Kompetisie
Die verhouding tussen ’n ma en dogter is iets besonders. Kan jy hiervan getuig? Skryf dan in en julle kan pryse wen.
rooi rose is op soek na ’n ma en dogter wat ’n baie hegte band het. Vertel ons wat dit is wat jul verhouding so spesiaal maak en julle kan ’n oormaak- en fotosessie deur Willem Botha, ’n uitrusting vir elkeen deur die ontwerper Anél Botha, ’n goue ring vir elk van Schermans en ’n geskenkpak vol skoonheidsprodukte van NUXE wen. Jul foto’s sal ook in een van rooi rose se uitgawes verskyn.
Sluitingsdatum: 29 Januarie 2026
