work | rooi rose

10 wenke teen stres wat werk
Hier is ’n paar praktiese wenke waarmee jy sommer dadelik kan begin:

1. Fokus op een ding op ’n slag

Jy sal beter en minder gestres voel as jy leer om net op een ding op ’n slag te fokus. Soms moet ’n mens aan meer as een ding gelyktydig aandag gee, maar probeer om al daardie “multi-tasking” te beperk tot ’n spesifieke tyd elke dag.

2. Maak lysies van alles wat jy moet onthou, van inkopies tot take en idees

Sodoende hoef jy nie te stres dat jy iets gaan vergeet nie, en jy maak dit makliker vir jou brein om ander goed te onthou. Hou die lysies kort – so drie take (maksimum) per dag. Anders word dit dalk ook ’n bron van ekstra stres.

3. Moenie berge uit molshope maak nie, en los die bobbejaan agter die bult

As jy een van daardie mense is wat hóú van drama, moenie wonder hoekom jy gedurig gestres is nie! Voordat jy weer van ’n nietigheid ’n drama maak, vra jouself eenvoudig af: gaan hierdie nog saak maak oor vyf jaar? Of vyf weke? Of selfs oor vyf dae? As die antwoord nee is, beweeg aan, spaar jou energie en beperk jou stres.

4. Spandeer 80% van jou tyd aan oplossings, en net 20% aan probleme

Dus, meer aksie, minder wroeging. Dit gaan jou minder magteloos en pessimisties laat voel. ’n Praktiese voorbeeld: sukkel jy om met jou salaris uit te kom? Spandeer dan eerder jou tyd aan die soek na oplossings. Byvoorbeeld: watter uitgawes om te sny en hoe om dalk ekstra geld te maak. As jy heeldag net loop en dink aan jou probleem (te min geld) gaan jy net al hoe meer miserabel raak.

5. Vra, moenie raai nie

Baie misverstande ontstaan omdat ons dink ons weet wat iemand dink. Werk eerder aan jou kommunikasievaardighede. Vra hom of haar reguit! So vermy jy konflik en negatiwiteit en mors jy minder energie en tyd.

6. Pak jou sak vir werk voordat jy gaan slaap

Eenvoudig, maar ’n besliste manier om stres te beperk. Nie net gaan jy meer ontspanne wees voor werk nie, maar die kans dat jy iets belangriks by die huis gaan vergeet wat jou dag later gaan bederf, is ook kleiner.

7. Balanseer harde werk met behoorlike ruskanse

Dit is nie altyd moontlik nie, maar die Sweed Hendrik Edberg, op wie se Positivity Blog ek hierdie lekker wenke raakgeloop het, sê dit help hom om 45 minute lank baie gefokus te werk en dan ’n blaaskans van 15 minute weg van sy lessenaar te neem. Gaan loop ’n draai, drink ’n koppie tee of ’n glas water, eet iets, lees ’n artikel in ŉ tydskrif … Dit keer dat stres gedurende jou werksdag net bly opbou.

Lees ook: Kry weer woema in die winter

8. Stel duidelike grense in jou dag

Dit is veral moeilik omdat ons almal deesdae omtrent op ons skootrekenaars leef. Jou werk bly nie noodwendig meer by die werk nie. Edberg sê dit werk vir hom om te sê hy werk nooit voor agtuur soggens of na sewe saans nie.

9. Hou naweke vir naweek-hou en weeksdae vir werk

Probeer om naweke van jou rekenaar of foon weg te bly, veral as dit kom by werksake. Dit keer dat jy oor naweke oor werk bekommer, en by die werk sit en wens dit was naweek. Edberg noem dit die grys sone, en sê dit is hierdie grys sone wat al die vreugde uit ’n mens se lewe steel. “Dit maak ’n mens so gestres dat jy selfs sukkel om te slaap.”

10. Maak tyd om te doen waarvan jy hou

Sekere dinge moet gedoen word. Maak dit jou eerste prioriteit, maar moenie van elke liewe ding in jou dagboek ’n prioriteit maak nie. Doen die noodsaaklikste goed daagliks, maar ruim saans en naweke tyd in vir iets waarvan jy hou. Dit verlaag nie net jou stresvlakke nie, maar gee jou ook sommer nuwe energie.

Lees ook: Tydsbestuur: Kry meer uit jou dag

The post 10 wenke teen stres wat werk appeared first on rooi rose.

Vra só vir ’n verhoging
Hoe jy moet vra

Die eerste stap is om die besluit te neem en jouself toestemming te gee om te vra. Die tweede stap is om jouself voor te berei op ’’n manier wat jou gemaklik sal laat voel. Voor jy jou begin voorberei, doen die nodige navorsing om te verseker dat dit wat jy gaan vra wel ’n realistiese moontlikheid is.

Verdien jou reg om te vra

Wanneer jy om bevordering of ’n verhoging vra, moet jy die waarde wat jy tot die maatskappy toevoeg, kwantifiseer en op jou positiewe impak op die besigheid fokus. Dit is nie voldoende om net te praat oor hoeveel ure jy werk nie, jy word geoordeel op grond van jou uitset en doeltreffendheid. Nog ’n manier om respek en vertroue te verdien, is om nuwe verantwoordelikhede op te neem. Dit is wat jou bo jou kollegas sal verhef. Jy moet ’n punt daarvan maak om vir meer werk te vra.

Oefen om te vra

Vra ’n goeie vriend wat jou verstaan en gaan ’n paar keer voor hom deur die gesprek. ’n Goeie manier om vir die gesprek voor te berei, is om die bedrag hardop te sê voor jy ingaan. Jy moet dit in jou gedagtes verdien. Berei voor, oefen en herhaal.

Beplan die tyd om te vra

Volgens kliniese sielkundige dr. Colinda Linde, dui navorsing aan dat die beste tye om vir ’n verhoging te vra ’n Dinsdag, Woensdag en Donderdag om 11:00 is. Op Maandae is mense besig om in die nuwe week te beweeg en Vrydae fokus mense op afsluiting. Hoekom 11:00? “Dit is dan byna middagete,” sê sy.

Doen dit met grasie

Daar is ’n verskil tussen selfvertroue en arrogansie. Jy het die volste reg om te vra, maar maak seker dat die wyse waarop jy dit doen ’n oop reaksie ontlok. Behou altyd ’n professionele houding, wees beleefd en maak seker jy kom nie voor asof jy geregtig is op ’n verhoging nie.

Gaan voort en vra

Wanneer die tyd aanbreek, wees voorbereid en gaan sien jou baas. Haal die emosie uit die gesprek. Wees logies. Wees feitelik. Stel ’n lys op van pligte wat jy vervul en noem hoeveel jaar jy by die maatskappy is. Noem wat die markverwante salaris is en wat jou kwalifikasies is. Toon die finansiële impak van jou werk, die waarde wat jy toevoeg en maak jou bydrae tot die maatskappy duidelik.

Ken jou planne B, C en D

As jou versoek om ’n verhoging afgekeur word, vra presies wat jy kan doen om die verhoging by ’n latere geleentheid te kry en wanneer die verhoging sal plaasvind.

Wees spesifiek. Wees duidelik. As jy die verhoging kry, maar dit is minder as waarvoor jy gevra het, vra wat jy moet doen om die res van die bedrag te kry. Alternatiewelik, as jou werkgewer jou nie dadelik die volle bedrag kan aanbied nie, vra skriftelik dat die saak binne ses mande weer oorweeg sal word.

Vandag gaan dit nie meer daaroor om beter as mans te wees nie, of die verskil tussen geslagte nie, maar eerder oor gender-aanvaarding en groter onafhanklikheid op eie voorwaardes vir vroue. Dit gaan oor die herdefiniëring van vroue en hul veelvuldige, geïntegreerde rolle en om hulle te ondersteun om die beste te wees wat hulle kan wees. Hoe vinniger werkgewers dit besef, hoe gouer sal die glasplafon gebreek word en vroue hul regmatige salarisse verdien.

Lori Milner, mede-skrywer van Own your Space is dit eens:

“Die toekoms behoort nie aan diegene wat terugsit en hoop dat hul lewens eendag beter gaan wees sonder dat hulle hul gedrag verander nie. Die toekoms behoort aan diegene wat vorentoe tree. Dit behoort aan diegene wat vra. So gaan voort. Vra vir dit wat jy wil hê.”

Lees ook: My f*k, dis nou ’n fliek! Marelize & gesin se hartroerende verhaal binnekort op die grootskerm

The post Vra só vir ’n verhoging appeared first on rooi rose.

Lewe jy saam met ’n beheervraat?
Lewe jy saam met ’n beheervraat? deur Anys Rossouw. Hooffoto: iStock/nuvolanevicata

Almal ken ’n beheervraat. Hulle weet beter, vertrou nie ander se oordeel of pogings nie en voel genoodsaak om tot in die fynste detail beheer te neem, raad te gee, te kontroleer wat ander doen, of selfs heeltemal oor te neem. Die ironie is dat dit dikwels met die beste bedoelings gedoen word.

Nie dat al die goeie bedoelings dit enigsins makliker maak om saam met ’n beheervraat te lewe, of te werk nie.

iStock/Irina Griskova

Stefan vertel hoe moeilik sy vrou kan wees: “Annelie is ’n gedrewe, pynlik netjiese maar móéilike mens. Sy het bepaalde idees vir alles wat by haar werk gedoen moet word, maar helaas, ook tuis: hoe die handdoeke moet hang, die klere gevou moet word, hoe die skottelgoedwasser gepak moet word, ’n geskenk toegedraai moet word, noem maar op … Niemand doen dit so goed en reg soos sy nie. Mense is onbetroubaar en laks. Sy voel sy werk reeds so hard en dan moet sy boonop gedurig ander se brouwerk vir hulle gaan oordoen.

“Gaan ons met vakansie, is daar altyd iets met die blyplek verkeerd. Die eerste dag was, skrop en ontsmet ons eers voor sy daar kan bly. Dit word gedoen sodat ‘ons almal’ in ’n lekker skoon plek vakansie kan hou. Die waarheid is dat nie een van ons ’n probleem sou hê met die toestand waarin die plek was nie. Ons bly maar liewer stil, anders hoor ons niemand wil help nie. En sien ons werklik kans om in so ’n vieslike, vuil plek te bly?

“Niemand kan by haar standaarde kom nie. Sy verwag soveel van my en die kinders. Sy het ysere dissipline, werk verskriklik hard, oefen hard, eet reg, lyk mooi en is steeds heeltyd bekommerd oor wat ander gaan dink, en of iets goed genoeg is. Dit maak ’n mens moeg. Die kinders moet presteer, oefen en aanmekaar leer. Niks wat ek of die kinders doen, is ooit goed genoeg, of perfek reg nie. Sy kan altyd ietsie uitwys wat ons beter sou kon doen. Sy het raad vir en kommentaar op alles. Haar manier van doen is die enigste een wat reg is.”

iStock/solarseven. Lewe jy saam met ’n beheervraat?

Wat jy moet weet oor beheervrate

Beheervrate verander nie sommer nie. In hul koppe is hulle reg en ander verkeerd. Hulle sien selde in dat hul gedrag ’n probleem is, of dat hulle manipulerend en beherend optree. Volgens hulle is hulle bloot verantwoordelik en georganiseerd. Hulle gee om, hou van dinge wat reg verloop, beplan en georden is. Of hulle “probeer net help” wanneer hulle oorneem en ongevraagde raad gee.

Die eintlike probleem is dikwels nie die oordrewe beheer nie, maar die persoon se onderliggende angstigheid, onsekerheid en gevoel van onveiligheid. Beheer word die oplossing daarvoor. Wanneer ek beplan en presies kan bepaal wat wanneer en hoe gaan gebeur, voel ek veiliger en verminder dit my onsekerheid en angstigheid.

Die wortels daarvan lê dikwels in mense se kinderdae: Kinders van angstige ouers, of wat blootgestel is aan situasies waaroor hulle geen beheer gehad het nie. Dit kon fisieke of verbale geweld, misbruik, moeilike, chaotiese, of net konstante, volslae onvoorspelbaarheid wees. Sulke mense gebruik dikwels beheer as kompensasie vir daardie onvoorspelbaarheid waarmee hulle moet saamleef. Omdat hulle as kinders altyd op die spreekwoordelike eiers moes loop, het hulle geleer om altyd waaksaam, versigtig en op hul hoede te wees, bedag op enige moontlike gevaar: “Verandering en gevaar kan enige oomblik onverwags opduik, daarom moet ek altyd gereed wees, alles moontlik doen om dit te voorkom.”

Mense wat as kinders finansieel swaargekry het, se beheer gaan dikwels oor geld. Eintlik gaan dit oor hul eie angstigheid omdat hulle nooit weer aan daardie onsekerheid of swaarkry blootgestel wil word nie. Erge soeke na beheer kan ook die gevolg van ’n persoonlikheidsversteuring, angsversteuring of obsessief kompulsiewe gedragsversteuring wees. In so ’n geval sal hy by die hulp van ’n sielkundige of psigiater baat vind.

iStock/Vladyslav Bobuskyi

Mense wat buite beheer voel, word dikwels beheervrate. Hulle kan onbewustelik vrees dat dinge kan uitmekaarval. Of omdat hulle nooit beheer gehad het nie, het hulle ’n onstuitbare, gedrewe behoefte om op die boonste sport van die leer te staan waar hulle ander kan beheer, of dit nou tuis of by die werk is. Dis dikwels ’n masker vir hul eie onsekerhede, ’n gebrek aan selfwaarde en ’n ongemaklikheid met hulself en hul lewe.

Beheervrate is dikwels perfeksioniste wat dinge tot in die fynste detail beplan en mikrobestuur. Hulle glo niemand kan enigiets so goed soos hulle doen nie, en laai daarom dikwels te veel take op hul skouers. Op die ou end verwyt hulle die mense om hulle daarvoor. Dié moet dan hoor hoe oorwerk hulle is, hoe hulle niemand kan vertrou om dinge reg en klaar te kry nie …

Wanneer jy iets op jou manier doen, of jou eie besluite neem, sien ’n beheervraat dit as onnadenkend, selfs selfsugtig en verkeerd. Hul manier van doen is al wat reg is.

Hulle is ook selfkrities en hou glad nie van verandering nie. Onder stres raak dit net erger, want dan raak hul onderliggende angstigheid net erger. Hulle reageer daarop met nog meer beheer en word al hoe meer rigied, geïrriteerd en gefrustreerd.

