Deur kykNET verskaf
Hoekom word pa’s aan ’n ander standaard as ma’s gemeet?
Dít was die vraag wat die idee geplant het vir die nuwe kykNET dramareeks, Beter as Gister, wat Dinsdag 30 Junie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) begin. ’n 13-episode dramareeks wat draai om vier families en fokus op die rol van mans in verskillende gesinne plaas.
Hier is vyf redes hoekom jy Beter as Gister moet kyk:
1. Die kreatiwe span agter die reeks
Die reeks is geskep, geskryf en vervaardig deur die bekroonde filmmakers Corné en René van Rooyen, saam met Tascha van der Westhuizen, wat met al Red Letter Day Pictures se produksies, ook aan boord as vervaardiger is. Die produksiehuis sit agter die sukses van vorige familiedramas soos Alles Malan (2019) op kykNET en Summertide (2024) op M-Net.
2. ’n Verfrissende blik op moderne vaderskap
Moderne vaderskap word in die kollig geplaas: van ‘n toegewyde tuisbly-pla wat die huishouding bestuur terwyl sy vrou haar ambisie navolg, ’n sakeman wat alles sal doen om sukses te behaal al ly sy verhoudings met sy vrou en kinders daaronder, ’n enkel-pa met ’n dogtertjie op die outisme-spektrum en ’n wewenaar wat onverwags na sy enigste kleinkind moet omsien.

3. ’n Sterbelaaide ensemble van gevestige akteurs
‘n Sterbelaaide ensemble–rolverdeling met Neels van Jaarsveld, Frank Rautenbach, Edwin van der Walt en Elton Landrew wat elkeen die hoofkarakters vertolk. Die res sluit in Rolanda Marais, Hanna Grobler, Greteli de Swardt, Mila Guy, Danny Ross, June van Merch, Daneel van der Walt, Charlene Brouwer, André Weideman en Melanie du Bois.
4. Talentvolle jong akteurs maak hul eerste buiging
Talle jong akteurs in hul eerste rolle op televisie: Sebastian van Niekerk as die 17–jarige probleemkind Reynard; Nina Strydom as ’n voortstrewende Jessica; Gerhard Conradie as agtjarige Coenie; Sebastian La Cock as sesjarige Luca; Eben Kotze as Benji; Luna Coetzer as Lilly en Alexis Newman as sesjarige Katinka.

5. Persoonlike en herkenbare storielyne
Regte families met regte uitdagings waarmee kykers hulself kan vereenselwig. Beter as Gister sit ‘n vergrootglas op vier uiteenlopende diverse familiedinamika wat terselfdetyd die persoonlike en herkenbare uitlig. Hoekom is pa’s nie in kinders se skool WhatsApp-groepie nie? Wat is ’n pa se regte met co-parenting? Hoe bou ’n oupa ’n verhouding met sy kleinkind? En hoe dink ons aan pa’s wat nie die broodwinner van die huis is nie?

Beter as Gister begin Dinsdag 30 Junie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Episodes sal ook op Catch Up en DStv Stream beskikbaar wees.
Lees ook: 10 redes waarom jy rooi rose se Julie-uitgawe móét lees!
