Ná ’n dekade in die haarbedryf vier By Armon nie net haarstilering nie, maar ook die vroue wat eienaar Armon Barnard inspireer. Met ervaring wat strek van tydskrifvoorblaaie, TV-produksies, musiekkonserte tot troudae en matriekafskeide, het Armon ’n handelsmerk gevorm wat in kunssinnigheid, selfvertroue en moderne dog eenvoudige glansrykheid gegrond is.
By Armon, wat uit professionele stileringservaring ontstaan het, word produkte van salon-gehalte met elegante ontwerp en verbruikersvriendelikheid gekombineer om in professionele haarstiliste en die moderne vrou se alledaagse roetines te pas.
Inhoud vir weggeekompetisie
- 1 x The Dry (hoëspoedhaardroër)
- 1 x The Multi (stelbare 5-in-1–krultangstel)
- 1 x The Rounds (luukse rondeborselstel – bestaan uit vier borsels in verskeie groottes)
- 1 x The Brush (sonder balletjies aan die punte en van varkhaar gemaak)
- 1 x The Comb (hittebestand, koolstofveselkam)
Om in te skryf, voltooi die onderstaande vorm:
*Slegs een inskrywing per persoon
Lees ook: WEN ’n Willem Botha Beauty-geskenkpak ter waarde van R3 050!



