Nuttige wenke
- Skryf op elke item waarvoor dit is. Dan kan selfs oningeligtes die regte item uitkies
- Mooi so as jou tassie altyd reg staan. Gaan tog voor die vakansie na of van die items dalk al verval het.
|
Wat om in te pak |
Waarvoor jy dit gebruik |
| Pynpille soos Ibuprofen, Brufen | Hoofpyn, pyn, erge sonbrand, menstruasiepyn |
| Antihistamienpille | Hooikoors, allergie |
| Enige ligte kortisoonroom | Veluitslag |
| Antihistamienroom | Insekbytplek |
| Enige soort muskietweerder | Om insekte af te weer |
| Burnshield room | Brandwonde, erge sonbrand |
| Betadienroom | Seerplekke |
| Pleistertjies, Micropore, gaas | Om seerplekke te bedek |
| Gaas | Om onder Micropore te gebruik |
| Ten minste een groot verband | Vir ’n verswikking of om ’n wond te bedek |
| Gaviscon | sooibrand |
| Immodium | Vir diarree |
| Aalwynkristalle, Milk of Magnesia, droëvrugte | Vir hardlywigheid |
| Sheriproct | Vir aambeie |
| Brolene oogdruppels | Vir ’n ooginfeksie of geïrriteerde oë |
| ’n Oor-die-toonbank room vir kandida | Vaginale kandida |
| Uri-Kleer | sistitis |
| Aalwyngel, Burnshield, Voltaren gel | Vir sonbrand |
| Voltaren | Spierspasmas |
| ’n sportdrankie | As iemand dehidreer, en na sonsteek |
| ’n botteltjie stil water |
Vir dehidrasie en om ’n wond skoon te spoel |
