Gesondheid | rooi rose

Ongesonde eetpatrone: Klim van die dieetwipplank af
Deur Ilette Coetzer

Mindful eating (om bewustelik of aandagtig te eet) is een van ons hedendaagse gonswoorde as dit by gesonde eetpatrone kom. Maar wat beteken dit werklik?

Xenia Ayiotis, lid van The Centre for Mindful Eating, was haar lewe lank in ’n stryd met kos gewikkel. Sy het as 13-jarige tiener met haar eerste dieet begin. Ná 30 jaar het sy amper elke dieet beproef. Dit maak nie saak hoe sy gelyk het nie, sy het haar lyf gehaat. Haar lewe het om kos gedraai.

“Ek was ’n kompulsiewe eter. Ek het geëet as ek hartseer, kwaad of gefrustreerd was. Selfs as ek gelukkig was.”

Ná elke dieet het sy net weer gewig aangesit. Net voor haar 40ste verjaardag het sy besluit genoeg is genoeg. Sy sien nie weer kans vir die leë beloftes van nóg ’n dieet nie. Sy het begin om haar verhouding met kos te herstel sodat sy kos nie meer as haar persoonlike vyand gesien het nie. Xenia het haar fisieke behoeftes begin verstaan en besluit om ander vroue te help wat ook destruktiewe verhoudings met kos het.

Sekere studies het al bewys dat slegs 5% van mense wat gewig tydens diëte verloor, hul gewigsverlies met tyd handhaaf. Een van die belangrikste redes hiervoor is omdat mense nie ’n gesonde verhouding met kos het nie. Om bewustelik te eet, is ’n onbevooroordeelde benadering tot kos. Dit gaan nie hier oor reëls en regulasies nie, maar wel oor ’n sekere bewustheid oor dit wat jy in jou mond sit.

Diëte werk nie

’n Dieetkundige van Kaapstad, Lize Stander, sê om bewustelik te begin eet, het eintlik niks met gewigsverlies te doen nie. Dis maar ’n klein persentasie vroue wat gewig verloor as hulle daarmee begin.

“Ons is gekondisioneer om gesondheid en gewig as dieselfde ding te sien, maar dit is twee heeltemal verskillende konsepte. ’n Mens kan nie vasstel hoe gesond iemand is deur na sy of haar lyf te kyk nie,” sê sy.

Sy stem saam met Xenia dat diëte op die agtergrond geskuif moet word en daar eerder op ’n gesonde verhouding met kos gefokus moet word; geen dieet is op die ou end volhoubaar nie.

Gewoonlik gaan eet gepaard met ’n werklik fisieke behoefte, jou gedagtes en hoe jy in daardie stadium voel. Hoekom eet jy as jy nie werklik honger is nie? Hoekom eet jy te veel? Xenia sê ons is nie van kleins af geleer hoe om sekere emosies te hanteer nie, en glo dat jy stres, eensaamheid of hartseer kan “wegeet”. Slegte gewoontes speel ook dikwels ’n belangrike rol in sulke besluite. Wie kan byvoorbeeld sonder ’n boks springmielies fliek? Of verby ’n pannekoekstalletjie by ’n basaar stap?

Hoekom kan ek myself nie keer nie?

Verstaan hoekom jy met kos oorboord gaan. So baie van ons is op diëte, en as jy die oggend eers begin verkeerd eet, is dit amper soos ’n wegholtrein en eet jy sommer die res van die dag verkeerd. Die teendeel is ook waar. Party slaaie se inhoud is misleidend, maar omdat jy glo dis net slaai, eet jy ook hopeloos te veel.

Leer om na jou lyf te luister. Is jy werklik honger as jy opstaan? Hoekom eet jy al jou kos by ’n restaurant, al is jy versadig?

Baie van ons is geleer om nie met kos te mors nie, maar ’n mens moet jou persepsies oor kos aanpas. Leer om op te hou as jy genoeg gehad het, al het jy daarvoor betaal. Eet eerder ’n voorgereg as ’n hoofgereg. Maar moenie sekere kossoorte van jouself weerhou nie.

Xenia beveel aan om te begin deur bewus van jou fisieke liggaam, gedagtes en emosies te raak. Al drie het ’n invloed op wát jy eet, hóé jy eet, hóékom jy eet en hoe baie jy eet. Jy hoef nie jou porsies te beheer en net sekere voedselgroepe te eet nie. Jy moet leer om alle tipes kos te geniet vir wat dit is: Kos moet jou liggaam voed, maar ook genot verskaf.

Eet aandagtig

Moenie deur jou etes jaag nie.

Raak rustig, sit jou foon af, gee aandag aan die kos op jou bord. Probeer om nie voor die TV te sit en eet nie.

Span al jou sintuie in en geniet jou kos.

Eet stadig, maar hou op as jy versadig is.

Net so belangrik soos wat dit is om te weet wát jy eet, is dit belangrik om te besef wanneer jy eet sonder om te dink – “mindless eating”. Was jy al verveeld en het die koekkas leeggemaak sonder om werklik daaroor te dink? Hoe laat dit jou ná die tyd voel? Daar is gewoonlik sekere snellers wat hiervoor verantwoordelik is. Kyk hoekom jy soms oorboord gaan of eet sonder om werklik daaroor te dink. Daar is gewoonlik ’n emosionele rede waarom jy jou sekere tye aan sekere kossoorte vergryp.

Begin om dagboek te hou

Jou verhouding met kos is ’n ontdekkingsreis. Begin om jou gedagtes oor kos neer te skryf. Vra jouself die volgende paar vrae af:

Watter tipe verhouding wil jy graag met kos hê?

Wat sal jy graag wil eet?

Waar sal jy graag wil eet?

Hoe voel jy terwyl jy eet?

Hoe wil jy voel nadat jy geëet het?

Vergeet van die skuldgevoelens

Xenia sê die enigste manier om vrede met kos te maak, is om vir jouself toestemming te gee om te eet waarvoor jy lus is. En om na jou lyf te luister. Eet dit waarvoor jou lyf vra sonder om skuldig te voel. Jy mag maar ’n sny koek tydens ’n geselligheid geniet.

Maar hoe luister jy na jou lyf? Haal diep asem en raak rustig. Raak bewus van hoe jou lyf op die oomblik voel. Is jy honger? Hoe honger is jy? As jy nie honger is nie, hoe voel jy? Tevrede of ongemaklik vol? Probeer om die oefening ’n paar keer op ’n dag te doen. Dit gaan jou help om meer op jou lyf en sy behoeftes ingestel te raak.

Xenia sê dis ook belangrik om vrede met jou lyf te maak. Ons almal kan nie soos die modelle in tydskrifte lyk nie. Hulle lyk in elk geval dikwels ook nie so nie!

As jy met bewustheid begin eet, gaan dit oor jou gesondheid, en nie oor wat jy weeg nie. ’n Plankdun lyfie is nie sinoniem met gesondheid nie. Hou op om elke oggend op die skaal te klim!

Party van ons is soos ons oumas of ma’s met breë heupe of groot borste gebou. Leer om jou liggaam lief te hê vir wie jy is.

Begin om jou lyf te respekteer

Xenia sê:

Aanvaar waar jy vandaan kom en onthou baie lyfkwessies is geneties.

Wees dankbaar vir dit wat jou lyf kan doen.

Hou op om jou lyf met ander te vergelyk. Wat is in elk geval die norm?

Kyk hoe jy met jouself praat. Kritiseer jy daagliks hoe jy lyk? Fokus daarop om liefdevol en goedgesind met jouself te wees.

Vergeet van diëte. Dit werk nie op die duur nie.

Hou op om jouself elke dag te weeg.

Wees selektief na dit waarna jy kyk en luister. Wie volg jy op Instagram en Twitter? Breek dit wat jy daar sien jou selfbeeld af of bou dit jou op?

Lize voeg by:

Lees boeke van skrywers soos Evelyn Tribole en Elyse Resch oor bewustelike eetgewoontes. Potgooie soos Food Psych is ook baie insiggewend.

Hou op om jou liggaam as die vyand te sien. Dis belangrik om saam met jou lyf te werk.

Fokus op dit wat waarde tot jou lewe byvoeg, soos genoeg slaap, streshantering, nodige voeding, beweeglikheid en pret.

Fokus op verskeidenheid, veral as dit by kos kom.

Hou op om jouself met oefening wat jy nie geniet nie te straf. Vind iets wat jou gelukkig maak.

