wasgoed | rooi rose

7 slim wenke vir wasdag
Dit is moeilik om na die verskillende materiale in jou klerekas om te sien, veral as jy skaars genoeg tyd het om dit in die wasmasjien te gooi of te sorteer tussen kleure en wasbare en nie-wasbare stowwe.

Hier is ’n paar wenke

1 Lees die etiket vir temperatuur-gidse. Koeler temperature word aanbeveel vir materiaal wat kan krimp of verbleik in warm water. Warmer water (soos 40 °C) is ideaal vir ligte tot medium kleure en ’n warm was (50 °C en hoër) is ideaal om beddegoed, handdoeke en om vuil werk klere mee te was.

2 Was swart, bruin en donker kleure in koel water.

3 Onderklere word as delikaat geklassifiseer en moet met die wasmasjien se ligte siklus gewas word. Gebruik ’n ligte skoonmaakmiddel vir kant-materiale, maar katoen en sintetiese materiaal kan met gewone waspoeier gewas word.

4 Sit enigiets met ondersteunende bedrading (bra’s), hakies of gaas in ’n wasgoedsak. Dit verhoed dat die hakies ander items beskadig.

5 Vryf geel sweetvlekke met ’n sagte seep en warm water en laat dit ’n halfuur week.

6 As ’n item handwas nodig het, gebruik lou of koue water met ’n klein hoeveelheid skoonmaakmiddel. Moenie vryf of wring nie. Laat dit week. Druk dit versigtig uit en spoel met water.

7 Wol-items kan vorm verloor of krimp in ’n tuimeldroër. Plaas dit plat op ’n handdoek. Hervorm liggies as dit droog is.

Lees ook: Organiseer jou klerekas so

The post 7 slim wenke vir wasdag appeared first on rooi rose.

Slim wenke vir wasdag
Slim wenke vir wasdag. Saamgestel deur Cornelia Postma.

Wasmasjienwenke

Moenie jou masjien oorlaai nie, dit verhoed dat al jou wasgoed behoorlik skoon kom.

Gebruik ander siklusse of instellings, dit kan jou klere ’n langer leeftyd gee as wanneer jy jou gewone of delikate instelling gebruik.

Het jou klere gekrimp? Herstel dit deur jou klere vir ’n paar minute in opknapper of baba-sjampoe te week. Rek en rol dit dan weer na die normale grootte.

Raas dit baie wanneer jy jou skoene was? Knoop die lusse en laat dit buite die wasmasjien se deur hang.

Moenie jou tuimeldroeër misbruik nie, dit kan jou klere verniel. Gebruik Suid-Afrika se warm son tot jou voordeel.

Strykwenke

Stryk plooie reg deur dit met ’n skuifspeld (paper clip) of skuifknippie vas te maak en dan daaroor te stryk. Wees net versigtig dat die skuifspeld nie vashaak nie.

Gebruik die regte tegniek deur reguit af te stryk en nie rond te wikkel nie. Die klere kan uitrek as jy ’n strykyster oor die klere wikkel.

Spaar tyd deur jou strykbord met foelie toe te draai (blink kant na bo), sodat jy altwee kante van die item op een slag kan stryk – die foelie gelei hitte, maar werk versigtig!

Sorg dat jou klere lekker ruik deur ’n druppel van jou parfuum by die strykyster se water te gooi en dan te stryk.

Beskerm jou klere se voorkoms deur dit aan die binnekant te stryk.

Opvouwenke

Kledingstukke wat glad is of moeilik is om op te vou, moet liefs opgehang word.

Gebruik ’n tydskrif om hemde met knope te vou.

Foto: Madison Inouye

Lees nog: Vou jou klere in ’n oogwink

Nog oulike wasgoedwenke

Voorkom dat sykouse leer deur haarsproei daarop te spuit.

Gebruik ’n wit brood se binnekant om ’n lipstiffiemerk uit ’n hemp te haal. Die hele merk sal nie verdwyn nie, maar dit wat oorbly sal in die wasmasjien uitkom.

Gebruik ’n skeermessie om verf van klere af te kry.

