Vrouedag | rooi rose

Vrouemaand: rooi rose-voorbladsterre vertel wat dié maand vir hulle beteken
Bekendes soos Therese Bam, Marlee van der Merwe, Marijke Coetser en Leah vertel wat Vrouedag vir hulle beteken.

Therese Bam, aktrise en TV-aanbieder

Ek voel al jare nie lus om Vrouedag of -maand te vier nie, want ek voel dat die vroue in ons land te erg verniel word daarvoor. Ek gebruik dus eerder die geleentheid om iets vir vroue in nood te probeer doen. Vanjaar vat ek weer hande met Huis Jabes (www.huisjabes.co.za) in ’n veldtog waar ons mense probeer aanmoedig om eerder ’n donasie (ter ere van ’n vrou wat vir hulle spesiaal is) te maak aan slagoffers van gesinsgeweld, as om dit te mors op blomme of sjokolade omdat jy voel jy moet.

Dis terselfdertyd vir my ’n trots en moeilik om eerlik te wees. My hart is regtig seer oor hoe vroue en meisies steeds moet sukkel vir ’n plek in die son. Vir regte. Vir gelykheid. Wat my trots maak is om te besef wat dit verg om ’n vrou te wees noudat ek ’n ma is. Hoe belangrik ons plek in die samelewing is. Watter verantwoordelikheid ons het om die vroue om ons met liefde en respek te hanteer, en indien dit jou geval, groot te maak. Dis nie ’n klein taak nie. Dis ’n voorreg om ’n vrou te wees – met al die swaar wat daarmee gepaard gaan.

Marijke Coetser, aktrise

Vrouedag vir my beteken dat vroue mekaar moet vier, moet ondersteun, moet komplimenteer. Jaloesie is ’n lelike ding, en wanneer ons as vroue die mooi in mekaar raaksien, beskerm dit nie net ons eie harte nie, maar ons skuif ons fokus na die mooi en positiewe uitkyk van ander vroue.

Ek is trots om ’n sterk, onafhanklike vrou te wees, wat ander vroue wil motiveer om hul drome na te jaag en hard te werk daarvoor! Ek is trots om ’n vrou en ma te wees, en wil ’n voorbeeld wees vir my dogter, om in haarself te glo, selfvertroue te hê en ander vroue te inspireer.

Marlee van der Merwe, aktrise

Ek is so trots om ’n vrou te wees en super dankbaar vir al die pionierswerk wat vroue vir geslagte voor my wêreldwyd gedoen het sodat ons as moderne vroue vandag meer vry en meer gelyk in die samelewing kan staan.  My gunsteling-aanhaling “… whatever you give a woman, she will make greater. If you give her a sperm, she will give you a baby. If you give her a house, she will give you a home. If you give her groceries, she will give you a meal. If you give her a smile, she will give you her heart. She multiplies and enlarges what is given to her……” – William Golding, Britse skrywer en digter.

Leah, sanger en TV-aanbieder

Ek verbind Vrouedag met bemagtiging en bewusmaking. Ek dink ons vroue is baie sterker as wat ons dink en ons moet onsself meer erkenning gee. Dis wel belangrik dat almal saamstaan teen GBV en daagliks herinner word dat geweld teen vroue ’n realiteit is.

Vroue moet gekoester en gevier word, mekaar ondersteun en opbou. Kan jy jouself aan ’n wêreld sonder vroue voorstel?!

Ek is trots daarop om ’n vrou te wees omdat ek dink ons het al keer op keer bewys dat ons nie onderskat moet word nie.

The post Vrouemaand: rooi rose-voorbladsterre vertel wat dié maand vir hulle beteken appeared first on rooi rose.

Vrouedag-inspirasie
Vir dié drie vroue is sakesukses nie genoeg nie. In ’n harde wêreld wil hulle ook sag aan ander raak.

Carina Franck: ’n Hart vir Afrika

In velsorgkringe is Carina Franck ’n groot naam. Sy was twaalf jaar lank die eienaar van Nimue Skin Technology International, wat sy in dertig lande tot ’n gerespekteerde, internasionale handelsmerk uitgebou het. In 2013 het Carina Nimue verkoop om aan ’n nuwe droom gestalte te gee: Kalahari, ’n egte Afrika-reeks met die suiwerste bestanddele én die suiwerste doelstellings.

