winterkwale | rooi rose

Is dit verkoue of is dit griep?
Deur Salomé Delport

Al was jy jou hande gereeld, eet vitamien- en antioksidantryke vrugte en groentes, kry die griepinspuiting, en het jy die hoogste gehalte Franse homeopatiese griepmedikasie tot jou beskikking, loop jy steeds die risiko om siek te word omdat verkoue en griep só aansteeklik is. Omdat jy jou liggaam en gesondheid moet beskerm, is dit baie belangrik om die verskille tussen hierdie twee winterkwale te herken.

Alhoewel beide verkoue én griep lugweginfeksies is wat veroorsaak word deur verskillende virusse, kan ’n mens tussen die twee onderskei deur die erns van die simptome te bestudeer. Indien jy skielik siek word en binne ’n paar uur koors of lyfseer het en ongelooflik moeg is, het jy beslis griep.

Verkoue, aan die ander kant, vererger oor ’n paar dae en veroorsaak ’n geblokte of loperige neus, ’n seer keel, en dat jy baie hoes en nies. Dit is belangrik om te besef dat griep nie net ’n erge verkoue is wat vinnig sal oorwaai nie. Griep is baie gevaarlik en omdat dit so aansteeklik is en vinnig versprei, kan ’n mens se weerstand daarteen vinnig verlaag. Indien jy nie mediese hulp kry nie, kan jy maklik sekondêre infeksies opdoen soos erge sinus- en oorinfeksies, brongitis of longontsteking. Indien jy hierdie toestande te lank ignoreer of nie behandel nie, kan dit lei na hospitalisasie, of selfs die dood.

Hoe beskerm jy jou liggaam teen verkoue en griep?

Omdat daar geen genesing vir verkoue en griep is nie, word die simptome gewoonlik behandel. Neem hoesmedisyne, pynpille, suigtablette vir jou keel en maak seker dat jy gesonde soppe (veral hoendersop), inneem. Drink ook afgewaterde vrugtesappe of kruietee om seker te maak dat jy gehidreer bly. Maak ook seker dat jy genoeg vitamien C inneem deur óf ’n aanvulling in te neem, óf baie lemoene, naartjies, pomelo’s en kiwivrugte te eet. Indien jou keel baie seer is, kan jy warm water drink wat met suurlemoensap en heuning gemeng is.

Soos met verkoue, is dit goed om te wag dat griep maar sy pad loop, en om weereens die simptome te behandel. As jy griep het, bly eerder in die bed en rus behoorlik uit sodat jou liggaam weer kan aansterk.

Moenie werk toe gaan nie, want jy kan baie maklik ander mense aansteek én nog boonop jou liggaam uitput wat onnodige komplikasies kan veroorsaak. Indien jy ná 3 dae van rus steeds koors het, jou simptome vererger, of ’n erge hoofpyn ontwikkel, is dit noodsaaklik dat jy jou dokter raadpleeg.

Lees ook: Ertjie-en-spek-sop

The post Is dit verkoue of is dit griep? appeared first on rooi rose.

Keer verkoues so!
Het jy geweet jy kan met ’n pil wat by jou verkouefase pas jou verkoue verkort, verlig of selfs heeltemal weghou? Ons het die Cochrane Libraries deurgewerk om te kyk wátter van al die verkouemiddels regtig help, wanneer hulle help en watter geldmors is.

(Dié navorsingswebwerf spesialiseer in meta-ondersoeke. Al die navorsing oor ’n onderwerp word saam geëvalueer om ’n geheelprentjie te probeer vorm.)

Keer verkoues met …

’n Bederfdingetjie

Talle ondersoeke wys dat die verkoue-virusse eintlik nie so maklik aansteek of mense siek maak nie. Hulle kan selfs in jou neus beland en niks meer as ’n krieweling veroorsaak nie. Die sleutel is stres – sielkundig en fisiek.  Fisieke moegheid omdat jy te min slaap, te hard werk of te veel oefen, verswak jou immuunstelsel. Emosionele stres verhoog jou kortisolvlakke, wat jou immuunstelsel onderdruk. Help jou immuunstelsel deur jou lyf te laat rus en jou kop te laat ontspan met iets wat suiwer plesier is.

