kategorieë: Gesondheid

6 staatmaker-oefeninge

1 Springtou

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Begin met 2 minute se flink stap of draf (of touspring as jou ruimte beperk is). Jy kan ook op die plek stap as jy nie fiks genoeg is om tou te spring nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

2 Hurk en trap

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hurk (squat), tree op ’n trappie en doen weer ’n hurk. Tree dan weer af en herhaal vir een minuut. As jy nie ’n trappie het nie, gee net een tree vooruit, hurk, dan weer een terug met ander been en hurk.



3 “Triceps-dip” (driekopspier-afsak)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kry ’n stoel of ’n trappie en plaas jou hande langs jou boude. Sak nou jou boude verby die stoel en weer terug. Herhaal vir 1 minuut.


4 Opstote

Doen dit op ’n trappie. Jou hande moet ongeveer aan weerskante van jou borste wees. Moenie jou boude punt in die wind opstoot nie. Jou boude en rug moet in ’n reguit lyn wees. Herhaal vir 1 minuut.


5 ‘Walking lunges’

Gee groot treë terwyl jy afhurk. Jou tree moet groot genoeg wees dat jou voorste knie nie verby jou voorste voet se tone gaan nie. Maak seker dat jou agterste knie laag sak. Herhaal vir een minuut. As jy nie baie ruimte het nie, kan jy een tree vorentoe gaan en dan weer terugtree na jou beginposisie. Dan doen jy dit weer met die ander been.

6 Fietsry-opsitte

Bring jou elmboog na jou teenoorgestelde knie en wissel van die een been na die ander. Herhaal vir een minuut. Herhaal die hele reeks drie keer (stap of draf ingesluit) om 21 minute se oefening te doen.


*Oefeninge saamgestel deur Michele Reynolds van Adventure Boot Camp in Bryanston. Uitgevoer deur Nika Schoeman, fotograaf Anet Schoeman

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

5 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.