Gebruik verskillende mandjies om vuil klere te sorteer.

Gebruik ’n haakspeld om stelle kouse bymekaar te hou voor jy dit in die wasmasjien sit.

Lees nog: 6 wenke vir wanneer jy oefenklere koop

Hooffoto: Pixabay

The post Slim wenke vir wasdag appeared first on rooi rose.

Die regte raad vir die afskuwelike mangowurm
Deur Salomé Delport. Foto: pixabay.com

Mangowurms laat mens dink aan ’n gruwelfliek: As storielyn hoe ’n dosyn lewende, onsigbaar klein maaiers sonder dat jy daarvan weet onder jou vel inkruip en begin teer op jou.

Na ’n week – jy sal kan sien hoe hulle onder jou vel rondbeweeg en selfs hul feses kan sien – bereik hulle volwassenheid en bars hulle uit as wit, vet volgrootte wurms van sowat 1cm lank. En dan soek hulle nuwe kos …

Elke maaier wat dit regkry om weg te wriemel herhaal hierdie siklus. Een maaier kan 12 miljoen nasate per jaar oplewer.

Wat moet jy weet?

Is daar raad vir mangowurm?

Dit is vir seker mý eerste vraag.

Gelukkig is daar goeie oplossings, en gelukkig is dit taamlik eenvoudig.

In beginsel moet jy die mangowurm versmoor. In die fase waar hy onder jou vel lê en groei moet hy steeds kan asemhaal. Hy doen dit deur die opening in jou vel waarby hy ingekruip het.  As jy hierdie gaatjie toestop sny jy sy suurstof af, en gaan hy na ’n uur of twee dood. Vaselien werk die maklikste maar skoenpolitoer is ook baie doeltreffend. Meer daaroor later.

Die plekke waar jy mangovlieg gaan optel

Ons Institute for Non-Communicable Diseases (NICD) het verlede jaar ’n uitbraak in Upington en Kuruman gerapporteer.

Buiten die Noord-Kaap kom die mangovlieg algemeen voor in Gauteng, KwaZulu-Natal en Mpumalanga. Ook in Limpopo en die Noord-Wes. Net die Vrystaat en Oos- en Wes-Kaap is dit gespaar … tot dusver.

Vanjaar loop Gauteng deur.

Maar die mangovlieg kom oor die hele Sub-Sahara Afrika voor. Jy kan dit dus op jou volgende 4×4-reis opdoen – veral as jy lank wegbly en wasgoed moet was en buite laat droogword sonder om dit te stryk.

Jou kind en veral babas is meer vatbaar vir mangowurms as jy

Volgens die American Association of Veterinary Parasitologists (AAVP) word kinders meer dikwels deur hierdie parasiete aangeval, vermoedelik omdat die kindervel tipies dunner en sagter as ’n volwassene s’n is.

Hoe die mangovlieg lyk

Die mangovlieg is ’n dik ligbruin vlieg van sowat 1cm lank, met ’n geel kop en pote. Maar volgens die NICD sal jy hulle nie sommer raaksien en uitken nie.

Anders as die bloedsuiende muskiet teiken hulle glad nie mense nie. Hulle voed op vrugte, afval en dieremis.

Daarby is hulle is net vroegsoggens en laatmiddag aktief. Deur die dag skuil hulle graag op oop stoepe en ander beskutte opelugdakruimtes en glo in mangobome.

Wanneer en waar die mangovlieg eiers lê

Daar is nie iets soos ’n piekseisoen vir mangovlieë nie. Hulle is heeljaar aktief. Die wyfie leef sowat twee weke lank, en lê in die tyd twee keer eiers. Een vlieg kan 300-500 eiers lê.

Die wyfie verkies om haar eiers in los grond te lê, maar sy kan ook wasgoed wat buite hang om droog te word teiken.

Hoe die wurm jou vel binnedring

Die eiers broei binne drie dae uit. Dit het dan sowat ’n week kans om ’n gasheer – en kos – te vind. Daarsonder sterf die jong wurm binne 9-15 dae.