Dit is amper onmoontlik om die pad alleen te stap. Skakel by ’n ondersteuningsgroep in of sien ’n dieetkundige of spesialis wat jou kan bystaan.

Begin vandag met jou reis na ’n gesonder jy. Hou op om skuldig te voel as jy saam met vriendinne ’n verjaarsdag vier of ’n glas wyn saam met jou man geniet.

Verander jou denke en begin ’n gesonde pad met kos stap. Die lewe is te kort om jouself van die lekkertes van kos te weerhou.

Daar is egter geen kortpaaie nie. Dit gaan tyd neem om ou persepsies waarmee jy grootgeword het, te verander. Maar leer om verdraagsaam met jouself te wees. Versorg jou liggaam en met tyd sal jy jouself begin liefhê vir wie jy is, en nie hoe jy lyk nie.

Lees ook: Oefen jouself jonger

The post Ongesonde eetpatrone: Klim van die dieetwipplank af appeared first on rooi rose.

Dis verkoue- en griepseisoen
Deur Christa Swanepoel

Is die sêding waar? ‘n Verkoue of griep klaar binne 14 dae op met medisyne en binne twee weke sonder medisyne. Dieselfde tydperk dus! Ons het meer oor hierdie virussiektes gaan uitvind.

Wat presies is ‘n virus?

Volgens die Merck-mediese handleiding is ‘n virus ‘n klein aansteeklike organisme, baie kleiner as ‘n fungus of bakterie wat ‘n lewende sel nodig het om voort te plant.

As die virus eers aan ‘n lewende sel haak, stel die virus sy DNS of RNA vry (wat die inligting bevat om nuwe viruspartikels te skep) en neem beheer van sekere aspekte van die sel se metabolisme oor.

Wat is die verskil?

Verkoue | Verkoue is een van die algemeenste virusinfeksies wat die neusmembraan, sinusse, keel en groot lugweë affekteer. Verskillende virusse kan verkoue veroorsaak.

Die pikornavirusse, soos die rhinovirus veroorsaak meestal verkoues wat in die lente, somer en herfs voorkom. Griepvirusse en respiratoriese sinsitiale virusse (RSV), wat in laatherfs en winter voorkom, veroorsaak verskeie siektes, waaronder verkoue. Dit versprei deur die inaseming van besmette fyn sproei wat uitgehoes of uitgenies word, of om direk met ‘n besmette persoon se uitskeidings in aanraking te kom, soos om aan dieselfde oppervlakte of artikel te vat.

Griep | Net soos verkoue is griep ‘n virale infeksie. Dit veroorsaak koors, ‘n loopneus, hoes, hoofpyn en inflammasie van die binnewand van die neus en lugweë. Jy sal ook sieker voel as met verkoue. Baie virusse veroorsaak griepagtige simptome, maar dis gewoonlik influenza A- en -B-virusse wat die winterverkoues tot gevolg het. Griep word op dieselfde manier as verkoues oorgedra.

Simptome

Verkoue | Simptome begin een tot drie dae ná infeksie. Die eerste simptome is gewoonlik ongemak in die neus en keel. Dan begin jy nies, jou neus loop en jy voel goor. Jy kan bietjie koors hê as die simptome begin, maar meestal gaan koors nie saam met verkoue nie. Uitskeiding uit die neus is oormatig en waterig, en verkleur later en raak dikker. Jy kan ‘n hoes ontwikkel.

Kouekoors kan die eerste aanduiding wees dat jy griep kry.

Simptome klaar ná vier tot tien dae op, maar kan tot 14 dae duur. As daar ‘n komplikasie is, kan die simptome nog langer aanhou. Dit sluit infeksie van die lugpyp en ‘n benoude bors in. Mense wat tot brongitis en asma geneig is, sal meer met asemhaling tydens ‘n verkoue sukkel.

Ná die verkoue kan bakteriese infeksies voorkom, soos in die ore, sinusse en boonste lugweë. Jou dokter kan dan antibiotika daarvoor voorskryf.

Griep | Simptome begin 24 tot 48 uur na infeksie en kan skielik begin.

Kouekoors kan die eerste aanduiding wees dat jy griep kry. Koors is algemeen tydens die eerste paar dae van griep en jy sal tien teen een sleg genoeg voel dat jy in die bed wil bly. Jou lyf en veral jou rug en bene kan pyn, en erge hoofpyn kan voorkom, wat deur skerp lig vererger word.

Lugwegsimptome begin met ‘n seer keel en ‘n brandgevoel in die bors asook ‘n loopneus. Die hoes kan erg raak met slym wat uitgehoes word. Die mond en keel raak rooi, die vel is warm en jou oë water.

Veral kinders kan naar word en braak.

Simptome klaar ná ‘n paar dae op, maar koors kan langer aanhou. Brongitis kan egter tien dae of langer aanhou en die lugweë kan ses tot agt weke vat om heeltemal op te klaar. Jy kan ook vir dae of weke nog swak voel.

‘n Koorsmeter. Foto: Polina Tankilevitch, Pexels

Behandeling

Verkoue | Bly warm en gemaklik en probeer om nie die infeksie na ander oor te dra nie, veral in die vroeë stadium van die verkoue. As jy koors het en die simptome fel is, is dit raadsaam om tuis te bly en te rus.

Drink baie vloeistowwe, wat die uitskeidings losser maak en dit makliker maak om daarvan ontslae te raak.

Verkouemedisyne kan help om simptome te verlig, maar sal nie andersins ‘n verskil aan die verkoue maak nie.

So sal iets vir ‘n toe neus net tydelike en beperkte verligting bring. ‘n Antihistamien kan help om ‘n loopneus op te klaar, hoewel dit blykbaar meer help vir iemand wat tot allergieë geneig is.

Dit veroorsaak ook lomerigheid en het ander newe-effekte, veral vir ouer mense. Vir sommige mense help ‘n stoombad om ‘n benoude bors te verlig.

Om met ‘n sterk soutoplossing te snuif, kan help om die neus oop te maak.

Omdat hoes die enigste manier is om van uitskeidings in die lugweë ontslae te raak, is dit nie altyd wenslik om hoesmedikasie te gebruik nie, tensy dit jou wakker hou en jy erg ongemaklik is. ‘n Erge hoes kan met ‘n hoesonderdrukker beheer word.

Griep | Die beste wat jy kan doen, is om in die bed te bly. Drink genoeg vloeistowwe, vandat die simptome verskyn tot 24-48 uur nadat jou temperatuur weer normaal is.

Siekes met erge simptome, maar sonder komplikasies, kan asetaminofen, aspirien, ibuprofen of naproxen neem.

Simptome kan met medikasie verlig word soos vir verkoue.

Belangrik: Moet nooit vir ‘n kind aspirien gee nie. Dit kan tot Reye-sindroom lei wat dodelik kan wees.

Vra die dokter

Ons het vir dr Jean du Plessis van Meldene Medicross ‘n paar vrae gevra.

V: Ná die erge Covid-pandemie, word Covid nou net as respiratoriese siekte saam met bogenoemde virusinfeksies behandel? Is dit nodig om soos tevore vir Covid spesifiek te toets?

J: Behandeling is nou dieselfde as vir verkoue en griep, ja. Doen steeds die toets as jy saam met baie ander mense werk, meer om hulle as jouself te beskerm.

V: Vir wie is griepinspuitings belangrik?

J: Mense met ‘n gebrekkige immuunstelsel of diabetes, en hoë-risiko-mense, soos mense op chemoterapie, MIV- en asmalyers.

V: Ek het al gehoor mense sê hulle kies om nie die griepinspuiting te kry nie, want dit maak hulle siek.

J: Dit kan na enige inenting vir ‘n paar dae ná die inspuiting gebeur.

V: Hoekom kry mense in die winter meer verkoue en griep?

J: Onlangse studies wys dat die immuunrespons in koue weer en dus winter afneem. Mense is ook meer binnenshuis en daarom versprei virusse makliker.

V: Steek daar waarheid in die sêding: “Feed a cold and starve a fever”?

J: Nee, dis ‘n mite. Jy kort goeie kos en vloeistowwe om enige siekte te beperk.

‘n Klomp medisyne. Foto: Gundula Vogel

V: Help antibiotika teen virusinfeksies?

