kategorieë: Leef gesond

Alles wat jy van die gordelroos-vaksien moet weet

Gordelroos (Shingles) is opsigself nie so erg nie. Die probleem is die intense pyn wat sowat die helfte van diegene met gordelroos, tref. Mense beskryf dit as ’n ‘onuithoudbare, aanhoudende, skerp pyn wat steek en brand.’

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Gelukkig verminder die pyn soos wat die uitslag verdwyn, maar by die ongelukkiges neem dit maande, en selfs jare. Die pyn word direk veroorsaak deurdat die virus die senuwees beskadig waarin dit skuil. Omdat die senuwees self beskadig is, werk pynmedikasie en selfs alternatiewe terapieë nie baie goed nie. Daar is ook nou vermoedens dat baie meer mense (nie net bejaardes nie), met gordelroos aan Post herpetiese neuralgie (PHN) ly – spesifiek mense met tipiese pyn wat kom en gaan. Die beste raad is voorkoming deur vaksinering.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Alles wat jy van die entstof teen gordelroos moet weet

• Beste tyd van jou lewe Tussen 60 en 70 jaar
• Koste R1 377 by Clicks (prys in Maart 2016)
• Sal jou mediese fonds daarvoor betaal? Maak vooraf seker
• Voorskrif Jy het ’n voorskrif nodig vir die vaksien teen varicella zoster, aangesien mense soos diegene op kankerterapie, mense wat allergies is vir gelatien of neomisien (neomycin) en mense met HIV/vigs dit moet vermy.
• Bestel dit so Min apteke hou die gordelroosentstof in voorraad. Jy moet dit bestel. Die afleweringstyd kan enige iets tussen ’n dag in die stede tot ’n paar dae op die platteland duur.
• Belangrik Die entstof moet altyd tussen 2 ºC en 8 ºC gehou word omdat dit lewende virus bevat. Maak seker jy koop jou vaksien by een van die betroubare kettinggroepapteke met ’n goeie koueketting-netwerk sodat die virus nie langs die pad warm raak en afsterf nie, wat die entstof nutteloos maak.
• Die inspuiting self Apteke met kliniekdienste kan die vaksien sommer ook toedien. Baie belangrik: neem ’n koelhouer met ys daarin saam en ry dadelik spreekkamer toe as jy verkies dat jou dokter die vaksien toedien.
• Maak dit jou olik? Waarskynlik. Om ’n goeie immuunreaksie op te wek, word ’n lewende maar verswakte virus as vaksien gebruik. Jy kan dus effe verkouerig voel en selfs ’n paar blasies ontwikkel. Sien dit as positiewe tekens wat bevestig dat jou immuunstelsel sterk reageer en besig is om te bou aan jou toekomstige beskerming.
• Moet jy dit herhaal? Die vaksien beskerm jou vir vyf jaar, daarna verloor dit sy doeltreffendheid geleidelik. Oorweeg ’n herhaling.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

4 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.