Die wurmpies klou aan grondkorrels of klerevesels vas en swaai punt in die wind rond om aktief te soek na ’n gasheer. Sodra dit aan ’n geskikte gasheer raak – jou vel, ’n hond wat op die grond lê, of selfs jou kaal voete – haak dit en begin in die vel inboor.

Die wurm werk tot allesbehalwe sy heel laaste segment onder die vel is. Hierdie deel bly buite, vir asemhaling.

Nou begin hy groei. Twee tot vier dae later vervel hy, en nog twee dae later weer ’n keer. Na rondom agt dae is die wurm volwasse en gereed om die “nes” te verlaat. Hy “bars” uit, val grond toe en verander binne ’n dag of so in ’n papie.

Anders as die papies van skoenlappers wat net een keer per jaar uitbroei, ontwikkel die papie binne tien dae in ’n mangovlieg – en begin die siklus van voor af.

Die hele siklus duur sowat 4-5 weke. Een wyfievlieg kan dus twaalf siklusse van nakomelinge in ’n jaar voortbring, met 3600-5000 nakomelinge. Elkeen van hulle kan op sy/haar eie ook 3600-5000 nasate produseer, wat uitwerk op sowat 12 miljoen nasate, as helfte wyfies is.

Gelukkig oorleef eintlik min van hulle.

Hoe infeksie met mangowurm voel en lyk

Waar jy dadelik bewus is van ’n muskietbyt is dit baie onwaarskynlik dat jy sal voel wanneer die wurmpie jou vel begin binneboor. Dalk, as jy fyn oplet, sal jy ’n klein rooi opgehewe kolletjie sien wat niks groter is nie as ’n taamlik klein puisie.

Twee, drie dae later verander sake dramaties. Die larwe is nou dubbeld so groot en sy feses veroorsaak ’n seer wat soos ’n pitsweer begin lyk. Die vel raak nou geïrriteerd en jeuk ontsettend. Die seer is rooi en pynlik, met sig wat uitloop.

Soos die wurm groter raak sal jy al makliker kan sien hoe dit beweeg, soos dit voed en woel om meer plek te maak vir sy groeiende lyf.

As jy met ’n vergrootglas kyk na die sweer sal jy duidelik ’n gaatjie in die middel van die “pitsweer” sien waarby ’n punt van die larwe uitsteek – sy asemghalingsgat.

So vier na ses dae bereik die wurm volwassenheid, en sal hy uitkom. Die volwasse wurm is rondom 1cm lank.

Hoe om ’n mangowurm sweer te behandel

Gelukkig hoef jy nie te wag tot die wurm uitbroei nie. Jy kan hom versmoor. Plak ’n dik laag vaselien oor die sweer, met ’n lugdigte pleister bo-oor en wag sowat ’n uur.

Jy kan nou die wurm met jou vingers uitdruk.

Mens moet egter versigtig druk dat die wurm nie opbreek nie. As iets agter bly kan dit tot infeksie lei.

Mense met praktiese ondervinding sê juis daarom is dit beter om te wag tot die wurm 4-5 dae oud is, voor jy hom versmoor en uitdruk.

Die beste medisyne vir mangowurm: room, ontsmetmiddel en antibiotika

’n Antihistamiensalf of -room sal baie help om die jeuk te verlig, terwyl die wurm “ryp” raak.

Vaselien om die wurm te versmoor.

Voor jy die wurm uitdruk, ontsmet die vel rondom die besmette area.

Ontsmet ook jou hande, vingers en veral jou vingernaels vooraf, sodat jy nie kieme oordra na die oop wond nie.

Spoel die wond na die tyd skoon met soutwater, wend ’n bietjie antibiotiese salf aan en bedek die wond met ’n pleister of verband.

Moet jy dokter toe gaan as jy mangowurm kry?

Mangowurms dra nie ander siektes nie en hou nie ander gevare in nie maar dit is die veiligste – en maklikste – as ’n dokter die diagnose maak en help met die behandeling.

