ruan smith | rooi rose

‘Ek het die regte besluit gemaak’: ‘Op my eish!’-finaal skok toe Ruan niemand kies
Op my eish! se laaste episode het almal onkant gevang en het die land aan die praat. In ’n eerste vir die reeks het die vrygesel, Ruan Smith, op die ou einde niemand gekies nie, en drie vroue én talle kykers met rou emosies agtergelaat.

Die episode het afgeskop met ’n intieme besoek waar Charlene, Cindy-Lee en Bejanke hul harte oopgemaak het teenoor Ruan en JP. Die spanning het verder opgelaai toe hul naastes aangesluit het. Cindy-Lee het haar niggie Alta Argyle genooi. Bejanke het haar vriendin Sanet Geere saamgebring, en Charlene is deur Chantelle de Villiers ondersteun.

Ruan en JP se beste vriend, Andries Coetzee, het ook aangesluit en vir die dames die geleentheid gegee om hom uit te vra oor Ruan, terwyl hy eerlike raad gedeel het. Ruan het op sy beurt tyd saam met die dames se geliefdes spandeer, wat hom beter leer ken het – en oorwegend beïndruk was met hom.

Later het ’n gesellige braai almal saamgebring. Die dames het hier die eerste keer Ruan se familie ontmoet, insluitend sy sussies en pa. In dié warm atmosfeer het onsekerheid egter begin insluip, veral vir Cindy-Lee, wat gevoel het sy het te min aandag van Ruan gekry.

Met die aanbreek van die finale dag het dit duidelik geraak dat Ruan innerlik worstel met sy besluit. Voor die groot oomblik het die dames hulself gereed gemaak in pragtige Anel Botha-ontwerpersrokke.

Daarna het drie emosioneel gelaaide afskeidsgesprekke gevolg.

Ruan het vir Cindy-Lee gesê dat die ervaring vir hom lewensveranderend was en dat hulle op ’n ander vlak verbind is, maar dat hy haar nie gaan kies nie. Sy het sy besluit met hartseer en grasie aanvaar.

Met Bejanke het die oomblik nog meer intens geraak. Hy het sy liefde vir haar beken, maar gesê hy kan nie ’n besluit maak nie en dat hy eers aan homself moet werk. Sy het emosioneel gereageer, maar hom steeds alles van die beste toegewens.

Teenoor Charlene was hy net so eerlik. Hy het gesê sy tiek elke boksie vir hom, maar hy het uiteindelik besluit om niemand te kies nie. Charlene het deur trane erken dat dit seermaak, maar dat sy sy eerlikheid respekteer.

In die laaste toneel het Ruan en die drie vroue saam ’n saal vol familie en vriende binnegestap. Die verwagting was tasbaar, en die emosies het hoog geloop – selfs JP was ’n oomblik gegooi toe die werklikheid van die situasie hom tref.

“My finale besluit was nie maklik nie. Ek het op die laaste minuut besluit wat ek wil doen en wat die beste vir my is,” het Ruan later erken. “Ek het gevoel ek het die regte besluit gemaak onder baie emosionele omstandighede.”

Volgens hom het die beperkte alleentyd wat hy met elke vrou gehad het, swaar geweeg. “Ek het uitgewerk hoeveel tyd ek saam met elke dame spandeer het op ons eie, en dit het ’n groot impak op my besluit gehad. Ek het gevoel dit sou oneerlik wees om iemand te kies as ek vir twee dames gevoelens gehad het. Teen die einde moet jy weet wie jy gaan kies, maar ek was nie oortuig nie.”

Ten spyte van die gebroke harte wat dit tot gevolg gehad het, bly Ruan by sy besluit – een wat hy glo nie net reg is vir homself nie, maar ook vir die vroue.

Die ervaring het hom gedwing om na homself te kyk op maniere wat hy nie verwag het nie. “Ek het geleer dat ek baie tekortkominge het in baie aspekte van ’n verhouding. Ek het my gevoelens vir baie jare onderdruk, en emosies het begin uitkom wat ek nie eers geweet het ek het nie.”

Hy sê die reis het sy perspektief op liefde verander. “Verhoudings is daaglikse werk, en jy moet opofferings maak. Net omdat iets in die oomblik reg voel, beteken dit nie julle lewens gaan bymekaar pas nie.”

Hy wil sy benadering vorentoe verander en is van plan “om rêrig in mense te belê en hulle te leer ken vir wie hulle is – nie net die uiterlike nie, maar ook wie hulle binne is.”

Die reünie-episode word volgende Donderdag om 21:00 op kykNET (DStv-kanaal) uitgesaai word en sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.

Lees ook: Lekker & goed-resepte: Tennis en tee met Hannes van Wyk

The post ‘Ek het die regte besluit gemaak’: ‘Op my eish!’-finaal skok toe Ruan niemand kies appeared first on rooi rose.

‘Op my eish!’ se grootste kinkel nóg: Ruan se onverwagse keuse laat Minette in trane
Episode 12 van Op my eish! het kykers op ’n reeks intieme afsprake tussen Ruan en sy topvier geneem, maar dit was ’n onverwagse afskeid wat uiteindelik die grootste impak gemaak het.

Elkeen van die oorblywende dames het die geleentheid vir ’n spesiale een-tot-een-afspraak gekry. Charlene se dag het begin met ’n soort speletjie. Leidrade en ’n tweerigtingradio het haar diep die bos in gelei – tot sy uiteindelik vir Ruan gevind en hulle hul eerste soen gedeel het. Daar was vonke, en Ruan het later erken dat hy ná die dag saam met haar onseker oor sy eie emosies gevoel het.

Cindy-Lee se afspraak het ’n meer intieme wending geneem in ’n ondergrondse kelder, waar sy haar kwesbare kant gewys en erken het dat sy besig is om vir Ruan te val. Haar eerlikheid het ’n indruk gemaak, en Ruan het dit waardeer dat sy begin het om haar mure af te breek.

Bejanke se tyd saam met Ruan het in ’n rustige tuin afgespeel, waar hul gesprekke op die toekoms en selfs haar kinders gefokus het. Sy het erken dat hy haar vlinders in haar maag gee en dat sy haarself saam met hom kan sien.

Minette se afspraak was ewe spesiaal. Sy het te perd opgedaag en ’n romantiese aandete onder liggies geniet. Hul gesprekke was diep en gefokus op die pad vorentoe. Niks het ’n mens laat raai dat dinge kort daarna dramaties sou verander nie.

Nadat Minette na die groep teruggekeer het, het Ruan onverwags opgedaag en aangekondig dat hy iemand huis toe gaan stuur. Tot almal se skok was dit Minette.

’n Gespanne gesprek het tussen die twee gevolg, waarin Ruan erken het dat hy die afgelope paar dae verskillende kante van haar gesien het. Minette het haarself probeer verduidelik, maar die situasie het vinnig intens geraak, en Ruan het uiteindelik weggestap – ’n oomblik wat haar in trane gehad het.

By terugskoue het Minette deelname aan die program as ’n “baie brawe ding om te doen” beskryf. Sy meen kykers sien nie altyd al die komplekse dinamika wat agter die skerms afspeel nie. “Noudat daar afstand is, kan ek objektief na alles kyk,” het sy gesê.

Hoewel die uitslag nie was waarop sy gehoop het nie, het sy die moontlikheid van seerkry van die begin af verstaan. “Dit bly ’n realiteitsprogram.”

Wat haar deur die moeilike besluit gedra het, was haar sterk geloof en selfkennis. Sy beskryf haarself as iemand wat gegrond is. “Ek weet wie ek is – ek is ’n dogter van die Koning. Dit anker my.”

Ten spyte daarvan dat dinge nie uitgewerk het nie, onthou sy haar tyd saam met Ruan as opreg en betekenisvol. “Elke laggie uit die maag, gesteelde kykies… maar ook elke genuine, diep gesprek. Ek koester dit alles.”

Sy glo ook dat daar meer diepte in Ruan is as wat mense noodwendig sien en dat hy ’n sterk begeerte het om te groei en ’n beter man te wees. Die ervaring het nie net haar perspektief op verhoudings verstel nie, maar haar ook herinner aan haar eie groei. “Ek is nog steeds elke dag ’n work in progress, maar hierdie ervaring het my gewys hoe ver ek al gekom het.”

Wanneer sy terugkyk, kies sy om die goeie saam met haar te dra. “Elke ervaring in die lewe slyp jou as persoon. Behou die goeie, laat die res van jou afspoel en beweeg aan.”

Vir Minette bly dit belangrik om getrou aan haarself te wees, ongeag die omstandighede. “Integriteit is ALLES. Ek stap trots hier weg met die wete dat ek altyd getrou gebly het aan die vrou wat ek elke dag probeer wees.”

Sy neem ook waardevolle lesse saam vorentoe – om haar eie waarde te ken en nie te settle nie, en om steeds oop te bly vir liefde. “It is never rejection – it is either protection or redirection.”

Hoewel haar Op my eish!-reis tot ’n einde gekom het, bly sy hoopvol oor wat voorlê. Sy glo dat daar vir elkeen ’n pasmaat is en sien met verwagting uit na haar eie liefdesverhaal. “Ek is hoopvol dat my trouman iewers daar buite ook besig is om homself voor te berei vir ons liefdesverhaal.”

Op my eish! word Donderdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai en is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.

Lees ook: Twee geliefde karakters groet Suidooster ná vyf jaar

The post ‘Op my eish!’ se grootste kinkel nóg: Ruan se onverwagse keuse laat Minette in trane appeared first on rooi rose.

rooi rose was daar! | Perskonferensie bring geheime en spanning na vore in ‘Op my eish!’
Episode 11 van Op my eish! het begin met Ruan en die dames wat ’n perskonferensie moet trotseer – iets wat elke seisoen deel is van die alleenloper se reis in die kollig. Sommige van die vroue was effe senuweeagtig, maar die vrae het vinnig vir interessante oomblikke gesorg.

Die ys is behoorlik gebreek toe ’n Huisgenoot-joernalis reguit gevra het wie al vir Ruan gesoen het. Tot almal se verbasing was dit net Cindy wat haar hand opgesteek het, terwyl Bejanke en Minette mos ook reeds daardie spesiale oomblik met Ruan gedeel het. Selfs Cindy was verras deur die reaksie.

