uitbranding | rooi rose

Stres: Gee aandag aan jou liggaam se waarskuwingstekens
Jy ken die gevoel: elke dag is net te kort vir wat jy alles moes doen. Om nie eens te praat van wat jy nog wóú doen nie. Jy het verantwoordelikhede tuis, verpligtinge by die werk/kerk/jou kind se skool, skuldgevoelens oor jou kinders. Voeg daarby die ure wat jy in spitsverkeer sit, jou bekommernis oor die verslegtende ekonomie en hoe stygende pryse jou beursie raak, die politieke situasie in die land, die hoë misdaadvlakke wat dalk al by jou of in jou vriendekring ’n letsel gelaat het … Die uiteinde? Hoër stresvlakke as waarvoor jou liggaam ontwerp is.

Stres het suutjies in ons woordeskat en daaglikse lewe ingekruip. Volgens die Amerikaanse Sielkundevereniging ly 43% van alle volwassenes se gesondheid onder die newe-effekte van stres. ’n Yslike 75% tot 90% van Amerikaanse doktersbesoeke het met stres te doen, en stres word verbind met die ses hoofoorsake van dood in Amerika: hartsiektes, kanker, longkwale, ongelukke, lewer-sirrose (weens alkoholmisbruik) en selfdood.

Die simptome van hoë stresvlakke het dalk al so ’n deel van jou daaglikse lewe geword dat jy dit nie eens meer agterkom nie: die hol kol op jou maag, die gedurige sooibrand, die spanningshoofpyne. Jy staan soggens moeg op, slaap sleg, voel dikwels angstig en sukkel om te konsentreer. Dalk is jou bloeddruk hoog, voel jy kortasem, of kry hartkloppings. Jy voel ongeorganiseerd, oorweldig en altyd gejaagd.

Klink dit bekend? Maak dan werk daarvan – dis die vroeë waarskuwingstekens. Moenie wag vir ’n hartaanval of ineenstorting nie.

Onthou ook dat jy dalk wel simptome van stres ervaar, maar dat dit onderdruk of gekamoefleer word deur jou gebruik van medikasie vir toestande soos hoë bloeddruk, maagsuur of migraine. Leefstylverandering is noodsaaklik as toestande soos maagsere, hoë bloeddruk, diabetes of hartprobleme by jou gediagnoseer word – en dit strek verder as net veranderinge aan jou dieet.

Maar chroniese stres kan ook lei tot ’n toestand genaamd komplekse post-traumatiese stressindroom (KPTSD). Dit verskil van post-traumatiese stressindroom (PTSD), wat dikwels voorkom by polisielede en soldate wat herhaaldelik aan stresvolle of gevaarsituasies blootgestel is, of wat baie dood en verwoesting aanskou het en dan ineenstort of uitbrand. PTSD kan ook ná ’n enkele gebeurtenis gediagnoseer word, soos as jy moes toekyk hoe iemand vermoor word, of ná iets soos ’n verkragting of motorkaping.

Komplekse PTSD is, soos die naam aandui, komplekser. Wanneer die toestand gediagnoseer word, was iemand gewoonlik blootgestel aan ’n kombinasie van chroniese stres en langtermyntrauma, soos mishandeling (emosioneel, fisiek of seksueel), huishoudelike geweld, of die versorging van ’n siek familielid. Die geliefdes van iemand met ’n verslawingsprobleem staan ook ’n groter kans om aan KPTSD te ly.

Mense met KPTSD voel hulle kan nie ontsnap aan die slegte situasie waarin hulle hul bevind nie. Hulle sien geen uitkomkans nie. Linda Germishuizen, ’n Kaapse kliniese en bedryfsielkundige, sê mense wie se persoonlike grense nie gerespekteer word nie, is ook meer vatbaar vir KPTSD. En die slegte nuus vir ons Suid-Afrikaners is dat ons land se hoë misdaadvlakke en die huidige ekonomiese situasie ook die ideale teelaarde vir KPTSD skep, juis weens die kombinasie van chroniese stres en trauma.

“’n Eenvoudige voorbeeld is iets soos finansiële probleme, wat nou ook in middelklasgesinne kop uitsteek. Dit kan lei tot verbale uitbarstings en kwaai spanning tuis, wat chroniese stres en langtermyn- emosionele skade by veral kinders kan veroorsaak.”

Dis belangrik om te onthou dat verskillende mense se toleransievlakke verskil. Iets wat jy maklik kan afskud, is vir iemand anders dalk ’n groot krisis. ’n Mens hoef nie noodwendig jare lank aan trauma blootgestel te wees voordat jy knak nie, en dit hoef ook nie noodwendig trauma soos dood of geweld te wees nie. Faktore wat jou weerstand aftakel (soos om te hard te werk sonder ’n goeie ruskans) saam met ander negatiewe faktore (soos jou baas se verbale uitbarstings) kan verwoestende nagevolge hê. Voel jy gedurig asof jy ’n hol kol op jou maag het, asof jy in trane wil uitbars, of asof iets slegs gaan gebeur? Dit kan ’n aanduiding van chroniese stres wees.

En is jy ’n “sterk” mens?

Pasop! KPTSD kom juis dikwels voor by mense wat geneig is om hul emosies te onderdruk of trauma bloot te hanteer sonder om ’n bohaai daaroor te maak. Die trauma bou as ’t ware laag-op-laag op en alles werk uiteindelik op mekaar in totdat dinge vir jou te veel word. Maak werk daarvan – gaan spreek jou huisdokter of ’n sielkundige. As dit nodig is, sal hulle jou na ’n psigiater verwys.

Lees ook: Gordelroos: Wat jy moet weet

Werkstres en uitbranding

Ons bring die grootste deel van elke dag by die werk deur, en chroniese werkstres het ’n groot uitwerking op ons gesondheid, waarsku Linda.

“Ons liggame is ontwerp om ’n klein bietjie stres op kort termyn te hanteer, nie chroniese stres nie. Elke stresvolle situasie veroorsaak ’n styging in ons adrenalienvlakke. Maar wanneer dit hoog bly oor ’n lang tyd, word hormone soos kortisol en DHEA vrygestel. Laasgenoemde is die sogenaamde moederhormoon wat noodsaaklik is vir gesonde vlakke van estrogeen, testosteroon en progesteroon. Dit wissel saam met ons stresvlakke, en help ons op kort termyn om deur die krisis te kom, maar op die lange duur is dit baie sleg vir jou liggaam. Oormatige kortisolafskeiding kan lei tot beenverlies, ’n verlaagde seksdrang, buierigheid, tipe 2-diabetes en gewigstoename.”

