hulp | rooi rose

Geweld teen vroue: wat om te doen
Geweld teen vroue: wat om te doen deur Mariette Snyman.

Elke enkele geval  van geweld teen vroue is “een te veel”. Omdat geweld sulke verreikende gevolge het – van die daaglikse vrees vir jou lewe tot langtermyntrauma – is dit ons gesamentlike verantwoordelikheid om te doen wat ons kan om dit te verander. Te veel vroue ly in stilte.

Lees ook: Jy kan herstel van trauma

Skokkende statistiek

Suid-Afrika het een van die hoogste syfers van geweld teen vroue. Volgens die Department van Justisie beleef een uit elke vier Suid-Afrikaanse vroue huishoudelike geweld. Volgens die Suid-Afrikaanse polisiediens word 11 vroue elke dag vermoor. Dis een vrou elke 2.5 uur. Mishandeling  teen vroue vind meestal agter geslote deure plaas.

Volgens SAPD se misdaadstatistieke van April 2023 tot Maart 2024 is:

5 578 vroue en 1 656 kinders vermoor, met vrouemoord wat met ‘n skokkende 33,8% gestyg het in vergelyking met die vorige jaar.

42 569 verkragtingsake aangemeld, maar daar word beraam dat 95% van verkragtingsake nie aangemeld word nie.

Wat behels geweld teen vroue?

Volgens www.firstforwomen.co.za is daar die volgende drie vlakke:

Huishoudelike geweld, seksuele  teistering, verkragting, verbale geweld, emosionele mishandeling, seksuele geweld tydens konflik, skadelike tradisionele of ander gebruike soos die verminking van vroulike genitalieë, gedwonge huwelike en eermisdade

Vrouehandel, gedwonge prostitusie en die skending van menseregte tydens gewapende konflik (spesifiek moord, berekende verkragting, seksuele slawerny en gedwonge swangerskap)

Gedwonge sterilisasie, gedwonge aborsie, die gedwonge gebruik van voorbehoeding, berekende moord op babadogtertjies, en prenatale geslagseleksie.

Hoekom vroue geweldsmisdade nie rapporteer nie

Buitestaanders sê maklik: “Hoekom bly jy in ’n verhouding wat geweld insluit?” of “Hoekom meld jy dit nie aan nie?”

Die antwoord is nooit eenvoudig nie. Soms is die vrou (dalk ook haar kinders of ander familielede) deurgaans in lewensgevaar. Soms het sy geen ander heenkome nie. Soms is sy emosioneel, geestelik en fisiek so afgetakel dat sy letterlik nie weet wat om te doen nie. Soms weet sy nie waar om hulp te kry nie.

Voorbeelde van antwoorde wat vroue verskaf

My familie sal dit self uitsorteer

Die polisie sal buitendien niks doen nie

Ek het dit reeds self opgelos

Dis nie ernstig genoeg nie

Lees ook: Pasop vir kuber-prinse

Kry hulp!

Neem hierdie vier stappe as jy hulp nodig het:

Vertel iemand van jou probleem. Doen aansoek om ’n beskermingsbevel. Lê ’n kriminele klag.

Skakel 0800 428 428 (0800 GBV GBV). Jy kan ook versoek dat ’n maatskaplike werker van die GBV Command Centre jou kontak deur gratis *120*7867# vanaf enige selfoon te skakel.

Verlaat die huis sodra dit veilig is. Maak seker jy neem noodsaaklike dokumente saam soos jou ID-dokument, mediese fondskaart, en jou bankkaarte. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens kan jou help om mediese hulp, skuiling en berading te kry.

Waak daarteen om die geweld te rasionaliseer: Geweld is NOOIT in orde nie. Elke mens het die reg op respek en waardigheid. Elke mens het waarde. Elke mens verdien om veilig te voel.

Hier is nog hulpbronne:

Lifeline: 0800 150 150 (tolvry)

Lees ook: 7 maniere hoe jy ’n beter vriendin kan wees

The post Geweld teen vroue: wat om te doen appeared first on rooi rose.

Migraines: Hoe weet jy dis nie net ’n gewone hoofpyn nie?
Deur Leandri de Kock

Wat is dit?