Ons rooi rose-joernalis, Karlien Meiring, wou weet wat vir Ruan in elke dame uitstaan. Sy opregte antwoorde het elkeen spesiaal laat voel, maar die gesprek het ook liggies aan die konflik tussen die dames geraak – iets waaroor niemand veel wou uitbrei nie. Daar was ’n teer oomblik toe Ruan gevra is hoe die proses hom geestelik beïnvloed. “Ek raak emosioneel, want dit is moeilik,” het hy erken.

Ná die intense begin het die groep saam middagete geniet, waar Ruan voorgestel het dat hulle spin the bottle speel om die atmosfeer te lig. Die speletjie het vinnig vir pret – en ’n paar ongemaklike oomblikke – gesorg.

Die bottel het die eerste keer by Saartjie geëindig, en Ruan het haar verras met ’n piksoentjie. Haar speelse reaksie was dat sy eerder ’n vraag sou wou hê, aangesien sy nog baie het om te sê. Die bottel het verder gedraai en verskeie reguit vrae en spontane soentjies het gevolg. Cindy het erken hoe lekker die soen was en is ook direk gevra wat die lelikste ding is wat sy al van iemand anders op die program gesê het.

Die atmosfeer het verander toe die vrae meer persoonlik begin raak. Veral Cindy en Charlene se gesprek het verdiep toe Cindy wou weet hoekom Charlene soms teenstrydig voorkom. Charlene het verduidelik dat sy tyd nodig het om haar emosies te verwerk voordat sy daaroor kan praat.

Die middag het ’n ernstige wending geneem toe Ruan die dames vra of hulle die pad saam met hom sal stap indien hy hulle kies. Elkeen het sonder huiwering ja gesê. Kort daarna het hy aangekondig dat dit tyd is vir ’n besluit, en jy kon die spanning met ’n mes sny.

Uiteindelik moes Saartjie huis toe gaan – ’n verwikkeling wat ’n emosionele impak op almal gehad het.

“Ek was eerlikwaar nie geskok nie, maar dit bly natuurlik ’n emosionele oomblik. Jy bou tog bande en raak gewoond aan die ervaring,” het Saartjie gesê en bygevoeg dat dit vir haar makliker was om te aanvaar omdat sy geweet het waar sy en Ruan met mekaar staan.

“Ja, daar was beslis ’n konneksie, maar dit was ’n vriendskaplike een,” het sy verduidelik. “Ons het mekaar goed verstaan en gemaklik gevoel in mekaar se geselskap, maar daar was nie ’n romantiese vonk van my kant of syne nie.”

Sy kyk vandag anders na die ervaring. “Met tyd en perspektief voel dit baie ligter,” sê sy. “In die oomblik is alles meer intens, maar nou kan ek terugkyk met dankbaarheid vir die ervaring en alles wat ek daaruit geleer het.”

Wat was vir haar by terugskoue kosbaar? “Die lag, die diep gesprekke en die verhoudings wat ek gebou het met Ruan asook lewenslange vriendinne,” vertel sy. “Dis daardie egte konneksies wat vir my uitstaan.”

Die ervaring het haar ook meer oor haarself geleer. “Ek het geleer om nog meer op my intuïsie te vertrou en eerlik met myself te wees oor wat ek soek en verdien,” sê sy en voeg by dat die deelname aan Op my eish! haar gehelp het om uit haar gemaksone te klim en die onbekende aan te durf.

Intussen is daar weer iemand in Saartjie se lewe. “Ja, ek het liefde gevind, en dit was op die mees natuurlike manier.” Sy sê sy is vandag dankbaar vir hoe alles uitgespeel het en beskryf haar nuwe verhouding as vervullend en gebalanseerd.

Later het Ruan by JP aangesluit om oor die dag te reflekteer, en hy het bevestig dat hy reeds weet wie sy finale topdrie is. Ná episode 11 is daar egter nog vier vroue oor wat ’n kans staan om Ruan se hart te wen: Minette, Cindy-Lee, Bejanke en Charlene.

Op my eish! word Donderdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai en is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.

Lees ook: Rian van Heerden se laatnag-gesprekke gaan weer verras en jy gaan wil luister

The post rooi rose was daar! | Perskonferensie bring geheime en spanning na vore in ‘Op my eish!’ appeared first on rooi rose.

Is Ruan se hart nog op die spel ná Bejanke se soen alles in ‘Op my eish!’ verander?
Episode tien van Op my eish! het met groot afwagting afgeskop toe Minette van haar oornagafspraak terugkeer. Die ander dames was gretig om alles te hoor. Sy het hulle vertel van die spesiale oomblikke wat hulle gedeel het, maar nog voordat die dag behoorlik kon begin, het Ruan besef hy moet twee moeilike besluite neem.

Terwyl die vroue gereed gemaak het vir die dag, het Ruan vir Hermi eenkant toe geroep en haar meegedeel dat hy haar huis toe stuur. Kort daarna het hy vir Jenine vir ’n privaat gesprek gevra en haar ook laat weet sy sal ongelukkig moet groet. Ruan het die nuus met die oorblywende vier dames gedeel voordat hulle na die volgende aktiwiteit vertrek het, deeglik bewus daarvan dat dié twee afskeide die groep se dinamika onmiddellik gaan verander. Saartjie was steeds vir werk weg.

Die dag se uitdaging was ’n speelse weergawe van 30 Seconds, met al die vrae wat oor Ruan gehandel het. As ’n dame ’n vraag reg beantwoord het, kon sy een plek vorentoe beweeg. ’n Verkeerde antwoord het beteken sy moet ’n tree terug gee. Elke deelnemer het net 30 sekondes gehad om so ver moontlik te vorder, maar hoewel almal hul bes probeer het, kon geen dame die wenstreep haal nie.

Daarna was dit Ruan se beurt om vrae oor die vroue te beantwoord. Elke deelnemer kon hom 30 sekondes lank uitvra, maar hy het dit slegs met Charlene reggekry om tot die einde te vorder. Die aktiwiteit is op ’n ligte noot afgesluit met drankies en gelag.

Later het Ruan besluit om uiteindelik alleen saam met Bejanke tyd te spandeer – hul eerste behoorlike alleenafspraak, buiten die vinnige geselsies tydens groepaktiwiteite.

“Ek moet sê Bejanke is baie rustig tot dusver, en sy het nog nie kans gehad nie. Sy het nog niks druk op my geplaas nie, en ek sien al baie uit na haar. Ek het geweet sy gaan hier wees vir ’n tydjie, so dis nou tyd dat ek en sy bietjie sit,” het hy gesê.

Hul afspraak by die boma was romanties en intiem, met ’n vuurtjie, peuselhappies en ’n sonsondergang wat die perfekte atmosfeer geskep het. Die gesprek het vinnig verdiep toe Ruan openlik sy bewondering uitgespreek het.

“Jy’s die perfekte mens wat in my lewe sal pas. Jy het ’n level of maturity waar jy weet wat jy soek, maar jy weet ook wat jy nie gaan toelaat nie. Ek is bly jy het geduldig gebly.”

Die twee het ook oor Bejanke se kinders gesels, en sy het dit duidelik gemaak dat sy en haar kinders as een pakket kom. Ruan het haar gerusgestel dat hy dit verstaan, aangesien hy self ook kinders het.

Bejanke het later vertel: “Ek hou daarvan om in sy oë te kyk. Hy laat my smile, en hy laat my happy voel. En dit was lekker om net saam met hom ’n glasie wyn te kon drink en net te kon chat.”

Die aand het geëindig met ’n groot romantiese oomblik toe Bejanke haar eerste soen gekry het. Ná die afspraak het Ruan erken: “Vanaand het Bejanke ’n spanner in the works gegooi. Ek het besef ek het in groot moeilikheid gekom ten opsigte van… daar is sterk gevoelens.”

Die volgende dag het Saartjie teruggekeer, en die dames het haar vinnig op hoogte gebring van alles wat intussen gebeur het. JP het toe opgedaag om die volgende aktiwiteit aan te kondig: Twister.

Ruan het met elke dame gespeel, en wie ook al verloor het, moes ’n drankie wegslaan. Die speletjie was uitbundig en groot pret, en die groep het daarna saam in die swembad gespring om te ontspan en die oomblik verder te geniet.

Later het Ruan vir Saartjie gevra vir ’n alleenafspraak, waar hulle ’n gesprek gevoer het wat as een van die mees betekenisvolle van haar reis sou uitstaan. Hulle het gepraat oor familietyd, moontlike onsekerhede, hul ouderdomsverskil en die eienskappe wat Ruan in ’n lewensmaat soek.

Saartjie het ná die ontmoeting gesê: “Hierdie was vir my ’n baie suksesvolle en diep afspraak. Ek kan verlief raak op Ruan. Dit gaan my ’n ruk vat, en, soos ek al gesê het, dit vat my ’n ruk om oop te maak, maar hy is ’n gentleman, en ek kan sien hoe hy sy vrou op sy hande sal dra.”

Hermi en Jenine kyk terug op hul reis

Vir Hermi was die afskeid onverwags, maar nie verpletterend nie. “Party dinge tref jou onverwags en los jou vir ’n oomblik stil, maar nie gebreek nie.”

Met tyd en perspektief glo sy dat dinge presies verloop het soos dit moes. “In realiteit sal ek glad nie tweede of derde in die ry staan vir ’n man nie. Ek glo God het vir ons elkeen ’n mooi pad beplan en sal nooit by my wegvat om vir ’n ander te gee nie. Ek is en bly altyd Goddelik gelei en beskerm.”

Volgens haar was daar nie onuitgesproke spanning wat dinge beïnvloed het nie. “Soms is die persoon net nie jou pasmaat nie, en dit is heeltemal oukei.” Tog beskryf sy haar tyd op die program as waardevol. “Ek is ’n ongelooflike mense-mens, en die vriendskappe wat ek gevorm het, sal vir altyd gekoester word.” Sy voeg by dat dit moed geverg het om haar hart oop te maak vir liefde en dat sy trots is op haarself dat sy die kans gewaag het.

Jenine se ervaring was anders. Sy erken dat sy verlig was toe haar reis tot ’n einde gekom het omdat dit moeilik begin raak het om so lank van haar kinders af weg te wees.

Sy glo nie daar was genoeg tyd om ’n werklike konneksie met Ruan te bou nie, maar onthou hom as ondersteunend en vriendelik. Wanneer sy vandag terugkyk, wens sy sy was meer gemaklik voor die kameras en meer haarself.

