Suid-Afrika se gunstelingdrankie, brandewyn, het in 2012 ’n baie spesiale herdenking gevier: 340 jaar van verruklike smaak.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die eerste brandewyn wat in Suid-Afrika gemaak is, het twintig jaar ná die vestiging in 1652 van die VOC se nedersetting aan die Kaap onder Jan van Riebeeck, die lig gesien. Dit is aangeteken dat ’n kok aan boord van die skip De Pijl, wat in 1672 in Tafelbaai voor anker gelê het, die heel eerste brandewyn van Kaapse druiwe gemaak het. Al weet niemand meer wat is sy naam nie, het hy die brandewynbedryf in Suid-Afrika aan die gang gesit wat daartoe gelei het dat die gesogte drankie vandag wêreldwyd bekend is.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Brandewynliefhebbers sal vertroud wees met die Van Ryn’s- distilleerdery se bekende twintig jaar oue brandewyn. Dié veelbekroonde potketelbrandewyn staan tans as die wêreld se beste brandewyn bekend danksy ’n toekenning van die Internasionale Wyn- en Drankkompetisie. Die brandewyn het ook al talle Veritas-toekennings losgeslaan.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die fluweelagtige twintig jaar oue brandewyn het geure van rosyntjies, pruimedante, speserye en okkerneute. En wat is ’n drankie sonder ’n heerlike kospasmaat? Dié brandewyn werk veral goed saam met ’n klam vrugtekoek propvol droëvrugte.
Van Ryn’s is op die oewer van die Eersterivier naby Stellenbosch geleë, sowat 40 minute se ry uit Kaapstad. Besoek www.vanryn.co.za vir meer inligting oor hul geurige brandewyne.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.