’n Migraine is ’n hoofpynversteuring wat deur ’n intense, herhalende pyn gekenmerk word. Dit is ’n erge, polsende pyn wat dikwels voorafgaande simptome soos naarheid en lig- en klanksensitiwiteit insluit. Hierdie sensoriese ontwrigting word ‘n aura genoem. Migraines is dikwels oorerflik, maar word meer algemeen deur stres en hormonale veranderinge in vroue veroorsaak. Vroue is drie keer meer geneig as mans om dit te kry. Daar is wel ook talle ander oorsake en dit wissel vir elke lyer. Sekere kos en drank kan snellers wees sowel as blootstelling aan rook, ligsensitiwiteit, weer- of hitteveranderinge, fisieke aktiwiteit, sterk reuke, slaapversteurings, ensovoorts. Die oorsaak hiervan in die brein kon nog nie met sekerheid vasgestel word nie, maar dit het glo wel te doen met veranderinge in die breinstam en sy interaksies met die trigeminale senuwee (’n pynweg). Dit kan ook veroorsaak word deur ’n wanbalans in breinchemikalieë, wat dan die senuweestelsel onreëlmatig reguleer.

Hoe weet jy dis nie net ’n gewone hoofpyn nie?

Die pyn is baie erger en word gewoonlik net aan een kant van die kop ervaar.

Die pyn kan agter die een oog of oor wees.

Dit beïnvloed ‘n lyer se dagtake in ’n groot mate.

Jy ervaar voorafgaande waarskuwings soos buiveranderinge, vloeistofretensie, ’n stywe nek, of gereelde gape.

Jy ervaar ‘n sensoriese waarskuwing (‘n aura) voor of gedurende jou migraine. ‘n Aura is ‘n simptome van die senuweestelsel en sluit in visuele verskynsels soos flikkerende ligte, helder spikkels en sig-, tas-, proe- en reuksensasies. Lyers kan ook naald-en-speld-sensasies, afgestomptheid of lighoofdigheid ervaar en sukkel om te praat.

’n Migraine veroorsaak dikwels naarheid en braking en daarmee saam ’n verlies aan eetlus.

’n Migraine duur gewoonlik tussen 4 tot 72 ure, afhangend van die medikasie wat geneem word.

Migraines wissel van aanvalle wat slegs nou en dan gebeur tot menige kere in ’n maand in chroniese gevalle.

Foto: Karolina Grabowska vir Pexels

Desperaat vir verligting?

Medikasie

Vir sommige mense help oor-die-toonbank-medikasie soos aspirien, ibuprofen of parasetamol, maar vir dié wat nie so gelukkig is nie, is voorskrifmedikasie nodig. Antidepressante, epilepsiemedikasie (soos topiramate) en betablokkeerders (soos propranolol) word soms voorgeskryf om migraines te help voorkom. ’n Triptan (soos zolmi- riza- of eletriptan) word gewoonlik ook voorgeskryf om die simptome van ’n migraine te help verlig – meestal om die pyn te stop.

Botoks

Die inspuitings kan die senuweestelsel beïnvloed deur die seine en chemikalieë wat pyn veroorsaak tot ’n mate te help voorkom. Botoks word in die voorkop, by die slape en agter die kop, al langs die nek en skouers af, ingespuit. Sodoende funksioneer dit as ’n versperring in die pad van die chemikalieë wat dan nie by die senuwee-eindpunte kan uitkom nie.

Fisioterapeut

’n Fisioterapeut kan help om die simptome van migraines te verbeter wanneer die oorsaak spier- of stresverwant is. Dit kan massering en akupunktuur insluit, afhangend van jou spesifieke behoeftes.

Dieetkundige

As sekere kosse, bymiddels of drankies die sneller vir jou migraines is, kan dit jou help om ’n dieetkundige te gaan sien. Jy sal dan ’n dagboek moet hou van wanneer jy migraines kry en wat jy voor dit geëet en drink het om die oorsaak te probeer vasstel. Dis nie noodwendig altyd net een spesifieke tipe kos nie, maar eerder ’n bestanddeel of preserveermiddel waarvan jy nie noodwendig bewus is nie.