Beheervrate het dikwels ook ’n ingesteldheid van meerderwaardigheid. Hul werk is beter, hulle is meer georganiseerd, beplan beter, is netjieser en skoner as ander … Dit help hulle om in beheer te voel, maar stel geweldige eise aan hulself sover dit hul eie voorkoms en die voorkoms van hul gesin of huis aangaan.

iStock/z_wei

Vir nog raad met moeilike verhoudings, loer hier

Lewe jy saam met ’n beheervraat?

Moet jy voordurend dinge doen soos en wanneer sy wil?

Maak sy volgehoue eise en aansprake jou moeg?

Glo sy sy weet wat die beste vir jou is?

Laat hy jou voel dat jou wense en emosies ongeldig is?

Raak hy ontsteld wanneer dinge verander?

Voel jy jou persoonlikheid word onderdruk?

Behandel sy jou soos ’n kind wat nie vir jouself kan dink nie?

Dit maak nie saak hoe hard jy probeer nie – dis nooit goed genoeg nie.

iStock/Vaselena

Die bogenoemde is die optredes, speletjies, of verskillende gesigte van beheervrate: Hulle beheer dikwels mense met meer as een van die volgende optredes.

Die Stilstuiper: Dae van stilstuipe en om jou te ignoreer is jou straf as jy hulle durf teëgaan. Hulle stap weg sonder om jou te antwoord, groet nie, of ignoreer jou e-posse, selfoonboodskappe of oproepe. Dis ’n aaklige en disrespekvolle vorm van ontmensliking en emosionele manipulasie, want dit laat die ontvanger onseker, waardeloos, gefrustreerd en magteloos voel.

iStockPlanet Flem

Die Aanklaer: Eindelose vrae dwing jou om elke beweging te verduidelik. Jy voel of jy die hele tyd onder verdenking is, ondervra word en jou posisie of optrede moet regverdig. Jou keuses word bevraagteken, afgemaak of verkleineer. Dit hou jou op die verdediging tot jy ingee: “Oukei, jammer! Jy is reg. Doen wat jy wil.”

iStock/yuoak Lewe jy saam met ’n beheervraat?

Die Meester-manipuleerder: Hulle doen dit dikwels op ’n passief-aggressiewe manier: Hulle weet altyd beter as jyself wat jy nodig het, en hulle laat jou skuldig of onredelik voel as jy nie saamspeel nie.

iStock/z_wei

Die Isoleerder: Hulle laat jou nie ’n oomblik alleen met ander nie. Jy hoor hoe jy die middelpunt van hul lewe is. En hulle verwag dieselfde van jou. Hulle plaas ’n buitengewoon sterk fokus op jou en laat jou glo dat hulle jou die beste van almal om jou verstaan en die meeste liefhet. Jy mag nie alleen met ander mense, of dit nou mans of vroue is, uitgaan nie. Hulle vind fout met jou vriende en jou familie … Skenk jy aan enigiemand anders aandag, gee jy te min aandag aan hulle, of jy word daarvan beskuldig dat jy nie omgee nie. Kort voor lank is jy van jou vriende en familie geïsoleer.

iStock/borisz

Die Martelaars: Dié persoonlikheidstipe is altyd oorweldig en vasgevang in die ongelukkigheid, swaarkry, treurmares en tragedies van die lewe, in so ’n mate dat die ander uit skone jammerte maar doen wat die arme gemarteldes wil hê. Hulle is hulpelose slagoffers wat ander met skuldgevoelens manipuleer. Mense wat nie wil help nie, is harteloos en sonder begrip of empatie.

iStock/alashi

Die jaloerse Gedagtelesers: Hulle glo hulle weet wat jy dink en voel. Hulle sê gemaklik: Jy dink mos … jy voel … Hulle wantrou jou motiewe en glo onwrikbaar hul eie afleidings oor wat jy dink en voel sonder om dit met jou te bevestig. Hul eie angstigheid, onsekerheid en vrese hardloop met hulle weg. Hulle gaan haal die bobbejaan agter die bult en dink en verbeel hulself allerhande ontrou, of ander moontlike probleme van jou kant af, en kort voor lank word jy beskuldig van die dinge wat húlle eintlik vrees. Hulle regverdig hul optrede deur jou te oortuig dat dit alles net uit liefde is.

iStock/Planet Flem

Die flankerende Komplimenteerder: Hy draai jou om sy pinkie met sy aandag, komplimente en gunsies, of selfs geskenke. Dit laat jou so spesiaal voel maar die oomblik wanneer hulle nie hul sin kry nie, onttrek hulle die aandag. Uit vrees vir verwerping en die moontlikheid om die persoon te verloor, doen mense dan gewoonlik presies wat hulle wil hê.

iStock/rudall30

Die dreigende Hakskeenbyter: Hulle bekom dikwels sensitiewe inligting wat met jou verband hou en waarmee hulle jou afpers en manipuleer deur te dreig om dit openbaar te maak: Iets wat jy in jou verlede gedoen het; of ’n intieme foto of boodskap wat jy vir hulle gestuur het, of iets negatiefs wat jy oor jou baas of ’n kollega gesê het. Hulle kan jou selfs met selfdood of gesinsmoord dreig.

iStock/esame Lewe jy saam met ’n beheervraat?

Die Grootbek-bullebak: Dié soort bullebak probeer ander fisiek intimideer. Hulle is nie altyd groot nie, maar hulle sit stewig in ’n magsposisie. Hulle beweeg in jou persoonlike ruimte in, praat hard en dreig. Hulle doen dit dikwels in situasies waarin hulle daarmee kan wegkom, soos in ’n verhouding tussen ’n werkgewer en werknemer; onderwyser en leerder; in ’n ouer/kind-verhouding, of in een of ander wetstoepassingsposisie. In intieme verhoudings kan hy tot fisieke geweld oorgaan en jou selfs aan die pols gryp, stamp of klap. Wanneer hy hom daarna verontskuldig, is dit met die verweer dat dit jy was wat hom daartoe gedryf het.

iStock/id-work

Iets om te onthou: Dis belangrik om te onthou dat mense wat ander seermaak, gewoonlik vanuit hul eie seerkry reageer wat dikwels ou pyn, vernedering en skade is. Dit help wanneer iemand hul optrede verstaan, maar dit beteken nie dat dit hul optrede verskoonbaar of aanvaarbaar maak nie.

`iStock/XVI

Hoe hanteer jy die beheervraat in jou lewe:

Jy moet besef dat jy hom nie sommer gou gaan verander nie.

Bly kalm en geduldig, anders raak elke klein dingetjie ’n geveg. Praat met ’n rustige en neutrale stemtoon.

Probeer verstaan waar hul behoefte aan beheer vandaan kom. Fokus liewer met sagtheid en respek op hul angstigheid en onsekerheid. Verander liewer: “Jy probeer my altyd beheer” na “Wat bekommer jou?” Praat dan vanuit die hoek van hul kommer en angstigheid oor ’n strategie om van die kommer en angs ontslae te raak.

Moenie ’n beheervraat probeer beheer nie. Dit ontaard altyd in ’n magstryd wat jy nie wen nie. Hulle is meesterlike argumenteerders wat die laaste sê moet inkry.

Ondersoek jouself: Dalk is jou maat nie die beheersoeker nie – dit kan jy ook wees. Beheervrate dink dikwels dat ander wat nie voor hul magspeletjies swig nie, net in beheer wil wees.

Kies jou gevegte: Los die klein, onbelangrike dingetjies, soos watter pad julle ry, of hoe die skottelgoedwasser gepak moet word. Spreek die dinge aan wat werklik saak maak en jou menswees, persoonlike ruimte of vryheid beperk.

Stel wel grense maar op ’n mooi manier: “Ek wil graag saam met jou werk. Ek waardeer jou raad, maar ek wil hierdie projek regtig op my manier doen. Gee my asseblief die kans.”

Leer om vriendelik, maar ferm, duidelik, reguit en konsekwent “nee” te sê: “Ek hoor dis jou behoefte, maar nee, dis nie myne nie.” Al voel dit of jy met ’n muur praat, hou hiermee aan. Aanvanklik gee beheervrate nie sommer in nie. Hulle leer wel later by wie hul taktiek nie werk nie.

Moenie ingee nie. Wanneer hulle weerstand kry, kan hul gedrag vererger.

Moenie hul optrede persoonlik opneem nie. Dis hul probleem, nie joune nie. Moenie skuldig voel om “nee” te sê nie.

Vermy situasies wat tot konflik kan lei. Stap weg.

As die probleem werkverwant is, praat met jou kollegas. Jy kan dalk agterkom jy is nie die enigste een wat dit ervaar nie. Meld die persoon by jul personeelafdeling aan.

As die situasie onhanteerbaar is en ’n uitwerking op jou menswees, emosies en ander verhoudings het, laat dit gaan. Beweeg eerder vroeër as later aan, veral wanneer jy met ’n bullebak te make het. Soek nuwe werk of beëindig die verhouding.

Kry hulp by ’n sielkundige of mediator.

Gee erkenning vir hul bydrae en sterk punte, hul goeie werk, beplanning en deeglikheid. Jy sal skaars kan glo hoeveel gemakliker en gemoedeliker julle daarna sal saamwerk.

Onthou

Beheervrate voel beter oor hulself maar ook meer in beheer van hulself wanneer hulle situasies en ander kan beheer. Daarom verander hulle nie sommer nie, tensy hulle insig in hul eie optrede en situasie kry, maar ook as mense dit werklik van hul vereis. Ongelukkig loop te veel mense op eiers rond in ’n poging om konflik te vermy. Op dié manier word beheervrate se gedrag in stand gehou en so word die geluk vernietig van almal wat by hulle betrokke is.

iStock/Everste

Anys Rossouw is ’n sielkundige in Menlopark, Pretoria.

The post Lewe jy saam met ’n beheervraat? appeared first on rooi rose.

Maak vanjaar jou beste jaar
Soms is dit klein veranderinge wat ’n groot verskil maak. Moenie vanjaar alles nes die vorige jaar aanpak nie. Gee ’n tree terug en kyk hoe jy dit dalk anders en beter kan doen.

Begin die dag reg

Gun jou soggens ’n paar kalm minute met jou beker koffie of tee. Nie net skud jou regmakertjie jou brein aan die gang nie, dis ook die ideale tyd om gou ’n paar aantekeninge te maak oor dinge wat jy moet doen. Boonop is jy in goeie geselskap. Beethoven het glo presies sestig koffiebone vir sy oggendkoffie gebruik.

Lees ook: Maak koffie soos ’n barista

Beplanning

Rolene Strauss, wat in 2014 as Mej. Suid-Afrika en later as Mej. Wêreld gekroon is, moes die meeste uit haar besige dae kry. Sy sê sy het soggens vyfuur opgestaan sodat sy tyd het om te oefen en ook om haar dag haarfyn te beplan om die beste uit elke sosiale geleentheid te kry. “Ek besluit wat ek uit elke afspraak en optrede wil put. Ek dink oor die mense met wie ek spesifiek wil praat, en so is dit nooit net ’n dolle gejaag sonder struktuur nie, en voel ek in beheer.”

Lees ook: 10 maniere om positief te bly

Moenie bang wees vir mislukking nie

As jy nie waag nie, gaan jy nie wen nie, lui die spreekwoord. ’n Mens leer deur jou foute. Emo Adams, die Kaapse verhoogpersoonlikheid, sê sy grootste suksesse het gekom omdat hy nie bang was vir mislukking nie.

Hy wou ’n kindersielkundige word, maar moes sy studie staak toe sy geld opdroog. Hy het toe maar as ’n helper by die Baxter-teater ingespring.

David Kramer se Kat en die Kings was destyds op die verhoog en toe een van die spelers op ’n dag nie opdaag nie, het David vir Emo gevra of hy kans sien om in te staan. Dit was sy groot deurbraak, want David het sy talent raakgesien hom gevra om permanent deel van die span te wees.

Hou ’n dag oop

Nie vir niksdoen nie, maar om meer doeltreffend te werk. Sommige maatskappye het die waarde hiervan besef en het byvoorbeeld ’n beleid van “Geen vergaderings op Woensdae nie”. In jou persoonlike lewe kan dit ook waarde hê. Weerhou jou een dag per week van facebook of sosiale media sodat jy by ander dinge kan uitkom of saam met jou vriende kan kuier.

Lees ook: Digitale detoks – hoekom en hoe?

Moenie uitstel nie

Die Engelse noem dit “swallow your frogs” – dis nou daardie nare takies wat jy uitstel en uitstel en uitstel. Kies ’n dag soos ’n Maandag of Vrydag, en doen dan al die goedjies wat steeds op jou lysie staan. Daardie doktersondersoek wat jy bly uitstel, die lekplek in die dak, die rekening wat jy moet uitpluis …

Lees ook: 10 wenke teen stres wat werk

Wees die beste jy

Almal kan effens aan hul persoonlikheid skaaf, of deur opleiding nuwe kennis inwin, maar dit help nie jy probeer om iemand anders te wees nie. Die geheim is om jou uniekheid as jou persoonlike wapen in te span.

Mode-ontwerper David Tlale sê die beste les wat hy geleer het, was dat hy net David kan wees. “Ek weet nie hoe Dior dink nie. Ek kan net probeer om myself te wees en daarom ding ek nie met ander mee nie.”

Lees ook: Wees positief, leef langer

Werk op enige plek

Gebruik jou tyd doeltreffend en moenie dink ’n lessenaar is al plek waar jy kan werk nie. Agatha Christie het op enige plek gewerk waar sy kon sit. Ernest Hemingway het gestaan en skryf en die bekende Amerikaanse skrywer, Thomas Wolfe, het met sy ses voet ses duim lange lyf reg bo-op die yskas gestaan en skryf.

Lees ook: 12 aanhalings vir inspirasie

Moenie jouself onderskat nie

Redi Tlhabi, omroeper en skrywer, het op skool nie in sport uitgeblink nie. Op hoërskool het sy gegrap dat sy liggaamsopvoeding op standaardgraad wil neem. Tog het sy uit frustrasie met haar werk begin hardloop, en nou het sy die Comrades al verskeie kere aangedurf. Net omdat jy as kind geglo het jy is nie goed met iets nie, beteken dit nie dit moet jou begrens of definieer nie. Durf nuwe dinge aan.

Lees

Dink weer as jy sê jy het nie tyd nie. Los die ure wat jy saans voor die televisie dommel of aan facebook bestee en lees ’n goeie boek. Die meeste suksesvolle mense lees daagliks. Bill Gates lees elke aand minstens ’n uur as deel van sy slaaptydroetine. Mark Cuban, Amerikaanse miljardêr-entrepreneur, lees drie uur per dag. Soek “100 books to read in a lifetime” op die net as jy inspirasie nodig het. As jy baie op die Internet lees en nie altyd tyd het om klaar te lees nie, of dalk die artikel of video wil hou, kan jy dit in die gratis app “pocket” stoor tot jy later meer tyd vir leeswerk het.

