wildernis | rooi rose

Kringe in ’n bos
Kom loop sirkels in die bos!

Daar is ’n plek waar tyd nog kan stilstaan. Jy stap dieper in ’n groen woud in, oor smal paaie en onder ’n digte dak van blare.

Dié Circles in the Forest-roete in die Wildernis-afdeling (Goldfields) van die Tuinroete Nasionale Park is oop vir almal. Jy sal nie die enigste een wees wat op die roete verlief raak nie.

Die roete (die 3.1 km opsie) het onlangs ’n TripAdvisor Sertifikaat van Uitnemendheid ontvang. Dit is ’n toekenning vir die verblyfplekke, besienswaardighede en restaurante wat deurlopend goeie resensies van reisigers kry.

Die staptog (daar is ook ’n opsie van ’n drie en nege kilometer) begin by die beroemde Dalene Matthee Groot Boom by die Krisjan-se-Nek-piekniekterrein. Dit volg klein paadjies en ’n ou myn-pad langs die oewer van Forest Creek in die hoë bos. Verskillende tipes bos kan gesien word, maar die klam hoë bos is veral mooi.

Neem die tyd om werklik die omgewing in te neem en te geniet. Kleurvolle swamme kruip onder takke weg en daar is ’n klein boslewe onder die blare.

Goldfields se bewaarder, Dominique du Toit, sê hulle het baie moeite gedoen om die roete vir besoekers so spesiaal as moontlik te maak. Bome word langs die pad geïdentifiseer. Die roete is goed gemerk en die afstand wat jy stap word oral aangedui. Dit is ’n maklike, matige roete en daar is geleenthede om in die bospoele te swem. Groot bosvarings en poele met paddas verras jou op die pad.

Nou is dit ook moontlik om hierdie afdeling van die bos op ’n Scootour te verken. Die Scootour kom oorspronklik uit Switserland. Die eerste een in Suid-Afrika is bekend gestel in die Drakensberg, sê die Knysna-tak eienaar Jaco Delport. “Die produk is eintlik net ’n aantrekkingskrag om mense in die bos te kry,” sê hy. “Gewoonlik wil toeriste nie te van die roete afwyk nie, en baie mense wat ons gevra het, weet van die bos, maar was nog nooit daar nie.” Met hierdie toer word toeriste opgelaai in Knysna en dan op ’n unieke ervaring deur die bos geneem (die hele reis duur ongeveer 2,5 uur).

Die rit is beide ’n opvoedkundige ’n pret-ervaring en jy ervaar die uniekhede van die bos soos jy vorder.

“Dit is nie ’n uiterste, adrenalien-inspuiting nie. Inteendeel, dit gee jou die kans om die natuurskoon te ervaar wat bergfietsryers gewoonlik sien, maar jy het nie nodig om fiks te wees nie.”

Wil jy gaan?

Daaglikse bewaringsfooi (as jy ingaan) is tot 31 Oktober 2016 geldig vir die Wildernis-afdeling van die Tuinroete Nasionale Park. Dit beloop R34 per volwassene en R17 per kind vir Suid-Afrikaanse burgers en inwoners met ’n geldige identiteitsdokument. SADC burgers (met ’n paspoort) betaal R68 per volwassene en R34 per kind. Buitelandse besoekers betaal R112 per volwassene en R56 per kind.

Die koste van die Scootour is R450 per persoon (vir ’n solo-kaartjie) en R195 vir ’n kind onder 9 jaar oud. Vir meer inligting besoek http://scootours.co.za/knysna-forest/

Vir navrae, skakel die Goudveld Bosbou Stasie (deel van die Wilderness Afdeling van die Tuinroete Nasionale Park) op + 27-44-389-0252.

Artikel deur SANParks Times

The post Kringe in ’n bos appeared first on rooi rose.

Kuier in die Wildernis
Glenn Philips, SANParke se uitvoerende bestuurder van Toerisme en Bemarking het tydens die bekendstelling gesê die nuwe oes van besoekers wat SANParke wil lok, hou van die wildernis;  “Maar hulle wil meer doen as rondry in hul motors met die hoop om die Groot Vyf te sien.

Hulle wil buite in die veld wees en stap, fietsry, swem, roei, skatte op die strand soek, bergklim en onder die sterre eet. Hulle verwag meer as ’n rondawel, ’n skoon ablusieblok en ’n gemeenskaplike vuur. ”

By Wildernis sal al hierdie aktiwiteite deel van jou ervaring vorm.

Dagbesoekers aan die Ebb and Flow-ruskamp by Wildernis biet reeds ’n meer opwindende ervaring, maar beplan nog meer.

Piekniek-tafels en braai-areas is op die grasperk langs die Touwrivier aangebring. Behalwe vir die netwerk van gewilde staproetes word ’n verskeidenheid ander aktiwiteite aangebied.

“Dit is goeie, skoon pret,” sê Segway Tours-bestuurder, Michael du Plessis. Jy kan op die Segways op die Bontvisvanger-roete rondrits.

Die park het ook kano’s te huur vir diegene wat op die rivier wil roei.

Die roei-ervaring tot by die strandmeer op ’n sonnige dag is ’n onvergeetlike ervaring. Die kinders is mal daaroor, veral as hulle die klein vissies in die water sien.

Nog ’n opsie om die natuurskoon te geniet, is om op die Touwrivier en eilandmeer te vaar met die safari-styl aluminium-boot. Roeier Mike Raubenheimer het die idee gekry toe hy ’n soortgelyke aanbod by die Vic Falls en Chobe gesien het. Hierdie magiese en rustige ervaring is nou ook by Wildernis beskikbaar.

“Die area vir dagbesoekers sal in die toekoms ontwikkel word om ’n middelpunt vir alle aktiwiteite te vorm,” sê Wildernis se gasvryheidsbestuurder, Grant Grootboom.

Ebb and Flow-ruskamp (tarentaal)

Wat jy moet weet

Die tarief vir dagbesoekers aan die Wilderness-afdeling van die Tuinroete Nasionale Park is tot 31 Oktober 2016 R34 per volwassene en R17 per kind vir Suid-Afrikaanse burgers en inwoners met ’n geldige identiteitsdokument. SADC burgers (met ’n paspoort) betaal R68 per volwassene en R34 per kind. Buitelandse besoekers betaal R112 per volwassene en R56 per kind.

Wilderness River Safari’s kos R150 per volwassene en R100 per kind. Vir navrae en besprekings skakel + 27-81-593-8973, + 27-82-440-9807 of + 27-44-882-1207 of stuur ’n e-pos aan info@tradingpost.co.za.

Segway Tours kos R300 tot R450 per persoon. Vir navrae en besprekings, skakel + 27-796-9964, of e-pos wilderness@segwayfun.co.za.

Kano-ritte kan nie vooraf bespreek word nie, maar navrae kan gerig word aan enquiries.wilderness@sanparks.org of + 27-44-877-1197. Die huidige tariewe is R60 vir ’n uur, R140 vir drie ure en R200 per dag (vir Maart-November. 9:00-15:00 en weer Desember-Februarie 8:00-16:00).

Ebb and Flow-ruskamp

Bron: SANParks Times. Besoek die webblad hier.

The post Kuier in die Wildernis appeared first on rooi rose.