Bespaar geld tydens die koue wintermaande. Hier is vier slim eko-wenke.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Vervang en skakel af
Vervang alle gloeilampe met LED- of langlewe-gloeilampe. Skakel ligte, muurproppe en veral selfoonlaaiers af wanneer jy dit nie gebruik nie. Gebruik multi-propverlengkabels, maar skakel dit af wanneer jy werk toe gaan. Hierdie paar dinge kan jou elektrisiteitsverbruik by die huis met 15% sny.
Belê in ’n gasstoof
’n Tweeplaatgasstoof kos slegs R400 en is noodsaaklik tydens beurtkrag. Voedsel word ook vinniger gaar en dit bespaar elektrisiteit aangesien die stoof en die geiser die twee toestelle is wat die meeste elektrisiteit gebruik.
Draai dit een graad af
Dis duur om sonkrag te installeer, en daarom is dit makliker om jou geiser een graad laer te stel en dit in die middel van die dag af te skakel. Net dit kan jou al R100 per week aan elektrisiteit bespaar. Of gaan een stap verder en kontak jou plaaslike munisipaliteit om meer uit te vind oor geiserkomberse en tydskakelaars.
Kry ’n droër
Dit is baie duur wanneer ’n mens in die winter jou wasgoed was en ’n tuimeldroër gebruik. Gebruik dus liewer ’n droër soos Spindel. Dit is ’n innoverende droër wat spinkrag in plaas van hitte gebruik om tot 80% van die oorblywende vog binne net drie minute uit klere te verwyder. Wasgoed word vinniger droog en dit gebruik 100 keer minder elektrisiteit as ’n tuimeldroër. Spindel is ook veilig vir alle soorte materiaal (van wol tot items wat met die hand gewas word.)
Vir meer besonderhede oor Spindel, klik hier.
Lees ook: Kry meer uit jou brandstoftenk
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.