Probiotika

Probiotika is een van die onderskatte verkoue-middels, sê die Cochrane-verslae. Gereelde gebruikers van probiotika het nie net minder verkoues gekry nie maar hul verkoues het korter geduur, hulle het minder kere antibio-tika vir komplikasies nodig gehad, en hulle was minder van die skool of werk afwesig.

Knoffel

Die meeste van ons kry twee tot vier verkoues per jaar. ’n Cochrane-vergelyking het gewys dat knoffel verkoues met minstens die helfte verminder – jy kan met een of twee verkoues per jaar wegkom. Dit is nou as jy in die wintermaande elke dag knoffel of ’n knoffelpil gebruik.

Werk vars knoffel? Vermoedelik ja, maar met ’n knoffelpil kry jy genoeg knoffel, terwyl jy waarskynlik nie elke dag genoeg knoffel sal eet nie. Oppas vir klaarbereide, gekapte knoffel in olie. Dit is dikwels niks anders as uie in knoffelgegeurde olie nie, en sal niks help nie.

Wat van knoffel as jy reeds verkoue het? Dan is dit te laat vir knoffel. Jy sal nie vinniger van jou verkoue herstel nie.

Lees ook: Jy vra: Hoekom kry mens net in die winter griep?

Verlig jou verkoue met …

Vitamien C

Volgens die Cochrane-verslae help dit nie om elke dag deur die winter vitamien C te drink om verkoue te keer nie. Maar ekstra vitamien C wanneer jy reeds ’n verkoue het, sorg vir ’n ligter verkoue wat boonop gouer verby is. Doen jy harde wintersport? Volgens Cochrane help vitamien C vóór jou rugby- of oefensessie om jou teen verkoues te beskerm.

Pelargonium (malva-ekstrak)

Die Cochrane-uitspraak was dat dit beduidend help om brongitis en sinusitis te genees. Maar hulle wys ook daarop dat daar beslis tekens van publi-kasievooroordeel is, met ander woorde daar is probleme soos dat die navorsing deur die vervaardigers van die produkte gesubsidieer of gedoen is.

Aspiriene

Aspiriene, ibuprofeen en naprokseen verlig beslis jou olikheid – veral lyfseer, gewrigpyne, oorpyn en kopseer. Dit help ook dat jy beduidend minder nies. Maar dit help min vir koors, hoes of om die swelling in jou sinusse te verlig. Dit sal ook nie help dat jy gouer op die been is nie.

Parasetamol

Sal jy beter voel as jy parasetamol drink om jou olikheid te verlig? Die navorsers sê die uitslae weerspreek mekaar. Hulle kan jou nie parasetamol aanbeveel of afraai nie.

Kry dit gouer oor met …

Sink

Jou verkoue sal gouer oor wees as jy sink begin gebruik binne 24 uur vandat jy voel ’n verkoue is aan die kom. Maar dan moet jy genoeg sink inneem – minstens 75 mg per dag. Party mense voel naar daarvan. Sal jy verkoues weghou deur elke dag sink te drink? Nee, ongelukkig nie.

Echinacea

Die resultate was baie wisselvallig. Die outeurs vermoed dit gaan oor die gehalte. Topgehalte-produkte met ’n hoë konsentrasie echinacea kan die duur van verkoues verkort, terwyl “flou” produkte jou net geld uit die sak jaag. Blykbaar ontwikkel ’n beduidende groep mense newe-effekte van echinacea. Onthou ook dat echinacea die Pil minder doeltreffend maak. Oppas vir swangerskap weens jou verkoue!

Soutspoeling

Dit help. Maar die verskil is bra klein. Sinusspoelers se verkoues is maar net ’n halwe dag korter. Hulle is ook ’n dag of wat minder van die werk afwesig. Sout-spoeling kan die slymvliese uitdroog. Dit kan ’n voordeel wees as jou neus baie loop. Maar dit kan nadelig wees omdat neusslym juis die doderselle bevat wat die verkoue-virusse moet vernietig.

Dankie tog!

Eintlik is die kans is klein dat ’n mens griep kry. Die London School of Hygiene het vasgestel dat volwassenes net twee keer in tien jaar griep kry. Kinders en tieners is minder gelukkig: griep trek hulle gemiddeld een keer in twee jaar plat. Een voordeel van ouer word, is darem dat jy minder gereeld griep kry.

