baarmoederfibroïede | rooi rose

Die mens agter die diagnose: Kabous Meiring gesels gesondheid op VIA
Verskaf deur VIA

Die gesoute aanbieder en onderhoudvoerder Kabous Meiring bring persoonlike verhale en mediese kundigheid bymekaar in Ons gesels gesondheid, wat onlangs op VIA begin het.

Die episodes verken baarmoederfibroïede, retinoblastoom by ’n jong kind, nierkanker en proaktiewe gesondheid. Pasiënte vertel hul verhale en spesialiste verduidelik die behandelingsopsies, waarna die sjef Yolani Abrahams saam met die gaste geregte met Pink Lady®-appels voorberei.

“Die reeks het opnuut vir my bevestig hoeveel ongelooflike mediese kennis ons hier (in Suid-Afrika) het,” sê Kabous. Die kenners se menslikheid het haar veral getref. “Hulle is besonder slim, maar ook toeganklik, warm en geïnteresseerd in die mense wat hulle behandel.

“Daardie menslikheid dra die reeks. Ons ontmoet mense tydens moeilike oomblikke in hul lewe, hoor hoe hul gesinne daardeur geraak word en leer die kundiges ken wat saam met hulle na oplossings soek. Ek hoop kykers stap weg met meer begrip vir die mediese moontlikhede, en met die gevoel dat hulle ook ’n plek in daardie gesprek het.”

Hier vertel sy meer oor die gesprekke agter die reeks.

Elke episode begin by iemand se persoonlike verhaal voordat die mediese kenners by die gesprek aansluit. Wat maak dié benadering vir jou waardevol?

Die lewe leer ’n mens dat enigiets met enigiemand kan gebeur. Wanneer iemand hul verhaal vertel, besef die kyker: Ek is nie alleen met my uitdagings nie. In Ons gesels gesondheid hoor ons eerstehands by die pasiënt hoe dit voel om met onsekerheid, pyn of ’n diagnose saam te leef, en wat die behandeling vir hul alledaagse lewe beteken het.

Dit gee die mediese gesprek ’n menslike vertrekpunt. Teen die tyd dat die spesialis aansluit, verstaan ons reeds waarom die vrae saakmaak. Ons praat oor iemand se vermoë om weer saam met hul kinders te kuier of saam met hul lewensmaat te gaan stap. Dit maak die inligting tasbaar en gee kykers hoop dat daar moontlik ook vir hulle hulp en opsies is.

Jou gaste praat oor baie weerlose oomblikke: van ’n kankerdiagnose tot pyn waarmee hulle lank alleen mee geworstel het. Hoe skep jy ’n ruimte waarin iemand gemaklik voel om dit met jou te deel?

’n Belangrike deel daarvan is om die mens se verhaal vooraf goed te ken. Voorbereiding help jou om met begrip te luister en sensitief te vra oor dít wat jy nog nie weet nie. Jy moet terselfdertyd seker maak die kyker kry genoeg inligting om die gesprek te volg.

Dis ’n balanseertoertjie. Jy wil ruimte gee aan die emosie, maar ook help om ’n ingewikkelde ervaring verstaanbaar te maak. Om iemand op hul gemak te stel, kom vir my uiteindelik neer op goeie ou gesonde verstand en goeie maniere: luister behoorlik, moenie haastig wees met die volgende vraag nie en behandel die mens voor jou met respek.

Kabous Meiring bied ‘Ons gesels gesondheid’ aan. Foto: VIA

Watter gesprek oor simptome wat mense te lank as “normaal” aanvaar, hoop jy sal Lucinda Ndemera se verhaal oopmaak?

Mense loop soms lank rond met die idee dat hulle maar net moet vasbyt en hulself regruk, terwyl daar dalk werklik iets fout is. Lucinda se verhaal wys hoe uitputtend dit kan wees. Haar pyn, moegheid en ander simptome het haar alledaagse lewe beïnvloed, en sy het mettertyd begin onttrek.

Ek hoop haar verhaal laat mense besef dat hulle nie hul ongemak hoef af te maak of te verkleineer nie. As jy nie soos jouself voel nie, verdien dit aandag. Dit kan moeilik wees om oor persoonlike simptome te praat, maar daardie gesprek kan die begin van groter duidelikheid wees.

Lucinda se ervaring wys ook hoe waardevol dit is om jou behandelingsopsies te verstaan. Dis die moeite werd om uit te vind waarom jy nie goed voel nie.

In Violet de Wet se verhaal beleef ons ’n diagnose deur die oë van ouers wat besluite oor hul jong kind se behandeling moet neem. Hoe benader jy so ’n emosionele gesprek, veral wanneer die kind ook teenwoordig is?

Violet is ’n vierjarige dogtertjie wat saam met haar ouers, Morgan en Gys de Wet, by ons kom kuier. Haar ouers het ’n wit skynsel in haar oog opgemerk, waarna retinoblastoom, ’n kanker van die retina, by haar gediagnoseer is.

In die episode vertel hulle van die moeilike besluite oor haar behandeling, en die mediese kenners verduidelik intra-arteriële chemoterapie as behandelingsopsie.

In so ’n gesprek bly jy bewus van die kinders in die vertrek en van hoe jy vrae formuleer. Violet se sussie was ook by, en wat my opgeval het, is dat hulle in ’n huis grootword waar die ouers openlik kommunikeer. Morgan en Gys se eerlikheid het baie van die gesprek se toon bepaal.