J: Antibiotika werk net teen bakterieë en nie virusse nie. ‘n Virusinfeksie kan tot ‘n sekondere bakteriële infeksie lei waar antibiotika wel ‘n plek het. Die grense is dikwels moeilik onderskeibaar. En dokters sal dikwels antibiotika gee as die virusinfeksie langer as sewe tot tien dae duur.

V: Ek weet van mense wat aan ‘n oordosis vitamien C glo. Help dit?

J: Dit help jou immuniteit, maar enigiets meer as twee gram per dag is nie meer doeltreffend nie.

V: Hoe behandel jy virusinfeksies?

J: Simptomaties, soos vir ‘n neus wat verstop is, slym, pyn, koors en keelseer.

V: Wat is jou raad vir tuisbehandeling?

J: Panado, vitamien C, Echinaforce en rus.

V: Wat is jou raad vir mense om verkoue en griep te probeer voorkom?

J: Die griepinspuiting help baie mense om dit nie so erg te kry nie. Eet gesond en kry oefening.

Kontak dr Jean du Plessis by Meldene Medicross by meldenereception@medicross.co.za vir aandag dr Jean.

Lees ook: Is dit verkoue of is dit griep?

The post Dis verkoue- en griepseisoen appeared first on rooi rose.

Fiksheid: Is ’n rusdag nodig?
Deur Leandri de Kock

As jy ’n aktiewe lewenstyl het, is ’n rusdag elke nou en dan nodig, maar dis hoe jy dit doen, wat saak maak. ’n Dag van geen oefening vir iemand wat daagliks strawwe oefening verduur, gaan vreemd vir jou liggaam voel. Dit kan jou eintlik seerder en stywer laat voel omdat jou litte en sagte weefsel saamtrek wanneer dit nie beweeg nie. ’n Aktiewe rusdag is dus ’n beter manier om jou lyf ’n blaaskans te gee sonder om agteruit te gaan. Probeer hierdie:

Gebruik ’n skuimroller om seer spiere te verlig en te help ontspan.

Doen strekoefeninge wat op seer gedeeltes fokus.

Gaan stap ’n entjie.

Doen joga.

Swem in die see (of swembad) – die koue water verrig ook wondere!

Lees meer: Neem jou winteroefensessie buitentoe

The post Fiksheid: Is ’n rusdag nodig? appeared first on rooi rose.

Neem jou winteroefensessie buitentoe
Deur Leandri de Kock

Wanneer jy in die koue buitelug oefen (tesame met die aksie van hoewe terwyl jy nog koud kry), stel jou liggaam ’n verbinding genaamd irisin vry – dit help om vetverbranding te verhoog en aktiveer dit in die brein se beloningstelsel te verbeter. Jy voel dus meer gemotiveerd.

Verder help dit om jou kern op te warm, wat dan weer liggaamsvet in bruin vet verander wat metabolies aktief is, omskakel en tot die verbranding van kalorieë kan bydra. Maak seker dat jy goed opwarm, die regte klere en skoene aanhet, en genoeg water drink as jy wel buite oefen.

Lees ook: Oefen jouself jonger

The post Neem jou winteroefensessie buitentoe appeared first on rooi rose.

Hoe jy wit lig reg gebruik om winterdepressie te behandel
Deur Salomé Delport

Al maak party mense winterdepressie as ’n ‘ligte’ ou probleempie af, is dit nie. Dit kan ’n onverwags groot tol eis.

Dink so daaroor:  Die tipiese simptome van winterdepressie is onttrekking, ’n onvermoë om produktief te werk en besluiteloosheid. Gestel jy word elke jaar in die winter by die werk geëvalueer vir bevordering. Maar elke winter gaan dit beroerd met jou, ten spyte van jou super somerrekord? Dink hoe skadelik dit vir jou loopbaan is. Dieselfde geld jou verhoudings en vriendskappe, as jy elke jaar vir twee, drie maande jou sosiale vermoëns ‘verloor’.

Ja, jy voel vándag vaal – maar het jy werklik winterdepressie? Toets jouself vir al die algemene simptome van winterdepressie. Wat nou, as jy positief toets, soos jy vermoed het? Moet jy maar droom van die lente en jou troos dat die winter net twaalf weke lank is?

Glad nie! Jy hoef nie ’n kwart van jou jaar weg te gooi nie. Maak liewer ’n plan. Ons het die beskikbare navorsing gaan deurkyk. Hier is beste behandeling vir winterdepressie.

Wenk Dink voorkomend. Die idee is om in Mei met jou behandeling vir winterdepressie te begin – vóór winterdepressie begin ontwikkel. Hou aan tot einde Augustus, sodat jy die hele winter beskerm is.

Foto: Jennifer Grube, Pexels

1. Wit lig verlig winterdepressie

In ’n 2019 oorsigartikel (lees dit hier) skryf drs Julia Maruani en Pierre Geoffroy van die Universiteit van Parys dat witlig die maklikste, goedkoopste en doeltreffendste van al die terapieë is. Hier is hul presiese aanbevelings is een van die volgende drie regimes:

Sit 30 minute per dag by ’n lig wat 10 000 lux verskaf

Sit 1 uur per dag by ’n lig wat 5000 lux verskaf

Sit 2 uur per dag by ’n lig wat 2500 lux verskaf

Wat is lux?

Die dae van watts en volts is verby. Gloeilampe dui nou aan hul lumens gemeet. Daar is ’n direkte verband tussen lumens en lux: lumens dui op lighelderheid dui, terwyl lux ligintensiteit meet. Hoe verder van die ligbron (wat lumens verskaf) hoe swakker die lux. Dus: as jy verder van die bron sit, bly die lumens dieselfde maar die lux neem af, in ooreenstemming met jou afstand van die lig. Die aanbeveling van 10 000 lux beteken prakties maar net dat jy as jy binne een meter van ’n lig van 10 000 lumens sit, is jy blootgestel aan 10 000 lux.

Waar kry jy ’n sterk genoeg wit lig vir behandeling vir winterdepressie?

Sulke sterk gloeilampe is nie by die algemene winkels beskikbaar nie. Jy moet vir jou ’n ligkas koop wat 10 000 lumens verskaf. Daar is tog ’n alternatief: vra by jou hardewarewinkel vir ’n witlig gloeilamp wat die heelmeeste lumens moontlik verskaf.  Gloeilampe van 2500 lumens is geredelik beskikbaar. Jy sal moet sorg dat jy dan rondom twee uur per dag binne 60-70cm van jou witlig gloeilampbron deurbring.

Nog drie wenke vir witlig as behandeling vir winterdepressie

Kry die regte soort ligkas Daar is verskillende soorte ligkaste – moenie die verkeerde een aanskaf nie. Die soort kaste wat vir psoriase (’n veltoestand) bedoel is, genereer UV-lig, en nie witlig nie. Dit is dus glad nie geskik vir winterdepressie nie. Die sterk UV-lig kan baie moontlik jou oë beskadig.

Boots die natuur so goed as moontlik na en kry jou dosis wit lig vroeg in die dag, eerder as later.

Beskerm jou oë. Moenie direk in die lig kyk nie. Sit liewer lángs die lig.  ‘n Goeie tyd is soggens vroeg,terwyl jy ontbyt eet en jou nuus lees.

Beplan vir genoeg witlig tyd. Min van ons het tyd om twee uur lank langs ’n liggie te ontspan.  Maar jou dosis vir die dag bou op. Sit sterk witlig lampies neer oral waar jy werk, sodat jy deur die dag op kantoor ook kontak met wit lig het.

Foto: Bongani Nkwinika, Pexels

2. Vitamien D as behandeling vir winterdepressie/SAD

Die sonskynvitamien lig sowaar ook ons gemoed. Vit D help reguleer die vlakke van jou melatonien (jou slaaphormoon) en serotonien (jou goedvoel hormoon), en daarom moet dit – ten minste teoreties – vir winterdepressie / SAD help.

Ongelukkig net in teorie. Ondersoeke na die doeltreffendheid daarvan gee sover wisselvallige resultate. Dit lyk asof dit wel vir party van ons help maar nie vir almal nie.

Maar toets en kyk of dit vir jou werk. Jy is dalk een van die gelukkiges.

3. Gebruik ’n antidepressant vir winterdepressie

Dit is selde nodig om vir winterdepressie so ver te gaan. Maar hier en daar het iemand dit tog nodig, en dan werk dit baie doeltreffend.

Lees ook: Toets jouself vir winterdepressie

The post Hoe jy wit lig reg gebruik om winterdepressie te behandel appeared first on rooi rose.