Word jy wraggies hondsiek? Verkoues kan deur ánder virusse, soos die Corona- en Rhino-virusse veroorsaak word, waarvan jy ook baie siek kan word.

Egte griep word net deur die influensavirus veroorsaak, en griepvaksien werk nét om influensa te keer.

Waarom kry ons net in die winter griep? Om dit eenvoudig te stel: Die influensavirus is deur ’n vetlagie omhul. In die somer smelt die vetlagie en daarom sterf die virus maklik. Hoe kouer, hoe stewiger is sy omhulsel, en hoe beter oorleef hy. Daarom is influensavirusse in die winter volop.

Lees ook: Hoekom jy nie moet oefen as jy griep of verkoue het nie

The post Keer verkoues so! appeared first on rooi rose.

Oorkom die winter blues
Die laaste ding wat jy wil hoor om te begin beter voel, is om jouself reg te ruk en te waag om ’n bietjie buite te gaan in die ysige winterkoue weer! Ten spyte daarvan dat elke vesel in jou liggaam die teenoorgestelde uitskree, en jy laag na laag aantrek soos die afskuwelike Sneeuman, jy wel braaf genoeg is om nog steeds ’n vinnige stappie buite aan te pak. Dit is die perfekte manier om die negatiewe ingesteldheid van winter af te skud, met die gevolg dat jy dadelik beter gaan voel.

Oefening is goed vir die blues!

Eerstens moet jy onthou dat oefening jou gemoedstoestand positief beïnvloed, te danke aan die voel-goed-endorfiene wat vrygestel word saam met al daardie vars lug, sal jou vinnig laat regruk en jou in staat stel om uitputting en enige muisneste dadelik te beveg.

Indien die weersomstandighede daar buite nie geskik is nie – ons praat van uiterste sneeustorm-gevalle – skakel maar gerus die TV aan en sit ’n lekker oefen-DVD op. Daar is ’n groot verskeidenheid beskikbaar, na elke persoon se smaak: dans, “Kickboxing”, Tae Bo tot joga en Pilatus. Betrek jou familie en vriende om lekker te lag terwyl julle ’n daaglikse oefenprogram saam geniet, wat al daardie winter wanhoop-gevoelens vinnig sal afskud.

Lag ’n slag

Om lekker te lag, kan jou immuunstelsel ’n groot hupstoot gee – omrede jou immuunstelsel baie beter funksioneer as jy ’n gelukkig gemoedstoestand het – so ook alkaniseer jou liggaam gedurende hierdie laaste paar wintermaande. Onthou dat virusse en bakterieë floreer waar daar baie suur in jou liggaam voorkom. Beperk dus jou inname van suur kosse soos verfynde koring en suiker en bly eerder by gesonde vrugte en vars groente en vitamien-verpakte sop en bredies. Behou jou energievlakke en gesonde immuunstelsel hoog deur lae vet proteïen (hoender sonder vel en vis), asook goeie vette (vis, neute, sade en avo’s) in te neem, wat jou liggaam sal beskerm teen virale infeksies. Maak dit deel van jou eetplan, tesame met vitamien C gelaaide lemoene, kiwivrugte, en koejawels. Bly goed gehidreer deur baie water en warm kruietee te drink. Probeer ’n glasie louwarm water met ’n bietjie kruisement, heuning, lemoen of suurlemoen skyfies, of selfs gerasperde gemmer.

Voel jy olik?

Indien jy siekerig sou begin voel, is dit die enigste rede dat jy jou oefenprogram moet stop – gedurende die wintermaande asook enige tyd van die jaar. Gee jouself die geleentheid om die infeksie te beveg deur goed uit te rus, en ’n goeie dosis homeopatiese medisyne te neem, wat jou liggaam, asook jou hele familie s’n, sal help om verkoue en griepsimptome (seer lyf, pyn, kouekoors en koors) van die begin af te beveg.

Indien die simptome egter voortduur of vererger, raadpleeg jou dokter onmiddellik. Sodra jy weer gesond is, moet jy dadelik in die buitelug gaan stap!

The post Oorkom die winter blues appeared first on rooi rose.