Aanvullings

Daar is ’n paar daaglikse aanvullings wat met die voorkoming en behandeling van migraines kan help.

Magnesium: Dit is belangrik vir die handhawing van bloeddruk, senuwee- en spierfunksie. Dit kan ook help om die oormatige aktivering van breinselreseptore te keer terwyl dit inflammatoriese seine na die brein kan help verminder.

Vitamien B2: Dit kan help om oksidatiewe stres en -inflammasie in die brein wat tot migraines lei, te verminder.

Vitamien D: Dit is doeltreffend om inflammasie te beveg en dit help terselfdertyd om magnesium beter te absorbeer.

CoQ10 (koënsiem Q10): Dit kan jou teen oksidatiewe stres beskerm, en die ensieme wat tydens ’n migraine-aanval toeneem, te verlaag.

Melatonien: Dit is die hormoon wat in die aand vrygestel word en jou help slaap. Abnormaliteite in die regulering van melatonien kom soms voor, wat tot pyn en ongewone regulering van neurotransmittors kan lei. ’n Aanvulling kan help om dit weer te balanseer.

Joga

Rustige, stadige joga-oefeninge kan tot ’n groot mate help om die simptome van ’n migraine te verbeter. Dit kan tesame met asemhalingstegnieke stywe spiere en spanning verlig.

Waar om hulp te soek

Gaan sien ’n neuroloog. Die neuroloog kan dan verdere aanbevelings maak ten opsigte van ’n fisioterapeut, ginekoloog, of selfs ’n tandarts (afhangend van jou simptome).

Kontak die kenners

Mediclinic Info Hub

Dr Alison Richardson

The Headache Clinic

Cape Headache Clinic

Skin Renewal

Lees ook: 5 maklike maniere om spanning te verminder

The post Migraines: Hoe weet jy dis nie net ’n gewone hoofpyn nie? appeared first on rooi rose.

Obsessief-kompulsiewe versteuring: Die onsigbare tronk
Hoor jy van obsessief-kompulsiewe versteuring (OKV), kom die klassieke beeld van iemand wat hul hande oor en oor was tien teen een by jou op. Maar hierdie angsversteuring kom in baie gedaantes, sommige so subtiel dat iemand jare lank ongemerk daaraan kan ly.

Dr. Philip van Rensburg, kliniese sielkundige van Pretoria wat in angs- en gemoedsversteurings spesialiseer, verduidelik: “By OKV gaan ’n hoë angsvlak gepaard met obsessies – onwelkome, herhalende gedagtes, gevoelens of sensasies – en/of kompulsies: handelinge wat die persoon gedwonge voel om uit te voer. Die gedagtes en handelinge is ’n onbewuste poging om die onderliggende angs te verlig, maar veroorsaak op hul beurt ongemak, kommer en selfs afsku. Op ’n sekere vlak besef mense met OKV hul obsessies en kompulsies is irrasioneel, maar hulle kan dit nie beheer nie.”

Lees ook: Alzheimersiekte: Kan jy dit keer?

Obsessies kan vergelyk word met ’n deuntjie wat meedoënloos in jou kop bly draai. Dit kan fokus op ’n vrees dat iets slegs met jou of jou geliefdes gaan gebeur; dat jy iets belangriks sal verloor; iets onvergeefliks sal aanvang; dat jy God sal mishaag, of op verbode seksuele aktiwiteite. Obsessies kan oortuigings omtrent “gelukkige” of “ongelukkige” syfers en kleure insluit.

Kompulsies kan oordrewe persoonlike higiëne of huisskoonmaakprosesse behels; om voorwerpe op ’n spesifieke manier te rangskik; aktiwiteite ’n sekere aantal kere te herhaal; spesifieke voorwerpe of liggaams-dele aan te raak; inligting oor en oor te lees; sekere items op te gaar, of om situasies te vermy wat jou obsessies kan sneller. Mense met OKV skep dikwels rituele wat hulle voel hulle móét uitvoer. Hulle is gewoonlik skaam hieroor en steek dit sover moontlik vir ander weg.

