Clare Wiese-Wentzel se pa, Christo Wiese, is dalk een van die rykste mense in Suid-Afrika, maar dié beeldskone vrou is eenvoudig vriendelik en doodgewoon. Sy wil en gaan dan ook binnekort ander vroue mooi maak in die nuwe kykNET-reeks, Mooimaak met Clare Wiese-Wentzel, wat vanaf 5 Oktober 2017 op die kassie sal wees!
Lees ons volledige onderhoud met Clare in die Oktober 2017-uitgawe van rooi rose.
Meer oor ‘Mooimaak‘
“Ons almal stry maar ’n stryd as dit kom by hoe ons lyk, en ons het almal ons eie onsekerhede,” vertel Clare, en verklap dat sy op skool maar skaam en selfbewus was weens ’n velprobleem. Juis omdat sy weet hoe weerloos ’n mens oor jou voorkoms kan voel, wil sy ander vroue help. “Ek is baie geseënd dat ek toegang het tot die heel beste mense in die skoonheidsbedryf, en ek wou graag al die wenke wat ek deur die jare by hulle geleer het, met vroue deel.”
Sy het self deur die meer as duisend inskrywingsvorms van hoopvolle vroue gelees en die kortlys opgestel. “Van daardie stories is regtig hartseer. Dis so ’n groot kompliment dat hulle ’n vreemdeling vertrou met radikale voorkomsveranderings. Hopelik gaan die oormaaksessies hulle ’n bietjie tuiser in hul velle laat voel.”
Clare skerts dat sy ’n bietjie soos “’n hond oor ’n been was” met Mooimaak. “Dit was nogal taai, want ek dink nie mense het geweet wat om van ’n sogenaamde bevoorregte rykmansdogter te verwag nie. Ek het baie hard gewerk om hierdie droom waar te maak, en die meeste van die borge gekry. En ja, ’n hele klomp borge het gesê hulle sal maar eers wag vir die tweede seisoen, dankie.”
Sy het ook die Mooimaak-kenners met die hand uitgesoek. “Van die kosmetiese tandarts en grimeerkunstenaar tot die haarstiliste en die microblading-kenner. Ek wou net met die heel beste saamwerk!”
Glo dit of nie, maar sy was selfs ook betrokke by die kleiner detail, soos elke deelnemer se nuwe haarstyl, grimering, skoene en selfs naellak.
“Maar ek sou Mooimaak nooit sonder Herman Binge kon gedoen het nie. Hy is ook die man agter die sukses van Boer Soek ’n Vrou, en die leier in realiteitstelevisie. Hy was mal oor die konsep en wou dadelik die reeks se uitvoerende vervaardiger wees. En Willem Oelofsen, die regisseur, is ’n kreatiewe genie en bekroonde regisseur. Hy werk bitter hard, en sonder hom sou daar beslis nie so ’n mooi program gewees het nie! Almal wat betrokke is by Mooimaak, is uitsonderlik talentvol.”
Waarna kan kykers uitsien?
“Ons gaan wys wat ons met elke deelnemer doen. Hoe hulle eers gelyk het, en hoe ons hulle gehelp het. Die deelnemers gaan vir seker ook in die kykers se harte inkruip, nes hulle in myne ingekruip het.”
Ons sal jou op die hoogte hou met Mooimaak. Hier by rooi rose weet ons hoe belangrik dit vir vroue is om op hul beste te lyk, en daarom is dit vir ons heerlik om Mooimaak se amptelike mediavennoot te wees. Die reeks bestaan uit 13 episodes, en ons gaan weekliks die voor- en na-foto’s op ons webwerf plaas, asook meer inligting oor wat gedoen is om vir elke deelnemer ’n nuwe voorkoms te skep. Ons gaan ook met die Mooimaak-spesialiste gesels oor die verskillende prosedures en tegnieke.
Vanaf 5 Oktober kan jy elke Donderdag om 17:30 op kykNET (kanaal 144) na Mooimaak kyk.
Maak seker jy loop nie ’n Mooimaak-oomblik mis nie!
9 kommentaar
EK WIL GRAAG DEELNEEM AAN CLARE WIESE-WENTZEL SE MAKEOVER PROGRAM GROOT ASSEBLIEF.
VOEL LEWENS MOEG EN ASOF MY MAN MY NIE MEER RAAK SIEN NIE.
