wêreld pikkewyndag | rooi rose

Vandag is Wêreld-pikkewyndag
Hierdie tyd van die jaar begin die noordwaartse migrasie van die Adélie pikkewyne na hul somer-verblyf in hul broeiplekke in Antarktika. Soos klokslag, duik die meerderheid van die kolonie in die ysige waters en rig hulle koppe noord om in warmer gebiede te oorwinter. Hulle bou in die winter vet op vir die broeiseisoen in die lente.

Wetenskaplikes wat by die McMurdo-stasie in Antarktika werk, het die pikkewyne dopgehou en hul gedrag aangeteken. Die pikkewyne vertrek elke jaar op dieselfde dag op hulle tog noordwaarts.

Die eerste Wêreld-Pikkewyndag is in 2007 gehou. Die doel is om elke jaar nuwe bewustheid te skep en mense op te voed oor alle spesies van pikkewyne.

Pikkewyne is buitegewone diere wat in uiterste habitatte kan oorleef. Alle pikkewyne broei in die Suidelike halfrond en woon in ’n verskeidenheid van habitats – van die Keiser-pikkewyn wat op die ys velle van Antarktika woon tot die Afrika-pikkewyn wat op die sonnige strande en eilande van Suid-Afrika en Namibië woon.

“Dit is kommerwekkend om te sien dat die bevolkingsgetalle van alle spesies afneem,” sê Christina Hagen, Birdlife Suid-Afrika se bestuurder van die Coastal Seabird Conservation. Van die 18 spesies is vier gelys as byna bedreig, ses word as kwesbaar beskou en vyf is op die IUCN se Rooi Lys van bedreigde spesies. Dit is noodsaaklik dat stappe gedoen word om bewustheid te verhoog en dié ikoniese voëls te bewaar.

BirdLife Suid-Afrika is aktief betrokke by die bewaring van die bedreigde Afrika-pikkewyn, die enigste pikkewyn op die Afrika-kontinent. Die huidige bevolking is net sowat 14% van sy 1950-vlak. Die oorsake is onder meer historiese eier-oeste, guano-versameling en oormatige visvang wat tot ’n gebrek aan beskikbaarheid van voedsel vir die pikkewyne lei.

“BirdLife Suid-Afrika is tans betrokke by verskeie projekte wat gemik is om die integrasie van pikkewynbewaring te inkorporeer met die bestuur van visserye,” verduidelik Christina.

“Dit sluit in ’n eiland-sluitings projek, satelliet-opsporing, stigting van ’n nuwe kolonie, mikro-afsplintering van pikkewyne en kwessies op beleidsvlak.”

Hoe kan jy Wêreld-Pikkewyndag vier?

“As die internasionale gemeenskap saam werk kan ons die dalende bevolkingstendense keer,” sê Christina. “Deur die skep van bewustheid of skenkings aan BirdLife Suid-Afrika kan jy ’n bydrae maak aan BirdLife Suid-Afrika om ’n groot verskil aan die lot van die Afrika-pikkewyn te maak.”

The post Vandag is Wêreld-pikkewyndag appeared first on rooi rose.