“Mense meld selde met klagtes van OKV by my aan. Hulle kom meestal weens angstigheid, eksamenvrees, ’n gejaagdheid, skuldgevoelens of omdat hulle ’nie kan stilsit nie’. As ek OKV vermoed, vra ek: ‘Tel jy? Trappe, liggies teen die dak – enigiets?’ Gewoonlik lag hulle verleë. Ek vra ook of hulle ’n skildery wat skeef hang, sal regstel, patroontjies in die mat probeer sien of sekere dinge double check. Toe ek in die weermag was, het een van my makkers soggens sy trommel gesluit, en telkens wanneer hy by die deur kom, teruggedraai om seker te maak dis gesluit. Dit het ’n heen en weer gehardloop afgegee.

“Mense met OKV hanteer dit moeilik as hul dagbeplanning onvoorsiens omver gewerp word. Hulle word ook dikwels van perfeksionisme beskuldig. In hierdie konteks beteken perfeksionisme nie dat hul kaste noodwendig almal reggepak is nie maar wel dat hulle voortdurend gedagtedruk ervaar dat hulle sekere dinge perfek behoort te doen.

“So iemand word baie keer in detail vasgevang. As sy ’n skooltaak uitwerk, is sy byvoorbeeld so begaan daaroor om niks uit te laat nie of om foutloos te formuleer, dat sy gewoon nie klaarkry nie.”

Uitstel is ’n verdere teken van OKV. “Take word uitgestel omdat hy op hierdie oomblik nie in ’n ruimte is waar hy voel hy kan die taak perfek uitvoer nie. Nog ’n kenmerk is ’n rampingesteldheid. Sodra mense met OKV verveeld raak, begin hulle wonder wat verkeerd kan gaan. Hulle beleef die katastrofe by voorbaat in kleur en geur. Dit verhoog uiteraard hul angsvlak. Maar dis ook waar dat hulle ’n taak net uitstel totdat hulle die ramp sien gebeur. Dan voltooi hulle dit.

“Wanneer ek mense oor hul simptome uitvra, is die reaksie dikwels: ‘Maar voel alle mense dan nie so nie?’ Hulle is gewoond aan die hoë angsvlak. Sowat 50% van hierdie mense ly ook aan depressie. Dié magteloosheid en hulpeloosheid lei dikwels tot uitbrandingsindroom. Iemand met OKV kan hulself binne ses maande uitbrand.”

Wanneer moet mense met OKV hulp kry? “Wanneer hulle by die huis, die skool of die werk nie normaal kan funksioneer nie – weens angstigheid, perfeksionisme, tydrowende kompulsiewe rituele, uitbranding of om ’n ander rede.”

Lees ook: Borskanker neem toe onder jonger Suid-Afrikaanse vroue

Beheer

Obsessief-kompulsiewe versteuring gaan ten diepste oor beheer, of eerder die gebrek daaraan. “Die onderliggende floating anxiety kom ongevraag in mense se lewe. Die oorsake van die toestand word nog nagevors, maar daar is ’n sterk oorerflikheidsfaktor. As ’n kind dit het, het een ouer dit meestal ook. Niemand het dus ‘skuld’ hieraan nie.

“Mense met OKV ervaar sterk emosionele ongemak en probeer dit onder beheer kry. Dit werk nie, en die volgende stap is om hul omgewing te probeer beheer deur byvoorbeeld kompulsiewe handelinge uit te voer. Wanneer hul angsvlak steeds nie daal nie, probeer hulle weer hul innerlike gesteldheid in lyn kry. So ontstaan ’n sieldodende kringloop.

“Dit klink na ’n paradoks, maar die antwoord is dat jy meer in beheer voel sodra jy die noodsaak om in beheer te wees, laat gaan. Ek illustreer dit gewoonlik met die storie van ’n seuntjie en ’n dogtertjie op ’n strand. Die seuntjie sien eerste dat die gety inkom en sy sandkasteel gaan wegspoel. Hy bou ’n muurtjie om die water te keer. Die water vat die muurtjie weg, en hy probeer weer. Uiteindelik vat die water alles, en hy hardloop huilend na sy ouers.

