waterpype | rooi rose

Jou geiser het gebars. Wat nou?
“Dit is ook wanneer jy geneig is om uit te vind presies hoe betroubaar jou versekeringdekking is,” verduidelik Mandy Barrett van die versekeringsmakelaar Aon South Africa.

Dit is ’n goeie idee om vooruit te beplan en tyd te neem om die bewoording van jou versekeringdekking behoorlik na te gaan sodat jy met jou makelaar kan bevestig jy is gedek vir elke moontlike situasie. Nie alle versekeringspolisse word gelykmatig opgestel nie en huiseienaars moet seker maak hulle is gedek vir koste aan herstel- of vervangwerk aan ’n geiser, gebarste pype of skade aan plafonne, mure, matte, ligte, elektriese bedrading, ens.

Vyf dinge wat jy moet oorweeg

1. Party polisse gee dekking aan skade, maar nie om geisers of pype te vervang (wat jou uiteindelik duisende rande uit die sak kan jaag), nie.

2. Sekere versekeringsmaatskappye stipuleer ’n oorskotbedrag per item waarvoor daar geëis word, in stede van een groot bedrag op die algehele eis.

3. Daar is ’n verskil tussen inhouddekking op geboue en huise. Dekking op gebou-inhoud dek die vervanging van bakstene en huishoudelike opnames (soos geisers, pype, plafonne, ens). Huishoudelike dekking verwys na huisinhoud. Skade aan items soos meubels of toestelle sal hieronder gedek wees. Sou jy vir beide dekkings eis, is daar ’n moontlikheid dat jy twee oorskietbedrae moet betaal aangesien dit as twee aparte eise aangeteken word.

4. Spreek ’n professionele makelaar vir raad oor jou polis se terme en voorwaardes, en om te verseker jy het die beste dekking vir jou begroting.

5. Opgradeer na ’n groen, volhoubare energieoplossing. Versekeringsmaatskappye soos Santam bied kliënte die geleentheid om hul beskadigde geisers met sonkrag- of hitte-opsies te vervang. Die kliënt betaal die verskil tussen die versekering se uitbetaling en die koste van die groen waterverwarmingstelsel.

The post Jou geiser het gebars. Wat nou? appeared first on rooi rose.

Die waarheid oor waterpype
Net toe ek dink my kinders het my gereelde prekies oor rook ter harte geneem, kom hulle met ’n nuwe ding by die huis: ’n hubbly. Ma, verseker hulle my, dis veilig. Regtig, Ma. Sien, die rook word deur die water opgesuig, wat soos ’n sif werk en die nikotien uit die tabak trek. Stefan se pa is ’n dokter en hy sê ons mag dit maar by die huis doen. Hy wil net nie hê ons moet by restaurante hubblies bestel nie, want jy weet nie wat daarin gesit word nie. Stefan sê, hoor ek ook, dat ’n hubbly deur ’n Indiese dokter ontwerp is, en dokters wéét mos van gesondheid. En boonop Ma, word ek getroef toe ek wonder hoeveel nikotien werklik deur die water “uitgetrek” kan word, kyk hier op die pakkie staan dat dié soort tabak net 0,5% nikotien en 0% teer bevat. Ma, dis ’n baie ligte tabak. Ma sal van plan verander as Ma net eers sélf proe. Wat Ma toe ook as ’n oopkopvrou instem om te doen. Wat ’n aaklige ondervinding: in my mond land ’n nare, aaklige smaak, my lippe tintel en die bloed ruis in my ore. Ek voel beslis nie omgewe van gesonde heilsaamheid nie. Toe ek begin navraag doen, is dít wat ek vasstel:

1 Die Wêreldgesondheidsorganisasie is só besorg oor die toename van waterpype dat hulle in 2006 ’n studiestuk saamgestel het om wêreldwyd te versprei – nie dat dit ons hoërskole bereik het nie.

2 Die waterpyp word al minstens vier eeue in Asië en Afrika gebruik. In die jare negentig het dit skielik gewild geword in die VSA, Wes-Europa en, helaas, ook hier onder studente – waarskynlik toe die antirookveldtogte mense na veiliger alternatiewe laat gryp het.

3 Die idee dat dit veilig is, kom van Hakim Abul Fath wat in 1550 n.C. voorgestel het dat nikotien veiliger is as  dit deur water gaan. Dié “navorsing” is om die minste te sê Middeleeus. Al punt wat die dierbare dokter korrek waargeneem het, is dat nikotien baie ongesond is.

4 Die ontstellendste is die dosis nikotien wat waterpyprokers inkry. Met ’n tipiese sessie van tagtig minute asem gebruikers tot sowat twee honderd teue in – die ekwivalent van tot honderd sigarette se nikotien.

5 En dis nie al wat rokers inasem nie: die gifstowwe in die kooltjie wat die tabak laat brand, moet ingereken word. Vuuraanstekers en braaihoutskool is uiters ongesond vir die longe.

6 Dit ís moontlik om TB en hepatitis via die mondstuk aan te steek – wat jy moet bytel by die nikotienrisiko’s soos kankers, longsiektes, hartsiektes en risiko’s vir die baba by swanger vroue.

7 Die boodskap op die etiket dat dit 0,5% nikotien en 0% teer bevat, is pure misleiding. ’n Skuiwergat in ons streng tabakwetgewing bring mee dat tabak vir waterpype nie gereguleer word nie.

8 Omdat waterpyptabak soet gegeur is, is dit vir eerste keer gebruikers ligter en aanvaarbaarder as sigarette.

9 En so word hulle gevang, want waterpype is net so verslawend soos sigarette. Dis ’n mite dat dit nie genoeg nikotien besorg vir tabakverslawing nie.

10 Dokters is die bekommerdste oor die lang tydperk waaraan waterpyprokers aan nikotien blootgestel bly. ’n Sigaret word binne sewe tot tien minute gerook, waarna die liggaam kans kry om die nikotien uit te werk. Waterpypsessies duur van twintig tot maklik tagtig minute, wat beteken waterpyprokers word tot tien keer langer aan dié kankerwekker blootgestel.

11 Die lekker van waterpype lê in die saamdoen. Moderne waterpype is te kry in groottes waaraan van net een tot agt mense tegelyk kan sit en teug. Talle kuierplekke wat op die jongklomp fokus, het waterpype op die spyskaart. In die Kaap kos dit sowat R40 om een na jou tafel te laat kom, wat ook die kooltjie en tabak van jou keuse insluit.

12 Allerlei bemarkingstruuks wek die indruk dat waterpype “veilig” is, soos dat van die modelle se mondstukke met geaktiveerde koolstof of watte toegerus is. En dan maak drasakke en allerlei koel ontwerpe waterpype aantreklik vir die teikenmark: tieners en twintigers.

13 Daar is nie iets soos “beter” waterpype nie. Hoekahs, shishas, sheeshas, gozas, hubblies, hubbly bubblies en narghiles is maar net name vir dieselfde ding.

Bronne: KANSA; WGO

The post Die waarheid oor waterpype appeared first on rooi rose.