“Wetenskaplikes en botaniste van twee plaaslike universiteite doen al jare lank navorsing oor die inheemse plante van Afrika. Die hoofdoel van Kalahari is om die mense van Afrika se erfenis te bewaar, vaardighede oor te dra, werk te skep, hulle sosiaal op te hef, en ook medies uit te reik. Die projek naaste aan my hart is die een wat op die kinders fokus.

Ons het reeds die eerste van ’n paar skole gebou en verskaf nie net opvoeding nie, maar ook kos, klere en gratis mediese sorg deur ons uitreikprojekte wat deur verskeie lande ondersteun word. Wanneer kliënte ons produkte koop, ondersteun hulle gemeenskappe wat swaarkry.”

Carina is passievol oor die bemagtiging van veral vroue. Sy glo aan sakementorskap en tree gereeld as internasionale spreker op. “As die Khoi-San jou groet, sê hulle: ‘Ek sien jou.’ Dit beteken: ‘Hier op die duin het ek jou van ver af sien aankom. Ek is hier, in die oomblik, bewus van jou.’ Ek glo dis hierdie soort konneksie met onsself, ander en die aarde wat ons ten diepste nodig het.”

Jenna Clifford: Kampvegter

Jenna Clifford is sinoniem met pragjuweliersware, maar sy is allermins toegespin in ’n kokon van kreatiwiteit en “beautiful living”. Sy het ’n skerp oog vir kwessies wat ander se welsyn, die natuur en die ekonomie in gevaar stel, en skroom nie om prontuit daaroor te praat én die daad by die woord te voeg nie.

“In die Weste word sukses aan mag, geld en status gemeet. Hoewel ek gek is na mooi dinge, het ek nie ’n tipiese verbruikersingesteldheid nie. As dit nie goed gaan met die wêreld nie, voel ek ook nie gelukkig nie. Ek is nie Moeder Teresa nie, maar dis vir my belangrik om ’n verskil te maak waar ek kan.”

Jenna het ’n sagte plek vir kinders en diere, en het spesiale juweliersreekse ontwerp om die Reach for a Dream Foundation en ’n renosterbewaringsprojek te ondersteun. “Die kinders na wie Reach for a Dream uitreik, het soveel om te gee ondanks alles wat met hulle gebeur het. Ek het ’n reeks silwer skoenlapper-hangertjies ontwerp omdat vlinders ’n kragtige FOTO VERSKAF simbool van transformasie is – hulle kan hul DNA verander!

Die bemagtiging van vroue is vir Jenna ’n verdere fokuspunt. “Ek doen my bes om voorste sakemanne aan te spoor om vroue aan te stel en te bevorder waar hulle dit normaalweg nie sou doen nie, en om sienswyses aan ’n wye front te verander. Mense moet drie dinge besef: vroue kán, hulle is geregtig op opleiding, en op minstens die helfte van dit wat in ’n verhouding beskikbaar is – of dit nou ’n sake- of romantiese vennootskap is.”

Elain Vlok: Onblusbare gees

Prof. Elain Vlok, bestuurder van korporatiewe dienste by Clover, gee vars betekenis aan die frase “veelsydige vrou”. Wanneer dit by vererings en vaardighede kom, het Elain min gelykes. Tog is dit haar lewensblyheid en mensliewendheid wat jou opval wanneer jy in haar geselskap is.

Elain se hartsbegeerte is “om ’n verskil te maak aan die armstes van die armes”. Sy is die ma van die veelbekroonde Clover Mama Afrika-projek wat landswyd gemeenskapsversorgers (care givers) toerus om ’n inkomste te verdien terwyl hulle na kinders, oumense en ander hulpbehoewendes omsien. Meer as 1 700 “Mamas” is deur Elain in die kuns van broodbak, naaldwerk, hekel, sakebestuur, voedseltuinmaak, mosaïekwerk, en so meer opgelei. Sy het hierdie vaardighede ook onder die knie en is boonop ’n grimeerkunstenaar, manikuris, bloemis, lid van die Suid-Afrikaanse koekversieringsgilde, kwilter, resepteboekskrywer en geregistreerde berader.

Vra jy hoe Elain die tempo volhou, sê sy: “Die Here trek my voor, Hy seën my werk oorvloediglik! Ek is net die instrument. As ek nie gelowig was nie, sou ek nooit terugslae soos my ouers, broer, susters en my man se dood, of my eie pad met kanker kon hanteer nie.

