kategorieë: Blogs

As die “chippie” kraak

Pretensie het my nog nooit aangestaan nie. Titels en tierlantyntjies ook nie. Magsbeheptheid, grootheidswaan, die chippie op die skouer. Spog (erger nog, fyn brag) oor die etes-met-so-en-so, vakansies in die vreemde, stewige bankbalans en die eiendomsportefeulje. ’n Kas vol couture.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Nee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dis hier, vroegoggend in die koue weergalming van die Kaapse staatshospitaal se gange wat ek weer weet: ons is mens. Net mens. Nie gemaak om alleen te wees nie. Die een g’n niks beter as die ander nie. Al dink ons wat.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Want daai chippie op die skouer word gou ’n stewige kraak.

As ’n klein seuntjie se ogies alkant toe kyk, sy ma skaars uit die skoolbanke is en sy ouma jou kinders se ander ma, help jy waar jy kan. Elke kind verdien ’n kans. ’n Kaapse arts sien die kleinding pro Deo. Volgende stop: van ons land se voorste spesialiste. Die uitdaging: vind hom, hier in die desperate doolhof van die staatshospitaal.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dis tjoepstil, half ses op ’n weeksoggend in September. Want, waarsku die ingeligtes weke lank, sorg dat jy vroeg is. Hier soek jy verniet die voorportaal, ontvangstoonbank, kleurgekoördineerde stoelkussings en gordyne. Papiere, blikkies, ou koerante en ingewaaide blare groet. Geen siel in sig.

Ons stap. En stap. Ek, ouma, ma en seun. Die vergeelde aanwysings het duidelik tred met die tyd verloor. Agt-en-twintig minute tot by die eerste siel. Sy kyk nie op nie. “Blok E. Julle moet na Blok E.” Waar’s Blok E? Ek vra verniet. Sy kyk steeds af. Afgesluit, oorfone op die ore. Sy is klaar gepraat. Ons dan ook.

Klaar gepraat.

Sestien minute later. Blok E. Die geskeurde papier teen die muur: “As jy ’n brief het gaan sit op die blou stoele en wag vir die verpleegster.” Dankbaar sak ons neer. Ek, ouma, ma en seun. Twee tannies met gebreide musse skuins voor. Langs hul ’n ou oom en sy ongeduldige dogter (“Pa, ek kan nie weer van die werk wegbly nie”). Dan die ma met die honger kleinding, bloes oop tot by haar naeltjie. Die kind moet eet. Dan ons.

Een-een sleep die verpleegsters verby. Party groet, ander nie. Een dra sakke vol Tupperware. Entrepreneur. Min geld, maak plan. Dink ek.

Ons kyk almal gelyk gang-af. Ek, ouma, ma, seun, die tannies, die oom, die dogter, die ma. Net kleinding suig nog stewig. Die hakke klik-klak, die bling klingel. Sy kom om die draai. Kop-tot-tone couture. Lees die vergeelde papier, frons in die rigting van die gepeupel op die blou stoele en mik na die toe deur. Agter daardie deur sit twee verpleegsters, nog 4 minute voor hul ons teen sewe-uur sal begin help.

Sy klop nie. Maak oop en gaan in. Dan begin dit dreun. Die trae tantes in uniform kry skielik nuwe lewe. Ek, ouma, ma, seun, die tannies, die oom, die dogter, die ma, ons kyk. Die kleinding slaap. “Het jy ’n papier?” Die couture-queen knik.
“Gaan sit in die ry. Daar, agter.” Die couture-queen protesteer. Hewig. “Ek is haastig. Ek het ’n belangrike afspraak.”

Ek wil-wil wonder wat sy en haar couture hier soek. Die oudste trae tante val my denke in die rede: “Hier tel afsprake nie. Ons werk met die lewe en die dood. Niks tussenin nie.”

Na vier daardie middag strompel ons huis-in. Ek, ouma, ma en seun. Die tannies, die oom, die dogter, die ma en kleinding ook weg.

En die couture-queen? Sy wag.

Steeds. Die chippie nou ’n kraak.

Tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

21 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.