Veg of vlug? Wat jy oor stres en angs moet weet
Deur Leandri de Kock

Almal ervaar tot ’n mate daaglikse stres, maar wanneer dit jou lewe begin oorheers, kan dit jou verhoudings, produktiwiteit en geestesgesondheid benadeel. Ons gesels met nicole jansen van rensburg oor wat ’n mens oor stres en angs moet weet.

Carmen du Toit het al van skooldae af gedink sy is dalk net oorsensitief en obsessief as dit by werk, oefening of verhoudings kom. Maar soos sy ouer geword het, het sy besef dat dit haar daaglikse lewe belemmer.

“Wanneer ek onder druk is, raak my humeur kort, ek oorreageer in die eenvoudigste situasies en dit voel heeltyd of ek wil huil. Dit alles gaan met min slaap gepaard, wat my permanent moeg en ongemotiveerd laat voel.

“Dis soos ’n put waarin jy val en later voel dit nie eens meer die moeite werd om uit dit te probeer klim nie.

“Ek het myself nog altyd as ’n ekstrovert-introvert beskou, maar ek het ’n paar jaar gelede omtrent ’n kluisenaar geword. Ek het weeksaande ná werk en oor naweke alleen agter toe gordyne gebly en min dinge het vir my werklik vreugde gebring. In plaas van om na dinge uit te sien, het dit my al hoe meer angstig begin maak en alles het soos ’n las begin voel. Insluitend ek.

“My ma het met my gepraat en ons het besluit dat dit nie meer so kon aangaan nie en dat ek hulp moes kry. Ek het toe professionele hulp gekry en met die hulp van ’n sielkundige en mediese dokter antidepressante en angsmedikasie begin gebruik.

“Die sessies met die sielkundige was vir my ’n goeie uitlaatklep en ek kon ná ’n ruk voel dat die sessies en medikasie werk.”

Finansies het haar egter gekortwiek en sy moes die sessies met die sielkundige staak. Sy het ook die medikasie ná ’n ruk gelos, maar besef nou dat sy weer dieselfde roete moet volg.

“Ek dink nie angs is iets wat jou werklik ooit verlaat nie, jy hanteer dit dalk net beter met medikasie,” sê sy.

“Ek is ’n groot voorstander van ’n positiewe denkwyse. Jy gee dit waaraan jy dink energie. Ek moes myself leer dat die probleme wat my angs veroorsaak relatief is – sodra ’n negatiewe gedagte of ’n swaar emosie oor my pad kom, is my eerste prioriteit om die oomblik te identifiseer. Sodra ’n mens dit kan uitken, is dit makliker om jouself uit die situasie te verwyder en om dit met kalmte en logika, eerder as met vrees, te benader.”

Wat is stres?

Stres is die liggaam se reaksie op gevaarlike situasies hetsy of dit werklik óf waargeneem is. As jy bedreig voel, vind ’n chemiese reaksie plaas wat jou toelaat om op ’n sekere manier op te tree wat beserings kan help voorkom. Hierdie reaksie staan as “veg of vlug” bekend.

Wat gebeur met my liggaam as ek stres?

Stres is soortgelyk aan die gevoel van bedreiging, wat dan veroorsaak dat jou senuweestelsel streshormone soos adrenalien en kortisol vrystel.

Dit maak jou liggaam reg vir noodaksie, wat veroorsaak dat jou hart vinniger begin klop, spiere saamtrek, sintuie verskerp, asem verkort en bloeddruk styg.

In noodsituasies bring dit fisieke verandering mee soos meer stamina en ’n vinniger reaksietyd. Dit verbeter ook jou fokus, wat vir baie mense voordelig is juis wanneer ’n situasie stresvol is.

Is daar ’n verskil tussen stres en angs?

Stres is iets wat alle mense van tyd tot tyd ervaar, wat dit algemener maak. Stres is geneig om op kort termyn plaas te vind en hou dikwels met eksterne snellers verband.

Angs is egter iets wat neig om meer aanhoudend te wees en nie noodwendig in die afwesigheid van eksterne snellers of stressors sal verdwyn nie.

Ervarings van stres en angs kan deur veelvuldige fisieke en geestelike simptome gekenmerk word.

Hanteer daaglikse stres só

Oefen meer, maar kies oefening wat vir jou lekker is.

Probeer joga vir ’n kalmerende oefening.

As jy die heeldag voor ’n rekenaar sit, maak ’n gereelde opstaan, strek en rondbeweeg.

Luister na strelende klanke, soos die klank van golwe of reën.

Lees of kyk iets wat jou sal laat lag.

Volg ’n gesonde dieet. Doen asemhalingstegnieke as jy gestres voel.

Probeer alkohol vir ’n wyle uitsny as jy gestres is.

Maak seker dat jy ná ’n sekere tyd in die aand nie meer na jou selfoon of e-posse kyk nie.

Lees ’n boek.

Begin ’n dagboek hou en skryf elke dag neer waaroor jy positief gevoel het.

Bad met Engelse sout.

Drink tee eerder as koffie.

Gebruik essensiële olies soos laventel, kamille en sandelhout.

Lees ook: 14 redes hoekom jy sleg slaap en wat jy daaraan kan doen

The post Veg of vlug? Wat jy oor stres en angs moet weet appeared first on rooi rose.

Is dit verkoue of is dit griep?
Deur Salomé Delport

Al was jy jou hande gereeld, eet vitamien- en antioksidantryke vrugte en groentes, kry die griepinspuiting, en het jy die hoogste gehalte Franse homeopatiese griepmedikasie tot jou beskikking, loop jy steeds die risiko om siek te word omdat verkoue en griep só aansteeklik is. Omdat jy jou liggaam en gesondheid moet beskerm, is dit baie belangrik om die verskille tussen hierdie twee winterkwale te herken.

Alhoewel beide verkoue én griep lugweginfeksies is wat veroorsaak word deur verskillende virusse, kan ’n mens tussen die twee onderskei deur die erns van die simptome te bestudeer. Indien jy skielik siek word en binne ’n paar uur koors of lyfseer het en ongelooflik moeg is, het jy beslis griep.

Verkoue, aan die ander kant, vererger oor ’n paar dae en veroorsaak ’n geblokte of loperige neus, ’n seer keel, en dat jy baie hoes en nies. Dit is belangrik om te besef dat griep nie net ’n erge verkoue is wat vinnig sal oorwaai nie. Griep is baie gevaarlik en omdat dit so aansteeklik is en vinnig versprei, kan ’n mens se weerstand daarteen vinnig verlaag. Indien jy nie mediese hulp kry nie, kan jy maklik sekondêre infeksies opdoen soos erge sinus- en oorinfeksies, brongitis of longontsteking. Indien jy hierdie toestande te lank ignoreer of nie behandel nie, kan dit lei na hospitalisasie, of selfs die dood.

Hoe beskerm jy jou liggaam teen verkoue en griep?

Omdat daar geen genesing vir verkoue en griep is nie, word die simptome gewoonlik behandel. Neem hoesmedisyne, pynpille, suigtablette vir jou keel en maak seker dat jy gesonde soppe (veral hoendersop), inneem. Drink ook afgewaterde vrugtesappe of kruietee om seker te maak dat jy gehidreer bly. Maak ook seker dat jy genoeg vitamien C inneem deur óf ’n aanvulling in te neem, óf baie lemoene, naartjies, pomelo’s en kiwivrugte te eet. Indien jou keel baie seer is, kan jy warm water drink wat met suurlemoensap en heuning gemeng is.

Soos met verkoue, is dit goed om te wag dat griep maar sy pad loop, en om weereens die simptome te behandel. As jy griep het, bly eerder in die bed en rus behoorlik uit sodat jou liggaam weer kan aansterk.

Moenie werk toe gaan nie, want jy kan baie maklik ander mense aansteek én nog boonop jou liggaam uitput wat onnodige komplikasies kan veroorsaak. Indien jy ná 3 dae van rus steeds koors het, jou simptome vererger, of ’n erge hoofpyn ontwikkel, is dit noodsaaklik dat jy jou dokter raadpleeg.

Lees ook: Ertjie-en-spek-sop

The post Is dit verkoue of is dit griep? appeared first on rooi rose.

Oefen jouself fiks en sterk
Oefen jouself fiks en sterk. Deur Anet Schoeman.

