willim welsyn | rooi rose

Erica Wessels is in Willim Welsyn se nuwe musiekvideo
Rocker Willim Welsyn het onlangs met rooi rose se voorbladvrou van die maand (Augustus 2017), Erica Wessels, saamgespan om sy nuwe musiekvideo, Al die Cool Kinders, te vervaardig. Die video word vanaand (4 Augustus 2017) op kykNET NOU! bekendgestel. Ons het met Willim gesels oor sy projek en hoe dit was om saam met Erica te werk.

Waaroor handel Al die Cool Kinders?

Ek het een keer ’n aanhaling raakgelees van Charlie Brooker, die skepper van die gewilde TV-reeks Black Mirror, waar hy sê: “When it comes to things like social media, I think it’s an incredible invention. It’s just that we as an animal aren’t yet adept to use this incredible new power we’ve been given. It’s like a new limb we’ve grown and we’re flailing around and knocking all the furniture over.”

Ek dink die aanhaling was ’n groot inspirasie vir die liedjie wat handel oor die uitwerking wat daardie “nuwe ledemaat” het op die moderne mens se psige. Ons sien ál hierdie nuwe weergawes van ou gedokumenteerde emosies, van onsself en so baie ander mense, elke dag in die palm van ons hand. So die liedjie handel basies oor afguns, angs, hoë verwagtinge, jaloesie, eensaamheid, afsondering, hoop, blydskap, populariteit en harsteer. Dis ’n mondvol, ek weet.

Die liedjie is op jou nuwe album Blitzkriek. Vertel ons meer van die album.

Blitzkriek is ’n versameling van Afrikaanse rock, satiriese glam en ironiese country songs wat kommentaar lewer op die donker, maar steeds kostelike aspekte van die mens se onvermoë om te “deal” met die dinge wat die lewe na ons kant toe gooi.

Maar dis nie alles “doom and gloom” nie, die temas se grimering is gepoeier met humor en blink gepoets met tong-in-die-kies versies wat jou bybly. Daar is ’n wrede wals wat handel oor ’n Sanlam-kliënt, ’n Karoo-skoffel oor ’n Herfsheks se onderrok wat uithang, ’n instrumentele verwerking met die naam “Ysterkonfetti”, ouers wat skei op “Onbeskofte Beloftes” en ’n verpleegster wat verlief raak op ’n man wat op sterwe lê na ’n motorfietsongeluk op “Vêr Hiervandaan”. Jy sal kan lag, dans, huil en head-bang.

Julle het die musiekvideo geskiet vir ’n kykNET NOU!-kompetisie?

kykNET NOU! het ’n kompetisie aangebied waar kunstenaars of produksiehuise hul idees vir ’n musiekvideo kon inskryf. Die tien beste idees het elk ’n begroting van R50 000 gewen om hul musiekvideo te vervaardig oor ’n baie kort tydperk. My video is een van die tien wen-videos.

Moes julle akteurs gebruik? Of hoe het julle op Erica Wessels besluit?

Nee, mens kon enige soort videokonsep inskryf; om akteurs te kry was nie deel van die riglyne nie. Ek het wel besluit om, in plaas van self saam met my band in die video op te tree, eerder die rol vir ’n goeie aktrise aan te bied. Ek wou sien wat sal gebeur sodra ’n mens begin speel met geslagsnaasmekaarstelling as jy iemand anders kry (wat kán “act”) om in die bestuurstoel van jou liedjie in te klim.

Ek is al jare lank ’n “fan” van Erica se werk, veral met die rol wat sy vertolk het as Hoop Beneke in die TV-weergawe van Deon Meyer se boek Orion. Ek het gedink sy sou perfek werk in die video.

Vertel ons van die musiekvideo.

Die video gaan  nie soseer oor iets spesifieks of oor ’n storie wat afspeel met ’n klankbaan in die agtergrond nie … dit gaan meer oor die effektiewe visuele vertolking van die emosies in die liedjie.

’n Goeie voorbeeld hiervan is Sinead O’Connor se “Nothing Compares To You”-musiekvideo. Ek is ’n baie groot aanhanger van daardie video en hoe simplisties en eerlik haar optrede is. Ek wou dieselfde temas ondersoek in my video – maar daarvoor het ek die emosionele “superpowers” van ’n vrou nodig gehad, ’n vrou wat só goed kan toneelspeel dat ’n mens later begin glo dat sy die liedjie self geskryf en gesing het. Erica sit en “perform” die woorde van die liedjie, ek en die band verskyn vir omtrent 20 sekondes op die solo-deel!

Daar word ook onbewustelik gespeel met die simmetriese geheime van onderstebo driehoeke en die ikonografie van skerms.

Hoe is die video geskiet?

Ons het by die ongelooflike Visual Impact-ateljee in Kaapstad geskiet wat baie goed toegerus is met die nodige filmtoerusting en veral vir die dramatiese beligting wat ons benodig het. Juan le Roux en sy span was verantwoordelik vir die kameraproduksie, DPK vir die algehele produksie en redigering, en ek het die beplanning, leiding en regie behartig.

Hoe was dit om saam met Erica te werk?

Dit was ’n groot voorreg om saam met haar te werk. Haar “performance” het die liedjie na ’n hele nuwe vlak geneem.

Erica Wessels agter die skerms. Foto deur Willim Welsyn

Erica het die video baie spesiaal gemaak.

Erica het die vermoë om in ’n baie kort tydperk al my lirieke, wat op ’n baie vinnige tempo gesing word, te memoriseer met die nodige dringendheid wat van haar vertolking verwag was. Sy was baie professioneel en oop om te eksperimenteer. Omdat ek nie aldag die regisseur van ’n musiekvideo is nie, was ek verbaas met hoe goed sy dít kon uitvoer wat ek vir haar gevra het en hoe vinnig ons ’n kreatiewe kommunikasiekanaal tussen mekaar kon vasstel. Die feit dat sy haarself kon inleef en kon huil op “queue” was ongelooflik.

Wanneer kan ons die video sien?

Die video première Vrydagaand, 4 Augustus 2017 om 20h00 op kykNET NOU!, DSTV (kanaal 146) op ’n spesiale uitgawe van die program TOP 20.

Die ander video-finaliste is

Elvis Blue met “Werner”

Francois van Coke met “Beter Mens”

Herman Kleynhans met “Die Kamer sal Weet”

Lee Scott met “Perfekte Vreemdeling”

Len Muller met “Sing vir Sente”

Moses Metro Man met “Mona Lisa”

Riku Lätti met “Tyd Kon Tik”

Spoegwolf met “Flikker”

en Willim Welsyn met “Al die Cool Kinders”

Lees ook hierdie maand se rooi rose vir ons eksklusiewe onderhoud met Erica Wessels en kyk hier na agter die skerms-foto’s en ’n video tydens haar voorbladfotosessie

The post Erica Wessels is in Willim Welsyn se nuwe musiekvideo appeared first on rooi rose.