Die produk is so gestruktureer om voldoende dekking vir ’n verskeidenheid van regsprobleme te bied.
AVBOB Regshulp wil AVBOB-lede én die publiek toegang gee tot regsdienste wat jou sak pas en van hoë gehalte is – dié twee saam is nie altyd moontlik of maklik bekombaar vir Jan Alleman nie.
“Wanneer mense na goeie regshulp soek, speel finansiële uitdagings vir baie ’n groot rol; dit terwyl hulle dit werklik kort. Ons benadering is daarop gemik om bekostigbare regsondersteuning aan almal te bied wat dit nodig het,” sê Carl van der Riet, die uitvoerende beampte van AVBOB.
OOR AVBOB REGSHULP
AVBOB Regshulp bied ’n produkpakket wat uit drie dele bestaan. Die vlak van dekking en die hoeveelheid regsprobleme wat gedek word vermeerder, soos die vlak styg: Hoe hoër die vlak, hoe meer die dekking wat jy kry.
Die produk word deur Guardrisk onderskryf. Hulle hou ’n nie-lewe (beter bekend as korttermyn) versekeringslisensie. Legal Guardians sal die administratiewe funksies uitvoer, soos om polisse uit te gee; seker te maak dat premies ontvang word; en regshulp bied.
Legal Guardians het ’n uitgebreide nasionale paneel van prokureurs wat in ’n verskeidenheid van velde spesialiseer. Dit maak dit vir hulle moontlik om kliënte in alle fasette van die reg by te staan wat in die polis gedek word, in enige regsgebied van Suid-Afrika.
AVBOB Regshulp se doelwitte
- Om seker te maak meer mense ontvang regsdienste wat van goeie gehalte is
- Om die gaping tussen die aanbod en groeiende vraag na regsdienste te oorbrug
- Om die beskikbaarheid en die reg tot regsdienste te vermeerder, te midde van die hoë koste van gedingvoering in Suid-Afrika
TOEGANG TOT REGSDIENSTE
- Suid-Afrika se gemene reg erken dat dit “grondliggend is, die reg van die individueel tot regsadvies en regsverteenwoordiging”. Dit lê aan die hart daarvan om gevolmagtigde en florerende gemeenskappe te bou.
- Verskeie hindernisse, wat onvoldoende hulpbronne en ’n gebrek aan kennis oor regsregte en die regstelsel insluit, dwarsboom mense se vermoë om toegang tot regsdienste van goeie gehalte te verkry.
- AVBOB Regshulp beoog om bekostigbare regshulp aan die publiek beskikbaar te maak.
Vir meer inligting oor AVBOB Regshulp, besoek https://legalgaurdians.co.za/avbob/
OOR AVBOB SE ONDERLINGE VERSEKERINGSGENOOTSKAP
AVBOB is 105 jaar oud. Die AVBOB-groep bestaan uit AVBOB se onderlinge versekeringsgenootskap, wat versekeringsprodukte bied, asook twee filiale insluit naamlik – AVBOB Begrafnisdienste en AVBOB Bedrywe wat kiste en begrafnisware vervaardig. As onderlinge genootskap het AVBOB geen eksterne aandeelhouers nie; ons het eerder lede wat ’n gedeelte van AVBOB se surplus wins ontvang. Ons lede is ons polishouers en ons onderlinge status vuur ons doelwit aan.
Lees ook: Sigarette: Druk nóú dood