As jy in ’n angssweet uitslaan aan die blote gadagte om meer lyf te wys ná die winter, is dit nou die tyd om te begin oefen. En mik vir ferm en fiks eerder as om jou te veel oor die skaal te bekommer. Spiere weeg meer as vet en as jy spiere bou, gaan jy kleiner word, maar jou gewig mag dalk dieselfde bly, al verloor jy vet.

As die deel van die land waar jy woon nog te koud, nat of donker is om buite te oefen, is binnenshuise oefening net die ding, sê Richard Woolrich, ’n biokinetikus en persoonlike afrigter by Virgin Active South Africa. Hy glo die afseisoen is die ideale tyd om swak punte in jou oefen-mondering aan te spreek wat jou sterker en beter gaan maak vir enige sport waaraan jy deelneem.

Foto: Pixabay

1 Krag

Navorsing toon dat kragoefeninge twee keer per week sommer baie doen om hardloop te verbeter. Dis veral voordelig as jy kan fokus op oefeninge wat die uitputting in jou bene op afdraende verminder. Hurkoefeninge (squats) wat stadig gedoen word en die vierkopspier (quadriceps) strek, sal die gewenste uitwerking hê.

2 Stabiliteit

Hardlopers en fietsryers beweeg altyd in ’n reguit lyn en oefen selde spiere wat laterale beweging insluit en jou stabilitiet kan verbeter. Die “gluteus medius” (boonste boudspier) en adduktor (in die binnebeen) kan jou hier baie help. Hierdie spesifieke boudspier se belangrikste funksie is die stabiele interne en eksterne rotasie van jou heupe. As jy ’n hardloper is, is dit beslis een van jou swakpunte. Soek masjiene by die gim wat hierdie spiere oefen of doen joga en Pilates; beide oefensoorte kan jou stabiliteit verbeter. Kyk ook aanlyn na “side-lying clam” en “mini-band seated clam” vir oefeninge wat jy self by die huis kan doen.

Lees nog: Hoekom jy nie moet oefen as jy griep of verkoue het nie

3 Kardio

Hardloop en fietsry kan ’n probleem raak as dit koud en nat is, maar swem en “spinning” of wattbike-sessies is wonderlike binnenshuise opsies wat jou super fiks kan maak. As jy met ’n besering sukkel, is dit ook ’n goeie opsie. Die lae impak-oefeninge sal jou fiks maak en jou besering kans gee om te herstel.

4 Spoed

As jy toegang tot die gim het, is dit nou die tyd om die trapmeul te gebruik vir spoedsessies. Woodrich stel voor dat jy hoë intensiteit-sessies doen met herstelsessies van ongeveer dieselfde of selfs langer tye. Eindig die sessie met ’n kragsessie teen ’n steil gradiënt.

5 Veiligheid

Dit is nooit veilig om op jou eie in die donker te oefen nie, veral as jy ’n vrou is. Oefen saam met ’n klub of kry maniere om by die gim of tuis te oefen. Selfs ’n springtou is uitstekende oefening en jy kan self maklik armoefeninge doen. Koop ’n paar handgewigte van 2 kg (of 3 kg as jy sterk is) en soek na armoefeninge op die internet. Kry jou liefie om saam met jou te oefen, speel vrolike musiek en maak seker dat jy elke dag 30 minute hiervoor inruim. Jy sal verbaas wees hoe vinnig dit ’n verskil maak.

Lees nog: Oefen lekker en voel goed hierdie winter!

The post Oefen jouself fiks en sterk appeared first on rooi rose.

Aarbeie, tamaties, rissies: goed vir jou hart
Aarbeie, tamaties en rissies bring geur en gesonde voordele na die tafel; perfek vir romantiese disse met ’n vars kinkel.

Aarbeie

Hierdie heerlike, hartvormige bessies is ’n goeie bron van vitamien C, vesel en foliensuur en is ook propvol antioksidante wat jou teen hartsiektes en kanker kan beskerm. Strooi strooisuiker oor aarbeie en laat lê in ’n bietjie vonkelwyn, soetwyn of balsemiekasyn en sit voor met ’n skeppie mascarponekaas. Of voer hulle een-een vir jou geliefde.

Tamaties

Tamaties is ’n bron van vitamien A, B, C en yster. Die likopeen wat in gaar tamaties voorkom, kan jou teen kanker en hartsiektes beskerm. Rooster kersietamaties met ’n bietjie olyfolie, growwe sout, peper en ’n paar vars tiemietakkies. Voeg by koeskoes, slaai of sit op toebroodjies. rissies Laat die liefde weer vlam.

Rissies

Rooi rissies bevat vitamien C en karoteen (provitamien A) en is ’n goeie bron van B-vitamiene, veral B6, magnesium en yster. Voeg vars gekapte brandrissie by olyfolie en drup oor pasta, roerbraai of pizza.

Lees ook: Slim maniere om minder sout te gebruik

The post Aarbeie, tamaties, rissies: goed vir jou hart appeared first on rooi rose.

Oefen jouself jonger
As jy op soek is na ’n goeie rede om te begin oefen, sal ’n onlangse Harvard-studie jou dalk oortuig. Nie net kan oefening jou help om veroudering te keer nie, maar dit kan ook chroniese siektes soos vetsug, diabetes, hartsiektes en beroerte effektief teenwerk.

Klits-verjonging met oefening

Mense is op soek na wondermiddels om beter te voel en langer te leef, maar oefening blyk die mees kragtige ingryping te wees, sê Nish Joshi, gesondheidskenner en helper wat sterre soos Gwyneth Paltrow, Cate Blanchett en Patsy Kenzit help om gesond en meer glansend te lyk.

As skrywer van die boek, Total Health, is sy raad dat gereelde oefening jou hart en longe optimaal kan laat werk en stres sal verlig. Jy sal beter slaap en jou bui sal lig.

Die volgende vier oefeninge is die beste:

Joga

Anti-verouderingsvoordele: Dit versterk die liggaam van buite en binne en het ’n positiewe uitwerking op die lewer, longe, niere, milt en hart, sê Joshi.

Diep strekoefeninge plaas die bene en spiere sagkens in hul optimale posisie en dit “smeer” die gewrigte.

Gereelde joga kan beide die suurstof van die bloed en die sirkulasie verbeter.

“Dit is ook ’n uitstekende manier om jou liggaam te help detoksifiseer, want dit moedig limfatiese vloei aan en gee jou vel, oë en hare ’n gesonde gloed, voeg hy by.

CrossFit

Anti-verouderingsvoordele: Jy het seker al gruwelstories gehoor oor hoe uitmergelend CrossFit is, maar die waarheid is dit is geskik vir alle ouderdomme en fiksheidsvlakke, en dit is een van die beste vorme van oefening wat jy kan doen om algehele krag op te bou en fisieke tekens van veroudering teen te werk, sê persoonlike afrigter en Vlak 2 CrossFit-afrigter Nic Strehler.

In teenstelling met ure in die gimnasium, is CrossFit-sessies kort en gefokus met wisselende en relatiewe intensiteitvlakke om by individuele behoeftes aan te pas.

Sessies sluit in ’n reeks funksionele bewegings soos strek, stoot, spring, hardloop en die oplig van voorwerpe, om balans, krag, uithouvermoë en soepelheid te bevorder.

Studies het getoon dat net ’n paar sessies CrossFit kan jou hep om ’n gesonde, fikse en gebalanseerde liggaam te ontwikkel, ongeag jou ouderdom.

Trouens, volgens ’n onlangse artikel in die CrossFit Journal, word klasse altyd aangepas om minder gewig, inspanning en meer rus in te sluit vir diegene wat dit nodig het.

Die uiteindelike doel is om almal te help om ’n beter lewenskwaliteit te hê en om daaglikse aktiwiteite soos die klim van trappe en die dra van kruideniersware te vergemaklik.

Stap

Anti-verouderingsvoordele: Dit is een van die eenvoudigste vorme van oefening en ook een van die mees doeltreffende maniere om jare by jou lewe te voeg.

Dit kan jou help om fiks te word en jou rustende hartklop te verlaag. Dit hou ’n groot voordeel in vir algehele hartgesondheid en sal jou spiertonus verbeter en stres verminder.

Studies toon gereelde stapsessies kan jou kognitiewe funksie, balans en koördinasie verbeter.

Om maksimum voordeel te verkry, probeer vining genoeg stap om sweet op te bou en jou hartklop te verhoog. Dit werk veroudering teen as jy ten minste vyf keer per week vir 30 minute op ’n keer stap.

