kategorieë: Leef gesondGesondheid

Vier veilige voorbehoedmiddels post kanker

Maar ons bly bekommerd oor die Pil en kanker. Navorsing wat verlede jaar deur die Universiteit van Washington gepubliseer is, wys een uit elke 173 vroue ontwikkel borskanker voor sy veertig is, en daar is ’n klein bietjie meer estrogeensensitiewe kankers as nie-estrogeensensitiewe kankers.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Met ander woorde, hierdie een vrou is vrugbaar én moet waarskynlik voorbehoeding sonder estrogeen, soos die Pil, gebruik. Die risiko is eintlik onbeduidend min maar na kanker wil niemand kanse waag nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Gestel dit is jý? Wat doen jy? Is alle soorte voorbehoeding dan nie maar op hormone gebaseer nie? Ja en nee. Jy het vier goeie opsies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Terloops, as nabye bloedfamilie met bors-, eierstok- of estrogeensensitiewe kanker gediagnoseer is, kan jy gerus ook oorskakel na hormoonvrye voorbehoeding.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Opsie 1 – Kondome

Hierdie ou, goed gevestigde tegniek werk as ’n noodplan maar is nie so betroubaar nie. Skakel dus oor na een van die langtermynopsies wat almal veilig ten opsigte van babas en kanker is.

Opsie 2 – Sterilisasie

Dit is permanent en ’n roep as jy beslis nie meer kinders wil hê nie – of dalk nie weer durf hê omdat jou behandeling teratogenies is (geboorte-afwykings kan veroorsaak).

Dit word deesdae histeroskopies gedoen – sommer in die spreekkamer. Dit voel soos ’n gewone ginekologiese ondersoek. Jou dokter plaas ’n baie klein ‘proppie’ in die buise van Fallopius, waarna hulle toegroei sodat ova nie meer tot in die baarmoeder kan beweeg nie.

Die voordele? Dit is baie doeltreffend en goedkoop, met geen hospitaalkoste soos die ouer sterilisasietegnieke nie. Dit is veral gerieflik as jy nog ver van die menopouse is.

Opsie 3 – Die KoperT

Na al die jare bly dié intra-uteriene toestel ’n staatmaker. Dit werk op die beginsel dat koper ’n kragtige spermdoder is en so voorkom dat jy swanger kan raak. Dit is geskik vir almal. Party vroue menstrueer ’n bietjie swaarder. Dit hou jou vyf na tien jaar veilig.

Opsie 4 – Velinplanting

Implanon, die nuwe velinplanting, is waarskynlik veilig na kanker. Waar die Pil estrogeen en progesteroon kombineer, gebruik hierdie een net progesteroon.

Dit is gerieflik vir veral jonger en ouer vroue: Vir die jonger vroue wat nog wil swanger raak is die voordeel dat die Implanon net so maklik uitgehaal word as wat dit ingesit word, en vrugbaarheid binne weke herstel. Vir ouer vroue wat net iets soek om hulle te beskerm tot die menopouse begin is die voordeel dat dit net sowat drie jaar werk.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

19 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.