Beperk onderbrekings

Besluit op bepaalde tye wanneer jy jou e-pos en ander boodskappe deurgaan. Tim Ferris, wat bekend is vir sy boek The 4-Hour Work Week, raai mense aan om net twee keer per dag (11:00 en 16:00) na hul e-posse te kyk om tyd te spaar.

Voltooi soggens een groot taak voor jy na jou e-posse kyk, en kyk weer net voor jy in die middag oppak. As jy kort-kort opspring om tee te maak en verskonings soek om nie met jou werk te begin nie, verbeel jou jy is op ’n vliegtuig. Sluit jou deur, stel die wekker en werk dan twee uur lank ononderbroke.

Stop die bus

As jy spartel om kop bo water te hou – hetsy met die organisasie van jou gesin of loopbaan – kry jy nooit die kans om die groter prentjie te sien nie. Stop die bus. Tree terug. As jy op die spreekwoordelike hamsterwieletjie draf, doen jy dinge oor en oor op dieselfde manier. Dalk moet jy ’n kursus doen om jou vaardighede te verbeter. Gee jouself ruimte om krities te kyk na wat jy doen, asook beter maniere om dit te doen.

Lees ook: Leef klottervry

Liezel van der Westhuizen, bekende omroeper en avonturier, het al in die stil tyd in Desember/Januarie haar selfoon, rekenaar, televisie en radio afgeskakel om in die maand weer helderheid te kry. Dalk kan jy dit vir ’n naweek probeer.

Wees toegewyd

Daar is selde kortpaaie vir sukses. Die meeste suksesvolle mense sal vir jou sê dat harde werk en toewyding die boustene vir sukses is. Serena Williams staan sedert haar kinderjare elke oggend sesuur op om tennis te oefen. Gary Player het ure en ure geoefen en maklik ’n aandete-afspraak gekanselleer om iets in sy spel reg te stel.

Kleiner happies

Doeltreffende mense verdeel hul tyd in blokke van 15 minute. Hou ’n vergadering vir 15 minute, of werk vir 15 minute aan een aspek van die taak. Dit beteken nie jy kan ’n groot projek in 15 minute voltooi nie, net dat jy groter take in kleiner happies opbreek sodat jy stuksgewys daardeur kan werk. Dit motiveer jou ook as jy groot uitdagings in kleiner segmente verdeel en afmerk namate jy vorder.

Lees ook: 10 wenke wat jou kan help om NOU te leef

Wees aktief

Volgens navorsingsbevindings kan verhoogde bloedtoevoer na jou brein probleemoplossing verbeter. Boonop is jou hippocampus – die deel van jou brein wat verantwoordelik is vir leer en geheue – baie aktief wanneer jy oefen.

Kenners stel voor dat jy voor jou oefensessie ’n probleem identifiseer waaraan jy wil dink. Soms werk dit as jy aktief daaraan dink terwyl jy hardloop, maar heelwat mense ervaar dat hulle ná ’n oefensessie uit die bloute ’n oplossing kry omdat hulle juis nie daaraan gedink het nie. Dis ’n motivering om aktief te raak.

Lees ook: Oefen jouself fiks en sterk

Maak tyd vir ontspanning

Beskou ontspanning, nes werk, as ’n noodsaaklikheid. Jou brein het tyd nodig om kennis en ervaring te prosesseer.

Maak tyd vir ontspanning om nuwe idees te kry of bestaande probleme op te los. Albert Einstein het na Mozart se musiek geluister om sy kop skoon te kry wanneer hy met probleme geworstel het.

Lees ook: “Binge Watching” – nog net een episode!

The post Maak vanjaar jou beste jaar appeared first on rooi rose.

17 dinge wat jy kan doen om beter verhoudings met jou kollegas te kweek
17 dinge wat jy kan doen om beter verhoudings met jou kollegas te kweek deur Anet Schoeman: Foto: Pexels

Liewe kollega …

As jy die ure per dag tel, is jou kollegas die mense saam met wie jy die meeste tyd deurbring. Jou verhouding met hulle kan jou uitkyk op die lewe beïnvloed en jou bui bepaal. Negatiewe energie mergel ’n mens uit en kan uitkring en jou kreatiwiteit benadeel. Werk aan jou ingesteldheid en werk lekker.

Lees ook: Hoe om jou verhouding met geld te verander +WEN Kim Potgieter se nuwe boek!

1. Luister

Die internasionale magnaat, skrywer en korporatiewe kenner Dale Carnegie, het volgehou dat luister die beste kommunikasievaardigheid is, en ook die maklikste een om aan te leer.

Jy hoef nie ’n prater te wees om goeie verhoudings te bou nie. Luister is jou sleutel tot sukses, veral in ’n tegnologiese eeu waar die meeste kommunikasie deur kriptiese boodskappe en emoticons geskied.

As jy ten volle beskikbaar is, toon dit respek en wys jy dink iemand is belangrik. As jy ordentlik luister en nie heeltyd dink wat jy volgende wil sê nie, onthou jy ook beter sodat jy in ’n volgende gesprek kan uitvra na dit waaroor julle laas gesels het. Maar pak weg daardie foon en los jou rekenaar.

2. Goeie maniere

Dit klink dalk outyds, maar goeie maniere waar jy dinge doen soos mense groet en dankie en asseblief sê, is steeds belangrik. Kenners glo dieselfde dinge wat jou op skool gewild gemaak het, werk ook in die werksomgewing.

Maya van Wagenen, ’n Amerikaanse tiener wat moeilik vriende gemaak het, het ’n 1950-etiketboek, Betty Cornell’s Teen-Age Popularity Guide, gebruik om haar by ’n nuwe skool in te burger. Die raad het gewerk, en boonop het haar dagboek en stories haar ’n boekkontrak van R4,5 miljoen en fliekregte besorg.

3. Moenie skinder nie

Wil jy hê ander moet agter jou rug praat? Jou kollegas voel dieselfde. Enige gerug kry gestalte as dit ’n paar draaie geloop het. Maak seker jy is nie die een wat die stories versprei nie. Dis veral belangrik as dit met werkskwessies verband hou. Wag tot die feite bekend is voor jy jou stuiwer in die armbeurs gooi.

4. Glimlag

Skaam mense kan nors voorkom as hulle nie oogkontak maak en vrolik lyk nie. Glimlag en lyk toeganklik, al is jy nie die grootste prater nie.

5. Wees betyds

Ons almal het nou en dan ’n onvoorsiene probleem wat ons laat maak, maar moenie elke tweede oggend vol verskonings laat instorm nie. Beplan beter.

Volgens navorsingsbevindings is laatkommers onrealisties optimisties oor hoe lank dit duur om dinge gedoen te kry. Skryf neer hoe lank jy dink dit jou sal neem om iets te doen. Kyk dan op jou horlosie en bepaal presies hoe lank dit jou werklik geneem het om soggens reg te maak, ontbyt te eet en tot by die werk te kom.

Jy kan verbaas wees oor jou optimisme! Onthou om ’n paar minute ekstra in te werk vir ’n verkeersknoop of robot wat nie werk nie.

6. Lyk selfversekerd

Eerste indrukke word veral bepaal deur jou voorkoms en lyftaal, eerder as dit wat jy sê, sê die navorsers.

Lyk selfversekerd, staan fier en regop, trek jou skouers terug en hou jou kop hoog. ’n Studie het ook getoon dat mense wat hulself aan hul goeie hoedanighede herinner het voordat hulle ’n groep mense genader het, het meer inisiatief geneem in groepbesprekings en ook meer bekwaam voorgekom.

Lees ook: 5 maniere om meer selfvertroue te hê

7. Wees vrygewig met komplimente

Komplimente laat mense goed voel en wys dat jy belang stel.

Sê wanneer iemand iets goed doen of mooi lyk. Moenie skynheilig wees, dit elke dag doen of die grense oorsteek met iets  soos “Jy lyk baie sexy in die hemp” nie.

8. Moenie voorgee nie

Moenie ter wille van gewildheid iets probeer wees wat jy nie is nie. Jy kan net die beste weergawe van jouself wees. Fokus liewer op jou unieke sterk punte. Dink aan wat mense gewoonlik van jou waardeer; dalk is jy ’n positiewe mens of ’n goeie luisteraar. Gebruik hierdie bates om jou bemind te maak.

9. Netheid

As jy in ’n oopplankantoor werk, is dit belangrik om jou werksplek netjies te hou. Niks krap ’n Netjiese Nettie vinniger om as ’n tsunami van klotter wat van haar buurvrou af na haar werksplek oorspoel nie, of kos en krummels wat rondlê en vlieë lok nie.

10. Persoonlike oproepe

Jy’t nie lus om na jou kollega se eindelose foongesprekke te luister nie, so hou jou oproepe kort en saaklik as jy nie jou eie kantoor het nie. Moenie die lawaaimond wees wat almal irriteer met jou luide gesprekke nie.

11. Respekteer ander se tyd

Moenie ander mense kort-kort onderbreek en lang gesprekke voer nie. Hou jou vrae kort en bondig en kry jou ry sodat hulle kan werk.

Lees ook: Tydsbestuur: Kry meer uit jou dag

12. Ligloop vir e-posse

Dink mooi voor jy ’n e-pos aanstuur. ’n Onskuldige en grappige opmerking wat jy oor iemand maak, kan by die kollega uitkom, jou in ’n slegte lig stel en dalk ’n permanente vyand tot gevolg hê.

Maak ook seker daar is geen kommentaar in vorige e-posse voor jy dit vir die volgende mens aanstuur nie. As jy ’n probleem wil oplos, praat direk met iemand. Dan het jy die voordeel van lyftaal en stemtoon om seker te maak daar is geen misverstande nie.

Moenie via ’n e-pos gal afgaan oor een kollega by ’n ander nie. Onthou, e-posse is permanent en dit kan iewers opduik en teen jou tel.

13. Stel belang

As jy nie ’n natuurlike geselser is nie, kry alledaagse dinge om oor te gesels. Vra uit oor hul naweek om ’n aanknopingspunt te kry. As jy eers weet waarin hulle belang stel, is dit makliker om ’n gesprek aan die gang te hou. Luister met aandag sodat jy volgende keer makliker by jul vorige gesprek kan aansluit. Gesprekke oor die weer is blykbaar die suksesvolste as jy aan niks kan dink om te sê nie, en boonop gee dit nooit aanstoot nie.

Lees ook: 7 maniere hoe jy ’n beter vriendin kan wees

14. Moenie vloek nie

Jy gebruik dalk voor jou maters ’n kragwoord of twee, maar hou dit maar vir daardie geleenthede. Dieselfde geld grappe wat jy nie vir jou ouma sal vertel nie, asook Internetgrappies wat rassisties, seksisties, vulgêr of polities is. Jy sal nie die eerste wees wat jou loopbaan hiermee knou nie.

15. Besige bytjie

Jy is nie die enigste mens wat hard werk nie. Moenie jou kollegas heeltyd verveel met praatjies oor hoe oorwerk jy is nie. As jy nie die mas opkom nie, praat met jou bestuurder om hulp te kry. Plak andersins ’n glimlag op jou gesig en doen jou werk.

Lees ook: 10 wenke teen stres wat werk

16. As die klok lui

Moenie altyd die eerste een wees wat jou tassie pak en uitstorm nie. As jy kinders moet oplaai, is dit te verstane, maar wys ook af en toe dat jy nie soos ’n skoolkind net wag vir die klok om te

lui nie.

17. Wees positief

Dis warm. Dis droog. Die ekonomie laat veel te wense oor. Die politiek is ’n nagmerrie … Moenie in die gewoonte kom om gedurig te kla nie. Mense sweep mekaar op en later word dit ’n negatiewe draaikolk wat jou aftrek.

Praat oor ander goed en straal positiewe energie uit. Wees net versigtig dat jy dit nie oordryf en altyd die vrolike sonstraaltjie is wanneer die ander jaag teen spertye en min geslaap het nie. Min goed maak iemand gouer ongewild. Bied liewer aan om vir die oorwerkte kollega koffie te maak.

Lees nog: Jou werk: 10 dinge wat alle goeie bestuurders moet weet

The post 17 dinge wat jy kan doen om beter verhoudings met jou kollegas te kweek appeared first on rooi rose.

Hou só by jou begroting
Die woord begroting wek net soveel angs as die woord dieet. Mens dink onmiddellik jy moet iets lekkers prysgee of opoffer en dan begin jy jouself indoen en jy stel jou sukses op die spel.

Die suksesvolle bestuur van geld is afhangend van ’n suksesvolle begroting. Geldbestuur hang van ons geldgewoontes af. Op sy beurt, is ons gewoontes die resultaat van dit wat ons herhaaldelik doen oor ’n periode van tyd. Dit is jou finansiële gewoontes wat sal bepaal of jy finansieel vry gaan leef al dan nie.

Derhalwe om suksesvol te begroot, moet ons die regte gewoontes en gedrag aanleer. Net soos ’n dieet waar jy voel jy word ingedoen omdat jy nie dit of daai mag eet nie, en besef dit werk nie op die lang duur nie, so ook sal ’n begroting waar jy voel jy kan nie pret hê nie, nie lank oorleef nie.

Dit is nie die bedrag geld wat saak maak nie, maar die gewoonte van wat jy doen met jou geld wat in die langtermyn die verskil gaan maak.

Wat ek doen, en ook vir my kinders leer met hulle sakgeld, is om geld te verdeel in verskillende porsies. Die beste is om dit in verskillende rekeninge te sit as jy kan. Hierdie manier van spaar raak al hoe makliker wanneer die regte gewoonte aangeleer is.

Waar jou totale inkomste 100% verteenwoordig, breek jy die bedrag op soos volg:

1. Uitgawes (50%)

Hierdie verteenwoordig jou maandelikse onkostes soos water, elektrisiteit, ens. Weet presies waaraan jy dit spandeer.

2. Pret (10%)

Dit is belangrik om elke maand hierdie geld eenkant te sit en iets pret te doen. Dit is belangrik dat jy hierdie bedrag elke maand moet spandeer en dit geniet, jy sal nie voel jy ontneem jouself van enigiets nie, en help jou om gemotiveerd te bly met jou nuwe gewoonte.

3. Spaar vir iets (15%)

Instede daarvan om iets op krediet te koop, wat jou op die lange duur in skuld dompel, spaar ’n bedrag elke maand tot jy genoeg het om daardie item kontant te kan koop. Jy sal so trots voel wanneer jy daardie item skuldvry gaan koop, dat dit jou sal aanspoor om daarmee aan te hou.