Fietsry

Anti-verouderingsvoordele: Jy hoef nie 100 km te ry om voordeel te trek uit fietsry nie. Volgens ’n onlangse opname in geestesgesondheid in die Verenigde Koninkryk, kan net 30 minute se fietsry help om spanning en depressie te verbeter, aldus 90% van die respondente.

“Gereelde oefening verbrand verouderingschemikalieë soos kortisol en adrenalien wat ons produseer in stresvolle situasies,” sê skrywer en sielkundige Paul Keedwell.

Fietsry is ’n goeie lae-impak-aktiwiteit en nie so straf op op die gewrigte nie. Dit is ideaal vir pasiënte met knie- of rugbeserings weens hoë-impak sportsoorte soos hardloop. Fietsry of spinning binnenshuis hou jou fiks en help die liggaam om te herstel, sê Johannesburgse afrigter en spin-instrukteur, Sharon Van Den Heever.

En wanneer jy ry, maak dit die moeite werd! Laat jou hart werk teen 80% van sy ouderdomsaangepaste maksimum kapasiteit (laat jou afrigter dit bereken). Dit laat jou bloedvate rek en verlaag jou bloeddruk.

Lees ook: Die top-oefensondes wat jy moet vermy

The post Oefen jouself jonger appeared first on rooi rose.

Bekommerd oor borsvoeding? Hier’s raad
So, jy het besluit jy gaan jou nuwe bondeltjie vreugde borsvoed? Buiten dat dit ’n perfek gebalanseerde maaltyd vir jou baba is (en baie gerieflik en boonop ’n winskoop), sal jy aan haar al die voordele van moedersmelk-teenliggaampies en die beskerming teen ’n lang lys siektes en allergieë gee. Jy het seker ook al gehoor dit sal jou help om jou oortollige swangerskapsgewig te verloor en jou die moeite spaar om al daardie bababottels te was?

Nieteenstaande jou goeie voornemens, is jy dalk bekommerd dat jy nie sal kan borsvoed nie. Jy het ander ma’s al hoor praat oor borsvoeding, oor hoekom hulle gestop het, en hoekom hulle nooit eens probeer het nie. Al daardie praatjies kan ’n nuwe ma se selfvertroue ’n knou gee.

As nuwe ma’s hoor wat die redes is hoekom so baie vroue nie borsvoed nie, sal hulle maklik dink dat vroue se liggame nie altyd behoorlik funksioneer nie en dat die voorreg om te borsvoed net van genetiese geluk afhang …

“Sy is gelukkig, sy het die regte soort borste”. Dit is hoekom die meeste nuwe ma’s na die eerste probleem met borsvoeding voortydig opgee en glo hulle is op die pad na mislukking. Inteendeel, as sy net vasbyt, sal ma en baba die voordele van borsvoeding – beide sielkundig en fisiek – ervaar.

Meer vroue is fisiek in staat om te borsvoed as die wat dit nie kan doen nie. Neem in ag dat in Bangladesh 98% ma’s borsvoed en in Noorweë borsvoed ook 95% ma’s. Dit is ’n goeie aanduiding van vroue se werklike borsvoedingsvermoë.

Die boodskap is dat as jy gekies het om jou baba te borsvoed, moet jy jouself en jou liggaam vertrou. Moenie dat ander se – dikwels oningeligte – redes hoekom hulle nie borsvoed nie, jou van jou visie vir jouself en jou baba beroof nie.

Lees ook: Só maak jy jou huis veilig vir babas en peuters

Hier is van die redes wat nuwe ma’s gee hoekom hulle nie borsvoed nie, en ook hoekom hierdie redes jou nie moet ontmoedig nie:

“Ek het nie genoeg melk nie. My baba is altyd honger.”

Dit is die rede wat ek die meeste hoor, veral in die eerste weke na geboorte. Maar die meerderheid vroue sal genoeg melk produseer om hulle babas te voed as hulle goeie borsvoedingspraktyke volg.

Ma’s dink gewoonlik hulle het nie genoeg melk nie as hulle babas skielik meer as gewoonlik begin kla, of meer as gewoonlik drink, of voortydig die bors los. Nog ’n sondebok is die borspomp. As ’n ma net ’n paar milliliter kan uitpomp, wie kan haar kwalik neem as sy dink dat sy nie genoeg melk het nie, maar in realiteit het sy oorgenoeg? Dit is omdat daar niks soos ’n regte baba is om melkproduksie te stimuleer nie.

Onthou borsvoeding is ’n voorsien-op-aanvraag balans. Voed jou baba op aanvraag, en jou liggaam sal melk produseer. As jy ’n voeding of twee elke dag oorslaan sal jou liggaam reageer deur die voorraad te verminder.

Jou baba verstaan nie jou skedule nie, plaas dus jou behoefte om die voeding te beheer eenkant, en laat jou baba die skedule self bepaal. Babas wil voed as hulle honger is, nie as die een of ander bababoek die mamma inlig dat dit voertyd is nie.

As jou baba gewig optel, redelik gelukkig is, op en wakker is en vyf of meer nat doeke en twee tot vyf poepdoeke per dag vanaf dag vier produseer, kan jy jou kommer oor melkproduksie opsy skuif.

“Dit is net te pynlik.”

Wees gewaarsku … as jy net begin borsvoed, kan dit voel of jou baba ‘n mond vol doringdraad het. La Leche League sê 80-90% borsvoedende ma’s sal tepelpyn ervaar, en 26% se tepels sal bars en seer wees. Selfs ma’s wat voorheen geborsvoed het, kan die tweede keer pyn aan die begin ervaar.

Daar is baie oorsake daarvoor en die meeste, soos swak vassuig, is maklik om te korrigeer. Met ’n bietjie tyd, goeie tepelsorg, en leiding deur ’n borsvoedingskonsultant, sal borsvoeding nie langer seer wees nie. Maar moenie wag voor jy hulp vra nie; seer tepels vandag kan maklik in onbeheerbare pynvlakke omskakel.

“Ek het mastitis.”

Mastitis is die inflammasie van die melkkliere, wat verkoue-agtige simptome en ‘n seer area op jou bors veroorsaak. Maar pynlike mastitis beteken nie die einde van borsvoeding nie. Die teendeel is dat as jy meer voed om die melkkliere te ledig, is dit deel van die genesing (mastitis maak nie die melk onveilig vir die baba nie). Laktasie-veilige medikasie soos paracetamol en ibuprofen en yspakke sal die pyn verlig. Raadpleeg ‘n dokter as jou simptome volhou want jy het dalk ’n laktasie-veilige antibiotika nodig.

“Ek kry dit nie reg nie. Ek is nie een vir borsvoeding nie.”

Min ma’s kry dit dadelik reg om te borsvoed. Borsvoeding mag dalk natuurlik wees, maar kom nie altyd natuurlik nie. Die meerderheid ma’s het hulp, ondersteuning en veral oefening nodig. En babas maak dit nie makliker nie. Terwyl pasgeborenes ’n kragtige instink het om te borsvoed, moet hulle ook leer om behoorlik vas te suig.

In die eerste weke kan borsvoeding moeilik wees en jy mag voel jy is ’n mislukking, maar jy is nie. Jy is net op die leerkurwe van borsvoeding; daardie vier-tot-ses-weke periode as julle beide probeer om die vaardigheid baas te raak.

Om jou en jou baba so vinnig as moontlik reg te kry vir borsbvoeding, begin binne ‘n uur na die geboorte borsvoed, hou jou baba so veel as moontlik by jou, voed op aanvraag, en vermy bottels en fopspene.

“Ek moet spoedig weer teruggaan werk toe, wat gaan dit baat?”

Om terug te gaan werk toe, is ’n probleem vir borsvoeding. As jy binne enkele maande na die geboorte moet teruggaan werk toe, moet jy uitvind of jy by die werk gereeld kan melk uitpomp. As uitpomp nie ’n opsie is nie beteken dit nie jy moenie borsvoeding oorweeg nie. Enige borsvoeding, al is dit net ’n kort rukkie, is ’n geskenk aan jou baba.

Lees ook: Nageboortedepressie

The post Bekommerd oor borsvoeding? Hier’s raad appeared first on rooi rose.

14 redes hoekom jy sleg slaap en wat jy daaraan kan doen
14 redes hoekom jy sleg slaap en wat jy daaraan kan doen deur Salomé Delport.

