Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige bestanddele in heerlike skeppings verander word. Dit bring groot dinge soos herinneringe, vreugde en samehorigheid mee.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Wanneer Saadiya Hendricks (@sadiesbubbleofyum) vir Eid al-Fitr bak, strek dit vir haar veel verder as die kombuis. Dis ‘n jaarlikse ritueel waardeur eenvoudige handelinge in kosbare herinneringe omskep word. As kind het sy en haar ma weke lank hul harte daarin gestort om lekkernye vir hul gaste te bak. Elke skinkbord met koekies het verteenwoordigend geraak van ‘n versameling van stories, tradisies en drome. Maar van al die heerlike snoepgoed, was daar een koekie wat vir Saadiyah uitstaan en dit is speserykoekies
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Nostalgie met elke happie
Die speserykoekies is geen gewone bederf nie; dit proe soos nostalgie wat die essensie van enige geleentheid is; en dis ’n familie-erfstuk wat deur generasies oorgedra word. Die sleutel van hierdie kosbare resep lê in die towerkrag van Royal Baking Powder, wat vir die ligte en krummelrige tekstuur sorg.
Met haar video nooi Saadiyah ons in haar kombuis in en deel sy hoedat sy speserykoekies bak om ’n tradisie te vereer en om betekenisvolle oomblikke te skep. Soos sy die deeg uitrol en die koekies met die witsjokolade en pistasieneute versier, herinner sy ons daaraan dat bak nie net oor die bestanddele gaan nie, maar oor die liefde wat tydens elke stap ingestort word.
Deur Saadiyah Hendricks – @sadiesbubbleofyum
Lewer 20-24 koekies
Bestanddele
Metode
Eid al-Fitr gaan oor verbintenis – om brûe van liefde oor gedeelde maaltye te bou en kosbare tradisies te vier. Om as familie saam te bak, raak ’n viering wat met warmte, afwagting en vreugde gevul is.
Met hierdie geliefde familieresep, herinner Saadiyah ons daaraan dat groot oomblikke vir die beste bestanddele vra, en dis hoekom Royal Baking Powder ’n moet-hê in enige kombuis is.
Eid Mubarak!
Lees ook: Duncan Johnson oor Skemergrond se skurk: ‘My waardes verskil hemelsbreed van Beeno s’n’
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.