4. Finansiële vryheid (20%)

Hierdie geld raak jy nooit aan nie. NOOIT! Hierdie is jou potjie goud wat oor jare akkumuleer en rente verdien wat jou finansieel vry gaan maak.

5. Gee terug (5%)

Gee en jy sal ontvang. Miskien wil jy kos koop vir iemand in nood, of aan liefdadigheid skenk. Die hoe en wat is nie belangrik nie, wat saak maak is dat jy iets doen wat ’n verskil in iemand anders se lewe maak en dit sal jou laat goed voel oor jouself.

As jy hierdie gewoontes kan aanleer en daarby hou, sal jy die lewe op ’n heel ander vlak ervaar en ’n betekenisvolle verskil aan jou finansiële posisie maak. Hou daarby en moenie opgee nie.

Lees ook: 16 Maniere om geld op jou klerekas te spaar

Hilda Lunderstedt is ’n entrepreneur en een van die min vroue wat haar besigheid in minder as 10 jaar opgebou het tot ’n 9-syfer omset per jaar voor sy die internasionale besigeidswêreld betree het. Vandag het sy belange in verskeie besighede maar is veral ’n passievolle spreker vir vroue. Sy glo aan sukses en raak opgewonde oor geleenthede wat die wêreld se eiendomsmark vir vroue bied om hul portefeulje op internasionale vlak op te bou.

Hilda is ’n toegewyde ma van 2 jong kinders, skrywer en filantroop.

Lees ook: Maak geldslim kinders groot

The post Hou só by jou begroting appeared first on rooi rose.

Kweek só respek
Kweek só respek deur Anys Rossouw. Foto’s: pexels

Respek is ’n tweerigting-ding

Mense behandel ander soms openlik en blatant sonder respek. En dit gebeur dikwels ook onder die radar op subtiele, manipulerende maniere. Iemand sal dalk sy oë rol, subtiel wegdraai, jou nie ’n kans gee om te praat nie, of nie jou vrae beantwoord nie.

Ouer mense en mense in gesagsposisies éis dikwels respek van jongeres, of van mense wat volgens hulle in ’n ondergeskikte posisie is. Maar respek is ’n tweerigtingding. Mense wat dit gee, ontvang dit gewoonlik ook. Dis baie makliker om geld te verdien as om ander se respek te verkry. Die meeste mense verloor soms beheer en kan in ’n onbewaakte oomblik iets sê of doen wat oneerbiedig is.

Wanneer iemand sonder respek optree, sê dit meer van hom as van die ontvanger. Nege uit tien keer het dié mens ’n probleem, ’n slegte dag, of swak kommunikasie- of emosionele vaardighede.

Daar is ook mense met min selfvertroue en selfrespek wat bevrediging daaruit kry om ander nie met respek te behandel nie. Daar was dikwels in hul ouerhuise min respek vir mekaar, of hulle is as kinders sonder respek behandel, en dis die patrone wat hulle aangeleer het. Maar daar is wel kere wanneer mense gesoek het na wat hulle kry. Daarom is dit tog nodig dat ’n mens hand in eie boesem steek en bepaal of jou optrede nie daartoe lei dat ander jou nie respekteer nie.

Hoogs sensitiewe mense voel dikwels dat ander hulle nie met respek behandel nie, hoewel die meeste ander mense dit hoegenaamd nie so sal beleef nie.

Lees ook: Hoe om jou kind respek te leer

Kweek só respek

Is jy dalk oorsensitief?

Is jy geneig om enige vorm van kritiek persoonlik op te neem, selfs wanneer iemand net ’n ander mening as jy het?

Word jy daarvan beskuldig dat jy oorreageer?

Bekommer jy jou oor wat ander van jou dink, of is jy geneig om jou met ander te vergelyk?

Is jy sensitief en raak jy maklik emosioneel ontsteld of angstig?

Gee jy om vir ander en het jy baie empatie? En verwag jy presies dieselfde optrede van hulle?

Sukkel jy om negatiewe emosies, gedagtes of gebeure te verwerk?

Vrees jy verwerping, en lees jy dit soms in situasies waarin ander dit nie so bedoel het nie?

Mense wat té gaaf is, sal dikwels toelaat dat ander hulle oneerbiedig behandel. Dit gebeur ook met mense wat in ’n posisie is waar iemand anders mag oor hulle het.

Werklike respek gee mense wedersyds die vryheid om hulself te wees, hul mening te lug en besluite te neem sonder vrese dat dit negatiewe gevolge vir die verhouding sal inhou. Mense sal dikwels ander se gebrek aan respek verdra en selfs die ander een se optrede rasionaliseer omdat hulle nie kans sien vir konflik of verwerping nie.

Lees ook: Sensitief, sensitiewer, empath – is jy een?

Kweek só respek

Tekens dat jy nie met respek behandel word nie

Enige vorm van mishandeling, geweld of misbruik.

Iemand anders beheer en bepaal wat jy doen, hoe jy dit doen, of selfs wat jy mag dink en glo of nie.

Verkleinerende en vernederende opmerkings, dikwels ook voor ander mense.

Daar is nie respek vir jou tyd nie. Hulle kom laat, daag nie op nie, of verander planne op die nippertjie sonder om ’n verskoning of ’n verduideliking aan te bied.

Hulle luister glad nie. Hulle val jou in die rede, of bly doof vir jou wense en behoeftes.

Dis vir jou moeilik om nee te sê, en jy doen dikwels dinge wat jou laat voel dat jy misbruik word.

Jy doen ander se sleurwerk sonder waardering of erkenning van hulle kant af.

Mense verwag gunsies van jou sonder dat hulle ooit iets vir jou sal doen.

Jy bly liewer stil om die vrede te bewaar en laat toe dat ander jou kortaf en sonder respek behandel.

Ander se wil en wense kom bo jou eie. Jy sorg eers vir ander en kom dikwels nie by jou eie dinge uit nie.

Jy laat ander toe om hul idees aan jou op te dwing, al voel en dink jy anders daaroor. Daar is min of geen begrip en empatie vir jou gevoelens, voorkeure of afkere nie.

Hulle neem jou persoonlike ruimte oor en vertel vir jou wat jy behoort te doen, of nie te doen nie.

As iets skeef loop, trek hulle hul skouers op en jy kry al die blaam, ook vir hul foute.

Hulle doen en sê dinge agter jou rug ten koste van jou.

Hulle is oneerlik, verneuk jou en vertel vir jou leuens.

Wat jy ook al doen, is nooit goed genoeg in hul oë nie. Jy kry meestal kritiek en min waardering.

Wat ons gee, is wat ons ontvang. As jy ander ignoreer en oor onbenullighede baklei, kan dit daartoe lei dat ander jou nie respekteer nie – dieselfde geld as jy ander toelaat om jóú so te behandel. Dis belangrik om te weet wat jou instinktiewe reaksie in moeilike omstandighede is: Veg jy, vlug jy, of vries jy? Dit kan aan die wortel lê van hoe ander jou hanteer.

Lees ook: Lewe jy saam met ’n beheervraat? Hier is raad

Kweek só respek

Gedragspatrone wat daartoe kan lei dat mense jou nie met respek behandel nie

Jy is onseker van jouself en glo nie in jouself nie. Jy maak verskoning vir wat jy ook al doen.

Jy is té gaaf en altyd die minste. Jy sukkel om nee te sê en doen maar dinge vir ander wat hulle self behoort te doen. In die proses laat jy toe dat ander jou goedheid of gebrek aan grense misbruik.

Wanneer jy probeer om álmal tevrede te stel, of om een mens áltyd tevrede te probeer stel, sal dit vir seker daartoe lei dat ander mettertyd jou goedheid gaan misbruik.

Jy praat te veel oor jouself, jou kinders, vriende of werk. Enige gesprek draai jy na iets wat jy beleef, gesien of gedoen het.

Jy kan moontlik spog, immer dink jy weet beter, of ’n meerderwaardige houding hê. Min mense koop dit, of het enigsins waardering of bewondering daarvoor – dit ontlok juis die teendeel en lei tot ’n gebrek aan respek.

Jy is oorkrities op jouself en op ander. Jy fokus met negatiwiteit op potensiële probleme of foute.

Jy gee nie vir ander erkenning of waardering vir hul bydrae nie.

Jy wil altyd jou sin hê en kan nie kompromieë aangaan nie.

Jy hou jou op ’n afstand en deel niks oor jouself nie. Jy het ook nie tyd, belangstelling of empatie vir ander en hul persoonlike probleme en omstandighede nie.

’n Geslote en afwysende liggaamshouding kan negatiwiteit uitstraal.

Jy verloor jou humeur en raak te maklik kwaad.

Mense voel dat jy hulle vir jóú foute kwalik neem.

Jy is altyd reg en die res is verkeerd.

Selfrespek en selfwaarde bepaal en rig jou waardes en interaksie met ander: die respek wat jy gee en die respek wat jy ontvang. Dit bepaal of jy gaan toelaat dat ander jou sonder respek behandel of nie. Jy kan mense nie dwing om jou te respekteer nie, maar jy kan weier dat hulle jou oneerbiedig behandel. Jy kán leer om op maniere op te tree wat daartoe sal lei dat ander jou respekteer. Dis ’n uitdaging om jouself en jou manier van interaksie te verander, maar dit kan ’n groot verskil maak in die wyse waarop mense jou hanteer.

Dis dikwels die maklikste om op kort termyn maar ander se gedrag te verduur. Die probleem is dat dit op lang termyn die patroon word waarop mense jou behandel. As dit reeds die patroon is, is dit moeiliker om dié gedrag om te draai, maar dis beslis steeds moontlik.

Lees ook: 10 dinge wat alle goeie bestuurders weet

Kweek só respek

Maak seker ander behandel jou met respek

Praat altyd met respek van mense en behandel hulle met die grootste respek.

Luister werklik na ander sodat jy empatie vir hul situasies sal hê. Hulle moet ervaar dat jy omgee en in hulle glo. Fokus op hul sterk punte.

Hou jou woord en doen wat jy belowe het.

Raak bewus van waar en wanneer jy toelaat dat ander jou domineer of nie met respek behandel nie.

Besluit wat jy verwag hoe ander jou moet behandel, asook wat jy gaan sê en doen indien dit nie gebeur nie. Visualiseer en oefen in privaatheid hoe jy kalm maar selfgeldend gaan optree.

Gebruik jou lyftaal met die soort selfvertroue wat respek sal afdwing: kyk hulle vas in die oë, lig jou skouers sodat jou lyftaal ferm en regop, maar oop is. Moenie jou arms vou of jou liggaam wegdraai nie.

Doen moeite om mense se name te leer ken en hulle op hul name of titels – as dit van toepassing is – aan te spreek.

Stel werklik belang in die mens oorkant jou en vra vrae oor dinge wat vir hulle belangrik is.

Sorg dat jy op die hoogte bly in die veld waarin jy beweeg. Lees, doen navorsing en woon kursusse by. Maar moenie soos ’n wysneus ’n mening probeer gee oor iets waarvan jy nie baie weet nie.

Spreek liewer waardering uit as om verskoning te vra. Vermy daardie ou cliché “Jammer om jou te pla … ” en begin liewer met ’n konsidererende: “Het jy ’n oomblik, ek wil jou graag iets vra?” Jy kan dan die gesprek met ’n waarderende “Dankie vir jou tyd” afsluit, pleks van ’n verskonende “Jammer dat ek soveel van jou tyd in beslag geneem het”. Moet ook nie vir die geringste dingetjie verskoning vra nie, veral nie wanneer jy nie eens werklik iets verkeerd gedoen nie.

Wees versigtig wat jy op sosiale media plaas. Dit moet ander se respek vir jou verhoog.

Fokus op positiewe dinge en vermy dit om negatief te wees, of te kerm en te kla.

Vermy rassistiese of seksistiese grappies.

Moenie ander veroordeel of afmaak nie. Beskou jou en ander se standpunte as ’n perspektief en nie as die absolute waarheid nie. Gee ander die ruimte van ’n eie geloof en probeer sy standpunt verstaan, sonder om afstand van jou eie te doen. Moenie jou standpunte aan ander probeer opdwing nie. Dis belangriker om gaaf en innemend as reg te wees.

Doen moeite om na jou gesondheid, gewig, fiksheid, versorging en voorkoms om te sien. Trek eerder netjieser aan – dit straal energie en selfvertroue uit en laat ander voel dat jy hulle en die geleentheid ag.

Neem die inisiatief en betrek ander daarby. Gee dan grootmoedig vir die ander erkenning vir hul bydrae.

Stel die voorbeeld wat jy van ander verwag.

Kweek só respek

Hoe gemaak met mense wat jou nie met respek behandel nie?

Moenie mense konfronteer, of e-pos- of ander boodskappe stuur terwyl jy kwaad of ontsteld is nie.

Maak seker dat jy kalm, rasioneel en in beheer van jouself is. Dan kan jy jou woord selfgeldend en duidelik doen, maar sonder enige aggressie. Kommunikeer eerder as om te konfronteer of te blameer. Ander moet weet waarom iets vir jou problematies of belangrik is.

Vermy beskuldigings en fokus die gesprek op oplossings. “Wat moet gebeur en wat kan ons doen om die situasie beter te maak?”

Stel duidelike grense, maar net grense wat jy bereid is om te handhaaf en wat ander vir seker sal respekteer en daarby hou. Hulle moet weet wat jy bereid is om te doen, en waarom.

Sê duidelik “nee!” wanneer iets jou nie pas nie; “nee!” as dit nie vir jou goed sal wees nie; “nee!” as jy nie genoeg tyd het nie, asook “nee!” as dit nie jou taak of verantwoordelikheid is nie.

Stel jou voorneme duidelik: “Ek wens ek kon jou help maar ek het nie genoeg tyd nie,” of “Dis nie deel van my posbeskrywing nie. My doel met die gesprek is om ’n oplossing te kry.”

Wees grootmoedig. Erken wanneer jy verkeerd was en bied jou verskoning aan. Mense waardeer dit.

Maak seker dat jy gehoor word, selfs al ignoreer mense jou, of val jou in die rede: “Verskoon my, ek was nog besig om te sê … ” “Gee my asseblief gou die geleentheid om my sin klaar te maak.” “Net ’n oomblik, ek wil graag duidelik maak wat ek daarmee bedoel.” Maar nie: “Jammer, ek was nog besig om te praat” nie. “Jammer” laat dit klink of jy verkeerd was.

Gebruik handgebare. Lig jou hand sodat mense kan sien dat jy nog iets wil sê.