Dit kan ook lei tot uitbranding. Volgens Linda bestaan uitbranding uit ses identifiseerbare fases. Waar val jy in hierdie ses?

Gedrewenheid: Jy is mal oor uitdagings, voel energiek en gejaagd, is produktief en werk lang ure. Jy het nie tyd vir gereelde oefening nie en jy het slegte eetgewoontes.

Jy sleep jouself voort: Jy het minder energie en begin jou dag met koffie. Jy leef van wegneemkosse en drink kafeïendrankies soos koffie en Coke om aan die gang te bly. Jy slaap sleg, sit gewig aan óf verloor jou eetlus.

Jy verloor dit: Jy is moeg en sukkel met slaaploosheid. Jy het baie gewig aangesit, smag na suikerige kos en drankies, en ’n drankie saans help jou om te ontspan. Fisieke simptome sluit angstigheid, kortasemheid, naarheid en duiseligheid in.

Jou gemoedstoestand versleg: Jy is buierig en voel soms depressief. Kalmeermiddels of antidepressante lyk na ’n goeie opsie. Jy het meer stimulante nodig om aan die gang te bly, maar dit takel jou stelsel net verder af.

Jy tref ’n muur: Familie en vriende is moeg vir jou klagtes. Jou gesondheidsprobleme word meer. Jy is vergeetagtig, jou konsentrasie swak en jy sukkel daagliks met migraine, ’n stywe nek, rugpyn, allergieë en slaaploosheid. Jy is gespanne, angstig en ’n bietjie bang, en jy sosialiseer feitlik nie meer nie.

Uitbranding: Jy is super geïrriteerd, sukkel om soggens op te staan en alles is moeite. Jy voel alleen en geïsoleerd en het belangstelling in alles verloor. Dit voel of jy maar net bestaan. Toestande soos hartprobleme, tipe 2-diabetes, kanker, depressie of ander ernstige toestande is dalk reeds by jou gediagnoseer. Gaan spreek dadelik jou huisdokter of ’n spesialis vir ’n volledige mediese ondersoek.

Kreatiwiteit kan stres omkeer

“Ons lewe in ’n intellek-georiënteerde wêreld en probeer al ons probleme met ons verstand oplos,” verduidelik Linda. “Lysies met voor- en nadele het ’n plek. Maar om alles op te weeg en te ontleed kan net werk as jy elke enkele feit tot jou beskikking het. Met iets soos ’n moeilike persoonlike of werksituasie kan jy dit nie doen nie, want daar is te veel faktore waaroor jy geen beheer het nie. Jy gaan bloot verval in ’n negatiewe denkpatroon sonder ’n klinkklare oplossing.”

‘Omdat kreatiwiteit ’n vry-vloeiende aktiwiteit is, kry jou onderbewussyn as ’t ware kans om die oplossing uit te broei. Dit gebeur op ’n baie diep vlak wat jy glad nie met jou intellek kan beheer nie’

Gelukkig is daar raad. “Ons kan ons probleme dikwels goed verwerk deur regterbreinaktiwiteite. Met ander woorde, doen iets kreatiefs. Omdat dit ’n vryvloeiende aktiwiteit is, kry jou onderbewussyn as ’t ware kans om die oplossing uit te broei. Dit gebeur op ’n baie diep vlak wat jy glad nie met jou intellek kan beheer nie, en op ’n dag meld ’n oplossing hom net aan.”

En moenie jou blind staar teen die woord “kreatiwiteit” nie – iets soos tuinmaak of kosmaak is ook ’n vorm van kreatiwiteit. “Of kies iets soos dans of tai chi, of gaan stap.” Tyd in die natuur kan ook help. Skakel gerus maar jou selfoon of tablet af – dit demp kreatiwiteit, maan Linda.

“Leer om in die oomblik teenwoordig te wees. Al wat soms nodig is vir die oplossing vir ’n probleem, is om stil te wees. To be – ons vergeet ons is human beings, nie human doings nie.”

Lees ook: Swaar menstruasie; het jy endometriose?

Die belangrikheid van persoonlike grense

Linda beklemtoon die noodsaaklikheid van gesonde grense, en meen dis iets waarmee die meeste mense sukkel. Dit veroorsaak dat ons dikwels sukkel om “nee” te sê vir die eise wat ander mense (base, maar ook ons gesinne en vriende) aan ons stel. Dit lei tot ekstra spanning.

Sy meen veral vroue sukkel met persoonlike grense omdat ons van kleins af geleer word om die vrede te bewaar en konflik te vermy. Die gevolg? Jy stel jouself laaste, probeer almal om jou red en word ander mense se vloerlap.

“’n Mens hoor dikwels ’n vrou in ’n probleemhuwelik sê sy het van haar man se probleme geweet voor hulle getroud is, maar het gedink sy sal hom kan help om te verander.”

Linda maan ook teen onnodige skuldgevoelens. “Ek sien dit veral by vroue, en baie daarvan spruit uit wat mense – of jyself – as jou ‘Christelike plig’ beskou. Staan op vir jouself, en luister na jou intuïsie. Moenie toelaat dat ander se stemme – die kerk, jou ouers of vriendinne – jou intuïsie doodpraat nie. Mense met ’n groot pligsbesef moet ook leer om genaakbaarder met hulself te wees.”

Pasop ook maar vir sosiale media. Mense kan baie ongeskik wees op sosiale media, wat baie sleg is vir iemand wat sukkel om konflik te hanteer, “nee” te sê of haar man te staan. “Om gedurig blootgestel te wees aan ander se menings van jou, is ook glad nie gesond nie.” As jy boonop voel dat almal op facebook se lewe beter of lekkerder as jou eie is, ondermyn dit jou selfbeeld. Dit steel ook ongemerk ’n klomp tyd, wat jou nog meer oorweldig en onder druk kan laat voel.

Praktiese wenke om persoonlike grense te versterk

Vra jou af of die situasie waarin jy is bevorderlik vir jou innerlike vrede is, of nie. As dit nie is nie, beëindig dit.

