kategorieë: Kos

Appel tarte tatin

Genoeg vir 4

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

2 appels (3 as jy dit in ’n groot pan maak)
100 g botter
100 g suiker
400 g (1 rol) klaarbereide blaardeeg, ontvries

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Voorverhit die oond tot 200 °C.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1 Skil die appels van bo na onder sodat hulle hul vorm behou, sny middeldeur en verwyder die klokhuise.

2 Smelt die botter en suiker oor lae hitte tot dit liggies begin verkleur. (Gebruik ’n 25 cm-pan vir ’n groot tert, of ’n kleiner pannetjie vir individuele tertjies.)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

3 Sit die appels met die gesnyde kante na onder in die suikermengsel. Laat die suiker verder karamelliseer tot goudkleurig. Wees versigtig dat dit nie brand nie.

4 Rol die deeg effens dunner uit op ’n meelbestrooide werkvlak. Sny in 4 vierkante en hou in die yskas tot benodig.

5 Haal die pan van die hitte af en sit 1 van die deegvierkante op die appel. Druk die rande wat oorsteek tussen die appel en die pannetjie in sodat dit ’n rand vorm.

6 Bak die tertjies vir 5 min. Verhoog die temperatuur tot 200 °C en bak die tert vir nog 10 min. (20 min. as jy die groot tert maak). Verlaag die temperatuur tot 180 °C en bak tot goudbruin en gepof.

7 Haal uit die oond en keer om op ’n mooi dienbord. Herhaal met die res.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

22 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.