As jy dit tuis behandel en die sweer herstel nie dadelik nie nadat die wurm verwyder is nie, kan dit ’n teken wees dat iets van die wurm self of van sy feses in die vel agter gebly het, wat verder ontsteek. Hiervoor het jy voorskrifantibiotika nodig – en ook hulp om die wurmreste te verwyder.

Die risiko’s van mangovlieg

As die wurmwond septies raak kan die wurms dieper in jou weefsel inbeweeg en gangreen veroorsaak en/of dieper weefsel vernietig. Dit gebeur gelukkig selde.

Hoe jy mangowurm keer

Voorkoming is die heel beste, en glo my, as jy eers deur so ’n parasitering was, sal jy alles doen wat jy kan om dit vorentoe te vermy.

Die Stad Johannesburg se advies is:

Moenie jou wasgoed buite ophang om droog te raak nie.

Hitte dood die wurms baie doeltreffend. Jy het twee opsies:

Tuimeldroog jou klaar droë wasgoed vir ten minste tien minute by die warmste temperatuur waarby jou masjien kan droog maak.

Stryk jou wasgoed. Onthou om álles te stryk of tuimeldroog – onderklere, kouse, lakens, kussingslope, handdoeke, serpe, handskoene en so aan.

Nog wenke wat mangowurms help voorkom

Moenie kaalvoet buite loop nie.

Moenie direk op die grond sit nie.

Verwyder hondemis van jou werf af en hou jou katbak skoon.

As daar ’n uitbraak van mangovlieg in jou omgewing is ondersoek jou troeteldiere se velle gereeld vir knoppies amper soos rosyne onder die vel.

Mangowurms en jou kat of hond

Mense is nie normaalweg die gasheer vir die mangowurm nie. Ons honde wat buite op die grond lê en speel is veel eerder sy brongasheer. Dit is van hulle af dat die mangovlieg sy lewensiklus bedryf en so tuingrond en soms ons wasgoed besmet.

Neem jou huisdiere veearts toe en vind uit hoe om van die infestasie op jou werf ontslae te raak.

Ander name vir mangovlieg

Mangovlieg en mangowurm staan onder ander name ook bekend, soos tumbuvlieg, tumbavlieg, putzivlieg, kayor-wurms of meer gewoonweg: velmaaiers.

En eintlik behoort ons te praat van larwes – nie dat dit hulle enigsins minder grillerig maak nie.

The post Die regte raad vir die afskuwelike mangowurm appeared first on rooi rose.

Slim oplossings vir winterwasgoed
Wat pla die meeste vroue nog wanneer dit by wasgoed kom, buiten die feit dat dit soveel tyd in beslag neem?

• Stryk, opvou en wegpak

• Die klam reuk van klere

• Die koste daarvan om al die toestelle te gebruik

Gedurende die winter, sodra koue weer toeslaan, is dit asof die wasgoed al hoe vinniger ophoop, maar hierdie winter behoort die gebruik van hierdie maklike, slim oplossings te help om tyd te bespaar!

1 Organiseer en prioritiseer

Prioritiseer die wasgoedmandjies. Hou ’n mandjie vir noodsaaklike items, soos skooldrag, sportdrag en werksklere. Verduidelik aan die gesin en die huishulp dat hierdie mandjie se wasgoed eerste gewas en drooggemaak moet word wanneer die weer eers begin versleg.

2 Kies ’n korter siklus

Tensy klere vuil lyk, kan jy ’n korter wassiklus op jou wasmasjien kies.

3 Maak seker die masjien is heeltemal vol

Sit ’n paar kouse, onderklere en liggewig items in om die masjien vol te maak en om sodoende tyd op die lange duur te bespaar.

4 Trek reg en gebruik ’n klerehanger

Alle klere moet eers reggetrek word voordat jy dit ophang om droog te word. Werksklere moet reggetrek, op ’n hanger geplaas en dan opgehang word, aangesien dit strykwerk sal spaar, wat gewoonlik die meeste tyd in beslag neem.

