Deur Leandri de Kock
As jy ’n aktiewe lewenstyl het, is ’n rusdag elke nou en dan nodig, maar dis hoe jy dit doen, wat saak maak. ’n Dag van geen oefening vir iemand wat daagliks strawwe oefening verduur, gaan vreemd vir jou liggaam voel. Dit kan jou eintlik seerder en stywer laat voel omdat jou litte en sagte weefsel saamtrek wanneer dit nie beweeg nie. ’n Aktiewe rusdag is dus ’n beter manier om jou lyf ’n blaaskans te gee sonder om agteruit te gaan. Probeer hierdie:
- Gebruik ’n skuimroller om seer spiere te verlig en te help ontspan.
- Doen strekoefeninge wat op seer gedeeltes fokus.
- Gaan stap ’n entjie.
- Doen joga.
- Swem in die see (of swembad) – die koue water verrig ook wondere!
Lees meer: Neem jou winteroefensessie buitentoe