Hanteer probleme met mense met respek en in privaatheid sodat hulle nie voor ander verneder voel nie.

Gee vir mense ’n agterdeur sodat hulle nie ervaar dat hulle aansien verloor nie. Sê liewer: “Ek dink hier was ’n misverstand …” pleks van ’n beskuldiging: “Jy het nie …” Maar sê jou sê.

Volg jou gesprek met ’n e-pos-boodskap op waarin jy duidelik en kalm alles waarop daar besluit is, saamvat en uiteensit sodat daar later ’n bewys is van julle ooreenkoms of gesprek.

Gee waar moontlik erkenning vir die ander een se bydrae en spreek jou waardering daarvoor uit.

’n “Jammer dat ek leef”-houding, asook oormatige trots of meerderwaardigheid ruïneer ewe veel mense se reputasie en verhoudings. Almal het ’n behoefte aan erkenning, waardering en respek. As jy dit ruimhartig gee, ontvang jy dit meestal ook in oorvloed.

The post Kweek só respek appeared first on rooi rose.

Pasop om wie jy by die werk is huis toe te neem
Pasop om wie jy by die werk is, huis toe te neem deur Anys Rossouw

Baas & Klaas

Wanneer ’n mens by die huis kom, moet jy dikwels meer as jou werkspakkie uittrek, of jou boonste knope losmaak. Tuis is daar ander rolle, ’n ander hiërargie en verwagtinge waarin jy moet inglip om verhoudings te laat werk. Maar dis nie vir almal ewe gemaklik en natuurlik om dan anders op te tree, of om volgens ander spelreëls op te tree nie, veral as jy by die werk die reëls bepaal en gewoond is daaraan dat jou woord wet is en almal versigtig na jou pype dans.

By die werk het jy ’n sekere rol, verantwoordelikheid en identiteit, wat tuis anders is. Jy kan en moet albei die identiteite wees – maar nie terselfdertyd nie, anders gaan iets skade ly. Dis ook belangrik dat nie een van die rolle soveel van jou fokus, tyd, energie en emosies in beslag neem dat daar geen emosionele energie oor is vir die ander rol in jou lewe nie.

Baie mense sukkel om tuis werklik van hul werkspakkie ontslae te raak en emosioneel en in hul gedagtes ook tuis te wees. Die nimmereindigende e-posse, oproepe en teksboodskappe wat in hul huistyd instroom, neem dikwels te veel van hul aandag in beslag.

Tuis gaan dit oor wié mense is en hul betekenis vir jou, en nie oor hul prestasie of wát hulle jou kan bied nie. Tuis is jy maar net gewoon mens wat sonder voorwaardes geliefd en aanvaar wil word. As jy jou nie van jou werksingesteldheid of waardes kan losmaak nie, is dit meestal moeilik om in die basiese menslike behoeftes van hul huismense te voorsien.

Uit ’n studie van die Harvard-sakeskool het dit geblyk dat betekenisvolle en bevredigende verhoudings die algemeenste element van mense se ervaring van persoonlike sukses is. Tog sien mans hul werksidentiteit anders as vroue. Hulle sien dit steeds as ’n rol wat hulle vir hul gesin vervul om te voorsien en te beskerm. Vroue beskou dit eerder dat hulle ’n rolmodel vir hul kinders is; iemand wat bydra tot almal se welstand. Vroue is ook geneig om skuldiger te voel wanneer hulle te veel tyd in hul werksrol deurbring.

Lees ook: Lewe jy saam met ’n beheervraat?

Een vrou vertel

Tina* vertel hoe moeilik dit vir haar man is om tuis van rolle te verwissel. “Deur die jare het dit soveel konflik veroorsaak. Pieter*, die eienaar van ’n suksesvolle onderneming, regeer almal by die werk met ’n ysterhand. Hy maak die reëls en neem die besluite. As hy sê spring, spring almal. Hulle sal hoogstens vra: Waar, hoe ver en hoe hoog? Niemand bevraagteken sy besluite of gaan hom teë nie, want hul werk, bevordering en salaris is dalk in gedrang. Hy is op ’n voetstuk. Sy werknemers sal ter wille van hul eie voordeel voor hom kruip om sy guns te wen.

“Tuis verwag hy dieselfde reaksie. Ek mag nie van hom verskil nie en is nie geregtig op ’n mening nie. Sou ek dit waag, is die gort gaar. Hy kan nie insien dat ons kan verskil en dat daar ’n ander manier as sy manier is nie. Daar is nie ruimte dat ons daaroor kan praat en iets uitwerk nie. As ek ’n ander mening het, spring hy onmiddellik op sy perdjie en ek is moeilik, arrogant of lewer net kritiek. Ek voel dikwels ek en die kinders word soos werknemers en ondergeskiktes behandel en dat ons nie regte het nie. Ons loop heeltyd op eiers, en almal is bang om hom iets te vra. Hy voel hy werk hard, sorg finansieel goed vir ons en bederf ons met duur vakansies. Ons kry alles waarvoor ons kan vra. Ons behoort baie dankbaar te wees, het niks om oor te kla nie en behoort nie enige eise aan hom te stel nie. Tuis wil hy geen verantwoordelikheid deel nie, dis my werk om alles te doen, te beplan en in stand te hou. Ek werk mos nie. As ek hom enigiets vra, is ek veeleisend. Die kinders het nie behoefte aan ’n baas nie, maar aan ’n pa wat luister en hulle sal help. Ek soek ’n maat en ’n man wat my hoor, ook help en ondersteun.

“Ek is moeg vir sy opdragte. As ons met vakansie gaan, moet ek alles reël, die motor laat diens, vol petrol maak en sorg dat sy goed en die motor reg is as hy wil ry. Hy sal sit en televisie kyk tot ons moet ry en sal nie ’n vinger verroer nie, selfs by die see. Ek, die kinders of die tuinman moet alles regkry, en die gort is gaar as ons nie betyds klaar is nie. As iemand iets vergeet het, is daar geen kans dat hy sal omdraai nie. Dan word ek gekritiseer: Hoekom beplan ek nie ordentlik nie, hoekom maak ek nie lysies nie? Dis al wat ek het om te doen. Op vakansie doen ons wat hy wil doen, gaan ons waar hy wil gaan.

“Deur die jare het ek geleer om die weg van die minste weerstand te volg. Ek vra hom niks, en ek kry mense om die dinge te doen wat ’n man gewoonlik tuis doen. Gelukkig betaal ek die rekeninge, maar soms lewer hy daarop ook kritiek as hy agterkom hoe duur dit is. Hy wil nie van my probleme weet nie, hy het genoeg verantwoordelikheid by die werk. Ek vertel hom selektief wat met die kinders gebeur en is dikwels die buffer tussen hulle en hul pa. Die rusies is net te sleg vir hulle en vir my. Dit maak my gespanne en laat my dikwels alleen voel. Dis vir my swaar om alleen die verantwoordelikheid vir die huishouding en kinders te dra.”

Hedendaagse huweliksmaats sien hul rolle anders as voorheen en glo dat albei moet saamwerk en die ekonomiese, emosionele en praktiese huis- en gesinsverantwoordelikhede moet deel. Die een help nie bloot net uit wanneer dit nodig is nie. ’n Huwelik is nie ’n 50/50 vennootskap nie, maar ’n 100/100 vennootskap waarin albei alles gee.

Dr. Phil sê dis nodig dat veral mans hul definisie van ’n suksesvolle mens of man verbreed. Om ’n voorsiener en beskermer te wees wat jou gesin kan lei en help ontwikkel, is ’n voorreg met verantwoordelikhede wat verder as finansiële versorging strek. Jy moet jou gesin ook emosioneel, fisiek en spiritueel beskerm, versorg en ook in daardie behoeftes voorsien om hul welsyn op alle vlakke te verseker.

Ben, die uitvoerende bestuurder van ’n konsultasiemaatskappy, vertel hoe hy die verskillende rolle tuis en by die werk hanteer: “By die werk is ek in beheer, by die huis is ek deel van ’n plat stelsel met ’n ander hiërargie en verantwoordelikhede. By die werk het ek die laaste sê en is ek die outoriteitsfiguur. By die huis is dit nie die geval nie. Dit beteken nie ek is klaas by die huis nie, maar beslis ook nie alleen die baas nie. Hopelik is daar geen baas by die huis nie, maar is ons deel van ’n samewerkende en medeverantwoordelike gesinsnetwerk.

“Dinge loop verkeerd as ’n mens nie besef jou huis- en werkrolle verskil nie en die een rol na die ander omgewing oordra. As jy tuis soos by die werk optree, of dieselfde verwagtinge het, kan jy gefrustreerd raak. Jou eggenoot gaan jou nie hanteer soos jy by die werk gewoond is nie. By die werk is ek die kundige en tuis nie noodwendig nie. By die werk is almal nie gelykes nie, tuis is ons. Aanvanklik moes ek doelbewus oorskakel.

“Daar is werkswaardes soos doeltreffendheid, ’n ingesteldheid op prestasie, en ook ’n ander tempo, wat as dit tuis oorgedra word, wrywing kan veroorsaak. Gelukkig is sekere basiese waardes universeel en by die werk en die huis dieselfde, soos eerlikheid, geduld, billikheid en om alle mense met respek menswaardig te behandel. Dis baie moeiliker as daar groot waardeverskille tussen die werkplek en die huis is.”

In die werksplek speel geld, mag en trots ’n groot rol, maar dis dodelik vir verhoudings. Mense met ’n baaskompleks wat nie tuis van rol kan verwissel nie, en daardie kaarte speel, saai dikwels verwoesting tuis.

Hoe verwissel jy van rol om tuis die goeie, gewone eggenoot of gesinsmens te wees?

Wees werklik tuis as jy tuis is, nie net met jou lyf nie, maar ook in jou gedagtes en emosies.

Skakel letterlik af. Bestuur jou foon en rekenaar met wysheid anders verskuif jy net jou werkplek. Jy bou nie ’n vertrouensverhouding, of vertroetel iemand, of maak kinders op e-pos of WhatsApp groot nie. Dis ’n funksionele en nie ’n emosionele media nie. Om altyd aanlyn te wees veroorsaak onderbrekings en afleidings en skaad ’n mens se insette en uitsette, of dit nou tuis of by die werk is.

Bepaal jou prioriteite. Besluit en beplan wat, hoeveel, wanneer en waar jy gaan werk, deel wees, of gaan ontspan sodat jy nie tyd bestee aan dinge wat min waarde toevoeg nie. Beheer jou kalender.

Sorg en maak tyd vir jouself.

Fokus op die goeie en positiewe dinge. Omring jou met goeie mense.

Wees dankbaar en wys waardering, selfs vir klein goedjies. Moenie jou huismense as vanselfsprekend aanvaar nie.

Bou en gebruik ondersteuningsnetwerke tuis en by die werk, gebruik mense wat jy kan vertrou sodat jy nie die sleurwerk hoef te doen nie maar kan fokus op wat regtig ’n verskil maak.

Doen dinge saam met jou huismense.

Maak seker dat almal se behoeftes, wense en welstand saak maak – dit bring tuis harmonie.

Bou een-tot-een ondersteunende en vertrouensverhoudings, want dan kan gesinslede mekaar werklik emosioneel ondersteun, of dit nou oor julle rolle tuis of by die werk gaan. Om ’n geesgenoot te hê by wie jy jouself kan wees, met wie jy jou idees kan deel en van wie jy eerlike terugvoer kan verwag, maak die lewe die moeite werd.

’n Mens se werk is daar vir jou, jy is nie daar vir jou werk nie. Baie mense verwar hul werk met hul lewe en ignoreer balans-probleme tussen werk en lewe tot dinge skeefloop. Dan is die skade dikwels moeilik om te herstel. Werkende mense moet soveel balle gelyk in die lug probeer hou: jou beroep, gesinslewe, sosiale lewe, gesondheid en jou en jou gesin se emosionele en spirituele welstand. Jou beroep is meestal ’n rubberbal wat sal terugbons as dit val, maar jou verhoudings en gesondheid is soms van glas gemaak. Dis belangrik om nie te dink dinge by die huis sal maar uitwerk sonder doelgerigte insette nie. So ’n benadering bring nie sukses in die werksplek of tuis nie. As jy nie ’n verhouding met jou kleuter het nie, is die kans skraal dat jy ’n verhouding met hom as ’n tiener gaan hê. Of as jy nie die verhouding met jou huweliksmaat koester nie, kan jy hom iewers verloor. ’n Mens kan nie alles hê nie, maar jy kan hê wat regtig saak maak.

Hoe om al die balle in die lug te hou en te bestuur, verskil van gesin tot gesin. Daar is nie ’n universele regte antwoord nie. Maar elkeen moet die vraag vra, wat het óns nodig? Wat werk vir óns? Wat wel universeel is, is dat almal die respek, aanvaarding, liefde, ondersteuning en tyd van hul geliefdes nodig het; dat dit waarin jy jou tyd, aandag, fokus, geld en energie belê, juis dit is wat groei.

* Skuilname is gebruik en verhale is met betrokkenes se goedkeuring vertel.

Anys Rossouw is ’n sielkundige in Menlopark Pretoria (012 460 7366 / anys@anys.co.za).

Het jy dalk ’n baaskompleks?

Jy bepaal en is in beheer van wat, hoe en wanneer dinge gebeur.

Neem die besluite en maak reëls wat vir ander geld maar nie vir jou nie.

Jy het vryhede en voorregte wat ander nie het nie.

Gee bevele, maar ander moet mooi vra as hulle iets wil hê.

Verwag gehoorsaamheid.

Verwag spesiale diens. Ander moet jou bedien en dinge vir jou doen.

Gee dikwels nie waardering vir klein dingetjies nie, dis immers hul werk waarvoor hulle betaal word.

Verwag van ander dankbaarheid en waardering vir die geleenthede wat jy hulle gee.

Duld nie teëspraak en ander menings nie.

Lewer kritiek, maar ander mag nie.

Is oorhaastig en luister nie werklik nie, sê net dadelik wat ander moet doen of moes gedoen het.

Neem die krediet vir ander se insette.

Is net gefokus op jou eie dinge en planne en stel min in ander s’n belang.

Lees ook: Jou werk: 10 dinge wat alle goeie bestuurders moet weet

The post Pasop om wie jy by die werk is huis toe te neem appeared first on rooi rose.

Jou werk: 10 dinge wat alle goeie bestuurders moet weet
Jou werk: 10 dinge wat alle goeie bestuurders moet weet deur Anet Schoeman. Foto’s: pixabay

Mense bedank nie ’n werk nie, hulle bedank ’n bestuurder, word soms spottenderwys gesê. Maar dis waar. Enige onderneming, groot of klein, weet hoe frustrerend dit is om bekwame mense te verloor. As mense bedank omdat ’n gehate of onbevoegde baas hul lewe versuur, móét ’n onderneming aandag daaraan gee.