“Almal was genuinely amazing. Die goed wat ons gedoen het, was ongelooflik. Dit is memories wat ek altyd sal koester,” het sy gesê.

Die ervaring het haar ook laat besef hoe belangrik dit is om tyd vir haarself te maak. Sy vertel die program het haar selfs weer nader aan haar Afrikaanse wortels gebring: “Nou luister ons Afrikaanse musiek by die huis, en my dogtertjie begin dit ook meer praat. Afrikaanse mense is lekker mense!”

Wat liefde betref, sê sy sy fokus tans op haar werk en haar dogters: “God se tyd, nie my tyd nie.”

Met twee afskeide, ’n nuwe romantiese wending vir Bejanke en ’n dieper konneksie wat tussen Ruan en Saartjie begin vorm, het episode tien gewys dat die einde van die reis steeds heeltemal onvoorspelbaar is – en dat elke oomblik nou swaarder weeg.

Op my eish! word Donderdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai en is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.

Lees ook: 20 jaar, 2 kinders en steeds verlief: Nico en Christi Panagio vier hul 20ste huweliksherdenking

The post Is Ruan se hart nog op die spel ná Bejanke se soen alles in ‘Op my eish!’ verander? appeared first on rooi rose.

Minette wen droomafspraak met Ruan op ‘Op my eish!’, maar kan hul konneksie hou?
Episode nege van Op my eish! het met ’n ontspanne, gesellige atmosfeer afgeskop, maar gou gewys dat die kompetisie vir tyd saam met Ruan al hoe ernstiger raak.

Die episode het begin met die dames wat oor ontbyt teruggekyk het op die vorige dag se aktiwiteite. JP het by hulle aangesluit om die plan vir die dag te deel: Ruan sou vir almal braai, en daar sou ook ’n paar speletjies wees om die energie hoog te hou. Saartjie het egter aangekondig dat sy vir ’n paar dae moet weggaan vir werk.

Die groep het later onder ’n indrukwekkende kremetartboom ontmoet waar hulle meer oor die boom se geskiedenis geleer het. Die boom is hol aan die binnekant, en die dames het die kans gekry om in te gaan en die boom van binne te verken.

Daarna het die pret begin met ’n reeks drinkspeletjies. In die eerste speletjie het die dames in groepe van drie gekyk wie vier klein balletjies met Donkey Long Tong se vuurblaaspyp eerste oor ’n lyn op die tafel kan blaas. Hermi, Bejanke en Minette se span het gewen, wat beteken het dat Cindy-Lee, Charlene en Jenine ’n drankie moes wegslaan.

Die volgende speletjie het almal behoorlik laat skaterlag. Elke deelnemer moes water in hul mond probeer hou terwyl een van die ander dames haar liggies op die sitvlak tik. Byna niemand kon hul lag hou nie.

Terwyl Ruan die braai voorberei het, het die vroue saam met JP ’n potjie bierpong gespeel. Kort daarna het almal by die tafel aangesluit, waar Ruan se braaivernuf behoorlik beïndruk het.

Die volgende dag het ’n nuwe uitdaging gewag. Charlene, Minette en Bejanke is genooi om aan ’n aktiwiteit deel te neem waar ’n aand alleen saam met Ruan op die spel was.

Die uitdaging het hul vertroue en luistervermoë getoets. Agt persoonlike items van Ruan – onder meer ’n bottel wyn, ’n appel, seep, ’n botteltjie, skoene, ’n hemp, ’n gimnasiumbal en gewigte – is op die terrein versteek. Die dames is geblinddoek en moes al agt items opspoor deur net na Ruan se instruksies te luister. Die vinnigste soeker sou die prys wen.

Voor die uitdaging het Minette gesê: “Dis rêrig ’n besonderse date, regte one-on-one time saam met Ruan. So, ek gaan my heel beste lewer.”

Charlene was ewe vasberade: “Ek het rêrig hierdie challenge nodig. Ek móét wen. So, maak nie saak wat ek doen nie, ek gaan moet baie mooi luister en fokus.”

Charlene was eerste aan die beurt, gevolg deur Bejanke en daarna Minette. Minette het uiteindelik die vinnigste tyd behaal en die gesogte afspraak met Ruan gewen.

Die aand het begin met ’n romantiese ete, waar Ruan nie doekies omgedraai het nie: “Ek en Minette het ’n lekker konneksie en dis natuurlik. Daar is nooit nie iets om oor te praat nie. Dis net maklik met haar. Dis iets wat ek soek in iemand wat saam met my in my lewe is. Niks is geforseerd nie, en dis vir my baie lekker.”

Intussen het JP by die ander dames gaan inloer om te hoor hoe hulle oor Minette se afspraak voel. Party van hulle was duidelik gefrustreerd en het gewonder hoekom juis daardie drie dames vir die aktiwiteit gekies is. JP het hulle egter gerusgestel dat Ruan almal ’n kans wil gee en dat niemand doelbewus uitgesluit is nie.

Met verloop van die afspraak het die gesprek tussen Ruan en Minette dieper geraak. Ruan het erken dat hy met slegs twee of drie dames ’n sterker konneksie voel en dat hy met die ander bloot goed oor die weg kom.

Toe Minette hom vra of sy een van daardie dames is, het sy antwoord min twyfel gelaat: “Van wie anders het ek gepraat? Niemand anders nie. En jy weet dit.”

Vir Minette was dit ’n bevestiging van haar eie gevoelens: “Om dit te hoor het net weer in my binneste vir my reassurance en confirmation gegee, want ek voel ook só.”

Later het Minette vir Ruan gevra om iets spesiaals saam met haar te doen. Die twee het ’n slot aan ’n ketting vasgemaak en die sleutel simbolies weggegooi.

“Dit was nie ’n liefdesverklaring nie – dit was net ’n baie spesiale oomblik om vir hom te kan wys hoe om memories te maak wat nie noodwendig materialistic is nie, maar wat baie sentiment het. Maar ek dink nie ek kan meer deny dat ek rêrig ’n bietjie verlief is op hierdie man nie,” het sy gesê.

Later die aand is albei tussen die bome met ’n massering deur personeel van die oord se spa bederf. Oor drankies daarna het hul gesprek na die toekoms gedraai en is daar veral oor die kwessie van kinders gepraat.

Minette het gesê sy wil wel kinders hê, maar nie noodwendig gou nie. Ruan het gevra hoe hulle sou voel as dieselfde gesprek oor ses jaar weer opkom.

Minette se antwoord het die volwassenheid van hul gesprek beklemtoon: “Dis belangrik om dinge te hervat dan, want daai is die tipe klein jakkalsies waaroor ’n mens maklik mekaar kan verwyt.”

Ruan het saamgestem, en dit was duidelik dat hulle een van die mees betekenisvolle afsprake van die seisoen tot dusver gedeel het.

Met Minette en Ruan se konneksie wat al hoe sterker lyk en vrae wat by die ander dames begin opduik, is die dinamika in die groep besig om te skuif. Episode nege het gewys dat tyd saam met Ruan al hoe kosbaarder raak – en dat elke afspraak die potensiaal het om die rigting van sy reis te verander.

Op my eish! word elke Donderdag om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Die reeks is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.

Lees ook: Wanneer Ma wil skei en Ouma intrek: Skreeusnaakse chaos wag inMevrou Fourie & Kie

The post Minette wen droomafspraak met Ruan op ‘Op my eish!’, maar kan hul konneksie hou? appeared first on rooi rose.

Van misverstand tot soen: ‘Op my eish!’ verras kykers weer
Episode agt van Op my eish! het gewys hoe vinnig dinge kan verander wanneer konneksies begin verdiep – en hoe moeilik dit raak wanneer iemand moet groet.

Die episode het afgeskop met ’n avontuurlustige 4×4-afspraak. Ruan het Bejanke, Minette en Saartjie genooi om saam met hom die pad aan te durf. Met Ruan agter die stuur het elke dame kans gekry vir individuele gesprekke.

Saartjie was eerste aan die beurt, en hul gesprek het vinnig persoonlik geraak toe Ruan meer oor sy familie gedeel het. Tot sy verrassing het Saartjie onthul dat sy ook een van ’n tweeling is. Ruan was duidelik opgewonde oor die ooreenkoms en het dit as iets besonders ervaar.

Minette was volgende, en Ruan het haar meer oor haar loopbaan uitgevra. Met Bejanke het die gesprek na hul kinders gedraai – en albei se oë het gestraal toe hulle oor hul spruite praat.

Later het die groep by ’n tafel onder ’n boom aangesluit vir middagete. Die dames het onder groot gelag op servette neergeskryf wat hulle rooi en groen vlae in ’n verhouding is. Ruan moes toe raai watter vlae by watter vrou pas. Die dames het ook hul menings gedeel oor wat hulle meen Ruan se groen en rooi vlae is. Dit was ’n lighartige maar eerlike en insiggewende speletjie.

Ná die ete het die romanse behoorlik vlam gevat.

Ruan het Minette vir ’n alleenafspraak gevra. Dit het soos ’n toneel uit ’n liefdesfliek gevoel, en die gesprek tussen hulle het bevestig dat daar iets besonders tussen hulle aan die ontwikkel is.

“Daar is definitief van my kant af ’n konneksie, en dis snaaks, want ons het nog baie min gepraat,” het Ruan vir haar gesê.

Later het die twee op ’n kombers gaan lê en saam na die maan gekyk – en daar het Minette haar eerste soen gekry. Ruan het daarna erken: “Ons het in die oomblik gelewe en vir een keer in my lewe dink ek, het ek gewens tyd staan stil.”

Die volgende oggend het JP by ontbyt probeer uitvis oor wat tussen Minette en Ruan gebeur het. Sy het min verklap, maar haar glimlag het baie gesê.

Intussen het Ruan vir Chantelle eenkant toe gevra vir ’n moeilike privaat gesprek voordat die volgende groepafspraak sou begin. Hy het vir haar gesê dat hy sterker konneksies met ander dames ervaar en dat hy haar helaas huis toe moet stuur.

Terwyl Charlene, Hermi, Cindy-Lee en Jenine op ’n stylvolle bootvaart saam met Ruan vertrek het – vol speletjies, musiek en dans – het Chantelle haar reis stil en met grasie afgesluit.

