Deur Elzette Calitz, stigter van Beauty is Life by Spice Route Destination in Paarl
1. Mikronaaldterapie
Mikronaaldterapie is een van die doeltreffendste behandelings vir verouderde vel. Dit skep beheerde mikrobeserings met klein naalde wat die liggaam se natuurlike genesingsreaksie aktiveer.

‘n Mikronaaldterapie-prosedure. Foto: Anva Marketing, Pexels
Resultate
- Vermindering van fyn lyntjies en plooie
- Verhoogde kollageenproduksie
- Verbeterde veltekstuur en -kleur
- Vermindering van littekens en pigmentasie
- Verbeterde absorbering van velsorgprodukte
2. LED-ligterapie
Rooilig- en infrarooi-ligterapie dring verskillende velvlakkebinne. Dit is ‘n nie-indringende opsie wat ander behandelings aanvul en lantermynvelgesondheid bevorder.

‘n LED-ligterapie behandeling. Foto: Alex Lam, Unsplash
Resultate
- Verhoogde kollageenproduksie
- Verminderde rooiheid en inflammasie
- Versnelde genesing en verbeterde bevogtiging
- Stralende, gesonde gelaat
3. Fraxel Laser (Fractional Dual Resurfacing)
Fraxel-lasertegnologie teiken diep lae in die vel om plooie, sonskade en ongelyke tekstuur te verbeter. Dit skep beheerde mikrobeserings wat intense kollageenheropbou stimuleer. Dit is veral doeltreffend vir ‘n volwasse vel met tekens van veroudering.
Resultate
- Gladder, verfynde veltekstuur
- Vermindering van diep plooie en fyn lyntjies
- Omgekeerde sonskade en verminderde pigmentasie
- Langtermynkollageenverbetering vir ‘n egalige vel
4. Chemiese skilferbehandelings
Chemiese skilferbehandelings verwyder dooie velselle en stimuleer selvernuwing. Met ouderdom vertraag hierdie proses en lei dit tot ‘n vaal en oneweredige vel. Medium-diep afskilferaars (peels) met TCA, glikoliese of melksuur kan velkleur helderder laar voorkom en fyn lyntjies en pigmentasie verminder.

‘n Chemiese skilfering. Foto: Rosa Isela Sias Talamantes, Pexels
5. Hoëfrekwensie- of radiofrekwensieterapie
Radiofrekwensieterapieë gebruik hitte-energie om diep in die vel in te dring.
Resultate
- Vermindering van vel wat verslap, veral rondom die kakebeen en nek
- Verbeterde bloedsirkulasie en suurstof in die vel
- Beter absorbering van velsorgpordukte vir langtermynvelgesondheid
Lees ook: Beskerming teen blou lig