Begin deur klein grense te stel. “Een manier is om op te hou redes gee vir iets wat jy nie wil doen nie – of dit nou ’n uitnodiging is of ’n versoek om met iets te help. Sê doodeenvoudig ‘ek kan ongelukkig nie’ – net dit.

Jy skuld niemand ’n verduideliking nie, behalwe jouself,” sê Linda.

Gee jouself tyd om na te dink voordat jy op ’n versoek of uitnodiging reageer. Baie van ons is people pleasers vir wie dit moeilik is om “nee” te sê. “Moenie dadelik antwoord nie. Klein dingetjies soos hierdie kan jou help om meer selfgeldend te raak.”

Lees ook: Hoekom dit belangrik is om jou middagetetyd te neem

Meet jou stresvlakke

Volgens Linda Germishuizen is hierdie vraelys uit Natural Highs deur Patrick Holford en dr. Hyla Cass ’n goeie manier om sommer jou stresvlakke te meet.

Antwoord eerlik op die volgende 15 vrae. Merk elkeen wat op jou van toepassing is.

Sukkel jy om te ontspan?

Voel jy geïrriteerd?

Bekommer jy jou oor alledaagse goedjies en sukkel jy om af te skakel?

Rook of drink jy baie volgens ander mense se standaarde?

Is jy kompeterend en aggressief in wat jy doen?

Sukkel jy om met ander oor die weg te kom?

Is jy ongeduldig met ander?

Eet jy vinnig?

Pak jy te veel goed aan?

Sukkel jy om te delegeer?

Pyn jou ledemate, of sukkel jy gedurig met hoofpyne?

Het jy ’n droë mond en sweterige handpalms?

Het jy belangstelling in seks verloor?

Sukkel jy met stywe spiere?

Sukkel jy om te slaap?

Wat jou telling sê

0 – 5: Jy is op ’n goeie plek en kan alles hanteer wat jou kant toe kom.

5-10: Jou stresvlakke is taamlik hoog. Gee aandag aan jou liggaam se waarskuwingstekens.

10+: Jou stresvlakke is baie hoog, en jy moet dringend stappe doen voordat jou lyf sê genoeg is genoeg.

Lees ook: Hoe voel dit as jy ’n katarak of gloukoom het?

The post Stres: Gee aandag aan jou liggaam se waarskuwingstekens appeared first on rooi rose.

Is jy uitgebrand?
“Daar is verskeie faktore wat tot uitbranding kan lei. Dit lyk of die werkplek die sleutel van uitbranding is,” sê dr Anthony Koller, spesialis psigiater by die Akeso Psigiatriese Kliniek Groep.

“Mense wat onder druk, en met ander mense werk het ’n hoë risiko. Interpersoonlike verhoudings is dikwels intens en emosionele stressors.”

Daar is ander werk-verwante veranderlikes wat verband hou met uitbranding, soos ’n baie groot werklading en lang ure. Moeilik of gespanne verhoudings met kollegas kan ook bydra. Die persoonlike eienskappe van die werknemer en die aard van sy persoonlike verhoudings speel ook ’n rol.

Dit is nie net stressors by die werk wat tot uitbranding lei nie. Dit hang af in watter stadium van uitbranding die werker self is.

Simptome

Die klassieke simptome van uitbranding sluit in emosionele uitputting, sinisme en verminderde persoonlike vervulling.

“Emosionele uitputting vind plaas as al jou emosionele reserwes uitgeput is en jy voel jy kan niks meer gee nie. Dit lei tot ’n gevoel van intense geestelike en fisiese moegheid. Sinisme verwys na die onverwags harde, emosielose en onverskillige wyse waarop ’n persoon met uitbranding begin om hul kliënte en/of geliefdes te behandel. Verlaagde persoonlike vervulling ontwikkel uiteindelik in die uitgebrande persoon en hy begin onbevoegd, ontoereikend en oneffektief voel om sy werk te doen,” sê dr Koller.

Lees ook: 12 tekens wat wys dat jou depressie beter is

Effekte

’n Werknemer sal van nature probeer om sy situasie te verander en die eise van die werksomgewing kan hom emosioneel en fisiek uitbrand.

“Iemand met ’n groot werklading sal langer ure werk. Dit kan lei tot minder tyd vir fisiese oefening, om gesonde eetgewoontes te beoefen, om genoeg te slaap, om aan chroniese gesondheidstoestande aandag te gee, om aan verhoudings aandag te gee en dit kan ook lei tot misbruik van middels soos voorskrif-medikasie. Al hierdie dinge breek stadig die belangrike reserwes van die individu af en hy kan nie meer ’n gesonde geestelike toestand  handhaaf nie. ”

Beroepe

Uitbranding kom die hoogste voor by werkers in gesondheidsorg, mense wat ’n versorging-rol vervul, asook mense in onderrig.

“In dié beroepe is daar voortdurende emosioneel veeleisende interaksie met ander mense. Maar uitbranding kan ook voorkom in ander beroepe. Vyf beroepsektore wat ’n hoër risiko inhou, is onderrig, maatskaplike dienste, mediese- en geestesgesondheid en wetstoepassing, meen hy.

Lees ook: Leer hoe om selfgeldend te wees

SA statistieke

“Dit is moeilik om die presiese getalle van uitbranding onder Suid-Afrikaanse professionele werkers vas te stel. Maar data van die gesondheidsorg-sektor dui aan die aantal Suid-Afrikaanse dokters wat aan uitbranding ly, is soortgelyk, en in baie gevalle erger, as hul mediese kollegas in die buiteland.

Behandeling

“Voorkoming is beter as genesing,” beklemtoon dr Koller.

Baie maatskappye, korporasies, hospitale en skole besef nou dat die werksomgewing wat hulle vir die werknemer skep, uitbranding kan voorkom. Dit is in hul eie ekonomiese belang om hul werksmag gelukkig te behou.

’n Positiewe werksomgewing bevorder werknemers se werk-lewe-balans.

Werkers met eindstadium-uitbranding moet mediese hulp soek. Dit kan soortgelyk wees aan erge depressie en ’n kombinasie van medikasie, psigoterapie en rus sal nodig wees.

Herstel en terugval

Behoorlike mediese behandeling is nodig, maar die herstel hang af van die gevorderdheid van die uitbranding.

Uitbranding is ’n waarskuwingsteken dat daar ’n gebrek is aan balans tussen ’n mens se werksomgewing en jouself. Ongelukkig keer werkers baie keer terug na dieselfde werksomgewing en kan uitbranding weer voorkom.