“Die dogtertjie probeer ook ’n muurtjie bou, maar sodra dit wegspoel, verander sy haar strategie. Sy grawe dammetjies en geniet dit as hulle vol water spoel. Dit gaan alles daaroor om jou verwagtings aan te pas, pleks van krampagtig aan die illusie van beheer vas te klou.”

Obsessief-kompulsiewe versteuring kan nooit genees nie, maar wel beheer word. “Dit reageer die beste op ’n kombinasie van medikasie en kognitiewe gedragsterapie – terapie wat mense insig in die proses gee, asook tegnieke om dit te bestuur. Ek kan iemand binne ses sessies toerus om die res van hul lewe met OKV saam te leef. As hulle nie medikasie wil gebruik nie, respekteer ek dit, maar spesifieke anti-depressante genaamd serotonien-heropname-remmers of SSRI kan baie help; die persoon se brein stuur heeltyd boodskappe dat hy in gevaar is, al is hy nie nie. Hierdie medikasie bring die serotonienvlakke weer in balans en maak die lewe hanteerbaar.”

Hanteringswenke

”Wat is die ergste wat met enige mens kan gebeur? Jy kan doodgaan. Gaan jy weet jy is dood? Nee. Oor die ergste hoef jy jou dus nie te bekommer nie. Ons kan leer om in ongemaklike of angswekkende omstandighede – soms bloot ’n kussing wat skeef lê te vra: ‘Wie sal doodgaan?’

“Humor is die oudste verdedigingsmeganisme. Ek sê vir pasiënte: ‘Jy kan maar jou ritueel gaan uitvoer, lag net eers vir jouself.’

As ’n vrou byvoorbeeld kompulsief die huis stofsuig, vra ek watter taak sy haat. As dit is om die blare by die hek weg te vee, sluit ons ’n kontrak. Sy mag na hartelus stofsuig, maar sy moet élke slag eers die blare gaan wegvee. Dit skep nuwe keuses.

“Ek gebruik neurolinguistiese programmering om mense onder meer te help disso-sieer. Kyk na jouself uit ’n toeskouersoogpunt. ‘Vries’ die stresvolle situasie in die vorm van ’n swart-wit foto en sit ’n goue raam daarom as jy wil. Dit verlaag die emosionele lading sodat jou brein ’n bruikbaarder hanteringsmetode kan vind.

Taalgebruik vorm ons ervarings in ’n groot mate, byvoorbeeld: ‘Ek móét geld in my handsak hê vir ingeval iets gebeur.’ Dis nie ’n moet nie. Dis bloot goed om geld by jou te hê. Ons moet let op veralgemenings en verdraaiings. Vet woorde – woorde wat vir verskillende mense verskillende betekenisse het, soos ‘ryk’ of ‘respek’ – moet anders benader word as maer woorde met ’n eenduidige betekenis.

Skryf jou obsessies soos ‘Ek moet ’n goeie mens wees’ neer, en bêre dit in ’n koevert op ’n sekere plek. So verplaas jy die obsessie van jou kop na die koevert.

Gee doelbewus beheer op. As jy vas glo dat jy met enigiets kan cope, lui jou interne dialoog dat jy oral en altyd móét cope. Dit skep angs. Gaan sit stil en voel hoe dit voel om nie te cope nie. Voel jou hartklop, die drang om op te staan en op te tree, ensovoorts.

Obsessiewe gedagtes vorm ’n sirkelgang. Jy tob byvoorbeeld oor jou mislukte verhouding. Kies twee tye per dag wat jy jou gedagtes hieroor in ’n spesiale joernaal met ’n pen neerskryf. Die res van die dag mag jy glad nie hieraan dink nie. Dit skep lineêre denke wat die kringloop verbreek.”

Lees ook: Suiwel: Jou bondgenoot tydens menopouse

The post Obsessief-kompulsiewe versteuring: Die onsigbare tronk appeared first on rooi rose.

Wêreld-selfdoodvoorkomingsdag: Wat om te sê (én nie te sê nie)
Wêreld-selfdoodvoorkomingsdag: Doen jou deel. Hooffoto: Unsplash

Om openbare toewyding en aksie te bevorder om selfdoodgevalle te voorkom in die aanloop tot Wêreld-selfdoodvoorkomingsdag (10 September), deel ’n farmaseutiese maatskappy en advokaat vir geestesgesondheid raad oor hoe om ’n geliefde ná ’n selfdoodpoging te ondersteun.