Hooffoto: Jopwell vir Pexels

1. Die beste werkers is nie altyd die beste bestuurders nie

“Ons praat in die sakewêreld van die Peter-beginsel,” sê dr. Adri Drotskie, direkteur van die MBA-kursus van die Henley-sakeskool in Johannesburg. “Dit behels dat iemand bevorder word tot sy vlak van onvermoë. Soms word iemand bevorder uit sy posisie van kundigheid na ’n bestuursposisie waarvoor hy nie die vaardigheid of ervaring het nie.”

As jy ’n uitstekende pianis is, beteken dit nie dat jy ’n goeie dirigent sal wees, of ’n musiekskool kan bestuur nie.

“’n Suksesvolle onderneming staan op vier belangrike pilare: beplanning, organisasie, kontrole en leierskap. Tog maak vaardigheid nie van jou ’n goeie leier nie. ’n Goeie bestuurder is iemand wat die fyn balans tussen bestuur en leierskap bemeester het.”

As jy met ’n ysterhand regeer, gaan jy vir seker die eerste drie pilare sterk hou, maar as leierskap ontbreek, gaan jy nie die beste uit jou werknemers kry nie. Boonop is die kans groot dat baie van hulle uit frustrasie gaan bedank.

Lees ook: Ses maniere hoe jy jou onderneming van kuberkrakers kan beskerm

2. Fokus op ’n nuwe benadering tot bestuur

Adri onderskei tussen hiërargiese bestuur en sirkelbestuur.

“Ouer maatskappye gebruik nog die hiërargiese stelsel wat meer bestuur-gedrewe is, terwyl die nuwe benadering meer deur leierskap gedryf word. Waar die hiërargiese bestuur ’n baas-en-Klaas ingesteldheid het, werk sirkelbestuur op die grondslag dat almal in die proses inkoop. Almal werk saam aan ’n oplossing.

Hoe kry jy dit reg? Werkwinkels waar mense eerlik met mekaar is en hul sterk en swak punte erken, help met vrymoedigheid en respek tussen mense.

As werknemers ’n goeie verhouding met ’n bestuurder het en die vrymoedigheid het om probleme te bespreek, kry jy goeie spanwerk wat sukses verseker. Dis oor en oor bewys dat ’n betrokke leier veel meer uit werknemers kry as ’n onwrikbare baas.

Die ontwikkeling van leierskap is een van die groot tekortkominge van ons huidige skoolstelsel, sê Adri. “Die meeste mense doen vir die eerste keer leierskapontwikkeling as hulle as ’n bestuurder aangestel word. Dis iets wat op skool aandag moet kry.”

3. Balans in ’n bestuursposisie is belangrik

“Hoewel dit goed is wanneer almal op dieselfde vlak aan ’n projek of probleem werk, moet jy weet waar om die streep te trek. As dit kom by dissiplinêre optrede, moet jy jou bestuurderhoed opsit en ferm optree. Dan help dit nie jy probeer almal se pel wees nie.”

Dis veral moeilik om ’n leier te wees as jy onlangs bevorder is en jy bestuur nou die mense wat gister jou koffiemaatjies was. Jaloesie kan ook klippers in jou pad rol.

Hoe hanteer jy dit? Dis belangrik om met elkeen ’n gesprek te hê en hulle te oortuig dat jy die posisie verdien het, sê Adri.

“Maar oopkop-bestuurders kan net soveel by hul werknemers leer. Verduidelik dat hoewel jy die bestuurder is, jy steeds in ’n posisie is waar jy graag by die span wil leer. Daarvoor moet jy ontvanklik en volwasse wees.”

Lees ook: Sakevroue in senior-posisies

4. Hoe los jy probleme op?

Moenie onmin en probleme onder die mat invee nie. “Ek gaan na die persoon toe wanneer iets verkeerd loop en pluis dit dadelik uit. Moenie wag en hoop dat die kwessie homself gaan oplos nie. Jou uitgangspunt moet wees dat julle saam na ’n oplossing soek, nie dat jy die persoon inroep om haar te roskam en straf nie.

“As mense in my span verskil, roep ek albei partye in en tree as ’n bemiddelaar op. As geskille op hierdie manier opgelos word, behou mense respek vir mekaar.”

Lees ook: Werk jy lekker?

5. Maak die regte aanstelling

Die pad na goeie bestuurders is weldeurdagte aanstellings.

Grond die aanstelling op ondervinding en leierseienskappe en nie net op vaardighede nie. Die briljante ingenieur is nie noodwendig ook ’n goeie leier nie. Die regte aanstelling gaan bydra tot beter spanwerk en benutting van menslike hulpbronne.

6. Leierskap kán aangeleer word

Sommige mense is gebore leiers, maar dit beteken nie hulle is die enigstes vir wie ’n bestuurpos beskore is nie. Die goeie nuus is dat leierseienskappe aangeleer kan word.

Maatskappye behoort betyds in bestuurskursusse vir werk-nemers te belê. ’n MBA-kwalifikasie is gewild onder spesialiste op hul gebied. Die gemiddelde ouderdom wanneer mense by die Henley-sakeskool vir dié kursus inskryf, is 38. Dis gewoonlik wanneer mense middel- en topbestuursposisies beklee.

Tog is daar ook heelwat intreekursusse soos Foundations of Management wat jongmense kan doen sodra hul studies voltooi is.

Maatskappye kan ook heelwat doen om werknemers in hul posisie te ontwikkel. Daar behoort induksieprogramme te wees wat die maatskappy se kultuur en strategie uiteensit en ook verduidelik wat dit verg om bevordering te kry. Maak seker werknemers is bewus van opleidingskursusse wat hulle kan verbeter.

Prys vir goeie werk is net so belangrik soos opbouende kritiek as iets skeefgeloop het. Terugvoer help werknemers om uit hul foute te leer en so word hulle bemagtig om hul doelwitte te bereik.

7. Vrou in ’n manswêreld?

Vroue reken soms dat hulle ’n manlike persoonlikheid moet aanneem om suksesvol in ’n bestuursposisie te wees. Hokaai, sê Adri. “Jy word aangestel omdat jy ’n stel unieke persoonlikheidseienskappe het. Vroue se unieke benadering tot ’n probleem is juis hul geheime wapen. Vroue het gewoonlik meer meelewing met mense, en ek glo jy kan sag wees, maar terselfdertyd ferm. As jy getrou aan jouself bly, dwing jy respek af. Dan respekteer mense jou vir wat jy kan vermag en nie vir watter geslag jy is nie.”

8. Bestuurders moet kreatief dink

Dr. Babita Mathur-Helm, senior lektor in organisatoriese transformasie en ontwikkeling aan die Universiteit van Stellenbosch Bestuurskool, sê baie bestuurders leer net om kop bo water te hou en word nooit werklik ’n doeltreffende leier nie.

“Die meeste bestuurders is ondoeltreffende leiers en dit lei weer tot ongelukkige werknemers en gereelde personeelomset. Sy sê die grootste verskil tussen ’n baas en ’n leier is dat die meeste base op prosesse, beheer en stabiliteit fokus en instinktief probeer om probleme vinnig op te los voordat hulle insig in die probleem het.”

“Daarteenoor verdra leiers wanorde en ’n gebrek aan struktuur en is bereid om oplossings te vertraag om kwessies meer om-vattend te verstaan. Daarvoor is kreatiewe denke nodig.”

9. Bemagtig jou werknemers

“Leiers identifiseer die sterk punte van werknemers en wend dit aan, terwyl hulle terselfdertyd help om hul swakker punte te verbeter. Hulle skep ook ’n omgewing waar werknemers vir hulself kan dink en probleme onafhanklik kan oplos. ’n Doeltreffende leier probeer om haar span by te staan sodat hulle produktiewer kan wees, eerder as om skuld uit te deel wanneer dinge skeefloop.

As ’n werknemer ’n probleem het en sy lynbestuurder om hulp vra, is dit nie omdat die werknemer noodwendig onbevoeg voel nie – sy is dalk net onseker oor watter benadering om te volg. Hier sal ’n doeltreffende leier haar bemagtig om ’n oplossing te kry, eerder as om bloot voor te skryf wat gedoen moet word.”

10. Gee jou werknemers ruimte

Die vinnigste manier om van die nuwe generasie ontslae te raak is om hulle te mikrobestuur, sê Kylie Wright-Ford in haar boek The Leadership Mind Switch. “In enige generasie kry jy mense wat ’n broertjie dood het aan mikrobestuur. Maar Generasie Y byt nie vas in ’n slegte werk nie. Hulle stem met hul voete teen die onbevoegde bestuurder.

Hoekom bedank mense onder mikrobestuur?

Dit inhibeer werknemers as hulle voel dat hulle heeltyd dopgehou word.

Dit belemmer moraal. Alle mense, maar veral die nuwe generasie, wil bemagtig word. Dis jou rol as leier om hul potensiaal te ontsluit.

Wees ’n leier eerder as ’n ghoeroe. Skep ’n gesonde kanaal vir kommunikasie, eerder as om oor mense se skouers te kyk wat hulle doen. Deursigtigheid keer misverstande.

Te veel prosedures, prosesse en vergaderings strem die vloei van denke en vertraag eerder as versnel ’n projek. Skep duidelike besluitnemingsregte op elke vlak, maar los die leisels effens oor minder belangrike goed.

Mikrobestuur kan die werknemer én die baas laat uitbrand. Albei is geneig om langer ure te werk, is gespanne en angstig en sukkel om by die huis af te skakel.

Hooffoto: Jopwell vir Pexels

Lees ook: Vra só vir ’n verhoging

The post Jou werk: 10 dinge wat alle goeie bestuurders moet weet appeared first on rooi rose.

Is jy altyd laat?
Wees nou eerlik, is jy een van daai mense wat ALTYD laat is? Jou wekker het nie afgegaan nie, ’n pap band, druk verkeer, jou hond of kind wat siek word … Jou verkonings is kreatief en nimmereindigend. ’n Studie aan die Staatsuniversiteit van San Francisco het bevind dit is nie noodwendig omdat laatkommers nie jou tyd respekteer nie. Dit het eerder te doen met ’n persoonlikheidstipe wat van die adrenalienbruising hou wanneer hulle op die nippertjie opdaag. Byna soos ’n eindpoging wenstreep toe!

Maar wees gewaarsku, alewige laatkommery skep wel die indruk dat jy nie ander mense se tyd respekteer nie en ongeorganiseerd en geen selfbeheer het nie. Jy jaag boonop jou bloeddruk en stresvlakke deur die dak as jy altyd op die laaste oomblik iewers instorm.

Wat kan jy doen?

Wees realisties: Mense wat gedurig laat is, is ewig optimisties oor hoe lank dit duur om take uit te voer of by plekke uit te kom. Skryf neer hoe lank jy dink dit jou neem om in die oggend aan te trek, hare te was, kinders ontbyt te gee, kantoor toe te ry … Hou dan ’n week lank boek van hoe lank dit jou werklik geneem het om dit te doen. Jy sal verbaas wees hoeveel langer dinge duur as jy realisties is. Mense wat gedurig laat is, is oor die algemeen 25-30% ooroptimisites met hierdie skatting. Jy mag dink dit duur 25 minute om soggens reg te maak terwyl dit in werklikheid nader aan 35 minute is.

• Gee jouself buffertyd: Wees eerder ’n paar minute te vroeg as te laat. Beplan om kwart voor nege vir ’n negeuur-afspraak op te daag. Jy kan altyd deur e-posse werk terwyl jy wag.

• Weese meer georganiseerd: Beplan haarfyn voor die tyd om jou tyd te spaar. Maak toebroodjies vir die kinders en jouself die aand voor die tyd, besluit wat jy wil aantrek en sit jou klere reg, sorg dat jou sleutels reg lê by die voordeur … As jy gim toe gaan voor die tyd, pak jou sak en sit dit by voorbaat in die motor. Dek die tafel vir ontbyt die aand voor die tyd en sit ontbytpap uit.

• Dissipliseer jouself: As jy twee minute voor jy moet vertrek ’n e-pos ontvang, ignoreer dit. As iemand bel, sê jy skakel later terug.

• Gebruik tegnologie: Gebruik jou selfoon of rekenaar om jou te herinner aan afsprake en jou betyds waarsku.

• Gebruik ’n wekker: Stel jou selfoonwekker om jou betyds te hou. As jy besluit het dit neem 5 minute om te stort, stel jou wekker en draai die kraan toe as jy die wekker hoor.

• Wees realisties oor wat jy kan doen: As jy te veel probeer inpas, gaan jy nooit alles klaarkry nie. Leer om “nee” te sê as jy voor jou siel weet jy het nie genoeg tyd nie.

Lees ook: 7 maniere om jou hoë bloeddruk te verlaag

The post Is jy altyd laat? appeared first on rooi rose.

Hoe om van ’n senior kollega te verskil
“Dit is belangrik om in staat te wees om jou standpunt te stel en om te weet wanneer en hoe om dit te doen.” Helene Vermaak, direkteur by The Human Edge, kenners van kultuurverandering, gee ’n paar wenke hoe om verskille met senior kollegas te hanteer.

Wees realisties oor die risiko’s

Dit is normaal om  senuweeagtig te wees en om die ergste te verwag, maar in die meeste gevalle is dit onwaarskynlik dat jy afbetaal gaan word of ’n lewenslange vyand sal maak. Kyk eerder na die gevolge van as jy nie praat nie en weeg dit op teenoor die moontlike gevolge van die meningsverskil.

Besluit of jy eerder moet wag

Soms is dit beter om jou gedagtes agtermekaar te kry. ’n Openbare forum of vergadering is nie altyd die ideale plek nie aangesien die senior persoon bedreig sal voel. ’n Privaatgesprek sal beter wees.

Identifiseer ’n gemeenskaplike doel

Jy het ’n beter kans om gehoor te word as jy die verskilpunt gelyk kan stel aan die verwagte uitkoms wat die senior persoon wil bereik. Dit is belangrik om nie te aanvaar dat hierdie verband dadelik duidelik sal wees nie. Jy sal jou stelling in konteks moet plaas.

Vra toestemming om te verskil

Deur die persoon die geleentheid te gee om in te stem tot die gesprek, sal jy meer selfvertroue hê om jou meningsverskil aan te roer. Dit laat die senior persoon ook voel hy/sy is in beheer.