Soms is ’n loopbaanverandering nodig as jou werksomgewing jou benadeel, sê hy.

Wenke om dit te bestuur / om uitbranding te voorkom

Maak seker jy slaap genoeg.

Maak tyd vir gereelde kardiovaskulêre en gewigdraende oefening.

Eet gereeld gesonde maaltye.

Bestee tyd saam met geliefdes en kweek lonende vriendskappe.

Moenie skaam wees om te erken wanneer dinge te moeilik geword het vir jou om te hanteer nie en vra vir hulp, vroeër eerder as later.

Lees ook: ‘Empaths’: 16 wenke om jou energie te beskerm en te herstel

The post Is jy uitgebrand? appeared first on rooi rose.

Is ons onderwysers uitgebrand?
Deur Mariette Snyman

Hoe het die pandemie onderwysers beïnvloed? Watter uitdagings ervaar hulle op die oomblik? Bewustheid, veral onder ouers, kan tot ’n gesonder omgewing lei.

Menige ouer wat tydens grendeltyd die rol van ’n onderwyser moes aanneem, het skertsenderwys gesê die skole beter heropen voor hulle iets onverantwoordeliks aanvang. Gelukkig lê daardie dae in die verlede, maar die vraag is of alles met ons onderwysers wel is.

“Ek sien by talle geleenthede waar ek onderwysers oplei hoe die afgelope paar jaar letsels veroorsaak het,” sê dr Melodie de Jager, ’n ontwikkelingspesialis van Johannesburg. “Baie is op die rand van uitbranding of ervaar dit reeds, nie net weens die ontwrigting van die pandemie nie, maar as gevolg van groter uitdagings in die klaskamer, boeliegedrag, omgee-uitputting en ’n gebrek aan ondersteuning en erkenning.

“Elke ouer wat die beste vir hul kind begeer, het ’n besliste belang by die welsyn van sy of haar onderwysers. Die funksie van spieëlneurone bevestig dié stelling. Wanneer iemand met wie ons gesels spontaan gaap, gaap ons baie keer self kort daarna. Ons is gerat om mekaar se onderbewuste te lees, en as ‘kuddediere’ volg ons die leier in ons onmiddellike omgewing na.

“In die klaskamer is dit gewoonlik die onderwyser. Wanneer hy of sy goed voel en genoeg energie het om die nodige take te verrig, kry ons kinders se geluk én vordering daagliks ’n hupstoot. Dis presies wat ons wil hê.

“Hoewel alle onderwysers deur die pandemie geraak is en steeds voor reuse-uitdagings staan, wil ek die grondslagfase gebruik om te illustreer wat skoolhou van onderwysers vereis. Ouers mag hul eie ervaring in die beskrywing van dié uiteenlopende verantwoordelikhede eien!

“Grondslagfase-onderwysers werk met kinders van graad R tot en met die einde van graad 3. Hulle moet jillende, woelige, entoesiastiese kleintjies binne drie jaar help omskep in kinders wat kan stilsit, luister, lees en skryf. Om te kan vorder, moet kinders leergereed wees –gereed vir ervarings, take en vaardighede wat by hul ouderdom pas. Hulle moet ook skoolgereed wees: gereed vir abstrakte, simboliese leer. Leer behels nie net die brein nie, maar die hele liggaam. Beweging speel ’n deurslaggewende rol en word dikwels onderskat,” sê sy.

Dr Melodie sê ten opsigte van leer- en skoolgereedheid en ook op ander gebiede, soos sosiale ontwikkeling, het die pandemie ernstige agterstande veroorsaak wat dit beduidend moeiliker maak om leeruitkomstes te bereik.

“Wanneer kinders outomaties na ’n volgende graad bevorder word, het dit nie net ’n ingrypende invloed op die betrokke kinders se skoolprestasie nie, maar lei dit tot veel groter uitdagings in die klaskamer.

“Jong kinders vereis baie meer as slegs akademiese begeleiding. Grondslagfase-onderwysers bring dikwels meer tyd met ’n kind deur as die kind se ouers, en moet die energie hê om daglank verstandig, geduldig en met empatie op te tree.

“Hulle moet oplet na uitvalle soos probleme met spraak, gehoor en sig asook leer- en emosionele probleme en agterstande in motoriese ontwikkelings. Word ’n      kind siek of beseer, moet hulle besluit wat om te doen. Hulle rig sport af, bedink en hanteer fondsinsamelings en hou konsert, wat alles van toneelafrigting tot die verf van agtergronddoeke kan behels.

“Ongelukkig ervaar onderwysers boeliegedrag uit verskeie oorde. Die onderwysdepartement vereis dat die kurrikulum gedek word, ten spyte van die ernstige ontwrigting en verlies aan onderrigtyd wat die pandemie veroorsaak het. Baie leerders het hul geroetineerdheid, leerfiksheid of motivering verloor en is rebels of traak-my-nieagtig. Druk word uitgeoefen deur beheerliggame wat moet toesien dat daar aan departementele vereistes voldoen word. Ouers voel hulle betaal skoolfonds en verwag by tye dat onderwysers die onmoontlike moet vermag. Die pandemie het die verhouding tussen onderwyser en kind  geskaad en daar is gevalle van kinders van so jonk as vyf jaar wat onderwysers probeer intimideer.”

Omgee-uitputting en ’n gebrek aan erkenning

Dr Melodie vertel dat passievolle onderwysers omgee-uitputting of compassion fatigue beleef wanneer ’n kind in hul klas swaarkry.

“Hulle gee om vir kinders en word geraak as hulle sukkel om die mas akademies of sosiaal op te kom, geboelie word of angstig of depressief is. Dit geld ook vir siekte, dood, verhoudingsprobleme, middelmisbruik of finansiële nood in die ouerhuis. Spieëlneurone werk in twee rigtings.

“Ten spyte van dié uitdagings word daar van onderwysers verwag om hul werk deeglik en met ’n glimlag te doen. Vir vermoeidheid, apatie, hopeloosheid en ander tekens van uitbranding is daar nie plek nie,” verduidelik sy.

“Daar is min begrip vir kwessies soos onderwysers wat in twee geskeur is omdat hulle voel wanneer hulle slegs die vakinhoud onderrig, verloor hulle die kinders, en wanneer hulle tyd afstaan aan kwessies wat die kinders persoonlik raak, bly daar te min tyd oor om die vakinhoud te dek.”

