Sewe jaar gelede het ’n ma se selfoonvideo van haar dogter wat teen ’n rugbypaal vasry soos ’n veldbrand versprei en die woorde “my f*k, Marelize” het deel van die volksmond geword. Skielik het almal geweet wie die Horns van Windhoek was.
My f*k, Marelize! maak sy kykNET-debuut op 9 Mei om 20:00 en sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.
Dis aangewys as die gehoor se gunsteling by verlede jaar se Silwerskermfees, en by die glansryke Silwerskermtoekennings vir Film en TV het My f*k, Marelize! nog twee groot pryse losgeslaan. Je-ani Swiegelaar, wat Heidi Horn speel, het gewen in die kategorie vir beste aktrise, en Zandélle Meyer het vir haar vertolking van Marelize Horn die toekenning vir beste vroulike byspeler ingepalm.
Toe die fliek einde Augustus 2025 in rolprentteaters vrygestel is, was dit nommer een by die loket in die openingsnaweek.
“Dié eersteklas Afrikaanse rolprent is nie wat jy verwag nie, en dis verkwiklik. Dit is ’n bekoorlike fliek oor barmhartigheid en die hegte bande in ’n gesin. Dit sal ’n pleister oor jou depressie plak. Gaan kyk – dis buitengewoon!” het Leon van Nierop in Rapport geskryf.

My f*k, Marelize! is gegrond op ’n ware verhaal van ’n virale video wat ’n nasie geïnspireer en ’n uitdrukking in die volksmond geword het. Dis ’n grootwordrolprent wat gaan oor Heidi, ’n vrou met verbete wilskrag wat haar kanker vir haar familie wegsteek, en Marelize, haar ongeluksvoëldogter wat moet leer fietsry om as au pair in Nederland te gaan werk.
My f*k, Marelize! maak sy kykNET-debuut op 9 Mei om 20:00 en sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.
KYK| My f*k, Marelize! se amptelike lokprent
Lees ook: In die sop: Gastehuisrevolusie doen dit weer: ‘Dit kos soveel om gaaf te wees, Yvonne!’