Sy beskryf haar tyd in Op my eish! as ’n ongelooflike ervaring: “Ek het baie van myself geleer en op soveel vlakke gegroei. Al het ek nie liefde gevind nie, het ek myself beter leer ken en op ’n manier kan mens sê ek het myself gevind.”

Dit was nie vir haar maklik om die eerste wild card van die reeks te wees nie: “Toe ek as ’n wild card instap, was dit natuurlik ’n bietjie ongemaklik aan die begin, maar die dames was baie vriendelik en het my welkom laat voel. Chemistry is ’n snaakse ding – jy kliek nie met almal nie,” het sy gesê.

Sy het vrede gemaak met Ruan se besluit: “Eerlik gesê, ek was oukei. Dit was duidelik dat daar sterker konneksies was, en ek respekteer dit. Daar is geen kwade gevoelens nie. Natuurlik hoop ’n mens altyd vir nog tyd, maar ek was nie gebreek daardeur nie. My hart was rustig.”

Op die bootvaart het die romanse weer opgevlam toe Ruan Hermi vir ’n alleenafspraak genooi het. Hul gesprek oor familie en die feit dat hulle beide deel van ’n tweeling is, het ’n natuurlike band geskep. Dinge het wel ’n bietjie gespanne geraak toe Hermi haar oë tydens ’n gesprek gerol het – iets wat Ruan onmiddellik aangespreek het.

“Ruan het my dadelik oor die vingers getik en vir my gesê hy hou nie daarvan as ek my oë rol en wegkyk en nie vir hom sê wat ek dink nie. Maar toe ek dit vir hom mooi verduidelik het, het hy verstaan waar ek vandaan kom,” het Hermi gesê.

Ná eerlike kommunikasie het die twee die misverstand uitsorteer – en die aand afgesluit met ’n soen. Dit was vir Hermi se eerste Op my eish!-soen.

Episode agt het dus vir twee romantiese mylpale gesorg, terwyl nog ’n deelnemer haar reis met waardigheid afgesluit het.

Op my eish! word elke Donderdag om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai en is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.

Lees ook: ‘Hou die TV aan’: Liam Bosman oor sy donker rol én ’n nuwe kusdrama

The post Van misverstand tot soen: ‘Op my eish!’ verras kykers weer appeared first on rooi rose.

’n Skok-afskeid, ’n oop hart en ’n nuwe liefde vir ‘Op my eish!’ se Maritha
In episode sewe van Op my eish! is emosies oopgevlek en ’n besluit is geneem wat die verloop van Ruan se reis ingrypend verander het. Die dag het egter op ’n stiller, meer introspektiewe noot afgeskop.

Soos gewoonlik het Ruan en JP eers teruggekyk op die vorige aand se gebeure, voordat die fokus na innerlike refleksie verskuif het. Die dames het elk individuele sessies met die lewensafrigter Liezl Thom gehad – gesprekke wat vir sommige lig en gerustellend was, maar vir ander rou en emosioneel. Trane het vrylik gevloei toe deelnemers soos Jenine, Chantelle en Charlene oopgemaak het oor onsekerheid, spanning en hoe die proses hulle emosioneel begin vang het.

Ná die sessies was daar ’n groepafspraak. Saartjie, Maritha, Cindy-Lee, Chantelle en Jenine het saam met Ruan op klein, opgeblaasde binnebande in die snel vloeiende rivier afgedryf. Wat begin het met senuwees wat duidelik knaag, het vinnig verander in lag, avontuur en kameraadskap toe almal hul reddingsbaadjies aantrek en die rivier aandurf. Daar was rustige oomblikke maar ook adrenalienbelaaide draaie, met ’n vier meter hoë sprong wat vir ’n groot toets van dapperheid gesorg het. Met aanmoediging, ondersteuning en ’n bietjie wilskrag het almal die aktiwiteit egter suksesvol voltooi.

Later, langs die rivier met verversings, het Ruan kans gekry vir individuele gesprekke. Sy alleentyd met Saartjie het gefokus op gemak, geluk en eerlike vrae oor die toekoms –  insluitend kinders en opoffering. Saartjie het ná die gesprek gesê sy voel wel ’n konneksie, maar sy ervaar dit eerder vriendskaplik as romanties.

Terug in die groep het Ruan openlik erken dat dit een van die gemaklikste groepafsprake was wat hy nog beleef het – ’n gevoel wat die dames beaam het. Maar in hierdie gemoedelike stemming het die episode se grootste skok gevolg.

Ruan het Maritha eenkant toe gevra vir alleentyd. Wat aanvanklik ’n rustige bespreking oor die groepdinamika was, het skielik ’n ernstiger wending geneem toe Ruan haar meegedeel het dat hy haar huis toe gaan stuur. Hy het verduidelik dat hy sterker konneksies met ander vroue ervaar en dat hy homself belowe het om nie met iets voort te gaan as dit nie reg voel nie – al was dit vir hom moeilik.

Vir Maritha was die oomblik onverwags en diep emosioneel.

“Toe Ruan my huis toe stuur, was ek redelik geskok en natuurlik teleurgesteld, maar ek het ook onmiddellike vrede ervaar omdat die hele show vir my ’n gebedsaak was. In daardie oomblik maal daar baie vrae deur jou kop, veral omdat jy na jou konneksie met Ruan kyk uit jou eie perspektief – en dan gebeur die teenoorgestelde.”

Sy sê sy het in die dae voor haar afskeid intens gebid oor haar deelname aan die program.

“Snaaks genoeg, so twee dae voor ek huis toe gestuur is, het ek baie gebid oor die show en of dit die regte plek vir my is om te wees. Ek glo daarin dat die Here jou pad beplan en presies weet wat Hy doen.”

Terugskouend erken Maritha dat sy haar misgis het.

“Ek het gedink die konneksie tussen my en Ruan was sterk. Ons was baie gemaklik met mekaar en kon regtig oor enige iets gesels en baie saam lag. Ek dink wel dat ons emosionele konneksie nie so sterk was soos die fisiese konneksie nie, wat van die begin af vir Ruan belangrik was.”

Sy erken ook dat die beperkte tyd en die groepsdinamika ’n uitdaging was.

“Die tyd was ook so kort om iemand behoorlik te leer ken. Ek het tog ’n deel van myself teruggehou gedurende die reeks. Ek sukkel om onmiddellik my hele hart op die tafel uit te lê.”

Wanneer sy vandag na die reeks kyk, doen sy dit met meer perspektief.

“Gedurende die show leef jy half in hierdie bubble-tjie, en baie dinge voel onwerklik en onrealisties. Alhoewel ek in daardie oomblik teleurgesteld was, kyk ek nou daarna en ervaar baie vrede.”

Ten spyte van die hartseer, beskryf sy haar Op my eish!-ervaring as ’n waardevolle lewensles.

“Wat vir my die meeste uitstaan van my reis met Op my eish! is die feit dat ek kon sien being vulnerable is actually beautiful.”

Maritha het kykers verras toe sy vertel het dat sy intussen weer liefde gevind het.

“Ek het intussen iemand ontmoet waaroor ek absoluut mal is. Dit het op die regte tyd gebeur en heeltemal spontaan. Dit maak my hart warm om te weet die Here het presies geweet wat Hy doen, en ek is baie opgewonde vir wat die toekoms inhou. Ek word op die hande gedra, my hart is veilig, ek lag meer as ooit, en miskien bloos ek nog meer as tevore ook. Ek wens vir Ruan presies dieselfde geluk, liefde en butterflies toe. Almal verdien om só te voel.”

Op my eish! word elke Donderdag om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai en is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.

Lees ook: 10 redes waarom jy rooi rose se Maart-uitgawe móét lees!

The post ’n Skok-afskeid, ’n oop hart en ’n nuwe liefde vir ‘Op my eish!’ se Maritha appeared first on rooi rose.

“Ek wil nie weer trou nie”: Ruan se onthulling skep onsekerheid op ‘Op my eish!’
Episode ses van Op my eish! het gewys Ruan se reis na liefde gaan nie net oor pret en flirtasie nie, maar ook oor moeilike gesprekke, rou eerlikheid en emosies wat nie langer weggesteek kon word nie. Ná die vorige aand se speletjie was die spanning tussen die dames steeds tasbaar.

Die episode het begin met Ruan en JP wat terugkyk op die ongemak wat tydens die ja/nee-speletjie ontstaan het. Ruan het gesê hy kon voel daar is nie harmonie in die groep nie, en twee van die dames het besonder ongemaklik voorgekom.

Die eerste aktiwiteit van die dag was Sip ’n Slide– ’n speelse uitdaging wat behels het dat die dames met ’n drankie oor ’n glybaan moes gly om by Ruan uit te kom sonder om iets te mors. Daar was geen wenner nie. Die doel was bloot pret. Daar is gesukkel, gegly en gelag totdat Charlene haar eie taktiek gebruik het en sommer tot by Ruan geloop het. Hy moes toe ’n slukkie vat en self in die ry gaan staan. Toe dit Ruan se beurt was, kon die vroue nie hulle oë van hom afhou nie.

Bejanke was die volgende een wat suksesvol anderkant uitgekom het deur op haar knieë te gly, gevolg deur Saartjie. Ruan het later gesê: “Die Sip ’n Slide het baie memories teruggebring. Ek onthou toe ons laaities was, het jy daai bloue gehad wat plat op die grond gegaan het. So, dit het lekker memories teruggebring, en ek het nie gedink ek gaan binnekort weer op ’n Slip ’n Slide klim nie.”

Die pret het voortgeduur toe die drankies neergesit is, en almal moes kyk wie die verste kon gly. Net toe dit klaar was en Ruan gemaklik aan die eindpunt van die glybaan sit, het Cindy besluit om weer tot by Ruan te gly – ’n spontane oomblik wat almal verras het.

Later het Ruan en die dames tyd by die spa deurgebring, waar gesprekke gewissel het van wat hulle aantreklik vind in ’n man tot braai en stout wees met ’n paar insinuasies wat sommige dames duidelik ongemaklik gemaak het. Toe Ruan voorstel dat hulle die kamer-indelings verander sodat van die vroue die spanning en onmin tussen hulle kan uitsorteer, het van die deelnemers maar bedruk en bekommerd gelyk.

