2012 kan vir Charlize Theron ‘n groot jaar wees. Ons goue meisie het verlede jaar uit die openbare oog probeer bly en op haar werk gefokus ná haar verhouding met Stuart Townsend op die rotse beland het. Met drie nuwe flieks wys Charlize dat haar lewe en loopbaan op 36 steeds goed op koers is en dat haar leë ringvinger haar nie in ‘n bedremmelde hopie laat sit het nie, skryf Margaret Gardiner

Die media en publiek het haar lank as ‘Joost se eks’ geëtiketteer. Maar Marlene Duvenage het lankal onder dié skaduwee uitgekom. Sy het met ons oor die nuwe fase in haar lewe gesels.



‘n Belangrike suksesfaktor vir moderne liefdesverhoudings is gedeelde belange; gemeenskaplike grond waar twee mense kan herlaai, weg van dagboeke en die vlietende gejaag. Maar vir talle paartjies is daardie grond deesdae ‘n lowergroen, bultende banksakkie dagga. Kan so ‘n liefdesverhouding slaag?

Mense met obsessief kompulsiewe versteuring ervaar baie angs, soms sonder dat ander dit besef. Hoor jy van obsessief kompulsiewe versteuring (OKV), kom die klassieke beeld van iemand wat hul hande oor en oor was tien teen een by jou op. Maar hierdie angsversteuring kom in baie gedaantes, sommige so subtiel dat iemand jare lank ongemerk daaraan kan ly. Gelukkig is daar hulp.

Eileen de Jager en Roelien Schutte se werk is ons almal se ergste nagmerrie: hulle maak skoon waar mense gesterf het. Makaber, ja. Noodsaaklik, beslis. Maklik? Glad nie. “Maar iemand moet dit doen,” is hul antwoord as jy hulle daaroor uitvra. Ilse Salzwedel het ‘n boek oor dié twee bloedsusters geskryf en vertel meer.

Hou dit werklik soveel voordele vir ‘n intellektueel gestremde kind in om in ‘n hoofstroomskool geplaas te word? Ons het met kampvegters en kenners gesels.

 

 

 

 

 


 

 

 

 Leef só ’n gebalanseerde lewe

Balans, en veral hoe om ’n gebalanseerde lewe te lei, is ‘n moeilike kwessie. Almal weet dis noodsaaklik om prioriteite te hê, maar die meeste mense (veral vroue!) sukkel om hul werk- en gesinslewe van mekaar te skei. In ’n era waarin vroue meer verantwoordelikhede het as ooit tevore, raak dit moeiliker om gesinstyd by besige skedules in te pas. Hoe doen jy dit? Hoe balanseer jy werk en huistake sodat daar genoeg tyd vir ’n gesonde gesinslewe oorbly? Die beste manier is om streng reëls neer te lê en daarby te hou. Die kreatiewe span by 1st For Women Versekeraars het ’n paar wenke saamgestel om jou (en jou gesin) ’n gehaltelewe te verseker.

Klik hier vir meer.

31 Million Reasons Why Local Is Lekker

Die nuwe Suid-Afrikaanse fliek, 31 Million Reasons Why Local Is Lekker, het in die eerste drie dae amper R320 000 ingebring én die Toptienlys by die loket gehaal - ’n bewys daarvan dat Suid-Afrikaners plaaslike flieks geniet.


Klik hier vir meer.
 

Twee stappe tot ’n groener 2012

Wonder jy soms wat jy kan doen om “groen” te leef? Met soveel projekte wat wêreldwyd bedryf word om die planeet te red, kan ’n mens nie anders as om ook ’n bydrae te lewer nie ... hoe klein ook al. ’n Eenvoudige opsie is papierherwinning: hierdeur word gebruikte artikels weer nuut gemaak en jy kan dit in twee maklike stappe regkry:

Kliek hier vir meer

Christo Davids vra die jawoord!


Christo Davids (Errol van 7de Laan) en sy vriendin, Cindy Khana, het 2012 op ‘n hoë noot begin toe hulle op 6 Januarie verloof geraak het. Dié twee is al sowat nege jaar saam en Christo het gereken dis hoog tyd om die volgende stap in hul verhouding te neem.
Hy was einde verlede jaar in die Kaap besig met David Kramer se produksie, Some Like it Vrot, en was ook betrokke by die Cape Heart Theatre waar hy artistieke direkteur is. “Cindy het ‘n bietjie krapperig geraak met my vol skedule en met reg – dit was net werk, werk, werk,” vertel hy. Hy het Vrydag die 6de af gehad en besluit om haar ‘n bietjie te bederf. Die twee het soos wafferse toeriste op die Kaap se bekende rooi bus die wêreld vol gery en hulle gate uit geniet. Oor middagete op Tafelberg het hy die jawoord gevra. Nou watter meisie sal kan nee sê as so ‘n sjarmante jong man haar op so ‘n spesiale plek vra om sy vrou te word? Die twee beplan om Maart 2013 te trou.

Hier by 7de Laan is ons almal in die wolke oor die goeie nuus . Baie geluk, Christo en Cindy, mag julle vir altyd gelukkig saam wees!

Hou jy van Indiese kos? Lees hier.

