kategorieë: Blogs

Agter? Nooit? Super cool? Beslis

Dit moes een of ander tyd kom, dié oproep. Ek sien al te lank hoe broei die vrae, die lus, die bang-dat-ons-iets-mis.
Toe kom kuier Skoonsus Gretel uit Lagos. Die spreekwoordelike koeël uiteindelik deur die kerk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Ek dink ek gaan vir my ’n iPad koop. So ’n mini-enetjie, wat lekker in my handsak pas. Dit is nou tyd,” sê Moeder.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek vat die kans, verduidelik vinnig die wat en waar. Smee die yster, want Ma niks, niks is ooit weer dieselfde as hierdie wêreld vir jou oopgaan nie. Vertel in dieselfde asem sommer ook die storie van die negentig-plusser wat nou die aand uit sy rolstoel in die vliegtuigry vir al wat leef-en-beef gaande had, tablet-in-die-hand.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ek doen alles op hierdie ding. Ek praat, ek bank, ek koop, ek skryf, ek maak lysies, ek leer, ek lees. Alles, ek doen alles,” sê hy terwyl ek uit die hoek van my oog kyk hoe jongeres in hul sakke en tasse begin vroetel, hul koppe in skaamte gesak.

Al is sy honderdste verjaardag net ’n paar jaar weg, is hy by. Bly hy by. Agter? Nooit!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“As jy agter raak, gaan jy dood. Dis so eenvoudig soos dit,” kom dit wys.

Saterdagoggend lui die voordeurklok. Die handgebreide trui kom eerste uit Ouma se sak. Want hierdie winter werk Ouma teen tyd – elke kleinkind (daar is sewe) kies ’n kleur en kry ’n trui. Haar naamgenoot se ogies blink (al laat staan my Emma-kind byna my moederhart met ’n fronsende “Dis darem baie pienk”).

Dan haal sy die rooi omslag uit haar handsak. “Hier’s hy” sê sy trots. Pappa staan dadelik nader. Die splinternuwe speelding duidelik ’n gedeelde trots.

“Nou moet jy help,” neem hy oor, altyd opreg-gretig om Ma te help en haal ’n gefrommelde papiertjie met wagwoorde uit. My hart gaan staan. “Pa kan nie die wagwoorde so ronddra nie. Daardie papiertjie gaan wegraak,” ruil ek die rolle om. Dít stuit hom min.

“Ons het al ’n paar goedjies reggekry, maar moet nou die apps aflaai. Hoe werk Wi-Fi?”

Saterdagoggend word ’n les in tegnologie. Ons stoei, verduidelik, verduidelik weer, raak deurmekaar met wagwoorde, laai af en op. Met die groet het Oupa en Ouma ’n iPad wat werk.

“Ek gaan vir jou Pa ook een moet koop. As ek die pad soek het hy hom,” fluister Ouma onderlangs.

“Pasop, moenie die ding laat val nie,” preek ek weer.

Later die week kom Ma se e-pos, trots gerig aan al vier haar kinders: “Ons is nou op Wi-Fi!!! M :)”.

Later nog een: “Hier is dit ’n beautiful dag – en ek skryf vir jou uit my offies – die Wi-Fi gooi wyd vanoggend!! M”.

’n Paar uur later nog ’n boodskap: “Ons oefen net bietjie met die iPad – ignoreer asb. M”.

Dis my negejarige wat dit raakvat: “Ek dink Oupa en Ouma is cool. Ouma skryf boeke, Oupa ry fiets en speel pool, hulle het ’n iPad en Wi-Fi. En Ouma gaan vir my ’n trui brei. Dis super cool. Nê Mamma?”

“Dis super cool, my seun. Super cool.”

Tot volgende week,

Marí
www.incontext.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

1 day Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.