Die diagnose was vir hulle ’n geweldige skok, maar hulle het die gesprek daaroor koelkop en met groot openhartigheid benader. Hulle was ook baie dankbaar vir die behandeling wat vir Violet moontlik was.

As onderhoudvoerder moet jy daardie vertroue respekteer en die ouers ruimte gee om hul ervaring in hul eie woorde te deel. Die emosie is reeds daar; jy hoef dit nie aan te wakker nie.

Die reeks stel kykers bekend aan behandelings soos embolisering en krioablasie. Wat het jou die meeste verras van die mediese moontlikhede wat julle ondersoek?

Die wisselwerking tussen gevorderde tegnologie, mediese vernuf en ’n beginsel wat ’n mens uiteindelik in gewone taal kan verstaan. Die name klink ingewikkeld, maar die spesialiste kan verduidelik wat hulle doen en waarom hulle dit in ’n bepaalde pasiënt se geval oorweeg.

By Lucinda hoor ons van embolisering om die bloedtoevoer na ’n baarmoederfibroom te blokkeer.

In Trevor Smith se verhaal kom krioablasie, oftewel die bevriesing van kankerweefsel, ter sprake. Agter daardie verduidelikings lê ongelooflike presisie en kundigheid. Dié radioloë moet ontsettend slim mense wees – en boonop is hulle almal baie gaaf! Dit het my opgeval hoe gemaklik hulle tussen die tegniese besonderhede en die pasiënt se persoonlike ervaring kan beweeg.

Die wisselwerking tussen gevorderde tegnologie en mediese vernuf het Kabous die meeste verras. Foto: National Cancer Institute. Unsplash

Jy moet ingewikkelde mediese onderwerpe verstaanbaar maak, maar ook vra oor risiko’s, herstel en vir wie ’n behandeling geskik is. Hoe berei jy jou voor om die vrae te stel wat kykers tuis sou wou vra?

Ek berei my voor deur die pasiënt se verhaal en die behandeling te probeer verstaan, en dan sit ek myself in daardie mens se skoene. Ons kan almal onseker voel wanneer ons voor ’n dokter sit. Jy kan baie inligting hê, maar wanneer dit jou eie liggaam is, raak die ervaring skielik baie persoonlik.

Ek vra myself dus: Hoe sou dit vir my voel? Wat sou ek nog wou weet? Wat gebeur tydens die prosedure, wat gaan ek daarna ervaar en hoe lank kan herstel neem? Dit is ook belangrik om te vra vir wie ’n behandeling nié geskik is nie. Ek probeer nooit terugdeins omdat ’n vraag te eenvoudig klink nie. Dikwels is dit presies die vraag waarop iemand tuis wag.

In een van die episodes verskuif die fokus na proaktiewe gesondheid. Hoe het dié gesprek jou laat dink oor die balans tussen ingelig wees oor jou liggaam en onnodig bekommerd raak?

Dit interesseer my geweldig. Hoeveel wil ons oor ons liggame weet, en wat doen ons met al daardie inligting? Ek wil persoonlik nie obsessief raak oor elke stukkie data oor my liggaam nie, maar ander mense vind dit nuttig en motiverend.

Nicholas van den Berg se verhaal bring daardie vraag mooi na vore. Hy het kardiometaboliese toetse en skanderings ondergaan om ’n beter begrip van sy gesondheid te kry. In die episode gesels ons oor hoe dié inligting hom gehelp het om sy voeding, beweging en daaglikse gewoontes te heroorweeg. Hy het selfs ’n Ironman-uitdaging voltooi.

Sy verhaal bied ’n vertrekpunt vir die gesprek oor proaktiewe gesondheid: Wanneer is verdere ondersoeke sinvol, en hoe bepaal dokters watter toetse vir ’n bepaalde persoon nodig is? Vir my lê die waarde daarin dat die inligting verstaanbaar moet wees en jou moet help om sinvolle besluite te neem.

Ek glo steeds daaraan om die basiese dinge te onthou: drink water, slaap genoeg, sien om na jou geestesgesondheid, wees goed vir jou maats en eet jou groente! Ek wil hê kennis oor my gesondheid moet my help om my lewe te leef.

Kabous sê, “Ek glo steeds daaraan om die basiese dinge te onthou: drink water, slaap genoeg, sien om na jou geestesgesondheid, wees goed vir jou maats en eet jou groente!” Foto: Bruce Mars, Unsplash

As kykers ná ’n episode één vraag aan hul dokter – of aan hulself – sou vra, wat sou jy graag wou hê dit moet wees?

“Wat is my behandelingsopsies, en waarom beveel jy hierdie een vir my aan?” Daaruit volg ander belangrike vrae: Is chirurgie nodig? Is daar ’n alternatief wat in my geval geskik kan wees? Wat is die risiko’s en hoe lyk die herstelproses? En, baie prakties: Dek my mediese fonds dit?

Wat in die reeks na vore kom, is hoe persoonlik elke behandelingsbesluit is. Wat vir een pasiënt werk, is nie noodwendig die regte keuse vir die volgende een nie. Ek hoop kykers voel ná die gesprekke gemakliker om vrae te vra en seker te maak hulle verstaan die antwoorde.

Die reeks van vier episodes, met Morton & Partners as hoofborg en Pink Lady®-appels as medeborg, word Donderdae om 18:00 op VIA uitgesaai en is ook op Catch Up beskikbaar.

Lees ook: Vergeet van ‘teenveroudering’ | rooi rose

The post Die mens agter die diagnose: Kabous Meiring gesels gesondheid op VIA appeared first on rooi rose.