Reza Mahammad, bekende sjef en restaurateur van een van Londen se mees bekroonde Indiese restaurante (The Star of India), het onlangs vir drie weke deur die strate van Indië gereis om die bekoorlike kostradisies van Rajasthan en die land se koninklikes te ontdek. Sy reistog is gedokumenteer om deel te vorm van ’n splinternuwe kosprogram wat binnekort op DStv se gewilde Food Network uitgesaai sal word. Reza, Spice Prince of India is ’n kulinêre program waarin Indië se mooiste paleise asook ander interessante dele van die land uitgebeeld word. In elke episode wys Reza verskillende kossoorte wat eie is aan die land en sy kultuur, waarna hy ook sy eie weergawe van twee tradisionele Indiese geregte én inspirerende idees vir kosliefhebbers aanbied.

Klik hier vir meer.

Klik hier vir nog nuus


 




Gesels saam, wen pryse, gee jou mening en word deel van jou gunstelingtydskrif.

www.rooirose.co.za is elke Vrydag tussen 11:00 – 12:30 dié plek om te wees. Ons spesialisredakteurs, joernaliste, kundiges en bekendes sit dan reg om met julle in ons kuberkletskamer te gesels. Nie net is dit die gulde geleentheid om raad te kry en lekker te gesels nie, maar julle help ons ook om vas te stel wat julle graag in jul gunsteling-tydskrif wil sien. Boonop is dit baie maklik om deel te neem - skakel net in by www.rooirose.co.za kliek op die geselskamer-skakel, registreer as jy ‘n nuweling is, en gesels. Let wel dat die geselssessies vanjaar vroeër, tussen 11:00 en 12:30 sal plaasvind. Op 20 Januarie sal skoonheidsredakteur Suzanne Kotzé ons geselssessies vir die jaar afskop. Op 27 Januarie is dit moderedakteur Susra Morkel se beurt. Op 3 Februarie sal Ronel Nel julle weer aan ‘n bekende gas voorstel en op 10 Februarie sal Ilse Salzwedel en ‘n dierekenner weer aan die woord kom.

Hierdie maand sal een gelukkige deelnemer elke Vrydag ‘n Philips SatinPerfect HP6572-skeermes ter waarde van R899 wen!
Vir ‘n ekstra tikkie selfvertroue hierdie somer is pragtige gladde bene ‘n móét! Danksy Philips se nuwe SatinPerfect HP6572 met sy ekstra wye skeerkop en kermamiekplate is dit nou makliker om pragtige, gladde bene te hê. Boonop kan die SatinPerfect HP6572 ook op sensitiewer dele van die lyf gebruik word – jou algehele haarverwyderingsoplossing! Die Opti-Light sien en verwyder selfs die fynste haartjies en die skeerkop kan gewas word om dit higiënies skoon te hou. Die SatinPerfect HP6572 is beskikbaar by uitgesoekte handelaars vir sowat R899.

Besoek www.philips.co.za of bel 087 808 2256 vir meer inligting.

Ons is hier om te help by www.rooirose.co.za

 

Susra vertel ons van die jongste modeneigings. Ronel vertel ons van die lekkerste nuwe boeke en flieks. Ilse dra jul dierekinders se belange op die hart. Suzanne gee skoonheidswenke wat werk.
       

 

 

 



 

 

Aktueel
'n Lewe van hel
Organies, die moeite werd?
Die waarheid oor ons water
Een bottel blik en ou koerant
op'n slag

Inkopieslawe
Verslaaf op jou oudag
Loop die kerk leeg?
Lees meer

 

Bekendes
Jo-Ann Strauss
Angelique Gerber
Nadia van Velvekens
Cindy Nell-Roberts
Christi Panagio
Vicky Davis
Lindie Strydom
Lika Berning
Tammy-Anne Fortuin
Margaret Gardiner
Corine du Toit
Lees meer

 

 

Gesondheid
klank maak gesond
Mooier met jou eie vetselle
Ritalin se nuwe gebruik
Buierig of bipolêr?
Ek vermink my met my naels
Wysheid met jou spiertier

Ma's en ons lywe
Nuwe tegniek maak demensie beter
Voorlig jou kind uit depressie
Bipolêr, swanger & in die wolke
Lees meer
  

 

Sukses
Skoolhou in die Ooste, wat kan jy
verwag?

Oorkom jou vliegvrees
Trefferplanne vir ‘n vetter pensioen
Van verknorsing tot vryheid

Die 7 grootste huursorge opgelos
Lees meer

Inspirasie
As mooi vergaan ...
Gesonde selfsug
Sy praat met diere
'n tweede kans
Die engele om ons
Van vrou na man
70 Topwenke vir geluk
Lees meer
Margaret uit Hollwood
Daniel Craig
Tom Hanks
Daniel Radcliffe
Gwyneth Paltrow
Jack Nicholson
Harrison Ford
Diane Lane
Cher
Katherine Heigl
Amanda Seyfried
Heidi Klum
Sarah Jessica Parker
Lees meer
Ouerskap
Die hoe van blommetjies en bytjies
Ouerskap in die 21ste eeu
Wysheid met jou spiertier
My kind háát skool!
Net 10 en depressief
Bytjies en blommetjies

Verhoudings
Maar ons slaap apart
Die verterende verlange
Saamwoon
Hal-ló,mamma
Ly ta aan kanselvrees?
Kom sit vir ’n sessie
die chemie van die liefde
wat vroue by mans oor seks wil weet
70 x 70 keer
Sit die vonk terug
My vrou rand my aan
Wat mans by ons oor seks wil weet
Lees meer

  Copyright © 2011 Rooi Rose . Engineered by iGroup.