Dr Melodie voel voorts dat onderwysers oneindig baie van hulself gee.

“Nes elkeen van ons moet hulle ontvang om te kan gee. As ons in ag neem dat swak vordering op skool ’n kind se eiewaarde, waagmoed, verhoudings, toekomstige werksgeleenthede en ander fasette lewenslank kan benadeel, is dit noodsaaklik om onderwysers se arms te versterk sodat hulle die kinders in hul sorg volledig kan ondersteun.

“Erkenning –  ’n eenvoudige ‘dankie’ – kan ’n geweldige verskil maak. Nie net aan die einde van die jaar nie, maar gereeld! Ouers kan ook moeite doen om respek en waardering vir onderwysers by hul kinders aan te wakker,” vertel sy.

“Ons het (nóg) nie hologramonderwysers in die klas nie – dis mense van vlees en bloed. Ons moet maniere vind om uitbranding te voorkom en onderwysers wat reeds daaraan ly, te help herstel – ter wille van ons kinders, maar ook ter wille van dié mense wat hul beroepslewe aan geslagte van kinders toewy.”

Dr Melodie de Jager is die stigter van onder meer die Mind Moves Institute: www.mindmoves.co.za

Wat is omgee-uitputting?

“Uitbranding en compassion fatigue verskil,” sê dr Etienne van der Walt. “Omgee-uitputting hou spesifiek verband met die konteks waarin jy werk. Individue wat met mense werk – veral dié wat gereeld na mense omsien wat swaarkry – kan omgeevoosheid ontwikkel. Hulle raak onder meer vermoeid, emosioneel verwyder van die mense en kwessies waarmee hulle werk, en lewer verminderde uitsette. Gelukkig kan hulle vinniger herstel as mense wat aan uitbranding ly.”

Lees ook: Is jy dalk uitgebrand? Toets jouself

The post Is ons onderwysers uitgebrand? appeared first on rooi rose.

Is jy dalk uitgebrand? Toets jouself
Toets

1 Ek voel emosioneel dood. Dit is asof ek my werk en my kollegas op ’n afstand sien.
2 Ek het altyd my beste gegee maar nou is ek te moeg om om te gee.
3 Niemand verstaan hoe baie werk ek het nie. Ek voel oorweldig.
4 Niemand help my nie. Ek is afgesny. Ek moet al my werk alleen en sonder ondersteuning gedoen kry.
5 Ek het min beheer oor my werk. Ek is nie deel van die besluite nie. Ek moet maar net doen wat hulle sê.
6 Niemand sê dankie nie. Almal druk my vir meer.
7 Daar is te veel veranderings, en al meer eise. My werkdruk neem net altyd toe.
8 Ek tob heeltyd oor my werk. Ek skakel nooit af nie.
9 Ek stres heeltyd dat dinge gaan skeefloop en dan gaan almal mý die skuld gee.
10 Ek begin die dag moeg. Ek voel nooit vars en uitgerus aan die begin van die dag nie. Moegheid oorweldig my. Ek wens heeltyd ek kan net ’n bietjie wegkom.

Telling

• Ja’s op die eerste twee vrae: Jy het jy waarskynlik reeds uitbranding.
• Vier of meer ja’s op die volgende agt vrae: Jou kans op uitbranding is groot. Maak werk daarvan.
• Drie of minder ja’s: Jou werkstres is normaal

As jou telling bo vier is, is dit tyd om planne in plek te sit om jouself te beskerm – emosioneel en ten opsigte van jou gesondheid, want stres skaad ook jou liggaam.

Uitbranding: planne en oplossings

Dikwels is die probleem van uitbranding dat jou vermoë om die situasie te bestuur reeds so ernstig geknou is dat jy juis nie meer net daaruit kan klim nie. Vir perspektief, inspirasie en praktiese planne, lees die volgende artikels:

• Die fases van uitbranding
• Jou ferritien- en hemoglobienvlakke
• Kry nuwe lewenslus
• Van kommerkous tot koel komkommer

The post Is jy dalk uitgebrand? Toets jouself appeared first on rooi rose.

Uitbranding: Alles wat jy moet weet
Foto:  Engin Akyurt vir Unsplash

Wat is uitbranding?

Uitbranding is die gevolg van erge langtermyn stres en kom veral voor onder mense in ‘helping/caring professions’ soos dokters, verpleegsters en maatskaplike werkers. Deesdae beïnvloed dit egter ook al meer ander ambisieuse, beroepsgerigte mense.

Hoe om uitbranding te voorkom

Maak tyd om af te skakel en jouself net te geniet. Probeer om ’n paar keer ’n week te mediteer.

Spandeer tyd saam met familie en vriende. Of jy nou enkellopend, getroud is of kinders het,  kwaliteit tyd saam met geliefdes is baie belangrik. Moenie dat jou persoonlike verhoudings die knie vir jou besige werkskedule buig nie!

Kry ondersteuning. As jy ’n yslike taak in die oë staar, vra ’n kollega of geliefde om hulp. Dit is beslis nie ’n teken van swakheid nie.

Die simptome van uitbranding

Diegene wat aan uitbranding ly, is negatief en pessimisties oor hul werk. Dit kan ook na hul persoonlike- en gesinslewe uitbrei. Hulle vind dit ook moeilik om te konsentreer, hulle is lusteloos, nie kreatief nie en hulle vind nie meer genot in hul werk nie.

Persone wat uitgebrand is, vervreem hulself van werksverwante aktiwiteite en hulle vind hul werk toenemend frustrerend en negatief. Hulle mag ook sinies of apaties teenoor kollegas en die werksomgewing wees.

Dié wat aan uitbranding ly, is ook emosioneel en fisies uitgeput. Hulle voel gedreineer, geïrriteerd, kronies moeg, oorlaai en hulle het nie genoeg energie nie.

*Ander simptome sluit in: slapeloosheid, vergeetagtigheid, verswakking van die immuunsisteem, eetlusverlies en angstigheid.