5 Kry ’n Spindel

Spindel is die beste tydbespaarder wanneer dit by wasgoed kom, en kom ook in die winter tot ons redding. Dit gebruik baie vinnige spinkrag in plaas van hitte om tot 80% van die oorblywende vog binne net drie minute uit die klere te verwyder. Die wasgoed word dus baie vinniger droog – selfs binnenshuis op ’n reënerige dag. Spindel is ook veilig vir alle soorte materiaal, en omdat dit oormatige vog uit klere verwyder, en veral handdoeke, word die wasgoed deeglik droog, sonder daardie ewige klam reuk.

Besoek Spindel se webblad hier vir meer inligting.

The post Slim oplossings vir winterwasgoed appeared first on rooi rose.

5 spaarwenke vir wastyd
Was en stryk kan ’n pynlike taak wees, maar daar is maniere om die tyd wat jy daaraan bestee, kort te knip.

Wenk 1: Statiese materiaal

Dit kan baie irriterend wees as materiaal staties raak as dit droog is. As jou swart broek en jou man se wit sokkies in die proses ontmoet, is dit ’n ellende. Materiaalversagter kan die effek keer. Sommige versagmiddels bevat materiaal wat die vesels bedek wat die statiese klou wat geskep is tussen jou klere. Dit help ook die verwering van klere voorkom.

Wenk 2: Hang netjies

Hang jou nat klere op ’n klere-hanger en sny jou strykwerk in die helfte. Hang die nat kledingstuk netjies op ’n hanger en stryk plat met jou hande. Dit sal minder kreukels hê as dit droog is.

Wenk 3: Onthou om jou sakke leeg te maak

Ons almal het al ’n sneesdoekie gekry wat in ’n broeksak gebly het en in die wasproses in miljoene deeltjies opgebreek is en aan als klou. Maak sakke leeg en dop klere om om dit te voorkom.

Wenk 4: Verskillende mandjies

Plaas verskillende mandjies vir verskillende kleure in die badkamer. Sorg dat jou gesin dit gebruik want dit spaar tyd om dit uit te sorteer.

Wenk 5: Behandel vlekke dadelik

Behandel vlekke dadelik voor dit hardnekkig raak. Dit verkort die tyd wat jy aan die voor was siklus bestee. Daar is baie wenke soos om rooi wyn met sout in te vryf en om suurlemoensap vir sweet vlekke te gebruik, asyn vir koffievlekke en tee vir glasvlekke.

The post 5 spaarwenke vir wastyd appeared first on rooi rose.

Skoon, skoner, wasgoed
Dis Maandagoggend, die winterkoue loer om die hoek en die laaste ding waarvoor jy kans sien, is om op te staan en die enorme wasbalie vol vuil klere te takel. Jy wens ’n feetjie kan haar towerstaffie swaai en dan is alles klaar gedoen.

Hoekom is wasgoedwas so uitmergelend? Dalk omdat jou klere soms nie skoon genoeg uitkom nie, verbleik, vlek, of dalk omdat jou wasmasjien jou gedurig in die steek laat. Hier is ’n paar wenke wat jou dalk net kan help om hierdie huistakie te vergemaklik.

Kies die regte wasmasjien

Om die regte wasmasjien te kies, kan nogal ’n missie wees. Vrae soos: Watse masjien is die regte grootte? Hoe is die energieverbruik? Is dit goed ontwerp? En Benodig ek ekstra programme? duik gereeld op. Die antwoorde op sulke vrae wissel. Hier is ons weergawe.

• Watse grootte masjien het ek nodig?

Die gemiddelde kapasiteit van wasmasjiene het die afgelope vyf jaar van 5kg tot 8kg gestyg, maar die koop van ’n masjien wat groot genoeg is om gereeld te gebruik, penaliseer jou op bedryfskoste omdat jy dieselfde hoeveelheid krag vir ’n halfvol masjien gebruik. As jy byvoorbeeld ’n groot gesin het wat meer as een stel klere per dag dra (soos sport-, skool- en werksklere), is dit goedkoper om ’n groter masjien een keer te gebruik as ’n kleiner masjien twee keer.

Onthou om die grootte van die plek waar die masjien moet staan, te meet. As jy ’n beperkte ruimte het, is ’n voorlaaier jou beste opsie. Wees versigtig vir ’n wasmasjien en tuimeldroër ineen – met sommige modelle kan jy net die helfte van jou wasgoed droogmaak.

