kategorieë: Leef gesondGesondheid

6 oefeninge wat snork stop sit

Dit is nou volgens ’n artikel in die mediese tydskrif Chest, gebaseer op navorsing van ’n span Brasiliaanse dokters van die Universiteit van Sao Paolo wat 39 snorkers laat oefen het. Die strategie agter die oefeninge is om die spierweefsel van jou keel fermer te maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Oefening 1

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Stoot die punt van jou tong teen jou verhemelte en trek jou tong sover agter toe as wat jy kan, terwyl dit in kontak met jou verhemelte bly. Doen elke dag 20.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Oefening 2

Suig jou tong teen jou verhemelte vas. Probeer om jou hele tong plat teen jou verhemelte te kry. Doen elke dag 20.

Oefening 3

Druk jou tong so plat as wat jy kan op jou mondvloer terwyl die tippie van jou tong op die onderkante van jou ondertande druk. Doen elke dag 20.

Oefening 4

Hierdie een is moeiliker om te beskryf maar maak so: verbeel jou jy het ’n yslike kookwarm aartappel in jou mond en jy wil hê dit moet nêrens aan jou mond raak nie. Jy trek dus jou verhemelte hoog en gerond op en hou jou tong so laag as moontlik. Sê nou ‘AAA’. (Jy doen dit reg as jy na Mr. Bean klink.) Doen elke dag 20.

Oefening 5

Pop jou wang. Sit jou wysvinger in jou mond teen jou wang, trek jou mondspiere toe om die vinger en pluk jou vinger uit sodat jy ‘pop’ hoor. Doen elke dag 10 aan elke kant

Oefening 6

Sluk kamma, om so jou slukspiere en die keelweefsel sterk te hou. Doen elke dag 20.

Die proefkonyne het binne drie maande minder gesnork en ook sagter gesnork. Ongelukkig was nie een heeltemal snorkvry nie. Maar wie weet, as hulle getrou hul orofaringeale oefeninge bly doen?

Alle sukses!

Lees ook: 6 maniere om griep te klop

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose
Tags: slaapsnork

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

5 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.