Waak teen uitbranding

Uitbranding is ’n proses en mense moet leer om die tekens daarvan betyds raak te sien. Indien simptome opgemerk word, moet dit so gou as moontlik behandel word. Indien uitbranding nie hanteer word nie, mag dit in ’n kliniese depressie oorgaan. Die groot probleem met uitbranding is dat dit gewoonlik diegene tref wat dink hulle kan alles doen, mense wat passievol is oor hul werk en altyd ’n bietjie langer werk en meer doen – hulle sien gewoonlik nie die simptome aankom nie.

Wie om te skakel as jy uitgebrand is

Geestesgesondheid Inligtingsentrum van Suid-Afrika. Besoek hul webtuiste hier of skakel 0861 322 322

Lees ook: Ly jy aan indringersindroom?

The post Uitbranding: Alles wat jy moet weet appeared first on rooi rose.

Die fases van uitbranding
Is jy op die punt van uitbranding?

• Voel jy heeltyd fisiek moeg, en of elke dag ’n moeilike en slegte dag is?

• Is jy emosioneel gedreineer, oorweldig en gefrustreerd? Voel dit asof jou verantwoordelikhede net te veel is en jy nie meer daarvoor kans sien nie?

• Het jy min vreugde, motivering en belangstelling in jou werk en maak dit jou depressief?

• Is jy angstig en bekommerd oor alles wat jy moet doen?

• Sukkel jy om te slaap of behoorlik te eet?

• Sukkel jy om te konsentreer en te onthou?

• Is jou immuniteit laag en raak jy maklik siek? Sukkel jy met hoofpyne en nek- en rugspasmas?

• Het jy meer verantwoordelikheid as wat jy kan hanteer, maar nie die gesag om dinge te kan verander nie?

• Voel jy jy word misbruik, nie waardeer en verstaan nie en raak dan geïrriteerd?

• Onttrek en isoleer jy jou van ander?

• Gebruik jy kos, pille, drank, dwelms, sigarette, sosiale media of sinnelose aktiwiteite om te oorleef?

• Voel jy vasgevang in ’n situasie wat jy nie kan hanteer of verander nie?

• Is jou produktiwiteit en doeltreffendheid laag en neem dit langer om dinge te doen ?

• Voel jy jy is in die verkeerde beroep, huwelik of omstandighede?

As dinge jou oorweldig en jy kan nie “nee” sê of jou situasie verander nie, stuur jy op ’n groter probleem as jou huidige situasie af.

Die vier fases van uitbranding

1 Fisieke, geestelike en emosionele uitputting: Jy moet meer doen met minder energie; jou skedule is oorvol en onhanteerbaar. Jy voel skuldig en dat jy dinge net móét laat uitwerk.

2 Twyfel en skaamte: Jy probeer hard, maar sukkel om by te hou en voel oorweldig en twyfel of jy nog meer kan hanteer. Jy begin waardeloos, onseker en minderwaardig voel.

3 Negatiwiteit, sinisme en ongevoeligheid: Jou stres versmoor jou en maak jou bitter, gefrustreerd, kwaad, geïrriteerd en hard. Jy begin ander se motiewe en omgee betwyfel en isoleer jou emosioneel en sosiaal.

4 Krisis, hulpeloosheid en mislukking: Dinge val uitmekaar. Jou pogings en emosies verkrummel. Jy kan fisiek en emosioneel net nie meer opstaan nie.

Uitbranding word nie net deur stresvolle werk- en huislike omstandighede met te veel verantwoordelikhede veroorsaak nie. Mense se leefstyl en sekere persoonlikheidseienskappe kan daartoe bydra.

Lees ook: 7 maniere om werklik te ontspan

Doen iets anders as alles te veel raak

• Kry behoorlike hulp en ondersteuning.

• Wees eerlik met jouself en konfronteer jou werklikheid: Jy het ’n probleem; gee aandag aan jou ontkenning van die situasie; erken iets moet verander.

• Stel grense vir jou werk en persoonlike lewe, vir werksure, verantwoordelikhede en vir elektroniese media. Skakel jou foon ná werk af en beperk die tyd per dag wat jy aan e-posse bestee.

• Wees en leef in die oomblik. Vat een dag op ’n slag en sê vir jouself emosies en situasies is tydelik en sal vir seker verbygaan.

• Dink positief en glo dinge kan verander. Staak denke van veralgemening en verban woorde soos “altyd” en “nooit”, of iets soos “my lewe is ’n gemors!” Nee, hierdie situasie is nóú ’n gemors; ek sukkel nóú om te slaap; bekommer my nóú.

• Fokus op basiese dinge: Sorg dat jy genoeg en goed slaap, eet reg, genoeg en gesond, oefen en kom in die natuur.

• Ontwikkel warm omgeeverhoudings en ’n ondersteuningsnetwerk van mense in werk- en persoonlike verband.

• Kom ’n bietjie weg: Gaan gereeld weg vir ’n rustydjie, naweek of vakansie.

• Herbesin en bedink jou waardes, doelwitte, planne en lewenstyl. Doen wat vir jou sin maak en geluk bring en kry berading om hierin te help.

• Werk doeltreffender en nie harder nie deur te beplan, te struktureer en ondersteuningsbronne te gebruik.

• Maak minder: goed, aktiwiteite, verantwoordelikhede.

• Delegeer, vra en aanvaar hulp. Niemand is onvervangbaar nie.

• Klaar rolle en verantwoordelikhede uit: Wat is joune en wat is ander s’n.

• Leer om “nee” te sê.

• Leer hoe om stres te hanteer.

• Maak ’n ontspanningsritueel deel van jou dag: stap met die hond, luister na musiek, lees, skryf in ’n joernaal, of doen iets kreatiefs.

Lees ook: Goeie energieplanne wat altyd werk

The post Die fases van uitbranding appeared first on rooi rose.

Anel Alexander en ander se raad teen uitbranding
Anel Alexander en haar akteurman, James Alexander, het ná hul rolprent, Semi-Soet, besef hulle ly aan uitbranding.

“Ons het soms twintig uur per dag, sewe dae per week gewerk. Selfs vir ons, wat ’n groot werksvermoë het, was dit te veel. Die stres het al ons vreugde gesteel. Ons kon soggens byna nie opstaan nie. Alles was ’n groot krisis en ons het permanent gevoel of ons verkoue het. Dit was soos ’n werk-babelaas.

“Ons het besef geen roem of geld is ons verhouding, huwelik of gesondheid werd nie. Ons het ook besef dit het in ons samelewing byna mode geword om altyd besig te wees. Moderne mense dra hul besigwees soos ’n mantel en is in ’n onbewuste kompetisie met mekaar.”