Die aand se uitdaging het weer die grense verskuif. JP het aangekondig dat die dames iets meer gewaagd moes aantrek en een van twee opsies moes kies: iets in Ruan se oor fluister, of hom uitdaag om iets te doen – alles terwyl Ruan geblinddoek is. Met nommers wat toegewys is en Ruan wat geen idee gehad het wie wie is nie, het sommige dames dit speels gehou, terwyl ander meer avontuurlustig was met serpies, omhelsings en selfs ’n soen. “Dit was ’n lekker speletjie, en dit was ’n goeie begin vir die aand,” het Ruan gesê.

Toe Ruan moes raai wie wat gedoen het, het hy dadelik sekere deelnemers uitgeken – iets wat die groep laat wonder het hoe hy so seker kon wees. Die ligte toon het egter vinnig verander toe Ruan weer die kamerkwessie noem en emosies begin oorloop. Charlene het erken dat daar dames is wat nie van haar hou nie, en Hermi het besluit om die konflik direk aan te spreek. Dit was duidelik dat daar verskille tussen Charlene en Hermi was. Ruan het tydens die gesprek gesê: “ ’n Mens hoef nie saam te stem nie, en ek kan hoor Charlene en Hermi het groot verskille. Kan ons dit daar bêre? Elke persoon hierso is baie spesiaal.”

Later het Ruan vir Charlene vir alleentyd gevra. “Ek het nog nie tyd met Charlene spandeer nie, en ek het gevoel dis tyd om vir haar te leer ken,” het hy gesê. Die gesprek het speels begin, maar het gou ernstig geraak toe Ruan erken het dat hy nie weer wil trou nie. Charlene het daarna haar standpunt gestel: “Ek glo in trou. Ek glo dit is reg. Ek glo die Here het dit design en omdat dit sy design is, dink ek dit is baie mooi.”

Die gesprek het nog dieper gegaan toe Charlene vertel het van die verlies van haar boetie, en Ruan op sy beurt gedeel het hoe sy ma se dood in 2019 sy familie uitmekaargeskeur het. “My hele familie het heeltemal gesplit. Sy was die glue. So, ek en JP is nou maar alleen,” het hy vertel voordat hy ook oopgemaak het oor sy verhouding met sy biologiese pa: “Ek het nog ’n pa – ek het twee pa’s. Ek het uitgevind toe ek 18 was wie my regte pa is. Ek het eers ’n verhouding begin met hom in 2025. En dis hoekom ek dink ek vir ’n lang tyd van die rails afgegaan het.”

Die twee het verder gesels oor langafstandverhoudings en Charlene se gesondheidstryd – sy was vir byna ’n jaar siek gewees.

Alhoewel niemand dié week gegroet het nie, het die episode gewys dat nie elke keerpunt in Op my eish! met ’n afskeid gepaardgaan nie. Met spanning wat openlik aangespreek is en persoonlike waarhede wat na vore gekom het, het Ruan se reis ’n stiller maar dieper wending geneem.

Op my eish! word elke Donderdag om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai en is ook beskikbaar op DStv Stream en Catch Up.

Lees ook: TYDSKRIF-UITTREKSEL: ‘Ek sien my ouers in my huwelik!’

The post “Ek wil nie weer trou nie”: Ruan se onthulling skep onsekerheid op ‘Op my eish!’ appeared first on rooi rose.

Soene en onderlinge spanning skud ‘Op my eish!’
Episode vyf van Op my eish! het romanse tot nuwe hoogtes gevoer, maar ook gewys Ruan se reis na liefde gaan nie net oor vlinders en vonke nie. Tussen ’n doolhof-uitdaging, oop gesprekke, nóg ’n soen en groeiende spanning tussen die dames, moes Ruan reeds in die middel van die episode ’n onverwagse wending hanteer toe een van die vroue self gekies het om huis toe te gaan.

Ruan het vier dames – Charlene, Minette, Saartjie en Maritha – na Amorentia Estate geneem vir ’n dag vol speletjies en romantiese moontlikhede. Die uitdaging was eenvoudig, maar nie maklik nie: Die vroue moes Ruan in ’n doolhof opspoor, en die eerste een om hom te vind sou ’n alleenafspraak wen. Al het Ruan geskree en probeer help, het die dames behoorlik rondgehardloop en gesukkel – totdat Maritha uiteindelik eerste by hom uitgekom het.

Terwyl dié groep besig was, het die ander dames langs die swembad ontspan, drankies geniet en sommer ook oor Saartjie gesels. Daar was ’n ligte debat oor of “Saartjie” wel haar regte naam is.

Later het Charlene, Maritha, Saartjie en Minette saam met Ruan onder die bome vir ’n piekniek aangesit. Ruan het die spanning in die groep direk aangespreek en gevra of daar enige ongemak tussen die deelnemers is. Minette het erken daar is wel ’n bietjie spanning, en Charlene het dit beaam.

Charlene het daarna alleentyd met Ruan gekry, en toe hy haar vra of sy dink daar kan ’n moontlike konneksie wees, het sy sonder huiwering geantwoord: “Dis ’n dom vraag! Daar is definitief ’n konneksie. Kan ek so ver gaan om te sê daar is chemistry?”

Minette se een-tot-een-gesprek met Ruan was ook vol romantiese belofte. Ruan het dit duidelik gemaak dat sy nog lank deel van die reis sou wees. “Ek sien baie uit na die volgende paar weke wanneer die dames bietjie minder raak en dinge meer intiem raak,” het hy gesê. Minette het ná die gesprek gevoel alles is klopdisselboom tussen hulle: “Dit was vir my lekker om daar weg te stap en te voel ons het ’n wedersydse begrip van hoe ons oor mekaar voel en die potensiaal wat daar is.”

Daarna was dit tyd vir Maritha se romantiese alleenafspraak. Die twee het ’n intieme ete langs die rivier geniet, vol flirtasie en grappies. Later, toe hulle gemaklik op ’n kombers lê, het die speelse oomblik oorgegaan in iets meer – en Maritha het haar eerste soen van Ruan gekry.

Die grootste verrassing het die volgende dag gekom toe Caitlin aan Ruan se deur kom klop het om te vra of hulle kan praat. In ’n eerlike en emosionele gesprek het sy verduidelik dat sy besluit het om huiswaarts te keer. “Dit was ’n baie moeilike besluit,” het sy gesê. “Ek sou Ruan graag beter wou leer ken het, maar ek het ander verpligtinge en sou nie ten volle teenwoordig kon wees nie.”

Caitlin het verder verduidelik dat haar werk en persoonlike verantwoordelikhede – insluitend haar hond – vereis dat sy haar fokus elders plaas. “Ek het gevoel dat ek nie ten volle vir die afsprake kon opdaag nie,” het sy erken. “Ek wou nie ruimte in die reis opneem as ek nie volkome kon deelneem nie, en dit het net reg gevoel om ’n ander vrou ’n behoorlike kans met Ruan te gee.”

Al was dit hartseer om te groet, was daar geen spyt nie. “Ek sou graag langer wou bly, maar ek is nie spyt dat ek vertrek het toe ek dit gedoen het nie,” het sy gesê. “Ek glo dit was die regverdige besluit vir beide Ruan en die ander vroue.”

Die aand het die spanning egter weer begin opbou tydens ’n pool party wat vir Ruan en die dames gereël is. Om die ys te breek, het Ruan ’n ja/nee-speletjie voorgestel – met ’n eiervrug vir “nee” en ’n perske vir “ja”. Wat as ’n speelse aktiwiteit begin het, het gou ernstiger geraak toe vrae oor spanning en opregtheid in die groep op die tafel beland het. Twee duidelike kante het na vore gekom, met Cindy wat kommentaar gelewer het oor deelnemers wat volgens haar anders optree voor Ruan en die kameras, terwyl Charlene en Maritha sigbaar ongemaklik was met die rigting waarin die speletjie beweeg het.

Ná die speletjie het Ruan besluit om Saartjie beter te leer ken. As ’n laat toetrede tot die groep was dit hul eerste alleentyd, en dit het haar verras. “Ons het baie dieper gepraat as wat ek verwag het,” het sy gesê, ’n aanduiding dat haar teenwoordigheid moontlik nog ’n groot rol in die reis kan speel.

Met nuwe soene, oop harte, toenemende spanning en ’n dame wat uit eie keuse gegroet het, was dit duidelik: Ruan se pad na liefde raak al hoe meer kompleks – en die spel het pas werklik begin.

Op my eish! word elke Donderdag om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai en is ook beskikbaar op DStv Stream en Catch Up.

Lees ook: 13 flieks om na uit te sien in 2026!

The post Soene en onderlinge spanning skud ‘Op my eish!’ appeared first on rooi rose.

’n Eerste soen en ’n ‘wild card’ verander alles in ‘Op my eish!’
In episode vier van Op my eish! het ’n nuwe wending in Ruan se liefdesreis tot ’n dramatiese mengsel van romanse, verrassings en ’n moeilike afskeid gelei. Tussen geheimsinnige briefies, groeiende konneksies en die seisoen se eerste soen, moes een dame haar tasse pak – net toe nóg ’n nuwe deelnemer haar opwagting gemaak het.

Aan die begin van die episode het Ruan en JP saam hardop gewonder oor die twee dames wat reeds huis toe gestuur is, voordat JP aangekondig het dat die dag se uitdaging ’n touch rugby-wedstryd sou wees. Die wenspan sou die geleentheid kry om ’n safari-wildrit saam met Ruan te onderneem. Net voor die aktiwiteit het JP ’n anonieme briefie aan Ruan oorhandig met ’n leidraad wat later ’n groot rol sou speel.

Ruan het een span afgerig, en JP was die ander span se afrigter én skeidsregter, iets wat Ruan grapperig bevraagteken het: “Dis ’n win-lose. Jy kan nie teen die ref speel wat die coach vir die ander span is nie.” Maritha, Minette, Hermi, Caitlin en Cindy-Lee was in JP se span, terwyl Bejanke, Jenine, Chantal, Chantelle en Charlene in Ruan se span was.

JP se span het uiteindelik gewen, maar Caitlin kon nie die wildrit bywoon nie en het Charlene gevra om in haar plek te gaan.

Op die rit het die dames gou probeer om strategies sitplekke te kies, maar Ruan het eerste vir Charlene gevra om alleentyd saam met hom te spandeer. Hul gesprek was diep, en dit was duidelik dat daar ’n opregte band tussen hulle gevorm het. Ruan het ook tyd gemaak vir Minette en later vir Hermi. Hy en Hermi het eerlik gepraat oor hoe belangrik hulle kinders vir hulle is – veral as dit by verhoudings kom.

