Afrikaans is ‘n unieke taal met ‘n ryk geskiedenis en kultuur, hier is ’n paar feite wat dit illustreer:
- Afrikaans het duskant 7 miljoen sprekers wat dit die derde grootste taal in Suid-Afrika maak, naas Zoeloe en Xhosa.
- Afrikaans is die enigste taal ter wêreld wat met monumente vereer word.
- Die wortel van “Afrikaans” is “Afrikaan”, wat “inheemse bewoner van Afrika” beteken. Dié benaming van die Afrikaanse taal verwys na die taal se ontwikkeling op die Afrika kontinent as ’n taal uit eie reg.
- Die eerste gepubliseerde Afrikaanse teks was die religieuse boek Gablomatiem (1856). Dit was in Kaaps-Hollands in Arabiese skrif en nie in Romeinse skrif geskryf nie.
- Afrikaans is die enigste Wes-Germaanse taal wat buite Europa ontwikkel het. Afrikaans is daarom ’n Afro-Germaanse taal: dit het in Afrika ontwikkel en word in Afrika gepraat.
- Afrikaans is die enigste Suid-Afrikaanse taal wat ook internasionaal verstaan word. In die res van die wêreld is daar meer as 24 miljoen mense wat Afrikaans verstaan, wat Nederland, België en Suriname insluit.
- Afrikaans word as vak by Belgiese-, Nederlandse-, Poolse-, Russiese- en Amerikaanse universiteite aangebied.
- In Suid-Afrika is minder as die helfte ‒ 40% ‒ van Afrikaanssprekendes wit.
- Meer as 95% van Afrikaans se woodeskat is van Nederlandse oorsprong.
- Afrikaans is die 140ste grootste taal ter wêreld. Daar is 7000 tale in die wêreld.
Bronne: Afrikaans.com, afrikaans100.org, wereldwyd.co.za
Lees ook: Vang jou nalatenskap vas: WEN een van vyf ‘Memoires van jou moeder’-joernale!