Anel en James het hul leefstyl met ’n paar eenvoudige stappe ingrypend verander:

• Deesdae vat ons een dag per week af en doen iets saam. Dan kan ons die ander ses dae weer produktief werk.

• Ons verhouding is weer ’n prioriteit.

• Ons eet bewustelik meer vars, eenvoudige kos, en vermy suiker en gluten. Maar dit beteken nie dat ek nooit meer ’n stukkie koek eet nie!

• Ons is ook meer bewus van die produkte wat ons op ons lywe gebruik. In ’n wêreld waaroor jy min beheer het, kan jy wel beheer wat jy in en op jou lyf sit. Dit laat jou beter en gesonder voel.

13 gevaartekens

Die Amerikaanse kenner, Vanessa Loder, stigter van onder meer Mindfulness Based Achievement, noem haarself ’n “gerehabiliteerde perfeksionis”. Sy het ná groot loopbaansukses uitgebrand, en haar definisie van uitbranding is kort en kragtig: dis fisieke of emosionele ineenstorting weens oorwerktheid of stres. Deesdae wy sy haar lewe daaraan om vroue te help om ’n meer gebalanseerde lewe te lei. In ’n Forbes-artikel bespreek sy dertien vroeë waarskuwingstekens van uitbranding.

• Jou stres- of angsvlakke is baie hoog, en jy ervaar ’n konstante gevoel van irritasie en/of ’n konstante adrenalien-rush.

• Ongeïnteresseerdheid is nog ’n teken. Jy sukkel om te fokus en voel nie gemotiveerd by die werk nie.

• Jy voel al hoe meer sinies en negatief oor alles en almal om jou. Dis moeite om met vriende kontak te hou, en jy kan selfs afgunstig op ander word. (Laasgenoemde gebeur omdat dit voel asof niemand hulle aan jou behoeftes steur nie.)

• Jy eet net om te eet, sommer voor die TV, by jou lessenaar, of selfs in die motor.

• Jy slaap te min. Die gemiddelde mens het sewe tot agt uur se slaap nodig – enigiets minder verhoog jou kanse op uitbranding.

• Jou energievlakke is laag en jy voel altyd moeg. Maar dis meer as die moeg van te min slaap en te hard werk. Dis ’n emosionele moeg, en jy sleep jouself daagliks voort.

• Jy het nooit genoeg tyd vir alles wat jy elke dag probeer doen nie en voel altyd gejaagd.

• Jy is oorkrities op jouself en jou gedagtes is vasgevang in ’n voortdurende spiraal van bekommernis. Jou binnestem is nooit stil of tevrede met wat jy doen nie. Jy het min geduld of genade met jouself.

• Jy word makliker siek – dit kan begin met iets soos hoofpyne, ’n omgekrapte maag, ’n verkoue wat jy nie afgeskud kry nie. As jy nie na jou gesondheid omsien nie, kan dit tot ernstiger toestande lei.

• Jy voel afgestomp, en maak al hoe meer staat op suiker en/of kafeïen vir energie.

• Jy kyk dalk baie meer televisie as voorheen, of wend jou na comfort eating. Pasop, hierdie verslawende gedrag kan later lei tot ’n ekstra glas wyn of drie, en selfs dwelms. Dis alles net dinge waarmee jy jouself probeer paai om te ontsnap van hoe naby aan die rand van die afgrond jy regtig voel.

• Jy is nie meer so produktief soos altyd nie en doen nie meer jou werk so goed nie. Dit voel of al die energie wat jy by die werk inploeg, nie genoeg resultate lewer nie.

• Jy kan nie onthou wanneer laas jy ’n dag nie gewerk en net ontspan het nie, of jy het maande laas ’n behoorlike vakansie gehad. By die werk gun jy jouself selde ’n ruskans – om vir twee uur aaneen te sit en werk sonder om eers op te staan en jou bene te rek, is vir jou niks vreemds nie. Daar is eenvoudig geen tyd in jou skedule vir enigiets wat jou sal laat ontspan nie – nie eens om ’n rustige ete te kook, ’n boek te lees of sommer net in die bad te lê tot jy kalm en rustig is nie.

• Jy het nie meer tyd vir enige vorm van oefening nie. Loder beveel aan dat jy jou topdrie-simptome uit hierdie lys kies, en besluit wat jy daaraan kan verander. Eet jy elke middag by jou lessenaar? Reël eerder om soms vinnig saam met jou vriende te eet of ’n bietjie te gaan stap. As jy meer as ’n jaar gelede met vakansie was, reël nou een. Kies ’n sperdatum wanneer jou veranderings afgehandel moet wees. “Sê byvoorbeeld jou vakansie moet teen ’n sekere datum gereël en die vliegtuigkaartjies/verblyf bespreek wees.” Loder sê ’n konkrete doelwit is een van die beste maniere om jouself te dwing om tot aksie oor te gaan en iets gedoen te kry.

Sy beveel ook aan dat jy ’n anti-uitbrandingsvennoot kry aan wie jy verslag oor die uitvoering van jou strategie teen uitbranding moet doen. Dit kan jou man/vriendin/kollega wees wat jou tot verantwoording moet roep as jy nie by jou doelwitte en veranderinge hou nie.

Bron: forbes.com

Luister ook hier na Vanessa se inspirerende praatjie, “Sukses sonder stres”:

The post Anel Alexander en ander se raad teen uitbranding appeared first on rooi rose.

Kry nuwe lewenslus
Mense wat al deur die dieptes van depressie of angs moes worstel, weet watter verligting dit is wanneer hulle hul simptome onder beheer kry. Maar die vraag, sê Pretoriase kliniese sielkundige Cizelle Louw, is of hulle simptoomvry gaan bly. “Navorsingsresultate van ’n tweejaar-studie wys 96% van die depressiewe pasiënte was binne 15 maande nadat hulle medikasie begin gebruik het simptoomvry, maar 40% het binne die daaropvolgende tien maande weer medikasie nodig gehad.”