11 kleiner probleme wat veroorsaak dat jy sleg slaap

1. ’n Onverwagse een: Jou vitamienpil

’n Ondersoek onder ’n paar honderd mense het aangetoon dat meer mense wat saans ’n multivitamien drink slegter slaap as mense wat dit nie neem nie. Watter vitamiene en minerale is die skuldiges? Dit is teoreties moontlik dat vitamien B12 – baie vroue neem gereeld ’n B-inspuiting vir ekstra energie – jou melatonienvlak beïnvloed en jou wakker hou.

’n Mineraaltekort word gekoppel aan arms en bene wat ruk en pluk en jou nagrus steur. Aan die ander kant word vitamien B6 kort voor slaaptyd aan helder drome gekoppel. Kalsium en magnesium help ons slaap – daarom dat ’n glas suikervrye melk voor slaaptyd so gewild is.

Vitamiene kan jou dus wakker hou, wakker maak én vaak maak.

Die beste raad? Drink jou vitamienpille soggens sodat niks saans met jou slaap inmeng nie.

Lees ook: Kan slaap jou regtig slim, slank en ryk maak?

2. Drink jou medikasie óók soggens

As “insomnia” as een van die newe-effekte op die voubiljet van jou medikasie voorkom, het jy moontlik jóú sondaar vasgetrek. Van die berugte slaapsteurders sluit in talle antidepressante (SSRI’s soos Prozac en al sy verwante medikasies), dopamien (vir gemoedsiektes), amfetamien (vir AAHS) en sekere middels vir epilepsie en hoë bloeddruk.

Waarmee dokter jy jouself? Dieetpille en verkouemedisyne kan ook jou slaap steel.

Moet jy jou medikasie weggooi? Nee, maar drink dit soggens, of so lank moontlik voor slaaptyd. Of vra jou dokter vir ’n alternatief.

3. Maak tyd vir seks

Seks help ’n mens slaap. Tydens seks skei jou liggaam verskeie hormone af wat jou laat ontspan en slaperig maak, soos oksitosien en prolaktien. Daarby verhoog seks ons vroue se estrogeenvlak, wat ons droomslaapfase verbeter.

4. Leef saam met jou siklus

In die drie, vier dae voor menstruasie slaap vroue tipies sleg weens hormoonveranderings. Jy kan langer neem om aan die slaap te raak, meer kere wakker skrik en/of ligter slaap. Gelukkig is dit net vir ’n paar dae voor jy weer soos ’n baba slaap.

5. Bestuur jou menopouse

In hierdie oorgangsfase ry jou hormone én jou slaap wipplank. Moenie jou tot slaappille wend nie. Jy is té jonk daarvoor. Buitendien wys navorsing dat kognitiewe gedragsterapie baie suksesvoller is. ’n Sielkundige is die beter oplossing.

6. Kies jou eet- en drinkgoedjies

Baie van ons kan “hard” lewe en daarmee wegkom – en sonder effek op ons slaap net espresso of twaalf koppies koffie per dag drink, blikkie op blikkie gaskoeldrank wegslaan, kettingrook én ’n paar glasies wyn saans klink. Maar as jy sukkel om te slaap bly saans weg van elkeen hiervan, want hulle stimuleer jou uit jou slaap uit. Kyk wat gebeur as jy dit vir ’n week weglaat.

7. Jy begroot vir te veel slaap – of te min

Namate ons ouer word, het ons minder nagslaap nodig. Daarby “rus” baie afgetredenes middae ’n bietjie. ’n Dutjie van twintig minute is so goed soos ’n uur se nagrus. As jy meer ure probeer slaap as wat jou liggaam nodig het, sál jy sukkel met slaaploosheid. Die teenoorgestelde geld ook.

8. Oefen genoeg, en oefen vroeg

Ons reageer ook verskillend op oefening. Dit maak party van ons lekker vaak, terwyl dit ander aan die gang skop. Oefen soggens, of so vroeg moontlik saans.

9. Demp die ligte saans – of steek die kerse aan

Bedags hou blou lig van die son af ons natuurlik wakker deur ons slaaphormoon, melatonien, te onderdruk. As die son sak, verdwyn die blou lig, en styg ons melatonien, en kort voor lank is ons vaak.

Of so het dit ’n eeu gelede gewerk. Maar nou straal ons LED-gloeilampe en rekenaar- en selfoonskerms blou lig uit. Ons melatonienvlak styg dus nie saans soos dit hoort nie. Daarom bly ons wakker voel.

As jy nie heeltemal op skermtyd wil afskaal nie, kry vir jou ’n aandbril wat blou lig uitskakel, of laai ’n app af wat blou lig van jou selfoon en rekenaarskerm uitfiltreer. Skakel ’n uur of twee voor slaaptyd die elektroniese speelgoed af en steek die kerse aan. Dit kan romanties óók raak.

10. Pluis jou kwale uit

Jy sal nie lekker slaap voor gesondheidsprobleme soos apnee, snork, rustelose bene, verstopte sinusse, pyn soos jig en artritis, depressie, angs en jou skildklier onder beheer is nie. Hiervoor kry jy die beste raad by jou dokter en fisioterapeut.

11. Is jou kamer slaapvriendelik?

Maak ’n plan met …

Te veel lig, of as jy met die lig aan slaap.

Te veel geraas, soos van die lugreëling of verkeer.

As jou kamer, beddegoed en nagklere te warm is, of jou nie warm genoeg hou nie.

As jou kussing en matras jou nie gemaklik ondersteun nie, of jou laat sweet.

As jou bedmaat of troeteldiere jou snags pla.

3 Moeiliker probleme wat jou sleg laat slaap

Hier is drie moeilike probleme om op te los.

1. Malende gedagtes

Duisend gedagtes hou jou wakker. Soms maal dieselfde gedagte oor en oor. Ander kere lei een gedagte tot ’n volgende. Of jou kop voel soos ’n kraaines van knope en kortsluitings – ’n bolling gedagtes sonder rigting of rus.

Soms is slaaploosheid logies. Volgens een teorie probeer ons op ’n onbewustelike vlak ons “bates” beskerm en/of ten beste benut. As jou dag meer eise stel en die eise vir jou voordelig is, soos as jy met vakansie vertrek en opgewonde is, sal jy minder slaap om meer tyd te maak vir inpak en klaarmaak. As die eise wat môre wag jou bedreig, soos as jy angstig is om duisend kilo’s na jou vakansiebestemming te bestuur, sal jy korter én slegter slaap.

Navorsing wys dat positiewe emosies deur die dag jou help om lekkerder te slaap. Vir seker, maar dit is uiters moeilik om positief te voel as jy jou dag potblou was, of as jy stres oor die moeilike dag wat kom. Wat dán?

Heelwat nuwe navorsing wys daar is ’n baie sterk verband tussen positiewe emosies en ’n lekker nagrus. Die beste wat jy kan doen, is om dié feit te benut. Span ’n dankbaarheidsjoernaal, gebed, meditasie, ’n bietjie oefening, ’n bietjie tyd saam met ’n vriendin, of troeteltyd met jou kat of hond, kuns of selfs net ’n paar lawwe video’s in om genoeg positiewe momentum aan jou gedagtes te gee.

2. Jy kan net nie wegdommel nie

Alles is perfek: jou slaapkamer is ’n hawe vir liggaam en siel, en jy is poegaai. Jy kry jou lekkerste lê en dommel salig in. En dan, op daardie kritieke oomblik tussen indommel en wegdommel, tref ’n wakkerte jou. Jy probeer weer. En weer. Nog ’n keer. ’n Uur of twee later het wegdommeling jou nog nie geluk nie.

Dit bly kompleks om te verklaar: Heelwat navorsing wys dat mense wat sukkel om na slaap oor te gaan nie ’n gesonde slaaproetine het nie. Hulle gaan slaap naweke tipies later as in die week, of gaan slaap gereeld baie laat. Dit steur hul dag/nagritme. Ander het nie ’n sterk melatonienritme nie. As jou slaapprobleem jou genoeg hinder, is die oplossing om áltyd op dieselfde tyd te gaan slaap, kom wat wil.

3. Jy skrik kort-kort wakker

Hierdie soort slaaploosheid is meer algemeen by mense wie se verhoudings onlangs beëindig is, soos ná dood of egskeiding, mense met ’n laer inkomste en/of ernstige finansiële bekommernis, en ná ernstige persoonlike konflik. Met ander woorde emosionele stres is dikwels die sneller.

