Mooi, mooier, Mia!
As die eerste dowe skoonheid wat aan Mej SA deelneem én die kroon wen, verskuif Mia le Roux grense. Sy vertel van dié warrelwindjaar met sy hoogte- en laagtepunte, die liefde in haar lewe, en hoe sy elke dag streef om ander te verstaan en hul stories te hoor.
Wees winter-vriendelik met jou vel
Winter is ’n tyd vir kaggelvuur, warm drankies en knus komberse, maar vir ons vel is dit nie heeltemal so aangenaam nie. Ons ondersoek ’n paar maniere hoe jy jou roetine kan aanpas om jou vel te bevogtig en gelukkiger te hou.
Ons loer in by: Leon Kluge, Mienke Ehlers, Hennie van Greunen en Pedro Kruger
Leon Kluge staan aan die hoof van die Suid-Afrikaanse span by die Chelsea-blommeskou. Sy liefde vir tuine en tuinmaak is duidelik in sy werk te sien.



Warm winterkos
Die koue seisoene is sinoniem met heerlike kerries, bredies en pasteie. Ons Julie-uitgawe gee ’n paar idees vir jou kombuis.
’n Gesonde skildklier: Wat jy moet weet
Is jou lae energievlakke, stres, spysverteringsprobleme, haarverlies of gewigstoename aan ’n onderaktiewe skildklier te wyte? Word jou immuunstelsel boonop geraak? Bewustheid van hipotireose en Hashimoto se siekte, doeltreffende toetsing en holistiese behandeling kan jou lewensgehalte handomkeer verander.
Sneeu-koningin
Bly warm in wit en ysblou as die koue dreig.
Met net een hap (of twee!)
Groter is nie altyd beter nie. Hierdie heerlike happiegrootte lekkernye is perfek vir ná ete.
Selfoonvrye skole
Al hoe meer skole in Suid-Afrika kies om slimfone tydens skoolure te verbied. Die gevolge? Minder angs, beter konsentrasie en kinders wat weer pouses met mekaar gesels .
Brei iets spoggerig vir ’n man (of ’n vrou)
Fairisle is tydrowend, maar verslawend en die eindproduk is pragtig.
Oosterse inspirasie
Oosterse gebruike is al jare lank gewild, maar dit word steeds deur baie mense met skeptisisme bejeën. Tog het is daar waarde vir die hedendaagse mens.
Lees ook: Staan ‘n kans om 1 van drie Epi-max®-geskenkpakke ter waarde van R750 elk te WEN!