Is daar ’n manier om immuniteit teen depressie en angs op te bou? Ja, daar is! “Wellbeing Therapy (WBT) bou veerkragtigheid – die vermoë om emosionele welstand te midde van teëspoed te behou. Voorbeelde hiervan is mense wat in groot lewenskrisisse soos die dood van ’n geliefde kan voortgaan en selfs psigies groei. WBT is deel van die Positiewe Sielkunde-beweging en mik vir lewensgehalte eerder as ’n bloot simptoomvrye lewe. Gestel emosionele welvaart is ’n vertikale lyn tussen -10 (depressie) en +10 (om te floreer.) By nul is die persoon simptoomvry. WBT wil mense bó die 0-lyn kry sodat hulle toekomstige spanning en moontlike terugvalle gemaklik kan hanteer.

“Daar is ook empiriese bewyse dat WBT suksesvol is waar langtermyn-antidepressante se werking afgeneem het. Vermoedelik normaliseer WBT dele van die brein wat deur langtermyngebruik van hierdie medikasie oorgeaktiveer word.”

Wat behels WBT?

“WBT is nie subjektiewe geluk, plesier en pynvermyding nie. Dit erken dat dit deel van die lewe is om positiewe sowel as negatiewe emosies te ervaar. Dit het te make met tevredenheid op verskillende lewensgebiede, die verwesenliking van jou potensiaal, die vind van betekenis en die ervaring van lewenslus. Boonop bevorder hierdie veerkragtigheid jou fisieke gesondheid.

“Prof. Carol Ryff van die Universiteit van Wisconsin in die VSA het nagevors watter sterk punte (strengths) en weerloosheid (vulnerabilities) ’n belangrike rol in emosionele weerstand en psigiatriese siektes speel.

Sy het ses faktore geïden-tifiseer: wanneer iemand hoog toets op hierdie ses, toets hulle gewoonlik laag op ’n depressie-vraelys, en andersom. Hierdie ses is nie persoonlikheidseienskappe waaroor slegs sommige mense beskik nie – dis vaardighede wat elkeen kan ontwikkel:

1 Bemeestering van die omgewing

Jy voel jy kan elke dag se eise hanteer, en jou situasie verander of verbeter. Jy leef proaktief en is ’n doeltreffende probleemoplosser.

2 Persoonlike groei

Jy sien jouself as iemand wat oop is vir nuwe ervarings, wat groei en ontwikkel en jou potensiaal kan verwesenlik.

3 Om ’n lewensdoel te hê

Jy het doelwitte en ’n gevoel van rigting en hou vas aan oortuigings wat aan jou lewe betekenis gee.

4 Outonomie

Jy is onafhanklik en bepaal self waarheen jy op pad is, al raak ander ontevrede. Jy evalueer jouself, reguleer jou gedrag van binne, en kan sosiale druk weerstaan.

5 Selfaanvaarding

Jy aanvaar jou goeie én minder goeie eienskappe en voel positief oor die verlede. Jy stel nie onrealistiese standaarde aan jouself nie.

6 Positiewe verhoudings

Jy het warm, vertrouensvolle verhoudings en is in staat tot sterk empatie, liefde en intimiteit. Navorsing wys as jy een faktor wil verander om gelukkiger te wees moet jy na positiewe verhoudings mik.

Prof. Ryff het ’n vraelys ontwikkel wat Cizelle gebruik om vas te stel aan watter van dié aspekte ’n kliënt moet werk.

Wellbeing Therapy

Prof. Giovanni Fafa, verbonde aan die Universiteit van Bologna en die Staatsuniverseit van New York, het WBT op grond van prof. Ryff se navorsing ontwikkel. Dit beklemtoon positiewe emosionele gesondheid eerder as die vermindering van negatiewe simptome. Die model aanvaar dat tekortkominge in emosionele welstand verband hou met te min aandag aan positiewe ervarings en die invloed van outomatiese negatiewe gedagtes.

Tydens WBT val die klem dus sterk op die positiewe.

Met prof. Ryff se vraelys as basis neem WBT die kliënt op ’n proses wat positiewe ontwikkeling fasiliteer. Hoe die terapie werk, word nie vir die kliënt verduidelik nie, maar selfwaarneming en huiswerkopdragte is belangrike komponente.

“Dis ’n korttermynterapie van agt tot twaalf sessies. Ek kombineer dit met hipnose. Dink net hoe dit jou bemagtig om in jou lewe te floreer pleks van slegs te bestaan, terwyl jy boonop negatiewe gedagtes en angs as ’n normale deel van die lewe sien – omdat jy dit kan hanteer!”

*Cizelle Louw: 082 4155 390

’n Merkwaardige ommeswaai

Toe Adelheid* (23) ’n derdejaarsvak op universiteit druip en nie saam met haar maats kon graad vang nie, het sy in ’n diep depressie beland. Bipolêre gemoedsversteuring is by haar gediagnoseer en die medikasie daarvoor het gehelp.

“In Julie 2013 was ek baie af. Boonop is drie van my vriendinne getroud terwyl ek nog enkel was.

“My ma het my na Cizelle Louw geneem. My gemiddeld op die WBT-vraelys was 38% – 25% of laer wat beteken dat die pasiënt waarskynlik erg depressief is en baie swak funksioneer. Cizelle het die uitslag met my en my gesin bespreek en voorgestel dat ek in ’n psigiatriese inrigting opgeneem word. In die inrigting is my medikasie verander, en ek het Cizelle drie weke lank elke weeksdag vir WBT gespreek.

“Ek het besef hoe ek my in moeilike situasies emosioneel onttrek – ek was sowat 90% van die tyd in hierdie toestand en het dit my ‘firewall’ genoem. Andersyds het ek ’n vlinder as positiewe simbool gekies en my ‘vlinderoomblikke’ begin aanteken en al meer daarop gefokus. In die dieptes van depressie is dit swáár.

Cizelle het gesinsterapie met ons gedoen wat wondere verrig het om ons te help om mekaar werklik te hoor. Die vraag ‘Hoe raak dit my?’ het my gehelp om myself uit te druk en ook terugvoer van my gesinslede te kry. Ek het agtergekom ek kan my man staan!

“Ons het verder geleer om die huishoudelike take beter te verdeel sodat niemand oorweldig voel nie. Dit het baie konflik uitgeskakel toe my ma ná ’n rugoperasie moes herstel. “Ek voel nou deel van my gesin en is trots op my onderhandelingsvaardighede. Ná drie weke se terapie was my WBT-vraelysgemiddeld 75%. Ek en Cizelle was ewe verstom!” *skuilnaam

The post Kry nuwe lewenslus appeared first on rooi rose.