Tussen die ernstige gesprekke was daar ook ligter oomblikke, soos toe Cindy-Lee, Minette en Charlene ’n bokdrolspoegkompetisie gehou het met Maritha as skeidsregter.

Aan die einde van die wildrit het Ruan vir Cindy-Lee gekies om hom te vergesel vir aandete in die bosveld. Ruan het verduidelik: “Ek en Cindy verstaan mekaar op ’n ander manier. Sy is net iemand met wie jy outomaties gemaklik voel.”

Die aand het geëindig met ’n groot mylpaal toe Cindy die seisoen se eerste soen van Ruan gekry het – ’n oomblik wat gewys het hoe lekker die liefdesvuur reeds brand.

Die volgende dag het ’n groepafspraak gevolg waar Chantal, Chantelle, Jenine, Bejanke en Caitlin saam met Ruan op ’n e-bike-avontuur gegaan het. Jenine het eerste alleentyd gekry, en die gesprek het emosioneel geraak toe sy oopgemaak het oor ouerskap en oor hoe sy haar kinders alleen grootmaak.

Daarna het Ruan vir Caitlin gevra vir alleentyd, en hy wou weet of sy werklik nog deel van hierdie avontuur wil wees. Sy het erken sy het nog tyd nodig om seker te word oor haar gevoelens.

Ruan se laaste een-tot-een-gesprek met Chantal het die briefie-raaisel finaal opgelos. Chantal het erken sy was die een wat vir hom geskryf het en het nog twee briefies oorhandig. Maar voordat Ruan dit kon lees, het hy ’n moeilike besluit geneem en haar huis toe gestuur. Omdat hy reeds sterker konneksies met ander dames gehad het, het hy gevoel dit was nie regverdig om haar langer van haar seuntjie weg te hou nie.

Vir Chantal was die Op my eish!-ervaring emosioneel maar leersaam. “Dit het my uit my gemaksone geneem en my laat dink oor wie ek is en wat ek regtig soek,” het sy gesê. Al was dit seer om te groet, het sy verlief geneem daarmee dat dinge nie altyd volgens plan verloop nie: “Ek moes aanvaar dat dinge nie altyd uitwerk soos ek gehoop het nie, maar ek weet Liewe Jesus beplan iets anders vir my lewe.”

Sy voel sy het gegroei tydens die ervaring: “Ek het meer oor myself geleer, my eie waarde beter leer verstaan en hoe ek my gevoelens kan hanteer.”

Hoewel haar reis korter was as wat sy gehoop het, het Chantal gesê sy glo steeds in liefde: “My liefde vir my seuntjie het my gewys wat liefde regtig is – onvoorwaardelik.” Sy het bygevoeg dat sy tans fokus op haar kind en hul toekoms en vertrou dat die regte persoon op die regte tyd sal opdaag.

Terwyl die dames weg was, het JP egter nog ’n verrassing aangekondig: ’n Nuwe wild card, Saartjie Erlank van Pretoria, het haar opwagting gemaak. “Vir my is die belangrikste eienskap in ’n lewensmaat Christenskap. Die klein goedjies in die lewe beteken vir my baie,” het die nuwe aankomeling gesê.

Toe Ruan en die ander dames terugkeer en vir Saartjie ontmoet, was almal bekommerd oor waar Chantal is – en Ruan moes die nuus van haar afskeid breek. Maar met Saartjie nou in die prentjie, was dit duidelik dat die dinamika in die groep weer eens drasties sou verander.

Saartjie en Chantal (Foto: Verskaf/kykNET)

Op my eish! is elke Donderdag om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.

Lees ook: Nuwe dokumentêre reeks: Wie is Frank Opperman werklik?

The post ’n Eerste soen en ’n ‘wild card’ verander alles in ‘Op my eish!’ appeared first on rooi rose.

Eerste twee dames pak hulle tasse in ‘Op my eish!’ en die emosies loop hoog
Episode drie van Op my eish! het ’n nuwe fase in Ruan se soektog na liefde ingelui toe hy die eerste keer twee dames se harte moes breek. Ná ’n paar dae vol avontuur, oop gesprekke en groeiende konneksies, was dit uiteindelik Chantelle Wilson en Carmen wat hul tasse gepak het en huis toe gestuur is – ’n besluit wat duidelik nie ligtelik geneem is nie.

Voor die emosionele afskeid het die episode egter met spanning, humor en intieme oomblikke gewys hoe kompleks die reis na potensiële liefde vir Ruan in der waarheid is.

Die episode het begin met Ruan wat sy eerste twee anonieme briefies van ’n dame ontvang – sonder dat hy weet wie dit geskryf het. Vasbeslote om antwoorde te kry, het hy tydens ’n foefieslaaid-aktiwiteit probeer uitvind wie agter die boodskappe sit, maar die vroue het tjoepstil gebly. Die ses deelnemers wat nie die boereworsrolletjie-kompetisie gewen het nie – Chantelle Smith, Chantal, Maritha, Bejanke, Jenine en Hermi – het aan die hoogte-avontuur deelgeneem. Dit het gou duidelik geword dat hoogtes nie Ruan se ding is nie, en tussendeur het hy gebieg: “Hierdie raak nou bietjie wild, hoor.”

Die groep het daarna langs die rivier gaan piekniek hou, waar Ruan oopgemaak het oor hoe oorweldigend die ervaring soms vir hom is. “So baie meisies wat moeite doen, ek weet dit lyk aangenaam, en natuurlik is dit nice dat almal bereid is om hier te wees. Maar dis rêrig moeilik,” het hy tydens die groepafspraak gesê.

Ruan het Chantelle Smith eerste vir alleentyd gevra, waar hulle gesels het oor hoe die reis tot dusver verloop het. Omdat Chantelle later as die ander dames aangesluit het, was dit vir Ruan belangrik om haar beter te leer ken. Hy het ook Hermi vir alleentyd gevra, en hul gesprek het dieper gegaan toe sy meer oor haar persoonlikheid gedeel het en vir Ruan groter insig gegee het in wie sy is.

Later het Ruan die geleentheid gehad om een dame op ’n persoonlike afspraak te neem, en hy het Maritha gekies. Die gesprek het emosioneel geraak toe Ruan haar gevra het waarom sy nie in ’n verhouding is nie. Maritha het vertel dat sy twee jaar tevore verloof was, maar dat haar verloofde oorlede is – ’n oomblik wat Ruan diep geraak het. Hy het haar eerlikheid en kwesbaarheid opreg waardeer. Ná middagete het hy haar verras met ’n pottebakkery-klas, waar daar duidelike vonke was. Ná die afspraak het Maritha gesê: “Hy gee vir my butterflies. Hy’t mooi oë, en ek hou van sy lagplooie. Hy is baie real.”

Vir die tweede aktiwiteit in die episode het Ruan vyf dames gekies vir ’n sintuiglike uitdaging: Chantelle Wilson, Bejanke, Minette, Cindy-Lee en Carmen. Met blinddoeke aan moes die vroue hul sintuie gebruik om te raai wie Ruan en wie sy tweelingbroer, JP, is. Al vyf dames was in die kol. Daarna het die groep na die dek beweeg vir ’n drankie, waar Ruan Minette vir alleentyd gekies het. Sy het meer van haarself vertel, en daar was duidelike aantrekking tussen hulle.

Ruan het ook Bejanke vir alleentyd gevra en openlik erken dat daar reeds ’n konneksie van sy kant af was. “Ek het nog nie gedelf in hoe sy voel nie, maar daar is iets spesiaals aan haar. Ek kan rêrig nie wag om haar beter te leer ken nie,” het hy gesê.

Toe die dames terugkeer, het Cindy-Lee, Bejanke en Chantelle Wilson besluit om vir die ander dames ’n poets te bak deur te sê dat Minette en Carmen huis toe gestuur is. Dit het later duidelik geword dat dit net ’n grap was, maar die aand het reeds ’n ernstige toon gehad. Toe Ruan opdaag en Cindy-Lee, Carmen en ChantelleWilson vir ’n groepafspraak vra, het dit aanvanklik gelyk asof al drie dalk huis toe gestuur sou word – ’n oomblik waar die spanning ook vir kykers tasbaar was.

Uiteindelik het Ruan die moeilike besluit geneem om afskeid te neem van Carmen en Chantelle Wilson. Daarna het hy en Cindy-Lee ’n intieme oomblik gedeel wat gewys het hoe emosioneel gelaai die aand was.

Vir Chantelle Wilson was die Op my eish!-reis een van groei en selfontdekking. “Dit was vir my ’n spesiale ervaring, en ek is dankbaar dat ek dit kon beleef. Dit het my uit my gemaksone geneem en my baie oor myself geleer,” het sy gesê. Om huis toe te gaan het sy rustig aanvaar: “Ek glo dinge gebeur soos dit moet, en liefde kan nie geforseer word nie.”

Carmen het haar ervaring beskryf as veel meer as net ’n soektog na liefde. “Dit was eerlikwaar ’n ongelooflike avontuur. Dit het my laat lag, laat dink oor die lewe en my hart laat oopgaan,” het sy gesê. Al was dit teleurstellend om huis te moet gaan, was daar ook vrede. “Soms beteken huis toe gaan nie die einde van ’n storie nie, maar net die begin van ’n nuwe hoofstuk.” Carmen het gesê sy glo steeds onwrikbaar in liefde –  “liefde wat jou laat gekies voel, veilig laat voel en rustig laat asemhaal.”

Op my eish! word elke Donderdag om 20:00, net op kykNET (DStv-kanaal 144), uitgesaai. Die reeks is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.

Lees ook: Schalk Bezuidenhout is byna onherkenbaar in Die Kantoor

The post Eerste twee dames pak hulle tasse in ‘Op my eish!’ en die emosies loop hoog appeared first on rooi rose.

PAS BEKEND | Ontmoet die dames wat vir Ruan se hart meeding in ‘Op my eish!’
Die nuwe seisoen van Op my eish! bring nie net vars romanse en verrassende wendinge nie, maar stel ook ’n dinamiese groep dames bekend wat almal hul eie unieke stories en persoonlikhede saambring op hul soektog na ware liefde.

Van avontuurlustiges en entrepreneurs tot professionele vroue met groot drome – elkeen van die 16 deelnemers het ’n rede waarom sy glo sy kan Ruan se perfekte pasmaat wees.