Liewe Clare
Ek het nie die inskrywings van 2017 gehaal nie, maar wil vreeslik graag weer inskryf vir 2018 se program. Ek weet dis bietjie te vroeg seker…maar ek wil seker maak dat jy weet van my inskrywing. Ek mis nie n program van jou nie, en sal ook nie vorentoe nie. Julle span doen uitstekende werk. Kan jy my asb net verwittig wanneer die inskryfvorms beskikbaar sal wees en waar kan ek dit aflaai of kry. Ek is regtig desperaat , veral om my tande te doen aan boonste gebit ;voorstes. Ek kan net nie meer verder so lyk nie en hou nie daarvan om te glimlag nie. Die tandarts op ons dorpie in die Noord Kaap, weier om my krone te vervang. Ek het alreeds 2 krone voor maar dit sit al meer as 20 jaar en is heeltemal vorentoe gedruk en afgechip. Help my groot asb om weer my glimlag en selfbeeld terug te kry!!! Sterkte met die jaar se bedrywighede verder. Groetnis
Liewe Clare
Ek geniet jou program terdee. Sal ook graag vir ‘n mooi maak sessie wil gaan, maar sien nie kaans vir die publisiteit nie. Ek het geen selfbeeld nie en wil beter oor myself voel. Ek is seker as ek beter lyk sal ek ook beter voel. Kan jy my asb help. Die afgelope paar jaar was baie emotioneel uitputtend. Het albei my ouers en twee broer verloor. Ons was ‘n gesin van vyf (net ek oor). Ek weet die mooi maak sessie sal my ook inerlike krag en skoonheid gee. Ek wil uit die koekon wat waanhoop breek en voorentoe kyk met meer selfvertroue.
Groete
Beste Clare
Mooimaak is n ongelooflike konsep en ek probeer dit nie mis.
Ek is jaloers op elke vrou wat as model optree. Die program met deelnemer Patricia het soveel dankbaarheid weerspieel – ek kon nie help om waterige oe te he nie.
Ek sal SO GRAAG wil deel wees om goed te voel. Ek bestuur n gastehuis en werk dus met die publiek. My voorkoms is dus n groot deel van die verwelkoming wat elke gas ontvang.
Baie dankie
Groete
Liefste Clare,
Hoop die Nuwe Jaar hou net mooi dinge vir jou in. Ek is van die Oos-Kaap van King William’s Town so 30 kilo’s buite Oos Londen. Ek geniet die program terdee en raak skoon mal elke keer wanneer ek die eind resultate sien (oud en jonk). Ek stel ook graag belang in die mooi maak sessie maar die Oos-Kaap is seker heeltemal buite julle gemak sone. My rede waarom ek dit graag wil he is omdat ek 32 jaar oud is en baie verward voel oor my voorkoms maar ek is doodseker ek het n swak selfbeeld omrede onvoorsiene dinge wat in my lewe gebeur het waaroor ek nie beheer het nie en ook nie wil publiek maak nie. Baie mense se vir my ek is pragtig en ek sien dit glad NIE so nie. Ek hou van grimering en mooi klere reeds omdat die lewe vir my so baie klappe gegee het en dis al hoe ek goed voel oor myself. Maar dit kom ook stadig op n einde omrede ek nie meer goed voel in dit nie omdat dit nou eentonig voorkom. Ek het al van te vore vir soort gelyke sessies ingeskryf maar nooit antwoord gekry nie en dit laat my ook meer af voel oor my voorkoms.
Hoop ek ken die jaar die inskrywings haal indien daar hierde jaar weer so n kompetisie sal wees.
Groete en Beste wense
Leeche
Liefste Clair
Een van my grootste drome is om weer normaal te kan eet met “heel” en mooi tande. Iets wat my nie gegun is nie. Ek het baie skewe tande, het RA (rheumatoid arthritis) en sukkel geweldig baie. My tande disingreer en kan ek ook nie vrugte normaal eet of byt nie. Ek moet alles stukkend sny en my mond bly soms vir weke lank vol sere. Ek was vir ‘n tyd by die Mond Hospitaal by HF en het twee implantate maar die krone is nog nie gedoen nie en loop ek nou al meer as ‘n jaar net met die skroewe wat ingeplant is. My RA tas my hele liggaam aan en wil ek net baie graag ook kan spog met mooi tande. Ek kan vir baie jare nie meer enige braaivleis geniet as gevolg van my gebreekte en weggeslyte tande nie.
Ek is tans 59 en my wens is dat ek ook soos enige ander vrou net ook ‘n mooi glimlag en mooi tande kan hê, normaal kan eet en normaal met mense kan kommunikeer. Ek voel altyd so selfbewus oor my tande wat so skeef, krom en stukkend is.
Baie dankie dat jy tyd afgestaan het om my “klagte” te lees.
Seënwense vir die nuwe jaar.
Magda
Hi, laat weet groot asb wanneer ons kan inskryf virdie 2018 reeks. Groete en wonderlike nuwe jaar…
Hallo Clare, ek wil jou graag versoek om vir Glynis Breytenbach te nooi vir ‘n mooimaak. My redes is dat ek dink sy het al baie hard gewerk in haar beroep om ons land en die gereg te dien, en nou ook by die DA, en in die proses haarself afgeskeep en verwaarloos het. Ek is ook van mening dat dit haar as vrou en mens baie goed sal doen, weer nuwe moed en lewenskrag sal gee, en meer selfvertroue. En gevolglik meer diens in haar roeping en taak. Baie dankie.
Hallo
nou ja waar begin ek om min van myself te dink
ek voel altyd vertoon afgetree van klein af die lelik een
skool het ek om gewees oor die (my ma het n do ek uit gesit dis hoekom jy so lyk)
My tande kners ek af het ook nie n medies om iets te doen nie wag al amper 2 jaar vir n bestelling vir my tand by staan en wil net graag ook mooi wees
Sal baie graag wil deel wees van jou mooi maak tyd
groete Corrie kruger kleinmond