Abdurahmaan Kenny, ’n geestesgesondheidsportefeuljebestuurder vir Pharma Dynamics, sê om te weet hoe om iemand te hanteer en te ondersteun wat probeer het om hul eie lewe te neem, is van kardinale belang vir hul herstel.

“Jou geliefde is dalk depressief of ly aan ’n ander geestesongesteldheid wat veroorsaak word deur ’n chemiese wanbalans in die brein. Daarom is dit vir hulle noodsaaklik om ’n opgeleide gesondheidswerker, wat ’n behoorlike diagnose sal kan maak en die regte behandeling sal kan voorskryf, wat dikwels ’n kombinasie van medikasie en psigoterapie behels, te sien. Herstel (met die regte hulp) is moontlik,” sê hy.

Baie van ons ken iemand wat selfdood probeer het of reggekry het. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) sterf een persoon elke 40 sekondes aan selfmoord wêreldwyd.

“Wanneer ’n geliefde hierdeur geraak word, kan dit traumaties wees, want jy moet hulle ondersteun en jou eie gevoelens oor die selfdoodpoging hanteer – die woede, vrees, skaamte en skuldgevoelens. Om die regte ding te sê en te doen, kan moeilik wees.”

Kenny deel die volgende raad oor hoe om ’n geliefde tydens so ’n moeilike tyd te ondersteun.

Wat om te sê om ’n gesprek mee te begin:

Ek is jammer dat jy so aaklig gevoel het, maar ek is so bly jy is nog hier.

Ek is hier vir jou. Onthou dat jy altyd met my kan praat as jy wil.

Ek wil jou help. Vertel my wat ek kan doen om jou te ondersteun.

Verskeie organisasies, insluitend Suicide Line (Australië) en Mental Health Foundation (NZ), adviseer die volgende maniere van ondersteuning:

Verwyder so veel as moontlik die middele tot selfdood, insluitend dwelms en alkohol.

Skep ’n veilige ruimte vir die persoon om te praat. Wees beskikbaar en laat die persoon weet jy sal luister. Aanvaar hulle vir wie hulle is en laat hulle weet dat jy omgee.

Probeer om die gevoelens en perspektief van die persoon te verstaan ​​voordat jy saam oplossings ondersoek.

Verken en ontwikkel realistiese planne en oplossings om hul emosionele pyn/ geestesongesteldheid te hanteer. Vir hulle om te besef dat selfdood nie ’n oplossing is nie, sal hulle werklike veranderinge in hul lewe moet sien. Dit sal klein stappe aan die begin vereis om hul situasie te verander.

Kry vir jou geliefde die professionele ondersteuning wat hulle nodig het. Jy kan aanbied om saam met hulle te gaan of hulle help om afsprake te maak.

Kry die bystand van ander familie en vriende om jou te help om die persoon te ondersteun.

Oorweeg dit om saam met die persoon ’n veiligheidsplan te skryf wat die stappe uiteensit wat hulle moet neem indien hulle selfdoodneigings sou ervaar. Dit sal julle albei meer voorbereid en in beheer laat voel oor die moontlikheid van toekomstige selfdoodgedagtes.

Ondersteun hulle om die dinge te doen wat hulle geniet, fisiek aktief te bly en met ander mense interaksie te hê.

Help hulle om balans in hul lewe te herstel, soos om alkoholinname te verminder, oefening te kry of genoeg slaap te kry.

Onbehulpsame reaksies

Dit is natuurlik om oorweldig, angstig en selfs kwaad of gegrief te voel wanneer ’n geliefde selfdood probeer pleeg. Dit is belangrik om bewus te wees van jou eie gevoelens sodat jy daarvan kan weerhou om op maniere te reageer wat jou geliefde kwaad kan maak of laat onttrek.

Hier is ’n lys van wat om nie te sê nie, volgens Suicide Line:

Paniekerige reaksie: “Dit kan nie gebeur nie. Ek weet nie wat om te doen nie – wat doen ons?”

Wees afbrekend:  “Jy is mal.”

