kategorieë: Blogs

Balans jou beste wapen op ’n bergfiets

Ek was slaggereed vir my eerste vaardigheidsles by Nicolle van der Greft by die PWC Bike Park in Bryanston. Twee bottels water, energielekkers en heelwat mannemoed vir al die hindernisse wat sy my gaan leer bemeester.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

As bergfietsgroentjie het ek baie om te leer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dinge het anders verloop as wat ek verwag het. Die eerste tien minute het sy verduidelik hoe balans die grondbeginsel van bergfiets is. As jy kan balanseer, kan jy feitlik enige hindernis baasraak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Daarna is ons na een van die klein areas in die park waar jy balans kan oefen. Ai, dis ’n nederige ervaring om ’n nuwe vaardigheid aan te leer. Ek voel skielik baie onhandig op my fiets en onthou hoe ek jare gelede sesuur op kersoggend langs my vyfjarige in die pad op en af gehardloop het omdat sy ONMIDDELLIK op haar nuwe fiets moes ry.

Ek is nou byna net so wankelrig – net heelwat minder opgewonde.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Nicolle wys my ’n neutrale posisie op die fiets waar dit die gemaklikste is om jou ewewig te behou. Die agterbeen reguit en voorbeen gebuig met jou gewig in jou hakke. In my geval is daar helaas bitter min gemak ter sprake. Ek voel besonders ongemaklik en as ek die voorbeen gebuig het soos sy verduidelik, is my agterste een ook gebuig.

Sy verduidelik ook dat dit baie belangrik is om op die fiets te ontspan en ’n ritme te kry. Na vele probeerslae kry ek dit wel reg en verstaan toe dadelik hoekom balans so nodig is, want nou is alles heelwat makliker.

Hopenlik sal ek volgende keer leer om meer ontspanne te wees en nie die handvatsels so krampagtig vasklem nie.

Ek het waarskynlik nie meer as 250 m gery in my hele les van een uur nie, maar tog besonders baie geleer. As jy kan balanseer, kan jy stadig genoeg ry om suksesvol deur ’n hindernis te kom. Of dit sagte sand, skerp draaie of gevaarlike rotse is.

Volgende keer sal ek minder water en versnaperinge bring…

*Cycle Lab bied vaardigheidslesse by die PWC bike Park in Bryanston aan. Van die kursusse is spesifiek op vroue gemik maar ander is vir een en elkeen wat beter op hul bergfiets wil ry. Of dit ’n Saterdagoggendrit saam met pelle of ’n hardebaard-uitdaging soos die Epic is.

-’n Kursus vir vroue wat nog nooit op ’n fiets was nie of laas as ’n kind fietsgery het kos R950 vir 5 lesse van 45 min elk en R1450 as hulle die fiets moet voorsien.

-Of drie lesse van een uur elk vir altesaam R750 as jy basiese vaardighede wil aanleer en vertroue op die fiets kweek.

-Privaatlesse vir enige fietsryers wat na ’n insident hul vertroue op die fiets moet terugkry of wat net hul vaardighede wil verbeter.

*Kontak skills@bikepark.co.za vir meer inligting en pryse.

Lees meer oor Transcape MTB hier.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.