waks | rooi rose

Ons bekyk Wenkbrou-threading
Hoe werk dit? Die terapeut gebruik ‘n dubbele garing wat oor die hare vou, en trek so word die haartjies uit die wortels getrek. Hierdie tegniek word meestal op wenkbroue en bo-lip gebruik. Threading word ook gebruik om van ongewenste fyn gesig haartjies ontslae te raak.

Voordele van threading

Dit is baie vinniger as pluk en waks – die prosedure neem tussen 5 en 10 minute.

Die haartjies wat teruggroei is sagter en fyner.

Die proses ‘skrop’ die area en die vel om dit.

Dis minder traumaties vir jou vel – veral vir dames wat sukkel met ’n sensitiewe vel,

Enigste metode wat soveel definisie aan wenkbroue kan gee. Met threading kan terapeute die vorm van jou wenkbrou verander om meer definisie aan jou oë te gee. ’n Mini “facelift”!

Dis minder pynlik as waks en pluk.

Jy hoef minder gereeld te “thread” as pluk of waks – as jy haartjies moet pluk tussen jou threading-besoek: Sit jou wysvinger bo jou wenbroue, lig jou wenkbrou saggies – enige haartjies wat onder jou wenkbroue uitsteek, kan jy pluk. Volg die reël om te verhoed dat jy te veel haartjies pluk.

Ons eie threading makeover

Ons het vir kollega Tamlyn Pasqaulie na Eyecandy Brows toe geneem vir ’n threading “makeover”

Tamlyn het vir 3 maande lank haar wenkbroue laat uitgroei omdat sy te veel hare met haar haarntangetjie uitgetrek het.

Kyk hier na die video:

Wenke om te onthou ná threading:

Moenie te veel aan die area raak nie – die tegniek van haarverwydering los jou porieë op omdat die haartjie uit die wortel getrek word.

Vermy dit om direk na jou threading grimering aan te wend.

Eyecandy gebruik ’n Aloe Vera-jel met die heerlikste massering op die area direk na behandeling om die vel te streel.

Eyecandy Brows het ’n salon in Kloofstraat, Kaapstad en het terapeute by Woolworths Rosebank; V&A Waterfront; Gateway se toonbanke – geen afspraak nodig nie!

Vir meer inligting kontak: www.eyecandybrows.co.za; e-pos: info@eyecandybrows.co.za; skakel: 0792239672

The post Ons bekyk Wenkbrou-threading appeared first on rooi rose.

Wees waks-wys
Verskillende waks-style

½ been: Sluit die bo-kant van jou voete en tone ook in. Tot bo-oor en net bokant jou knieë; gewoonlik tot so vier vingers bo-kant jou knieg. Voor en agter. Strip-waks word gewoonlik gebruik.

¾ been: Sluit bo-kant van voete en tone in. Tot bo-oor jou knie en tot omtrent die helfde van jou bo-been. Voor en agter. Strip-waks word gewoonlik gebruik.

Volle been: Sluit bo-kant van voete en tone in. Tot bo-oor jou knie. Bokant van jou bobeen tot by jou broeki- lyn. Strip-waks word gebruik.

Bikini: Alle hare rondom die area van jou broekie en die binnekant van jou bo-bene. Strip-waks word gebruik.

Brasiliaans: Alle hare af, behalwe ’n landingstrokie (’n dun strokie hare in die middel). Warm waks word gebruik.

Hollywood: Alles af (sluit ook die binneboud-haartjies in). Warm waks word gebruik.

Onderarm: Alle hare onder die arm. Warm waks word gebruik.

Halwe arm: Tot by die vou van jou elmboog; sluit hande en vingers in. Voor en agter. Strip-waks word gebruik.

Volle arm: Voor- en agterkant van die hele arm, van onder die skouer. Sluit hande en vingers in. Strip-waks word gebruik.

Maag (vroue): Van bo die broekie-lyn tot by jou naeltjie en soms die omliggende deel. Strip-waks word gebruik.

Moets

• Skilfer jou vel gereeld af om die opbou van dooie vel te verhoed. Dooie vel kan ingroeihare veroorsaak.