Dit sal baie help as jy jou stresbron kan beheer. Dit is nie altyd moontlik nie. Maar, sal die sielkundiges jou verseker, as jy anders dínk oor jou probleem sal jy anders vóél daaroor, en minder stres daaroor.

As stres met jou slaap inmeng, maak ’n afspraak met ’n sielkundige of ’n leefstylafrigter. En leer ontspanningstegnieke soos selfhipnose en ritmiese asemhaling aan om te ontspan.

Hulp sonder slaappille

Melatonien – veral as jou dag/nagritme lol

Kruiehulpmiddels soos valeriaan

Ritmiese asemhaling

Selfhipnose (maklik om aan te leer)

Lees ook: Slim maniere om minder sout te gebruik

The post 14 redes hoekom jy sleg slaap en wat jy daaraan kan doen appeared first on rooi rose.

Tekens van harsingskudding wat elke ouer moet ken
Tekens van harsingskudding wat elke ma moet ken. Deur Salomé Delport.

Hie’ kommie Bokke!

As daar een ding is wat jy kan doen vir daardie Springbokkie in jou huis wat oor die volgende wêreldbeker droom, is dit om seker te maak hy doen nie harsingskudding op die skoolsportveld op nie.

Hier is die tekens dat jou kind meer as net ’n stampie teen die kop weg het:

Hy lê doodstil ná ’n harde hou of laagvat.

Hy staar, asof hy niks sien en inneem nie, en lyk afwesig.

Hy is verward. (Vra ’n paar eenvoudige vrae, soos waar hy is, en kyk of hy toepaslik antwoord.)

Hy staan lomp op, is van balans af, loop strompelend en/of beweeg stadig.

Hy gooi op.

Tekens wat ná die wedstryd kan kop uitsteek:

Hy het erge hoofpyn.

Hy is ongewoon slaperig.

Hy voel duiselig of dronk in sy kop, en sukkel met balans.

Hy voel drukking in sy kop.

Hy kry ’n epileptiese aanval of ’n toeval.

Hy het dubbelvisie.

Hy is hipersensitief vir lig en/of geraas.

Hy voel dof, sukkel om te konsentreer en is vergeetagtig.

Hy is emosioneel – angstig, huilerig of geïrriteerd en gou kwaad.

Hy bly moeg en voel asof iets skort.

– Bron: Boksmart

Indien jy hierdie simptome opmerk, maak so gou moontlik kontak met jou dokter of mediese praktisyn vir hulp.

Lees nog: Wat om te doen met disleksie

The post Tekens van harsingskudding wat elke ouer moet ken appeared first on rooi rose.

Slim maniere om minder sout te gebruik
As tuissjef weet jy hoe goed ’n bietjie sout die geure in geregte en selfs in vars groente en sjokolade na vore bring. Maar jy is ook die kweker van jou gesin se gesondheidsgewoontes. As jy oor die langtermyn baie sout gebruik, kan jy of jou gesin oor 10/20 jaar met permanente hoë bloeddruk sit, wat ’n groot kans op beroerte veroorsaak.

Die risiko is verbasend hoog in ons land: ongeveer een uit elke drie Suid-Afrikaners ontwikkel mettertyd hoë bloeddruk. Daarby is die voorkoms van beroerte (wat baie dikwels deur hoë bloeddruk veroorsaak word), selfs hoër as hartaanvalle.

Hoe balanseer jy dus geurige kos met gesondheid? Kyk na die wenke onder. Selfs al kies jy net drie sal jy jou mense al klaar ’n halwe teelepel tot een teelepel sout per dag spaar.

Sny sout geleidelik uit

Die liefde vir sout is ’n aangeleerde smaak wat jy met gemak kan afleer, sonder om ingedoen te voel. IFIC, (International Food Information Council) wat op voedselwetenskappe fokus, sê mense kom nie eens agter as daar 25-40% minder sout in hul kos is nie. Die kuns is om geleidelik af te skaal. As jy gewoonlik ’n opgehoopte teelepel sout gebruik, gebruik eerder ’n plat teelepel. Sny dit na ’n week of drie nog ’n aks, tot jy na ’n maand of drie op ’n halfteelepel staan.

Dink wat jy jou kinders leer

As jy sout op die tafel sit, leer jy jou kinders om sout oor al hul kos te gooi. Mense raak so gevestig in hierdie gewoonte dat hulle sout gebruik sonder om eers die kos te proe. So leer hulle ’n voorliefde vir souter kos aan. Dieselfde geld vir tamatiesous, blatjang, mosterd, mayonnaise en so meer – alles produkte propvol sout. Sit liewer vars gekapte of droë kruie op die tafel.

Tower geure op met ’n bietjie meer olie

Net soos sout bevat olie die vermoë om geure uit te bring. Ons het in elk geval gesonde olies nodig, vir die omega 3-vetsure daarin. Gebruik dus ’n skeut olyf-, avokado- of canola-olie oor slaaie en groente in plaas van sout.

Span kruie in

Kruie soos pietersielie, basielie, tiemie en roosmaryn gee ’n heerlik souterige smaak aan vleis, groente en soutgeregte. Dit is boonop ryk aan anti-oksidante en gee jou daarom twee voordele.

Snoep soutslim

Pakkies skyﬁes, kitskos soos hoenderstukkies en veral die pakkies sous wat daarmee kom, bevat geweldig baie sout. Die beste soutvrye happies vir jou gesin is vrugte; kyk veral na Clicks en Vital se reekse laesouthappies vir skool en werk.

Soek die laer sout-opsies

Al meer produkte word deesdae met minder of geen sout vervaardig. As jy tussen twee produkte moet kies, kies die een wat minder of geen sout bevat nie. Of kyk op die voedseletikette – die een met die minste natrium, oftewel ‘sodium’, is die beste.

Vervang waar jy kan

As jy vir jou gesin ’n hamburger of pizza voorsit, dink slim.

• Oondgebakte tjips bevat minder sout as slaptjips of skyfies.

• Oorskietvleis is ’n beter opsie op pizza as polonie, ham of spek.

• Geur ’n pizza of pasta met skerp kruie soos basielie, tiemie en rooipeper sodat jy minder souterige kaas kan gebruik.

• Gebruik mossarellakaas omdat dit minder sout bevat as feta en gouda.

Gebruik min, of minder

Is jy gewoond aan ’n stewige lepel smeerkaas of groentesmeer? Verminder dit geleidelik – en verlei jou smaaksintuie deur vars basilie of roket by te sit, sodat die fokus op die vars, krakerigheid val eerder as op die sout.

Minder olywe en kaas

Het jy geweet olywe en kaas is propvol sout? Jy hoef dit egter nie uit te sny nie. Twee tot drie olywe en ’n porsie kaas ekwivalent aan een lepel is binne die soutperke.

Oondbak jou groente

Die meeste groente is so geurig dat dit eintlik nie sout benodig nie. Maar as jy dit in water kook, gaan die geure verlore, waarvoor ons gewoonlik met ’n stewige skeut sout vergoed. Bak jou groente en kyk hoeveel beter bly die natuurlike geure behoue, sonder dat jy sout hoef te gebruik.

Mikrogolf jou groente

Dieselfde gebeur as jy groente mikrogolf. Onthou om dit te prik of in die helfte deur te sny, sodat dit nie weens uiteensetting ontplof nie. Nog ’n wenk: plaas jou groente in ’n glasbak met ’n deksel en een lepel water. Dit keer dat dit uitdroog. Jy sal verbaas wees oor hoe sag en sappig selfs aartappels, patats, skorsies en murgpampoentjies is as jy so maak.

Gebruik waterlose potte

Nog ’n doeltreffende manier om smake te behou en minder sout hoef te gebruik.

Maak dit tuis

Gekoopte pap is ’n groot bron van sout. As jy egter self hawermout, mieliepap of muesli maak, kan jy die sout daarin beheer. Tuisgebakte brood, skons, muffins, beskuit en so meer bevat ook minder sout as gekoopte gebak.

Leer jou huismense aandagtig proe

Wanneer laas het jy ’n gekookte eier happie vir happie geniet? Die eerste wat jou opval is hoe sout ’n eier werklik is. Sout verdoesel eintlik sy lekker smake.

Lees ook: 10 kosse met die meeste sout

The post Slim maniere om minder sout te gebruik appeared first on rooi rose.