As ek saans my kamerdeur toemaak, praat ek met die Vader wat my krag gee. Wanneer ek gaan slaap en wanneer ek my oë oopmaak, sê ek dankie.” Elain se geheim is “een honderd persent betrokkenheid”.

The post Vrouedag-inspirasie appeared first on rooi rose.

Raak aan die rots
Weet jy dat wanneer iemand met jou praat 55% van ons daaglikse kommunikasie deur ons lyftaal oorgedra word, 38% deur ons stemtoon en net 7% deur dít wat ons sê? Of só sê dié wat weet. Ek hoor dié syfers al jare en staan elke keer stom.

Dit het ‘n stokperdjie geword, dié fyn kyk na ander se fronse, gevoude arms, ‘n verbaasde trek . . . en my gunsteling, ‘n voet wat ongeduldig klop. Om nie te praat van fladderende hande en rollende oë nie. “Hou jou in,” dink ek dan en hou my wysvinger in toom wat dadelik wil reguit trek met ‘n hard en duidelike: “Stop dit nou!” Ek glimlag breed, maar is maar alte bewus dat my oë nie altyd dieselfde vreugde deel nie.

So gebeur dit, dié vergadering. Ek ken die manne aan die ander kant van die tafel al ‘n paar jaar en hou hulle fyn dop. ‘n Paar met spesifieke idees oor die rol van die man en die vrou by die huis én by die werk, het ek ook al agtergekom. Vir die vroue is hulle “Meneer”, die manne noem hul op die naam. Die eerste in die vertrek gaan sit aan die bopunt van die tafel, duidelik die hoof van die huis, die ander flank hom regs.

Ek voel hoe my nekhare een-een orent spring. My soldate, gewapen en reg vir die geveg wat wag.

“Koffie?” vra die een en kyk eers na sy kollega. Kollega kyk nie op van sy iPad nie, brom ‘n ja. Dan knik hy in my rigting, sy woorde ontbreek maar ek weet gelukkig dis ‘n “jy ook”. Dankie, dink ek, uiter geen woord nie. Knik net gemaak-glimlaggend in sy rigting.

Hul praat (met mekaar) oor koeitjies en kalfies, die naweek se rugby en vergeet dat ek die gas in die vertrek is. Tot die koffie kom. Die hoof van die huis sê-vra: “Skink vir ons?” Die soldate in my nek dadelik op aandag. Ek antwoord: “Ek dink ons doen dit sommer elkeen self.”

Vandaar is die gesprek strammerig. Dan trek die hoof van die huis sy skouers terug, skuif sy stoel drie sentimeter agteruit en sê in ‘n kansel-stem: “Ons is nie baie gelukkig nie. Jy sal jou werkwyse moet aanpas om by ons te pas.”

In kort, word soos ons. Die soldate in my nek haal hul gewere oor. Ek stoot my stoel ferm agteruit, bewus dat my lyf meer sê as wat ek moet. “Jammer. Dan onttrek ek liewer.”

Dis inkomste wat jy sal verloor, sê die een. Jy sal terug wees, sê die ander. Die soldate in my nek rus op die plek.

“Geld is nie alles nie. Dankie, maar nee dankie.” Die soldate juig.

Met uitstap wonder ek wat dié twee op Vrouedag gaan doen. Ken hulle die storie van dít wat op 9 Augustus 1956 in Suid-Afrika gebeur het? Dis die storie van ‘n groep brawe vroue wat in opstand gekom het om ‘n einde te bring aan die paswette wat deur die destydse regering afgedwing is. Sophia Williams-De Bruyn, Lilian Ngoyi, Rahima Moosa en Helen Joseph het die opmars gelei en saam met honderde ander die krag van lyftaal en stilte gebruik om hul stem te laat hoor.

En dan sing hulle. Dis op die maat van daardie lied wat die soldate in my nek nou dans: Wathint’ Abafazi Wathint’ imbokodo! Now you have touched the women, you have struck a rock. Noudat jy die vroue aangeraak het, het jy ‘n rots getref.

O ja. En skink volgende keer keer asseblief jou eie koffie.

Tot volgende week,

Marí

www.incontext.co.za

The post Raak aan die rots appeared first on rooi rose.