Kritiek: “Dit was so ’n dom ding om te doen.”

Preek of lesing: “Jy weet jy moes dit nie gedoen het nie; jy moes vir hulp gevra het.”

Ignoreer: “As ek net maak asof dit nie gebeur het nie, sal dit weggaan.”

Verlaat die persoon: “Ek kan dit nie vat nie; ek moet hier wegkom.”

Straf die persoon: “Ek praat nie met jou totdat jy jouself regruk nie.”

Dramatisering: “Dit is die ergste moontlike ding wat jy kon doen!”

Om dinge te vereenvoudig of ’n ‘quick fix’-benadering te gebruik: “Jy het net ’n bietjie medikasie nodig, en dan sal jy weer soos jouself voel.”

Toon woede: “Ek kan nie glo jy het dit probeer nie!”

Om die persoon skuldig of selfsugtig te laat voel: “Hoe het jy gedink dit sou my laat voel?” of “Hoe kon jy dit aan my doen?”

Kenny sê die gebruik van woorde soos “onsuksesvol” of “misluk” moet vermy word. In plaas daarvan moet woorde soos “selfdoodpoging” of “poging om hul eie lewe te neem” gebruik word.

“Vermy ook om te vra oor hoe hulle hulself seergemaak het (tensy dit is om hulle veilig te hou), wat ontstellend en ’n verdere stressor kan wees.”

Om ander mense van die selfmoordpoging te vertel

“Daar is steeds baie stigma rondom selfdood en jy kan die oordeel en kritiek van ander vrees. Wie jy kies om te vertel en hoeveel jy wil deel, is jou keuse. Dit kan nuttig wees om iets voor te berei om te sê wanneer gevra word, soos: ‘Ja, dit is ’n moeilike tyd vir ons, maar ons kry vir hom of haar die ondersteuning wat hy of sy nodig het.”

“So uitdagend soos wat dit is om van ’n selfdoodpoging te herstel, met tyd en ondersteuning vir jou geliefde en jouself, kan dit oorkom word,” moedig Kenny aan.

Wees bedag op waarskuwingstekens by jouself of iemand anders en kry onmiddellik professionele hulp. Jy kan ook The South African Depression & Anxiety Group se gratis selfdood-krisishulplyn skakel by 0800 567 567 (8.00 tot 20.00, sewe dae per week).

Lees ook: Bestuur jou geestesgesondheid met slaap en oefening

The post Wêreld-selfdoodvoorkomingsdag: Wat om te sê (én nie te sê nie) appeared first on rooi rose.

Dobbelverslawing: hier is raad
Versorg deur Mariette Snyman. Foto Freepik

“Die gebruik van middels soos alkohol, dagga, metamfetamien (crystal meth), methcatinone (CAT) en voorskrifmedisyne om lewensdruk te hanteer, is ’n algemene verskynsel in Suid-Afrika. Al meer mense sukkel met spanning en die vinnige pas waarteen ons leef, en vind troos in hierdie middels. In die era van tegnologie is daar egter ’n ander groeiende vorm van afhanklikheid: dobbelverslawing.”

Lees ook: Verslaaf op jou oudag?

Só sê Peta-Lyn Foot, programbestuurder van die verslawingseenheid by die Akeso Crescent-kliniek in Randburg. Sy verduidelik dat dobbelverslawing verskeie ooreenkomste met ander verslawings toon.

Hoe weet jy wanneer iemand ’n verslawing het?

“’n Verslawing word gedefiniëer as ’n ongesonde verhouding met ’n middel, of as gedrag wat die gemoed en gedagtes verander. Sodra iemand sukkel om  hul daaglikse take sonder die gebruik van die middel te verrig, is dit ’n sterk aanduiding van verslawing.

“Dit is nie nodig dat die persoon die middel elke dag gebruik of daagliks by die gedrag betrokke is nie. Verslawing het te doen met oormaat en met die onvermoë om op te hou met die gedrag of gebruik van die middel.

