pexels.com
Jou mediese fonds is een van jou groter maandelikse uitgawes en dis belangrik om weer goed te kyk na watter dekking jy werklik nodig het vir die jaar wat voorlê. Is jou huidige opsies steeds voldoende vir jou behoeftes? Of dalk is jou behoeftes skraal in vergelyking met hoeveel jy betaal.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Premiums neem jaarliks toe en boonop verander die hoeveelheid voordele binne jou plan ook. Maak baie seker dat jy vertroud is met die besonderhede van 2018 se voordele.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Jill Larkan, hoof van Healthcare Consulting by GTC, sê jy moet jouself elke jaar die volgende ses vrae afvra.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Hetsy dit ’n nuwe baba, gekose (elective) chirurgie of groot tandheelkundige werk is, moet jy in ag neem dat dit nie net die operasie self is wat onkostes gaan bevat nie. Daar is ook hospitaalverblyf, opvolgbesoeke by spesialsiste en na- operasiesorg.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Heelwat mediese fondse bied ’n groot afslag as jy kundiges en hospitale binne hul goedgekeurde netwerk gebruik. Maak net vooraf seker dat jy gelukkig is met die dokters, spesialiste en fasiliteite wat hulle voorskryf. Dit mag wees dat die goedgekeurde hospitaal nie in jou nabye omgewing is nie.
As jy gewoonlik teen Maart droog loop, moet jy oorweeg om na ’n hoër plan op te skuif. As jy dit nie kan bekostig nie, moet jy voorsienning maak deur ekstra geld in ’n spaarrekening te sit vir moontlike mediese onkostes.
Dit is ongelukkig ’n feit dat mediese fondse meer togeneem het as inflasie en dus is die moontlikheid groot dat jy volgende jaar minder besteebare inkomste sal oorhê ná jou mediese fonds-aftrekking. Weeg die risiko vir moontlike onkostes op teen die moontlike kleiner besteebare inkomste wat jy daagliks gaan hê.
Maak tyd om deur die veranderinge vir die volgende jaar te lees en kyk hoe dit jou gesin en mediese probleme raak. As daar onduidelikhede is, kontak ’n adviseur by die fonds om jou te help.
Die meeste mediese fondse werk binne die bestek van ’n kalenderjaar – dus van 1 Januarie tot 31 Desember, maar jy moet voor die tyd laat weet as jy jou fonds wil verander. Daar is ook fondse wat vanaf 1 Julie werk. Maak vroegtydig seker hoe joune werk.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.