Bly kalm

Dit is belangrik om kalm en in beheer te bly. Mens is geneig om harder en vinniger te praat wanneer jy senuweeagtig is. As jy met ’n gelyke stemtoon praat, sal jy jouself én die ander persoon kalmeer.

Herhaal die oorspronklike punt

Deur die standpunt van die ander persoon te herhaal, vorm jy ’n sterk fondament vir die bespreking.

Moenie oordeel nie

Wanneer jy jou mening lug, vermy enige byvoeglike naamwoorde of woorde wat veroordelend klink of verkeerd verstaan kan word of persoonlik mag klink. Hou by die feite en bly neutraal en gefokus.

Bly nederig

Beklemtoon dat dit jou mening is en nooi die ander persoon om sy of haar standpunt te gee. Wees kalm en moenie te veel selfvertroue uitstraal nie.

Erken die ander persoon se gesag

Beken dat die senior persoon uiteindelik die finale besluit sal neem, maar moenie jou eie mening minder belangrik laat klink nie. Respek is die sleutel tot die sukses van die gesprek.

Lees ook: Maak jou werk jou siek?

The post Hoe om van ’n senior kollega te verskil appeared first on rooi rose.

Kan jy bekostig om af te tree?
Deur Anet Schoeman

Die mediese tegnologie gaan waarskynlik ’n hele paar jaar by almal van ons se lewe voeg. Die vraag is net of jy finansieel onafhanklik genoeg gaan wees om die laaste jare te leef soos jy graag wil, sê Anthony Katakuzinos, direkteur van Stanlib se Kliëntedienste. Hy waarsku dat vroue so vroeg moontlik meer beheer oor hul finansies moet hê sodat hulle op hul oudag finansieel onafhanklik is. “Anders bestaan daar ’n gevaar dat jy op sewentig weer sal moet gaan werk soek.”

Begin vroeg spaar

Die sleutel is om so vroeg moontlik te begin spaar sodat jy met ’n betreklike klein bedrag per maand ’n groot bate kan skep. Genavieve Fourie, dosent in beleggingsbestuur aan die Universiteit van Johannesburg, glo die sleutel tot ’n kommervrye aftrede lê by beplanning terwyl jy jonk is. Tog klink aftrede ver in die verskiet as jy 21 is, pas afgestudeer het en vir die eerste keer die vreugde van ’n eie salaris smaak. Hoekom is spaar juis nóú so belangrik?

“Die antwoord is tweeledig,” sê Genavieve. “Die voordelige effek van saamgestelde rente en tyd gaan ’n betreklike klein bedrag baie laat groei, en tweedens word die dissipline van spaar reeds vroeg vasgelê. Hoewel jy gewoonlik verplig word om tot ’n pensioenfonds by te dra as jy by ’n groot maatskappy werk, geld dit nie as jy ’n kontrak- of vryskutwerker is, of jou eie onderneming het nie. Boonop gaan inflasie meebring dat jou maatskappypensioen waarskynlik net in 50% tot 60% van jou aftreebehoeftes voorsien. As jy wil verseker dat jy ná aftrede dieselfde lewenstandaard as daarvoor kan handhaaf, sal jy ekstra inkomstebeskerming móét uitneem.”

Genavieve sê die twee groot spaaraspekte waaraan jongmense aandag moet gee, is risikobeskerming en inkomstebeskerming. “Risikobeskerming is dekking in die geval waar ’n jongmens nog studieskuld het en wil seker maak dat die skuld ten volle gedelg word in geval van dood. Inkomstebeskerming word uitgeneem in die vorm van ’n pensioen waar jy ’n salaris verdien. Maar as jy vir jouself werk, moet jy hiervoor voorsiening maak in die vorm van ’n inkomstebeskermerpolis wat teen ’n sekere voorafbepaalde ouderdom (60, 65 of 70) teen aftrede uitbetaal word.” Onthou ook dat jongmense waarskynlik drie keer van werk gaan verander en nie in die versoeking moet kom om die pensioenfondsuitbetaling vir iets anders te gebruik nie. Betaal dit dadelik in die nuwe pensioenfonds in.

Die ideaal is dat jongmense in hul vroeë twintigerjare 10% tot 15% van hul netto salaris (ná aftrekkings) per maand vir ’n langtermynspaarplan opsy moet sit, sê Anthony. Hoe jy dit gaan belê, gaan van jou dissipline afhang. Die ideaal is om jou belegging gelykop tussen uittree-annuïteite en effektetrusts te verdeel. Genavieve meen ’n effektetrust is op dié ouderdom een van die beste beleggings, want daar is maatskappye wat jou via een produk toegang tot verskeie effektetrusts gee.

En wees maar eerlik met jouself. As jy nie dissipline het nie, bly weg van effektetrusts, want dit kan maklik onttrek word. Maar iets soos uittree-annuïteite word vas belê en net op ’n voorafbepaalde aftree-ouderdom beskikbaar gestel. Bespreek die verskillende uittree-annuïteite met ’n kundige, want sommige gee jou meer vryheid sodat jy jou bydrae vir ’n tydjie kan staak en later hervat.

Nog ’n voordeel van uittree-annuïteite is dat as jongmense ’n onderneming of praktyk begin wat dalk in die skuld beland, krediteure nie hul hande op die uittree-annuïteit kan lê nie.

Oppas vir slegte skuld

Hoewel nuwe wetgewing die beskikbaarheid van kredietkaarte gaan inperk, moet jongmense baie versigtig vir krediet wees. “Beslis nie meer as een kredietkaart nie,” maan Anthony. “Te veel mense maak van maklike krediet gebruik en besef nie wat die hoë prys is wat jy daarvoor betaal nie.” Jy betaal duurder vir die items as jy dit oor ’n tydperk afbetaal en as jou oordadigheid jou inhaal, kry jy ’n swak kredietstand. “Dit kan veroorsaak dat maatskappye in die toekoms nie geld aan jou wil leen nie, en indien hulle dit wel toestaan, jy dit teen ’n minder gunstige rentekoers gaan kry.”

Tog is daar iets soos “goeie” skuld en “slegte” skuld. Anthony sê goeie skuld is skuld wat jy aangaan waar jy ná afbetaling met ’n groot bate soos ’n huis of voertuig sit. Slegte skuld is wanneer jy klere en ander mode-artikels op skuld koop. “Spaar liewer tot jy genoeg geld het om hierdie soort items kontant te koop as om in die versoeking te kom om kredietkaarte en winkelrekeninge te gebruik. ’n Voertuig is ’n goeie bate solank dit nie meer as ’n kwart van jou salaris maandeliks kos nie. So wees realisties.”

Leer jou kinders spaar

Spaar is ’n geweldige belangrike konsep wat ongelukkig nie hoog op Suid-Afrikaners se lysie is nie. Anthony wil sien dat ouers van vroeg af ’n spaarbewustheid by hul kinders skep deur hul sakgeld in ’n ATM-jeugrekening in te betaal. Vra by jou bank inligting oor spaarrekeninge vir kinders onder 16 en 18.

Beplan betyds

Hoewel dit noodsaaklik is om vir jou oudag te begroot, is dit net so nodig om ander langtermyndoelwitte te stel om voor te spaar. Dit sluit in kinders se opvoeding asook prettige goed soos ’n oorsese reis. Skool- en tersiêre opleiding moet by geboorte aandag kry. Hoewel baie kinders deesdae eers oorsee gaan werk om genoeg geld te maak om te gaan studeer en daar studentelenings is, is opleiding so duur dat ’n jongmens gaan sukkel om ’n studentelening (drie jaar se studie, verblyf en lewenskoste) met ’n beginsalaris af te betaal. Stel vir jouself doelwitte, soos om oor vyf jaar oorsee te gaan, benodig jy R50 000. Deur hierdie doelwitte te stel, kan jy jou finansiële beplanner vra om na lantermyntendense te kyk en jou dienooreenkomstig te adviseer.

35 jaar

As jy teen 35 nog nie begin spaar het nie, moet jy onmiddellik begin. Nou is dit baie moeiliker as voorheen, omdat jy aan ’n sekere lewenstyl gewoond geraak het en waarskynlik ook ’n gesin het. Jy sal nou meer as die 10% – 15% van voorheen moet spaar, anders gaan jy nie gemaklik kan aftree nie. Omdat jy nou minder tyd het om te spaar moet jy eerder na aandele op die aandelemark kyk. Dit behoort meer geld as baie ander beleggings te genereer. Die risiko is hoër, omdat jy ’n korter tydperk het om die geld te maak.

55 jaar

Teen 55 moet jy sonder enige skuld wees en moet verkieslik beleggings aangaan wat jy maklik in geld kan omskakel as jy dit nodig het. As jy nie insae in jou finansiële posisie het nie, moet jy dit met jou man bespreek en ook vasstel wat gebeur as hy sou sterf. Alle banke het finansiële beplanners en jy hoef nie geïntimideer te voel as jy net ’n klein bedrag wil belê nie. Bel jou bank vir inligting. Dis be-langrik dat julle ’n vertrouensverhouding het, so as jy ongemaklik voel, soek ’n ander beplanner.

Lees ook: Huis, paleis, aftree-oord… 8 dinge wat jy moet weet

The post Kan jy bekostig om af te tree? appeared first on rooi rose.

Eerstejaar? 5 suksesgeheime
Die studente wat universiteitstoelating kry, is slim genoeg. Dié wat technikons en kolleges toe gaan ook. Almal kan op IK slaag. Tog wys syfers wêreldwyd 50% skop ná die eerste jaar op. Deurkom is belangrik. Vir jou, want dit kos ’n klein fortuin.

Vir jou kind ook, want dop is traumaties, veral in ons samelewing wat vir sukses gerat is. Kan ons iets doen om ons amper-grootmens studentekinders suksesvol te maak? Ons het by die Universiteit van Stellenbosch se studentedienste aangeklop.

Wat jy nié moet doen nie

Net daar, op daardie punt, verklap jy jy is ’n tipiese Baby Boomer-ma van ’n tipiese Generasie Y-student, lag prof. Charl Cilliers.

“Die dominante tema onder ons generasie ouers is mos ‘my kind se sielkundige opbou’. Ons glo ons moet ons kinders se selfbeeld blink gepoets hou.”

Ons prys en komplimenteer oneindig, en waar ons kind en ons woorde nie kan bykom nie, spring ons self in en doen wat ons kan. En nie net Afrikaanse mammies nie. ’n Amerikaanse opname wys 31% van studente se ouers het die lektore gebel om oor hul kind se punte te praat.

Ons staan in en staan reg – en het die verskynsel van “learned helplessness” by Generasie Y gekweek. Wat gebeur as ons skielik ophou help?

Lees ook: Ongelukkige generasie Y

Jy moet help, sê dr. Ludolph Botha. “Mislukking is geweldig negatief vir jou kind. Maar besin oor hóé. Moet net nie die fout maak om te dink jou 1970’s/1980’s studente-ervaring rus jou toe om raad te gee oor hoe hy hom vir sy werkslewe van nou tot omtrent 2060 moet voorberei nie. Waar ons op kennis kon fokus, het vandag se studente ander vaardighede ook nodig, soos hoe om kennis in splinternuwe kontekste toe te pas.”

Lees ook: Die Y-generasie en die einas

Ons het in ons eie leeftyd dinosourusse oor akademie geword. Maar ons kan darem nog ’n paar laaste takies vir ons kinders doen. Selfs nou, enkele weke voor lift off. Hier is hulle:

1 Pas sy kursus en sy passie?

Charl maak ’n baie geldige punt: “Die Y-generasie wil hulle uitleef. Dus is passie ’n sterk motiveerder. Daarom sien ons ‘true grit’ – daardie ding van jou hakke inslaan en vasbyt met moeilike take – by studente met ’n passie vir hul rigting. Studente sonder daardie passie haal dikwels nie die paal nie.”

Wat kan jy doen?

Bring jou kind vir beroepsvoorligting, glo beroepsvoorligter Anita Louw. “Baie matrieks is nog te onervare om te weet waar hul passie lê. Hul talente, belangstellings en persoonlikheidsprofiel is ’n goeie beginpunt.

“Kom sélf oopkop. Ons dink steeds universiteit is die beste of enigste opsie omdat dit jou kind werk en die beste salaris waarborg. Dit is lankal nie meer waar nie. Kinders in die verkeerde rigting word ongelukkige werkendes. Die laaste ding wat jy jou kind toewens, is ’n ongelukkige werkslewe van veertig, vyftig jaar.

“En dan glo ek aan job shadowing sodat jou kind verskillende soorte werke verken. Laat hy sy hoërskoolvakansies, en selfs hierdie laaste een, gebruik om werksgebiede te verken.

“As hy reeds ’n passie het, laat hom dit ook toets om seker te maak hy sien nie net die glanskant nie. As hy dink hy sal daarvan hou om ’n sjef te wees, gaan werk – gratis – in ’n kombuis. En in ’n paar verskillende soorte kombuise.”

2 Versterk sy interne kontrolelokus

Charl glo tieners het een groot, laaste persoonlikheidsontwikkelingstaak: om vir jouself te besluit omdat jy weet wat jy wil hê. “Dan kan hy prioritiseer en kies. Wil ek nou swot, of wil ek saamkuier? Nou gaan slaap, of eers later? Wat is vir my be-langrik? Waaraan wil ek my tyd bestee?”

Wat kan jy doen?

“Ongelukkig kan jy nie sê ‘Boetie, leer dit gou’ nie,” sê De Wet Schoeman, programdirekteur van die eenjarige gap-jaar entrepreneurskapkursus van die Universiteit van Stellenbosch.

“Dit is ’n proses. Ek noem dit persoonlike meesterskap – jou kind se selfkennis van sy tipiese denkpatroon, watter talente en sterk punte hy het en nie het nie, én dat hy hou van wie hy is, al is dit iemand heel anders as wat jy as ouer verwag. Hy weet wat hom opgewonde maak en wat hom nie veel traak nie.

“Mense met hierdie vlak van volwassenheid het nie maats se goedkeuring nodig nie. Hulle weet waarheen hulle op pad is en kan selfgemotiveerd die nodige doen om daar te kom.

“Dié volwassenheid kom met tyd, en veral as jou kind die kans kry om vir homself verantwoordelikheid te aanvaar, verkeerd te kies, die gevolge te dra en dan daaruit te leer.”

As Sus moderne dans wil doen maar jy dink RAD-ballet het meer status, leer sy haarself nie ken nie. As jy haar skooltas inpak, haar mondeling skryf en soggens drie keer roep om op te staan leer sy iemand anders moet haar lewe bestuur. As iets by die skool pla en jy gaan praat met die onderwyser, leer sy nie hoe om vir haarself te onderhandel nie. En as jy regmaak wanneer sy verbrou, leer sy nie uit haar foute nie. Laat jou kind maar op skool fouteer. As hulle die gevolge dra, leer en groei hulle juis. Iets om in gedagte te hou: keuses en verantwoordelikhede moet darem by jou kind se ouderdom pas.

