kategorieë: Gesondheid

6 dinge wat jy van sonskerm moet weet

1. Dra ’n hoed of sonskerm en verkieslik altwee tegelyk

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die skaduwee van ’n breërand hoed gee uitstekende ekstra beskerming teen sonbrand en plooie. As jy nie ’n hoed dra nie, het jy ten minste ’n ekstra halwe teelepel sonskerm nodig vir jou gesig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2. Dra soveel klere as wat jy kan

Selfs ’n dun bloesie gee jou ’n bietjie beskerming

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

3. Smeer baie sonskerm aan jou ore en neus

Hulle staan uit en vang méér son en méér UVA en UVB sonstrale wat die DNA van jou velselle kan verander en aanleiding gee tot velkanker as jy baie ouer is.

4. Sonskerms wat ’n wit lagie op jou vel los is oukei

Dit is eintlik die teken dat jy ’n goeie sonskerm het met genoeg titanium en/of sinkoksied om jou vel te beskerm

5. Tel jou ure in die son

’n Sonskerm help dat jy veiliger in die son is maar eintlik maak die aantal ure wat jy in die son deurbring die grootste verskil aan jou kanse op velkankers en op plooie.

Hoe meer ure jy in die son is hoe groter dosis UVA en UVB sonlig absorbeer jou vel

6. Stel jou selfoon

Die ure buitekant glip vinnig verby, sodat mens vergeet om betyds weer sonskerm aan te sit. Stel jou selfoonwekker om jou te herinner om elke twee uur sonskerm aan te sit.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

18 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

21 hours Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

22 hours Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

22 hours Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

24 hours Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.