• Hoe is die energieverbruik?

Bolaaiersgebruik water uit jou geiser, terwyl voorlaaiers slegs koue water gebruik en dit dan in die masjien verhit (soos ’n ketel). Bolaaiers is dus jou goedkoper opsie.

• Is dit goed ontwerp?

Kyk na die grootte van die deurtjie en hoe maklik/moeilik dit sal wees om groot items (soos badhanddoeke, gordyne en duvets) in en uit te kry. Onthou, plastiekdeure breek makliker as metaaldeure.

• Benodig ek ekstras?

Sommige masjiene bied tot 24 verskillende programme aan, maar toetse het getoon dat die meeste mense slegs drie of vier daarvan gebruik. Moenie meer betaal tensy jy regtig al die programme gaan gebruik nie. ’n Handwasprogram is nie ’n luuksheid nie, dit is uiters noodsaaklik. As jy ’n goeie een kry, kan dit selfs satyn en kasjmier hanteer.

Onthou, as jy beplan om ’n tuimeldroër ook te koop, is die lysie waarna jy moet kyk, soortgelyk aan die van ’n wasmasjien.

7 wenke vir die perfekte was

1. Kry jou klere gereed vir die wasmasjien: maak bra’s se bandjies vas sodat die hakies nie aan ander klere haak nie, trek ritssluiters toe en maak broeksakke leeg.

2. Lees die etiket en hou by die aanbevelings!

3. Gebruik jou masjien reg: As jy goeie resultate wil hê, gebruik die korrekte wasprogram.

4. Behandel vlekke vooraf: As jou klere vlekke het, voeg ’n vlekverwyderaar by voordat jy begin was.

5. Gebruik die regte hoeveelheid skoonmaakmiddel: te min sal nie alles skoonmaak nie, maar te veel sal ’n wit vlek op jou klere laat. As jy twyfel oor die regte hoeveelheid, volg die riglyne op die pakkie.

6. Moenie kortpaadjies vat nie: klere wat met die hand gewas moet word, moenie in ’n wasmasjien gewas word nie.

7. Maak jou masjien gereeld skoon: Gooi elke paar maande ’n koppie witwynasyn in die gedeelte waar jy gewoonlik die skoonmaakmiddel gooi en sit dan die leë masjien op 95ºC om dit skoon te maak.

#rooirosewenk

Moenie ’n sagmaakmiddel op alle items gebruik nie. Omdat sulke middels die vesels van materiale bedek, moet dit liefs nie op handdoeke gebruik word nie – dit sal minder absorberend wees. Sulke middels sal egter verseker dat klere makliker gestryk word.

Hoe kies ek die regte wasmiddel?

Daar is 5 soorte wasmiddels om van te kies:

• Biologies (“Bio”): Hierdie is die sterkste wasmiddel. Gebruik dit op wit en ligte kleure, maar nie op swart nie en ook nie as jy ’n sensitiewe vel het nie. Die middel bevat skoonmaak-ensieme wat die wassery teen laer temperature bevorder terwyl dit ook as bleikmiddel dien.

• Nie-biologies (“Non-Bio”): Die meeste ensieme is uit hierdie middel verwyder en is ideaal vir diegene met ’n sensitiewe of jong vel. Die enigste nadeel is dat die resultate nie so goed is soos die van ’n biologiese middel nie (juis omdat die ensieme verwyder is).

• Kleurbehandeling: Hierdie middel bevat ensieme wat vuilheid verwyder, maar die bleikmiddel is uitgelaat. Gebruik dit op helder items om die kleur te behou.

• Kant en wol: Die middel het geen ensieme, bleikbestanddele of verhelderaars nie. Die was is minder effektief maar uiters sag. Dit werk die beste vir delikate klere.

• Ekologies: Hierdie middels bevat nie-sintetiese, plantaardige bestanddele. Die is duurder maar al die bestanddele is bioafbreekbaar.

The post Skoon, skoner, wasgoed appeared first on rooi rose.