En as jou kind nou nog nie daar is nie? Moedig hom aan om op ’n road trip te gaan, ’n vakansiewerk te doen, verantwoordelikheid te aanvaar vir die gesin se kos … enigiets waar hy sonder toesig en sonder hulp onafhanklik besluite neem en deurvoer.

3 Sy nuwe ondersteuningsnetwerk

Tot nou toe was jy sy vangnet. Nou moet hy losmaak. Maar Generasie Y het ’n baie intense behoefte aan “behoort”. ’n Bietjie minder van jou beteken hy soek meer steun by sy portuurgroep.

Wat kan jy doen?

Minder is beter, want hy moet self uitreik. Moedig jou kind aan om by ander kampusaktiwiteite betrokke te raak – maar nie net om hom te geniet nie. Die drinkersklub het die laagste “toegangsvereiste”. Dit is ’n groot “klub”: 33% Matiemans beskou hulle as drinkers en 50% sien hulle as matige drinkers. Die syfers lyk vir seker dieselfde by alle ander instellings.

“Op Stellenbosch praat ons graag van die GraadPlus-konsep – die idee dat ’n student moet uitstap met soveel meer as net kennis en vaardigheid,” sê Ludolph. “Vriendskappe bou, is ’n groot deel daarvan. Daarom moedig ons eerstejaars aan om in die koshuise te bly. As hy uit die huis studeer, moet hy juis inskakel.”

Pieter Kloppers vertel van hul nuwe geïntegreerde huise: “Ons noem dit die luister-leer-en-leef-huise, waar agt studente van verskillende kursusse, rasse, geslagte en agtergronde doelbewus gemeng word en gestruktureerd gesels oor onderwerpe soos volhoubaarheid, ekonomiese ontwikkeling, media en so aan. Hulle staan tou om hier in te kom, want hulle besef dit verbreed visies, bou die vermoë om in situasies van diversiteit te funksioneer, kweek kulturele insig, versterk bande en maak hulle meer bemarkbaar.”

Maar soms loop jou kind hom in probleme vas. Wat dan?

“Ons, soos die meeste tersiêre inrigtings, het hope gratis studentesteun, soos geleenthede om met lektore oor akademiese probleme te gesels en studentementors om met enigiets anders te help. Al voorwaarde is dat die studente sélf moet aanmeld.”

Maar, sê Ludolph, talle, en veral A-kandidate, dink hulle het nie hulp nodig nie en dink dit is vernederend om hulp te vra.

“’n Gesprek wat elke ouer met sy kind moet hê, is die een dat mislukking ’n tydelike probleem is – nie ’n skande nie. As jy vashaak, moet jy maar net die probleem oplos. Opskop en weghardloop is nie die antwoord nie.

“En weer eens: jou taak eindig by jul gesprek. Jou kind moet self oplossings en opsies gaan soek. Hy moet nou ontwikkel in sy eie probleemoplosser en die vertroue in homself opbou dat hy kán.”

4 ’n Geoliede verstand

’n Wits-ondersoek wys die suksesvolle student lees en luister met insig: hy snap feite, sien die rangorde van die feite raak, volg veral die onderliggende argument, kan dit in sy eie, outentieke stem ekstrapoleer na verskillende situasies en kan nuwe modelle daarop grond.

Dit is ’n hele mond vol.

Wat kan jy doen?

Baie … maar nie oornag nie. Dit begin met die manier waarop julle tuis gesels, sê De Wet.

“Dit gebeur wanneer jy jou kind vra ‘hoekom dink jy so?’ en ‘wat dink jy van …?’, en dan luister na sy antwoorde en meer vrae vra. Sommer op tien al. Dit ontwikkel as jy jou kind toelaat om ander menings as joune te hê. Dit ontwikkel as jou kind lees, luister, kyk, deelneem, doen en dit dan bespreek.”

Dit ontwikkel as jou kind met skoolprojekte leer hoe om die inligting sinvol te orden en hoe om met ’n vertrekpunt te begin wat eindig met ’n gevolgtrekking en dalk selfs met toepassings. Jou kind behoort op skool ’n kursus oor studie- en werkstukmetodes te doen.

5 Maak hom stresvaardig

Stres stapel baie gou op. Dink net wat jou kind alles moet hanteer: (a) vyf keer meer werk wat hy (b) blitsig (c) moet bemeester en (d) op nuwe maniere moet verwerk (e) sonder jou as netwerk (f) in ’n nuwe omgewing waar hy (g) net een van tienduisende is, dikwels moet (h) kies tussen akademie en sosialisering en verantwoordelik is vir (i) sy eie kos, (j) huishouding, (k) vervoer en (l) finansies, (m) ’n nuwe roetine vir homself moet uitwerk en (n) ’n sosiale groep moet kry waarvan hy deel voel terwyl hy (o) te doen kry met mense met ander standpunte, waardes en agtergronde.

Dit alles terwyl jy (p) sukses verwag en (q) verkondig hoe duur sy studie is.

Wat kan jy doen?

Gee erkenning vir elke aspek wat hy onder die knie het. Klein suksesse bou sy vertroue dat hy verdere suksesse sal behaal. Herinner hom dat genoeg slaap, gesonde eetgewoontes, oefening, vriende en positiewe ontspanning net so noodsaaklik soos studie is. Maar hy gaan soms verkeerd kies, foute maak en toetse dop, sê De Wet. “Ek verstaan nie hoekom ons verwag alles moet die eerste keer reg uitwerk nie. ’n Flater is ’n leerproses, nie ’n fatale, onomkeerbare ramp nie. As jou kind fouteer, moenie die stres verhoog met verwyte nie. Sê eerder dit is oukei, solank hy daaruit leer en self die probleem kreatief oplos. Foute maak studente sterker mense vorentoe.”

Lees ook: Makliker met moeilike tieners: 20 wenke vir beter verhoudings

The post Eerstejaar? 5 suksesgeheime appeared first on rooi rose.

Ontmoet Carina Franck van Kalahari Lifestyle
Ontmoet Carina Franck van Kalahari Lifestyle deur Cornel Dunn. Foto’s: Johan Wilke

Dit staan vas. Carina Franck is vir seker ’n ambassadeur vir haar reeks skoonheidsprodukte. Jy kan nie help om dadelik haar mooi, bloesende vel raak te sien nie.

Carina is ’n boorling van die Gariep, ’n gebied neffens die Oranjerivier. “My pa boer steeds daar. Ek het tussen die rooi duine, skape, wingerd en pekanneutbome grootgeword. ’n Volronde jongmenslewe was my beskore,” vertel Carina. “In my skooldae sou ek maklik ’n klein rugsakkie pak, op my perd klim en die veld inry. Dikwels sou ek eers die volgende dag terugkom. Dit was die soort omgewing waarin ek grootgeword het – veilig en vry. Hierdie grootwordjare het die grondslag gelê vir die mens wat ek vandag is.

“Kalahari beteken ‘plek van droogte’. Soms is daar in ’n mens se hart ook so ’n plek maar wanneer jy jou met geure bederf, is dit asof daar ’n reëntjie op daardie droë kol uitsak. Dit is waarom ek my produkte die naam van die Kalahari gegee het. Daar is soveel teksture en geure in hierdie dorre landskap waarvan ek elemente in my reeks gebruik.”

Carina is een van vier kinders. Sy is ná skool vir ’n oorbruggingsjaar Israel toe. Sy was nog daar toe haar ma oorlede is, en sy het dadelik teruggegaan plaas toe.

“Dit was vir my ’n emosionele reis wat ek nie seker is ooit ’n einde gaan hê nie. Ek ruik nog haar geure en hoor haar stem. Soms, wanneer ek oorsee reis en van my produkte sien, wonder ek wat my ma sou gesê het. Sy was so ’n groot deel van my lewe en my sukses dat ek altyd wens dat ek dit nog met haar kon deel.”

Ná ’n jaar en ’n half op die plaas is Carina Kaapstad toe. Dit was vir haar ’n reuse-aanpassing nadat sy so lank ’n huishouding én ’n skoolbus bestuur het. In die Kaap het sy haar man, Johan, ontmoet. Hy is ’n Johannesburger en ’n jaar later het sy ook daarheen verhuis.

“Ek het van jongs af geweet ek wou ’n sakevrou word. Ek glo wanneer daar ’n vlam in jou brand om iets te bereik moet jy jou omring met mense wat daardie vlammetjie aanblaas. As jy jou passie en talent kombineer, kan jy enige droom verwesenlik.”

Hiervan is Carina se lewe ’n getuienis. Sy wou nie by die huis sit en niksdoen nie en het besluit om ’n gevestigde skoonheidshuis, Nimue, te koop. Sy het niks van die bedryf geweet nie en het aan die diep kant ingespring. In daardie stadium was Nimue nog ’n klein maatskappytjie met net ’n paar produkte, maar met ’n nuwe bemarkingstrategie en ’n opgradering van die formules het sy binne ’n jaar ’n uitvoerprogram op die been gekry.

“Wat ek vandag weet, het ek die afgelope agttien jaar geleer. Ek het ook baie gelees en internasionale ekspo’s bygewoon. Ek het my met inligting bemagtig en my met mense omring wat meer as ek weet. Maar ek het vir seker ook geweet wat ek wou hê. Ek weet hoe ’n goeie produk moet lyk en voel en wat die eindresultaat moet wees. Soms word ek in die middel van die nag wakker met ’n nuwe idee. Die lekker ding van my eie maatskappy is dat ek vinnige besluite kan neem – in ’n korporatiewe omgewing sou ek nooit so ’n luukse kon hê nie.”

Met die geboorte van haar dogter, Donna, het sy besluit om Nimue te verkoop. “Soms kan jy ’n reeks net tot op ’n sekere hoogte neem en dan is dit tyd vir ’n nuwe uitdaging.”

Carina was 44 toe Donna gebore is, en dit was vir haar nogal ’n reuse-aanpassing met baie uitdagings en nuwe verantwoordelikhede.

“Ek wou altyd ’n kind gehad het maar het baie lank gewag. Ek sou nie aanbeveel dat enigiemand so lank moet wag nie. Donna is altyd aan my sy. Sy gaan oral saam met my.”

Sewe jaar gelede het Carina Kalahari Lifestyle van stapel gestuur. Daar was ’n behoefte aan ’n eg Suid-Afrikaanse produk op die oorsese mark. Daar was Thai-masserings en Indiese behandelings maar niks uit die Afrika-stal nie. Sy het Kalahari Lifestyle aanvanklik as ’n spa-reeks begin met lyf- en leefstylprodukte.

“Vyf jaar gelede het ek ’n klein velsorgreeks bygevoeg, wat ongelooflik gegroei het. My reeks is natuurlik met plantbestanddele wat met moderne bestanddele van bekende laboratoriums gekombineer word. Daar bestaan nie iets soos ’n suiwer natuurlike produk nie omdat alles preserveermiddels bevat. Dit bly vir my ’n ongelooflike ervaring om in ’n spa in ’n ander land in te loop en my produkte te sien.”

“Daar is verskeie elemente uit die Kalahari in my reeks. Vir my professionele reeks lyfafskilferaars het ek die Kalahari se rooi sand, sout uit die panne en fyngemaakte aalwynblare gebruik wat ons met suiwer druiwepitolie en essensiële olies meng. Kalahariklei en -modder word ook as luukse lyfmaskers ingespan. Die verfynde weergawe hiervan word op die gesig gebruik. Tsammapitte word gebruik vir die unieke en delikate olie daarvan. Ons kry baie goeie resultate teen inflammasie met duiwelsklou. Dis is ook baie doeltreffend teen aknee en hiperpigmentasie.”

“Ek is baie betrokke by my reeks. Ek staan soggens douvoordag op en speel met Donna tot sy skool toe gaan. Daarna is dit ’n vol dag om elke aspek van my onderneming onder oë te kry: kliënte, produksie, produkontwikkeling … Ek werk in ’n oop kantoor sodat ek my vinger op die pols van die res van die span kan hou. Maar die vierjarige Donna is ’n prioriteit in my lewe. Verlede jaar het ek ses weke lank in Europa getoer. Donna was in Finland, Denemarke en Nederland in die skool. Sy is net vir ’n beperkte tyd nog so klein. Mense is dikwels verbaas as ek vir sake oorsee reis met Donna aan my sy, maar vir my is dit ononderhandelbaar.”

Klein Donna ken byna meer tradisionele plante as haar ma en sal dikwels met ’n plant naderdraf as sy dink dit sal vir Carina van waarde wees. Dit is vir Carina fantasties om te sien hoeveel Donna op al die reise ontwikkel het.

Maar om vir haar man spesiale tyd te reël, is ’n baie groter uitdaging.

“Johan reis ook baie, maar ons bel mekaar drie maal per dag en deel ons belangstelling in mekaar se lewe. Jy staan op gevaarlike grond as jy jou man se belange begin ignoreer. Al is ons dikwels ver van mekaar, ken ons mekaar se stemtoon en ervaar ons mekaar op ’n diep vlak. Hy gun my al die sukses in my lewe. Ek is werklik geseënd met ’n man wat glo dat ’n vrou dinamies mag wees.”

Carina is baie betrokke op Askham. Kalahari Lifestyle het in die Koopan-nedersetting in die Molopo-distrik ’n voedingsprojek vir kleuters begin. In baie gevalle is die maaltyd wat die kinders hier kry, hul enigste kos vir die dag. Hulle finansier ook ’n onderwyseres wat drie dae per week vir die kinders van die omgewing klas gee. Die leerlinge word onder meer geleer om skaak te speel. Daar word ook twee keer per jaar ruim klereskenkings gemaak. Die Koopan-nedersetting is baie behoeftig en huisves van die laaste San-mense in die omgewing. “Die werksmoontlikhede is baie skaars en hulle is ver van groot dorpe af waar daar dalk geleenthede is.”

Hoewel Carina internasionale sukses behaal het, bly haar voete plat op die soutpanne van Askham. Hier leef sy die waardes uit wat sy kleintyd geleer is.

Het jy geweet? Bobby van Jaarsveld is hul handelsmerkambassadeur en hy het selfs vir hulle in die Kalahari gaan kuier. Om meer uit te vind hieroor en oor Kalahari Lifestyle, besoek gerus hul webblad.

The post Ontmoet Carina Franck van Kalahari Lifestyle appeared first on rooi rose.