“Omdat wetgewing rakende dobbelhuise verander het en namate al meer mense toegang tot tegnologie en die Internet verkry, raak meer mense by verskeie vorme van dobbel betrokke. Selfs eenvoudige verskynsels soos die koop van ’n Lotto-kaartjie of die uitneem van ’n lootjie word as dobbel beskou. Die algemeenste vorm van dobbel is aanlyndobbelplatforms en dobbelmasjiene of dobbeltafels by dobbelhuise.

Dis nie nodig dat die persoon die middel elke dag gebruik of daagliks by die gedrag betrokke is nie

“Navorsing wys dat jong of middeljarige mans meer geneig is om ’n dobbelverslawing te ontwikkel as gevolg van hul avontuurlus en beheptheid met sosiale status. Dobbel is ook meer algemeen in laer inkomstegroepe en word dikwels beskou as ’n kitsoplossing vir finansiële probleme, terwyl dobbel in baie gevalle juis die teenoorgestelde veroorsaak en die probleem erger maak.

“Een van die tekens dat dobbel buite beheer raak, is wanneer iemand ’n dringende behoefte het om te dobbel en al groter risiko’s neem om ’n verlies te probeer ‘red’. Hierdie gedrag kan hul lewensomstandighede, gesinslewe, werk en persoonlike versorging negatief beïnvloed.”

Algemene tekens dat dobbel ’n probleem is

Die onvermoë om op te hou dobbel, ten spyte van finansiële probleme.

Om al groter risiko’s te neem wanneer daar gedobbel word.

Rusteloosheid en prikkelbaarheid wanneer ’n persoon probeer ophou.

Angstigheid en depressie.

Hooploosheid, skuldgevoelens en ’n gevoel van skaamte.

Probleme met slaappatrone.

Geheimsinnige gedrag en leuens.

Aggressie wanneer die persoon gekonfronteer of hul gedrag bevraagteken word.

Mense gebruik dikwels alkohol of dwelms om die onderliggende gevoel van skaamte te onderdruk

“Iemand kan ook ander versteurings ontwikkel as gevolg van die disfunksie wat deur dobbel veroorsaak word. Daar is ’n noue verband tussen dobbelverslawing en dwelm- en alkoholverslawing, omdat albei dieselfde effek het op die brein. Mense gebruik dikwels dwelms en/of alkohol om hulle te help om te ontspan terwyl hulle dobbel, of om die onderliggende gevoel van skaamte te onderdruk. Soms gebruik mense ook dwelms om hulle wakker te hou. Daar is ook ’n wanpersepsie dat dwelms jou meer helderdenkend maak sodat jy beter besluite sal neem. Verder is depressie en angsversteurings meer algemeen by mense met ’n dobbelverslawing.”

Lees ook: Dwelms, ’n ander woord vir hel

Lees ook: 19 oorsake van ’n paniekaanval

Wat kan ek doen as ek vermoed ek of iemand na aan my het ’n dobbelprobleem?

“Dis hoogs onwaarskynlik dat die persoon op hul eie sal kan ophou. Hulle moet hulp kry, omdat die siklus van verslawing moeilik is om te verbreek sonder dat nuwe gedragspatrone aangeleer word.

“Een van die doeltreffendste behandelings is binne-pasiënt-programme, waar die pasiënt ’n tyd lank in die sentrum oorbly. Die meeste sentrums beoog om die individu bewus te maak van die destruktiewe gedrag en help hulle om dit te verander. Binne-pasiëntbehandeling sluit individuele-, groeps- en gesinsterapie in.

Lees ook: Dagboek uit Denmar

“Dit is baie belangrik dat ’n persoon voortdurend ondersteuning kry deur terapie, organisasies soos AA/NA/GA, en deur in ’n omgewing te wees wat die rehabilitasieproses ondersteun.

“Daar is ook buite-pasiëntsentrums beskikbaar vir mense wat nie by ’n binne-pasiëntprogram kan inskakel nie.”

Peta-Lyn beveel aan dat mense wat hulp nodig het hier hulp kry:

Akeso-klinieke – akeso.co.za – of die 24 uur-hulplyn 0861 HELP US (4357 87).

National Responsible Gambling Program – 0800 006 008.

Gamblers Anon – 060 624 7140 OF 071 377 2746.

The post Dobbelverslawing: hier is raad appeared first on rooi rose.