Ontmoet die top-16:

Jenine Combrinck (32), verkoopsrekeningbestuurder, Kaapstad

Hoekom het jy ingeskryf? ⁠⁠

Ruan het my laat lag in sy video. Daar was iets van hom wat uitgestaan het, en ek het besluit ek wil die kans waag om hom beter te leer ken.

Wat soek jy in ’n man?

’n Christen en iemand wat doelgerig is en lus is om avonture saam aan te pak. Iemand met wie ek die kar kan pak en net onverwags weggaan, asook iemand wat my kinders aanvaar soos hul eie.

Caitlin McLaren (30), toerisme, Pretoria

Hoekom het jy ingeskryf?

Ek is al vir vier jaar enkellopend en het besluit om iets nuuts te probeer.

Wat soek jy in ’n man?

Ek soek ’n man met ’n lojale hart, ’n skerp verstand en ’n warm sin vir humor – iemand lank, vriendelik en opreg met wie ek iets egs kan bou.

Bejanke Nel (32), entrepreneur, Nelspruit

Hoekom het jy ingeskryf?

Daar was iets van Ruan wat my as mens aangetrek het, en toe besluit ek, kom ek vat ’n kans op liefde. As mens nie ’n kans vat nie sal mens nooit weet nie.

Wat soek jy in ’n man?

Ek soek ’n eerlike en betroubare man wie se Christelike waardes reg is. ’n Persoon wat kan pret hê, met wie ek kan lag en huil deur goeie en slegte tye. Iemand wat ook mooi na homself kyk, respek het en my hele pakkie sal aanvaar vir wie ons is.

Carmen Hamman (37), entrepreneur, Pretoria

Hoekom het jy ingeskryf?

Ek hou van avontuur en wou graag bietjie uit my gemaksone kom en iets nuuts probeer. Boonop is Ruan my tipe, en ek het hom baie aantreklik gevind.

Wat soek jy in ’n man?

Selfvertroue, sukses, stabiliteit en veiligheid – met ’n dash of fun, want die lewe moenie te ernstig opgeneem word nie.

Sonja Mostert (37), tuissorg-adviseur, Klerksdorp

Hoekom het jy ingeskryf?

Ek het ingeskryf op soek na ware liefde, gereed om iemand opreg te ontmoet en om my vermoë tot vertroue te herstel ná die teleurstelling van seer.

Wat soek jy in ’n man?

Wat ek in ’n man soek, is respek, betroubaarheid en stabiliteit. Nie net sterk van buite nie, maar sag genoeg om liefde te wys.

Lorraine Minnie (39), kantoorbestuurder, Hartbeespoortdam

Hoekom het jy ingeskryf?

Mens waag maar ’n kans op liefde. Dit is ’n lekker avontuur, en terselfdertyd is daar ’n moontlikheid vir liefde.

Wat soek jy in ’n man?

Iemand wat goedheid na my lewe toe bring. Iemand wat trane kan verander in glimlagte, en spanning kan verander in avonture.

Charlene Wolmarans (41), aktrise en eienaar van agentskap, Kaapstad

Hoekom het jy ingeskryf?

Ek het ingeskryf vir Ruan omdat ek kwaliteite in hom gesien het wat ek van hou en ek glo my kan aanvul. Onder normale omstandighede sal ek nie ’n man benader uit my eie nie, maar Op my eish! het my die geleentheid gegee om myself in ’n posisie te plaas waar iemand van my keuse my kan nastreef. Ek voel my lewe is vol, en ek het al redelik baie bereik saam met Jesus, baie opgebou en beleef en drome uitgeleef, asook al baie alleen gereis. Dit sal lekker wees om dit alles te kan deel met iemand spesiaal. Ek glo in ware liefde. Ek het net nog nie my ware liefde gevind nie. Ek’s ook mal oor ’n lekker uitdaging en voel ’n mens moet gereeld jouself uitdaag, en buitengewone ervaringe is seker die beste manier om uit jou gemaksone te tree en te groei om die beste weergawe van jouself te word.

Wat soek jy in ’n man?

Ek het vir jare ’n lang lysie gehad van wat ek soek in ’n man, maar onlangs het ek besef ek wil net iemand hê wat swakker is waar ek sterk is en sterk is waar ek swakker is. Op so ’n manier kan ons mekaar aanvul en die beste uit mekaar bring, maar ook mekaar nodig hê. Ek glo die man is die hoof van die huis en dat hy moet lei en ek hom moet respekteer. Ek wil nie die man se rol speel nie. Ek hou van ’n man wat my toelaat om die vrou te wees: vroulik, myself, vol liefde, sag, iemand wat gereeld lag en spontaan is. Ek wil openlik getuig, praat en lewe vir Jesus. Ek waardeer ook iemand wat hou van sport en oefen, want ek geniet dit self baie, en dis iets wat ons saam kan beoefen. Ek love ook ’n man wat my kan laat lag en baie liefdevol is met my.

Chantelle Wilson (35), gastehuisbestuurder, Pretoria

Hoekom het jy ingeskryf?

Ek het ingeskryf omdat ek op soek is na ware liefde. Ek wil graag ’n man hê en eendag ’n kind hê.

Wat soek jy in ’n man?

Ek soek ’n respekvolle man met selfvertroue en sterk waardes – iemand wat leiding kan neem en verantwoordelikheid dra.

Christine van Wyk (28), grafiese ontwerper en sosialemediabestuurder, Pretoria

Hoekom het jy ingeskryf?

Ek het oorspronklik as ’n dare ingeskryf en toe besluit, kom ons kyk wat gaan vir wat.

Wat soek jy in ’n man?

⁠⁠Ek soek iemand wat opreg hulself is, eerlik is en ’n goeie vriend is; iemand wat saam met my kan lag en huil, wat deur alles langs my sal staan en my ondersteun.

Cindy-Lee Burrell (35), entrepreneur, Kempton Park

Hoekom het jy ingeskryf?

Toe ek sien wie die nuwe bachelor is, het ek gaan kyk wie Ruan is. En wat ek gesien het van Ruan, het my laat besluit om in te skryf om te kyk of daar potensiaal is vir moontlike liefde vorentoe met Ruan omdat sy persoonlikheid en menswees baie dieselfde is as myne. Wie nie waag nie, wen nie, of hoe?

Wat soek jy in ’n man?

Dis maklik om ’n man te kry, maar dis nie maklik om iemand te kry waarmee jy ’n verhouding kan bou met volle vertroue, lojaliteit, respek en kommunikasie nie. Ek soek iemand wie dit kan bied en so ook ek in ruil. Ek soek iemand wat my emosionele ondersteuning kan gee deur vriendelikheid en empatie. Ander belangrike eienskappe is eerlikheid, geduld en ‘n bereidwilligheid om kompromieë aan te gaan om uitdagings saam aan te pak deur die lewe.

Melissa Jonker (30), skepper van sosialemedia-inhoud, Johannesburg

Hoekom het jy ingeskryf?

Ek wou ’n kans waag om liefde te vind.

Wat soek jy in ’n man?

’n Man wat God liefhet, groot droom en ’n goeie leier is.

Minette Prinsloo (33), entrepreneur, Limpopo

Hoekom het jy ingeskryf?

My lewe is reeds in menige aspekte vervul, en ek is al lank gereed vir ’n “vir ewig-verhouding”. Ek streef elke dag daarna om die beste vrou te wees wat ek kan. Ek sien so baie uit om ’n betekenisvolle lewe saam met my man te deel. Al my hartsmense bid ook saam met my vir my pasmaat. Opregte liefde is altyd die moeite werd – en wie nie waag nie, wen nie. Van wat ek kon sien, is Ruan ook iemand baie spesiaal. Sy lewensreis en wie hy geword het, asook sy persoonlikheid (en natuurlik sy looks – mooiste man), laat my graag ’n potensiële verhouding met hom verder wil ontdek.

Wat soek jy in ’n man?

’n Man wat ’n aktiewe verhouding met die Here het. Hy moet die hoof van die huis wees en sy gesin kan lei. Ek wil met respek en vertroue met toe oë aan hom onderdanig kan wees in my vroulike rol. ’n Man met integriteit, nederigheid en ’n hart vir mense. My man moet saam met my kan droom en bou. My pasmaat moet ook emosionele intelligensie en kapasiteit hê. Hy moet spontaan, avontuurlustig en humoristies wees, vol liefde en vreugde. Ons moet natuurlik mekaar se grootste ondersteuners en beste vriende wees.

Hermi Dempsey (41), naelsalon-eienaar, Pretoria

Hoekom het jy ingeskryf?

Verskeie mense na aan my het my aangemoedig om in te skryf. Daar is so baie mense in my lewe wat bid vir ’n ware liefdesverhaal vir my. Om ’n kans op liefde te neem moet ’n mens braaf wees. Hierdie was my groot stap.

Wat soek jy in ’n man?

Ek vind sterk karaktereienskappe in ’n man baie aantreklik. Iemand wat na aan God leef, sal dit mooi uitbeeld. Iemand wie my ten volle sal liefhê vir wie ek is en by wie my hart veilig kan wees. ’n Verhouding wat die gevoel het van jou huis wees, waar daar baie liefde, respek en vrede is.

Ziska Pretorius (28), verpleegkundige, Noord-Wes

Hoekom het jy ingeskryf?

Ruan se video vir Op my eish! het my vreeslik aangetrek. Ek het onmiddellik gedink: Hierdie is ’n man wat ek sal wil leer ken. Hy is snaaks, aktief en natuurlik aantreklik! Liefde het my nog nie op die tradisionele manier gevind nie – geen skade om alternatiewe metodes te probeer nie.

Wat soek jy in ’n man?

Eerlikheid, integriteit, lojaliteit en ’n goeie humorsin.

Maritha Albertyn (27), dieetkundige, Johannesburg

Hoekom het jy ingeskryf? ⁠

Ek het besluit om ‘n kans op liefde te vat, selfs al was dit ’n groot stap om myself daar buite te sit, veral op ’n TV-program. Ruan het vir my na iemand gelyk wat vol lewe en fun is, met ‘n sterk en manlike teenwoordigheid, en ek wou sien of ons moontlik ’n konneksie kon bou. Liefde is ’n risiko, en ek is nie bang om dit te waag nie.

Wat soek jy in ’n man?