• Waks gereeld.

• Bevogtig jou vel twee keer per dag om droë vel te voorkom.

Moenies

• ’n Warm bad neem of stort vir ten minste agt ure voor jou waks nie.

• Anti-perspirant aanwend vir agt ure voor jou onderarm-waks nie.

• Vermy stywe klere na ’n waks.

• Vermy die son net na jou waks.

• Moenie jou vel afskilfer vir 24 uur na jou waks nie.

• Moenie skeer tussen waks-behandelings nie.

• Moenie grimering aanwend vir vier ure na jou gesig gewaks is nie.

• Moenie jou vel krap na ’n waks-behandeling nie.

• Moenie room aanwend na ’n waks nie.

• Wees versigtig vir waks as jy medikasie neem wat jou bloed verdun of jou vel sensitief maak.

Nog rooi rose-wenke

• Dink aan jou waks-afspraak soos ’n afspraak by die ginekoloog; sorg dat jy skoon en vars is.

• Jy kan ’n pynpil drink so halfuur voor jou afspraak.

• Een van die grootste foute wat ons ooit gemaak het, was om verdowingsalf aan te smeer, net voor die afspraak. Die salf het ten minste ’n halfuur nodig om te werk en die waks het toe net rondgegly op die salf wat dit die pynlikste waks ooit gemaak het.

• As jy swanger is, veral teen die einde, is waks pynlik. Wees gewaarsku.

Pssst: Die Sorbet-groep verklap watter waks-style die gewildste is in SA:

Kaapstad (Canal Walk) – Hollywood, wenkbroue en lip en onderarm

Kaapstad (Durbanville) – wenkbroue, Hollywood, lip

Port Elizabeth (Walmer Park)– Hollywood, onderarm, wenkbroue en lip

Johannesburg (Riverside Bryanston) – Hollywood, lip en wenkbroue, onderarm

Pretoria (The Club, Brooklyn) – Hollywood, lip & wenkbroue, onderarm

Nelspruit – Hollywood, wenkbroue, halwe been

Sasolburg – wenkbroue, lip en vol bene waks

Hartebeespoort – Hollywood, onderarm en wenkbroue

The post Wees waks-wys appeared first on rooi rose.

Waks vir ’n sensitiewe vel
Vraag:

Ek kry soms klein, rooi knoppies op my vel nadat ek gewaks het. Waarom kry ek dit en moet ek eerder waks vermy?

Antwoord:

Klein knoppies wat vorm nadat die haartjies verwyder is, is ’n teken van ’n vel-irritasie. Sekere veltipes is meer geneig daartoe omdat hulle meer sensitief is. In elke salon behoort daar ’n opsie van waks vir sensitiewe velle beskikbaar te wees. Probeer dit gerus ’n volgende keer. Onthou ook om voor die tyd geen afskilferingsprodukte te gebruik nie, geen grimering te dra nie en na die tyd behoort jy nie in die son te kom, jou gesig met warm water te was of rome en grimering te dra nie. Dit is ook belangrik om nie direk na ’n waksbehandeling aan die vel te raak nie, aangesien bakteriee op die vel infeksie kan veroorsaak.

Ná die behandeling moet daar ook ’n kalmerende room aangewend word wat die kanse van irritasie kan voorkom. Indien die knoppies na ’n dag nog steeds baie sigbaar is, kan ’n kortisoonroom op die area verligting bring deurdat dit die bloedtoevoer na die area verminder en die inflamasie en jeukerigheid verminder.

Ander metodes soos “threading” (haar-verwydering) kan ook gedoen word. Dis ’n minder aggresiewe metode wat nie die vel irriteer nie en nie noodwendig knoppies veroorsaak nie. Hoë frekwensie-behandelings kan ook gedoen word ná die waks-behandeling omdat dit met die genesende proses help en antibakteries op die vel is.

*Isabel Roos is die uitvoerende direkteur van die Isa Carstens Akademie in Stellenbosch en Pretoria.

The post Waks vir ’n sensitiewe vel appeared first on rooi rose.