probeer talle vroue om hul eie besighede op die been te bring wat meer vryheid bied. Hoe dit ook al sy, die statistieke vertel die eintlike storie.

Ek is baie uitgesproke daaroor en almal wat my ken weet ek is passievol oor die onderwerp en voel sterk daaroor dat vroue in hulself moet glo en hul talente moet beoefen om suksesvol te wees (dit sluit finansieel in.)

Dit verg dieselfde vlak harde werk vir vroue en mans om suksesvol te word.

Die verskil tussen mans en vroue is egter baie opvallend wanneer hulle sukses behaal. Vroue soek betekenis en ’n doel in hul lewens. Hulle glo harde werk moet groter mening hê as net finansiële sukses. Baie vroue raak betrokke by die filantropiese werk en oor die algemeen help hulle ander. Ek glo hoe meer vroue finansieel sterk raak, hoe meer sal ander mense gehelp word.

As jy ’n ma is en jy twyfel of jy sukses wil of moet najaag, onthou waarom jy nie moet bang wees nie: neem altyd jou kinders in ag.

Hulle leer deur wat hulle jou sien doen, en nie wat jy vir hulle sê nie.

Jy kan net vir jou dogter wys sy kan enigiets in die wêreld vermag en haar drome bewaarheid as jy as ouer bereid is om dit self te doen en die voorbeeld te stel. As jy groot drome vir jou dogter het, stap die paadjie saam met haar en wys haar hoe om sukses te behaal. Dit gaan die lewe vir haar baie makliker maak as sy ’n voorbeeld het van iemand wat dit elke dag self doen.

As jy dink jy kan ’n rol speel in die lewens van jong vroue wat nooit die geleentheid gehad het om self sukses te behaal nie, en jy kan ’n voorbeeld wees vir die volgende generasie, is dit jou plig as vrou om haar te leer hoe om haar beste lewe te lei en suksesvol te raak.

Hilda Lunderstedt is ’n entrepreneur en een van die min vroue wat haar besigheid in minder as 10 jaar opgebou het tot ’n 9-syfer omset per jaar voor sy die internasionale besigeidswêreld betree het. Vandag het sy belange in verskeie besighede maar is veral ’n passievolle spreker vir vroue. Sy glo aan sukses en raak opgewonde oor geleenthede wat die wêreld se eiendomsmark vir vroue bied om hul portefeulje op internasionale vlak op te bou.

Hilda Lunderstedt is ’n toegewyde ma van 2 jong kinders, skrywer en filantroop.

The post Wees suksesvol appeared first on rooi rose.