Belangrike eienskappe in ’n man vir my is om werklik die Here lief te hê; een wat by sy woord hou, nederig is, ambisie het en my aanvaar nes ek is. Ek soek iemand wat saam met my die lewe wil geniet en wat my butterflies gee elke keer wanneer ek hom sien.

Chantal Viljoen (26), onderwyser, Wes-Kaap

Hoekom het jy ingeskryf? ⁠

Ek het besluit om in te skryf omdat ek glo dat ware liefde begin waar waardes ontmoet – by geloof, respek en opregtheid. Ek sien baie van my eie waardes in Ruan raak: sy deursettingsvermoë, nederigheid en liefde vir God en vir mense. Ek glo dat die Here mense oor mekaar se pad bring met ’n doel, en ek vertrou Sy tyd daarmee.

Wat soek jy in ’n man?

Ek soek ’n man met ’n opregte hart – iemand wat God eerste stel, respek en sagtheid uitleef, en vir my en my kind met liefde en stabiliteit sal lei; ’n man wat saam met my wil bou aan iets werkliks, eerliks en geseënd.

Met hierdie diverse groep dames beloof die vierde seisoen van Op my eish! om vol emosie, avontuur en spesiale oomblikke te wees. Kykers kan uitsien na opregte ontmoetings, vonke wat sommer vroeg spat en ’n seisoen waar elke episode vir opwinding sorg.

KYK |  Ontmoet die Op my Eish! se top-16

Op my eish! begin op 15 Januarie om 20:00, net op kykNET (DStv-kanaal 144). Die reeks sal ook beskikbaar wees op DStv Stream en Catch Up.

Lees ook: Tien lesse wat Ivan en Donnalee in tien jaar geleer het!

The post PAS BEKEND | Ontmoet die dames wat vir Ruan se hart meeding in ‘Op my eish!’ appeared first on rooi rose.

Nuwe seisoen van ‘Op my eish!’ skop binnekort af – en kykers kan ’n paar verrassings verwag
Op my eish! keer op Donderdag 15 Januarie 2026 om 20:00 terug na kykNET met ’n nuwe seisoen vol vars energie en romanse. Hierdie keer is dit die voormalige rugbyspeler Ruan Smith wat sy hart op die spel plaas in die hoop om iemand te ontmoet met wie hy ’n toekoms kan bou. Kykers kan regskuif vir ’n seisoen vol verrassings, egte interaksies en onvergeetlike oomblikke.

Hier’s ’n paar interessante feite oor die vierde seisoen van Op my eish!:

Die 16 dames wat vir Ruan se liefde veg

Ná honderde inskrywings om vir Ruan se hart mee te ding, het hy 16 vroue gekies om hom in persoon te ontmoet. Uiteindelik kan hy net 12 dames saam met hom op die reis neem, wat vir nog meer spanning, emosie en onverwagte oomblikke sorg.

Die wildcards se aankoms…

In vorige seisoene het die twee wildcards altyd in dieselfde episode hul opwagting gemaak, maar hierdie keer verskyn hulle uit die bloute – presies wanneer Ruan dit die minste verwag. Dit het nie net spanning onder die dames laat opvlam nie, maar ook tot ’n paar uitdagende besluite gelei wat die verloop van dié seisoen beslis beïnvloed het.

Die vonke spat

Dié seisoen, of dalk liewer “sy-soen”, sorg nie net vir opwindende aktiwiteite en romantiese afsprake nie, maar ook vir ’n klomp soene – en die eerste een word sommer al in episode twee geplant. Die vroeë vonke voorspel ’n onstuimige liefdesreis waar emosies vinnig opvlam en bande onverwags vorm.

Propvol aktiwiteite en drama

Dié seisoen is propvol opwindende aktiwiteite en uitdagings, met twee aktiwiteite in elke episode wat die dames én Ruan op hulle tone hou. Van die hoogtepunte sluit in foefieslaaidry (zipliningI), Spot the Difference tussen Ruan en JP, ’n vrolike touch rugby-sessie, ’n bosveldsafari as ’n romantiese afspraak, e-fietsry en selfs ’n soektog deur ’n doolhof waar die dames vir Ruan moes opspoor. Daar was ook ’n lekker partytjie in die swembad, emoji-speletjies, pret met ’n Sip ’N Slide – waar drankies nie mag mors nie – en Whisper or Dare, waar die dames geheime in Ruan se oor fluister of ’n waagmoedige opdrag uitvoer. Verder het die vroue ook die kans gekry om met die lewensafrigter Liezl Thom te gesels vir raad oor hoe om die senutergende, emosionele kant van die avontuur te hanteer. En dit is maar net ’n voorsmakie van die wipwarit van ’n seisoen wat op pad is.

Die manne sê:

Vir Ruan was dit ’n emosionele reis vol verrassings en waardevolle lesse: “Ek’s ongelooflik opgewonde oor hierdie nuwe seisoen. Om weer die kans te kry om liefde met ’n oop hart te soek, is iets wat ek nie ligtelik opneem nie. Tydens hierdie proses het ek baie van myself geleer en ek’s reg om te wys wie ek is. Hopelik vind ek iemand wat saam met my die pad wil stap.”

Sy tweelingbroer en wingman, JP, voeg by: “As Ruan se wingman is ek so gereed vir die chaos, die lag en die oomblikke wat jy net eenvoudig nie kan opmaak nie. Ek ken my broer – as sy hart regtig oop is, gaan hierdie seisoen iets besonders wees. Ek’s hier om hom te ondersteun, hom uit te daag en seker te maak hy sien die regte dinge in die regte vroue. Dis ’n nuwe avontuur vir ons albei, en ek kan nie wag dat almal dit saam met ons beleef nie.”

KYK | Amptelike Lokprent: Op My Eish! Seisoen 4

Op my eish! begin op 15 Januarie 2026 om 20:00, net op kykNET (DStv-kanaal 144). Die reeks sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.

Lees ook: Boer soek ’n vrou se inskrywings is oop! Leer ken Boer Willie

The post Nuwe seisoen van ‘Op my eish!’ skop binnekort af – en kykers kan ’n paar verrassings verwag appeared first on rooi rose.

JP Smith is sy tweelingbroer, Ruan, se ‘wingman’ in die nuwe seisoen van ‘Op my eish!’
Iemand wat eerlik is, lojaal is en daar is as dinge moeilik raak. Vir Ruan Smith is daardie iemand nie net ’n vriend nie – dit is sy identiese tweelingbroer, JP Smith.

In die nuwe seisoen van kykNET se gewilde realiteitsreeks Op my eish!, sal JP sy broer as vertroueling en klankbord bystaan terwyl Ruan liefde soek voor die kameras.

“Dis ’n absolute eer. Dit is awesome,” sê JP. “Ons is ongelooflik close en ken mekaar goed. Dis vir my ’n nuwe uitdaging. So, dit gaan interessant wees. Ek en Ruan het al baie saam deurgemaak – moeilike én goeie tye. So, ek weet wat is die beste vir hom. Ek gaan eerlik wees soos altyd. Ek het sy beste belange op die hart,” sê hy.

Die twee broers het nie net ’n hegte band nie, maar ook ’n indrukwekkende geskiedenis saam op die rugbyveld. JP het in sy loopbaan vir spanne soos die WP (2010), die Brumbies (2014–2015), Canberra Vikings, Stormers (2016), Reds (2018–2020), LA Giltinis (2021) en die Lions (2021–2024) uitgedraf. Hy en Ruan het, onder meer, saam vir die Brumbies, Reds en Lions gespeel. Deesdae bestuur hulle saam ’n rugbykliniek, Eight7, waar hulle jong talent help ontwikkel.

JP weet presies waarna Ruan op hierdie stadium in sy lewe soek: stabiliteit, opregtheid en iemand wat gemaklik is in eenvoud.

“Ruan soek iemand wat rustig is – nie iemand wat heeltyd op pad of bedrywig moet wees nie. In ons loopbane was ons baie besig en het min tyd vir onsself gehad. So, iemand wat tyd by die huis waardeer, is vir hom belangrik. Nie ’n high-maintenance persoonlikheid nie – net iemand wat gemaklik is in normale, rustige tye.”

Maar dit gaan nie net oor gemak nie. JP glo Ruan het ’n maat nodig wat selfstandig en familie-geörienteerd is. “Hy wil nie iemand hê wat verwag hy moet álles doen nie. ’n Verhouding gaan oor saam bou – nie net in een rigting gee nie. Ja, dis belangrik dat ’n man sy rol speel, maar dit moet wedersyds wees.”

Op die vraag hoe hy weet wanneer Ruan regtig verlief is, antwoord JP sonder om te huiwer: “As hy opofferings maak in sy daaglikse lewe vir iemand, dan weet jy dis ernstig. Hy gee nie maklik daardie deel van homself prys nie. So, as hy begin aanpas vir iemand, beteken dit baie.”

“Ruan is eintlik ’n baie sagte ou,” sê JP. “Hy sit sy guard op, veral in nuwe verhoudings, maar as jy hom leer ken, is hy ’n ongelooflike lojale omgeemens. Ek hoop mense sien daardie kant van hom in die reeks – nie net die sterk rugbyspeler nie, maar die groot teddiebeer wat hy rêrig is.”

En as jy bekommerd is jy gaan die twee op die skerm verwar?

“Ons is baie dieselfde, maar ons persoonlikhede is ook effens verskillend. Jy sal dit begin raaksien. En as daar enige verwarring is – ek is die slimmer een,” sê JP met ’n lag.

Hy glo Op my eish! bied ’n unieke geleentheid vir sy broer: “In vandag se lewe is ’n mens so besig dat dit al moeiliker raak om liefde op ’n natuurlike manier te vind. Hierdie reeks gee hom die kans om homself oop te maak, om weer te probeer. En as ek ’n klein deel van daardie reis kan wees – dan is ek daar.”

KYK | Ontmoet Op My Eish! se Ruan Smith

Inskrywings vir die nuwe seisoen van Op my eish! is tans oop op kykNET.tv. Inskrywings sluit op 2 Augustus 2025.

Lees ook: ‘Wie word ’n miljoenêr’: ’n Vreemde partytjie-truuk – en iemand waag groot!

The post JP Smith is sy tweelingbroer, Ruan, se ‘wingman’ in die nuwe seisoen van ‘Op my eish!’ appeared first on rooi rose.